top of page

Alle Plasings


'n Maties-advertensie sluit glo wit studente uit
Die Departement Agronomie van die Universiteit Stellenbosch (US) se Landboufakulteit adverteer tans twee internskappe vir junior navorsingsassistente, met wit studente wat uitgesluit word. Luidens die advertensie mag swart, bruin, Indiër- en Chinese aansoekers met ʼn Suid-Afrikaanse ID om twee internskap-poste aansoek doen. Maroela Media berig die VF Plus-LP en die party se hoofwoordvoerder oor onderwys, Wynand Boshoff, sê die advertensie spreek van direkte diskriminasie. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: Die Withuis sê Ramaphosa versprei ‘fopnuus’
Die Amerikaanse Withuis beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem. SABC News berig Ramaphosa het laat Donderdagmiddag aangekondig dat Amerika ’n ommeswaai oor sy G20-deelname gemaak het nadat Trump einde verlede week ’n algehele boikot afgekondig het. Volgens Netwerk24 het die woordvoerder van die Withuis, Karoline Leavitt, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: 'Sosiale beraad is 'n historiese mylpaal'
President Cyril Ramaphosa beskryf die G20- sosiale beraad as ‘n historiese mylpaal vir globale samewerking. Die idee van die sosiale beraad het in Brasilië begin, en Suid-Afrika het dit van 14 sosiale groepe na 22 uitgebrei. Suid-Afrika se sosiale beraad spog met die bekendstelling van sewe Nalatenskapsprojekte. Ramaphosa sê die beraad is moontlik die beste G20-beraad ten alle tye, want dit bring lande bymekaar met ‘n fokus op inklusiwiteit, eenheid en die gees van Ubuntu. LU

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


RUGBY: Die Bokke kies ’n ervare span vir Dublin-toets
FOTO: Youtube Die Springbokke het ’n magtige groep vir Saterdag se toets teen Ierland beskikbaar en is gretig om hul eerste sege in die stad sedert 2012 te behaal. Damian Willemse, Cheslin Kolbe en Canan Moodie lei die agterhoede nadat Kurt-Lee Arendse weens harsingskudding huis toe moes keer. Voorlangs is daar stewige ervaring met spelers soos Jasper Wiese, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi en Eben Etzebeth, en die bank bied verdere krag met RG Snyman wat sy 50ste toets beho

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 21, 2025


KRIEKET: Suzuki span saam met Betway SA20
Betway SA20 het ‘n driejaar-vennootskap met Suzuki Auto Suid-Afrika onthul, wat die motorhandelsmerk prominente blootstelling gee oor al 34 wedstryde, wêreldwye uitsendings en die liga se digitale platforms. Die ooreenkoms sluit in stadion-aktiverings, kreatiewe digitale veldtogte en opvallende voertuiguitstallings. Suzuki sê die vennootskap gaan verder as sigbaarheid, en beklemtoon krieket se verenigende krag terwyl dit bydra tot die handelsmerk se groeiende sportportefeulje

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 21, 2025


SOKKER: KZN-derby verhit ‘n besige Premierliga-naweek
Die naweek se KwaZulu-Natal-derby neem die middelpunt van die verhoog in die Betway Premierliga-veldtog, wanneer Richardsbay vir Durban City verwelkom. Die aksie begin Saterdag wanneer Sekhukhune United Marumo Gallants besoek, wetende dat ‘n oorwinning hulle na die tweede plek kan lei, terwyl Gallants vol vertroue aankom nadat hulle die Carling Knockout-finaal gehaal het. Elders mik Siwelele FC daarna om hul onoorwonne liga-volgorde tot vyf wedstryde te rek wanneer hulle ‘n A

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 21, 2025


Die VSA gaan glo nou die G20 bywoon
Bronne het glo aan SABC News bevestig dat die Verenigde State van Amerika (VSA) nou die G20-beraad in Johannesburg wil bywoon. Dit ten spyte daarvan dat president Donald Trump voorheen gesê het dat die VSA nie sou deelneem nie. President Trump het vroeër aangekondig dat geen amptenaar aan enige G20-vergadering sou deelneem nie. Dit is nie duidelik wie die VSA in die besprekings sal verteenwoordig nie. Intussen het The Guardian vroeer berig dat Suid-Afrika die VSA daarvan be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘n Toesigbeampte smokkel glo dwelms
‘n Toesigbeampte van die G4S oftewel Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein is Donderdag vir die smokkel van verbode goedere in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring die polisie het die 36-jarige beampte se sluitkas deursoek. Byna 150 Mandrax-tablette sowel as saamgeperste dagga is die verdagte se kosblik tussen sy kos gevind. Hy is onmiddellik deur die sentrum se bestuurders en lede van die Bloemspruit sigbare polisiërings

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Intimidasie sal nie geduld word nie
Geen intimidasie wat voortspruit uit getuienis wat gelewer is, sal geduld word nie. So sê die Parlement se ad hoc-komitee wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek. Dit volg nadat die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan glo Woensdagaand ‘n dreigende boodskap aan polisieminister Senzo Mchunu se stafhoof, Cedric Nkabinde, gestuur het. Nkabinde het voor die komitee getuig, en O’Sullivan in beweerde inmenging in polisiebedrywighede en die beïnvloeding van senior wetstoepassingsb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Oos-Vrystaatse appels is perfek vir Oosterse markte
Meer as 160ha appels wat die afgelope vyf jaar in die Oos-Vrystaat geplant is, is perfek in pas met die vereistes van die groeiende Oosterse markte. So sê die Suid-Afrikaanse vrugte-uitvoerder Freshgold se direkteur, Pieter von Maltitz. Landbouweekblad berig hy het op die onlangse simposium van Hoogland Vrugtekwekers naby Fouriersburg oor Suid-Afrika se plek in die internasionale appeluitvoeremark gepraat. Suid-Afrika beklee tans die sewende plek onder appeluitvoerlande, met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Trump onderteken die wetsontwerp om Epstein-dokumente vry te stel
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n wetsontwerp onderteken wat die Departement van Justisie beveel om alle lêers rakende die ontslape seksmisdadiger, Jeffrey Epstein, te openbaar. Die wet vereis dat dokumente, insluitend onderhoudstranskripsies, interne kommunikasie, vluglogboeke en materiaal wat tydens klopjagte verkry is, binne 30 dae in ’n deursoekbare formaat uitgereik word. Trump, wat vroeër die vrystelling teengestaan het, het van standpunt verander ná druk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Vrystaters moet waaksaam bly
Met toenemende volumes water wat na die noordelike dele van die Vrystaat vloei, doen die polisie 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly. Dit aangesien riviere, damme en laagliggende gebiede toenemend gevaarlik word. Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring beamptes, insluitend die provinsiale soek-en-reddings- en duikeenhede, is op hoë gereedheidsgrondslag om op enige noodgeval te reageer. Die veiligheid van inwoners bly hul topprioriteit, en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


KRIEKET: Pretorius en Moonsamy skitter terwyl SA A toer op ‘n hoogtepunt afsluit
Lhuan-dré Pretorius en Rivaldo Moonsamy het Rajkot met sprankelende honderdtalle verlig. Hul openingstand van 241 lopies het Suid-Afrika A se indrukwekkende oorwinning van 73 lopies oor Indië A in die laaste eendagwedstryd opgestel. Pretorius het 123 lopies van 98 balle geslaan, tesame met Moonsamy se beheerde 107, wat die toeriste tot ‘n sterk 325 vir ses gelei het. Die oorwinning het Suid-Afrika A ‘n moreel-verhogende einde aan die toer gebied, na vroeëre nederlae in die be

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025


TENNIS: Federer gereed vir Heldesaal-eerbewys in 2026
Roger Federer sal in Augustus 2026 in die Internasionale Tennis Heldesaal opgeneem word, ter erkenning van ‘n loopbaan wat 20 Grand Slam-titels, 103 toernooi-oorwinnings en ‘n rekord van 237 agtereenvolgende weke as wêreldnommer een opgelewer het. Federer, wat 310 weke bo-aan die ATP-ranglys algeheel deurgebring het, was sentraal tot die gevierde era wat gevorm is deur sy langdurige stryde met Rafael Nadal en Novak Djokovic. Die Switserse legende, wat in 2022 afgetree het, he

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025


FORMULE 1: Piastri bevraagteken streng straf na botsing in Brasilië
Oscar Piastri sê hy was verbaas oor die 10-sekonde straf en lisensiepunte wat hy ontvang het vir sy botsing met Kimi Antonelli by die Brasiliaanse Grand Prix, veral nadat medejaers, Carlos Sainz en Charles Leclerc, die besluit in die openbaar gekritiseer het. Piastri het bevestig dat hy en McLaren met die FIA sal praat om beter te verstaan hoe die beamptes tot hul uitspraak gekom het en of riglyne hersien moet word. Hy het bygevoeg dat hy nie onmiddellike reëlveranderinge

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025


Dienste by Pelonomi en Universitas gaan soos normaalweg voort
Nie net sal dienste by beide die Pelonomi en Universitas Hospitale in Bloemfontein normaalweg voortgaan nie, die privaat-openbare vennootskap is ook veilig en operasioneel. Dit volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid. ‘n 23-jaar oue vennootskap tussen die gesondheidsdepartement en Netcare, wat einde November tot ‘n einde sou kom, se kontrak is met twee jaar hernu. Tydens die vennootskap is Pelonomi se nood- en traumafasiliteite opgegradeer, e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘n Vrystaat-pastoor sit lewenslank vir verkragting
‘n Pastoor van Kroonstad, in die Vrystaat, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy een van sy kerklidmate, ‘n 11-jarige dogtertjie, verkrag het. Volgens Netwerk24 het die 43-jarige pastoor, Hendrick Tana, baie by die huisgesin gekuier, en het die ma hom as ‘n pa-figuur en familielid beskou. Die jong meisie het in camera getuig dat die pastoor op die dag van die verkragting geweet het haar ma is nie by die huis nie. Met sy aankoms het hy die huis se deur toegemaak, haar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


#WomenForChange: Geslagsgebaseerde geweld 'moet 'n nasionale krisis wees’
'n Nie-winsgewende organisasie vir die konstitusionele regte van vroue en kinders in Suid-Afrika, Women for Change, gaan 'n landwye protes-aksie uitvoer die dag voor die G20-beraad begin. NovaNews berig die vreedsame protes, genaamd die "G20 Women's Shutdown" doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om geslagsgebaseerde geweld 'n nasionale krisis te verklaar. Vroue word aangemoedig om op 21 November swart of pers aan te trek, en om 12:00 vir 15 minute in stilte te lê ter e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Politieke partye sit vas oor die Palestynse vlugtelinge
Politieke partye verskil steeds oor die Palestynse vlugtelinge wat verlede week onverwags op die O.R. Tambo-lughawe in Gauteng geland het. Good meen die Suid-Afrikaanse regering moet ʼn verklaring oor die vlugtelinge by die Wêreldhof indien. Ander partye, soos die IVP, sê hulle moes nooit toegelaat word nie, aangesien hulle nie wetlike prosedures gevolg het nie. Die regering hou vol hy het nie vooraf daarvan geweet het nie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


'n Aberdeen-boer sê sy dade met au pairs was konsensueel
'n Boer van Aberdeen in die Karoo, wat van die verkragting en mensehandel van au pairs aagekla word, hou vol dat die seksuele verhoudings met die vroue konsensueel was. IOL berig Louis Lategan het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof in Makhanda getuig. Hy word daarvan beskuldig dat hy ses vroue na sy plaas gelok het onder die voorwendsel van au pair- werk, waar hy hulle na bewering bedwelm het en herhaaldelik verkrag het. Die aanklagte sluit mensehandel in. Hy i

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Heidedalse steengroef is uiteindelik besoek
'n Toesigbesoek aan die Witherow-steengroefdam in Heidedal in Bloemfontein is onderneem nadat die Menseregtekommissie (MRK) ’n omvattende verslag, wat oor vier jaar opgestel is, aan die parlement voorgelê het. Netwerk24 berig die om en by 50 sterftes, gebrekkige owerheidsoptrede en die omvang van protes vanuit die gemeenskap oor hierdie gevaarlike steengroef word in die verslag vervat. Die groef, waar daar dekades gelede grond vir bakstene uitgehaal is, is steeds nie omhein n

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Vrystaatse polisie wil geslagsgebaseerde geweld uitroei
Die polisie in die Vrystaat is daartoe verbind om geslagsgebaseerde geweld uit te roei en die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm. Hierdie verbintenis is versterk met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 43-jarige man in die Kroonstad-streekhof. Die voorval het in 2019 in KoeKoe Village in Maokeng plaasgevind toe ‘n 43-jarige buurman ‘n 11-jarige slagoffer verkrag het. ‘n Saak van verkragting is by die Maokeng-polisiestasie geregistreer. ‘n.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


‘Suid-Afrika is gereed vir die G20’
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is gereed om internasionale besoekers wat die G20-beraad hierdie naweek bywoon te verwelkom. Die G20-beraad sal Saterdag en Sondag in Johannesburg plaasvind. Sy sê die lugvaartsektor het alle kritieke voorbereidings voltooi om aan die streng standaarde te voldoen wat vir die historiese geleentheid verwag word. LUISTER: Intussen dreig Amerikaanse president Donald Trump dat ʼn konsensus-verklaring met die G20-leiersberaar

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


KRIEKET: die 2026 Onder-19 Manskrieketwêreldbeker padkaart
Die IKR het die skedule vir die 2026 Onder-19 Manskrieketwêreldbeker vrygestel, wat Zimbabwe en Namibië van 15 Januarie tot 6 Februarie saam sal aanbied.

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2025
bottom of page

