top of page


Alle Plasings


‘n Vrystaatse speurder bly agter tralies
'n Vrystaatse polisiespeurder wat van korrupsie en afpersing aangekla word, is borgtog in die Sasolburg-landdroshof geweier. Polisiewoordvoerder brigadier Thandi Mbambo sê William Mahlangu se saak is tot 31 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Hy is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering geld van 'n klaer geëis het in ruil daarvoor om 'n aanrandingsaak te laat vaar. Die Vrystaatse polisie se teenkorrupsie-eenheid het die saak ondersoek en 'n lokval is opgest

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Cachalia ontken ‘n tekort aan verkragtingsbewysstelle
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, verseker Suid-Afrikaners dat daar geen tekort aan versamelstelle vir bewyse van verkragting van volwassenes of kinders in die land is nie. Cachalia het verduidelik dat die stelle noodsaaklik is vir die insameling van forensiese bewyse om ondersoeke te versterk en oortreders te help vervolg. Hy het bygevoeg dat meer stelle tans versprei word deur middel van voortgesette verkrygingsprosesse om te verseker dat polisiefasilite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Sanral se hoof-uitvoerende beampte ontken bewerings dat hy tenders beïnvloed het
Die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), Reginald Demana, het bewerings wat hom verbind met die toekenning van tenders van miljarde rande, van die hand gewys. Dit sluit in eise wat ‘n kontrak ter waarde van meer as nege-miljard rand behels. Die bewerings dui op onreëlmatighede in Sanral se verkrygingsprosesse en beskuldig Demana daarvan dat hy die aanstelling van diensverskaffers beïnvloed het. Demana het egter tydens ‘n media-inl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Die hof ondersoek Holomisa se brief in Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor
Die Pretoria-hooggeregshof het sy aandag gevestig op ‘n brief wat deur die adjunkminister van verdediging, Bantu Holomisa, geskryf is in die korrupsieverhoor van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die verhoor het sy tweede week betree met die staatsgetuie, Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu, wat haar getuienis voortsit. Sy beweer Mapisa-Nqakula het R4,5-miljoen in omkoopgeld gevra terwyl sy tussen 2016 en 2019 as minister van Verdediging gedi

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


MIDDAG SPORT: Argentinië roep 10 nuwelinge op, die Windies behou ‘n skraal voorsprong en Morrison skitter terwyl Liverpool ‘n nuwe era begin
Ons begin met rugby-nuus: Argentinië het tien spelers sonder enige toetservaring in sy groep vir volgende maand se toetse teen Suid-Afrika en Australië ingesluit nadat afrigter, Felipe Contepomi, verskeie ervare spelers weens klubverpligtinge moes weglaat. Ervare spelers soos Joaquin Oviedo, Julian Montoya, Gonzalo Garcia, Justo Piccardo en Bautista Delguy is nie beskikbaar nie omdat hulle by Europese klubs verpligtinge nakom. Die Poemas verwelkom die Springbokke op 8 Augustu

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die ANC sê die hofproses teen die president moet toegelaat word om sy gang te gaan
Die ANC sê die parlementêre proses waarby president Cyril Ramaphosa betrokke is, moet toegelaat word om voort te gaan sonder om gehaas te word, na aanleiding van die Wes-Kaap-hooggeregshof se tussentydse bevel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die hof het slegs die parlementêre komitee se openbare verhore onderbreek, nie gekanselleer nie. Die bevel laat die president se hofhersiening, wat vir 2 tot 4 September geskeduleer is, toe om voort te gaan. Mbalula be

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die regering stel billikeaandeel-fondse aan munisipaliteite vry
Die Nasionale Tesourie sal die billikeaandeel-fondse wat van munisipaliteite teruggehou is, vrystel. Hierdie maand het 69 munisipaliteite weens onreëlmatighede nie hul fondse ontvang nie. Die Nasionale Tesourie het die betrokke munisipaliteite versoek om fiskale dissipline af te dwing, verkwistende uitgawes aan te spreek en te voldoen aan die Munisipale Finansiële Bestuurswet. Twintig munisipaliteite het sedertdien hul fondse ontvang, terwyl nog 21 ’n gedeeltelike deel van di

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


‘n Tsoenami-waarskuwing is vir Japan uitgereik
'n Kragtige aardbewing van 7,1 op die Richterskaal het suidwes-Japan getref, waarna owerhede 'n tsoenami-waarskuwing vir kusgebiede uitgereik het. Nova News berig die Japanse Meteorologiese Agentskap het berig die aardbewing het die hoogste vlak van sewe op Japan se Shindo-skaal, wat grondskudding meet, bereik. Tsoenamigolwe van tot een meter hoog word langs die kus verwag. Die nasionale uitsaaier NHK het aangedui dat golwe van byna dié hoogte moontlik reeds op sommige plekke

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


‘n Man is gevonnis nadat hy sy twee susters as kinders verkrag en swanger gemaak het
’n Vrystaatse man (62) is skuldig bevind aan die herhaaldelike verkragting en seksuele misbruik van sy twee jonger susters toe hulle kinders was, wat ook daartoe gelei het dat albei swanger geraak het. Volgens ’n polisieverklaring het die misdade in 1993 plaasgevind toe albei slagoffers tien jaar oud was. Hulle is herhaaldelik deur hul broer, wat destyds 29 jaar oud was, seksueel misbruik. Albei susters het as gevolg van die mishandeling swanger geraak en het elkeen ’n seun g

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Nagskofwerkers word oornag in ‘n fabriek toegsluit
’n Tekstielfabriek in Tshwane is betrap waar werkers tydens nagskofte binne die gebou toegesluit is. Dit is aan die lig gebring tydens die regering se eerste gekoördineerde landwye arbeidsinspeksie. Bloemnuus Express berig die direkteur is in hegtenis geneem nadat inspeksies getoon het dat werkers 28 rand per uur betaal is in plaas van die wettige minimumloon van 30 rand 23 sent per uur. Hulle is ook gedwing om buitensporige ure sonder oortydbetaling te werk en was van ses-uu

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Tiger Brands belê miljoene in ‘n megavervaardigingsperseel
Tiger Brands het meer as 200 miljoen rand belê om sy historiese vervaardigingsaanleg in die Paarl in ’n moderne megavervaardigingsperseel te omskep, waar onder meer Mrs Ball se blatjang nou vir die eerste keer deur die maatskappy self vervaardig word. Maroela Media berig die aanleg, wat reeds in 1903 gevestig is, beskik ná die opgradering oor drie afsonderlike produksieaanlegte. Die belegging is die eerste van Tiger Brands se groter strukturele beleggings wat as deel van sy g

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Zuma ontbind die MK-party se presidensiële taakspan
Die leier van die Umkhonto we Sizwe party, Jacob Zuma, het sy party se presidensiële taakspan ontbind en dit vervang met die Strategtiese Presidensiële Span. Die taakspan het uit elf lede bestaan en die doel was om die party se provinsiale strukture te verbeter om vir die plaaslike regeringsverkiesings voor te berei. SABC-nuus berig Zuma sê in 'n verklaring dat die nuwe Strategiese Presidensiële Span die MK-party strategies sal lei en besluite namens die organisasie sal neem.

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die regering versuim om subsidies aan eerste huiskopers te betaal
Die regering het die afgelope paar maande versuim om subsidies aan eerste huiskopers uit te betaal. Die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie sê aansoeke vir sy Eerste Huisfinansieringsubsidie sal volgende maand heropen. Die program bied 'n eenmalige subsidie van tussen R3 501 en R22 000 aan laerinkomste eerste huiskopers. Volgens die korporasie het hy gedurende die 2025/26-boekjaar subsidie-aansoeke ter waarde van R930 miljoen ontvang. Dit was dubbel die teiken vir dié

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Glo laat rou riool visse in die Rhenosterspruit vrek
Talle dooie visse is glo die afgelope ruk in die Rhenosterspruit in Roodewal buite Bloemfontein aangetref. Daar word beweer dat die spruit deur rou riool besoedel word en dat die water 'n sterk onaangename reuk afgee. 'n Video wat aan Rosestad-nuus gestuur is, wys talle dooie visse in die spruit. Daar word ook beweer dat personeel van die Mangaung Metro Munisipaliteit watermonsters by die spruit geneem het. Inwoners sê hulle oorweeg regstappe en versamel foto's en video's as

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Binnelandse Sake stel 'n R500-verwerkingsfooi voor
Die Departement van Binnelandse Sake het voorgestel dat 'n verwerkingsfooi van R500 vir Suid-Afrika se elektroniese reismagtigingstelsel ingestel word. Die minister van binnelandse Sske, Leon Schreiber, sê die fooi sal help om die digitale visumstelsel te befonds en te onderhou. Volgens hom sal die nuwe stelsel visumaansoeke binne 24 uur kan verwerk. Ingevolge die voorstel sal reisigers uit visumpligtige lande die stelsel moet gebruik, terwyl dit aanvanklik opsioneel vir visu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Mobiele data behoort nie te verval nie
Lede van die parlement het weer bevraagteken waarom mobiele data verval. Dit volg na LP's 'n toesigbesoek aan MTN se hoofkantoor in Roodepoort afgelê het. Hulle sê daar is geen tegniese rede waarom mobiele data moet verval as verbruikers dit nie binne 'n spesifieke tydperk gebruik nie. MTN en Vodacom het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid, Okosa, hof toe geneem oor die opgedateerde reëls van die Eindgebruiker- en Intekenaardienshandves. Die opgedateerde reëls poog onder m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Iran sê hulle beheer die Straat van Hormuz
Iran sê hy behou steeds beheer oor die Straat van Hormuz. Dit twee weke ná die Verenigde State van Amerika (VSA) se bomaanvalsveldtog. Die VSA het hul veldtog hierdie naweek gestaak, en dit is nie duidelik of dit sal voortduur nie. Iran sê hulle probeer nie vredesgesprekke met die VSA hervat nie. Oliepryse het intussen gedaal namate wêreldmarkte hoop dat die konflik tussen die twee nasies tot ’n einde sal kom. Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Fokus verskuif na ‘n nuwe OBK-direksie
In plaas daarvan om die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se bestuurskwessies tydens 'n aandeelhouersvergadering aan te spreek, gaan die regering nou daarop fokus om 'n nuwe direksie aan te stel. Eyewitness News berig die vergadering is gekanselleer nadat verskeie nie-uitvoerende direkteure bedank het en die direksie nie meer genoeg lede het om die proses voort te sit nie. Minister van Finansies Enoch Godongwana sal na verwagting vandeesweek 'n lys benoemings vir Kabinetsgo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


OGGEND SPORT: Die Springbokke en die All Blacks finaliseer hul spanne, SA kry nog swemmedaljes en Korpatsch wen die Hamburg-titel
Ons skop af met rugby-nuus: All Blacks-afrigter, Dave Rennie, het ‘n groep van 44 spelers aangewys vir volgende maand se Rugby’s Greatest Rivalry-toer na Suid-Afrika, terwyl kaptein, Ardie Savea, eers kort voor die openingswedstryd op Ellis Park by die groep sal aansluit, na hy gerus is. Drie onervare spelers is ingesluit en verskeie ervare internasionale spelers het teruggekeer, met Cody Taylor wat as kaptein in Savea se afwesigheid sal optree, alhoewel die Hurricanes se med

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Sneeu word vir die suidelike Vrystaat voorspel
Boere in die suidelike Vrystaat word aangeraai om voorsorg te tref aangesien sneeu die week oor hoogliggende gebiede verwag word. SANews berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê baie koue en nat toestande word van Dinsdag tot Woensdag voorspel, veral langs die Lesotho-grens. Sneeu word ook oor dele van die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal verwag. Die Weerdiens waarsku dat die koue weer 'n negatiewe uitwerking op vee en landboubedrywighede kan hê. Ná die kouefront word droër en mooier

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Ramaphosa herbevestig Suid-Afrika se standpunt teen xenofobie en geweld
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se verbintenis tot die beskerming van die regte van almal wat in die land woon herbevestig, terwyl hy ‘n ferm standpunt teen xenofobie en geweld inneem. Hy sê die regering sal voortgaan om die oppergesag van die reg te handhaaf en die afdwing van wette te versterk om spanning te verlig. Ramaphosa voeg by die regte van beide Suid-Afrikaners en buitelandse burgers moet gerespekteer en beskerm word. Hy spoor ook ander Afrikalande aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


'n Reuse-olifantrob kuier steeds in die Tuinroete
'n Reuse-olifantrob wat sedert 15 Julie op 'n plaas in die Tuinroete rus, toon klein tekens van verbetering. Volgens inligting wat die Stranded Marine Animal Rescue Team op sosiale media gedeel het, het veeartse medikasie toegedien om sy immuunstelsel te versterk. Die sowat agt jaar oue mannetjie, wat naby aan 'n ton weeg, word steeds fyn dopgehou terwyl hy herstel. Kenners sê olifantrobbe bring die grootste deel van hul lewe in die see deur, maar kom soms vir etlike weke aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Politieke partye moet meer doen om jongmense aan te moedig om te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê politieke partye moet meer doen om jongmense aan te moedig om in die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te stem. Mamabolo het aan die Parlementêre Galeryvereniging gesê die OVK se rol is om kiesers te registreer en te verseker dat hulle korrek op die kieserslys is. Politieke partye moet beleid aanbied wat jongmense motiveer om hul stem uit te bring. Hy sê die OVK werk ook saam met...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Adams lê korrupsieklagte teen polisiegeneraals
Die leier van die National Coloured Congress (NCC), Fadiel Adams, sê hy het strafregtelike sake teen verskeie generaals van die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak, maar het geweier om hul identiteite bekend te maak. Berigte dui daarop dat die klagtes die senior ondersoeker van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac), Dylan Perumal, insluit, wat Adams van korrupsie en regsverydeling beskuldig. Die bewerings kom terwyl die voormalige Idac-hoof, advokaat Andrea

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28
bottom of page


