top of page
Alle Plasings


Prinsesse vlug uit die Verenigde Koninkryk
Prins Andrew se dogters, Beatrice en Eugenie, het stilweg hul tuisland verlaat terwyl hul pa van sy koninklike titels gestroop en hy uit sy koninklike wonings gesit is. News.com.au berig die susters het die skandaal vermy deur twee verskillende vakansies te neem. Hulle sal steeds hul koninklike titels behou ten spyte daarvan dat hul ouers hulle s'n verloor het. Die nuus van die koninklikes se reise het gekom kort voordat Buckingham-paleis Donderdag aangekondig het dat Konin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


‘n Bejaarde is oorlede na ‘n passasierskip haar per ongeluk op ‘n eiland vergeet
’n 80-jarige vrou van Sydney is dood op Lizard-eiland aan Australië se Groot Koraalrif aangetref nadat sy per ongeluk deur haar passasierskip agtergelaat is. Maroela Media berig Suzanne Rees het van die Coral Adventurer afgestap vir ’n uitstappie saam met ander passasiers. Sy het glo siek gevoel tydens die staptog en is aangeraai om terug te draai. Die skip het die eiland sowat vyf uur later verlaat, glo sonder om ’n passasiersopname te doen. Haar liggaam is die volgende d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


Mense spring in om ‘n Vrystater en sy hond te help
Mense in het ingespring en gehelp nadat 'n Vrystater se hond deur ‘n motor getref is. Volgens Good Things Guy het die man by verskeie skuilings om hulp gevra maar niemand kon help behalwe die Virginia DBV. Sonder huiwering het die man 15km met Option in sy arms na hulle toe gestap. Die DBV kon Option nie sonder dringende veeartsenykundige sorg help nie, en dis toe dat hulle die gemeenskap aanlyn om hulp gevra het. Binne ure na die pleidooi het emmers vol hoop ingestroom. Op

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


‘n Seun van Bloem verdrink byna by ‘n gastehuis
‘n 10-jarige seun het byna by ‘n gastehuis in Bloemfontein verdrink. Hy sterk tans aan in ‘n waakeenheid in die stad. Volgens Netwerk24 het die seun en sy gesin glo in die gastehuis tuisgegaan. Die eienaars van die gastehuis in Universitas het op ‘n WhatsApp-groep om hulp gevra, waarna verskeie nooddienste na die toneel gestuur is. Een van die mense op die toneel het gesê dat die kind vir omtrent twee minute onder die water was. Bystanders het dadelik KPR begin toepas, die k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


Korrupsie belemmer munisipale prestasie
Korrupsie, finansiële wanbestuur, ‘n gebrek aan administratiewe kapasiteit en onvoldoende aanspreeklikheid belemmer munisipale prestasie. Dit volgens die adjunkpresident Paul Mashatile. Hy sê benewens ander uitdagings belemmer al hierdie dinge ook dienslewering. Mashatile het mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy voeg by die Nasionale Dialoog is byeengeroep om hierdie uitdagings aan te spreek en sleutelbeginsels vas te stel. Van die sleutelbeginsels slui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


Suid-Afrikaners word aangemoedig om finansiële doelwitte te stel
Suid-Afrikaners word aangemoedig om hierdie Finansiële Beplanningsmaand te gebruik om nuwe finansiële doelwitte te stel, en hul vordering vir die toekoms dop te hou. ʼn Onlangse Sanlam-opname het bevind dat 60% van die respondente skuld as hul grootste finansiële uitdaging geïdentifiseer het. Dit terwyl 62% gesê het dat hulle daarna streef om impulsiewe besteding te beperk. Sanlam se hoof van Kanaal- en Segmentbemarking, Lee Hancox, sê baie Suid-Afrikaners sukkel met skuld,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31


KRIEKET: Indië sal teen Suid-Afrika in die Wêreldbeker-eindstryd te staan kom
Indië het Donderdag teen die gedugte Australië die geskiedenisboeke herskryf toe hulle die verdigende kampioen met 5 paatjies geklop het en hulle plek in die Wêreldbeker-eindstryd verseker het. Indië sal nou Sondag in die eindstryd teen Suid-Afrika te staan kom. Australië, wat Donderdag die loot gewen het, was in sy kolfbeurt almal terug op die paviljoen vir 338 lopies in 49.5 boulbeurte. Indië het dié teiken met nog nege aflewerings oor, verbygesteek. Indië se 341/5 is nou o

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31


SOKKER: Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis het ‘n nuwe vierjaarkontrak onderteken
Die president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa), Danny Jordaan, het aangekondig dat Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis ‘n nuwe vierjaarkontrak onderteken het en nou kan voorberei vir die volgende Afrika-beker van Nasies vir Vroue. Jordaan het dit gedeel tydens die Amajimbos se afskeidsgeselligheid vir die FIFA onder 17-Wêreldbeker by OR Tambo-lughawe, waar Ellis ook teenwoordig was. Banyana het gekwalifiseer vir volgende jaar se Wafcon ten spyte van Ellis se

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31


RUGBY: Jesse Kriel berei hom voor vir ‘n taai toets teen Japan Saterdag
Springbok-senter Jesse Kriel berei hom voor vir ‘n taai toets teen Japan Saterdag in Londen se Wembley-stadion. Die toets teen Japan skop Suid-Afrika se vyf weke lange November-toer af. Kriel, wat vir Japan se Canon Eagles speel, sê dat gedeelde liga-ervaring tussen sommige Suid-Afrikaanse en Japannese spelers ekstra intensiteit tot die wedstryd voeg. Die Bokke sal dan teen Frankryk, Italië, Ierland en Wallis in vier verdere toetse tydens die Castle Lager-toer te staan kom.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 31


'n Bejaarde vrou van Frankfort is vermoor
'n Bejaarde vrou van Frankfort in die Vrystaat is vermoor. Die polisie van Mafube sê 'n klag is Woensdag ontvang, en met hul aankoms op die toneel is die liggaam van 'n 71-jarige vrou op die vloer gevind. Haar nek, hande en voete was vasgebind. Die polisie vra hulp in die soektog na verdagtes wat met die insident verbind kan word. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


'n Wit UV-student sê ander moet ook minderbevoorregte swart studente bystaan
'n Tweedejaar-BA-student aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het onlangs opslae gemaak het toe sy die enigste wit student was wat aan die betogings teen die universiteit se voorgestelde registrasiebeleid deelgeneem het. Shanay Heydenrych, wat self deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) gefinansier word, sê sy verstaan die pyn en frustrasie agter die betogings. Netwerk24 berig Heydenrych sê dit is veral ontstellend wanneer ander wit studente negati

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


Die oorsaak van die ongeluk op die N3 moet nog bepaal word
Die polisie moet nog die oorsaak van die ongeluk bepaal waarin agt mense op die N3-snelweg tussen Van Reenenspas en Montrose in die Vrystaat dood is. Ses ander mense is beseer en na die Thebe-hospitaal in Harrismith geneem nadat 'n minibus-taxi en 'n vragmotor Donderdagoggend gebots het. SABC News berig 'n woordvoerder vir die verkeersinspektoraat, Sindi Msimang, sê die vragmotor was na bewering op 'n steilte toe dit krag verloor het. Dit het toe agteruit gerol en met die aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


GIMNASTIEK: Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan skitter op die internasionale verhoog
Van Suid-Afrika tot Engeland het Span SA hul pad na 'n uitstekende resultaat gebaan. Suid-Afrika se senior vroue-artistiese gimnastiekspan het met trots silwer by die gesogte Rushmoor Rose Bowl International in Engeland gewen en hul talent op die internasionale verhoog ten toon gestel. Die Rushmoor Rose Bowl is een van Brittanje se bekendste gimnastiek-uitnodigings, wat elite-gimnaste van regoor die wêreld lok. Nou in sy 44ste jaar, ontwikkel die geleentheid steeds om aan die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30


SOKKER: Marumo Gallants deur na die Carling Knockout Cup-halfeindronde
Marumo Gallants het ‘n oortuigende 4-0 oorwinning oor Stellenbosch FC Woensdagaand by die Dokter Petrus Molemela-stadion behaal en vol selfvertroue na die Carling Knockout Cup-halfeindronde deurgedring. Ten spyte daarvan dat hulle onlangs vir die CAF Konfederasiebeker gekwalifiseer het, het Stellenbosch sterk begin met vroeë dreigemente van Devin Titus en Langelihle Phili, wat albei die doel net-net gemis het. Hul gemiste geleenthede het egter duur te staan gekom toe Gallants

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30


TENNIS: Sinner vaar goed in die openingswedstryd van die Paryse Meesters-toernooi
Jannik Sinner het gister sy soeke na ‘n Paryse Meesters-titel en ‘n terugkeer na wêreldnommer een afgeskop met ‘n 6-4, 6-2 oorwinning oor Zizou Bergs. Die heersende kampioen Alexander Zverev het ook deurgedring na ‘n taai driestel-wedstryd. Na wêreldnommer een Carlos Alcaraz se verrassende uitskakeling in die rondte van 32, sou Sinner se eerste ATP 1000-titel in Parys hom terug na die top stoot. Jannik Sinner. FOTO: Sky Sports

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30


'n Geliefde Bloemfonteiner met Down se sindroom is skielik oorlede
’n Geliefde man van Bloemfontein met Down se sindroom, Johan Coetzer, is in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein dood. Volksblad berig sy afsterwe Woensdagaand was vermoedelik aan hartversaking, nadat hy 'n tyd lank met longontsteking in die hospitaal was. Jeannette Geldenhuys-Smit, 'n Bloemfonteinse weldoener wat ’n sterk band met Coetzer en sy ma, Dollie, gehad het, sê sy wil bydraes vir Coetzer se begrafnis insamel om hom die begrafnis te gee “wat hy verdien”. Hy en sy m

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


Vyf is in hegtenis vir die diefstal van die Louvre-juwele
Frankryk se polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die diefstal van juwele ter waarde van $102 miljoen uit die Louvre-museum se Apollo-galery in Parys. The Guardian berig twee mans wat vroeër in hegtenis geneem is, het gedeeltelik skuld erken. Die gesteelde juwele bly vermis, maar owerhede hoop die jongste inhegtenisnemings sal lig werp. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


Trump hou vol dat niks die wapenstilstand in die Midde-Ooste in gevaar kan stel nie
Nadat Hamas daarvan beskuldig is dat hulle die wapenstilstandooreenkoms in twee afsonderlike voorvalle oortree het, is ongeveer 104 Palestyne Dinsdagaand in ‘n vlaag Israeliese aanvalle in Gaza dood. Die Hamas-wapenstilstandskending het kort na onthullings gekom dat die oorskot wat die vorige nag deur die terreurgroep terugbesorg is, nie nuut was nie, maar bykomende oorskot wat aan ‘n gyselaar behoort het wie se gedeeltelike oorskot reeds vroeër in die oorlog deur die IDF her

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 30


Nuwe Seta-raadslede lok kritiek uit
Die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, het byna ‘n maand ná hul aanstelling, die name van nuwe Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerhede (SETA)-raadslede bekend gemaak. Die vertraging het kritiek ontlok. Dit omdat die rade glo verskeie ANC-lede insluit, onder meer ’n voormalige burgemeester van KwaZulu-Natal, jeugliga-leiers en lede van provinsiale en streeksuitvoerende komitees. Die DA se adjunkwoordvoerder oor hoër onderwys, Karabo Khakhau, sê die party sal die saa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30


Koeberg Eenheid 1 is suksesvol by die nasionale kragnetwerk herkoppel
Eskom se Eenheid 1 by die Koeberg-kernkragsentrale is weer aan die nasionale netwerk gekoppel. Die kragverskaffer sê dit is ‘n belangrike mylpaal in die verdere verbetering van die sekuriteit van Suid-Afrika se elektrisiteitsvoorsiening en die terugbesorging van 930 megawatt. Beide Koeberg-eenheid 1 en Eenheid 2 is tans aanlyn, met Eenheid 1 wat besig is om voorsiening op te bou. Sodra die eenheid volle uitset bereik sal die twee eenhede gesamentlik meer as 1 860 megawatt kap

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30


Leë polisiehuise in Bloemfontein word glo geplunder
Eiendom van die polisie word glo deur haweloses beset en geplunder in Bloemfontein. Netwerk24 berig in mees onlangste geval het ‘n huis in die Universitas-woonbuurt afgebrand. Luidens ‘n WhatsApp-groep word die huis al maande gevandaliseer, met onwettige besetters wat ingetrek en vuur in die huis gemaak het. Die huis is die naweek deur vlamme veswelg. Voorsitter van die Universitas-en-Universitas-Wes-woonbuurtvereniging, Frikkie Einsenberg, sê onwettige studentebehuising in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30


Vermeende inbrekes loop hul rieme styf in Bloem
Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem na hulle inligting oor ‘n huisbraak in die Wilgehof-gebied ontvang het. Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Trio-taakspan ‘n wenk ontvang oor die voertuig wat die verdagtes bestuur het. Lede het vinnig gereageer en die voertuig opgespoor. Na 'n kort jaagtog is die verdagtes aangekeer. Die twee is onmiddellik in hegtenis geneem. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê beamptes het vermoedelik gesteelde eiendom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 30


KRIEKET: Die Proteas-vroue vir die eerste keer tot die eindstryd van ‘n wêreldbeker-toernooi
Laura Wolvaardt het gister uitsonderlike leierskap getoon met ‘n briljante 169 toe Suid-Afrika Engeland met 125 lopies verpletter het om hul eerste eendagwedstryd vir vroue se wêreldbeker-eindstryd te haal. Met ‘n totaal van 319-7 het Suid-Afrika se boulers Engeland vir 194 lopies in 42.3 boulbeurte uitgehaal. Marizanne Kapp het 42 lopies bygedra, en daarna vyf paaltjies geneem vir 20 lopies. Die 35-jarige Kapp is nou met 44 paaltjies agter haar naam die voorste paaltjievraat

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30


RUGBY: Williams is opgewonde om Japan by die ikoniese Wembley-stadion te trotseer
Springbok-skrumskakel Grant Williams sien gretig uit na die wedstryd teen Japan by Londen se Wembley-stadion hierdie naweek. Williams, wat gekies is om op die bank te begin, beskryf dit as ‘n eer en ‘n voorreg om die Bok-groep te haal. Die afskop is Saterdagaand om 18:10. Terwyl hy opgewonde is om vir die eerste keer by Wembley te speel, bly Williams waaksaam oor Japan se vinnige skrumskakels. Grant Williams. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30
bottom of page

