top of page

Alle Plasings


FIETSRY: Martin Van Wyk Word Wêreldkampioen in Frankryk
Martin Van Wyk het goud verower in die Masters Mans 55–59 punte wedren by die UCI Masters Wêreld Baanfietskampioenskappe in Roubaix, Frankryk. Hy het tydens die prysuitdeling sy vlag vasgehou en saam met sy familie gevier – ’n bewys van sy trots om 'n Suid-Afrikaner te wees. Sy fietsry loopbaan het in 1984 begin toe hy 14 jaar oud was, en ná ’n pouse in sy twintigs, het hy op 33 weer begin kompeteer. Terwyl ander deelnemers spanondersteuning en vol tuig gehad het, het Van Wyk

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


SOKKER: SAFA en Adidas herenig in vennootskap vir SA sokker
SAFA het ‘n groot driejaar-ooreenkoms met Adidas onderteken, wat die globale sportreus die amptelike tegniese borg van alle nasionale sokkerspanne maak. Met Bafana Bafana op pad na die 2026 Wêreldbeker en Banyana Banyana wat hul opkoms voortsit, vier die samewerking ‘n nuwe era van Suid-Afrikaanse sportuitnemendheid. Die bekende Three Stripes sal vanaf 24 Maart 2026 na nasionale spanuitrustings terugkeer, wat wedstrydklere, oefenklere en ‘n volledige ondersteunerversameling i

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


Polisie soek na 'n liggaam in 'n steengroef in Heidedal
Die polisie in Heidedal in Bloemfontein ondersoek die moontlike verdrinking van 'n man by 'n steengroef agter die Twin City-inkopiesentrum. Volgens 'n polisieverklaring het die insident Donderdag gebeur toe die slagoffer en twee vriende daar gaan swem het. Die slagoffer het ingespring, maar was vinnig oorweldig en het toe na bewering verdrink. Die Heidedal-polisie en die Bloemfonteinse duik-eenheid is ontbied, en 'n soektog is begin. Teen laat die aand moes die ondersoek gest

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


Atletiek gaan weer voort by die stadion in Bloemfontein
Die gebrekkige betonstruktuur by die Vrystaatse atletiekstadion is tydelik afgebaken sodat byeenkomste weer hier kan voortgaan. Volksblad berig dit is een van die tussentydse maatreëls wat by die stadion ingestel. Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Saki Mokoena, sê nadat die tussentydse maatreëls ingestel is, kon die stadion drie weke gelede weer begin om byeenkomste aan te bied. Daar kon sedert begin Augustus geen byeenkomste hier aangebied word nie. Vol

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


Mchunu verdedig sy besluit om die politieke moorde-taakspan te ontbind
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het sy besluit om die politieke moorde-taakspan in KwaZulu-Natal te ontbind, sterk verdedig. Mchunu het Donderdag voor die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, verskyn. Hy het die geweld op die Kaapse Vlakte in die Wes-Kaap as een van die redes gelys waarom hy gekies het om die taakspan te ontbind. Mchunu sê hulpbronne moet effektief gebruik word. Hy sê die voortdurende befondsing van een eenheid, selfs

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17, 2025


‘n Noodlottige busongeluk lei tot ‘n smokkelary-ondersoek
Suid-Afrikaanse owerhede ondersoek 'n moontlike geval van farmaseutiese smokkelary. Dit nadat antiretrovirale middels en ander voorskrifmedikasie te midde van die wrak van 'n busongeluk wat die lewens van 43 mense geëis het ontdek is. SABC News berig 'n bus wat van die Oos-Kaap af gereis het, het Sondagmiddag in Limpopo omgeslaan, wat tot die dood van Zimbabwiese en Malawiese burgers wat op pad na hul lande was gelei het. Alhoewel owerhede ondersoek instel na die oorsaak van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Bye pak vir Kortbroek-Gideon
Dit was so hittete of hy het dit nie gemaak nie, so vertel ‘n boer van Koppieskraal buite Bloemfontein, Gideon Geldenhuys - of te wel Kortbroek-Gideon, oor sy noue ontkoming met ‘n swerm woedende bye. Landbouweekblad berig Gideon was besig om ‘n land omteploeg toe hy teen ‘n miershoop vasploeg, hy het eers nie die bye gesien nie maar toe hy het ‘n tweede nes oop ploeg het die moeilikheid begin. Jannie Steyn, wat saam met hom boer, het die Koppieskraal-landbouvereniging laat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Die Metro se voorafbetaalde watermeter-situasie word aangespreek
Die Mangaung Metro Munisipaliteit het 'n gesamentlike studiegroepvergadering aangebied om die situasie met voorafbetaalde watermeters in die stad te bespreek. Raadslede het die noodsaaklikheid beklemtoon dat die verantwoordelike departement 'n omvattende vervangingsprogram vir hierdie meters moet ontwikkel en implementeer, veral dié wat as stukkend of as omseil aangemeld is. Luidens die aanlyn artikel moet die omvattende program nuwe meterinstallasies ook insluit. Verder het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Verkragter sê hy lei geldelike verliese en word verwerp
‘n Welkom-prokukeur, wat erken het dat hy minderjariges verkrag het, het terwyl hy vir strafversagting getuig het, gesê hy het geldelike verliese gely, vriendskappe verloor en ‘n buitestander geword wat deur baie verwerp is. Netwerk24 berig Jan Maritz se vonnisverrigtinge het in die hooggeregshof in Bloemfontein begin. Hy is in Mei 2021 aan verskeie misdrywe, waaronder drie aanklagte van verkragting van minderjariges, skuldig bevind. Dit na hy skuld beken het. Die misdrywe i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


‘n Bloem-leerder ontvang ‘n gesogte beurs
‘n Leerder van Jim Fouché Hoërskool in Bloemfontein, Jaco Deysel, is een van ses leerlinge wat ‘n gesogte beurs van R5 miljoen by die Eskom Expo Internasionale Wetenskapskou se nationale finaal ontvang het. Bloemnuus berig Jaco was deel van ‘n groep van 20 wat die Vrystaat by die jaarlikse expo verteenwoordig het. Die expo word daarop gemik om toekomstige wetenskaplikes te ontdek en sluit deelnemers van laer en hoërskole in. Ongeveer 300 kandidate uit 35 streke in Suid-Afrik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


NETBAL: Molokwane slaan terug oor bewerings van wangedrag
Die geskorste president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, het vir die eerste keer in die openbaar gepraat sedert sy ses maande gelede deur Wêreldnetbal verban is oor bewerings van finansiële wangedrag en personeelintimidasie. Molokwane het senior amptenare daarvan beskuldig dat hulle met Wêreldnetbal en SASCOC saamgesweer het om haar reputasie te beskadig. Sy het alle oortredings ontken en gesê dat haar uitgawes deur die NSA-uitvoerende hoof goedgekeur is en dat onaf

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


KRIEKET: Mlaba steun Proteas Vroue om te skitter in belangrike Wêreldbeker-botsing
Proteas-draaier, Nonkululeko Mlaba, sê Suid-Afrika se onlangse ervaring in Colombo sal deurslaggewend wees, voor hul Vroue Krieket Wêreldbeker-wedstryd teen Sri Lanka. Die Proteas het tot derde op die puntelys geklim nadat hulle Nieu-Seeland, Indië en Bangladesj geklop het, na hul openingsverlies teen Engeland. Mlaba glo dat die vertroudheid wat sy vroeër vanjaar opgedoen het in Sri Lanka en Indië, haar waardevolle insig gegee het in plaaslike toestande en teenstanders. Met a

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


RUGBY: Sanzaar bevestig Greatest Rivalry-toer vir 2026 en 2030
Sanzaar het aangekondig dat die Rugbykampioenskap in 2026 en 2030 plek sal maak vir internasionale toere. Die All Blacks sal volgende jaar Suid-Afrika besoek en die Springbokke sal in 2030 na Nieu-Seeland toer, vir die Greatest Rivalry-toer. Die Rugbykampioenskap sal egter in 2027, 2028 en 2029 voortgaan, met 2027 wat die eerste keer sal wees dat die toernooi in ‘n Wêreldbeker-jaar plaasvind. Verder vorm ‘n nuwe Nasiebeker-toernooi ook deel van die plan, waarin top internasio

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


ROLSTOEL RUGBY: SA Paralimpiese rolstoelrugbyspan het in Noorweë goud gewen
Suid-Afrika se Paralimpiese rolstoelrugbyspan het in Noorweë gewys wat deursettingsvermoë regtig beteken, toe hulle goud wen by die 2025 Euro Afdeling C Kampioenskap. In ’n reeks intense wedstryde teen Noorweë en Ierland het die span indrukwekkende vaardigheid en spanwerk getoon. Ná ’n sterk 56–37 oorwinning teen Ierland, het Suid-Afrika die eindstryd oorheers en met ’n merkwaardige 62–29 sege die kampioenskap beklink. Hierdie prestasie is meer as net ’n goue medalje – dit is

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


EXTREME TRIATHLON: ’n Predikant van Pretoria word die eerste Suid-Afrikaner wat diE Extreme Triathlon voltooi
Tiaan Jordaan, ’n predikant van Pretoria, het ’n historiese mylpaal bereik toe hy die eerste Suid-Afrikaner geword het wat al vyf ekstreme uitdagings van die sogenaamde Extreme Triathlon voltooi het. Hierdie prestasie is volgens hom nie bloot ’n menslike prestasie nie, maar “absoluut God gewees”. Jordaan het die – swem, fietsry en hardloop-afdelings, oor veral moeilike terrein – met ywer en geloof aangepak. Hy sê dat hy krag en volharding van bo ontvang het om elke deel vas t

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


TENNIS: Alcaraz verdedig sy besluit om aan die Six Kings Slam-toernooi deel te neem
Carlos Alcaraz het sy besluit verdedig om aan die hoogs betaalde Six Kings Slam-toernooi in Saoedi-Arabië deel te neem, ten spyte van vroeëre kommer oor die oorvol ATP-skedule en sy fiksheid. Sy deelname het kritiek ontlok gegewe die verskyningsfooi van $1,5-miljoen en die wenprys van $6-miljoen. Die Spanjaard, wat onlangs aan die Sjanghai-toernooi onttrek het om van ‘n enkelbesering te herstel, sê die toernooi se kort formaat en ontspanne aard maak dit baie minder veeleisend

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025


‘n Picasso-skildery verdwyn spoorloos
Die polisie in Spanje stel ondersoek in ná ’n Pablo Picasso-skildery spoorloos verdwyn het. Dit terwyl dit onderweg was van Madrid na Granada vir ’n kunsuitstalling. Maroela Media berig die olie-op-doek-skildery, Stillewe met Kitaar, met ’n geskatte waarde van ongeveer R12 miljoen, sou verlede week by ’n uitstalling van die CajaGranada-stigting vertoon word. Volgens die stigting kom al die kunswerke in die uitstalling uit privaat versamelings. Bronne by die nasionale polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Onderbefondsing laat die weermag sukkel
Die parlement se Gesamentlike Staande Komitee oor Verdediging sê die Suid-Afrikaanse Weermag is te erg onderbefonds om grenspatrollietake uit te voer. Die komitee het gister toesigbesoeke aan talle grensplekke naby die Limpoporivier afgelê. Die grens staar onwettige migrasie en die smokkelary van gesteelde voertuie en onwettige goedere in die gesig. Die komitee sê tekorte aan personeel, voertuie en moderne tegnologie, soos hommeltuie, beïnvloed hul pligte. Ter illustrasie. FO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Die hof vra hoe Zuma sal leef as hy sy skuld betaal
Die Gauteng-hooggeregshof bevraagteken hoe die voormalige president, sal leef as sy pensioenvoordeel aangeheg word om miljoene terug te betaal wat gebruik is om sy verdediging in die korrupsieverhoor te finansier. Zuma het eise teengestaan dat hy die meer as R28 miljoen wat die staat aan sy regskoste bestee het, terugbetaal. Die staatsadvokaat en die Presidensie sê Zuma het versuim om die geld te betaal nadat hulle ‘n aanmaningsbrief aan hom gestuur het. Intussen beweer Zum

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 17, 2025


Studies toon die dollar kos te veel
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB), Lesetja Kganyago, sê die rand is onderwaardeer, met studies wat toon dit moet teen ongeveer R7 teenoor die dollar verhandel. Business Tech berig Kganyago sê die rand het die afgelope twee dekades gedepresieer. Hy het die Mundell-Fleming-raamwerk aangehaal, wat sê dat geld-eenheid-depresiasie tot groei behoort te lei, maar hy sê die rand – en die ekonomie – het verswak. Hy voeg by in die laat jare 2000 was dit diwels g

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


'n Vrystaatse man kry 'n swaar vonnis vir die moord op sy eks-meisie
Die hooggeregshof in die Vrystaat het ‘n 36-jarige man tot 23 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy eks-meisie. Abel Khidi Stheiso en Mantja Liesbeth Skosana het op 1 Maart ‘n argument gehad. Tydens die argument het Stheiso ‘n mes gegryp en Skosana agt keer gesteek. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê Stheiso het homself dieselfde dag aan die polisie oorgegee. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Aanlyn-dobbelary wek kommer
Suid-Afrika se aanlyn dobbelbedryf het die afgelope jaar ongeveer R75 miljard in inkomste gegenereer. Die land se dobbelomset het R1,5 biljoen in die vorige finansiële jaar bereik. Die uitvoerende direkteur van Responsible Gambling, Sibongile Simelane-Quntana, sê dit wek dringende kommer oor regulering en verslawing. Sy waarsku dat kompulsiewe dobbelary ‘n kliniese probleem kan word wat saam met ander toestande, insluitend depressie en ernstige slapeloosheid, gepaard gaan. Si

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Charlie Kirk: 'n Postuum- Presidensiële Medalje van Vryheidword toegeken
Amerika se President Donald Trump het vandeesweek aan Charlie Kirk ‘n postuum Presidensiële Medalje van Vryheid toegeken, gegraveer met ‘n kruis. Dit is oorhandig tydens ‘n seremonie in die Withuis se Roostuin om ter herdenk wat die oorlede konserwatiewe aktivis se 32ste verjaardag sou gewees het. Trump, wat gesê het hy het “halfpad om die aardbol teruggejaag” gedurende die vroeë oggendure om Kirk se verjaardag te vier nadat hy ‘n vredesooreenkoms in Israel onderteken het, he

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025


Liebenberg: Beweerde bedrieër se broek word opgeveil
Die vermeende diamantbedrieër Louis Liebenberg se bates word opgeveil – van bokhorings en mynmasjinerie tot ’n broek. Netwerk24 berig die aanlyn veilings het Dinsdag begin. Dis deel van die proses om geld terug te kry vir die duisende beleggers wat glo deur Liebenberg bedrieg is. Die bates wat onder die hamer kom, sluit persoonlike besittings en luukse goedere in. Swaar grond-verskuiwings-masjinerie van Liebenberg se myn aan die Noord-Kaapse kus word opgeveil, en bates van sy

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025
bottom of page

