top of page


Alle Plasings


Gewysigde belastingopgawes kan nou ingedien word
Suid-Afrikaners wat ’n outomatiese belastingaanslag van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ontvang het, kan van vandag af ’n gewysigde belastingopgawe indien, sou inligting ontbreek of verkeerd is. Kenners waarsku dat aftrekkings vir aftree-annuïteite dikwels misgekyk word. Belastingbetalers moet ook seker maak dat oorskotaftrekkings uit vorige belastingjare korrek oorgedra is, asook dat tuiskantooruitgawes, reiseise, huurinkomste en vryskutverdienste korrek aangedui is voorda

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 13


SA het nou 'n toegewyde eenheid vir vermiste persone
Suid-Afrika se eerste toegewyde polisie-eenheid vir vermiste persone is in Kaapstad bekend gestel. Die inisiatief bring die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Nasionale Vervolgingsgesag, die Departement van Binnelandse Sake en die Mitchells Plain-gebaseerde nie-winsgewende organisasie Faith and Hope Missing Persons byeen. Luidens berigte sal die eenheid polisieondersoeke ondersteun deur opgeleide vrywilligers te koördineer, families by te staan en gemeenskapssoektogte te help

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 13


Jurassic Park-akteur Sam Neill is oorlede
Die akteur Sam Neill, wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy rol as dr. Alan Grant in die Jurassic Park-rolprente, is in die ouderdom van 78 oorlede. BBC berig sy familie sê sy dood was skielik en onverwags en dat hy in Sydney, Australië, omring deur sy geliefdes oorlede is. Neill is in Noord-Ierland gebore en het as kind na Nieu-Seeland verhuis, waar hy later een van die land se bekendste akteurs geword het. Hy was ook bekend vir rolle in The Piano, The Hunt for Red Oct

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Die Valke ontken bewerings dat hulle die waarnemende nasionale polisiekommissaris ondersoek
Die Valke het berigte ontken dat hulle die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, ondersoek. 'n Valke-woordvoerder, kolonel Katlego Mogale, sê die eenheid het wel 'n klagte teen Dimpane ontvang. Die klagte hou verband met 'n bestaande saak wat reeds deur die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie ondersoek word. Volgens Mogale is die klagte na dié direktoraat verwys omdat dit deel vorm van die bestaande ondersoek. LUISTER HIER: Puleng Dimpan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Cachalia spreek hom uit teen waninligting
Die waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia, het die verspreiding van waninligting en opruiende uitlatings oor Suid-Afrika gekritiseer. Volgens Cachalia versprei mense in ander Afrikalande negatiewe inligting oor Suid-Afrika op sosiale media. Hy sê die kritiek hou verband met bewerings van xenofobie ná 'n reeks optogte vroeër vanjaar teen onwettige buitelandse burgers. Cachalia sê selfs politici in ander Afrikalande maak opruiende uitlatings oor Suid-Afrika

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Gelyke ouerskapverlof kom nader
Suid-Afrika se ouerskapverlofstelsel staan voor groot veranderinge nadat die Konstitusionele Hof beslis het dat die huidige verlofbepalings vir verskillende ouers ongrondwetlik is. Die Wysigingswetsontwerp op Arbeidswetgewing stel 'n nuwe stelsel voor wat gelyke toegang tot ouerskapverlof vir kwalifiserende ouers moontlik maak. Indien albei ouers in diens is, sal hulle vier maande en tien dae verlof tussen hulle kan verdeel, terwyl 'n enkel werkende ouer op vier maande verlof

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


‘n Man stap die aarde se omtrek
'n Man van Indiana in die VSA het sy doelwit bereik om die ekwivalent van die aarde se omtrek te stap. Hy het die mylpaal ná 14 jaar bereik. Russell Mumper het sowat 20 500km afgelê deur meer as 55 miljoen treë oor byna 5 900 staptogte te gee. Hy het gemiddeld 8km per dag gestap terwyl hy voltyds gewerk het en 49 pare roeteskoene uitgedra het. Mumper het sy prestasie op 'n eenvoudige manier tuis saam met sy vrou en hul twee honde gevier. Russell Mumper. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Baie ongedokumenteerde buitelanders kwalifiseer nie vir vlugteling- of asielsoekerstatus nie
Volgens die Suid-Afrikaanse regering kwalifiseer baie ongedokumenteerde buitelandse burgers wat in Suid-Afrika is, nie vir vlugteling- of asielstatus nie. Die Verenigde Nasies sê daar woon na raming 250 000 vlugtelinge en asielsoekers in Suid-Afrika. Die land repatrieer tans ongedokumenteerde buitelandse burgers terug na hul tuislande ná ’n reeks betogigns teen hulle. Suid-Afrika sê politieke onstabiliteit in ander lande dra by tot die immigrasieprobleem in die land. Ter illu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


OGGEND SPORT: Erasmus is verlig dat die Springbokke tydens hul oorwinning kon leer, Sinner en Nosková seevier by Wimbledon en Argentinië pak vir Engeland in die Wêrledbeker sokker halfeindronde
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, sê hy is verlig dat sy span kon leer tydens hul oorwinning, nadat ‘n aansienlik gewysigde Springbokspan Skotland met 42-28 op Loftus Versfeld geklop het. Erasmus sê die wedstryd was ‘n waardevolle toets vir ‘n groep wat 12 spelers met minder as 10 toetswedstryde agter die blad ingesluit het. Intussen glo die Springbokvroue-afrigter, Swys de Bruin, dat sy span beduidende vordering gemaak het nadat hulle die re

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 13


Plunderaars slaan ná ‘n vragmotorongeluk toe
Plunderaars het glo 'n vragmotor se vrag gesteel nadat die voertuig op die N1 sowat 30 kilometer buite Bloemfontein in die rigting van Johannesburg omgeslaan het. Volgens SA Trucker was die beseerde bestuurder steeds op die toneel toe mense glo die vraghouer oopgebreek en goedere in voertuie gelaai het. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend en die bestuurder se toestand is nog nie bevestig nie. Volgens SA Trucker is dit die jongste in 'n reeks voorvalle waar plunderaars

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


‘n Suid-Afrikaner is met heroïen in Thailand betrap
'n Suid-Afrikaner is in Thailand in hegtenis geneem nadat doeane-amptenare 17,5kg heroïen in sy bagasie gevind het. The Citizen berig die dwelms, met 'n geraamde straatwaarde van sowat R3,6 miljoen, was in sakkies koffie en groen tee versteek. Die man was onderweg vanaf Maleisië na Madagaskar toe sy bagasie tydens 'n roetine-inspeksie deursoek is. Thaise owerhede sê die heroïen sou meer as R11 miljoen werd gewees het indien dit sy eindbestemming bereik het. Die verdagte bly i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Die VSA hou vol dat die Straat van Hormuz oop is
Die VSA en Iran weerspreek mekaar oor die status van die Straat van Hormuz, een van die wêreld se belangrikste skeepsroetes vir olie-uitvoer. BBC berig die VSA hou vol die seestraat is steeds oop, terwyl Iran sê dit is tot verdere kennisgewing gesluit. Die jongste spanning volg nadat die VSA meer as 140 teikens in Iran aangeval het ná 'n voorval waarin 'n skip in die seestraat geteiken is. Iran se Islamitiese Revolusionêre Wagkorps het intussen ook aanvalle op Amerikaanse bas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Die speke gaan sing in Bloemfontein
Bloemfontein verwelkom dié naweek sowat 350 bergfietsryers, van 13-jarige deelnemers tot elite-ryers, wanneer die laaste been van die Suid-Afrikaanse Bergfietsbekerkampioenskap by die Happy Valley-bewaringsgebied aangebied word. Bloemnuus-Express berig die kampioenskap dien ook as die nasionale kampioenskap en 'n interprovinsiale uitdaging. Die byeenkoms vind oor drie dae plaas, met oefenritte op Vrydag, kortbaanwedrenne op Saterdag en die hoofwedren op 'n uitdagende 4,5 kilo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


‘Geregtigheid sal geskied’ vir 'n Bloem-student se dood
Geregtigheid sal geskied in die saak van die Universiteit van die Vrystaat-student, Kgotso Khaeane, wat verlede week in Bloemfontein oorlede is. Die Vrystaatse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jabu Mbalula, voeg by dit maak nie saak of die verdagte 'n lid van die ANC is of nie – geregtigheid sal geskied en die ondersoek sal sonder bevoordeling voortgaan. SABC News berig verder die verdagte, 'n voormalige bestuurder van die Mangaung Metro Munisipaliteit, het glo beweer hy is 'n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Verskeie verdagtes is in die Mangaung-metro vasgetrek
Verskeie verdagtes is tydens gesamentlike polisie-optredes regoor die Mangaung-metro in hegtenis geneem. Daar is ook op dwelms, vermoedelik gesteelde goedere en ander onwettige items beslag gelê. Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê die optredes het onder meer op Thaba Nchu, Bloemfontein, Bainsvlei en langs die N1 plaasgevind. Drie verdagtes is in Thaba Nchu in hegtenis geneem nadat die polisie na bewering dwelmtransaksies waargeneem het. Metamfe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 13


Die polisie ondersoek 'n buitelandse voortvlugtige se toetrede tot SA
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Georganiseerde Misdaadeenheid ondersoek die roete wat na bewering deur die driedubbele moordbeskuldigde en Interpol-voortvlugteling, Ndodana Tshuma, gebruik is om Suid-Afrika binne te kom. Die Zimbabwiese burger is Vrydag in Kensington in Johannesburg in hegtenis geneem nadat die liggame van sy vrou en twee kinders by hul huis in Bedfordshire in Engeland gevind is. Britse owerhede het aanvanklik geglo dat Tshuma moontlik na Zimbabwe gereis

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


Nsfas verwerp bewerings van finansiële wanbestuur as vals nuus
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) het bewerings deur die EFF van die hand gewys dat sy administrateur, Hlengani Mathebula, miljoene rande wanbestuur het. Die EFF se Sihle Lonzi het ‘n parlementêre ondersoek na die salarisse en besteding van die administrateur en vier adviseurs versoek, en beweer ‘n gebrek aan toesig. Nsfas se woordvoerder, Ismael Mnisi, sê egter dat die bewerings ongegrond is en dat die werklike besteding baie laer is as wat gerapporteer

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


Drie is vas nadat miljoene rand se onwettige sigarette gekonfiskeer is
Die polisie in die Vrystaat het drie mans in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van ‘n geraamde R3,6 miljoen tydens ‘n intelligensie-geleide operasie in Boshof. Die Bloemfonteinse honde-eenheid en Provinsiale Misdaadintelligensie het die verdagtes in hegtenis geneem na aanleiding van inligting oor die verspreiding van onwettige goedere. Hulle het ‘n supermark en ‘n pakhuis deursoek, waar hulle 339 houers en meer as 15 000 los pakkies nagemaakte s

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


Meta onttrek nuwe KI-beeldfunksie ná kritiek
Meta het ‘n nuwe funksie verwyder wat mense toegelaat het om hul kunsmatige intelligensie- instrument te gebruik om vals beelde van gebruikersinhoud op Instagram te maak. Die funksie was deel van ‘n breë bekendstelling van Muse Image, ‘n nuwe KI-beeldgenereringsinstrument. Dit het gebruikers van die Meta KI-kletsbot toegelaat om publieke rekeninge op Instagram te merk en inhoud op daardie rekeninge te gebruik om KI-gegenereerde of gewysigde inhoud en beelde te skep. Die BBC b

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


Die Artikel 89-afsettingskomitee vergader op 22 Julie
Die parlement se Artikel 89-afsettingskomitee sal op 22 Julie vergader. Die komitee berei voor vir die volgende fase van sy ondersoek. Lede sal die konsep-opdrag oorweeg om die verrigtinge te lei en die bewysleier aanstel. Die vergadering kom nadat president Cyril Ramaphosa ‘n dringende hofbevel aangevra het om die afsettingsproses te staak. Die komiteevergadering is nog ‘n belangrike stap in die parlement se voorbereidings vir die afsettingsondersoek. President Cyril Ramapho

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


BKS: Sommige vee-eienaars versuim steeds gevalle aan te meld
Die Vrystaatse Departement van Landbou het kommer uitgespreek oor die voortdurende versuim van sommige vee-eienaars om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld. Dit volg nadat 14 nuwe gevalle in die Boshof-gebied bevestig is, wat die provinsie se totaal op 679 bevestigde gevalle te staan bring. Die departement sê onmiddellike aanmelding is 'n wetlike vereiste, en is noodsaaklik om die verspreiding van die siekte te bekamp. Boere word aangemoedig om vermoedelike

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


‘n VS speurder is in hegtenis geneem vir korrupsie
‘n Speurdersersant van die Vrystaat is in hegtenis geneem vir beweerde korrupsie en afpersing na ‘n geheime polisie-operasie in Sasolburg. Die 43-jarige beampte is Saterdag in hegtenis geneem nadat hy na bewering geld van ‘n 41-jarige inwoner van Zamdela geëis het om ‘n aanrandingsaak te laat verdwyn. Die polisie sê die klaer het eers R2 000 betaal voordat die speurder na bewering ‘n verdere R10 000 geëis het en beweer het dat dit ‘n aanklaer se taak was om die aanklagte te l

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 12


Menslike organe is in emmers by 'n huis gevind
Die polisie in Johannesburg het op twee emmers afgekom wat oënskynlik menslike organe, geïdentifiseer as harte en longe, bevat. Dié gru-vonds is by 'n woning in Soweto gemaak. Maroela Media berig die Johannesburgse Metropolitaanse Polisiediens se woordvoerder, superintendent Xolani Fihla, sê beamptes het ʼn wenk ontvang oor ʼn voertuig wat by dié woning gestroop word. Met hul aankoms is die voordeur halfoop gevind. Daar is vasgestel dat die voertuig aan die nasionale Departemen

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 11


Eskom se ommeswaai bewys staatsbeheerde maatskappye kan slaag
Die vakbond Cosatu sê Eskom se ommekeer bewys dat staatsbeheerde maatskappye kan slaag met sterk leierskap en toegewyde werkers. Suid-Afrika het 420 dae sonder beurtkrag gegaan, terwyl dieselbesteding en onbeplande onderbrekings aansienlik gedaal het. Cosatu waarsku dat Eskom se groeiende munisipale skuld van R120 miljard ‘n groot bedreiging vir sy herstel bly en elektrisiteitstariefverhogings dryf. Cosatu se Matthew Parks sê hulle ondersteun Eskom se besluit om slimmeterinst

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 11
bottom of page


