top of page


Alle Plasings


MIDDAG SPORT: Die Leeus staan alleen bo, Banyana hou hul kwarteinddroom lewendig en reën vertraag die Washington Ope-eindstryde
Ons begin met rugby-nuus: Die Goue Leeus is ná drie rondes die enigste onoorwonne span in die Curriebeker nadat die Pumas die Boland Kavaliers met 20–15 in Wellington geklop het, wat Boland se eerste nederlaag van die seisoen was en die Pumas se uitspeelkanse ‘n hupstoot gegee het. Die Leeus het die Blou Bulle met 42–19 oorrompel om hul perfekte rekord te behou, hoewel kaptein Ruan Delport ‘n rooi kaart gekry het en Nicolaas Janse van Rensburg en Rynhart Jonker onderskeidelik

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 3


Verskeie tenders van die Mangaung-metro word ondersoek
Die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, het opdrag gekry om verskeie tenders van die Mangaung Metro Munisipaliteit te ondersoek. Volgens inligting wat deur die SOE gedeel is, sal die ondersoek fokus op die instelling van die metro se munisipale polisiediens, asook beweerde oorbetalings aan verskaffers. Die ondersoek sluit onder meer die aankoop van voertuie, 'n brandweerwa, bemarkings- en spysenieringskontrakte, kantoorverbeterings en kontrakte vir die ontwikkeling van die met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Cosatu is ontevrede met die aangestelde Raad oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord
Cosatu het president Cyril Ramaphosa gekritiseer oor die samestelling van die Nasionale Raad oor Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord. Die president het verlede week die lede van die raad aangekondig, maar Cosatu meen arbeidsverteenwoordigers is uitgelaat. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, is van mening dat die gebrek aan arbeidsverteenwoordigers die stryd teen geslagsgebaseerde geweld ondermyn. Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Verligting én pyn wag by die pompe
Daar is gemengde nuus vir motoriste wanneer die jongste brandstofpryse die Woensdag in werking tree. Petrol sal 52c per liter goedkoper wees, terwyl diesel tussen R1,23 en R1,38 per liter duurder word. Die groothandelprys van paraffien styg ook met R1,52 per liter. Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne daal die balansheffing intussen met 52c per liter, van R1,14 tot sowat 61 sent per liter. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Telkom begin die finansiële jaar op 'n sterk noot
Telkom het sy inkomste in die drie maande tot einde Junie met 2,6% tot meer as R11 miljard verhoog. Dit is hoofsaaklik danksy sterk groei in sy mobiele besigheid. Vooruitbetaalde diensinkomste het met 9,1% gestyg, terwyl mobiele data-inkomste met 11,4% toegeneem het. Telkom het nou meer as 25 miljoen mobiele intekenare, met data-inkomste wat meer as 62% van die groep se totale inkomste uitmaak. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Kiesers het nog vyf dae om aanlyn te registreer
Kiesers het nog vyf dae om aanlyn te registreer om te stem in die plaaslike regeringsverkiesing. Bosa, onder andere, moedig kiesers aan om hierdie week te gebruik om te registreer of hul registrasie te verifieer. Suid-Afrikaners kan steeds die aanlyn portaal van die Onafhanklike Verkiesingskommissie gebruik om te registreer of hul registrasiestatus te verifieer. Dit kan gedoen word totdat die minister van samewerkende regering en tradisionele sake die verkiesingsdatum aanko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


‘n Voorlopige hofbevel is bekom vir veiligheid by ‘n plaaslike steengroef
Die Mangaung-metro het 'n voorlopige hofbevel bekom om mense by 'n privaat steengroef te beskerm waar herhaaldelike sterftes aangemeld is. Volgens ‘n mediaverklaring verbied die hofbevel die eienaar om die steengroef te verkoop totdat alle sake wat met die sterftes verband hou, afgehandel is. Die eienaar moet ook die terrein beveilig deur dit behoorlik te omhein om verdere lewensverlies te voorkom. Volgens die metro het die eienaar vroeër versuim om aan munisipale kennisgewin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Honderde buitelandse leerders keer nie terug skool toe nie
Honderde buitelandse skoolkinders het nie ná die Junie-vakansie na Suid-Afrikaanse skole teruggekeer nie. Dit volg nadat duisende buitelandse burgers ná 'n reeks optogte teen onwettige immigrante na hul lande van oorsprong teruggekeer het. Gauteng het die hoogste aantal betrokke leerders aangemeld, terwyl ander provinsies min of geen gevalle van leerders wat die skool verlaat het, aangemeld het nie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Die Mangaung-metro ontken dat Naval Hill te koop is
Die Mangaung Metro Munisipaliteit ontken gerugte dat Naval Hill en ander munisipale bates te koop is. Die metro voeg in ‘n mediaverklaring by geen besluit is geneem om van enige munisipale eiendom ontslae te raak nie. Voorstelle is wel ontvang om sekere onderbenutte eiendomme beter te benut en beleggings te lok om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder. Daar word beklemtoon dat enige voorstelle eers deeglik beoordeel sal word en, waar nodig, deur die raad goedgekeur moe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3


Onsekerheid heers steeds oor wit SA vlugtelinge in die VSA
Daar is steeds onsekerheid vir wit Suid-Afrikaners wat goedgekeur is om as vlugtelinge in die Verenigde State van Amerika (VSA) te woon. Daar is geen duidelikheid oor wanneer hulle sal vertrek en waar hulle sal bly sodra hulle in die VSA aankom nie. Sommige wit Suid-Afrikaners het besluit om na die VSA te verhuis omdat hulle glo dit bied ’n beter toekoms. Die VSA het sommige Suid-Afrikaners toegelaat om die land binne te kom ná bewerings van ’n wit volksmoord. Die Suid-Afrika

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


AfriForum gaan hof toe oor die Onteieningswet
AfriForum se hofaansoek teen dele van Suid-Afrika se Onteieningswet begin Maandag in die Hooggeregshof in Kaapstad. Die organisasie wil hê dat bepalings wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, ongrondwetlik verklaar moet word. Die Instituut vir Rasseverhoudinge se regsafdeling het as mede-applikant tot die saak toegetree, terwyl die EFF en die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling as respondente toegelaat wil word. Afsonderlike hofaansoeke deur die DA

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


‘n Gesteelde aluminium-markiestent is in die VS opgespoor
'n Gesteelde vrystaande aluminium-markiestent is teruggevind en 'n verdagte langs die R702 Dewetsdorp-pad in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle het polisielede op inligting gereageer oor 'n swaarvoertuig wat vermoedelik gesteelde eiendom vervoer. Die voertuig is voorgekeer, en die die klaer het die vrystaande aluminium-markiestent ter waarde van R500 000 positief as sy gesteelde ei

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


‘n Nuwe TB-entstof kan help om diegesondheidsbedreiging binne drie jaar uit te skakel
Die nasionale Departement van Gesondheid berei voor vir ’n moontlike nuwe tuberkulose-entstof wat TB teen 2030 as ’n openbare gesondheidsbedreiging kan help uitskakel. Die entstof is tans in fase-drie-proewe in vyf lande, insluitend Suid-Afrika. Vroeëre proewe het belowende beskerming teen aktiewe pulmonêre TB getoon, met min veiligheidskwessies. Die entstof moet nog die proewe voltooi en deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte geregistreer word.

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


AfriForum eis antwoorde oor Bfn se buitensporige tariefverhogings
AfriForum het die Mangaung Metro Munisipaliteit in ‘n dringende skrywe tot verantwoording geroep oor sogenaamde buitensporige verhogings wat sedert die instelling van die 2026-’27-tariewe op sommige inwoners se munisipale rekeninge verskyn. Netwerk24 berig AfriForum sê in ‘n verklaring sekere inwoners, veral dié op kleinhoewes, plase en die omliggende dele van Bloemfontein soos Bainsvlei, het verhogings van etlike 100 % aangemeld. AfriForum se distrikskoördineerder in Bloemfo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Die VSA en Iran bespreek die voortdurende konflik
Die Verenigde State van Amerika sal na verwagting Maandag met Iran gesprekke voer oor die voortdurende konflik tussen die twee nasies. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het hierdie naweek aangekondig dat hy verdere aanvalle teen Iran afgelas het in die hoop om ’n ooreenkoms te bereik om die Straat van Hormuz oop te maak. Intussen het globale oliepryse het aansienlik gedaal in die vroeë oggendhandel ná Trump se besluit. Brent ruoliepryse het Maandagoggend met meer as 5

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Bfn meisies-kore hou die stad se naam hoog
Die Hoër Meisieskool Eunice van Bloemfontein se Vitae Cantamus-koor het uitstekend presteer in die eindronde van die nasionale ATKV-Applous Skoolkoorkompetisie se Prestige-afdeling vir meisies in Kaapstad. Hulle is as die tweede beste meisieskoor in Suid-Afrika aangewys. Volgens ‘n plasing op die skool se sosiale media het die koor het 'n Cum Laude-toekenning ontvang met 'n van 91,98 %. Die koor se afrigter, Retha Visser, sê hulle is ook bekroon met die toekennings vir die be

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


'Motoriste wat nie 'n bewys kan toon, kan nie in hegtenis geneem word nie'
Motoriste wat nie hul rybewys kan toon nie, kan beboet word, maar hulle mag nie daarvoor gearresteer word indien hulle wel 'n geldige rybewys het nie. Dit volg nadat 'n motoris beweer het hy is tydens 'n verkeersblokkade met inhegtenisneming gedreig omdat hy nie sy rybewys by hom gehad het nie. Nuus in Afrikaans sê in ‘n plasing op sosiale media die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het daarna die wet verduidelik en gesê daar is 'n belangrike verskil tussen iemand wat 'n

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Bfn se noorde is moontlik vir 'n dag sonder water
'n Beplande onderbreking in watervoorsiening is vir Maandag 3 Augustus geskeduleer. Volgens ‘n verklaring van die Mangaung Metro Munisipaliteit vind dit plaas vir herstelwerk by die Maselspoort-hoofwaterpypleiding. Die geaffekteerde areas sluit in: Heuwelsig; Dan Pienaar; Bayswater; Westdene; Northridge en omliggende gebiede; Pentagon Park; Die sentrale sakekern; en Dele van Noordhoek en omliggende gebiede. Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


OGGEND SPORT: Die Pumas behou hul onoorwonne status, Dambile blink uit met goud en beplanning vir die krieketwêreldbeker kry momentum
Ons skop af met rugby: Die Hollywood Foundation Pumas-vroue het hul onoorwonne reeks in die Pick n Pay Women’s Super League 2 voortgesit met ‘n oorwinning van 44–17 oor die SWD Eagirls in Nelspruit. AVBOB Griekwas-vroue het na die tweede plek op die punteleer opgeskuif nadat hulle teruggeveg het van ‘n rustyd-agterstand van 14–7 om die Luiperds-vroue met 24–19 in Potchefstroom te klop, met ‘n sterk tweede helfte-vertoning wat die bonuspuntoorwinning beklink het. Die Griffons-

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 3


'n Man is dood en sy ma beseer tydens 'n huishoudelike geskil
'n Jong man is tydens 'n huishoudelike geskil doodgesteek en 'n vrou het kopbeserings opgedoen. Die 21-jarige slagoffer, Mothusimang Moseme, se stiefpa is in hegtenis geneem op een aanklagte van moord en een aanklag van poging tot moord. Volgens ‘n verklaring is polisielede na ‘n toneel in Hertzogville in die Vrystaat ontbied, waar hulle na die agterkant van 'n sinkhuisie verwys is. Daar is Moseme met 'n steekwond aan die linkerkant van sy nek aangetref. Volgens inligting het

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


McKenzie verskyn eersdaags oor sy Wêreldbeker-besteding
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, en sy departement sal Dinsdag voor die parlement verskyn om rekenskap te gee oor die 151-lede-afvaardiging na die 2026 Fifa Wêreldbekertoernooi en die geraamde R31 miljoen wat bestee is. Die DA sê vorige antwoorde oor die uitgawes was nie deursigtig genoeg nie en eis besonderhede oor elke afgevaardigde se kwalifikasies, rol, aktiwiteite en vergaderings. Die party wil ook ’n uiteensetting van borgskappe en die opbrengs

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Twee voetgangers is net buite Bfn noodlottig raak gery
Die suidwaartse bane van die N1 naby die Ferreira-afrit buite Bloemfontein is Sondagaand gesluit ná 'n noodlottige voetgangerongeluk. Volgens polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle dui voorlopige inligting dat twee voetgangers noodlottige beseer is. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Ondersoek word ingestel na SA se hoë data-koste
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë sal ’n omvattende studie van stapel stuur om die oorsake van die hoë koste van data in Suid-Afrika te bepaal. Die ses maande lange studie sal ook die koste van stemoproepe, SMS’e, toestelle, verbruikersgedrag en ander kommunikasiedienste ondersoek. Die departement sê in ’n nuut uitgereikte tender dat die studie se uitkoms na verwagting beleids- en strategiese aanbevelings sal verskaf om koste te verminder. Dit sê hoë ko

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3


Die laaste kiesersregistrasienaweek verloop vlot
Die laaste kiesersregistrasienaweek is sonder noemenswaardige uitdagings regoor die land afgehandel. Daar was berigte van minstens een gemeenskap in Limpopo wat die registrasie geboikot het, terwyl onrus ook in een gemeenskap in die Oos-Kaap aangemeld is. Baie mense het stempunte besoek om hul registrasiestatus te bevestig. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê hy sal Vrydag die verkiesingsdatum afkondig. Kiesers sal hul besonder

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 3
bottom of page

