top of page


Alle Plasings


Geen misdaad word vermoed in ‘n Bloemfonteinse sakevrou se dood nie
Geen misdaad word vermoed nadat die liggaam van die 33-jarige Bloemfonteinse sakevrou, Anica van der Watt, in haar huis in Langenhovenpark aangetref is nie. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Thabo Covane, is ’n geregtelike ondersoek ingestel en sal ’n nadoodse ondersoek na verwagting Vrydag gedoen word. Van der Watt was ’n direkteur van ’n vervoermaatskappy en het ook in die dieselbedryf gewerk. Haar ma, Mariana, sê die familie tref tans reëlings vir haar b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 28


Die VSA staak tydelik immigrantvisumaanstellings
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het wêreldwyd tydelik afsprake vir immigrantvisums opgeskort te midde van die Trump-administrasie se verskerpte immigrasiebeleid. Volgens die Amerikaanse Staatsdepartement sal die maatreël beamptes by ambassades en konsulate tyd gee om opleiding oor nuwe riglyne te ontvang. Dit bepaal onder meer of aansoekers moontlik van openbare voordele afhanklik kan raak. Die opskorting raak mense wat permanente verblyf in die VSA wil kry, maar nie aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 28


OGGEND SPORT: Hierdie naweek is ‘n beslissende ronde vir Curriebeker-drama, Dinusha se honderdtal red vir Sri Lanka, en Barcelona behou ‘n perfekte begin by Camp Nou
Ons skop af met rugby: Die 2026 Carling Curriebeker-premierafdeling bereik hierdie naweek sy beslissende laaste ronde, met Suzuki Griekwas en die Toyota Cheetahs wat reeds deurgedring na die halfeindronde, terwyl vyf spanne om die oorblywende twee plekke meeding. Vrydag huisves die Lions vir Stormers XXIII op Ellis Park, voordat Sharks XV teen Bulls XV in Durban te staan kom, terwyl die Pumas Saterdag teen die Cheetahs in Nelspruit speel en Boland Sondag teen die Griekwas i

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 28


’n Sand du Plessis-onderwyseres stap die ekstra myl
’n Onderwyseres van Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein is vereer vir haar uitstaande diens in die Mangaung Metro Onderwysdistrik. Lorna Macpherson het ’n sertifikaat ontvang vir haar diens gedurende die 2025-akademiese jaar. Die skool sê op sosiale media haar toewyding en bereidwilligheid om die ekstra myl te stap, het ’n betekenisvolle verskil aan leerders en mede-opvoeders gemaak. Macpherson is ook as ’n hoofonderwyser vir 2026 aangestel, waar sy vakonderwysspesialis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 28


SA se immuniseringskrisis wek kommer
Die Departement van Gesondheid doen ’n beroep op dringende optrede om die dalende immuniseringsyfers in Suid-Afrika te stuit en die uitbraak van siektes wat deur entstowwe voorkom kan word, te voorkom. Volgens ‘n mediaverklaring van die departement het die aantal babas onder een jaar wat geen inentings ontvang het nie, van 12,1% in 2017 tot 36,3% tussen Januarie en April vanjaar toegeneem. Die eerste-dosis-dekking onder kinders jonger as een jaar het ook van 87% in 2021 tot 6

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 28


’n Turbineprobleem by Koeberg en sardynvrektes word ondersoek
Koeberg se Eenheid Een is veilig van die netwerk afgehaal ná ’n turbineprobleem. Volgens inligting wat deur Eskom gedeel is, bly die nasionale kragnetwerk stabiel en is daar geen risiko vir die land se elektrisiteitsvoorsiening nie. Die oorsaak van die turbineprobleem word ondersoek. Koeberg se opwekking is vroeër vandeesmaand ook as voorsorgmaatreël verminder weens probleme met die seewater-inlaatstelsel wat met ’n invloei van sardyne naby die stelsel verband hou. Terselfder

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 28


AfriForum versoek meetbare besonderhede oor die nasionale wateraksieplan
AfriForum versoek president Cyril Ramaphosa om meetbare besonderhede te verskaf oor vordering sedert die nasionale wateraksieplan op 23 Julie bekendgestel is. Die Presidensie het gesê toegewyde spanne is aangewys om die plan te implementeer en dat ’n nasionale waterkrisiskomitee vordering sou monitor. AfriForum se bestuurder van omgewingsake, Lambert de Klerk, sê die organisasie wil weet watter ingrypings afgehandel is, watter projekte aan die gang is en wat die sperdatums is

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


'n Verhoging in brandstofpryse is feitlik gewaarborg vir September
'n Verhoging in brandstofpryse is feitlik gewaarborg vir September nadat 'n ommeswaai in die brandstofprysverhaal vandeesmaand nou vasgelê is. Business Tech berig maandeinddata van die Sentrale Energiefonds toon dat die brandstofprysverhale die maand op die agtervoet begin het, maar het ’n positiewe neiging na neutraal getoon namate hoop op vrede tussen die VSA en Iran momentum gekry het. Verdere eskalasies, insluitend dreigemente deur die Verenigde State om sanksies teen Ira

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Rooineusdag keer terug
Rooineus-dag keer volgende jaar terug na Suid-Afrika, meer as 20 jaar nadat dit deel geword het van die Suid-Afrikaanse lewe. SuperSport Schools sluit aan by die veldtog en bring leerders, onderwysers, ouers en skoolgemeenskappe bymekaar deur sport, opvoeding en pret. Die Minder Armoede, Meer Geleentheid-veldtog sal sy Skole-uitdaging in die eerste kwartaal van die jaar loods, met skole wat aangemoedig word om deel te neem aan kreatiewe aktiwiteite en fondsinsamelingsgeleenth

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


MIDDAG SPORT: Brevis weier om sy aanvallende styl te verander, Segner word vir die res van die All Blacks-toer uitgesluit en Wawrinka kry Amerikaanse Ope-promotorsuitnodiging
Ons slaan af met krieket-nuus: Die Proteas-kolwer, Dewald Brevis, sê hy voel ten volle ondersteun deur afrigter, Shukri Conrad, en is nie van plan om sy natuurlike aanvallende styl te verander in sy strewe na groter bestendigheid nie. Die 23-jarige, wat reeds dertig T20-internasionale wedstryde agter die blad het, lei ‘n jong Suid-Afrikaanse span wat Namibië besoek vir ‘n T20 Internasionale-driehoekreeks teen Namibië en Zimbabwe, gevolg deur ‘n eendagwedstryd-reeks van drie w

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 27


Kellnerstraat sien rooi oor skielike rooi strepe
Ondernemings in Kellnerstraat in Westdene in Bloemfontein is moedeloos oor die skielike beperkte parkeerplek in die straat nadat 'n kontrakteur aanpassings gemaak het op ‘n verkeersroete van die munisipale busdiens Hauweng. Die kontrakteur het namens die Mangaung-metro die werk gedoen. BloemnuusExpress berig Bezuidenhouts-prokureurs sê hul en ander ondernemings se parkering is destyds volgens die munisipaliteit se bepalings ingerig sodat klante wat nie binne kan stilhou nie,

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Thoko Didiza bly aan as speaker
Die speaker van die parlement, Thoko Didiza, het die mosie van wantroue wat die EFF teen haar gebring het, oorleef. Maroela Media berig altesaam 282 LP’s het Woensdag teen die mosie gestem, met 101 ten gunste van haar verwydering as speaker. Die leier van die EFF, Julius Malema, het die mosie teen Didiza gebring ná haar besluit om nie president Cyril Ramaphosa se aansoek in die Kaapstadse hooggeregshof teen te staan om die afsettingskomitee te dwing om voorlopig sy werk te st

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Vroue verskyn nou ook op SA muntstukke
Vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse geskiedenis, is twee muntstukke vrygestel met vroue op. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het twee herdenkingsmunte bekendgestel wat vroue se bydrae tot die land se vryheidstryd vereer. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se webtuiste herdenk die eerste R2-muntstuk 125 jaar sedert Charlotte Maxeke die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het om met ’n universiteitsgraad te gradueer. Die tweede merk 70 jaar sedert die 1956-vroueopto

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Bfn sekuriteitspersoneel vaar goed by ‘n nasionale kompetisie
Die sekerheidsmaatskappy Securiforce van Bloemfontein se Gewapende Reaksie-afdeling het 'n uitsonderlike vertoning tydens die South African Intruder Detection Services Association (SAIDSA) se Reaction Man-kompetisie van 2026 gelewer. Volgens 'n mediaverklaring beklemtoon kompetisie die dissipline, gereedheid, spanwerk en operasionele vermoë wat die grondslag vorm van die maatskappy se diens aan sy kliënte en gemeenskappe. Die SAIDSA Reaction Man-kompetisie toets die praktiese

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Menslike oorskot is op die UV-kampus gevind
Menslike oorskot is in ’n asdrom op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus in Bloemfontein gevind. Die voorval het naby die Wynand Mouton-teater plaasgevind en daar was ’n sterk polisieteenwoordigheid op die kampus. Netwerk24 berig die oorskot is vermoedelik van 'n baba of fetus. Polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane sê die mediese ondersoeker se verslag is nog nie beskikbaar nie. Dié verslag sal die polisie help om te bepaal watter klagte ondersoek moe

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Die 9/11-verhoor begin in 2028
Die verhoor van die vermeende meesterbrein van die 11 September-aanvalle en sy drie medebeskuldigdes sal na verwagting op 5 Junie 2028 begin. Khalid Sheikh Mohammed en die drie mans staan tereg op aanklagte in verband met die aanvalle in September 2001 wat byna 3 000 mense se lewe geëis het. ’n Militêre regter van die VSA het beslis dat die verhoor voor ’n militêre tribunaal sal plaasvind. Mohammed word daarvan beskuldig dat hy die komplot georkestreer het om gekaapte passa

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


‘n Middeljarige vrou is vas vir dwelmhandel in Zastron
‘n Middeljarige vrou en twee mans is in Zastron in die Vrystaat in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel. Die drie verdagtes is vroeg Woensdag tydens Operasie Diamond in hegtenis geneem, waarby die Valke, Taktiese Reaksiespan en Misdaadintelligensie betrokke was. Die polisie sê die verdagtes is in 2025 geïdentifiseer te midde van kommer oor die verspreiding van kristal-metamfetamien en mandrax in Zastron. Ondersoekers het verskeie skyntransaksies uitgevoer waarin die verda

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


‘Werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging’
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê werkloosheid onder vroue bly ’n uitdaging. Chikunga het ’n Nasionale Persklub Vrouemaand Onderskeidingsdialoog gelei, ter herdenking van 70 jaar sedert die historiese Vroue-optog van 1956. Sy sê data van Statistieke Suid-Afrika toon dat vroue in die land ’n hoër werkloosheidsyfer as mans aangeteken het. Sy doen ’n beroep op sterker roetes wat jong vroue met onderwys, finansiële ondersteuning, net

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 27


Die Verkiesingshof beboet die Good-party
Die Verkiesingshof het die Good-party gelas om R90 000 te betaal vir die oortreding van die Wet op Politieke Befondsing. Die hof het die party skuldig bevind aan versuim om ’n skenking wat hulle ontvang het, bekend te maak. Die hof het ook die skenkermaatskappy, Electrox Properties, gelas om ’n boete van R40 000 te betaal vir die oortreding van dieselfde wet. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hulle sal verlof om teen die hof se bevinding te appelleer, versoek. LUI

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Suid-Afrikaners is onder diegene wat ná die vloede in Nepal vermis word
Vier Suid-Afrikaners is onder diegene wat vermis word ná die kitsvloede wat die Nepal-Tibet-grens hierdie week getref het. Honderde mense word steeds vermis nadat modder en rotse in ‘n rivier op die Himalaja-grens van Nepal en China se Tibet ineengestort het. Die ineenstorting het oorstromings veroorsaak wat deur bergdorpe en valleie gespoel het. Die polisie sê 162 mense is oorlede en talle word vermis. Volgens owerhede is daar na raming 300 buitelandse burgers onder die ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Die hof moet besluit of Bester se saak gereed is vir verhoor
Die Hooggeregshof in Bloemfontein sal na verwagting Vrydag bepaal of al die uitstaande regsake in Thabo Bester se saak afgehandel is en of die saak gereed is vir verhoor. SABC News berig Bester sal saam met sy medebeskuldigde, dr. Nandipha Magudumana, in die hof wees. Bester het in 2022 uit die Mangaung-korrektiewe sentrum ontsnap, wat destyds deur G4S bestuur is. Hy en Magudumana staan saam met voormalige G4S-werknemers tereg. Sy regsverteenwoordigers sê hulle kon sedert sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Die arbeidsdepartement tree op teen nie-nakoming
Die Departement van Indiensneming en Arbeid sê dat dit pogings sal opskerp om te verseker dat hoëronderwysinstellings voldoen aan die wette oor gelyke indiensneming. Die departement het bevind dat 91% van die instellings wat in die afgelope finansiële jaar geïnspekteer is, nie aan die Wet op Gelyke Indiensneming voldoen het nie. Dit het byna 1 950 inspeksies tussen April verlede jaar en Maart vanjaar uitgevoer. Slegs 181 instellings het voldoen, terwyl 1 767 nie voldoen het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


’n Reeks-oortreder kry 20 jaar tronkstraf
’n 60-jarige man wat met verskeie huisbraak- en diefstalsake verbind is, is tot ’n gekombineerde 20 jaar tronkstraf gevonnis. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli het forensiese ondersoeke ook aan die lig gebring dat George Maxwell Dundee se saakdossier tot 1980 terugstrek. Dundee is verbind met verskeie sake in onder meer Bloemfontein, Kimberley en Galeshewe. Hy is onder meer skuldig bevind aan huisbraak en diefstal nadat vingerafdruk- en DNS-bewys

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27


Toenemende misdaad op Vrystaatse plase wek kommer
Daar is toenemende kommer oor ’n toename in misdaadvoorvalle op plase in verskeie dele van die Vrystaat. Volgens inligting wat deur Vrystaat Landbou gedeel is, is verskeie voorvalle onlangs aangemeld waar ’n soortgelyke werkswyse gevolg is. ’n Verdagte is verlede week in die Excelsior-gebied in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om honde te vergiftig en ’n bakkie te steel. In die Hobhouse-gebied is drie verdagtes, wat vermoedelik van Lesotho afkomstig is, in ver

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 27
bottom of page


