top of page


Alle Plasings


Die VF Plus blameer die ANC vir die terughouding van VS fondse
Die VF Plus sê jare van swak finansiële bestuur deur ANC-beheerde munisipaliteite het daartoe gelei dat die Nasionale Tesourie befondsing van 16 van die Vrystaat se 19 munisipaliteite teruggehou het. Die party sê inwoners betaal die prys deur swak dienslewering, falende infrastruktuur en sukkelende plaaslike ekonomieë. Dit vra dat amptenare en politieke leiers wat verantwoordelik is vir verkwistende en onreëlmatige besteding persoonlik aanspreeklik gehou en vervolg moet word

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Wêreldwye oliepryse styg weer
Wêreldwye oliepryse het weer gestyg nadat die VSA Dinsdag aanvalle teen Iran geloods het. Die VSA het ook ’n lisensie herroep wat Iran toelaat om olie te verkoop nadat drie tenkskepe in die Straat van Hormuz aangeval is. Dit is die jongste ontwikkeling in die brose vredesooreenkoms tussen die twee lande. Amerika het Iran daarvan beskuldig dat hy ongeregverdigde aggressie pleeg wat die wapenstilstandooreenkoms en vryheid van navigasie skend. Iran het nie verantwoordelikheid vi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


OGGEND SPORT: Die Juniorbokke dring deur na die halfeindronde, Djokovic reël ‘n reuse-halfeindstryd en Messi lei vir Argentinië na ‘n naelbyt-oorwinning
In rugby-nuus: Die Junior Springbok-afrigter, Kevin Foote, het sy span se karakter geprys nadat hulle van ‘n agterstand van 14-0 teruggeveg het, om Wallis met 52-33 te klop in hul laaste groepwedstryd van die Onder-20 Wêreldrugby-kampioenskap in Georgië. Suid-Afrika het boaan Groep A geëindig met ‘n maksimum van 15 punte ná drie oorwinnings met bonuspunte, terwyl Wallis tweede geëindig het en Nieu-Seeland, Engeland en Frankryk ook tot die laaste vier deurgedring het. Foote sê

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 8


'n Vrystater is agter tralies danksy DNS-bewyse
‘n Man van Hennenman in die Vrystaat het skuldig gepleit aan verskeie ernstige oortredings nadat hy deur DNS-bewyse aan misdade gekoppel is wat tussen 2013 en 2025 gepleeg is. Pule Koos Khongoane is tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir onder meer die moord op ‘n 80-jarige vrou, verkragting, aanranding en huisbraak. Die Hennenman-streekhof in die Vrystaat het gelas dat sommige van sy vonnisse gelyktydig uitgedien word. Sy naam sal ook by die Nasionale Register vir

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Amanda Strydom mis die Kunstefees weens 'n besering
Die geliefde sangeres en aktrise, Amanda Strydom, het by ’n gastehuis in Mbombela in Mpumalanga geval en ’n ernstige heupbesering opgedoen. Sy ontvang tans behandeling in ’n hospitaal in Johannesburg. Lowvelder berig Strydom moes dus ongelukkig haar vertoning, Tilly/Mathilda, by die Vrystaatse Kunstefees uitstel. Sy het haar aanhangers op Facebook gerusgestel dat sy goeie behandeling ontvang en al die beterskapwense opreg waardeer. Amanda Strydom. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


'n Sannies-leerling is skielik oorlede
'n Graad 11-leerling aan die Hoërskool Sand du Plessis (Sannies) is skielik oorlede. Netwerk24 berig volgens Mpumelelo Momani se familie is hy Maandagoggend oorlede en wag hulle nog op die uitslae van die nadoodse ondersoek. Medelye van ander Bloemfonteinse skole stroom in vir Mpumi, soos hy bekend was, wat 'n talentvolle sokkerspeler en ’n passievolle jongman was. Die waarnemende skoolhoof, Elzanri Hoffman, sê die skool dra sy geliefdes in hul gebede op. Mpumelelo Momani. FO

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Die DA verwerp Pule se aanstelling
Die DA verwerp die aanstelling van die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, nadat hul ondersoek bevind het dat sy nie haar finansiële belange volledig bekend gemaak het nie, ten spyte van vorige bevindinge teen haar. Die DA se Nazley Sharif sê die party sal ‘n opdatering van die Valke versoek oor ‘n vorige kriminele ondersoek, die parlement vra oor die implementering van die aanbevelings van die Openbare Beskermer, en parlementêre vrae indien oor enige regerings

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Die Liedjieboer hys 'n blou vlag vir sy pienkvoet
Suid-Afrika se Liedjieboer, Anton Goosen, het 'n blou vlag gehys vir die geboorte van sy seuntjie. Netwerk24 berig Goosen het die nuus op sosiale media gedeel deur 'n foto te plaas waarin hy ’n blou vlag hys en Anton-Jean – oftewel Klein Klits – verwelkom. Die seuntjie is op 30 Junie gebore. Volgens Goosen gaan dit goed met ma en seun. Daar is vroeër berig dat die 80-jarige Goosen en sy vrou, Estie, ’n seuntjie verwag. Die egpaar, wat al jare saam is, het destyds vertel dat h

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


'n VS man is in die hof vir 'n mesmoord
’n Man sal na verwagting in die Petrusburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn op ’n moordklag ná ’n noodlottige mesaanval in Bolokanang. Die polisie in die Vrystaat sê die verdagte het na bewering met Lebogang Gratitude Modupe by ’n winkel gestry voordat hy huis toe gegaan het om ’n mes te gaan haal. Hy het na bewering die slagoffer agternagesit en hom herhaaldelik gesteek. Nooddienste het die slagoffer op die toneel dood verklaar. Die polisie het die verdagte op die toneel

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


Unisa begin met Nsfas-toelaagverwerkings
Die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) sê dat hulle begin het met die verwerking van toelaebetalings van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas). Dit is nadat studente kommer uitgespreek het oor vertragings in die ontvangs van hul toelaes vir verlede maand. Unisa is een van die land se grootste hoëronderwysinstellings, met meer as 380 000 studente en ongeveer 177 000 wat deur Nsfas befonds word. Die universiteit sê die betalingsproses is hoogs kompleks. Dit

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 8


MIDDAG SPORT: Kapp blink uit in die Wêreldbeker krieket-span, bekendes dring deur in Wimbledon en België beindig die VS se sokker-veldtog
In krieket-nuus: Marizanne Kapp is die enigste Protea wat in die Internasionale Krieketraad se T20-Wêreldbeker-span van die toernooi opgeneem is. Kapp se veelsydige vertonings het Suid-Afrika gehelp om vir ’n vierde agtereenvolgende T20-Wêreldbeker-halfeindstryd te kwalifiseer, voordat Engeland hulle op The Oval uitgeskakel het. Die 36-jarige het ’n onoorwonne 81 teen Indië aangeteken en agt paaltjies in die toernooi geneem, insluitend syfers van 3-23 teen Pakistan. Vier Aust

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 7


Fondse van die Mangaung-metro word tydelik teruggehou
Fondse wat die Mangaung-metro vandeesmaand uit die nasionale tesourie sou ontvang, word tydelik teruggehou. Maroela Media berig die metro is een van vier metro's en 66 munisipaliteite landwyd wie se sogenaamde billike deel van die landsbegroting weerhou word. Volgens die nasionale tesourie is die stap daarop gemik om fiskale dissipline te bevorder en beter bestuur van openbare geld te verseker. Die tesourie sê die besluit volg op volgehoue en ernstige nie-nakoming van die Wet

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Outomatiese aanslae moet noukeurig deurgegaan word
Belastingkundiges dring daarop aan dat Suid-Afrikaners nie outomatiese aanslae van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aanvaar sonder om dit eers na te gaan nie. Allan Gray sê die diens gebruik inligting van werkgewers, banke, aftreefondse en mediese skemas om opgawes outomaties te voltooi. Belastingbetalers wat vir outomatiese aanslag gekies word, sal tussen 1 en 12 Julie SMS- of e-poskennisgewings ontvang. Diegene wat met die aanslag saamstem, hoef nie ’n opgawe in te dien ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Malema word by beweerde sameswering geïmpliseer
Die leier van die EFF, Julius Malema, word geïmpliseer in getuienis wat verband hou met die misdaadintelligensie-offisier, generaal-majoor Feroz Khan. Die hoofbewysleier van die Madlanga-kommissie van ondersoek, Matthew Chaskalson, sê Malema is in kennis gestel van die bewerings. Volgens Chaskalson hou die bewerings verband met WhatsApp-boodskappe wat tussen 2020 en 2023 van Khan se selfoon onttrek is. Daar word onder meer beweer dat Malema, Khan en sakeman Mo Sayed saamgeswe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Vrystaatse munisipale werkers eis antwoorde oor salarisse
Werkers van die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit in Theunissen sê hulle het breekpunt bereik oor uitstaande salarisse en onsekerheid oor hul posgraderings. SABC News berig werknemers het hul werk geboikot en beweer dat 'n verkeerde graderingstelsel daartoe gelei het dat sommige minder as die helfte van hul regmatige salarisse ontvang. Volgens die werkers het hulle die kwessie reeds verskeie kere onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar sonder sukses. Die optrede v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Onwettige inmenging met hommeltuie kan jou duur te staan kom
Die onwettige beskadiging van iemand anders se hommeltuig kan met 'n boete van tot R50 000, 10 jaar tronkstraf of albei gestraf word. Nuusflits berig die prokureur Cor van Deventer sê baie mense besef nie dat 'n hommeltuig ingevolge die wet as 'n vliegtuig geklassifiseer word nie. Hy waarsku dat enige inmenging met ‘n hommeltuig ‘n strafregtelike oortreding is en dat swaarder strawwe van tot 30 jaar gevangenisstraf opgelê kan word indien ‘n vliegtuig in diens in gevaar geste

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Daar is tans geen regulasies oor balkon-sonkragstelsels
Balkon-sonkragstelsels, wat gebruikers toelaat om elektrisiteit op te wek sonder professionele installasie, val moontlik in 'n regulatoriese grys area in Suid-Afrika. MyBroadband berig die energiekenner Chris Yelland sê daar is tans geen elektriese installasieregulasies wat spesifiek dié stelsels in Suid-Afrika dek nie. Die stelsels raak al hoe gewilder in dele van Europa omdat dit huishoudings help om energiekoste te verminder. Volgens Yelland is dié stelsels egter oor die a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Outa se Meta-rekening bly beperk ná ’n kuberaanval
Volgens die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het ’n kuberaanval sy Meta-advertensierekening in gevaar gestel, wat sy vermoë om teen-korrupsieveldtogte te bedryf, beperk. Hulle voeg wel by dat geen ondersteuner- of skenkerinligting tydens Maandag se aanval verkry of gekompromitteer nie. Die organisasie sê sy Meta-advertensierekening bly beperk ten spyte daarvan dat alle beskikbare ondersteuningskanale uitgeput is. Outa het sedertdien ’n beroep op Meta gedoen vir ’n bi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Die VS gesondheidsdepartement waarsku oor vinnig verspreidende masels
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid waarsku dat die huidige masels-uitbreking vinnig versprei, veral in die Mangaung-metro. Hulle doen 'n beroep op ouers om seker te maak hul kinders is ingeënt. In 'n video wat deur die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel (GCIS) se Vrystaatse kantoor gedeel is, sê die hoof van die Departement Pediatrie en Kindergesondheid aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universitas Akademiese Hospitaal, professor Lizzy Tavan, die aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 7


Die laaste staatsgetuienis in die Byenes-moord word aangehoor
Die staat se laaste getuie in die opspraakwekkende driedubbele moordsaak by die Byenes-dagsorgsentrum in Bloemfontein het Maandag sy getuienis begin. Netwerk24 berig ’n werknemer van MTN, Trevor Sikhwari, het getuig oor die tegniese aspekte van hoe die verdagtes se selfoonsein deur selfoontorings in Bloemfontein bespeur is. ’n Oudwerker van die Byenes-dagsorgsentrum, Mpheng Anna Ntsoeu, en Katlego Ronald Moroe staan tereg weens die driedubbele moord op die eienaar van die dag

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7


Xbox snoei duisende poste
Microsoft Corporation se Xbox-afdeling beplan om oor die volgende jaar 3 200 poste te sny as deel van ’n omvangryke herstrukturering om groei in die sukkelende speletjie-afdeling aan te wakker. Dit is 20% van sy personeel. News24 berig die uitvoerende hoof, Asha Sharma, sê die onderneming is tans nie gesond nie. Sy voeg by Xbox se winsmarges is tussen drie en tien keer laer is as dié van vergelykbare ondernemings. Volgens Sharma is die doel om die onderneming te stroomlyn en

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7


Charlie Kirk se vermeende moordenaar verskyn in die hof
Die familie van die Amerikaanse konserwatiewe aktivis Charlie Kirk het Maandag vir die eerste keer van aangesig tot aangesig met sy vermeende moordenaar verskyn toe aanklaers hul getuienis in die moordsaak teen Tyler Robinson tydens ’n hofverrigting voorgehou het. Die BBC berig die verrigtinge, wat na verwagting die hele week sal duur, sal getuienis van ooggetuies en ander bewyse insluit om te bepaal of Robinson verhoor moet word. Rosestad-nuus het vroeër berig Kirk, ’n invlo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7


Rise Mzansi vra vir hervorming om die SAPD te versterk
Die Rise Mzansi parlementslid, Makashule Gana, het ’n beroep gedoen op dringende hervormings om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te versterk en openbare veiligheid te verbeter. Gana sê dit sluit in leefstyloudits van polisiebeamptes, veral dié in voorsieningskettingbestuur, en vinniger voltooiing van die keuringsproses. Hy voeg by dat amptenare wat by oortredings betrek word waar daar voldoende bewyse is, kriminele vervolging in die gesig moet staar eerder as om net ontslaan

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7


Ramaphosa sê Tony Leon se beweerde optrede lyk na staatskaping
President Cyril Ramaphosa sê die voormalige leier van die DA, Tony Leon, en sy skakelmaatskappy, Resolve Communications, se beweerde optrede dra die kenmerke van staatskaping. Dit kom ná bewerings dat Leon tendertoekennings probeer beïnvloed het. Newsday berig Leon word daarvan beskuldig dat hy sy noue verbintenis met die DA gebruik het om vergaderings tussen ministers en sy maatskappy se kliënte te reël. Leon ontken egter ten sterkste dat hy enigiets verkeerd gedoen het en s

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 7
bottom of page


