top of page


Alle Plasings


’n Bloemfonteinse aktrise verteenwoordig SA in Ghana
’n Aktrise van Bloemfontein verteenwoordig Suid-Afrika in Ghana as deel van die derde seisoen van die Africa Monologue Challenge. Volgens My City Bloemfontein neem Melane Hamman saam met kunstenaars van regoor Afrika en die diaspora aan die Pan-Afrikaanse toneel- en kultuurinisiatief in Accra deel. Hamman is vroeër vanjaar as een van die finaliste aangewys nadat meer as 2 000 inskrywings van regoor Afrika en die diaspora ontvang is. Die Africa Monologue Challenge bied aan Afr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Die taxibedryf word deel van SAID se belastingfokus
Die taxibedryf gaan meer aandag van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, oftewel SAID, kry as deel van pogings om die land se belastingbasis te verbreed. Volgens IOL sê SAID hy fokus toenemend op die informele ekonomie en die taxibedryf om belastingnakoming te verbeter. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, oftewel Santaco, verwelkom die fokus en sê dit is deel van ’n formalisering- en korporatiseringsproses wat reeds sowat ses jaar aan die gang is. Die meeste taxibesighede w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Niemand behoort alleen limfoom te hanteer nie
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sê mense wat deur limfoom geraak word, behoort nie alleen deur hul diagnose, behandeling en herstel hoef te gaan nie. Dit kom voor Wêreld-limfoombewustheidsdag, wat jaarliks op 15 September waargeneem word. Limfoom is ‘n groep bloedkankers wat in die limfatiese stelsel ontwikkel. Die Nasionale Kankerregister het in 2024 2346 gevalle van nie-Hodgkin-limfoom onder Suid-Afrikaanse mans en vroue aangeteken. Vroeë mediese evaluering k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


’n Plaaslike polisiesersant is in botsing oorlede
’n Polisiesersant is oorlede nadat ’n polisievoertuig op die N8 tussen Bloemfontein en Botshabelo in ’n botsing betrokke was. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het lede van die Bloemspruit-gemeenskapsdienssentrum in die vroeë oggendure ’n klagte ontvang en patrollievoertuie is uitgestuur. Twee ander voertuie, een van die Kopanong- en een van die Heidedal-polisiekantore, het as rugsteun by die patrollie aangesluit. Die voertuie het in ’n k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Christene staar toenemende vervolging in die gesig
‘n Nuwe verslag deur die Christelike vervolgingsliefdadigheidsorganisasie Open Doors waarsku dat ekstremistiese geweld in Nigerië weer toeneem. Dit stel Christelike gemeenskappe aan voortdurende risiko van moorde, ontvoerings en ontworteling bloot. Die verslag, Nigeria at the Crossroads, toon meer as 3 400 mense is tussen Oktober en Desember 2025 ontvoer – ‘n toename van 153% vanaf 2024. Open Doors het ook byna 1 740 burgerlike moorde aangeteken, ‘n toename van 51% Christene

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Kenners waarsku teen die aanvaarding van alle webwerfkoekies
Kenners waarsku dat die aanvaarding van alle koekies op webwerwe derdeparty-opsporingsprogramme kan toelaat om data in te samel. Kubersekuriteitspesialis Danny Myburgh sê gebruikers deel moontlik onwetend hul aanlyngewoontes oor verskeie platforms. Hy verduidelik dat webwerfkoekies gebruik kan word om databasisse van ‘n gebruiker se aanlynaktiwiteit oor baie jare te bou. Hy sê dat hoewel hulle aanvanklik onskadelik mag lyk, die inligting wat hulle stoor met ander bronne gekom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Die Joshlin Smith-saak bly ‘n aktiewe ‘n vermiste persoon ondersoek
Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat die ondersoek na Joshlin Smith se verdwyning steeds ‘n aktiewe vermiste persoon-saak is. Dit volg op onlangse bewerings deur gemeenskapsaktiviste dat nuwe bewyse wat met die saak verband hou, in Saldanhabaai gevind is. Hulle wil hê die polisie moet vasstel of verskeie items wat die afgelope twee jaar deur ‘n vrywillige soekspan gevind is, met die kind se verdwyning verbind kan word. Spore van Smith se DNS is na bewering op sommige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Nigerië verbied wetgewers om amptelike besoeke aan SA te bring
Nigerië se Nasionale Vergadering sê hy het alle amptelike besoeke aan Suid-Afrika opgeskort weens voortdurende geweld teen immigrante. Meer as 1 600 Nigeriërs is vanjaar vrywillig uit Suid-Afrika ontruim te midde van spanning wat glo met xenofobie verband hou. Die verbod geld vir wetgewers, parlementêre komitees, amptenare en personeel. Dit strek ook tot virtuele interaksies. Nigerië se Nasionale Vergadering sê hy nie kan ignoreer dat Nigeriërs in Suid-Afrika doodgemaak, of b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Ezemvelo skenk 20 renosters aan Botswana
Ezemvelo KZN Wildlife het 20 swartrenosters, wat kritiek bedreig is, aan ’n privaatreservaat in Botswana geskenk. Die diere is na die Deception Valley-privaatreservaat verskuif as deel van die Black Rhino Range Expansion Project, ’n vennootskap tussen Ezemvelo en die World Wide Fund for Nature (WWF). Die renosters is sowat agt weke gelede in sewe wildreservate in Suid-Afrika gevang. Die groepering van die diere sal die nuwe bevolking ’n beter kans gee om te vestig, voort te p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Infrastruktuur by die Heidedal-swembad is glo deur diefstal en vandalisme beskadig
Die Heidedal Munisipale Swembad in Bloemfontein bly gesluit nadat die pompstasie en elektriese infrastruktuur glo deur diefstal en vandalisme beskadig is. Volgens die DA se burgemeesterskandidaat vir Mangaung, Werner Pretorius, behoort die swembad binne die volgende maand weer vir inwoners van Heidedal, Ashbury en omliggende gebiede beskikbaar te wees. Die swembad bied aan jongmense ’n plek om sosiaal te verkeer, af te koel en lewensvaardighede aan te leer, veral namate tempe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor bereik sesjaar-hoogtepunt
Volgens Eskom het sy energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar tot dusver het tot 67.7%-gestyg, die hoogste vlak in ses jaar. Die nutsmaatskappy sê onbeplande kragonderbrekings het tussen April en September tot 19.4% gedaal, wat ‘n afname van meer as 7% vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar verteenwoordig. Verbeterde betroubaarheid van Eskom kragstasievloot het ongeveer 6 098 megawatt se opwekkingskapasiteit na die netwerk teruggebring vergeleke met drie jaar gelede. M

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Paaie in Bloemfontein word vir MACUFE gesluit
Verskeie paaie en kruisings in Bloemfontein word vandag en môre vir die MACUFE-hooffees gesluit. Volgens die Mangaung-metro sal padsluitings rondom die feesterrein motoriste onder meer by Henrystraat en Tweede Laan, Henrystraat en die dieretuin-ingang, Kingsway- en Zola Buddstraat, Kingswaystraat by Hek 5 van Toyota-stadion, asook Zola Budd- en Atthourakstraat raak. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik en geduldig te wees. Die metro sê die padsluitings i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Die herontwikkeling van Telkom Towers is gereed om voort te gaan
Die parlement verwelkom die vordering met die herontwikkeling van Pretoria se Telkom Towers na meer as ‘n dekade van wanbestuur. Ongeveer R1.4 miljard is bestee aan die verkryging en instandhouding van die kompleks, met ‘n verdere R776-miljoen in verliese. ‘n Voorgestelde vennootskap met die privaat sektor kan miljarde aan beleggings ontsluit, duisende werksgeleenthede in die konstruksiebedryf skep en die regering se afhanklikheid van duur private huurkontrakte verminder. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Simelane doen ‘n beroep op sterker vennootskappe
Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, doen ‘n beroep op sterker plaaslike regering en groter burgerlike betrokkenheid om dienslewering te verbeter. Simelane het tydens The Platform Weekly Webinar-reeks beklemtoon dat betroubare water, sanitasie, elektrisiteit, paaie en vullisverwydering noodsaaklik is vir waardigheid en ekonomiese ontwikkeling. Sy sê die regering moet as een stelsel werk, terwyl burgers, professionele persone en besighede moet help om muni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Manamela kondig veranderinge aan bestuur by Nsfas aan
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het maatreëls aangekondig om bestuur en leierskap by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) te versterk. Advokaat Richardt Tlou Ramashia is as die tussentydse voorsitter van die raad aangewys, terwyl vakatures gevul sal word om die raad se kundigheid te verbeter. Waseem Carrim sal aanbly as waarnemende hoof- uitvoerende beampte terwyl die soektog na ‘n permanente hoof- uitvoerende beampte voortduur. Manamela sê d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Voorgestelde wysigings kan dit moeililk maak om onwettige mynbou op te spoor
AfriForum waarsku dat voorgestelde 2026-wysigings aan mynwette onwettige mynbou moeiliker kan maak om op te spoor indien tradisionele en kleinskaalse mynboupermitte ingestel word sonder groter regulatoriese en wetstoepassingskapasiteit. Die wetsontwerp maak voorsiening vir boetes van tot R100-miljoen of 30 jaar gevangenisstraf vir sekere oortredings en versterk die Suid-Afrikaanse Polisiediens se bevoegdhede. AfriForum se raadgewer vir Omgewingsake, Marais de Vaal, sê forma

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


BepiColombo nader Mercurius ná ’n reis van miljarde kilometers
Die Europese Ruimte-agentskap se BepiColombo-sending het ná ’n reis van byna agt jaar nou sy laaste fase op pad na Mercurius bereik. Volgens die agentskap het die ruimtetuig se Mercurius-oordragmodule op 3 September van die res van die ruimtetuig losgemaak. BepiColombo het tot dusver sowat 9,9 miljard km afgelê en nege verbyvlugte by planete gebruik om sy baan na Mercurius aan te pas. Die sending is slegs die derde om Mercurius te besoek. Twee wetenskapruimtetuie sal later va

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 12


Die parlementêre ad-hoc-komitee kry uitstel om sy verslag te finaliseer
Die parlementêre ad-hoc-komitee wat korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel ondersoek, het tot 30 Oktober tyd gekry om sy verslag te finaliseer. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die uitstel toegestaan. Dit is die komitee se sesde uitstel sedert dit in Maart mondelinge getuienis afgehandel het. Die verhouding tussen die omstrede sakeman, Brown Mogotsi, en die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, bly ‘n kernkwessie. Die DA sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


’n Hommeltuigvertoning herdenk die slagoffers van die 9/11-aanvalle
’n Hommeltuigvertoning wat New York se Twin Towers herskep, is bo die New York-hawe onthul om die slagoffers van die aanvalle op 11 September te herdenk. Organiseerders sê 2 977 hommeltuie is gebruik om die torings op volle skaal te herskep, met elke liggie wat een van die 2 977 mense verteenwoordig wat in die aanvalle gesterf het. Die kunswerk is geskep in samewerking met kunstenaars, vervaardigers, slagoffers se families, oorlewendes en nooddienswerkers. FOTO: TikTok

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


MIDDAG SPORT: Taylor keer terug om die All Blacks te lei, die vroueklubkampioenskap keer terug en, Messi is op koers om Eldense oor te neem
Ons begin met rugby-nuus: Die ervare haker, Codie Taylor, is teruggeroep as kaptein van Nieu-Seeland vir Saterdag se vierde toets teen Suid-Afrika in Baltimore, met afrigter Dave Rennie wat nege veranderinge aanbring. Taylor vervang die beseerde kaptein Ardie Savea en sal ’n heeltemal nuwe voorry saam met Ethan de Groot en Fletcher Newell lei, terwyl Patrick Tuipulotu, Ethan Blackadder, Peter Lakai en Tupou Vaa’i ook by die pak vooraan aansluit. Richie Mo’unga vervang Ruben L

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 11


El Niño kan verdere druk op SA se waterbronne plaas
Die Departement van Water en Sanitasie waarsku dat El Niño verdere druk op Suid-Afrika se reeds beperkte waterbronne kan plaas. Die departement sê die droë en warm toestande wat met El Niño gepaardgaan, kan alle sektore van die samelewing en die ekonomie nadelig beïnvloed. Die departement het hierdie kommer uitgespreek tydens ’n inligtingsessie met die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings. Dit raai munisipaliteite aan om hul pogings te verskerp om wate

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


‘n Nuwe beweerde dwelm vat pos onder skoolkinders
'n Nuwe middel is onder leerlinge in Gauteng gevind wat glo gebruik word om hulle in 'n dwelm-beswyming te kry. Die Gautengse Onderwysdepartement het ondersoeke by verskeie skole van stapel gestuur na die sogenaamde “oil spice”. Central News berig die polisie het monsters geneem om vas te stel wat daarin is en hoe dit verkoop word. Totdat laboratoriumuitslae verkry is, is “oil spice” ’n straatnaam en nie ’n chemiese formule nie. Onderwysers en polisiebeamptes beskryf ’n olier

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


Nog ‘n nie-amptelike datum eis migrante om SA te verlaat
'n Anti-migrantegroep het nog 'n nie-amptelike sperdatum aangekondig vir buitelandse burgers wat in Suid-Afrika werk. Business Tech berig die groep het migrante tot 30 September gegee om die land te verlaat. Dit volg op ’n vorige sperdatum wat die groep vir 30 Junie gestel het, wat saamgeval het met ’n poging om die land daardie dag tot stilstand te bring. Die jongste sperdatum kom nadat spanning tussen betogers en migrante wat naby die departement van binnelandse sake se...

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11


Vrae heers oor ‘n vermeende jong verkragter wat nog nie in die hof verskyn het nie
Nadat ’n tienerseun glo ’n jonger leerling in ’n klaskamer verkrag het terwyl die onderwyser teenwoordig was, het die verdagte nog nie in die hof verskyn nie. Netwerk24 berig die polisie se sersant Wesley Twigg het Dinsdag gesê die 17-jarige seun sou daardie selfde dag in die hof verskyn vir die beweerde verkragting van 'n 14-jarige klasmaat by 'n laerskool in Atlantis in die Wes-Kaap. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, het

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11
bottom of page


