top of page



Saaddiefstal in die Vrystaat neem toe
Vrystaat Landbou (VL) sê hulle is bekommrd oor die toename in saaddiefstal wat sedert September op plase in die Vrystaat voorkom. Parys Gazette berig volgens veiligheidsrisiko-analis, Jane Buys, sluit areas waar miljoene rande se mielie- en sonneblomsaad gesteel is onder meer Reitz, Ventersburg, Viljoenskroon en Wesselsbron in. Voorsitter van VL se Landelike Veiligheidskomitee, Jakkals le Roux, meen die diefstal gaan ’n enorme impak op boere se boerderypraktyke hê, veral te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Daar is nóg bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat
Nóg sewe gevalle van bek-en-klouseer is op plase in die Vrystaat bevestig. Volgens Landbouweekblad sluit dit ses nuwe gevalle in die Viljoenskroon-distrik en een by Sasolburg in, wat beteken dat daar nou in totaal 49 gevalle in die Vrystaat is. Die uitvoerende hoof van die Rooivleisbedryfsdienste - RMIS, Dewald Olivier, sê daar is ook ‘n moontlike geval by Leeudoringstad op hul stelsel aangemeld. Hy voeg by terwyl nuwe gevalle bevestig word, raak staatslaboratoriums toeneme

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Fedsas is boos oor onbestede geld
Terwyl miljoene Suid-Afrikaanse leerders in oorvol, vervalle klaskamers sit en van ʼn voedingsprogram vir kos afhanklik is, word die provinsiale onderwysdepartemente skerp gekritiseer oor die sowat R150 miljoen wat vir die 2024-’25-boekjaar terugbetaal moes word. Maroela Media berig die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van SuidAfrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, het die situasie skerp veroordeel. Van die geld wat onbestee terugbetaal is, was juis bedoe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


‘n Uitsonderlike vrouewetenskaplike by die UV word vereer
Finalejaar-PhD-student aan die department dierkunde en entomologie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) , Runé van der Merwe, is as een van agt ontvangers van die L’Oréal-Unesco-prys vir Vroue in die Wetenskap 2025 aangewys. Volgens Netwerk24 word die eer toegeken aan uitsonderlike vrouewetekenskaplikes aan die begin van hul loopbaan en wie se navorsing innoverend, volhoubaar en van groot waarde vir die samelewing is. Van der Merwe se werk fokus op bevolkingsekologie en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


Die SAWD waarsku oor erge donderstorms in die Vrystaat
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) spoor mense aan om voor te berei vir moontlike gevaarlike weerstoestande regoor die land. Die weerdiens het geel vlak twee en vier waarskuwings uitgereik vir erge donderstorms oor die Vrystaat, Gauteng asook die Noordwes en Noord-Kaap. Hierdie provinsies kan swaar reënbuie, skadelike winde, hael en gereelde weerlig verwag. Hulle waarsku ook dat die slegte weerstoestande oorstromings kan veroorsaak en infrastruktuur kan beskadig. Motoriste

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 20, 2025


‘n Boer van die Vrystaat is oorlede na ‘n trein sy stroper tref
ʼn Gedenkdiens word vir ‘n jong-boer van die Vrystaat gehou, na die stoper waarop hy was deur ‘n goederetrein naby Page in Noord-Dakota, VSA, getref is. Maroela Media berig volgens plaaslike nuuspublikasies het die impak van die botsing die lokomotief aan die brand laat raak en het ongeveer 20 waens ontspoor. Die 33-jarige Stephan van den Berg is op die toneel dood verklaar. Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel in die VSA (Saccusa) sê hulle is diep bedroef oor die hartv

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


Die Vrystaatse skooltaalbeleid word gekritiseer
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys het kommer uitgespreek oor die taalbeleid in sommige skole in die Vrystaat. Volgens die komitee laat die beleid slegs Afrikaans en Engels as onderrigtale van graad vier tot twaalf toe. Ander tale word slegs tussen graad een en drie gebruik. Die komitee glo die beleid diskrimineer teen Afrikatale en bevoordeel Afrikaanssprekende leerders. Hulle voeg by hoewel hulle nie ‘n probleem met Afrikaans het nie, moet alle tale gelyk behandel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16, 2025


'n Vrystaatse egpaar is met 'n sekel aangerand
'n Egpaar op 'n plaas naby Parys in die Vrystaat is met ’n sekel-agtige implement aangerand. Volgens 'n vriendin, Annika Liebenberg, is die man steeds in die hospitaal, maar is sy vrou ontslaan nadat haar wonde met steke geheg is. Netwerk24 berig die vrou is Sondagoggend na die stoor om ’n seil te gaan soek, toe 'n rower agter 'n kwadfiets opspring. Hul een dogter, wat by hulle woon, het daar ingekom, en nadat hy hulle met die sekel bygekom het, het hy hulle in die skuur toeg

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 14, 2025


Daar is steeds vertragings in die Vrystaat premier se korrupsiesaak
'n Jaar nadat sakeman Patrick Phuti ernstige korrupsiebewerings teen die Vrystaatse premier Maqueen Letsoha-Mathae en haar man Lawrence...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 13, 2025


Die malaria-ondersoek in die Vrystaat duur voort
Die ondersoek na malaria-gevalle in die Vrystaat duur voort. Netwerk24 berig die Vrystaatse gesondheidsdepartement het weer die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 9, 2025


‘n Vrystaat-boer se moordenaars sit lewenslank in die tronk
Die twee mans wat die 66-jarige Vrystaat-boer, Dave Wessels, vyf jaar gelede op sy plaas buite Viljoenskroon vermoor het, is gevonnis....

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 4, 2025


BKS: Rondloperdiere moet aangemeld word
Dit is noodsaaklik dat rondloperdiere onmiddellik by plaaslike polisiestasies aangemeld word om gevalle van bek-en-klouseer (BKS) in die...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 4, 2025


Die Vrystaatse onderwysdepartement het meer as R2.5 miljoen se boetes
Die Vrystaatse Onderwysdepartement het meer as R2.5 miljoen aan boetes opgebou. Dit aangesien betalings aan die Suid-Afrikaanse...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 3, 2025


Vrystaatse boere moet self opdok vir die herstel van paaie
Nadat ʼn projekfonds vir die herstel en onderhoud van paaie uitgeput geraak het en gestaak moes word, moet Vrystaatse boere nou uit eie...

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2, 2025


Die Vrystaatse sweis-opleidingsprogram spreek die vaardigheidsgaping aan
Die Kleinhandelmotorbedryfsorganisasie (RMI) verwelkom die bekendstelling van die Vrystaatse Departement van Onderwys se nuwe...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2, 2025
bottom of page

