top of page

Alle Plasings


'n Rower gee homself oor nadat hy ‘n egpaar met ‘n sekel aanrand
'n Man is deur die Buffelshoek-polisie inhegtenis geneem vir die aanval op ‘n egpaar op hul plaas net buite Parys. Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die man het homself by die Parys-polisiestasie oorgegee. Hy het voorheen op die plaas gewerk. The Citizen berig die man word van huisroof aangekla. Rosestad-nuus het vroeër berig die verdagte het die vrou en haar dogter in die skuur op hul plaas met 'n sekel-agtige implement aangerand. Daarna het hy die man in die hu

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Die ANC kritiseer AfriForum oor hul standpunt teenoor terreurdade tydens apartheid
Die ANC kritiseer die burgerregteorganisasie AfriForum oor die organisasie se onlangse versoek dat die Khampepe-kommissie ook ANC-lede wat by sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie betrek is, moet ondersoek. Die ANC sê AfriForum wil die geskiedenis herskryf. Die party is van mening dat daar ʼn verskil is tussen dade wat gepleeg is as deel van die bevrydingstryd en misdade van apartheid. AfriForum het versoek dat die kommissie ondersoek moet instel na politieke inmengi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


‘n Bloemfonteiner is as semifinalis in die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
Bloemfonteiner Mirna Butler is as semifinalis in die AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys. Volgens Butler is dit ‘n groot eer om as semifinalis aangewys te word, maar sy voeg by die ware beloning is die oorweldigende ondersteuning van die gemeenskap asook haar vriende en familie. Meer as 450 entrepeneurs het sedert 2017 vir die kompetisie ingeskryf en meer as 25 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem. Finaliste word volgende

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Die Ouditeur-generaal is bekommerd oor die SAUK
Die Ouditeur-generaal (OG) het kommer uitgespreek oor die finansiële gesondheid van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK). Die OG het die oudituitkomste van die boekjaar wat in Maart vanjaar eindig, ter tafel gelê, en het opgemerk dat die SAUK ernstige risiko’s in die gesig daar. Verder sê die OG dat die SAUK se banksaldo ‘n beduidende kontantvermindering toon. Intussen berig SABC News volgens die leier van die sake-eenheid by die OG, Nathan Lawnet, het die SAUK die.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Bloemfontein is binnekort weer in pers getooi
Bloemfontein sal binnekort weer in pers getooi wees wanneer mans van regoor die stad, en die land, weer aan vanjaar se mees gewaagde pretdraf deelneem. Bloemnuus berig die Hollard Daredevil Run is nie net ‘n pretdraf nie – dit is ‘n herinnering om dapper te wees, en dus sal manne einde Oktober ter ondersteuning van kankerbewustheid, in niks anders as pers speedo’s en tekkies hardloop nie. Volgens KANSA se nasionale bestuurder van gesondheidsprogramme, Lorraine Govender, bied

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Die UV sluit ‘n kampus en skort lesings op
Alle lesings is by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus in Bloemfontein sowel as hul Suid-kampus is tot verdere kennisgewing opgeskort. Verder word beweging tussen 19:00 en 7:00 beperk. FS-online berig die UV se QwaQwa-kampus is gesluit en studente was versoek om die kampus binne 24 uur te verlaat. Die sluiting volg na voortdurende protesoptogte oor die universiteit se besluit om voorlopige registrasie vanaf 2026 te beëindig, asook oor 'n betwiste skuldkonsess

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Kliënte in die informele ekonomiese sektor verkies steeds kontant
Die gebruik van kontant bly prominent in Suid-Afrika se informele ekonomie, wat sowat R900-miljard per jaar werd is. Standard Bank se nuwe Township Research Report toon dat byna 80% van klein sake in townships ongeregistreer is en hoofsaaklik op kontant staatmaak. Dit weens kliëntevoorkeur hoë bankkoste en beperkte digitale geletterdheid. Hoewel baie sakelui elektroniese betalings verkies, verkies kliënte steeds kontant. Die informele sektor dra sowat 12% tot die land se B

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


SOKKER: Bafana Bafana kwalifiseer vir 2026 FIFA Wêrekdbeker
Suid-Afrika het Rwanda met ‘n 3-0 oorwinning by Mbombela-stadion geklop om Groep C te lei en te kwalifiseer vir die 2026 FIFA Wêreldbeker in Kanada, Mexiko en die VSA. Oswin Appollis het goed vertoon en Thalente Mbatha se openingsdoel opgestel voordat hy self een aangeteken het en later ‘n opstel vir Evidence Makgopa se kopdoel vir die derde doel verskaf het. Hugo Broos se manne was van begin tot einde in beheer en sal nou hul aandag op vriendskaplike wedstryde vestig, as voo

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


HOKKIE: Suid-Afrika se manshokkiespan se 2026 FIH Wêreldbeker-kwalifiseringsveldtog is aan die gang
Suid-Afrika se manshokkiekaptein, Dayaan Cassiem, sê die span is bly dat hulle uiteindelik hul 2026 FIH Wêreldbeker-kwalifiseringsveldtog aan die gang gekry het met ‘n 3-1 oorwinning oor Kenia, nadat hul openingswedstryd teen Zambië in ‘n 5-0-nederlaag geëindig het. Die kaptein het Kenia se fiksheid en vasberadenheid geprys en opgemerk dat die drie punte noodsaaklik was, selfs al was die vertoning nie hul beste nie. Met ‘n beslissende botsing teen die gasheer, Egipte, volgend

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


RUGBY: Jong Blitsbok Grant de Jager jaag Olimpiese droom op tuisbodem na
Grant de Jager nader ‘n kinderdroom terwyl hy voorberei om Suid-Afrika by die HSBC SVNS in Kaapstad te verteenwoordig. Die voormalige Maties-ster sê sy Olimpiese ambisie is aangewakker toe hy die Blitsbokke brons by Rio 2016 sien wen het. Nou deel van die nasionale opset, werk De Jager hard om te leer by senior spelers soos Ryan Oosthuizen en David Britz terwyl hy sy kenmerkende werksetiek handhaaf. Vars nadat hy SA ‘A’ gehelp het om in Mauritius te wen, hoop hy om verlede ja

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


‘n Bloem-leerder se vermeende ontvoerder is weer in die hof
Die Bloemfonteinse polisiesersant, Nzima Adoons, wat meer as vier maande gelede in hegtenis geneem is vir die beweerde ontvoering van die 19-jarige Kamogelo Baukadi, het weer vlugtig in die hof verskyn. Netwerk24 berig die saak is tot 1 Desember vir vedere ondersoek uitgestel. Adoons wat vroeër vanjaar op borgtog van R2 000 vrygelaat is, bly op vrye voet onder streng voorwaardes. Adoons word daarvan beskuldig dat hy saam met ander mans in polisie-uniform betrokke was by die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Petrolpryse kan dalk daal
Motoriste kan November die grootste daling in petrolpryse in sewe maande sien indien die huidige tendense voortduur. Volgens die Sentrale Energiefonds toon die middel-maand-syfers ’n oorverhaling van 58c per liter op 95-oktaan petrol en 61c per liter op 93-oktaan. Daar is ook ’n oorverhaling van 25c per liter op alle dieselgrade en 11c per liter op paraffien. Alhoewel dit ‘n potensiële daling toon, hang dit af van die rand, wat gister nog op die agtervoet was in vergelyking m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025


Jelly Roll lewer 'n kragtige toespraak by die Dove-musiektoekennings
Vanjaar se Dove-musiektoekennings het die krag van samewerking en eenheid beklemtoon, terwyl Brandon Lake die aand se grootste eerbewyse verower het en die huis saam met Jelly Roll laat afsak het met een van die seremonie se mees onvergeetlike optredes. Die 56ste jaarlikse Dove-toekennings, wat by die Bridgestone Arena gehou is, het geloofsgedrewe kuns oor genres heen gevier, van aanbidding en hip-hop tot Latyn en country, met boodskappe van nederigheid, hoop en gedeelde doel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


'n Snoeker-speletjie eindig tragies in 'n Vrystaatse taverne
'n Snoeker-speletjie in ’n taverne in Ventersburg in die Vrystaat het tragies geëindig toe twee mans doodgeskiet en een in hegtenis geneem is. Netwerk24 berig met beamptes se aankoms op die toneel het hulle die lyk van ’n man naby die ingang van die taverne aangetref, terwyl nog ’n slagoffer binne die kroeg dood gevind is. Volgens voorlopige inligting het die mans snoeker gespeel toe ’n woordewisseling tussen hulle ontstaan het. Daar word beweer dat die twee slagoffers die ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


Die basiese onderwyskomitee kritiseer Vrystaatse skooltaalbeleide
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die taalbeleid in sommige skole in die Vrystaat. Volgens die komitee laat die beleid slegs Afrikaans en Engels as onderrigtale van Graad 4 tot 12 toe. Ander tale word slegs tussen Graad 1 en 3 gebruik. Die komitee glo die beleid diskrimineer teen Afrikatale en bevoordeel Afrikaanssprekende leerders. Dit sê dat hoewel dit nie ‘n probleem met Afrikaans het nie, alle tale gelyk behandel moet word. Ter illustr

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


Die vermiste Welkom-vrou is gevind
Die vermiste vrou van Welkom in die Vrystaat is gevind. Volgens 'n polisieverklaring is die 32-jarige Anuschka Janine Saunders veilig in Hamburg in die Oos-Kaap opgespoor. Rosestad-nuus het vroeër berig Saunders was vir vier maande vermis nadat sy op 27 Mei laas gesien was. Anuschka Janine Saunders. FOTO: Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


RUGBY: Hollie Davidson gaan in November weer geskiedenis maak
Die Skotse skeidsregter Hollie Davidson gaan in November weer geskiedenis maak wanneer sy die eerste vrou word om ’n All Blacks-toets te blaas. Davidson sal die wedstryd tussen Nieu-Seeland en Wallis in Cardiff hanteer — ’n reuse prestasie wat wêreldwyd opslae maak. Die 32-jarige is onlangs deur Wêreldrugby aangewys as Skeidsregter van die Jaar, ’n erkenning vir haar konsekwente uitmuntendheid en professionele hantering van topwedstryde. Rugbyondersteuners sien met groot afwa

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2025


SOKKER: Erling Haaland is vroeg vrygestel van Noorweë se internasionale kamp
Erling Haaland is vroeg vrygestel van Noorweë se internasionale kamp, maar die Manchester City-doelskieter se terugkeer huis toe is suiwer vir rus en nie weens ‘n besering nie. Die 25-jarige het ‘n driekuns in Noorweë se 5-0 oorwinning oor Israel aangeteken, maar sal vandag se vriendskaplike wedstryd teen Nieu-Seeland misloop as deel van ‘n beplande spelersrotasie. Met City wat sewe wedstryde in 22 dae oor alle kompetisies in die gesig staar, word Haaland se vroeë terugkeer

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2025


ATLETIEK: Lyles en McLaughlin-Levrone benoem vir Wêreldatletiek-toekennings
Die Amerikaanse atlete Noah Lyles en Sydney McLaughlin-Levrone is onder die genomineerdes vir beste baanatleet van die jaar. Lyles is uitgelig as die gunsteling onder die 5 genomineerdes nadat hy by die Wêreldkampioenskappe in Tokyo verlede maand wenner in die 200m én lid van die 4×100m wenspan was. McLaughlin-Levrone het met haar bydrae tot vroue-atletiek, insluitende haar oorwinning in die 400m en 4×400m beïndruk. Die benoemings weerspieël ’n jaar van uitnemendheid in baana

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2025


'n Tienerseun publiseer sy derde boek oor sielkunde
'n Tienerseun van Christiana in Noordwes het aan The Guinness Book of World Records geskryf om te bevestig dat hy moontlik die jongste persoon nóg is wie se navorsing in ʼn erkende sielkundejoernaal gepubliseer is. Die 16-jarige Handré Laubscher het reeds twee diplomas in sielkunde verwerf en is op pad om sy derde boek in sielkunde te publiseer. Hy is onlangs deur ʼn vooraanstaande sielkundejoernaal in die VSA genader om sy navorsing hieroor te publiseer. Maroela Media berig La

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


'n Vrystaatse egpaar is met 'n sekel aangerand
'n Egpaar op 'n plaas naby Parys in die Vrystaat is met ’n sekel-agtige implement aangerand. Volgens 'n vriendin, Annika Liebenberg, is die man steeds in die hospitaal, maar is sy vrou ontslaan nadat haar wonde met steke geheg is. Netwerk24 berig die vrou is Sondagoggend na die stoor om ’n seil te gaan soek, toe 'n rower agter 'n kwadfiets opspring. Hul een dogter, wat by hulle woon, het daar ingekom, en nadat hy hulle met die sekel bygekom het, het hy hulle in die skuur toeg

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


Een getuie in die Madlanga-kommissie sal wel anoniem bly
Daar is besluit dat die getuie wat Dinsdag en Woensdag voor die Madlanga-kommissie getuig, anoniem sal bly. Dit volg ná ’n onsuksesvolle poging deur News24 en Daily Maverick om die getuienis in die openbaar te laat hoor. Regter Mbuyiseli Madlanga het beslis dat een van die bewysleiers as tussenganger sal optree. Die getuie sal nie fisies by die kommissie teenwoordig wees nie, en sy of haar antwoorde sal deur advokaat Thabang Pooe herhaal en in die openbaar uitgesaai word. ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


‘n Seuntjie wat glo ‘n plaaswerker doodgeskiet het se pa kry borgtog
Die pa van ‘n 11-jarige seun wat glo ʼn plaaswerker doodgeskiet het, is op borgtog van R3 000 vrygelaat. Maroela Media berig die 43-jarige pa het in die Thabazimbi-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van die nalatige hantering van ʼn vuurwapen. Die saak is tot 12 Desember vir verdere ondersoek uitgestel. Intussen sal die kind ʼn assesseringsproses ondergaan in ooreenstemming met die bepalings van die Wet op Kindergeregtigheid. ‘n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 11

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025


‘n Bloem-duif is dalk die duurste Vrystaatse duif nog
Wedvlugduif, Salvo Rose, van Bloemfontein wat R550 000 op ‘n veiling behaal het, word as die duurste duif nog beskou wat in die Vrystaat geteel is. Netwerk24 berig die duif is die naweek deur ‘n Nederlandse wedvlugduif-teler gekoop. Altesaam het die 14 duiwe op die veiling meer as R2 miljoen behaal. Die veiling volg op die jaarlikse Afrikapro-wedvlug waarin Salvo Rose puik presteer het. President Cyril Ramaphosa se eendaghokke op sy plaas Phala Phala is vir die wedvlug gebrui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025
bottom of page

