top of page




Suid-Afrika is nou amptelik 'n jaar sonder beurtkrag, volgens Eskom
Eskom sê Suid-Afrika het ‘n volle jaar sonder beurtkrag om middernag voltooi, die eerste sodanige tydperk sedert 2018. Die kragverskaffer sê die kragstelsel bly stabiel ten spyte van stygende winteraanvraag, en skryf verbeterings aan sy Opwekkingsherstelplan toe. Eskom hou vol dat sy Wintervooruitsigte steeds op geen beurtkrag dui nie. Die kragverskaffer het ook ‘n groot daling in dieselbesteding gerapporteer. Tussen April en middel Mei vanjaar het Eskom ongeveer R590-miljoen

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Die ACDP vra vir strenger optrede teen sogenaamde watermafia’s
Die ACDP sê Suid-Afrika se waterkrisis spruit voort uit swak instandhouding, korrupsie en falende infrastruktuur. Die ACDP-leier, Kenneth Meshoe, het in die parlement gepraat en die Departement van Water en Sanitasie aangespoor om die herstel van bestaande stelsels te prioritiseer in plaas daarvan om ydelheidsprojekte te loods. Hy het ook gevra vir strenger optrede teen sogenaamde watermafia’s wat infrastruktuur beskadig en die voorsiening ontwrig. Die party waarsku dat milja

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens waarsku teen 'n nuwe uitvissing-bedrogspul.
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het belastingbetalers gewaarsku oor ‘n nuwe uitvissing-bedrogspul wat vals belastingvereffeningskennisgewingsboodskappe behels. Die Inkomstediens sê misdadigers stuur e-posse en SMS’e wat baie soos amptelike kommunikasie lyk en druk ontvangers om beweerde uitstaande belasting in bedrieglike bankrekeninge in te betaal. Die kennisgewings dra dikwels titels soos finale aanvraag of vereffeningskennisgewing en bevat kwaadwillige skakels. Die Inkom

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


'n Man is tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis vir verkragting
'n Man is in die Sasolburg-streekhof tot 24 jaar gevangenisstraf vir verkragting gevonnis. Volgens 'n polisieverklaring was die destyds 14-jarige slagoffer in 2021 by ’n snoepwinkel naby haar woning waar sy vir Godfrey Mokoena, wat sy geken het, ontmoet. Hy het haar met geweld aan die hand gegryp en haar beveel om saam met hom na sy woning te gaan. Hy het die slagoffer na ’n nabygeleë park geneem, waar hy haar binne ’n verlate houer verkrag het. Daarna het hy haar na sy wonin

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Die ATM doen 'n beroep oor die probleem met onwettige immigrante
Die ATM doen ‘n beroep op die Departement van Binnelandse Sake om die probleem van onwettige immigrante aan te spreek. Die party blameer die departement vir die toenemende aantal werklose Suid-Afrikaners en buitelanders wat misdaad in die land pleeg. Volgens die ATM neem sommige werkgewers onwettige immigrante in diens, en dit dra by tot die hoë werkloosheidsyfer. Die ATM-leier in die parlement, Vuyo Zungula, sê die Departement van Binnelandse Sake moet ook Europese en Amerik

Saamgestel deur Armando Pieters
May 16


Strenger reëls geld nou vir buitelanders wat in SA wil aftree
Buitelandse afgetredenes wat na Suid-Afrika wil verhuis, staar nou strenger reëls in die gesig om goedgekeur te word vir ‘n aftreevisum van die Departement van Binnelandse Sake. Die nuwe vereistes sluit nou ‘n minimum ouderdomsvereiste en hoër finansiële vereistes in lyn met die lewenskoste in Suid-Afrika in. Aansoekers moet ook voortaan ‘n gedeelte van hul welvaart aan Suid-Afrika toewy. Volgens die Witskrif is hierdie veranderinge daarop gemik om te verseker dat aftreevisum

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Die VSA en Iran het nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms te bereik nie
Die VSA en Iran het nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms te bereik om die oorlog in die Midde-Ooste te beëindig nie. Dit volg ná 21 uur van vredesgesprekke in Pakistan. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, het dit aangekondig tydens ‘n media-inligtingsessie nadat die onderhandelinge geëindig het. Die gesprekke was die hoogste vlak van besprekings tussen die twee lande sedert die Islamitiese Rewolusie van 1979. Vance het tekortkominge in die gesprekke aangehaal en beweer da

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf
Eskom bestee miljarde rande minder aan diesel om sy oopsiklus-gasturbines te bedryf. Die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, sê die turbines is die laaste paar maande bykans glad nie gebruik nie. Die land het nou al 328 dae lank agtereenvolgens geen beurtkrag gehad nie. Die turbines is in die verlede hoofsaaklik gebruik om beurtkrag te versag. Volgens Marokane het Eskom sy uitgawes aan diesel vir die oopsiklus-gasturbines in die afgelope boekjaar met 62-komma-vier-ses p

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Dienslewering gaan voort ten spyte van polisie-inhegtenisname
Die polisie in die Vrystaat het die gemeenskap gerusgestel dat dienslewering nie ontwrig sal word deur die inhegtenisneming van nege polisiebeamptes by die Bultfontein-polisiestasie nie. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het die beamptes in hegtenis geneem in verband met ‘n dodelike skietvoorval in die Vrystaat. Hulle het na bewering drie burgerlikes en ‘n konstabel in 2024 doodgeskiet terwyl hulle gereageer het op ‘n huishoudelike geskil oor ‘n selfoon. SA

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


'n Verdagte is in Zastron aangekeer vir die beweerde verkragting van vrou
Polisie in Zastron, in die Vrystaat, het ’n 29-jarige man in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ’n 26-jarige vrou in Ezibeleni. Volgens ’n mediaverklaring van die kantoor van die Provinsiale Kommissaris in die Vrystaat, het die voorval op Vrydagaand, 3 April, plaasgevind toe die slagoffer saam met ’n vriend by ’n plaaslike taverne was. Ná hulle die perseel verlaat het, het die verdagte haar genader en daarop aangedring dat sy saam met hom na sy woning gaan. To

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar
Oud-Springbok Naka Drotské word vir R9-miljoen rand gedagvaar ná ’n beweerde onderonsie met ’n buurman in Bloemfontein. Volgens Netwerk24 het die voorval ontstaan ná ’n rusie wat glo begin het met opmerkings oor Drotské se vrou en daarna geëskaleer het in ’n fisieke konfrontasie tussen die betrokke partye. Die buurman, Vivian John de la Hunt, dagvaar nou Drotské en ’n vriend vir skadevergoeding van R9-miljoen . Dit hou glo verband met beserings wat hy tydens die voorval opge

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Polisie ondersoek ’n skietvoorval en gemeenskapgeregtigheid
Polisie in Botshabelo in die Vrystaat ondersoek ’n skietvoorval en ’n daaropvolgende voorval van sogenaamde gemeenskapgeregtigheid ná geweld in Afdeling W die naweek. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommisaris in die Vrystaat is ’n 43-jarige vrou twee keer deur ’n onbekende man geskiet. Die verdagte het haar glo na ’n oop veld naby ’n rioolgebied gesleep. Lede van die gemeenskap het die vrou se hulpgeroep gehoor en ingegryp, waarna hulle die verdagte

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Acsa sê daar is voldoende vliegtuigbrandstof
Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika (Acsa) sê daar is voldoende vliegtuigbrandstof by die land se drie hooflughawens. Dít ondanks wêreldwye voorsieningsdruk. Die ontwrigting hou verband met konflik in die Midde-Ooste en versperde verskepings deur die Straat van Hormuz, wat pryse skerp laat styg het. Plaaslike lugrederye het reeds tydelike brandstoftoeslae ingestel. Acsa sê OR Tambo het tot sewe dae se voorraad, Kaapstad vier dae en King Shaka meer as 15 dae. ACSA. FOTO: SAAFF

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Die DA sluit by die RNE aan
Die federale raadsvoorsitter van die DA, Helen Zille, sê die party het by die regering van nasionale eenheid aangesluit om stabiliteit in Suid-Afrika te help verseker. Haar kommentaar volg terwyl die DA sy federale kongres dié naweek in Midrand hou, waar nuwe leiers verkies sal word voor die 2026 plaaslike regeringsverkiesings. Ongeveer tweeduisend afgevaardigdes woon die tweedaagse konferensie by. Die DA sê die geleentheid dui op ’n belangrike nuwe hoofstuk, met leiers wat b

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


’n Suksesvolle handelswysiging met China bring ’n groot deurbraak vir SA sitrusbedryf
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, verwelkom ’n groot deurbraak vir die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf. Dit volg ná ’n suksesvolle handelswysiging met China. Die nuwe ooreenkoms verslap die vereistes vir koue-behandeling, wat produksiekoste vir plaaslike boere sal verlaag en uitvoer-doeltreffendheid sal verbeter. Suid-Afrika is reeds die grootste sitrus-uitvoerder na China, en hierdie stap poog om die huidige 11,5-miljoen kartonne jaarliks verder uit te brei. Minister

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Suid-Afrika sak terug op die wêreldindeks vir beleggingsaantreklikheid
Suid-Afrika het teruggesak op ’n wêreldindeks wat beleggingsaantreklikheid meet. Die land het vyf plekke geval tot 12de uit 25 op Kearney se 2026-indeks vir direkte buitelandse beleggingsvertroue. Die afname word deels toegeskryf aan ’n daling in mynbou-uitset laat verlede jaar. Volgens Statistieke Suid-Afrika het produksie in November met 2,7% op ’n jaargrondslag gedaal. Die verslag wys ook op politieke onsekerheid, infrastruktuur-probleme en stygende kostes as faktore wat b

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die DA vergader om 'n nuwe leierskap te kies
Die DA vergader die naweek by die Gallagher-konferensiesentrum om ’n nuwe leierskap te kies en sy beleidsposisie binne die regering van nasionale eenheid te versterk. Meer as tweeduisend afgevaardigdes sal riglyne vasstel vir hervormings, terwyl die party steeds haaks is met die ANC oor die Nasionale Gesondheidsversekering. Die DA se beleidshoof, Mat Cuthbert, sê die kongres sal fokus op die beskerming van private gesondheidsorg en buitelandse beleid terwyl hulle voorberei op

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens tree uit sy rol
John Lamola sal aan die einde van die maand as die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bedank, net meer as ‘n jaar na sy permanente aanstelling. Die SAL-raad en die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het Vrydag die aanvaarding van sy bedanking bevestig. Lamola het die pos aanvaar terwyl die lugredery die langdurige gevolge van die COVID-19-pandemie hanteer het. Die SAL-raad sê Lamola het ‘n sleutelrol gespeel in die heropbou van die lugredery en dit te

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Ramaphosa sê Eskom sal Suid-Afrika se hoofkragopwekker bly
President Cyril Ramaphosa sê Eskom sal altyd die hoofopwekker van elektrisiteit in die land wees. Ramaphosa het Vrydag ‘n toesigbesoek by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga afgelê. Hy het pogings geprys om die sukkelende nutsmaatskappy, wat eens onder die wêreld se top-energiemaatskappye gereken is, om te keer en het personeel en leierskap geloof vir die verbetering van prestasie. Ramaphosa sê Eskom het die goedkoopste elektrisiteit gelewer en kon industrialiseer. Eskom. FOT

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


InvestSA eenstopwinkel sal Maandag geloots word
Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sal Maandag amptelik die Invest South Africa (InvestSA) Eenstopwinkel in die Noord-Kaap loods. Die bekendstelling dui op ‘n beduidende uitbreiding van die regering se beleggingsfasiliteringsraamwerk, wat daarop gemik is om burokratiese vertragings te verminder, projek-implementering te versnel en die gemak van handel dryf oor provinsies heen te verbeter. Die departement sê die InvestSA Eenstopwinkel vorm deel van S

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Twee rowers is vasgetrek na 'n reeks gewapende rooftogte
'n Gesamentlike operasie deur die Bloemfonteinse polisie en private sekuriteit het gelei tot die inhegtenisname van twee verdagtes wat verbind word met 'n reeks gewelddadige rooftogte in die stad. Volgens 'n verklaring van die kantoor van die provinsiale kommissaris in die Vrystaat is die verdagtes, onderskeidelik 26 en 37 jaar oud, deel van 'n groep wat slagoffers geteiken het terwyl hulle 'n donkergrys of swart BMW gery het. Die voorvalle het vroeg Woensdagoggend in JB Mafo

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Die Vrystaatse regering gaan oneerlike kontrakteurs swartlys.
Die Vrystaatse regering sê hy gaan streng optree teen oneerlike kontrakteurs wat by staatsprojekte betrokke is. Volgens Netwerk24 het Premier MaQueen Letsoha-Mathae die week in 'n vergadering in Bloemfontein aangedui dat kontrakteurs wat hul werk nie behoorlik verrig nie, op ’n swartlys geplaas sal word. Dit beteken hulle kan ook verhinder word om in ander provinsies vir tenders aansoek te doen. Die stap volg op toenemende kommer oor swak dienslewering en projekte wat nie vol

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


ATM vra dat president Cyril Ramaphosa bedank.
Die African Transformation Movement (ATM) vra dat president Cyril Ramaphosa bedank ná die jongste verwikkelinge rondom die Phala Phala-skandaal. Volgens Maroela Media volg dit nadat ’n verslag oor die saak vroeër vanjaar gedeklassifiseer is, hoewel dit nie volledig aan die publiek beskikbaar is nie en slegs deur regsprosesse verkry kan word met sekere dele wat uit geswart is. Die ATM meen die inhoud van die verslag wek ernstige vrae oor aanspreeklikheid en leierskap, en dat R

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11


Data toon steeds groot onderverhalings.
Data van die Sentrale Energiefonds toon steeds groot onderverhalings waat motoriste steil brandstofprysstygings in Mei kan laat ondervind. Oorsigdata dui op petrolonderverhalings van tussen R3,25 sent en R3,63 sent per liter, terwyl dieselonderverhalings wissel van R10,80 sent tot R10,84 sent per liter. Alhoewel die onderverhalings sedert die begin van April verbeter het, bly pryse onder druk ten spyte van ‘n tydelike verslapping gekoppel aan ‘n wapenstilstandaankondiging. Te

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 11
bottom of page


