top of page

Alle Plasings


Twee mans is vas oor ‘n ietermago in hul kattebak
Mans met ʼn ietermago in hul kar se kattebak is naby Bloemfontein in hegtenis geneem. Maroela Media berig polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê twee mans is op die N8 naby ʼn vulstasie van die pad afgetrek en die voertuig is deursoek. In die kattebak is ʼn blou staalgereedskapskis, toegesluit met ʼn hangslot, gevind. Die mans het aangevoer hulle het nie ʼn sleutel vir die slot nie, waarna die bestuurder toestemming gegee het dat die polisie die slot breek. In die kis is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Die Plantverbeteringswet tree binnekort in werking
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die 2018 Plantverbeteringswet op 1 Desember in werking tree. Die wet is reeds in 2019 onderteken, maar nooit ten volle toegepas nie. Dit sal die 1976-wet vervang en bring nuwe nasionale standaarde vir plantvariëteite, besigheidsregistrasie en kwaliteitsbeheer. Die wet sluit ook die 2022-besluit in om hennep as ’n beskermbare variëteit te erken, wat die produksie van lae-THC cannabis versterk. Volgens die regering sal die bywerkin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Die UV behaal platinumstatus
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as een van Suid-Afrika se top-presterende universiteite in kampusgesondheid en -welstand erken. Luidens ‘n aanlyn plasing het die instelling Platinumstatus in die FISU Gesonde Kampusprogram verwerf en 'n uitstaande 95% in die jongste sertifiseringsproses behaal. Hierdie prestasie weerspieël die UV se verbintenis tot holistiese welstand, volhoubaarheid en 'n studentgesentreerde kampuservaring – wat verseker dat hul studente en personee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Sekere troeteldierkos word van die mark onttrek
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) en RCL Foods het ʼn landwye onttrekking van verskeie droë honde- en katkosprodukte aangekondig. Dit kom nadat te hoë vlakke van ʼn natuurlike gifstof in sekere sakke gevind is. Maroela Media berig dit geld vir meer as 55 000 sakke van Bobtail, Catmor, Canine Cuisine, Optimizor, Ultra Pet en Superwoof wat tussen 26 en 29 Mei, en ook op 4, 5 en 17 Junie 2025 vervaardig is. Volgens RCL Foods is ʼn mikotoksien wat natuurlik in graan soos miel

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Suid-Afrika se eerste skoonheidskoningin is oorlede
Die eerste vrou wat Suid-Afrika ooit op die Mej. Wêreld-verhoog in Londen verteenwoordig het, is in die ouderdom van 90 oorlede. Netwerk24 berig Norma Foster (née Vorster) is in 1956 as die land se tweede Mej. Suid-Afrika gekroon, maar word wyd erken as die eerste, aangesien die kompetisie eers ná die stigting van die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisies amptelik bekend gestel is. Foster het in 1967 na Amerika verhuis, by die Screen Actors Guild aangesluit en in Columbia-f

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


KRIEKET: Die Flexbrands Knights palm die CSA T20 Knockout-titel in
Die Flexbrands Knights vier vandag groot nadat hulle die CSA T20 Knockout-titel ingepalm het met ’n taai 11-lopie oorwinning in ’n spanningsvolle eindstryd teen Eastern Cape Iinyathi. Die Bloemfontein-span het ’n kalm en gebalanseerde algehele vertoning gelewer en hul totaal met dissipline en intensiteit in die laaste boulbeurte verdedig. Hul pad na die trofee het begin met ’n spanningsvolle halfeindoorwinning waar die Knights via die DLS-metode deurgedring het nadat reën die

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


G20: Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle presidentskap aangebied
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle G20-presidentskap afgehandel en lande gelei tot ooreenkoms oor komplekse globale kwessies. Hy het Maandag in sy weeklikse nuusbrief besin oor die land se G20-presidentskap, wat gefokus het op die temas van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Meer as 130 vergaderings het duisende afgevaardigdes dwarsdeur die jaar na die land gelok voor die G20-leiersberaad. Volgens Ramaphosa was die G20 belangrik vir Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


NETBAL: Maseko teiken mededingendheid terwyl Proteas Afrikabeker-verdediging jaag
Die Spar Proteas se Kamogelo Maseko sê die span se fokus is om mededingend te bly terwyl hulle voorberei om hul Afrika-netbalbeker-titel in Malawi van 8–14 Desember te verdedig. Maseko glo dat hul onlangse toer teen die wêreldnommers een en twee, Australië en Nieu-Seeland, onskatbare ervaring en intensiteit voor die kampioenskap gebied het. Sy sê dat om buite hul gemaksone gestoot te word op daardie toer die span goed sal dien terwyl hulle na Lilongwe reis om hulself in alle

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


RUGBY: 'n Vrystaatse rugbylegende is oorlede
Die Vrystaatse rugbylegende Johan “Tat” Botha is Sondag na 'n lang siekte oorlede. Die nuus bring rou in die rugbygemeenskap, veral onder die Universiteit van die Vrystaat (Kovsie) netwerk, waar “oom Tat” ’n ikoniese figuur was. Hy het ’n groot impak gehad beide op kampus- en nasionale vlak en word herinner as ’n gerespekteerde speler en mentor - sy nalatenskap sal voortleef in die vele spelers wat hy gehelp vorm het en die sportwaardes wat hy uitgebeeld het. Familie, vriende

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


'n Matriekmeisie is dood nadat 'n bus haar tref
'n Graad 12-leerder is dood nadat 'n bus haar getref het tydens 'n chaotiese insident by die Schaumburg Gekombineerde Skool in Hartbeespoortdam in Noordwes. NovaNews berig vier seuns het die skoolgronde onwettiglik betree en Graad 12-leerders gekonfronteer nadat hulle hul eksamens afgelê het. 'n Geveg het uitgebreek, en toe leerders van laer grade ook betrokke raak, het onderwysers orde probeer handhaaf deur die leerders na die vervoerbusse te lei. Hier het sommige leerders b

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Steenhuizen is in die sop oor sy DA-kredietkaart
Die DA-leier, John Steenhuisen, word daarvan beskuldig dat hy sy amptelike kredietkaart van die party misbruik het deur onder meer wegneemetes daarmee te koop. Die drama rondom Steenhuisen, wat as minister van landbou in die regering van nasionale eenheid dien, se persoonlike finansies spruit uit ’n onthulling dat hy ses maande gelede voor die hof gedaag is oor R150 000 se uitstaande skuld op sy persoonlike kredietkaart. Nou is hy ook in die spervuur oor sy DA-kredietkaart. N

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Ntshavheni sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie. Albei lande bly deel van die G20-troika, wat die Verenigde Koninkryk (VK) insluit. Suid-Afrika behoort saam met die VSA en die VK te werk oor die volgende twee jaar wanneer die G20-voorsitterskap oorneem. Ntshavheni sê die deelname van ander lande kan nie afgewater word nie, en Suid-Afrika se stem sal gehoor word. Sy het ook die Withuis-sekretaris Karoline Leavit

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Daar word teen verdere belastingverhogings gewaarsku
Die Nasionale Tesourie waarsku teen verdere belastingverhogings op welgestelde Suid-Afrikaners. Amptenare meen daar moet eerder daarop gefokus word om skuiwergate wat belastingontduiking moontlik maak uit die weg te ruim. Die tesourie-adjunkdirekteur-generaal, Chris Axelson, het LP’s meegedeel dat beter nakoming by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens meer inkomste as tariefverhogings kan lewer. Hy beklemtoon dat Suid-Afrika reeds een van die wêreld se mees progressiewe belasti

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


RUGBY: Springbokke het eerste oorwinning in Dublin in meer as ’n dekade
Die Springbokke het hul eerste oorwinning in Dublin in meer as ’n dekade behaal met ’n 24–13 triomf oor Ierland. Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het gewaarsku dat sy span nederig moet bly te midde van ’n fisieke wedstryd vol geel kaarte en onbenutte kanse. Elders het die Wallabies ’n vierde toer-nederlaag gelei toe Frankryk met 48–33 weggestap het, terwyl Wallis in Cardiff 52–26 teen die All Blacks verloor het. Intussen, is die 31-jarige Springbok-haker, Malcolm Marx,

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


KRIEKET: Muthusamy se meesterklas plaas Proteas stewig voor
Die Proteas het beheer geneem van die tweede toets teen Indië nadat Senuran Muthusamy sy eerste internasionale rooibalkriekethonderdtal van 109 lopies in Guwahati geslaan het. Hy is sterk ondersteun deur Marco Jansen se 93, wat gehelp het om Suid-Afrika tot ’n stewige totaal van 489 lopies te neem. Muthusamy het gesê hy is dankbaar vir die mylpaal en het Jansen se kragtige houe en waardevolle vennootskap geprys. Indië het toe net nege lopies sonder verlies aangeteken toe swak

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


Groot feesvieringe wag vir ‘n Bloem-gemeente
Groot feesvieringe wag wanneer die gemeente van die St. Paulus Lutherse kerk in Dan Pienaar, Bloemfontein, hul 150ste bestaansjaar herdenk. Bloemnuus berig die gemeente is in die beginjare in ‘n ou kerk in St Georgesstraat gehuisves, maar vergader sedert 1968 in die besonder mooi kerkgebou langs Emily Hobhouseplein. St. Paulus is ‘n klein, lewenskragtige gemeente, waar die eredienste in Afrikaans, Duits en Engels gehou word sodat almal verstaan. Die gemeente se pastoor, Gide

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


FORMULE 1: Verstappen kry hupstoot met McLaren-diskwalifikasies
Max Verstappen het nie net die louere in Las Vegas ingepalm nie, maar ook sy jag na ‘n vyfde agtereenvolgende wêreldtitel versterk nadat Lando Norris en Oscar Piastri weens tegniese oortredings gediskwalifiseer is. Beamptes het bevind dat die borde onder die twee McLaren-renmotors minder as die vereiste nege millimeter dikte was. Norris en Piastri se tweede en vierde plekke is dus uit die amptelike uitslag verwyder, wat beteken dat Verstappen nou gelyk met Piastri op 366 punt

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 24, 2025


‘n Groot boom in die gereg val
Die eerste vroulike regter in Suid-Afrika en oud-Bloemfonteiner, Leonora van den Heever, is in die ouderdom van 99 oorlede. Cape Town Etc. berig sy het in 1969 by die regbank aangesluit toe sy in die Noord-Kaapse afdeling aangestel is. Haar aanstelling het regsgeskiedenis gemaak en ‘n presedent vir vroue in die regbank geskep. Sy het later ook op die appèlbank gedien en na aftrede 'n aktiewe regsdenker gebly. Haar loopbaan bly 'n hoeksteen vir diegene wat werk om die reg meer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Bloemfonteiners word as die Vrystaat se top-jeugatlete vereer
Jong Bloemfonteiners is die naweek as 2025 se beste jeugatlete in die Vrystaat vereer. Netwerk24 berig Jayden Parkin, van Hoërskool sentraal, en Rumé Burger van C&N Sekondere Meisieskool Oranje, het die hoogste atletiektoekenning wat ‘n Vrystaatse atleet kan ontvang, die Barkhuizen-trofee, verower. Parkin het vanjaar sy stempel afgedruk toe hy onder andere die SA rekord in die 110m hekkies verbeter het. Burger het vanjaar aandag getrek met ‘n stroom rekords en internasiona

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Hoofde van die padongelukfonds kry reuse bonusse
Die sukkelende Padongelukfonds het uitvoerende bestuurders R6.7miljoen in prestasiebonusse vir 2024/25 betaal. Dit sluit oor die R2 miljoen aan hul voormalige uitvoerende hoof in. Intussen worstel die fonds met meer as R10 miljard se onbetaalde eise en R40.4 miljard se totale verpligtinge. Skoor ondersoek tans bewerings van wanbestuur, verborge laste en buitensporige besteding. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


‘n Fop-kolonel is in die sop oor ‘n saamrygeleentheid
ʼn Man het die naweek agter tralies deurbring nadat hy glo homself as ʼn polisiekolonel voorgedoen het om ʼn saamrygeleentheid te kry. Maroela Media berig die man het glo verlede week by die Bloemhof-polisiestasie in die Noordwes opgedaag en gesê hy is ʼn polisiekolonel. Hy het verder glo aangevoer hy is werksaam in Pretoria en aangedring om na Bultfontein in die Vrystaat geneem te word. Volgens hom het sy eie motor glo in Warrenton onklaar geraak. Die polisie was egter nie oort

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Suid-Afrika belowe miljoene om dodelike siektes te bestry
Verskeie nasies het meer as R190 miljard ingesamel vir die Globale Fonds om M.I.V/Vigs, Tuberkulose en Malaria te bestry, met R625 miljoen wat uit Suid-Afrika kom. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het sy waardering uitgespreek aan alle belanghebbendes wat betrokke was by die Agtste Globale Fonds-aanvullingsberaad. Die beraad was deel van die G20 wat die naweek gehou is, en volg op die Verenigde State se onttrekking van Pepfar-befondsing vroeër vanjaar. ‘n Woordv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


Sakeleiers is bekommerd is oor swak ekonomiese groei
Die dienstefirma Aon se jongste Global Risk Management-opname toon dat Suid-Afrikaanse sakeleiers die meeste bekommerd is oor die land se swak ekonomiese groei. 78% van besighede rapporteur verliese weens die afswaai. Politieke risiko het tot die tweede grootste bekommernis gestyg. Dít te midde van toenemende handels- en geopolitieke onsekerheid wat voorsieningskettings en finansiële prestasie ontwrig. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


COP30-klimaatberaad: Geen direkte verwysing na die uitfasering van fossielbrandstowwe
Die COP30-klimaatberaad in Brasilië het geëindig met ’n ooreenkoms wat geen direkte verwysing na die uitfasering van fossielbrandstowwe bevat nie. Dít ondanks druk van meer as 80 lande, insluitend die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie. Olieproduserende lande het vinniger vermindering teengestaan en gesê hulle het hul hulpbronne vir ekonomiese groei nodig. Colombia het die proses gekritiseer en sê fossielbrandstowwe dra meer as 75 persent tot wêreldwye vervaardiging by.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 23, 2025
bottom of page

