top of page



'n Bfn boekhouer word vir bedrog gevonnis
Die Bloemfonteinse landdroshof het ‘n man gevonnis vir bedrog wat tussen Februarie 2019 en Oktober 2020 gepleeg is. Die vonnisoplegging het gevolg nadat Jacques Wilhelm Grobler in Augustus verlede jaar deur die Valke in Bloemfontein in hegtenis geneem is. Ondersoeke het aan die lig gebring dat Grobler, wat as boekhouer by Nova Refrigeration en Nova Catering werksaam was, onwettig fondse van die maatskappy se bankrekening na sy persoonlike bankrekening oorgeplaas het vir perso

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


‘n Huiseienaarsvereninging in Bloem is glo uit miljoene bedrieg
Die geoktrooieerde rekenmeester wat glo ‘n huiseienaarsvereniging in Bloemfontein uit miljoene rande bedrieg het, is finaal in die hooggeregshof gesekwestreer. Netwerk24 berig die 40-jarige Elrine Jacobs is glo verslaaf aan dobbel, en volgens die uitvoerende hoof van die Hillandale Homeowners association, Willem van Huyssteen, het sy in een dag glo meer as R800 000 uitgedobbel. Daar word beweer sy het sedert ten minste Februarie vanjaar begin om geld van die Woodlands-bankr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025


‘n Bedrieër wat ‘n bejaarde inloop is gevonnis
‘n 52-jarige man is tot 14-jaar direkte gevangenisstraf in die Bloemfontein-hooggeregshof gevonnis. Dit vir onder andere bedrog en geldwassery ter waarde van 64-miljoen rand. Die beskuldigde het in 2017 ‘n bejaarde sakevrou met ‘n sakevoorstel genader. Hy het beweer dat hy ‘n winsgewende tender met een van die toonaangewende mynmaatskappye bekom het. Verder het hy die slagoffer meegedeel dat hy dringend voertuie en kontant nodig het. Die bejaarde sakevrou het ingestem en ses

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 6, 2025


'n Bank se KI-sekuriteitstelsel keer miljoene rand se bedrog
Capitec sê sy Kunsmatige Intelligensie- (KI) gedrewe sekuriteitstelsel het daarin geslaag om vanjaar R300 miljoen se kliëntbedrog te stop. Volgens die bank het die stelsel 80 000 muilrekeninge geblokkeer en 200 000 swendelaarbetalings voorkom. Sy ingenieurs het gevorderde bedrogopsporingsmodelle, wolkgebaseerde kliëntverifikasies en gedragsanalise gebou. Die bank sê hierdie pogings het die miljoene rand se verliese voorkom. FOTO: Capitec

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 1, 2025


‘n Mega-kerk se leier is in hegtenis geneem
Die leier van ‘n mega-kerk, ‘n regter en twee ander verdagtes is op aanklag van geldwassery in hegtenis geneem. SABC News berig die inhegtenisname spruit uit ernstige bewerings van korrupsie. Dit sluit pogings in om ‘n siviele saak wat tans voor die Pretoriase Hooggeregshof dien, te beinvloed. Daar word beweer dat die regter vergoeding van die hoofbeskuldigde ontvang het in ruil vir die lewering van 'n gunstige uitspraak. ‘n Ondersoek het verder die betrokkenheid van drie by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


'n Vrystaatse munisipale bestuurder is vas vir transformatorbedrog
Die Valke in die Vrystaat het die voormalige munisipale bestuurder van die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit en die direkteur van Lesedi Khanya Energy in hegtenis geneem vir beweerde bedrog, diefstal en geldwassery met betrekking tot elektrisiteitstransformators. Die maatskappy is ‘n tender ter waarde van R1,9 miljoen toegeken om transformators in die Maluti-A-Phofung-gebied in 2021 te installeer. Die transformators is egter nooit afgelewer nie. Dit het later aan die

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Twee mans is vir bankbedrog gevonnis
Die Bloemfontein-streekshof het twee mans vir Standard Bank- en Wesbank-bedrog ter waarde van R7 miljoen gevonnis. Glen Crouch is skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Cornelius Botha is skuldig bevind op twee aanklagte van geldwassery en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat volledig vir vyf jaar opgeskort is, en ‘n verdere 36 maande korrektiewe toesig. Die beskuldigdes is deel va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom. ’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant. Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging. Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedepone

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


‘n Verkragter daag nie op vir sy bedrogsaak nie
'n Prokureur van Welkom wat drie lewenslange vonnisse uitdien vir seksuele oortredings teen minderjariges, het nie in die Welkom-landdroshof vir sy borgtogaansoek op bedrogklagte van R15 miljoen verskyn nie. Vistanews berig Jan Maritz is nie van die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein na Welkom vervoer vir sy geskeduleerde borgtogverhoor nie. Die aansoek is uitgestel tot volgende week. Maritz is vroeêr die maand in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


Swendelaars bedrieg Vrystaters
Die Vrystaatse Polisie waarsku mense oor 'n bedrogspul wat tans die rondte doen waarin niksvermoedende slagoffers uit groot bedrae geld bedrieg word. Luidens ‘n mediaverklaring het 'n senior amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake in Kroonstad onlangs ontdek dat haar selfoonnommer gekaap is, en deur onbekende verdagtes gebruik word om mense te mislei om geld te betaal in ruil vir beloofde werksgeleenthede of regeringskontrakte. Tot dusver is die polisie bewus gemaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


‘n Welkom-prokureur se borgtogaansoek word nou in Bloemfontein aangehoor
Die formele borgtogverrigtinge van ‘n Welkom-prokureur, Jan Maritz, is tot volgende week uitgestel, en sal in die hooggeregshof in Bloemfontein aangehoor word. Volgens Nova News is hy na Maandag se verhoor in aanhouding geplaas en het die nag in die Welkom-selle deurgebring hangende sy vervoer na die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein. Maritz is in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredings van die Wet op Regspraktyk waarby sowat R15 miljo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 14, 2025


Aanlynkopers word aangemoedig om virtuele kaarte te gebruik
Om hulself teen bedrog te beskerm moedig kenners Suid-Afrikaners aan om virtuele kaarte te gebruik wanneer hulle aanlyn aankopies doen. ...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 9, 2025


Bloem-makelaar, Jaco Cloete, se bedrogverhoor word volgende jaar hervat
Die Voormalige finansiële makelaar van Bloemfontein, Jaco Cloete, se bedrogverhoor sal naverwagting eers volgende jaar hervat word. Dit...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 8, 2025


’n Voormalige Bloemfonteinse vee-agent kry 15 jaar vir bedrog
’n Voormalige vee-agent van Bloemfontein, Scott Brown, moet 15 jaar effektiewe tronkstraf uitdien nadat hy boere met veetransaksies uit...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 7, 2025


‘Jan Taks moet aanspreeklik bly vir die belastingterugbetaling aan bedrogslagoffers’
Jan Taks moet aanspreeklik bly vir ’n belastingterugbetaling aan ’n slagoffer van bedrog op die eFiling-stelsel, al is dié terugbetaling...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 3, 2025


Die saak teen ‘n Bloem-prokureur is vir eers van die hofrol geskrap
Die verhoor van ’n Bloemfonteinse prokureur wat ’n familieonderneming na bewering uit miljoene rande met ’n eiendomstransaksie bedrieg...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1, 2025
bottom of page

