top of page

Alle Plasings


Groenewald kry ‘n loesing oor sy lyfstraf-debat
Die minister van korrektiewe dienste se voorstel dat die debat oor lyfstraf heropen word kry die wind van voor. Die Burger berig Pieter Groenewald se oplossing om die oorbevolkingskrisis in die tronke te help oplos is Dinsdag in die parlement as ongrondwetlik en onwettig bestempel. Volgens Groenewald het hy met die voorstel aanvanklik net bedoel dat hy graag die debat wou heropoen om veral die publiek se mening daaroor te kry. Hy voel daar moet gepraat word oor lyfstraf - v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Opruiende plakkate weerspieël nie die UV se waardes nie
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hulle onomwonde van aanstootlike en opruiende taal wat op sommige protesplakkate uitgebasuin is, gedistansieer. Van die plakkate het slagspreke soos ‘alle mans moet sterf en ‘al wat ons nodig het, is dat mans ons uitlos’ ingesluit. Maroele Media berig die boodskappe spruit oënskynlik uit sommige van die studente se menings oor geslagsgebaseerde geweld. Die UV sê in ʼn verklaring die sienings en boodskappe weerspieël nie die universit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Drukmedia staan sy man
In ’n era waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat ’n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier , op 6 Maart 2026 bekendgestel sal word. Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels verlede jaar. Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek ’n duidelike leemte in die drukmedia aan. Die weekblad sal bestuur word deur die ervare joernalis en voormalige Beeld-re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


‘n Mega-kerk se leier is in hegtenis geneem
Die leier van ‘n mega-kerk, ‘n regter en twee ander verdagtes is op aanklag van geldwassery in hegtenis geneem. SABC News berig die inhegtenisname spruit uit ernstige bewerings van korrupsie. Dit sluit pogings in om ‘n siviele saak wat tans voor die Pretoriase Hooggeregshof dien, te beinvloed. Daar word beweer dat die regter vergoeding van die hoofbeskuldigde ontvang het in ruil vir die lewering van 'n gunstige uitspraak. ‘n Ondersoek het verder die betrokkenheid van drie by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Die metro se gesloer beroof die stad
Die Mangaung Metro Munispaliteit se gesloer om ’n ooreenkoms met die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) vir die gebruik van die Toyota-stadion te finaliseer, kos Bloemfontein miljoene, én beroof die stad van die geleentheid om weer toetswedstryde aan te bied. Bloemnuus berig volgens VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, Armand Cloete, moes die munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, Dinsdag aan die Vrystaatse wetgewer verslag doen oor die vordering met die o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Die Inkomstediens kondig veranderinge aan
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens spoor werkgewers in Suid-Afrika aan om vir die 2026 Werkgewer-indieningsseisoen te begin voorberei. Dit aangesien sommige verandering vroeg 2026 in werking sal tree. Die Inkomstediens het verklaar dat werkgewers vanaf Februarie nie meer Lopende Betaalstelsel (LBS)-versoenings sonder ‘n geldige inkomstebelastingverwysingsnommer vir alle werknemers sal kan indien nie. Die Inkomstediens sê dat versoenings sonder geldige inkomstebelastingnommer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Vrystaate munisipaliteite stort in duie
Munisipaliteite in die Vrystaat stort in duie met riviere vol riool, vullis wat in strate ophoop, en krane wag leeg loop. Dit luidens ‘n mediaverklaring van die DA se CoGTA-woordvoerder, Igor Scheurkogel. Tydens die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Provinsiale Week van 2025 het die Ouditeur-generaal bevestig dat nie een munisipaliteit in dié provinsie 'n skoon oudit het nie. Die DA het ‘n mosie ingedien om in die NRVP te debatteer om die Vrystaatse Provinsiale Regering

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


‘n Nuwe portaal help SAʼners om hul burgerskap terug te kry
Die Departement van Binnelandse Sake het ʼn toegewyde aanlyn portaal bekend gestel vir Suid-Afrikaners om hul burgerskapstatus te bevestig. Dit is veral vir diegene wat in die buiteland woon. Ook help die portal om burgerskapstatus terug te kry indien hulle dit verloor het. Dit kom, volgens Maroela Media , nadat die Konstitusionwele Hof in Mei vanjaar bevestig het dat Suid-Afrikaners wat hul burgerskap weens die verkryging van burgerskap in ʼn ander land verloor het, hul Suid-A

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Skrywer van die Siener van Rensburg-boeke is oorlede
Skrywer Adriaan Snyman is in die ouderdom van 87 in sy slaap oorlede. Netwerk24 berig hy is veral bekend vir die boeke Stem van ‘n profeet en Boodskapper van God oor Siener van Rensburg. Snyman het in 2001 saam met Chris Botha die sogenaamde Siener-toer deur Suid-Afrika onderneem om meer oor Van Rensburg en sy voorspellings te praat. Hy het sy eerste kortverhaal gepubliseer toe hy net 18 jaar oud was. Deur die jare het hy talle kortverhale, gedigte, 180 romans en jeugverhale

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Humanitêre hulp na Gasa word gestaak
Die omstrede VSA- en Israel-gesteunde Gaza Humanitarian Foundation (GHF) sê dat hulle hul hulpbedrywighede in die Palestynse gebied ná byna ses maande afskaal. Die organisasie het reeds hul drie voedselverspreidingsterreine in Gaza opgeskort nadat die wapenstilstand tussen Hamas en Israel ses weke gelede in werking getree het. Volgens die BBC het die GHF Maandag gesê dat hulle nou hul bedrywighede afskaal weens die suksesvolle voltooiing van hul noodmissie. ‘n Totaal van 3 mi

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Suid-Afrika vier die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-veldtog
Die regering het Dinsdag die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog afgeskop. Die bekendstelling kom terwyl geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord nou tot ‘n nasionale ramp verklaar is. Vanjaar se veldtog doen ‘n beroep op mans, vroue, seuns, meisies en mediahuise om saam te werk om die plaag van geweld te beëindig. Die adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, sê data toon dat die probleem verdiep. Letsik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


MOTORSPORT: Schumacher neem sprong na IndyCar met RLL-span
Mick Schumacher, seun van sewe-maal voormalige Formule 1-kampioen Michael Schumacher, begin ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan. Volgens Netwerk24 het hy ’n kontrak met Rahal Letterman Lanigan Racing (RLL) geteken vir die volledige 2026 IndyCar-seisoen waar hy die nommer 47 Honda-DW12 sal bestuur en deel uitmaak van ’n span met Graham Rahal en Louis Foster. Die 26-jarige het vooraf ’n toets by die Indianapolis Motor Speedway se strate-kursus voltooi. RLL beplan nou ook ’n ovaal-t

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2025


RUGBY: Oosthuizen gretig vir nog ‘n kans op Dubai-sukses
Ryan Oosthuizen betree die Emirates Dubai Sewes, vasbeslote om op sy merkwaardige rekord by die geleentheid voort te bou. Die Blitsbok-voorspeler, wat gereed is vir sy 57ste wêreldreeksverskyning met 46 loopbaandrieë agter sy naam, sê die hersiene agtspan-formaat sal elke botsing soos ‘n eindstryd laat voel. Hy glo die groep se kontinuïteit en gedeelde ervaring sal noodsaaklik wees om deur die druk-oomblikke te navigeer. Oosthuizen het bygevoeg dat ‘n sterk voorseisoen die sp

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2025


SOKKER: Everton verstom United na rooi kaart
Everton het ‘n merkwaardige 1-0 oorwinning by Old Trafford behaal, ten spyte daarvan dat Idrissa Gueye in die 13de minuut afgestuur is nadat hy spanmaat, Michael Keane, tydens ‘n vurige woordewisseling geklap het. Everton het in die eerste helfte ‘n doel aangeteken om die 10-man besoekers die voortou te gee, aangesien Manchester United nie daarin geslaag het om enige van hul 25 pogings in 'n doel te omskep nie. David Moyes het sy eerste oorwinning ooit by Old Trafford as ‘n b

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2025


Die voormalige uitvoerende hoof van die POF versuim om voor Skoor te verskyn
Die voormalige uitvoerende hoof van die Padongelukfonds (POF), Collins Letsoalo, het versuim om voor die parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge (Skoor) te verskyn. Skoor ondersoek ernstige finansiële wanbestuur, boeliegedrag en twyfelagtige besluite wat onder sy leierskap by die POF geneem is. Dit is nie die eerste keer dat hy versuim het om te verskyn nie. ActionSA doen nou ‘n beroep op Letsoalo se kriminele vervolging nadat hy geweier het om aan ‘n wettige dagv

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


'n Digitale argief vir Afrikaanse kultuurerfernis word bekend gestel
Nuuseum, ʼn maatskappy sonder winsbejag wat die breë Afrikaanse kultuurerfenis digitaal wil bewaar en ontsluit, is in Stellenbosch bekendgestel. In ʼn tyd waar fisiese argiewe onder druk verkeer, bied Nuuseum ʼn toeganklike ervaring danksy tegnologie en kundigheid. Maroela Media berig die uitvoerende hoof van Nuuseum, Lizabé Lambrechts, sê argiewe gaan nie net oor dokumentasie nie, maar oor gemeenskap, herinnering en nuwe moontlikhede. Daarom onderhou hulle ʼn digitale argief en

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Freek Robinson lê die tuig neer
"Dit is tyd." So sê die veteraanjoernalis Freek Robinson in die verklaring waarin hy sy finale uittrede uit die aktiewe joernalisiek aankondig. Netwerk24 berig die 73-jarige Robinson se aftrede is vroeër as wat hy beplan het, maar onlangse rampspoedige gebeure het ’n nuwe perspektief gebring wat hom laat besluit het om halt te roep. In ’n verklaring sê die familie Robinson en sy gesin se huidige leefsituasie en “nomadiese bestaan” weens hul huis wat op 4 November deels in ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


'n Vrou oorleef ure in 'n oorstroomde Vrystaatse rivier
'n Vrystaatse vrou het vir meer as 12 uur in 'n oorstroomde rivier oorleef deur aan 'n boomtak vas te hou. Die Phuthaditjhaba-polisie ondersoek ‘n saak van poging tot verkragting, sowel as poging tot moord en roof nadat die vrou na bewering deur ‘n taxibestuurder in ‘n oorstroomde rivier gestoot is. Sy is Maandagoggend deur die polisie en munisipale duikers gered. Die vrou het Sondag ‘n taxi van Mabolela Village na Phuthaditjhaba geneem. Die bestuurder het egter na bewering n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 25, 2025


Die Tesourie dreig om Mangaung-fondse terug te hou
Die Nasionale Tesourie het 'n formele kennisgewing aan die Mangaung Metro Munisipaliteit uitgereik. Hierin word gewaarsku dat die Metro se Desember-billike-aandeeltoekenning moontlik teruggehou kan word. Dit weens ernstige en volgehoue oortredings van die Munisipale Finansiële Bestuurswet. Luidens ‘n mediaverklaring van die DA is dit een van die ernstigste finansiële afdwingingsmaatreëls wat tot die Tesourie se beskikking is, en dui dat die Metro op die rand van fiskale mis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Vermeende Bloem-rowers is uit die hospitaal en eersdaags in die hof
Twee vermeende rowers wat juwelierswinkels in Bloemfontein beroof het, is uit die hospitaal ontslaan. Hulle het behandeling ontvang vir die wonde wat hulle tydens ‘n skietery met die polisie by die Vaal Plaza Tolhek op die N1-nasionale pad opgedoen het. Volgens Bloem Express sal die twee eersdaags in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van sakeroof, onwettige besit van vuurwapens asook die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die twee w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


BKS: Boere omseil glo kwarantynprosesse
Een van die redes waarom bek-en-klouseer so drasties versprei het, is glo dat boere dikwels vee skuif sodra hul plaas of ‘n buurplaas tekens van die siekte toon. Vrystaat Landboou se visipresident, Friedl von Maltitz, sê aan Netwerk24 , mense vind ‘n manier om die kwarantynproses te omseil. Die Vrystaat Departement van Landbou het bekend bemaak dat die aantal bek-en-klouseer gevalle toegeneem het, en nou op 106 staan. I ntussen is Vrystaatse boere ook bekommerd oor slenkdalko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Harties se waterhiasinte hou ernstige gevare in
Met die Desember vakansie in sig moet mense liefs twee keer dink voor hulle bote of enige ander vaartuie op die Hartebeespoortdam, in die Noordwes, te water laat. Maroela Media berig volgens die Nasionale Seereddingsinstituut hou die groot hoeveelheid waterhiasinte in die dam ernstige en toenemende veiligheidsgevare in. Die drywende massa hiasinte bedek tans groot dele van die dam, en daar word verwag dat dit vinnig in die komende weke sal toeneem. Indien jou vaartuig in hia

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


‘n Spesiale skool in die metro se dakke waai af
‘n Spesiale skool in die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat voorsiening maak vir 384 leerders met ernstige intellektuele gestremdhede, insluitend 44 outistiese leerders, het aansienlike skade gely. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse onderwysdepartement is die Boitumelong Spesiale Skool in Thaba Nchu, erg geraak toe ‘n storm agt klaskamers se dakke afgewaai het. Sinkpate is oor die perseel en aangrensende gebiede versprei. ‘n Onderwyser is beseer toe ‘n plafon geval

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Nóg ‘n tornado woed in die Vrystaat
‘n Paar weke nadat ‘n tornado in Harrismith bevestig is, is nóg ‘n tornado – die keer in Heilbron, afgeneem. Parys Gazette berig volgens Vrystater, Tanya van Rooyen het sy gestop om stormagtige wolke af te neem. Dis toe dat sy die punt sien vorm, maar het nie gedink dis ‘n tornado nie. Sy sê al wat sy kon hoor was sterk wind en swaar donderweer. Tanya sê sy het gister net ‘n paar sekondes afgeneem voordat die storm bo-oor hulle getrek het. Sy konnie sien waar die tornado gaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025
bottom of page

