top of page


Alle Plasings


‘n Bedrogsaak keer nie ‘n SANW-kolonel se kursus in Kuba nie
’n Kolonel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat op bedrog teregstaan, is vir ’n spesialiskursus in rampbestuur in Kuba gestuur. Netwerk24 berig Kol. Josinah Kwene Kgomo, wat in 2024 as bevelvoerder van die bedryfsopleidingskool in Pretoria aangestel is, word van die verduistering van meer as R500 000 aangekla. Volgens die berig het sy intussen glo twee van die skool se voertuie gestamp, ’n skootrekenaar verloor en kontant in haar kluis gehou pleks daarvan om d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31


Die Westdene-kliniek heropen ná noodsaaklike instandhouding
Die Westdene-kliniek in Bloemfontein sal Dinsdag ná ’n tydelike sluiting vir infrastruktuurinstandhouding heropen. Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê die werk was nodig nadat diep krake in die mure, onveilige vallende vullerkaste en onvoldoende werksruimte as risiko’s vir personeel en pasiënte geïdentifiseer is. Pasiënte is sedert April oor die tydelike sluiting ingelig en is na ander gesondheidsfasiliteite verwys, met Gateway-kliniek by die Nasionale Distrikshospit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31


Mashatile herstel goed ná ‘n geringe chirurgiese procedure
Adjunkpresident Paul Mashatile herstel goed nadat hy ’n geringe chirurgiese prosedure ondergaan het. Die antwoord van die Presidensie volg op ’n berig wat deur Sunday World gepubliseer is oor sy gesondheid en sy afwesigheid by sommige openbare geleenthede. Mashatile het by sy huis in Johannesburg siek geword en is vir die prosedure en waarneming in die hospitaal opgeneem. Sy waarnemende woordvoerder, Keith Khoza, sê Mashatile is sedertdien ontslaan en ontvang steeds mediese s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31


’n Vrystaat-boer se moordenaar kry lewenslange tronkstraf
Die moordenaar van die 29-jarige Vrystaatse boer Christian van Tonder is tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Van Tonder se liggaam is in November 2021 in sy bakkie naby Vanderbijlpark gevind nadat hy tydens ’n verkooptransaksie met sy beeste doodgeskiet is. Maroela Media berig Van Tonder het sowat 30 beeste aan Jaco Botha verkoop, wat hom byna 300-duisend rand sou betaal. Die geld is egter nooit betaal nie. Die Pretoriase Hooggeregshof het bevind Botha het Van Tonder met voo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 31


Sekere Bfn banke kan nou groen ID-boekies vervang
Sekere Capitec- en Standard Bank- banktakke in Bloemfontein kan ou groen ID-boekies met nuwe Slim ID-kaarte vervang. Daar is landswyd 431 banktakke waar Suid-Afrikaners ’n nuwe Slim-ID-kaart kan kry om hul groen ID-boek te vervang. Hierdie mylpaal is binne ses maande bereik nadat die eerste banktakke met dié vermoë begin het. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die departement beplan om die diens teen die einde van die huidige boekjaar na minstens 200 verder

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Moord en poging tot moord neem toe in die VS
Voorvalle van poging tot moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer is van die kontakmisdade in die Vrystaat wat toegeneem het. Dit is volgens die jongste misdaadstatistieke wat deur die polisie bekend gemaak is. Netwerk24 berig sake van poging tot moord het met 72,5% toegeneem, terwyl voorvalle van aanranding met die opset om ernstig te beseer het met 3,4% gestyg het. Motorkaping, veediefstal, diefstal uit ’n voertuig en voertuigdiefstal is van die misdade wat af

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Ford Rangers word weens ’n veiligheidsfout herroep
Meer as 2 200 Ford Ranger-dubbelkajuitvoertuie word weens ’n veiligheidsfout herroep. Dié voertuie, wat vir die 2026-2027-produksiejaar vervaardig is en sedert Mei vanjaar landwyd deur Ford-franchisehandelaars verkoop word, is ook na Namibië, Botswana, Lesotho en Eswatini uitgevoer. Maroela Media berig die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sê die verskaffers voer aan dat die kantgordynlugsakke van die betrokke voertuie tydens opblaas met die B-pilaarafwerking in aanraking

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


‘n VS munisipaliteit het nog nie hul ooreenkoms met Eskom aangegaan nie
Sekere munisipaliteite, insluitend die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat, het nog net tot Dinsdag om verspreidingsooreenkomste met Eskom te finaliseer, anders kan hulle moontlik met onderbrekings in hul elektrisiteitstoevoer te doen kry. Volgens Nasionale Tesourie het nie een van die 14 munisipaliteite nog ’n Distribution Agency Agreement (DAA) met Eskom gefinaliseer nie. Dit laat groot onsekerheid oor die toekoms van elektrisiteitstoevoer in hierdie dorpe. Moneyweb

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Duisende moet nog kaarte afhaal ná Sassa se sperdatum
Byna 70 000 Sassa-begunstigdes het nog nie hul Postbank swart kaarte afgehaal nie. Die sperdatum is 31 Augustus vir die migrasie vanaf die goue kaart. Sassa sê begunstigdes wat nog nie hul nuwe kaarte afgehaal het nie, sal dit ná die sperdatum steeds by aangewese afhaalpunte kan doen voordat hulle toegang tot hul toelaes kan kry. EWN berig Sassa se Thami Cele sê die ou goue kaarte is nie meer in werking nie. Cele moedig begunstigdes aan om nie te wag totdat hul toelae vir Sep

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


BLSA sê SA benodig ’n ernstige handelstrategie
Business Leadership South Africa (BLSA) sê Suid-Afrika benodig ’n ernstige handelstrategie. Die organisasie sê die strategie moet gegrond wees op ’n ontleding van waar die land mededingend kan wees, en nie op die beeld wat by beraadvergaderings geskep word nie. BLSA het die bevestiging van Suid-Afrika se strategiese vennootskap met Brasilië verwelkom. Dit sê egter dat die aankondiging van die herbevestiging van hierdie vennootskap polities en nie ekonomies was nie. FOTO: BLSA

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Die OVK het die kieserslys gesertifiseer
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die sertifisering van die kieserslys voor die plaaslike regeringsverkiesing gefinaliseer. Die gesertifiseerde lys het 29 246 666 geregistreerde kiesers. Besware teen die kieserslys het op 18 Augustus gesluit, met sertifisering wat verlede Woensdag voltooi is. Die opdatering is aan die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings voorgelê. Die OVK sê die twee registrasienaweke het vlot verloop en bygedra tot die t

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


OGGEND SPORT: Die Kovsies skakel oor na ‘n hoër rat en klop vir Wits, die Griekwas en die Cheetahs verseker tuis-halfeindstryde, en Fernandes se driekuns besorg ‘n oorwinning aan United
Ons begin met plaaslike netbal-nuus: Die Kovsies se netbalspan het Wits Sondagmiddag in Bloemfontein tydens die derde rondte van die Varsity beker kompetisie met 50-42 geklop. Die Kovsies het eers laat in die tweede helfte na die hoogste rat oorgeskakel. Die Kovsies speel Maandagaand om 19:00 teen verlede jaar se wenners, die Noord Wes Universiteit, ook in die Callie Human sentrum. In rugby: Die Suzuki Griekwas sal as gasheer vir die Fidelity ADT Lions in Kimberley optree,

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 31


‘n Boer volg ‘n bloedspoor nadat 45 skape gesteel is
Nadat 45 skape op ’n plaas in Steynsrus in die Vrystaat gesteel is, het ’n boer en sy buurman ’n bloedspoor deur die veld gevolg en op minstens 20 dooie lammers afgekom wat keelaf gesny en net daar gelos is. Netwerk24 berig altesaam 16 ooie en 29 lammers is Vrydagnag daar gesteel. Die boer sê hy het die spoor van die gesteelde skape in die rigting van Steynsrus gevolg en elke paar honderd meter op ’n dooie lam afgekom. Die vermoede is dat die diewe die ooie en hul lammers aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Solidariteit wil verseker dat SA deel van Agoa bly
Solidariteit het ’n dringende veldtog van stapel gestuur om te probeer verseker dat Suid-Afrika ook vorentoe as ’n begunstigde land ingevolge die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika, oftewel Agoa, behoue bly. Maroela Media berig die organisasie het die Withuis genader met argumente waarom Suid-Afrika se deelname aan die handelsooreenkoms voortgesit moet word. Solidariteit se Jaco Kleynhans beskryf Agoa as ’n reddingsboei vir Suid-Afrikaanse werkers, ondernemings

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Gana gee binnekort inligting oor die afsettingskomitee se vordering
Die voorsitter van die afsettingskomitee, Makashule Gana, sal na verwagting Dinsdag die media inlig oor die komitee se vordering. Die inligtingsessie kom terwyl die komitee voortgaan met voorbereidings vir sy ondersoek na president Cyril Ramaphosa se beweerde wangedrag wat verband hou met die Phala Phala-saak. Die komitee het sy opdrag voorberei en advokaat Thandazani Madonsela as bewysleier aanbeveel, maar Ramaphosa het die aanstelling teengestaan. Die komitee is ook verbied

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Die Madlanga-Kommissie weet nog niks oor Khan se gesondheid nie
Die Madlanga Kommissie sê hy het nog geen amptelike inligting ontvang oor die gesondheid van die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, nie. Dit volg na berigte dat Khan, wat gedagvaar is om Dinsdag voor die kommissie te verskyn, weer in 'n hospitaal opgeneem is. Khan, wat aanvanklik in Julie moes getuig, is enkele dae voor sy verskyning in die Millpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat hy geskiet is in 'n vermoedelike sluipmoordaanval naby sy huis

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


‘n Valke-bevelvoerder gaan nie in camera by die Madlanga-kommissie getuig nie
Die KwaZulu-Natal Valke-bevelvoerder Deenadayalan Govender sal na verwagting Maandag in ’n openbare sitting van die Madlanga-kommissie van Ondersoek getuig. Dit kom nadat die kommissie Govender se aansoek verwerp het om ’n deel van sy getuienis agter geslote deure te laat aanhoor. Die kommissie het beslis dat die beampte in ’n oop sitting moet getuig. Hy sal egter nie verplig word om die identiteite van getuies bekend te maak wat verbind word met ’n voortgesette ondersoek na

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


‘n Oud-Springbok is in Namibië oorlede
Die voormalige Springbok Joggie Jansen is in die ouderdom van 78 oorlede. Hy is na bewering Sondagoggend in Namibië aan ’n hartaanval oorlede. Hy is as Joachim Scholtz Jansen in Griekwastad gebore en het tussen 1970 en 1972 tien toetse vir Suid-Afrika gespeel. Hy het homself gevestig as ’n gedugte binnesenter gedurende een van die veeleisendste tydperke in internasionale rugby. Nova News berig Jansen het op 25 Julie 1970 sy Springbokdebuut teen die All Blacks op Loftus Versfe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 31


Ramokgopa wil die speelveld tussen Eskom en private kragopwekkers gelyk maak
Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, wil die speelveld tussen Eskom en private kragopwekkers gelyk maak. Volgens ’n berig deur Maroela Media sê Ramokgopa Eskom moet beter toegerus word om in ’n meer mededingende elektrisiteitsmark teen private ondernemings mee te ding. Ramokgopa het glo voorgestel dat Eskom van sekere beperkings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, of PFMA, vrygestel word. Hy wil ook hê private kragprodusente moet aan die

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


SARB het amptelik twee nuwe R2-muntstukke bekendgestel
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het amptelik twee nuwe R2-muntstukke bekendgestel om die nalatenskap van Charlotte Maxeke en die vroue wat die 1956-Vroue-optog gelei en daaraan deelgeneem het, te herdenk en te vier. Die muntstuk met Charlotte Maxeke se profiel vier haar prestasie om 125 jaar gelede die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou te word wat ‘n universiteitsgraad verwerf het. Sprekers by die bekendstelling het die belangrikheid beklemtoon van die erkenning en her

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Klimaatkundiges waarsku dat ’n buitengewoon sterk El Niño vir Suid-Afrika se somerreëngebied kan voorlê
Klimaatkundiges waarsku dat ’n buitengewoon sterk El Niño Suid-Afrika se somerreëngebied met warmer en droër toestande kan tref, met moontlike gevolge vir landbou en voedselpryse. Die Vrystaat, met sy groot graan- en veeproduksie, kan onder meer deur sulke toestande geraak word. Vir produsente in die Bloemfontein-omgewing kan minder reën druk op weiding en waterbronne plaas, terwyl graanboere met laer opbrengste kan sukkel. Boere kan in ’n ernstige droogte gedwing word om duu

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Chikunga ontken 'n taxibaas se bewerings
Die voormalige minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het bewerings wat deur taxibaas Joe Sibanyoni Vrydag voor die Madlanga-kommissie gemaak is, verwerp. Chikunga sê sy het Sibanyoni slegs een keer tydens haar ampstermyn ontmoet, nadat hy ‘n vergadering versoek het oor ‘n operasionele grief rakende sy taxi’s. Sy ontken dat sy geweet het van verdeelde lojaliteite in die Departement van Vervoer. Chikunga sê sy respekteer die kommissie en wil hê dat die waarheid deur ‘n bill

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Werner Human is aangestel as die nuwe AfriForum-hoof
Werner Human begin ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan by AfriForum. Volgens ’n berig deur Maroela Media is Human, wat voorheen as AfriForum se adjunkhoof uitvoerende beampte gedien het, aangestel as die organisasie se nuwe hoof uitvoerende beampte Human neem die pos oor by Kallie Kriel, wat ná twee dekades as AfriForum se uitvoerende hoof uit dié rol tree. Die verandering vorm deel van ’n nuwe seisoen vir die burgerregte-organisasie, wat volgens die berig voortgaan met sy fokus

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Suid-Afrikaanse plase word toenemend as geskikte terreine vir grootskaalse metamfetamien-fabrieke beskou
Suid-Afrikaanse plase word toenemend as geskikte terreine vir grootskaalse metamfetamien-fabrieke beskou, met vermoedelik Mexikaanse dwelmnetwerke wat by van dié bedrywighede betrokke is. Volgens ’n berig deur Netwerk24 is die landelike ligging van sommige plase ideaal vir die vestiging van groot onwettige dwemlaboratoriums, waar metamfetamien vervaardig kan word. Die berig volg nadat verskeie groot dwemlaboratoriums die afgelope maande in Suid-Afrika ontdek is. In Mei is ond

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30
bottom of page


