top of page


Alle Plasings


Navorsing dui op 'n verband tussen stygings in voedselpryse en uiterste weerstoestande
Navorsing het bevind dat uiterste weer aanhoudende stygings in voedselpryse veroorsaak. Zero Carbon Analytics het voedselprysstygings tussen 2022 en 2026 in kaart gebring. Hulle het die stygings teruggevoer na uiterste weersomstandighede wat met klimaatsverandering verband hou. Die ontleders skryf die meeste prysstygings vanjaar toe aan hoë temperature, droogte en reënval. Hulle sê die weersomstandighede was meer ekstreem as enige soortgelyke voorval in die historiese klimaat

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Bosa stel sy verkiesingsmanifes in die Mangaung Metro bekend
Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, sal Sondag sy party se verkiesingsmanifes in die Vrystaat by Thaba 'Nchu in die Mangaung-munisipaliteit bekendstel. Mangaung is een van die 24 munisipaliteite wat Bosa in sy eerste plaaslike regeringverkiesing-veldtog betwis. SABC-nuus berig Maimane sal vergesel word deur Bosa se burgemeesterskandidaat in Mangaung, Thabo Diseko, vir 'n reeks ontmoetings met tradisionele en godsdienstige leiers, en 'n openbare vergadering met die inwoners van

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Politieke partye voer landwyd veldtog
Verskeie politieke partye het Saterdag hul manifeste bekendgestel en in dele van die land veldtog gevoer. Ace Magashule se African Congress for Transformation het sy manifes in die Vrystaat bekendgestel. Die party het belowe om oplossings te vind vir uitdagings waarmee gemeenskappe te kampe het. Die EFF het in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap veldtog gevoer. Die MK-party het in KwaZulu-Natal veldtog gevoer, terwyl die ANC op die Wes-Kaap gefokus het. Intussen het Ondersteuners v

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Landbou is op soek na nuwe markte vir uitvoere
Suid-Afrika beywer hom daarvoor om nuwe markte vir sy landbou-uitvoere te vind. Dit is luidens die minister van landbou, Willie Aucamp. SABC-nuus berig Aucamp het by Douglas in die Noord-Kaap met boere gepraat oor die stand van sake met bek-en-klouseer en ander die regering hulle hoop om binnekort met verskeie lande te onderhandel om produkte daarheen uit te voer, insluitend Saoedi-Arabië en China. Hy sê Suid-Afrika ondersoek ook die moontlikheid om vleis van bek- en-klouseer

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Die Kommissaris van die Tennessee-DKD bedank
Die kommissaris van die Tennessee-departement van Korrektiewe Dienste, Frank Strada, het bedank. Die bedanking volg op die mislukte teregstelling van die terdoodveroordeelde, Christa Pike. Pike veg nou in die hospitaal om haar lewe ná die mislukte teregstelling. Amptenare van Tennessee se korrektiewe dienste staan ná die voorval onder verhoogde openbare ondersoek. Christa Pike. FOTO: MPR News

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Sibiya is ongelukkig daaroor dat hy in afsondering aangehou word
Die polisie sê die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, word om veiligheidsredes in afsondering aangehou. Sibiya kla dat hy van die algemene bevolking by die Kgosi Mampuru-gevangenis weggehou word. Sy regsverteenwoordiger sê hy behoort in 'n enkel- of afsonderingssel binne die algemene gevangenisafdeling aangehou te word. Die polisie sê Sibiya word onder behoorlike omstandighede vir enige mens aangehou. Shadrack Sibiya. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Die polisie ondersoek die moord op ‘n tiener-tweeling
Die polisie ondersoek die moord op 'n tweeling van 14 jaar oud in Mamelodi-Wes in Tshwane. Volgens die polisie is die slagoffers met verskeie steekwonde in hul huis gevind. Hulle ma het op die liggame afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Niemand is nog in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 4


Die Spesiale Tribunaal verwerp Pule Mabe se aansoek rakende regstappe teen hom
Die Spesiale Tribunaal het Pule Mabe se aansoek om siviele verhaalsstappe teen hom te staak, van die hand gewys. Die voormalige ANC-woordvoerder staan tereg op bewerings oor 'n onreëlmatige tender vir vullisvoertuie ter waarde van meer as R27-miljoen. Mabe wou die Spesiale Ondersoekeenheid se verhaalsaksie teen hom laat opskort totdat sy verhoor afgehandel is. Die tribunaal het bevind dat sy aansoek ongegrond is. Pule Mabe. FOTO: IOL

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Magashule stel sy party se verkiesingsmanifes in Welkom bekend
Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sal Saterdag in Welkom sy verkiesingsmanifes bekendstel in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing. SABC-nuus berig die ACT sê hy sal munisipaliteite in Gauteng, die Vrystaat, Noordwes en die Oos-Kaap betwis. Die party is in Augustus 2023 gestig. Ace Magashule. FOTO: Netwerk24

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Kaapstad kondig planne vir sy ikoniese onvoltooide hoofweë aan
Die burgemeester van die Stad Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die stad sal die onvoltooide snelweë by die Foreshore in 'n nuwe verbindingsbrug omskep. Volgens die burgemeester sal die nuwe brug die inkomende snelweg met Helen Suzman-boulevard verbind. Daar word verwag dat die projek sal bydra tot die verligting van verkeersopeenhopings wanneer dit voltooi is. Hill-Lewis sê die projek sal ook 'n nuwe woonbuurt op 15 hektaar grond ontsluit. Stad Kaapstad beplan die onvoltooide

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Khan moet sy verklaring oor sy getuienis by die Madlanga-kommissie indien
Die afgedankte adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, moet Saterdag sy verklaring oor sy in-camera getuienis by die Madlanga-kommissie in dien. SABC-nuus berig die Kommissie het Vrydag beslis dat sy getuienis eerskomende Dinsdag in-camera sal geskied. Khan se regspan het om uitstel gevra om tyd te hê om voor te berei, asook uit kommer oor die uitwerking wat dit op Khan se gesondheid het. Khan het onlangs nie vir sy geskeduleerde getuienis opgedaag nie waarna die kom

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Verkope van elektriese voertuie neem toe
Verkope van nuwe elektriese voertuie in Suid-Afrika neem toe. Data van die Motorbedryfsraad toon dat 18 945 elektriese voertuie verlede maand in die land verkoop is, vergeleke met 16 703 wat in die hele 2025 verkoop is. Die toename in verkope val saam met die styging in brandstofpryse. Daar word verwag dat brandstofpryse vandeesmaand weer sal styg. Ter illustrasie. FOTO: Charge

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Aucamp sê samesprekings is aan die gang om befondsing te herstel
Die minister van landbou, Willie Aucamp, het bevestig dat regeringsdepartemente werk om 'n tydelike onderbreking op nuwe aansoeke onder die Gemengde Finansieringskema op te los. Die Departement van Landbou het 'n bykomende R150-miljoen toegeken, bo en behalwe die R325-miljoen wat reeds vir die 2026/27-boekjaar na die Landbank oorgeplaas is. Aucamp sê die skema is nie gestaak nie, en die regering werk dringend daaraan om te verseker dat boere die finansiering ontvang wat vir a

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Malatsi ontken daar is doelbewuste vertraging in befondsing vir die SABC se verkiesingsdekking
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, ontken bewerings dat befondsing vir die SABC se plaaslike owerheidsverkiesingsdekking doelbewus weerhou is. Hy het gepraat tydens 'n inligtingsessie van die parlementêre portefeuljekomitee oor voorbereidings vir die verkiesing op 4 November. Die uitsaaier het kommer uitgespreek oor sy finansiële uitdagings en die onsekerheid rakende bykomende befondsing. Malatsi sê daar is geen besluit om te verhoed dat pol

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


Die G7 sal strategiese oliereserwes vrystel
Frankryk se president Emmanuel Macron sê die Groep van Sewe (G7) sal tot 100-miljoen vate strategiese oliereserwes vrystel namate die oorlog in Iran voortduur. Die oorlog het tot 'n styging in wêreldwye olie- en energiepryse gelei. Die G7 sê die vrystelling van die olie sal oor die volgende vier maande deur die Internasionale Energie-agentskap gekoördineer word. Hierdie vrystelling sal 'n aansienlike hoeveelheid diesel insluit wat vroeg in die proses vrygestel word. Ter illus

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


KRIEKET: Die Flexbrands Knights is swaar geklop nadat ‘n wêreldrekord opgestel is
Die Flexbrands Knights is Vrydagaand met 124 lopies deur die Momentum Multiply Titans in die YesPlay Pro20-beker op die Mangaung Oval in Bloemfontein geklop. Die Titans het eerste gekolf en 267 vir drie in hul 20 beurte aangeteken, met Lhuan-dre Pretorius wat ’n wêreldrekord van 188 onoorwonne lopies van net 79 balle gemoker het. Volgens SuperSport het Pretorius daarmee Chris Gayle se vorige rekord van 175 lopies vir die hoogste individuele telling in T20-krieket verbeter. Hy

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 3


MIDDAG SPORT: Rabada is ‘n sleutelfiguur in die Proteas se snelboul-aanval, die Flexbrands Knights pak die Titans en, die Cheetahs berei voor vir hul slotwedstryd in Georgia
Ons begin met krieket: Die Proteas en Australië begin volgende Vrydag hul toetsreeks in Durban, waar verwag word dat snelboulwerk 'n groot rol sal speel, ten spyte van die fokus op die toestande en die moontlike invloed van draaiboulwerk. Rabada het die onlangse eendagreeks misgeloop nadat hy een van vier boulers was wat deur dyspierbeserings geraak is, maar hy werk hard daaraan om betyds fiks te wees vir die openingstoets op Kingsmead. Kaptein, Temba Bavuma, sê Rabada se tee

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 2


Die GBO stel lyfkameras in om grensveiligheid te versterk
Die Grensbestuursowerheid (GBO) stel meer tegnologie in werking om veiligheid te versterk en korrupsie by Suid-Afrika se toegangspoorte te bekamp. Alle beamptes sal verplig wees om lyfkameras te dra om hul interaksies met reisigers te monitor, terwyl hommeltuie vir bykomende toesig sal sorg. Die owerheid berei ook voor om ’n voertuigopsporingstelsel bekend te stel om onwettige voertuigsmokkelary te voorkom. Intussen het die GBO se woordvoerder aan eNCA gesê dat meer as 50 bea

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Slagoffers van geslagsgebaseerde geweld ken dikwels die oortreder
Die Mangaung Metro Munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, sê mense wat hulle aan geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord skuldig maak, is dikwels mense wat slagoffers ken en vertrou. Hy het tydens ’n geleentheid by die Waaihoek Wesleyan-sendingkerk gesê gemeenskappe moet saamstaan teen geslagsgebaseerde geweld en veral mans moet hul stem laat hoor. Nthatisi het ook ’n persoonlike ervaring gedeel en vertel dat hy in ’n huis grootgeword het waar mishandeli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


ANC-kandidate betwis hul uitsluiting uit die Mangaung-verkiesing
ANC-kandidate vir proporsionele verteenwoordiging in die Mangaung-metro het aansoek gedoen om by ’n saak in die Konstitusionele Hof aan te sluit. Die 49 kandidate se besonderhede en dokumente is volgens die ANC voor die sperdatum op 28 Augustus op die Verkiesingskommissie se stelsel gelaai, maar die finale indiening is nie betyds voltooi nie. Die Verkiesingshof het die ANC se uitdaging van die hand gewys. Die hof het bevind dat die finale indieningsproses deel van die voorges

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Die Departement van Grondhervorming word ondersoek
Die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling word ondersoek nadat dit nie betyds sy jaarlikse finansiële state aan die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika voorgelê het nie. Volgens die portefeuljekomitee se voorsitter wek die versuim ernstige kommer oor bestuur en verantwoordbaarheid. Die departement sê intussen herstruktureringskwessies, insluitend bate-oordragte, het tot die vertraging bygedra. Dit het aan die komitee gesê dat die state Woensdag ingedien is.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Ontleders waarsku oor ’n moontlike toename in politieke geweld
Politieke ontleders waarsku dat die risiko vir politieke geweld in Suid-Afrika steeds kan toeneem. Minstens 42 politici is sedert die begin van vanjaar in Suid-Afrika vermoor. Die slagoffers was wyksraadslede, partye se veldtogwerkers, lede van burgerlike organisasies en tradisionele leiers. Al die provinsies, behalwe die Noord-Kaap en die Vrystaat, het vanjaar minstens een politiekverwante moord beleef. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


’n Vrystaatse polisiesersant moet tronk toe oor omkoopgeld
’n Polisiesersant van Reitz is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy R3 000 se omkoopgeld van ’n verdagte geëis het. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het ’n speurder by die Reitz-polisiekantoor, sersant Lefu Zwane, die geld geëis in ruil daarvoor dat ’n strafsaak teen die man glo nie verhoor toe gaan nie. Die man het die eis by sy werkgewer aangemeld, waarna die Vrystaatse Anti-Korrupsie-eenheid ’n ondersoek van stapel gestuur het. Die geld is tydens ’n lokv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Miljarde is nodig om waterinfrastruktuur op te gradeer
Sowat R400 miljard is volgens die Departement van Water en Sanitasie nodig om verouderde infrastruktuur in 107 munisipaliteite te herstel en op te gradeer. Dié munisipaliteite sukkel met kritieke of herhalende probleme met watervoorsiening. Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het die syfer in ’n skriftelike parlementêre antwoord bekend gemaak. Die departement sê R13.7 miljard is vanjaar vir infrastruktuurtoelaes beskikbaar gestel, waarvan 80% aan munisipaliteite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2
bottom of page


