top of page

Alle Plasings


Vliegtuigongelukke neem toe
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid sê hulle is bekommerd oor die toename in vliegtuigongelukke in die land. Suid-Afrika het 43 vliegtuigongelukke hierdie boekjaar aangeteken. Twaalf van hierdie ongelukke het die lewe van 17 mense geëis. Die owerheid sê dit is ‘n toename van 10 sterftes in vergelyking met die vorige boekjaar. Hulle voeg by vlieëniers moet ekstra waaksaam wees hierdie feestyd, aangesien die aantal vlugte na verwagting sal toeneem. Ter illustrasie. FOTO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Daar is ‘n soete vooruitsig vir SA se sjokoladeliefhebbers
Suid-Afrikaanse sjokoladeliefhebbers kan hierdie feestyd na verligting uitsien namate wêreldwye kakaopryse daal - na twee jaar van skerp wisselvalligheid. Terwyl die daling welkome asemhalingsruimte vir vervaardigers en verbruikers bied, waarsku ontleders dat die sektor steeds kwesbaar is. Coface se hoofekonoom, Simon Lacoume, sê die pryskorreksie is bemoedigend, maar volg op ‘n intense tydperk van spanning, en onderliggende risiko’s in wêreldwye kakaoproduksie bly voortduur.

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


Die land se gemiddelde salaris bereik ‘n rekordhoogtepunt
Die gemiddelde salaris in die land het ‘n rekordhoogtepunt bereik. Dit is volgens Statistiek Suid-Afrika se jongste Kwartaallikse Indiensnemingsopname vir die derde kwartaal van 2025. Die gemiddelde salaris wat aan formele, nie-landbouwerkers in Suid-Afrika betaal word, het kwartaal-tot-kwartaal met nul-komma-drie persent en jaar-tot-jaar met vier-komma-drie persent tot 29-duisend-490 rand gegroei. Die toename in verdienste is gedryf deur sleutelbedrywe, met die vervaardiging

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


Die Kommissie vir Geslagsgelykheid is bekommerd oor seksuele teistering
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sal ‘n belanghebber-gesprek hou om kwessies van seksuele teistering in die openbare sektor aan te spreek. Die kommissie het kommer uitgespreek oor gevalle van seksuele teistering in die openbare sektor in provinsies wat die Wes-Kaap, Limpopo en die Noordwes insluit. Die kommissie se woordvoerder, Javu Baloyi, sê Vrydag se gesprekke sal verskeie regeringsdepartemente insluit. Ter illustrasie. FOTO: Boland College

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


Gwarube sê die nodige stappe sal geneem word ná die oortreding van die matriekeksamen
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, sê die departement sal die nodige stappe neem na aanleiding van die oortreding van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen by verskeie skole in Pretoria. Gwarube sê personeellede wat daarvan verdink word dat hulle betrokke is, is geskors en die saak is by die polisie aangemeld vir kriminele ondersoek. Sy sê die betrokke leerders sal die nodige proses ondergaan, met elke saak wat individueel beoordeel word. Onskuldige leerder

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


RUGBY: Etzebeth verbreek stilte na skorsing
Die geskorste Springbok-slot, Eben Etzebeth, het vir die eerste keer in die openbaar gepraat nadat hy ‘n skorsing van 12 wedstryde ontvang het. Hy het skuld erken, maar op sosiale media gesê dat die daad ‘n fout was, en verduidelik dat hy wou hê jong ondersteuners moes verstaan dat sulke gedrag nooit aanvaarbaar is nie. Etzebeth het videogrepe gedeel en sy weergawe van die gebeure uiteengesit, terwyl hy beklemtoon het dat hy nooit bedoel het om enigiemand in die oog te stee

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


SWEM: Chad le Clos pak die Midmar vir liefdadigheid
Die Suid-Afrikaanse Olimpiese swemmer, Chad le Clos, gaan die grootste oopwaterswembyeenkoms in Suid-Afrika aandurf. Netwerk24 berig Le Clos gaan die 53ste Midmar-myl aandurf ten bate van sy stigting wat geleenthede vir jong, belowende swemmers skep. Sy stigtig, wat in 2018 op die been gebring is, is daarop gemik om veilige toegang tot swemgeriewe oor Suid-Afrika te verwesenlik, en fokus ook op ontwikkelingsprogramme. Volgens Le Clos, is hy baie opgewonde, en sê gewoonlik is

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


KRIEKET: Weer stuit die finale T20-kragmeting
Weerlig gevolg deur bestendige reën het daartoe gelei dat die derde en laaste vroue-T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Ierland by Willowmoore Park in Benoni afgelas is. Die swak weer het beteken dat spel gisterannd nooit aan die gang gekom het nie. Suid-Afrika het steeds die reeks met 2-0 beklink ná oorheersende oorwinnings van 105 lopies in Kaapstad en 65 lopies in die Paarl. Kaptein, Laura Wolvaardt, sê die span se fokus verskuif nou na die eendagreeks, wat Saterdag by Buff

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


TENNIS: Sabalenka: transgender-deelname is "nie regverdig"
Wêreldnommer 1, Aryna Sabalenka, het haar mening gegee oor die kontroversiële onderwerp van transgender-atlete in vrouetennis voor haar "Battle of the Sexes"-wedstryd teen Nick Kyrgios op 28 Desember in Dubai. Sabalenka het in 'n onderhoud gesê dat hoewel sy persoonlik "niks teen" transgender-vroue het nie, sy glo dat dit onregverdig kan wees om hulle toe te laat om in vroue-items mee te ding, aangesien hulle 'n fisiese voordeel kan hê. Sky Sports berig die WTA laat tans tran

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


Die N1 naby Verkeerdevlei is weer oop na ‘n noodlottige ongeluk
Die N1 is skoongemaak en verkeer vloei weer normaal na ‘n noodlottige botsing naby Verkerdevlei in die Vrystaat. Nooddienste is vroeër Donderdag ontbied na ‘n botsing tussen ‘n ligte vragmotor en ‘n sedan. Reaksiepersoneel het bevind dat die twee voertuie reg van voor gebots het, wat gelei het tot een sterfte, wat op die toneel verklaar is. Drie persone met geringe beserings is na Pelonomi Trauma in Bloemfontein vervoer vir verdere behandeling. ‘n Saak van strafbare manslag i

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


Daar is onsekerheid oor die aanbevole nasionale minimumloon
Die aanbevole verhoging vir die nasionale minimumloon is teruggetrek. Die Nasionale Minimumloonkommissie het ‘n verhoging van een-komma-vyf persent meer as die inflasiekoers volgende jaar aanbeveel. Dit beteken dat werkers net meer as 30 rand meer betaal sou word. Volgens berigte kan ongeveer vyf-komma-vyf miljoen werkers by hierdie verhoging baat vind. Die terugtrekking laat egter onsekerheid oor of die verhoging sal voortgaan. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 11, 2025


‘n Amptenaar lek eksamenvraestelle uit
‘n Amptenaar van die Departement van Onderwys het eksamenvraestelle en merkgidse aan matrikulante uitgelek. MyBroadband berig die minister van onderwys, Siwive Gwarube, het bevestig dat die betrokke amptenaar geskors is, en dat ‘n kriminele saak by die polisie aanhangig gemaak is. Sy sê verder leerders is ondervrae en hulle het erken dat hulle toegang tot sewe vraestelle gehad het. Die 26 leerders is van sewe skole in die Pretoria-omgewing. Indien die leerders skuldig bevind

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


Liebenberg wag nog vir ‘n bed
Sedert Louis Liebenberg se laaste hofverskyning het hy net twee plekke op die waglys vir ‘n hospitaal bed in die Weskoppies-psigiatriese hosptiaal opgeskuif. Maroela Media berig die vermeende diamandswendelaar het gister alleen in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn toe hy dié nuus meegedeel is. Die staat het aangedui Liebenberg sal minstens tot in die nuwe jaar nog moet wag voor hy vir waarneming opgeneem kan word. Hy en sy vrou, Dezzi, is die enigste van die nog sewe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


'Die land se rioolstelsels is op die rand van ineenstorting'
AfriForum se jongste watergehalteverslag toon dat, ondanks veilige drinkwater in die meeste munisipale gebiede, Suid-Afrika se rioolstelsels op die rand van ineenstorting is. Die verslag wys dat 94 van 109 rioolsuiweringsaanlegte, oftewel 86%, steeds besoedelde afvalwater in riviere en damme stort. Alhoewel 88%van drinkwatermonsters aan veiligheidstandaarde voldoen het, het net 14% van aanlegte skoon uitvloeisel gelewer. AfriForum waarsku dat vervalle infrastruktuur en swak b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


‘n Ernstige eksamenoortreding is aan die lig gebring
Daar is tydens die merkproses ‘n oortreding in die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens aan die lig gebring. Die Departement van Basiese Onderwys sê in ‘n kennisgewing die oortreding is deur hul interne moniterings- en toesigstelsels opgespoor. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube sal binnekort ‘n dringende inligtingsessie hou en meer besonderhede verskaf. Daar word ook verwag dat sy die maatreëls wat geïmplementeer word om die geloofwaardigheid van die eks

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


Munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande
Eskom sukkel steeds om die geld wat munisipaliteite aan hulle skuld, in te vorder. Die Eskom-munisipale skuld het nou tot byna R100 miljard gestyg. Hierdie skuld bly een van Eskom se struikelblokke in hul ontbodelingsproses. Volgens dié staatsbeheerde maatskappy sal hulle, ingevolge ‘n hersiene ontbondelingsstrategie, in vier dele verdeel word. Die ontbondeling sal na verwagting die speelveld in die elektrisiteitsmark gelyk maak en sal ook help om elektrisiteit bekostigbaar t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


GIMNASTIEK: Span SA skitter by Streek 5 Gimnastiek Kampioenskappe
Span Suid-Afrika het 'n sterk begin by die Streek 5 Gimnastiekkampioenskappe in Windhoek, Namibië, met indrukwekkende prestasies in ritmiese, artistieke, trampolien- en tuimelitems. Good Things Guy berig die voor-junior span met Grace Aufrichtig, Ilana De Jager, Holly Mayer en Vida Gomes het goud verower in die algehele spanitem vir ritmiese gimnastiek. De Jager en Gomes het ook individueel geskitter en eerste en tweede geëindig in die voor-junior algehele kompetisie. Die eli

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


TENNIS: Alcaraz ontvang Stefan Edberg Sportmanskap-toekenning
Wêreldnommer een, Carlos Alcaraz, het die 2025 Stefan Edberg Sportmanskap-toekenning vir die tweede keer gewen. Die toekenning, waarvoor vanjaar uitsluitlik deur voormalige wêreldnommer eens gestem is, erken sy professionaliteit en integriteit. Dit dra by tot ‘n uitstekende seisoen waarin hy as die top-gekeurde speler geëindig het en nog twee Grand Slam-titels verower het. Carlos Alcaraz. FOTO: ATP Tour

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


RUGBY: Wêreldwye druk vir veiliger rugby kry momentum
Wêreldrugby het aanbeveel dat die wettige duikslaghoogte tot sternumvlak verlaag word vir gemeenskapsvlakwedstryde. Volgens Netwerk24 is data van 'n proeftydperk ingesamel waar 150 000 duikslae 'n vermindering van tussen 8-10% ernstige kopbeserings toon met 'n laer duikslaghoogte. In SA Rugby se skool- en klubrugbykompetisies is die nuwe wette vir laer duikslaghoogte - wat duikslae by of onder die basis van die sternum vereis - reeds aangeneem. Daar word nou toenemend gepraat

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


Talle mense word daagliks vermoor
Alhoewel onlangse misdaadstatistiek ’n daling in moorde in die eerste twee kwartale van 2025/26 toon, word gemiddeld 63 mense steeds daagliks vermoor. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê meer as tienduisend moordklagte is in die 2024/2025-boekjaar vir vervolging verwys. Hy het dit in ’n parlementêre antwoord bevestig waarin hy stappe uiteensit om Suid-Afrika se hoë moordsyfer aan te spreek. Volgens Cachalia sluit verbeterings die prioritisering van sake m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 11, 2025


Bejaardes se moordenaars is die ‘verpersoonliking van boosheid’
Die twee mans wat ‘n swaar vonnis vir die moord en roof van ‘n bejaarde paartjie op ‘n plaas in die Glen-distrik, buite Bloemfontein, opgelê is – is deur die regter as ‘die verpersoonliking van boosheid’ beskryf. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ‘n mediaverklaring Mahau Lebeko en Motlalentoa Wolf is elk in die Bloemfonteinse Hooggeregshof tot twee lewenslange én 35 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die twee is in 2024 jaar vir die moord op Christo e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


‘n Oud-Bloemfonteinse onderwyseres se vermeende moordenaar is aangekeer
‘n Verdagte in die moord van ‘n oud-Bloemfonteinse onderwyseres, Karen van Aardt, is in hegtenis geneem. Maroela Media berig wetstoepassers het op die verdagte in Langa toegeslaan. Hy is ondervra en later van moord en roof aangekla. Volgens ‘n polisiewoordvoerder word moontlik nog inhegtenisnemings verwag soos die ondersoek vorder. Van Aardt, wat vroeër ‘n onderwyseres by die Universitas Primere Skool was, het langs die N2 op die hoek van Jakkalsvlei- en Jakes Gerwelrylaan in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 10, 2025


Ntshavheni verdedig getuiebeskerming na Getuie D se moord
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die getuiebeskermingsprogram moet nie gekritiseer word as dit die getuies self is wat die aanbod van die hand wys nie. Sy het tydens ‘n media-inligtingsessie in Pretoria gepraat oor die uitkomste van die kabinetsvergadering wat verlede Vrydag gehou is. Ntshavheni se kommentaar kom na die moord op Getuie D, Marius van der Merwe, wat voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het. Sy sê daar word baie aannames gema

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 10, 2025


ActionSA betwis Opod oor verseëlde Phala Phala-verslag
ActionSA het ‘n formele appèl ingedien teen die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Opod, se weiering om hul ondersoekverslag rakende Presidensiële Beskermingsbeamptes wat betrokke was by die Phala Phala-sage te ontseël. Die party sê Opod het die verslag as topgeheim geklassifiseer in stryd met kabinetsbeleid en die grondwet. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont het verklaar dat die party se optrede daarop gemik is om te verseker dat inligting nie van di

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 10, 2025
bottom of page

