top of page


Alle Plasings


Banktakke vir Slim ID-aansoeke kan nou aanlyn opgesoek word
Suid-Afrikaners kan nou maklik aanlyn uitvind waar hul naaste banktak is wat Slim ID-kaarte uitreik. Die Departement van Binnelandse Sake het 'n nuwe aanlyn diens bekend gestel wat intyds opgedateer word namate meer banke by die program aansluit. Altesaam 372 banktakke bied reeds Slim ID-dienste aan, met meer as 500 000 aansoeke wat sedert Maart verwerk is. Die minister van binnelandse sake, Leon Schreiber, moedig Suid-Afrikaners aan om hul groen strepieskode-ID-boekies met d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Cassim wil studente se betalingsprobleme oplos
Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Yusuf Cassim, sê studente moet die ondersteuning ontvang wat aan hulle belowe is. Hy het die kantore van die Vervoeronderwys- en Opleidingsowerheid in Randburg besoek nadat sy kantoor klagtes oor vertragings met beursbetalings en vakleerlingskaptoelaes ontvang het. Hy meen die besoek was nodig om die uitdagings beter te verstaan en blywende oplossings te vind. Cassim beklemtoon dat die regering moet toesien dat elke student die ondersteun

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Jong wetenskaplikes blink uit by die Eskom-ekspo in Bloemfontein
Altesaam 98 leerders het hul navorsings- en probleemoplossingsvaardighede by vanjaar se Eskom-ekspo vir die Bloemfontein-streek ten toon gestel. Volgens Bloemnuus Express is die streekswetenskapskou die naweek by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie aangebied. Altesaam 15 goue, 25 silwer- en 14 bronsmedaljes is toegeken. Van die leerders wat spesiale toekennings ontvang het, is Rebecca Anne Botha, wat tuisonderrig ontvang en as beste vroulike deelnemer aangewys is, Jemma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


More sê die Mangaung-metro sal met die SOE saamwerk
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sal met die Spesiale Ondersoekeenheid, of SOE, saamwerk nadat nege tenders wat met die Mangaung-metropolisie verband hou, onder die vergrootglas geplaas is. Die stadsbestuurder, Sello More, sê in 'n mediaverklaring die metro erken en respekteer die SOE se grondwetlike mandaat om bewerings van wanadministrasie, korrupsie en ander onwettige optrede te ondersoek. More voeg dit sal onvanpas wees om kommentaar te lewer terwyl die ondersoek aan die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Postbank herinner Sassa-begunstigdes om oor te skakel na nuwe kaart
Postbank doen ’n beroep op sowat 280 000 Sassa-begunstigdes wat steeds die ou Goue Kaart gebruik om voor die 31ste Augustus-sperdatum na die nuwe swart kaart oor te skakel. Meer as 1.5 miljoen begunstigdes het reeds die verandering gemaak. Postbank sê mense moenie tot die laaste dag wag nie, aangesien dit vertragings kan veroorsaak. Begunstigdes wat reeds hul toelaes deur ’n ander bank ontvang, hoef nie oor te skakel nie. Ter illustrasie. FOTO: The South African

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


MIDDAG SPORT: BokSmart 9 versterk spelersveiligheid, Tunnicliffe inspireer ‘n oorwinning en Eala en Fritz vier mylpaaltitels
Ons begin met rugby-nuus: SA Rugby het die nuutste weergawe van sy gratis aanlyn program vir spelersveiligheid, BokSmart 9, amptelik bekendgestel, wat bygewerkte riglyne vir afrigters, skeidsregters, mediese personeel, spelers en administrateurs bied. Die kursus dek sleutelonderwerpe soos die hantering van harsingskuddings, ernstige beserings, nekversterking, veiligheid tydens skrums en duikslae, vrouerugby en veiligheidsregulasies in rugby. Volgens SA Rugby versterk BokSmart

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 4


Chinese werkgewers moet Suid-Afrikaners eerste aanstel
Die Departement van Indiensneming en Arbeid doen 'n beroep op Chinese sake-eienaars om Suid-Afrikaners eerste in diens te neem. Adjunkminister Jomo Sibiya sê hoewel die regering Chinese beleggings in Suid-Afrika verwelkom, sal werkgewers nie toegelaat word om die land se arbeidswette te oortree nie. Volgens die departement is die Chinese sakegemeenskap geïdentifiseer as 'n sektor waar meer nakoming nodig is weens die groot aantal arbeidsklagtes wat landwyd ontvang is. Volgens

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Miljoene nuwe kiesers word by die kieserslys gevoeg
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê meer as twee miljoen nuwe kiesers is sedert 2024 by die kieserslys gevoeg. Die OVK sê dat hulle hul registrasieteiken van 29 000 stemgeregtigde kiesers oortref het. Die kommissie het hul laaste kiesersregistrasie-naweek voor vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing gehou. Stemgeregtigdes kan steeds tot Vrydag aanlyn op die OVK-portaal registreer. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Europa vra vir sterker grensveiligheid
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, vra vir sterker grensveiligheid nadat tienduisende migrante verlede week vanuit Marokko die Spaanse enklawe Ceuta binnegegaan het. Spanje sê sowat 69 500 migrante het sedertdien na Marokko teruggekeer, terwyl 72 mense aan die Spaanse kant en 11 in Marokko oorlede is. EU-binnelandse ministers sal vandag noodgesprekke per videokonferensie voer. Von der Leyen sê sterker buitegrense, vroeë waarskuwingstelsels en optr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


Strenger strawwe wag vir strooipos-oproepe
Direkte bemarkers kan administratiewe boetes van tot R1 miljoen of 10% van hul jaarlikse omset opgelê word indien hulle Suid-Afrika se nuwe teen-strooiposreëls oortree. Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het wysigings aan die regulasies van die Wet op Verbruikersbeskerming gepubliseer. Volgens die regsfirma Wright Rose-Innes plaas die wysigings beduidende nakomingsverpligtinge op ondernemings. Die firma waarsku dat versuim om aan die nuwe reëls te v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4


‘n VS polisielid dreig glo om ‘n kollega te skiet
Die familie van ’n administratiewe klerk by die polisiekantoor in Philippolis in die Vrystaat vrees vir haar lewe nadat ’n adjudantoffisier glo vroeër gedreig het dat hy haar en ander beamptes gaan doodskiet. Netwerk24 berig die man het glo verlede week aan die klerk gesê hy moet in ’n psigiatriese hospitaal in Bloemfontein opgeneem word, anders gaan hy mense skiet. Hy is glo na ’n psigiatriese hospitaal verwys omdat hy probleme met die stasiebevelvoerder het. Hy het ook glo

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Oproepe neem toe dat Idac moet ontbind
Oproepe neem toe dat die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac) ontbind moet word, ondanks van ’n beplande leierskapshersiening. eNCA berig kritici voer aan dat die vervanging van die eenheid se leierskap nie die strukturele swakhede sal oplos wat die doeltreffendheid daarvan beïnvloed het nie. Volgens Good Governance Africa (GGA) is Idac sedert sy stigting fundamenteel beperk. GGA se uitvoerende direkteur, Karam Singh, sê die land moet ’n volledig onafhanklike agentskap

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Aanlyn soektogte oor skoolboelies bereik ‘n hoogtepunt
Aanlyn soektogte oor skoolboelies in Suid-Afrika het met 202 % na 1 000 soektogte toegeneem in die week ná skole verlede maand vir die derde kwartaal heropen het. Die nuwe ontleding deur Teneo Online School sê dit is die hoogste nog. Die skool doen ’n beroep op ouers en skole om veilige ruimtes te skep waar leerders eerlik kan wees, en sê boeliegedrag floreer wanneer kinders stilbly. Die instelling sê skole en aanlyn klaskamers moet verseker dat leerders betroubare maniere he

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


‘n Geliefde Grey-onderwyseres kry nuwe longe
Die Bloemfonteinse onderwyseres wat die afgelope jare aan ‘n suurstofmasjien gekoppel was, het nuwe longe gekry. Karen du Plessis het Donderdagaand die oproep gekry waarop sy al van Januarie af wag, en sy moes die volgende dag voor 12:00 in Kaapstad wees vir die operasie. BloemnuusExpress berig Du Plessis was Vrydagoggend reeds op die vliegtuig toe die boodskap deurkom dat die weefsel van die skenker ooreenstem met hare. Net voor die operasie het sy gesê sy bid vir die famili

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Die UV lewer twee Fulbright-navorsers op
Twee navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het 'n mylpaal-prestasie bereik deur in dieselfde toekenningsiklus vir die Fulbright Suid-Afrikaanse Navorsersprogram gekies te word. Volgens die UV se webtuiste is dit die eerste keer dat die universiteit twee Fulbright-toekennings in dieselfde jaar ontvang. Die Fulbright-program, wat deur die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake bestuur word, is een van die wêreld se mees gesogte akademiese uitruilprogramme e

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Afsonderlike gevalle van wangedrag by skolerugby word ondersoek
Ondersoek gaan ingestel word na die twee afsonderlike gevalle wangedrag op skolerugbyvelde die afgelope naweek in hul onderskeie provinsies. Volgens News24 was eerstespanspelers van die Hoërskool Dr EG Jansen van Boksburg in 'n bakleiery met toeskouers betrokke nadat dié hulle glo getart het tydens hul Noordvaalbekerwedstryd teen die Hoërskool Menlopark van Pretoria. Tydens 'n skolederby in Kaapstad tussen die Hoërskool Fairmont van Durbanville en die Hoërskool The Settlers v

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Misa: 'Die petrolprysverlaging moet werklike verligting bring'
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) vra dat die regering moet verseker dat die verlaging in die petrolprys werklike verligting in voedsel- en vervoerkoste meebring. Die Departement van Minerale en Petroleumbronne het ’n daling van 52 sent per liter in petrolpryse aangekondig. Daar sal egter ’n styging van R1,38 per liter in dieselpryse wees. Paraffien sal ook met R1,52 per liter styg. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle is diep bekommerd oor

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


March and March wil 'n 'AfriForum vir swart Suid-Afrikaners' wees
Die omstrede teen-onwettige immigrasiebeweging March and March sê hy het geen voorneme om 'n politieke party te word nie, maar wil eerder ontwikkel tot wat hy as 'n "AfriForum vir swart Suid-Afrikaners" beskryf. Eyewitness News berig die organisasie het Maandag aangekondig dat hy 'n forum vir maatskaplike geregtigheidsgedinge en 'n humanitêre stigting tot stand gebring het. March and March het die afgelope maande gewildheid verwerf met goed bygewoonde betogings teen onwettige

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


OGGEND SPORT: Die Springbok-vroueakademie maak gereed vir hul Brasilië-toer, die Wes-Indiese Eilande begin stewig en Zverev praat uit teen strawwe
Ons skop af met rugby: Nege ervare Springbok-vrouespelers is deel van ‘n groep van 30 spelers wat in Somerset-Wes bymekaargekom het vir die eerste van twee oefenkampe, wat as voorbereiding dien vir die SA Vroue-‘A’-span se toer na Brasilië later hierdie maand. Die groep maak deel uit van die Springbok-vroueakademie, waar spelers buite die huidige toetsgroep aan hul ontwikkeling werk, met Luchell Hanekom en Mary Zulu wat na die groep terugkeer, terwyl verskeie Junior Springbok

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 4


Die VS regering sê gemeenskapslede moenie slaggate herstel nie
Gemeenskapslede en plaaslike organisasies wat probeer om slaggate te herstel of gevaarlike gedeeltes veiliger te maak, word na bewering deur die Vrystaatse Departement van Paaie opdrag gegee om op te hou, ondanks die feit dat permanente herstelwerk nog nie gedoen is nie. Dit kom te midde van oproepe vir dringende instandhouding van die verslegtende R59-pad, veral op gedeeltes tussen Bothaville en Vredefort. Nova News berig die departement is versoek om die oordrag van die pad

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


McKenzie sê sportfederasies moet self geld insamel
Sportfederasies moet ophou om na die regering te hardloop vir finansiering, terwyl hulle nie self pogings aanwend om geld in te samel nie. Dit is volgens die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie. Hy sê sogenaamde lui federasiebase en opportunistiese politici misbruik elke geleentheid om die ministerie daarvan te beskuldig dat hy weier om hulle te finansier. Netwerk24 berig McKenzie het Maandag gesê sy departement verskaf finansiële ondersteuning aan meer as 60

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


‘n Man vermoor sy ma oor hy glo sy het hom getoor
'n Man het sy ma vermoor nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy hom getoor het. Songezo Michael Moholei het in sy pleitverduideliking in die streekhof in Sterkspruit in die Oos-Kaap erken dat hy ná sy laat tuiskoms met sy ma, Maphumulo Moholei, baklei het. Tydens die rusie het hy sy ma daarvan beskuldig dat sy hom met toordery geteiken het. Hy het haar toe met ‘n houtstok ten aanskoue van die bure aangerand, en sy het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. Nova

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Saftu verwerp Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling
Die vakbond Saftu verwerp president Cyril Ramaphosa se verdediging van Eskom se ontbondeling. Saftu voer aan dat die bekendstelling van mededinging in elektrisiteitsopwekking nie pryse sal verlaag nie. Die federasie sê stygende elektrisiteitstariewe en langtermynooreenkomste met onafhanklike kragprodusente toon dat verbruikers steeds die koste dra terwyl private beleggers voordeel trek. Dit betwis ook die president se vergelyking met die telekommunikasiesektor en sê laer prys

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 4


Suid-Korea kook onder ‘n rekordhitte
Suid-Korea beleef sy hoogste temperature in meer as 'n eeu. Die kwik het in die suidoostelike stad Yangsan tot 42,5˚C gestyg. eNCA berig inwoners in meer as 20 gebiede is opdrag gegee om binnenshuis te bly. Wetenskaplikes waarsku dat klimaatsverandering en die El Niño-verskynsel hierdie uiterste hittegolf dryf. Intussen gaan die suide van Europa ook onder temperature van meer as 40˚C gebuk, terwyl owerhede gelyktydig teen ernstige veldbrande veg. FOTO: eNCA

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 3
bottom of page

