top of page



Alle Plasings


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs maak gereed vir ’n Europese uitdaging, ‘n wêreldwye simposium oor atlete se breingesondheid word aangebied en, die Flexbrands knights soek ’n oorwinning
Ons skop af met rugby: Die Toyota Cheetahs maak gereed vir hul eerste wedstryd in die nuwe EPCR Challenge Cup-seisoen wanneer hulle Sondag die Franse span Aviron Bayonnais in Bayonne pak. Die Vrystaters het hul groep vir die Europese veldtog aangekondig. Die span sluit onder meer die ervare skrumskakel Faf de Klerk, asook Michael Annies, Cohen Jasper en Henry Immelman in. Die Cheetahs is saam met Ulster Rugby, die Franse spanne USAP en Aviron Bayonnais, Walliese span Dragons

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 14


Outa spreek kommer uit oor die regering se nuwe waterstrategie
Die organisasie teen belastingmisbruik (Outa) sê die regering se nuwe waterstrategie kort duidelike sperdatums, befondsingsverpligtinge en maatreëls vir aanspreeklikheid. Die strategiese raamwerk vir water- en sanitasiedienste vir 2026 het ten doel om uitdagings in die sektor aan te spreek, insluitend hoë waterverliese en verouderde infrastruktuur. Hoewel Outa die strategie steun, waarsku die organisasie dat die dokument die risiko inhou om wel die regte probleme te identifis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Malatsi skets planne vir ’n hersiene befondsingsmodel vir die SAUK
Die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë beoog om teen die einde van Maart volgende jaar ’n hersiene befondsingsmodel vir die openbare uitsaaier voor te lê. Minister Solly Malatsi het dit bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van die ANC. Die nuwe befondsingsmodel sal na verwagting die huidige TV-lisensieskema vervang en as grondslag dien vir die finale weergawe van die SAUK-wetsontwerp. MyBroadband berig dat slegs 15% van TV-lisensiehouers hul li

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Pous Leo is met longkanker gediagnoseer
Dokters het longkanker by Pous Leo gediagnoseer. Chirurge het ’n gedeelte van sy regterlong verwyder nadat hulle ’n groeisel opgemerk het. Weefseltoetse wat tydens die operasie uitgevoer is, het bevestig dat die pous ’n algemene vorm van longkanker het. Dokters sê die prosedure om die groeisel te verwyder, was suksesvol en dat daar geen komplikasies was nie. Pous Leo. FOTO: The Good News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


BKS by Addo-koedoes lei tot ‘n oproep om strenger provinsiale beheermaatreëls
Die DA doen 'n beroep op strenger biosekuriteitsmaatreëls in die Oos-Kaap nadat bek-en-klouseer by koedoes in die Addo-olifant-nasionale park bevestig is. Volgens die DA se Heinrich Müller moet provinsiale owerhede veeartsenykundige ondersteuning verbeter, beheer oor rondlopende vee uitoefen en toesig rondom wildreservate verskerp. Die bron van die infeksie en enige verband met ander uitbrake word steeds ondersoek. SANparke sê Addo bly oop en dat bek-en-klouseer nie as 'n ges

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Geen ernstige ongerymdhede is op die eerste dag van die matriekeksamen aangemeld nie
Die Departement van Basiese Onderwys sê die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen het goed afgeskop, met geen ernstige ongerymdhede wat op die eerste dag aangemeld is nie. Matrikulante regoor die land het Dinsdag die praktiese vraestel een in Rekenaartoepassingstegnologie en verskeie taalvraestelle geskryf. Minister Siviwe Gwarube moedig die matriekklas van 2026 aan om gedurende dié tydperk gefokus, gedissiplineerd en selfversekerd te bly. Die departement se Terence Khala sê h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


’n Vrystaatse brigadier word twee keer tydens ’n roof geskiet
’n Brigadier van die Vrystaatse polisie is twee keer geskiet tydens ’n gewapende roof by die Kliprivier naby Sasolburg. The Citizen berig sy en haar suster is die naweek deur twee gewapende mans oorval toe hulle na hul voertuig terugkeer. Die verdagtes het glo die voertuig se sleutels en selfone geëis. Toe die brigadier weier om die sleutels te oorhandig, het een van die mans haar glo met ’n vuurwapen teen die kop geslaan. Sy is daarna in die maag geskiet. Toe die verdagtes ’

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Die hof vonnis ‘n Vrystater vir die verkragting van sy ma én ouma
'n Vrystater van Hennenman is tot 10 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van sy ma en ouma in afsonderlike voorvalle in 2025. Die Virginia-streekhof het gehoor dat die 24-jarige sy 40-jarige ma in April en toe sy 63-jarige ouma in Desember verkrag het, nadat sy in die eerste saak teen hom getuig het. Hy het op albei aanklagte skuldig gepleit. Die hof het ook beveel dat sy besonderhede in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word. Ter illu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


GEPF-lede kry die geleentheid om vrae te vra
Huidige en afgetrede lede van die Regeringswerknemerspensioenfonds (GEPF) kry later dié week die geleentheid om vrae oor die bestuur van die fonds te stel. Volgens die Vrystaatse tussentydse struktuur van die Association for Monitoring and Advocacy of Government Pensions (AMAGP) vind ’n inligtingsessie Vrydag van 10:00 tot 12:00 by Bobbiespark plaas. AMAGP is in 2016 gestig om bewustheid oor die bestuur van die pensioenfonds te bevorder en lede se belange te verteenwoordig. D

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Sun International staar uitdagings in die gesig om Nsfas-ontvangers van aanlyn dobbelary te blokkeer
Sun International wil verhoed dat begunstigdes van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) en ontvangers van toelaes van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap (Sassa) op hul aanlyn platforms dobbel, maar sê dat afdwinging steeds moeilik bly. Die maatskappy sê dat hulle nie toegang tot regeringsbefondsingsrekords het om kliënte se status te verifieer nie en moet op hulle staatmaak om hul inkomste te verklaar. Die stap volg op kommer dat jongmense

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14


Die DA vra dat vier politieke partye se kandidatelyste tersyde gestel word
Die DA versoek dat vier politieke partye se kandidatelyste tersyde gestel word, omdat hulle elkeen net een naam op hul lys vir proporsionele verteenwoordiging (PR) het. Dit sluit in ActionSA, die EFF, die MK-party en Good. Die DA beskuldig die vier partye daarvan dat hulle hul PR-lyste verdoesel het. Netwerk24 berig ActionSA voer aan hy het geen wet oortree nie en daar is geen rede vir wantroue of bewys van bedrog oor sy besluit om slegs een naam vir die munisipale verkiesing

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Dele van Bfn kan sonder krag wees
Aangesien die beplande kragonderbreking van Centlec nie op 8 Oktober plaasgevind het nie, word dit nou vir 15 Oktober beplan. Centlec sê in 'n plasing op sosiale media dele van Pellissier, Fichardtpark en omliggende gebiede kan van 08:00 tot 16:00 geaffekteer word. Die onderbreking is nodig vir instandhouding en herkonfigurasie van die elektrisiteitsnetwerk. Nie alle strate sal noodwendig geraak word nie, en krag kan enige tyd gedurende die onderbreking sonder waarskuwing her

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die regering hersien die betaaldatum vir ongeskiktheidstoelae
Die regering hersien die betaaldatum vir die ongeskiktheidstoelae in November, omdat dit saamval met die datum van die plaaslike regeringsverkiesing. Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) wag op ’n besluit van die Nasionale Tesourie oor of die betaaldatum verander moet word. Sassa sê hy wil voorkom dat die betaaldatum met die verkiesingsdatum bots, aangesien dit ’n openbare vakansiedag sal wees. Ter illustrasie. FOTO: IOL

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die RNE sa ná die plaaslike regeringsverkiesing voort bestaan
Die kredietgraderingsagentskap Moody’s sê die regering van nasionale eenheid (RNE) sal volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing oorleef. Politieke partye het die regering gevorm nadat geen party in die 2024-verkiesing ’n volstrekte meerderheid behaal het nie. Hierdie partye ding nou mee om beheer oor munisipaliteite regoor die land te verkry. Moody’s sê die partye in die regering van nasionale eenheid stem saam oor fiskale konsolidasie en ’n hervormingsagenda. Moody's.

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die vermiste tienermeisie van Gqeberha is gevind
Die 14-jarige Allegra Styles wat saam met haar kêrel in Gqeberha vermis geraak het, is veilig en ongedeerd in Noordeinde in dié stad opgespoor. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, kapt. Sandra Janse van Rensburg, sê Allegra se verdwyning is Saterdag deur ’n familielid aangemeld. Die familielid het aan die polisie gesê Allegra is ná ’n beweerde woordewisseling saam met haar kêrel na Kamma Park om ’n partytjie by te woon. Sy is omstreeks 18:00 die laaste keer gesien. Janse

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Stappe kan teen Airlink gedoen word ná die Kaapstad-stadion-oorvlug
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (Sacaa) sê hy kan stappe teen Airlink doen na aanleiding van die oorvlug van die Kaapstad-stadion. Airlink het kritiek uit die lugvaartbedryf gekry ná 'n skouspelagtige oorvlug van die stadion tydens 'n internasionale rugbywedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Augustus. Sacaa sê Airlink het tot Donderdag om op sy verslag oor die oorvlug te reageer. Die oorvlug by die Kaapstad-stadion. FOTO: Cape Town News

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Jacob Zuma het sy appèlle teen vervolging laat vaar
Die voormalige president, Jacob Zuma, het sy appèlle teen vervolging laat vaar. Zuma het nie die KwaZulu-Natal-hooggeregshof se uitspraak betwis wat hom verplig om tereg te staan op aanklagte wat verband hou met beweerde korrupsie in die wapentransaksie nie. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy is gereed om die saak teen Zuma en die Franse wapenmaatskappy Thales in Februarie volgende jaar voort te sit. Jacob Zuma. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die publiek word aangeraai om hul reisgewoontes te hersien om brandstof te bespaar
JustMoney se Pieter Wasserfall raai die publiek aan om hul reisgewoontes te hersien om brandstof te bespaar. Hy sê motoriste kan verskillende take kombineer, soos om op pad huis toe van die werk af inkopies te doen, om onnodige ritte te vermy. Wasserfall voeg by dat mense ook saam met kollegas werk toe en terug kan ry. Hy sê motoriste moet daarop fokus om die ritte waaroor hulle beheer het, so doeltreffend moontlik te maak. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die OVK vra vir etiese leierskap ná die munisipale verkiesing
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) moedig pasverkose munisipale verteenwoordigers aan om ná die verkiesing van 4 November goeie bestuur en dienslewering te verseker. Die OVK se voorsitter, Mosotho Moepya, het tydens 'n seremonie in Midrand gepraat waar politieke partye en onafhanklike kandidate van Gauteng 'n gedragskode onderteken het. Hy waarsku dat politieke ontnugtering en swak dienslewering openbare deelname ontmoedig, veral onder jongmense tusse

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Die Westdene-buurtvereniging moet ophou om openbare areas af te sper
Die Mangaung-metro dreig om die Westdene-buurtvereniging hof toe te sleep indien die vereniging nie onmiddellik ophou om openbare parke in Bloemfontein af te sper en toegang te beperk nie. Netwerk24 berig Moroka Prokureurs, wat namens die metro optree, het in ’n formele aanmaningsbrief aan die voorsitter en lid van die uitvoerende komitee van die Westdene-buurtvereniging, Michael Deutschmann, geëis dat die vereniging dié praktyk onmiddellik staak. Die prokureurs voer aan dat

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


SA bly die beste in Afrika in burgerlike lugvaartveiligheid
Suid-Afrika het sy posisie as die wêreld se sewende beste land en Afrika se leier in burgerlike lugvaartveiligheid behou, met 'n finale gradering van 94,99 %. Die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid, Poppy Khoza, sê die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie het in April die land se vermoë om internasionale lugvaartveiligheidstandaarde toe te pas, beoordeel. Die finale telling is bevestig ná gehaltekontroles by die organisasie se hoofkan

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


Phala Phala: Gana beskuldig die EFF van wanvoorstelling van gebeure
Die voorsitter van die Artikel 89-afsettingskomitee, Makashule Gana, het die EFF en die African Legal Professionals Association (Alpa) daarvan beskuldig dat hulle die gebeure verkeerd voorgestel het wat gelei het tot die terugtrekking van advokaat Thandazani Madonsela se nominasie as bewysleier vir die Phala Phala-ondersoek. Die twee organisasies het die Wes-Kaap-hooggeregshof genader om die besluit te betwis. Gana sê die komitee se regspan sal aanvoer dat sy besluite korrek

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights soek ’n eerste oorwinning, Banyana wen met gemak in Bloemfontein en Minnaar en Levy sluit by die Springbok-vroue aan
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights kry Woensdagaand nog ’n kans om hul eerste oorwinning in die nuwe YesPlay Pro20-beker te behaal wanneer hulle World Sports Betting Eastern Storm op die Mangaung Oval in Bloemfontein pak. Die Knights het tot dusver swaar gekry in die T20-kompetisie. Hulle het hul vorige wedstryd teen die Kaneez Tuskers met sewe paaltjies verloor, nadat hulle tot 151 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte beperk is. Die Tuskers het die teiken met ti

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 14


Eskom stel tariefverhogings voor
Eskom het elektrisiteitstariefverhogings van 8,3 % vir direkte kliënte en 8,4 % vir munisipaliteite vanaf April volgende jaar voorgestel - onderhewig aan goedkeuring deur die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika. Die Staande Komitee oor Toewysings het sy kommer oor die voorgestelde verhogings uitgespreek en waarsku dat hoër elektrisiteitskoste huishoudings se finansiële druk kan vererger te midde van stygende inflasie en lewenskoste. Die komitee se voorsitter, Mmusi M

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 13
bottom of page

