top of page


Alle Plasings


Die hart en siel van Greenside Kwekery is oorlede
Jan van Blerk, wat deur baie Bloemfonteiners as die hart en siel van Greenside Kwekery geken is, is oorlede. Volgens inligting wat deur die kwekery gedeel is, is Van Blerk rustig oorlede, omring deur sy geliefdes. Hy was vir baie jare die gesig van die kwekery en het bekendheid verwerf vir sy liefde vir plante, sy kennis en sy vriendelike diens. Die kwekery sê hy het nie net tuine mooier gemaak nie, maar ook verhoudings gebou en mense se lewens met sy omgee-hart en humorsin a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Gevangenispersoneel moet hul selfone by ontvangs inhandig
Gevangenispersoneel sal voortaan hul selfone by ontvangs moet inhandig voordat hulle 'n korrektiewe fasiliteit mag binnegaan. Volgens MyBroadband is die maatreël daarop gemik om die smokkel van selfone aan gevangenes hok te slaan. Korrektiewe Dienste se minister, Pieter Groenewald, sê onwettige selfone stel misdadigers steeds in staat om bedrog en ander misdade van agter tralies af te pleeg. Die departement verhoog ook die aantal klopjagte in selle om onwettige items op te sp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Adams is tydelik geskors nadat hy persoonlike inligting deel
Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het sy parlementêre skorsing van 20 dae begin uitdien. Volgens 'n verklaring van die parlement is Adams geskors nadat hy die persoonlike inligting van personeel van die DA op sosiale media gepubliseer het. Die skorsing, wat Maandag in werking getree het, sluit ook die verlies van sy salaris vir dieselfde tydperk in. Die parlement sê Adams se afwesigheid van Woensdag se vergadering van die afsettingskomitee hou nie ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


‘n Russiese aanval laat talle in Oekraïne dood
Minstens 17 mense is dood nadat Rusland Woensdag ’n missiel- en hommeltuigaanval op Oekraïne se hoofstad, Kijif, en die omliggende streek geloods het. Die aanval het ook residensiële geboue, ’n treinstasie en pakhuise beskadig. Volgens die Oekraïense president Volodimir Zelenski is meer as 40 ander beseer. Die BBC berig dat Rusland se Ministerie van Verdediging gesê het dat dit logistieke spilpunte en voorsieningsentrums aangeval het. Dit beweer dat die sentrums gebruik is om

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


SA verwelkom ‘n konferensie oor migrasie
Die minister in die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die Afrika-Unie (AU) se besluit verwelkom om ’n konferensie oor migrasie te hê. Die konferensie sal die hele Afrika dek. Die AU se Uitvoerende Raad het besluit om migrasie nie tydens sy komende AU-middeltermyn-hersieningsvergadering te bespreek nie. Suid-Afrika word deur sommige Afrikastate gekritiseer oor bewerings van xenofobiese geweld. Lamola sê ’n konferensie oor migrasie mo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Die Vervoerdepartement verseker ’n tweede agtereenvolgende skoon oudit
Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het die Departement van Vervoer se tweede agtereenvolgende skoon oudit vir die 2025/26-boekjaar verwelkom. Die departement sê die oudit weerspieël gesonde finansiële bestuur, effektiewe interne beheermaatreëls en betroubare prestasieverslagdoening. Dit volg op die departement se eerste skoon oudit in 31 jaar, wat in die vorige boekjaar behaal is, met die ministers wat die prestasie toeskryf aan sterk bestuur, verantwoordbaarheid en ef

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Letsoha-Mathae vra Vrystaters om nie vir politieke kansvatters te val nie
Die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, doen 'n beroep op inwoners van Makeleketla om nie deur politieke kansvatters mislei te word nie. Volgens 'n mediaverklaring sê sy 'n klein groepie oproeriges het 'n gemeenskapsvergadering oor watertekorte ontwrig en polisielede aangeval wat orde probeer handhaaf het. Die premier meen dié optrede het inwoners verhinder om antwoorde oor die gebied se wateruitdagings te ontvang. Sy sê die regering werk steeds aan langtermynoplossin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Groter eise kan nou deur die Kleineisehof aangehoor word
Die Kleineisehof kan nou siviele eise van tot R30 000 aanhoor, in plaas van die vorige limiet van R20 000. Volgens die Departement van Justisie het die verandering die begin van die maand in werking getree. Mense het nie 'n prokureur nodig om hulle in die Kleineisehof te verteenwoordig nie, en sake word gewoonlik vinniger en teen laer koste afgehandel. Die departement meen die verhoging sal meer mense help om geskille op 'n bekostigbare manier op te los. Die Kleineisehof hant

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Die regering word gevra om vroue se uitdagings aan te spreek
Die Staatsamptenarevereniging (PSA) versoek die regering om vanjaar se Vrouemaand te gebruik om die uitdagings wat vroue in die land in die gesig staar, die hoof te bied. Die vakbond sê die eerbiediging van die geskiedenis van vroue se stryd vereis meer as ’n jaarlikse herdenking van Vrouedag. Dit meen die regering moet rekenskap gee van die vordering wat gemaak is met ware geslagsgelykheid. Die vakbond se Claude Naiker voeg by die regering moet ook die Nasionale Strategiese

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5


Polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg beseer
Twee polisielede en ’n supermarkwerknemer is tydens ’n skietgeveg met vermeende sake-rowers by ’n kettingsupermark in Ficksburg in die Vrystaat beseer. Een vermeende rower is noodlottig gewond. Polisiewoordvoerder adjudantoffisier Mmako Mophiring sê met die polisie se aankoms ná 'n noodoproep oor 'n sakeroof het lede van die publiek in paniek uit die winkel gevlug. Die verdagtes het glo op die polisie losgebrand, en die beamptes het teruggeskiet. Ná die skietery is ’n onbeken

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Macpherson is gelooi oor sy stilswye in die Onteieningswet-saak
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, is gelooi omdat hy geen amptelike standpunt oor die Onteieningswet in die huidige hofsaak ingeneem het nie. Netwerk24 berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag Macpherson se regsverteenwoordiger ernstig aangespreek. Die Vaderland-stigting, die DA, AfriForum en die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het die aansoek teen hom, die president en ander nasionale departemente ingedien. Hulle voer aan die nuwe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘n VS man bedrieg sy meisie uit duisende rand
'n Man en sy vriend het na bewering sy meisie uit R290 000 bedrieg. Volgens polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die man sy meisie van Welkom in die Vrystaat in Junie vanjaar oorreed om ’n finansiële belegging te maak. 'n Man bekend as mnr. Mark het die paartjie toe versoek om R1 miljoen te belê, met ’n verwagte opbrengs van R1,2 miljoen. Die slagoffer het altesaam R290 000 in 'n Visitor Point-beleggingsrekening inbetaal, met haar kêrel wat beloof om die oorblywen

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Die Ramaphosa-afsettingskomitee wil ’n hooggeregshof-uitspraak appelleer
Die parlement se afsettingskomitee wat die ondersoek na wangedragbewerings teen President Cyril Ramaphosa hanteer, het aansoek gedoen om verlof om ’n Wes-Kaapse Hooggeregshof-uitspraak te appelleer. Die uitspraak het die ondersoek tydelik gestuit. Die komitee het by ’n appèl van die ATM aangesluit wat reeds direk by die Konstitusionele Hof ingedien is. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die interdik het verreikende gevolge vir die skeiding van magte en openbare aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


'Ramaphosa kan gevra word om voor die Parlement te verskyn'
Regsadvies aan die Parlement dui daarop dat President Cyril Ramaphosa net soos enige ander getuie ontbied kan word om voor die Parlement te verskyn. SABC-nuus berig die Afsettingskomitee is besig met die finalisering van sy administratiewe werk. Dit volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat geen getuienis aangehoor kan word voordat die president se aansoek vir die hersiening van die Artikel 89 onafhanklike paneelverslag, afgehandel is nie. Die komitee het verled

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘McKenzie het nie antwoorde gegee oor sy Fifa-reis nie’
Die DA beskuldig die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, daarvan dat hy nie aan die parlement rekenskap gegee het oor sy Fifa-Wêreldbeker-reis nie. McKenzie en sy departement het sowat R31 miljoen bestee aan die reis na die onlangse sokkertoernooi, wat deur die Verenigde State, Mexiko en Kanada aangebied is. Die DA beweer dat McKenzie Dinsdag ’n parlementêre komiteevergadering verlaat het toe besprekings oor die Wêreldbeker-besteding begin het en nie terugge

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Teenstrydigheid heers rondom die DKD se oorname van die Mangaung-gevangenis
Daar is teenstrydighede rondom inligting van die departement van Korrektiewe Dienste (DKD) se oorname van die Mangaung-gevangenis van G4S. Netwerk24 berig die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste, Kgomotso Anthea Ramolobeng, sê hulle is bewus daarvan dat ontevrede G4S-werkers sê hulle leef in onsekerheid en ervaar verskeie uitdagings nadat hulle glo sonder werk gelaat is. Die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Samuel

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Ramaphosa hou voet by stuk die Nasionale Gesondheidsversekering sal voortgaan
President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortgaan met die Nasionale Gesondheidsversekering, ondanks toenemende teenkanting en voortdurende regsuitdagings. Die president en die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het tydens die opening van die nuwe King Nyabela-hospitaal in Middelburg in Mpumalanga gesê die Nasionale Gesondheidsversekering is daarop gemik om gelyke toegang tot gesondheidsorg te bevorder. Dit moet ook die gaping tussen openbare en private gesondhei

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


‘n Karoo-granaatlikeur wen internasionaal
'n Unieke Suid-Afrikaanse granaatlikeur het internasionale erkenning ontvang toe dit twee gesogte goue sterre by vanjaar se Great Taste Awards in die Verenigde Koninkryk verwerf het. Granaatboer Gerhard Meyer van Karoo Wonderful Pomegranates sê dié toekennings gee erkenning aan sy besigheid se doel om die voorkeurhandelsmerk vir vars granate en granaatprodukte in Suid-Afrika te wees. Maroela Media berig beoordelaars se terugvoer was dat dit 'n merkwaardige prestasie is dat di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


OGGEND SPORT: Die Bokke verwelkom sleutelspelers terug, Pakistan neem beheer en Die Red Bull Agri-Grit-kompetisie gaan plaasvernuf toets
Ons skop af met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het verskeie ervare Wêreldbeker-wenners vir Saterdag se toets teen Argentinië teruggeroep, insluitend Siya Kolisi, Eben Etzebeth en Lood de Jager. Die wedstryd in Buenos Aires sal ook aan spelers soos Sacha Feinberg-Mngomezulu, André Esterhuizen, Canan Moodie en Morné van den Bergh waardevolle speeltyd gee, terwyl ‘n aantal jonger spelers die geleentheid kry om te beïndruk. Erasmus glo die kragmeting is die ideale toe

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 5


‘n VS Man vermoor glo sy pa ná 'n stryery oor ‘n sigaret
'n Man van Vredefort in die Vrystaat het na bewering sy bejaarde pa so erg aangerand dat hy dae later aan sy beserings beswyk het. Die bewering is dat die oorledene en sy seun oor ’n sigaret gestry het. Volgens woordvoerder sersant Josephine Rani het polisielede Sondag op ’n klagte van ’n beweerde aanranding gereageer. Met hul aankoms het beamptes die 61-jarige slagoffer, Ndode Lenong, op ’n bed aangetref met kopbeserings en ’n geswelde gesig. Hy is na bewering deur sy seun m

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Amnestie Internasionaal is bekommerd oor teistering weens immigrasiestatus
Amnestie Internasionaal het kommer uitgespreek oor bewerings van groepe wat mense teister weens vermeende immigrasiestatus. Die menseregte-organisasie sê hierdie groepe teiken onwettig migrante, sake-eienaars en gemeenskappe. Die kommer volg op berigte van groepe wat bewys van identiteit van vermeende immigrante aanvra, intimidasie en gedwonge uitsettings uit huise of besighede. Die organisasie sê hierdie optrede is ‘n skending van menseregte en die oppergesag van die reg. Te

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Solidariteit vra dat werksomstandighede by Unisa ondersoek word
Die vakbond Solidariteit versoek die regering om die werksomstandighede by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te ondersoek en sê dat personeel oormatige werklas, uitbranding en erge stres ervaar. Die vakbond sê ‘n opname onder sy lede het kommer oor personeeltekorte en die verslegtende welstand van werknemers bevestig. Solidariteit se netwerkorganiseerder vir die professionele sektor, Anique Niemand, sê die vakbond beplan om sy bevindinge aan die minister van Hoër Onder

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


SA se koringoes is die kleinste in ‘n eeu
Suid-Afrikaanse boere het die kleinste koringoes in byna ‘n eeu geplant, met die oppervlakte onder verbouing wat met 8 % gedaal het tot 473 900 ha vir die 2026-’27-seisoen. Agbiz sê stygende insetkoste, goedkoop invoere en swak weer het aanplantings verminder, hoewel geen onmiddellike koringtekorte verwag word nie. Suid-Afrika sal na verwagting ongeveer 1,8 miljoen ton koring oes en ‘n verdere 1,9 miljoen ton invoer om aan die plaaslike aanvraag te voldoen. Ter illustrasie. F

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 5


Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy
Motoriste word aangeraai om die N1 by Winburg te vermy weens gemeenskapsbetogings in die gebied. Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli probeer betogers die suidwaartse rybaan met klippe, brandende voorwerpe en versperrings blokkeer. Openbare Orde Polisiëring is op die toneel om die situasie te bestuur en die pad weer oop te stel. Die onrus volg nadat 'n gemeenskapsvergadering onder leiding van die Vrystaatse premier gehou is. Motoriste wat suid na Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 4
bottom of page

