top of page




Polisie ondersoek ’n skietvoorval en gemeenskapgeregtigheid
Polisie in Botshabelo in die Vrystaat ondersoek ’n skietvoorval en ’n daaropvolgende voorval van sogenaamde gemeenskapgeregtigheid ná geweld in Afdeling W die naweek. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommisaris in die Vrystaat is ’n 43-jarige vrou twee keer deur ’n onbekende man geskiet. Die verdagte het haar glo na ’n oop veld naby ’n rioolgebied gesleep. Lede van die gemeenskap het die vrou se hulpgeroep gehoor en ingegryp, waarna hulle die verdagte

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Acsa sê daar is voldoende vliegtuigbrandstof
Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (Acsa) sê daar is voldoende vliegtuigbrandstof by die land se drie hooflughawens. Dít ondanks wêreldwye voorsieningsdruk. Die ontwrigting hou verband met konflik in die Midde-Ooste en versperde verskepings deur die Straat van Hormuz, wat pryse skerp laat styg het. Plaaslike lugrederye het reeds tydelike brandstoftoeslae ingestel. Acsa sê OR Tambo het tot sewe dae se voorraad, Kaapstad vier dae en King Shaka meer as 15 dae. ACSA. FOTO: SAAFF

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Die DA sluit by die RNE aan
Die federale raadsvoorsitter van die DA, Helen Zille, sê die party het by die regering van nasionale eenheid aangesluit om stabiliteit in Suid-Afrika te help verseker. Haar kommentaar volg terwyl die DA sy federale kongres dié naweek in Midrand hou, waar nuwe leiers verkies sal word voor die 2026 plaaslike regeringsverkiesings. Ongeveer tweeduisend afgevaardigdes woon die tweedaagse konferensie by. Die DA sê die geleentheid dui op ’n belangrike nuwe hoofstuk, met leiers wat b

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


’n Suksesvolle handelswysiging met China bring ’n groot deurbraak vir SA sitrusbedryf
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom ’n groot deurbraak vir die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf. Dit volg ná ’n suksesvolle handelswysiging met China. Die nuwe ooreenkoms verslap die vereistes vir koue-behandeling, wat produksiekoste vir plaaslike boere sal verlaag en uitvoer-doeltreffendheid sal verbeter. Suid-Afrika is reeds die grootste sitrus-uitvoerder na China, en hierdie stap poog om die huidige 11,5-miljoen kartonne jaarliks verder uit te brei. Minister

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Suid-Afrika sak terug op die wêreldindeks vir beleggingsaantreklikheid
Suid-Afrika het teruggesak op ’n wêreldindeks wat beleggingsaantreklikheid meet. Die land het vyf plekke geval tot 12de uit 25 op Kearney se 2026-indeks vir direkte buitelandse beleggingsvertroue. Die afname word deels toegeskryf aan ’n daling in mynbou-uitset laat verlede jaar. Volgens Statistieke Suid-Afrika het produksie in November met 2,7% op ’n jaargrondslag gedaal. Die verslag wys ook op politieke onsekerheid, infrastruktuur-probleme en stygende kostes as faktore wat b

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die DA vergader om 'n nuwe leierskap te kies
Die DA vergader die naweek by die Gallagher-konferensiesentrum om ’n nuwe leierskap te kies en sy beleidsposisie binne die regering van nasionale eenheid te versterk. Meer as tweeduisend afgevaardigdes sal riglyne vasstel vir hervormings, terwyl die party steeds haaks is met die ANC oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die DA se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê die kongres sal fokus op die beskerming van private gesondheidsorg en buitelandse beleid terwyl hulle voorberei op

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens tree uit sy rol
John Lamola sal aan die einde van die maand as die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bedank, net meer as ‘n jaar na sy permanente aanstelling. Die SAL-raad en die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het Vrydag die aanvaarding van sy bedanking bevestig. Lamola het die pos aanvaar terwyl die lugredery die langdurige gevolge van die COVID-19-pandemie hanteer het. Die SAL-raad sê Lamola het ‘n sleutelrol gespeel in die heropbou van die lugredery en dit te

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Ramaphosa sê Eskom sal Suid-Afrika se hoofkragopwekker bly
President Cyril Ramaphosa sê Eskom sal altyd die hoofopwekker van elektrisiteit in die land wees. Ramaphosa het Vrydag ‘n toesigbesoek by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga afgelê. Hy het pogings geprys om die sukkelende nutsmaatskappy, wat eens onder die wêreld se top-energiemaatskappye gereken is, om te keer en het personeel en leierskap geloof vir die verbetering van prestasie. Ramaphosa sê Eskom het die goedkoopste elektrisiteit gelewer en kon industrialiseer. Eskom. FOT

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


InvestSA eenstopwinkel sal Maandag geloots word
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sal Maandag amptelik die Invest South Africa (InvestSA) Eenstopwinkel in die Noord-Kaap loods. Die bekendstelling dui op ‘n beduidende uitbreiding van die regering se beleggingsfasiliteringsraamwerk, wat daarop gemik is om burokratiese vertragings te verminder, projek-implementering te versnel en die gemak van handel dryf oor provinsies heen te verbeter. Die departement sê die InvestSA Eenstopwinkel vorm deel van S

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Twee rowers is vasgetrek na 'n reeks gewapende rooftogte
'n Gesamentlike operasie deur die Bloemfonteinse polisie en private sekuriteit het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes wat verbind word met 'n reeks gewelddadige rooftogte in die stad. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat is die verdagtes, onderskeidelik 26 en 37 jaar oud, deel van 'n groep wat slagoffers geteiken het terwyl hulle 'n donkergrys of swart BMW gery het. Die voorvalle het vroeg Woensdagoggend in JB Mafo

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die Vrystaatse regering gaan oneerlike kontrakteurs swartlys.
Die Vrystaatse regering sê hy gaan streng optree teen oneerlike kontrakteurs wat by staatsprojekte betrokke is. Volgens Netwerk24 het Premier MaQueen Letsoha-Mathae die week in 'n vergadering in Bloemfontein aangedui dat kontrakteurs wat hul werk nie behoorlik verrig nie, op ’n swartlys geplaas sal word. Dit beteken hulle kan ook verhinder word om in ander provinsies vir tenders aansoek te doen. Die stap volg op toenemende kommer oor swak dienslewering en projekte wat nie vol

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


ATM vra dat president Cyril Ramaphosa bedank.
Die African Transformation Movement (ATM) vra dat president Cyril Ramaphosa bedank ná die jongste verwikkelinge rondom die Phala Phala-skandaal. Volgens Maroela Media volg dit nadat ’n verslag oor die saak vroeër vanjaar gedeklassifiseer is, hoewel dit nie volledig aan die publiek beskikbaar is nie en slegs deur regsprosesse verkry kan word met sekere dele wat uit geswart is. Die ATM meen die inhoud van die verslag wek ernstige vrae oor aanspreeklikheid en leierskap, en dat R

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Data toon steeds groot onderverhalings.
Data van die Sentrale Energiefonds toon steeds groot onderverhalings waat motoriste steil brandstofprysstygings in Mei kan laat ondervind. Oorsigdata dui op petrolonderverhalings van tussen R3,25 sent en R3,63 sent per liter, terwyl dieselonderverhalings wissel van R10,80 sent tot R10,84 sent per liter. Alhoewel die onderverhalings sedert die begin van April verbeter het, bly pryse onder druk ten spyte van ‘n tydelike verslapping gekoppel aan ‘n wapenstilstandaankondiging. Te

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


'n Verdagte is vas vir die moord op Marius van der Merwe
Die polisie het bevestig dat ‘n verdagte wat vermoedelik Marius van der Merwe, ook bekend as Getuie D in die Madlanga-kommissie, doodgeskiet het, Saterdag in Johannesburg in hegtenis geneem is. Die polisie sê die voertuig wat vermoedelik gebruik is op die dag waarop Getuie D vermoor is, is ook in beslag geneem. Die verdagte sal Maandag sy eerste verskyning voor die Brakpan-landdroshof maak. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die ondersoekspan is op die grond, besig m

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne gekanselleer
Formule 1 het die Bahrain- en Saoedi-Arabiese Grand Prix-wedrenne wat vir April beplan was, gekanselleer weens die konflik in die Midde-Ooste. Die sport se beheerliggaam, die FIA, en Formule Een-bestuur het bevestig dat die wedrenne voorlopig nie op die kalender vervang sal word nie. Bahrain se wedren by die Sakhir-baan sou op 12 April plaasvind, gevolg deur die Saoedi-Arabiese Grand Prix in Jeddah die volgende naweek. Amptenare sê die besluit is geneem weens veiligheidsrisik

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


Owerhede waarsku vaartuie wat onwettig Suid-Afrikaanse waters binnekom
Owerhede het ’n sterk waarskuwing uitgereik nadat vier Chinese vissersvaartuie onderskep is omdat hulle onwettig Suid-Afrikaanse waters binnegekom het. Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het saam met ’n taktiese span van die Suid-Afrikaanse Polisiediens die vaartuie verlede week opgespoor. Hulle het sonder toestemming die land se eksklusiewe ekonomiese sone binnegekom. ʼn Ondersoek toon die vaartuie was binne 12 seemyl van die KwaZulu-Natalse kus en is later

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan leefstyloudits in ’n gefaseerde proses instel
Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan leefstyloudits vir sy amptenare in ’n gefaseerde proses instel. Die nasionale direkteur van openbare vervolging, advokaat Andy Mothibi, sê die proses sal begin by uitvoerende en senior bestuurslede voordat dit na ander amptenare uitgebrei word, veral dié in hoërisiko-rolle. Die stap volg op ’n oproep deur die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, dat instellings in die justisie- en sekuriteitskluster aanspreeklikheid moet versterk. Mothi

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


Doktor Alan Boesak beskryf Lekota as 'n eerlike en nederige mens.
Doktor Allan Boesak het gister die medestigter van Cope, Mosiuoa Lekota, beskryf as ‘n man wie se ware nalatenskap in sy eerlikheid, dissipline en nederigheid lê. Lekota is Saterdag in Bloemfontein in die Vrystaat ter ruste gelê. Boesak sê Lekota se nalatenskap begin en eindig nie met Cope nie. Hy sê sy waarde as persoon en sy waarde as vriend, is veel belangriker as die politieke party wat hy gestig het. Mosiuoa Lekota Begrafnis. FOTO: EWN

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


'n Buitelandse man is in Ficksburg inhegtenis geneem
Die Ficksburg-polisie in die Vrystaat het ’n 41-jarige buitelandse man in hegtenis geneem nadat hy tydens ’n stop-en-deursoek-operasie in besit van ’n vermoedelik gesteelde CCTV-kamera gevind is. Volgens 'n mediaverklaring van die Kantoor van die Waarnemende Provinsiale Kommissaris in die Vrystaat het die inhegtenisname gister middag plaasgevind toe polisie roetinepatrollies in die dorp uitgevoer het en ’n verdagte man opgemerk het. Tydens die inhegtenisname is daar ook op da

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Die parlement sal volgende week die situasie in die Midde-Ooste bespreek
Die parlement sal volgende week Donderdag die toenemende konflik in die Midde-Ooste bespreek nadat die leier van Bosa, Mmusi Maimane, daarvoor gevra het. Die speaker het die versoek goedgekeur sodat parlementslede die implikasies van die onlangse Amerikaanse aanval op Iran en breër streekspanning kan oorweeg. Die debat sal na verwagting fokus op Suid-Afrika se buitelandse beleidsposisie, die veiligheid van Suid-Afrikaanse burgers in die streek en moontlike ekonomiese gevolge

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Ramaphosa keur die ontplooiing van soldate vir Operasie Prosper goed
President Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van 2200 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag goedgekeur om saam met die polisie te werk onder Operasie Prosper. Die operasie, wat tot Maart volgende jaar duur, sal onwettige mynbou en bendes in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Wes-Kaap teiken. Die ontplooiing sal meer as R823-miljoen kos. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa versoek verder gemeenskappe om met wetstoepassing saam te w

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


'n Bloemfontein stiefpa is gevonnis vir seksuele aanranding van 'n minderjarige
Parkweg-polisie verwelkom die vonnisoplegging van ’n 42-jarige stiefpa van Bloemfontein wat skuldig gepleit het op ’n aanklag van seksuele aanranding. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat het die saak aan die lig gekom toe ’n 13-jarige leerder by die Jim Fouché Laerskool haar vertroue in ’n skoolmaatskaplike werker gestel het en ontstellende voorvalle by die huis aangemeld het. Volgens ondersoekers het die beskuldigde die minde

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Munisipaliteite moet teen einde Maart nuwe kragtariewe indien
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het nuwe sperdatums aangekondig vir munisipaliteite om hul elektrisiteitstariefaansoeke vir die 2026/27-boekjaar in te dien. Munisipale elektrisiteitsverspreiders moet hul tariefaansoeke teen die einde van hierdie maand indien, na aanleiding van ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof wat die tydlyne aangepas het. Dit volg op Nersa se goedkeuring van Eskom se kleinhandeltarief- en strukturele aanpassingsaansoek, wat

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 14


Brandstofpryse kan styg ondanks prysdalings
Motoriste kan hoër brandstofheffings in die gesig staar, ondanks onlangse prysdalings. Kenners meen die minister van finansies sal waarskynlik beide die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefonds-heffing met sy begrotingsrede volgende week verhoog. Kenners meen die regering kan die geleentheid gebruik om inflasie-gekoppelde verhogings in te stel terwyl brandstofpryse op vierjaar-laagtepunte is. Heffings voeg reeds meer as ses rand per liter by die pompprys. Dit ten sp

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 20
bottom of page

