top of page


Alle Plasings


Die OVK sê voorbereidings vir 4 November bly 'n prioriteit
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) sê voorbereidings vir Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November bly 'n prioriteit, in die lig van die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die ANC se kandidatelyste. Die OVK sê hy sal besonderhede oor die implementering van die uitspraak verskaf sodra die nodige assesserings afgehandel is. Die kommissaris, Mosotho Moepya, sê hulle sal voortgaan om hul grondwetlike mandaat onafhanklik, onpartydig en i

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


MIDDAG SPORT: Conrad sê die Proteas moet leer uit hul nederlaag, SA spanne begin hul Europese veldtogte en, PSG verras vir City
Ons slaan af met krieket: Die Proteas-afrigter, Shukri Conrad, het erken dat ’n onderbreking van agt maande van rooibal-krieket moontlik bygedra het tot Suid-Afrika se nederlaag in die eerste toets teen Australië, maar hy beklemtoon dat daar geen verskonings kan wees nie. Conrad het ook verwys na onlangse beserings, veral die afwesigheid van die ervare snelbouler Kagiso Rabada.Aiden Markram se vasberadenheid in die tweede beurt was ’n positiewe aspek, alhoewel Conrad verwag d

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 15


Infrastruktuurknelpunte bedreig SA se ekonomiese groei
PwC se hoofekonoom, Lullu Krugel, sê swakpunte in elektrisiteitsverspreiding asook vragvervoer per spoor en hawens verhoed dat Suid-Afrika ten volle voordeel trek uit verbeterings in kragopwekking. In die maatskappy se ekonomiese vooruitsigte vir die derde kwartaal sê Krugel dat vertragings in die bou van elektrisiteitsverspreidingslyne en voortdurende vervoerbeperkings dit moeilik maak vir besighede om goedere na die mark te skuif. Sy sê hawe- en spoorinfrastruktuur bly onde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Mbalula stort ineen
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het Donderdag kort nadat hy die media by die Konstitusionele Hof in Johannesburg toegespreek het, ineengestort. Hy het emosioneel geraak nadat die hof in die ANC se guns beslis het in sy geskil met die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oor 181 kandidate wat uitgesluit is om aan verkiesings in ses munisipaliteite deel te neem. Mbalula het beklemtoon dat die moontlikheid dat gemeenskappe wat deur die ANC regeer word, sou moe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Swarts moedig mense aan om elektroniese afval te herwin
Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, doen 'n beroep op huishoudings, besighede en instellings om ongewenste elektroniese toerusting na erkende versamelings- en herwinningsfasiliteite te neem in plaas daarvan om dit weg te gooi. Ter viering van Internasionale E-Afvaldag sê Swarts dat Suid-Afrika jaarliks meer as 360 00 ton elektroniese afval genereer, maar slegs ongeveer 10% word behoorlik herwin. Items soos laaikabels, oorfone, adapters e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Die Departement van Vroue is onder die loep weens onakkurate syfers
Die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede is onder die loep geneem weens sy laat jaarverslag, 'n agteruitgang in oudituitkomste en die versuim om prestasieteikens te behaal. Minister Sindisiwe Chikunga het om verskoning gevra vir die laat indiening en sê dat maatreëls ingestel is om voldoening te verbeter. Sy sê die departement het 43 van sy 56 teikens behaal en 99.4% van sy begroting bestee. Die Portefeuljekomitee oor Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Brandstofpryse kan in November wéér styg
Motoriste kan in November weer ’n brandstofprysverhoging verwag, met voorlopige ramings wat op ’n styging van meer as R2 per liter vir petrol dui. Maroela Media berig berekeninge van die Sentrale Energiefonds dui ook op duurder diesel, hoewel die finale prysaanpassings nog nie bevestig is nie. Die vooruitsig volg op ’n skerp styging in brandstofpryse vroeër vandeesmaand. Internasionale oliepryse, spanning weens die konflik tussen die VSA en Iran, asook die rand-dollar-wisselk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


A-pokke-gevalle in die Vrystaat word gemonitor
Een geval van a-pokke is in Sasolburg bevestig, terwyl nog twee moontlike gevalle ondersoek word. Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid is die bevestigde pasiënt klinies stabiel en tuis in afsondering. Noue kontakte word opgespoor en toetsing is aan die gang. Die departement sê die risiko vir die algemene publiek is tans laag, met geen bewyse van wydverspreide oordrag in die gemeenskap nie. Gesondheidsowerhede het onder meer kontakopsporing en verhoogde toesig ing

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Ses verdagtes verskyn in die hof oor vermoedelik gesteelde koperkabel
Ses mans bly in aanhouding nadat hulle in die Odendaalsrus-landdroshof in die Vrystaat verskyn het in verband met vermoedelik gesteelde koperkabel. Die Allanridge-polisie het die mans Maandag op die R30-pad in hegtenis geneem ná ’n gesamentlike operasie met vennote uit die private landbousektor. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die kabel in Noordwes gesteel is, waar ’n afsonderlike saak van diefstal van noodsaaklike infrastruktuur aanhangig gemaak is. Die ses verdagtes sa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Sewentien verdagtes is nou in hegtenis ná ‘n moord in Fouriesburg
Die Vrystaatse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die vermeende moord deur ’n skare op ’n skaapwagter by die Mashaeng-gemeenskapweiding naby Fouriesburg. Die slagoffer is na bewering in September doodgeslaan nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n lam gesteel het. Die jongste inhegtenisnemings bring die totale aantal verdagtes op 17 te staan. Die vyf nuwe verdagtes sal na verwagting op 20 Oktober in die Fouriesburg-landdroshof verskyn vir ’n borgt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Die staat sal borgtog teenstaan vir ’n tiener ná ’n mesaanval op ’n sesjarige
Die saak teen ’n 16-jarige wat van poging tot moord aangekla word ná ’n mesaanval op ’n sesjarige meisie in Umhlali, is tot môre vir ’n borgaansoek uitgestel. Maroela Media berig die tiener het in die KwaDukuza-landdroshof verskyn en word ook van huisbraak en betreding aangekla. Die staat sal borgtog teenstaan, en hy sal intussen in ’n jeugsentrum aangehou word. Die verdagte het na bewering die dogtertjie se klaskamer binnegegaan, die deur gesluit en haar aangeval voordat hy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


ANC-kandidate kan nou aan die verkiesing deelneem
Die Konstitusionele Hof het beslis dat 181 ANC-kandidate wat vroeër uitgesluit is, aan die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November mag deelneem. Volgens IOL het die Konstitusionele Hof die ANC se appèl gehandhaaf teen ’n vorige uitspraak van die Verkiesingshof in Bloemfontein, wat die Verkiesingskommissie se besluit om die kandidate uit te sluit, bekragtig het. Die geskil het ontstaan nadat die ANC die kandidate se besonderhede en dokumente op die Verkiesingskommissie se

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15


Washington oorweeg die Moeder van Alle Bomme teen Iran
Washington oorweeg dit om sy grootste nie-kernbom teen Iran te gebruik indien president Donald Trump besluit om volskaalse gevegsoperasies in die vasgevalle oorlog te hervat. Nova News berig militêre beplanners oorweeg die bom wat algemeen as die Moeder van Alle Bomme bekendstaan om Iran se energie-infrastruktuur en kernterreine aan te val. Dié inligting is glo afkomstig van amptenare wat vertroud is met die planne. Hulle twyfel egter of die bom doeltreffend sal wees, veral t

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


Die VF Plus en DA beplan stappe rakende Agoa
Die VF Plus het formeel ’n geskil binne die regering van nasionale eenheid verklaar oor die land se voortgesette deelname aan die Amerikaanse Wet of Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa), terwyl die DA beplan om die kwessie in die kabinet te opper. Dit volg op ’n versoek van die vakbond Solidariteit dat die partye optree, te midde van die moontlikheid dat die Verenigde State ’n einde kan maak aan Suid-Afrika se handelsvoordele. Solidariteit sê meer as 500 000 Suid-Afrikaanse

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


‘n Aktivistegroep versoek Nersa om kragprysverhogings te keer
Die omgewingsregte-aktivistegroep The Green Connection het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) versoek om Eskom se aansoek om elektrisiteitspryse te verhoog te verwerp. Eskom het ’n elektrisiteitsprysverhoging van 8,83 % voorgestel. Nersa het openbare verhore oor die voorstel afgehandel. Lisa Makaula van The Green Connection sê elektrisiteit is reeds onbekostigbaar. LUISTER HIER: The Green Connection. FOTO: EWN

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


Die Oos-Kaap stel die MIV-voorkomingsmiddel Lenacapavir bekend
Die Oos-Kaap stel Donderdag die nuwe langwerkende MIV-voorkomingsmiddel, Lenacapavir, bekend. Die LUR vir Gesondheid, Ntandokazi Capa, en die Oos-Kaapse Vigsraad lei die provinsiale bekendstelling in Nelson Mandelabaai. Lenacapavir word elke ses maande as ’n inspuiting toegedien en bied ’n alternatief vir die daaglikse inname van pille per mond voor blootstelling. Meer as 1 400 mense in die provinsie het teen die einde van Junie reeds met Lenacapavir begin. Die Oos-Kaap is ee

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


Die OVK sê sy uitslaestelsel is betroubaar en veilig
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het politieke partye verseker dat sy uitslaestelsel betroubaar en veilig is. Die stelsel is onder die loep geneem nadat dit tydens die 2024 nasionale en provinsiale verkiesings ’n tegniese probleem ondervind het. Die Verkiesingshof het bewerings dat stemme tydens dié tegniese probleem gemanipuleer is, van die hand gewys. Die OVK sê vyf politieke partye het die geleentheid gehad om die stelsel te oudit. Ter illustrasie. FOTO: SA News

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


Uitspraak word verwag in die ANC se aansoek vir sy kandidaatname om op stembriewe te verskyn
Die Konstitusionele hof sal Donderdagoggend uitspraak lewer in die ANC se aansoek dat 181 van sy kandidate se name wel op die kieserslys vir die komende plaaslike regeringsverkiesing kan verskyn. SABC-nuus berig die ANC het die Konstitusionele hof Maandag genader om die besluit van die Verkiesingskommissie uit te daag om die ANC se kandidaatslyste van ses munisipaliteite te verwerp. Die geskil handel daaroor dat die ANC nie die sleutel vir die finale indiening op die OVK se a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


DRK-inwoners weier mediese behandeling uit vrees vir Ebola
Mense in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) weier om mediese sorg te ontvang uit vrees dat hulle met die Ebola-virus besmet sal word. Gesondheidswerkers sê dit het gelei tot ’n toename in sterftes van moeders in die land. Ouers neem ook nie meer hul kinders vir inentings nie. Die Verenigde Nasies sê moedersterftes in sommige dele van die land het vanjaar met byna 70 % toegeneem. 'n Ebola-pasiënt in die DRK. FOTO: AP News

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


‘n Liefdadigheidsorganisasie samel glo geld in om Dezzi Liebenberg te help oorleef
'n Liefdadigheidsorganisasie genaamd Prison to Praise sal na bewering geld aan die vrou van die omstrede sakeman Louis Liebenberg, Dezzi, betaal om te oorleef indien sy borgtog toegestaan sou word. Die staat egter Woensdag Dezzi se derde poging in die Bronkhorstspruit-landdroshof teengestaan. Sy het vroeër aangedui sy sal met R10 000 per maand, wat deur dié niewinsgewende organisasie aan haar geskenk sal word, kan oorleef. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Maroela

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights is steeds sonder ‘n oorwinning, McKenzie bly optimisties dat SA F1 sal aanbied en, Sabalenka en Pegula ly skokke in Wuhan
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights sal steeds moet wag vir hul eerste oorwinning in die YesPlay Pro20-beker nadat hulle gisteraand op Mangaung Oval met 18 lopies teen die World Sports Betting Eastern Storm verloor het. Die besoekers het eerste gekolf en 186 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Jurie Snyman was die groot uitblinker met 95 lopies van net 45 balle, insluitend agt sesse. Die Flexbrands Knights se antwoord het op 168 vir agt geëindig. Jona

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 15


‘n Nasionale stilstand teen hoë petrolpryse word voorgestel
'n Groep genaamd Concerned Citizens of South Africa doen ’n beroep op ’n nasionale stilstand regoor Suid-Afrika om die regering te dwing om die algemene brandstofheffing te verlaag en petrolpryse te laat daal. Suid-Afrika se brandstofpryse het die afgelope maande skerp gestyg, met petrol wat in Oktober R30,25 per liter bereik het. Die hoë pryse plaas huishoudings onder druk en het gelei tot oproepe dat die regering ingryp deur sekere heffings tydelik op te skort. Business Tec

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


Parlementslede vra vir vervolging nadat ‘n minister haar huishulp met staatsgeld betaal
Parlementslede wil hê die voormalige minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, moet moontlik strafregtelik aangekla word weens die beweerde uitbuiting van ’n staatsbefondsde huishulp. Die Portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling het gehoor dat die huishulp onreëlmatig aangestel is en by Tolashe se private woning in die Oos-Kaap gewerk het. ’n Ondersoek deur die Staatsdienskommissie het bevind dat die werker na bewering opdrag gekry het om gedeeltes van h

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15


‘n Voormalige Hertzogville-polisielid moet hof toe vir brandstofbedrog
’n Voormalige polisiesersant verbonde aan die Hertzogville-speurtak in die Vrystaat sal na verwagting in die hof verskyn op ’n aanklag van bedrog wat verband hou met die beweerde misbruik van ’n brandstofkaart van die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Die polisie beweer TP Shomolekae het gereël dat 'n petroljoggie die staatsbrandstofkaart gebruik om te betaal vir diesel wat vir 'n privaat voertuig bedoel was, wat hulle toegelaat het om R700 kontant te deel. Die beweerde voorval h

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15
bottom of page


