top of page



Die ANC beskuldig Trump van aggressie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree. Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is. LUISTER: Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is b

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


SA se bydrae tot die G20-webtuiste is verwyder
Alle inligting wat deur Suid-Afrika op die G20-webtuiste gelaai is, is verwyder. Dit kom nadat Amerika se president Donald Trump amptelik sy voorsitterskap begin het. Die G20-webwerf het tans slegs ʼn landingsblad, waar ʼn swart-en-wit foto van Trump verskyn met die teks, “Miami 2026. The best is yet to come”. Maroela Media berig die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gesê dat Trump die G20 sal laat terugkeer na die kernmissie om ekonomiese groei en voorspoed te d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 2, 2025


Ramaphosa skrik nie vir Trump se G20-dreigement nie
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika sal voortgaan om deel te neem as ‘n volwaardige, aktiewe en konstruktiewe lid van die G20. Die Amerikaanse president Donald Trump het onlangs gedreig om Suid-Afrika se bywoning van volgende jaar se beraad in Miami te blokkeer. Ramaphosa het die nasie Sondagaand toegespreek en die land se setel aan die G20-tafel herbevestig. Die president sê dit moet duidelik gemaak word dat die land ‘n lid van die G20 is in eie naam en reg. LUISTER: Pr

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


Cosatu waarsku politici om nie spanning met die VSA vir publisiteit te gebruik nie
Cosatu sê politici moet vermy om publisiteit te soek oor spanning met die VSA. Die vakbondfederasie sê die Presidensie moet voortgaan om pogings te lei om hierdie spanning aan te spreek. Rosestad-nuus het vroeër berig Amerikaanse president Donald Trump sê Suid-Afrika sal nie na volgende jaar se G20-beraad genooi word nie. Dit het veroorsaak dat die spanning tussen die VSA en Suid-Afrika weier om te bedaar. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die verhouding

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


G20: Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle presidentskap aangebied
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het ‘n suksesvolle G20-presidentskap afgehandel en lande gelei tot ooreenkoms oor komplekse globale kwessies. Hy het Maandag in sy weeklikse nuusbrief besin oor die land se G20-presidentskap, wat gefokus het op die temas van solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid. Meer as 130 vergaderings het duisende afgevaardigdes dwarsdeur die jaar na die land gelok voor die G20-leiersberaad. Volgens Ramaphosa was die G20 belangrik vir Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


Ntshavheni sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê daar is geen spanning tussen Suid-Afrika en die VSA nie. Albei lande bly deel van die G20-troika, wat die Verenigde Koninkryk (VK) insluit. Suid-Afrika behoort saam met die VSA en die VK te werk oor die volgende twee jaar wanneer die G20-voorsitterskap oorneem. Ntshavheni sê die deelname van ander lande kan nie afgewater word nie, en Suid-Afrika se stem sal gehoor word. Sy het ook die Withuis-sekretaris Karoline Leavit

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 24, 2025


G20: Kritieke minerale en kunsmatige intelligensie
Die G20-leiersberaad word vandag vir sy tweede en laaste dag voortgesit. Volgens Netwerk24 sal die afgevaardigdes vandag die rol van kritieke minerale en kunsmatige intelligensie onder die loep neem voor die afsluitingseremonie. Weens die diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA sal die gebruiklike seremoniële oorhandiging van die presidentskap nie plaasvind nie. Bilaterale gesprekke tussen Indië en Suid-Afrika sal ook vandag plaasvind. G20 2025. FOTO: AllAfrica

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 23, 2025


Sachs kritiseer Trump vir afwesigheid van G20-beraad
Die Amerikaanse ekonoom professor Jeffrey Sachs het die Amerikaanse president Donald Trump se afwesigheid by die G20-beraad in Johannesburg hierdie naweek gekritiseer. Sachs het Vrydag by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) se 2025-stigterslesing in Pretoria gepraat. Hy het Trump se besluit om die G20-leiersberaad nie by te woon nie, vergelyk met ‘n kleuter wat ‘n woedebui het. Sachs sê Trump is woedend omdat die VSA in ‘n diep neurotiese toestand verkeer, en die oorsaak

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 22, 2025


G20: Die eerste besoekers land in Suid-Afrika
Verskeie leiers van toonaangewende ekonomieë het in Suid-Afrika aangekom om hierdie naweek se G20-beraad in Johannesburg by te woon. Leiers wat reeds in die land is, sluit in die Australiese premier, Anthony Albanese, en die president van die Europese Unie-kommissie, Ursula von der Leyen. Intussen het President Cyril Ramaphosa saam met Von der Leyen en die President van die Europese Raad, António Costa, vergader. Hulle het die versterking van die vernootskap tussen Suid-Afrik

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: Die Withuis sê Ramaphosa versprei ‘fopnuus’
Die Amerikaanse Withuis beskuldig president Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem. SABC News berig Ramaphosa het laat Donderdagmiddag aangekondig dat Amerika ’n ommeswaai oor sy G20-deelname gemaak het nadat Trump einde verlede week ’n algehele boikot afgekondig het. Volgens Netwerk24 het die woordvoerder van die Withuis, Karoline Leavitt, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


G20: 'Sosiale beraad is 'n historiese mylpaal'
President Cyril Ramaphosa beskryf die G20- sosiale beraad as ‘n historiese mylpaal vir globale samewerking. Die idee van die sosiale beraad het in Brasilië begin, en Suid-Afrika het dit van 14 sosiale groepe na 22 uitgebrei. Suid-Afrika se sosiale beraad spog met die bekendstelling van sewe Nalatenskapsprojekte. Ramaphosa sê die beraad is moontlik die beste G20-beraad ten alle tye, want dit bring lande bymekaar met ‘n fokus op inklusiwiteit, eenheid en die gees van Ubuntu. LU

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 21, 2025


‘Suid-Afrika is gereed vir die G20’
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê Suid-Afrika is gereed om internasionale besoekers wat die G20-beraad hierdie naweek bywoon te verwelkom. Die G20-beraad sal Saterdag en Sondag in Johannesburg plaasvind. Sy sê die lugvaartsektor het alle kritieke voorbereidings voltooi om aan die streng standaarde te voldoen wat vir die historiese geleentheid verwag word. LUISTER: Intussen dreig Amerikaanse president Donald Trump dat ʼn konsensus-verklaring met die G20-leiersberaar

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Ramaphosa sê die ANC kan nie soos 'n mafia bestuur word nie
President Cyril Ramaphosa het lede binne die ANC uitgedaag om vir hom ʼn datum te verskaf waarop hy moet bedank. Dit volg ná gerugte die ronde gedoen het dat hy direk ná die G20-beraad, wat op 22 en 23 November plaasvind, as president gaan bedank. Hy het aan lede van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee gesê diegene wat teen hom is, moet hom direk nader en ophou om, soos hy dit beskryf, in hoekies te fluister. Die NUK het die naweek in Germiston vergader. Ramaphosa sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


Solidariteit beplan 'n groot rasveldtog tydens die G20-beraad
Solidariteit het aangekondig dat hulle ‘n volskaalse rasveldtog tydens die G20-beraad hierdie maand beplan. Dit kom nadat president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, aan die media gesê het dat hierdie veldtogte onbelangrik en sinneloos is. Solidariteit se veldtogaksie sal op rasse-onregverdigheid fokus. Hulle sal Maandag ‘n dokumentêr in Pretoria bekendstel en ‘n reeks groot advertensieborde op hoofroetes na die G20-beraad plaas wat die regering se rasse-onre

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 8, 2025


‘Ramaphosa gaan nog nie bedank nie’
President Cyril Ramaphosa sal nie ná die G20-leiersberaad later vandeesmaand uit sy posisie tree nie. Die president se spesiale gesant na die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Bejani Chauke, het Woensdag op die sosiale mediaplatform X gerugte oor Ramaphosa se bedanking van die hand gewys, en dit ontstellend en ongegrond genoem. Hy beweer dat die gerugte daarop gemik is om die suksesvolle opbou van die eerste G20-beraad ooit op die vasteland in die gedrang te bring. Intussen beri

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025
bottom of page

