top of page

Alle Plasings


Liebenberg: Beweerde bedrieër se broek word opgeveil
Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg se bates word opgeveil – van bokhorings en mynmasjinerie tot ’n broek. Netwerk24 berig die aanlyn veilings het Dinsdag begin. Dis deel van die proses om geld terug te kry vir die duisende beleggers wat glo deur Liebenberg bedrieg is. Die bates wat onder die hamer kom, sluit persoonlike besittings en luukse goedere in. Swaar grond-verskuiwings-masjinerie van Liebenberg se myn aan die Noord-Kaapse kus word opgeveil, en bates van sy

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Getuie X praat wel agter geslote deure
‘n Getuie, bekend as Getuie X, se getuienis voor die Madlanga-kommissie gaan Donderdag en Vrydag agter geslote deure voort. Die besluit volg ná ’n ooreenkoms tussen die kommissie, bewysleiers en ’n prokureur wat News24 en Daily Maverick verteenwoordig. Die twee mediagroepe het vroeër die week hul teenkanting teen geslote verhore bevestig. Die hoofbewysleier, advokaat Matthew Chaskalson, sê die getuienis hou verband met lopende polisiesake wat in gevaar gestel kan word indien

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Eunice se onderhoofmeisie wen Matrikulant van die jaar
Die onderhoofmeisie van die Eunice Hoërskool in Bloemfontein, Kiara Subramanian, is tydens 'n gala-geleentheid as die Matrikulant van die Jaar aangewys. Bloemnuus berig Kiara, wat volgende jaar medisyne aan die Universiteit van die Vrystaat wil studeer, sê sy voel dankbaar vir die eer wat haar te beurt geval het. Sy volg in die voetspore van 43 ander matrikulante wat oor die jare die toekenning gewen het. Onder die 14 finaliste wat van alle uithoeke van Suid-Afrika in Bloemf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


‘n Boer van die Vrystaat is oorlede na ‘n trein sy stroper tref
ʼn Gedenkdiens word vir ‘n jong-boer van die Vrystaat gehou, na die stoper waarop hy was deur ‘n goederetrein naby Page in Noord-Dakota, VSA, getref is. Maroela Media berig volgens plaaslike nuuspublikasies het die impak van die botsing die lokomotief aan die brand laat raak en het ongeveer 20 waens ontspoor. Die 33-jarige Stephan van den Berg is op die toneel dood verklaar. Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA (Saccusa) sê hulle is diep bedroef oor die hartv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Gwede Mantashe se hofaansoek misluk
Die voorsiter van die ANC en minister van minerale hulpbronne en energie, Gwede Mantashe, se hofuitdaging om dele van die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping te laat skrap, het misluk. Dit het betrekking op dele in die verslag waar sy naam genoem word. Die hooggeregshof in Johannesburg het sy aansoek van die hand gewys, en gesê Mantashe het nie die regte prosedure gevolg nie. Die Zondo-kommissie het in sy verslag aanbeveel dat die veiligheidsopgraderingswerk wat die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Jong Bloemfonteiners is in ‘n huisbrand oorlede
Die 30-jarige ma wie se twee kinders vroeër die week in 'n huisbrand in Caleb Motshabi, Bloemfontein, oorlede is, sal eersdaags in die hof op aanklag van kinderverwaarlosing en strafbare manslag verskyn. Volgens 'n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer het die ma glo die kinders alleen by die huis gelaat en kon gemeenskapslede slegs die oudste kind van agt jaar uit die brandende huis red. Die departement se LUR Jabu Mbalulu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die UV bereik ‘n ooreenkoms met studente
Die Uitvoerende Komitee van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Kampusstudenterade van hul drie kampusse het 'n ooreenkoms bereik oor die implementering van die uitfasering van voorlopige registrasie. SABC News berig daar is ooreengekom dat voorlopige registrasie oor 'n tydperk van twee jaar (2026-2027) uitgefaseer sal word. Die universiteit sê vanaf 1 Januarie 2026 sal alle studente op 'n volledig geregistreerde stelsel wees. Intussen sal die agt betogers, vermoed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling verwelkom ‘n voormalige werknemer se hofuitspraak
Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die Arbeidshof se uitspraak in sy saak teen sy voormalige stafhoof, Zanele Simmons, verwelkom. Die Departement het Simmons verlede maand na bewerings van ernstige wangedrag geskors. Die bewerings het die beweerde ongemagtigde gebruik van minister Nokuzola Tolashe se elektroniese handtekening ingesluit. Sy word ook daarvan beskuldig dat sy ‘n personeellid se curriculum vitae vervals het. Simmons het die departement hof toe gesl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


KRIEKET: Pakistan klop SA mans, Pakistan vroue steeds sonder 'n wen
Pakistan het ‘n oorwinning van 93 lopies oor Suid-Afrika binne vier dae by die Gaddafi-stadion behaal en die besoekers vir 183 in hul tweede beurt uitgeboul. Draaibouler, Senuran Muthusamy, was Suid-Afrika se uitblinker en het 11 paaltjies in die toets geneem, terwyl Pakistan se Noman Ali en Sajid Khan 15 paaltjies tussen hulle gedeel het, om op ‘n draaiende kolfblad te oorheers. Markram sê hy verwag soortgelyke toestande in Rawalpindi wanneer die tweede Toets Maandag begin.

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 16, 2025


RUGBY: Vodacom Bulls kry Kersfees-pouse
Die Vodacom Bulle het bevestig dat hul Verenigde Rugby Kampioenskap-kragmeting met die DHL Stormers nou in Maart sal plaasvind, in plaas van gedurende die feestyd. Die wedstryd was oorspronklik geskeduleer vir 27 Desember by Loftus Versfeld, maar met baie ondersteuners wat weg gaan wees oor Kerstyd, het die span ‘n later datum verkies. Die Bulle het lank reeds hul teenkanting teen feestelike wedstryde uitgespreek en verkies Maart wanneer die Sesnasies-pouse ruimte skep in die

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 16, 2025


MOTORSPORT: Antonelli en Russel bly by Mercedes vir 2026
Mercedes het George Russell en Kimi Antonelli as hul Formule 1-jaerspan vir die 2026-seisoen bevestig. Albei jaers het vanjaar beïndruk en die Silver Arrows gehelp om tweede in die vervaardigersranglys te eindig, met ses wedrenne oor. Die Spanbaas, Toto Wolff, sê die paar het hulself bewys, terwyl Russell en Antonelli albei opgewondenheid uitgespreek het om met Mercedes voort te gaan. Andrea Kimi Antonelli (Links) & George Russel (Regs). FOTO: Autosport

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 16, 2025


Die hoof van misdaadintelligensie word glo bevooroordeel
Die prokureur wat die hoof van misdaadintelligensie, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, en sy twee medebeskuldigdes verteenwoordig, beweer dat haar kliënte bevooroordeel word. Zandile Mshololo het die opmerking gemaak nadat die hof die saak rakende die verslapping van hul borgtogvoorwaardes uitgestel het. Hulle staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie omdat hulle iemand in misdaadintelligensie aangestel het wat nie die korrekte kwalifikasies gehad het nie. Msholol

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die Vrystaatse skooltaalbeleid word gekritiseer
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die taalbeleid in sommige skole in die Vrystaat. Volgens die komitee laat die beleid slegs Afrikaans en Engels as onderrigtale van graad vier tot twaalf toe. Ander tale word slegs tussen graad een en drie gebruik. Die komitee glo die beleid diskrimineer teen Afrikatale en bevoordeel Afrikaanssprekende leerders. Hulle voeg by hoewel hulle nie ‘n probleem met Afrikaans het nie, moet alle tale gelyk behandel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


MTV se laaste note weerklink binnekort
MTV, die wêreld se eerste 24-uur-musiekuitsaaier, gaan ná amper 40 jaar vyf van sy kanale staak. Die BBC berig MTV Music, MTV 80s, MTV 90s, Club MTV en MTV Live sal almal ná 31 Desember 2025 nie meer uitsaai nie. Die vlagskip-kanaal, MTV HD, sal egter op die lug bly. Die skuif reflekteer 'n verandering in kykgewoontes, met musiekvideo's wat hoofsaaklik op YouTube en sosiale media eerder as op televisie gekyk word. FOTO: BBC

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Amerika trek 'n Suid-Afrikaner se visum terug ná opmerkings oor Kirk
Die Amerikaanse staatsdepartement het 'n Suid-Afrikaner se visum terug getrek. Dit nadat Nota Nhlamulo Baloyi na bewering die sluipmoord op die medestigter van die konserwatiewe studenteorganisasie Turning Point USA, Charlie Kirk, "gevier" het. Volgens The Citizen het Kirk se moord verskeie reaksies ontlok, en die Amerikaanse regering het ten minste ses sosialemediagebruikers dopgehou wat die sluipmoord vier, en gesê dié visa-houers is nie meer welkom in die land nie. Onder d

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Varkhok-saak: 'Dit was dalk 'n ongeluk'
“Dit was nie die bedoeling nie, maar dit het gebeur.” Dit is die getuienis van Adriaan de Wet, op ‘n vraag oor of dit die bedoeling was om mense op die betrokke aand dood te skiet. De Wet is ingevolge artikel 204 van die Strafproseswet ’n staatsgetuie in die saak waarin twee mans van die moord op die twee vroue aangekla word. Die vroue se liggame is in Augustus verlede jaar in ‘n varkhok op ‘n hoewe gevind. Zacharia Johannes Olivier en William Musora staan tereg vir die moord

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Duisende kandidate skryf hierdie jaar matriek-eindeksamen
Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) het bekend gemaak dat altesaam 790 144 matrieks geregistreer is om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaateksamen af te lê. Net minder as 17 500 van hierdie kandidate is deur die onafhanklike eksamenraad geregistreer. Daar is ook ʼn groot aantal kandidate wat ouer is of weer skryf om hul punte te verbeter, wat die totale aantal kandidate op 903 561 bring wat die eindeksamen aflê. Umalusi het van 11 Augustus tot die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


SKOLE RUGBY: Lamla Mgedezi is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys
Grey Kollege in Bloemfontein se ster-heelagter, Lamla Mgedezi, is as SuperSport Skolerugby se Deurbraakspeler van die Jaar 2025 aangewys. Die 17-jarige Mgedezi het tydens vanjaar se Cravenweek uitstaande vertonings gehad met verskeie drieë vir die Vrystaat span, en dis juis hierdie vertonings wat sy plek in die Suid-Afrikaanse Skolespan verseker het. Mgedezi het aan Netwerk24 gesê dat aan die begin van jaar het hy nog tweede span gespeel met groot doelwitte - om eerste span t

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


GIMNASTIEK: Indonesië het besluit om nie visums aan Israeliese gimnaste vir die wêreldkampioenskap te gee nie
Indonesië het besluit om nie visums aan Israeliese gimnaste vir die wêreldkampioenskap te gee nie, in lyn met sy steun aan Palestina. Die land, wat geen diplomatieke betrekkinge met Israel het nie, het die besluit geneem kort voor die kampioenskap wat later vandeesmaand plaasvind. As gevolg hiervan mag Israeliese atlete, insluitend stergimnas Lihie Raz , nie aan die toernooi deelneem nie. Die besluit het groot omstredenheid ontketen, met sportliggame wêreldwyd wat die politie

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


MOTORSPORT: Marquez het ‘n suksesvolle operasie aan sy regterskouer in Madrid ondergaan
Die MotoGP-wêreldkampioen, Marc Marquez, het ‘n suksesvolle operasie aan sy regterskouer in Madrid ondergaan. Die Ducati Lenovo-ryer het ‘n korakoïde fraktuur en ligamentskade in ‘n ongeluk in Indonesië opgedoen, en dokters het vir chirurgie besluit nadat ‘n week van immobilisasie die besering nie kon stabiliseer nie. Chirurge het sy akromioklavikulêre ligamente herstel om langtermyn-onstabiliteit te voorkom, en Marquez herstel nou tuis. Sy terugkeer na wedrenne sal afhang va

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 15, 2025


Nuwe aantygings doen die ronde oor swak bestuur in die metro
'n Anonieme brief is onlangs aan die burgemeester en raadslede van die Mangaung-metro gestuur. Hierin laat nuwe aantygings oor wanpraktyke in die metro se se afdeling vir mensehulpbronbestuur die kollig opnuut val op beweerde politieke inmenging en swak bestuur. Netwerk24 berig die brief sê sekere bestuurders plaas glo druk op personeel om vooraf bepaalde kandidate aan te stel sonder om die nodige prosedures te volg. Voorts word poste glo geskep of verander om by spesifieke i

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


'n Rower gee homself oor nadat hy ‘n egpaar met ‘n sekel aanrand
'n Man is deur die Buffelshoek-polisie inhegtenis geneem vir die aanval op ‘n egpaar op hul plaas net buite Parys. Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die man het homself by die Parys-polisiestasie oorgegee. Hy het voorheen op die plaas gewerk. The Citizen berig die man word van huisroof aangekla. Rosestad-nuus het vroeër berig die verdagte het die vrou en haar dogter in die skuur op hul plaas met 'n sekel-agtige implement aangerand. Daarna het hy die man in die hu

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


Die ANC kritiseer AfriForum oor hul standpunt teenoor terreurdade tydens apartheid
Die ANC kritiseer die burgerregteorganisasie AfriForum oor die organisasie se onlangse versoek dat die Khampepe-kommissie ook ANC-lede wat by sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie betrek is, moet ondersoek. Die ANC sê AfriForum wil die geskiedenis herskryf. Die party is van mening dat daar ʼn verskil is tussen dade wat gepleeg is as deel van die bevrydingstryd en misdade van apartheid. AfriForum het versoek dat die kommissie ondersoek moet instel na politieke inmengi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025


‘n Bloemfonteiner is as semifinalis in die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys
Bloemfonteiner Mirna Butler is as semifinalis in die AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie aangewys. Volgens Butler is dit ‘n groot eer om as semifinalis aangewys te word, maar sy voeg by die ware beloning is die oorweldigende ondersteuning van die gemeenskap asook haar vriende en familie. Meer as 450 entrepeneurs het sedert 2017 vir die kompetisie ingeskryf en meer as 25 000 lede van die publiek het vir hul gunstelinge gestem. Finaliste word volgende

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 15, 2025
bottom of page

