top of page



‘n Vrystaatse speurder is wéér in hegtenis geneem
'n Vrystaatse speurder is vir die tweede keer in een maand in hegtenis geneem. Vista News berig die 58-jarige is verbonde aan die Eenheid vir Veediefstal en Bedreigde Spesies in Fouriesburg. Ondersoekbeamptes het 'n lasbrief verkry en sy woning deeglik deursoek. Verskeie sakke met bewysstukke is tydens die ondersoek ontdek en gekonfiskeer. Van die gekonfiskeerde items sluit in selfone, gebruikte wangmonsters, onafgehandelde saakdossiers, polisieregisters en ammunisie. In 'n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


BKS in die Vrystaat neem steeds toe
Die Vrystaat se bek-en-klouseer-uitbraak neem steeds toe, met die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling wat bevestig het dat die totaal nou op 118 gevalle staan. Die nuut bevestigde gevalle sluit volgens Nova News in: Frankfort, Edenville, Bothaville, Parys, Deneysville en Sasolburg, Tweeling asook Vrede. Die departement het belanghebbendes streng daaraan herinner dat die beweging van diere onder kwarantyn sonder toepaslike dokumentasie ’n kriminele o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 1, 2025


Ontevrede Vrystaatse werkers gaan voort met hul staking
Die meer as 120 ontevrede werkers regoor die Vrystaat het belowe om met hul staking oor salarisverhogings by die provinsie se Dobbel-, Drank- en Toerisme-owerheid voort te gaan. Bloem Express berig die staking het Maandag begin, nadat hulle ‘n dooiepunt met die direksie en bestuurspan oor salarisverhogings bereik het. Volgens die Nasionale Onderwysgesondheids- en Geallieerde Werkersunie se Vrystaat-sekretaris het die werknemers laas in 2023-24 ‘n verhoging ontvang. Die unie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 28, 2025


Vrystaat-reën bring verligting én uitdagings
Groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat het in November deurdringende reën ontvang wat verligting en uitdagings bring. Bloemnuus berig volgens Vrystaat Landbou se verteenwoordiger vir die Bethlehem-distrik, Hendrik Knobel, het dit vanjaar beduidend meer in Oktober en November gereën as verlede jaar. Dit ná ‘n bo-gemiddelde nat Januarie tot April, en weer ‘n bogemiddelde nat Junie tot Julie. Hy sê die oorvloedige reën laat die plantseisoen stadiger vorder, al het vroeë plan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Behuisingsteikens in die Vrystaat word herhaaldelik gemis
’n Nuwe verslag wys op ernstige tekortkominge in die Vrystaatse Departement van Menslike Nedersettings, waar belangrike behuisingsteikens herhaaldelik gemis is. Die departement het slegs 32% van hul 2024–2025 teikens bereik, met net 573 van die beplande meer as tweeduisend Breaking New Ground-huise voltooi. Daar is ook geen vordering met titelaktes nie. Oorsigbesoeke toon projekte wat al jare vertraag is, bouwerk wat stilstaan, verkrygingsprobleme en kontrakteur-kwessies. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 27, 2025


Opruiende plakkate weerspieël nie die UV se waardes nie
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het hulle onomwonde van aanstootlike en opruiende taal wat op sommige protesplakkate uitgebasuin is, gedistansieer. Van die plakkate het slagspreke soos ‘alle mans moet sterf en ‘al wat ons nodig het, is dat mans ons uitlos’ ingesluit. Maroele Media berig die boodskappe spruit oënskynlik uit sommige van die studente se menings oor geslagsgebaseerde geweld. Die UV sê in ʼn verklaring die sienings en boodskappe weerspieël nie die universit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


Vrystaate munisipaliteite stort in duie
Munisipaliteite in die Vrystaat stort in duie met riviere vol riool, vullis wat in strate ophoop, en krane wag leeg loop. Dit luidens ‘n mediaverklaring van die DA se CoGTA-woordvoerder, Igor Scheurkogel. Tydens die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Provinsiale Week van 2025 het die Ouditeur-generaal bevestig dat nie een munisipaliteit in dié provinsie 'n skoon oudit het nie. Die DA het ‘n mosie ingedien om in die NRVP te debatteer om die Vrystaatse Provinsiale Regering

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 26, 2025


BKS: Boere omseil glo kwarantynprosesse
Een van die redes waarom bek-en-klouseer so drasties versprei het, is glo dat boere dikwels vee skuif sodra hul plaas of ‘n buurplaas tekens van die siekte toon. Vrystaat Landboou se visipresident, Friedl von Maltitz, sê aan Netwerk24 , mense vind ‘n manier om die kwarantynproses te omseil. Die Vrystaat Departement van Landbou het bekend bemaak dat die aantal bek-en-klouseer gevalle toegeneem het, en nou op 106 staan. I ntussen is Vrystaatse boere ook bekommerd oor slenkdalko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Nóg ‘n tornado woed in die Vrystaat
‘n Paar weke nadat ‘n tornado in Harrismith bevestig is, is nóg ‘n tornado – die keer in Heilbron, afgeneem. Parys Gazette berig volgens Vrystater, Tanya van Rooyen het sy gestop om stormagtige wolke af te neem. Dis toe dat sy die punt sien vorm, maar het nie gedink dis ‘n tornado nie. Sy sê al wat sy kon hoor was sterk wind en swaar donderweer. Tanya sê sy het gister net ‘n paar sekondes afgeneem voordat die storm bo-oor hulle getrek het. Sy konnie sien waar die tornado gaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


Die UV behaal platinumstatus
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as een van Suid-Afrika se top-presterende universiteite in kampusgesondheid en -welstand erken. Luidens ‘n aanlyn plasing het die instelling Platinumstatus in die FISU Gesonde Kampusprogram verwerf en 'n uitstaande 95% in die jongste sertifiseringsproses behaal. Hierdie prestasie weerspieël die UV se verbintenis tot holistiese welstand, volhoubaarheid en 'n studentgesentreerde kampuservaring – wat verseker dat hul studente en personee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


‘n Fop-kolonel is in die sop oor ‘n saamrygeleentheid
ʼn Man het die naweek agter tralies deurbring nadat hy glo homself as ʼn polisiekolonel voorgedoen het om ʼn saamrygeleentheid te kry. Maroela Media berig die man het glo verlede week by die Bloemhof-polisiestasie in die Noordwes opgedaag en gesê hy is ʼn polisiekolonel. Hy het verder glo aangevoer hy is werksaam in Pretoria en aangedring om na Bultfontein in die Vrystaat geneem te word. Volgens hom het sy eie motor glo in Warrenton onklaar geraak. Die polisie was egter nie oort

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 24, 2025


‘n Vrystater is vas oor koperkabels
’n 57-jarige Vrystater is in Parys vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels in hegtenis geneem. Parys Gazette berig 286kg kabels ter waarde van ongeveer R6 552.00 by ‘n skootwerf in die dorp se nywerheidsgebied gekry. Polisiewoordvoerder sersant Josephine Rani sê daar word vermoed dat die kabels, wat in ‘n kamer op die perseel gekry is, by Telkom, Eskom en die plaaslike munisipaliteit gesteel is. Tydens die operasie is daar ook ‘n padblokkade gehou en verskeie twe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 21, 2025


Oos-Vrystaatse appels is perfek vir Oosterse markte
Meer as 160ha appels wat die afgelope vyf jaar in die Oos-Vrystaat geplant is, is perfek in pas met die vereistes van die groeiende Oosterse markte. So sê die Suid-Afrikaanse vrugte-uitvoerder Freshgold se direkteur, Pieter von Maltitz. Landbouweekblad berig hy het op die onlangse simposium van Hoogland Vrugtekwekers naby Fouriersburg oor Suid-Afrika se plek in die internasionale appeluitvoeremark gepraat. Suid-Afrika beklee tans die sewende plek onder appeluitvoerlande, met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Vrystaters moet waaksaam bly
Met toenemende volumes water wat na die noordelike dele van die Vrystaat vloei, doen die polisie 'n beroep op gemeenskappe om waaksaam te bly. Dit aangesien riviere, damme en laagliggende gebiede toenemend gevaarlik word. Polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, sê in ‘n mediaverklaring beamptes, insluitend die provinsiale soek-en-reddings- en duikeenhede, is op hoë gereedheidsgrondslag om op enige noodgeval te reageer. Die veiligheid van inwoners bly hul topprioriteit, en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


‘n Vrystaat-pastoor sit lewenslank vir verkragting
‘n Pastoor van Kroonstad, in die Vrystaat, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis na hy een van sy kerklidmate, ‘n 11-jarige dogtertjie, verkrag het. Volgens Netwerk24 het die 43-jarige pastoor, Hendrick Tana, baie by die huisgesin gekuier, en het die ma hom as ‘n pa-figuur en familielid beskou. Die jong meisie het in camera getuig dat die pastoor op die dag van die verkragting geweet het haar ma is nie by die huis nie. Met sy aankoms het hy die huis se deur toegemaak, haar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 20, 2025


Vrystaatse departemente kom nie die veiligheidswet na nie
Daar is bekommernis oor die swak nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid onder regeringsdepartemente in die Vrystaat. Volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid hou die lae vlakke van nakoming met die toestand en instandhouding van geboue verband. Hierdie versuim om aan die wet te voldoen, hou gevaar vir werknemers en die publiek in. Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê hulle het 187 regeringsgeboue in die Vrystaat geïnspekteer. Hy voe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


‘n Vrystaat-munispaliteit se onkostes hoop op
Die Vrystaatse Maluti-a-Phofung-munisipaliteit se onkostes hoop op. Nie net moes hulle in vanjaar se derde kwaartaal R12.5 miljoen aan prokureurskostes bestee nie, volgens Netwerk24 is die munisipaliteit verder by nog twee regsake, rakende die onwettige besetting van die Platberg-natuurreservaaat, betrokke. Hulle het ook tydens hul laaste twee raadsvergaderings ‘n totaal van R4.6 miljard se ongemagtigde uitgawes afgeskryf, én is vroeër deur die hooggeregshof in Bloemfontein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 18, 2025


Slaggate hou ernstige gevaar vir motoriste in
Hoewel van die slaggate op die R59-pad in die Vrystaat verlede week herstel is, is daar groot en diep slaggate wat, met die swaar reën van die afgelope week, 'n ernstige gevaar vir motoriste inhou. Volgens Parys Gazette was vyf voertuie Maandagoggend binne ‘n halfuur langs die pad gestrand. Dit as gevolg van band- en wielvelling skade asook gekraakte windskerms. ‘n Inwoner van Parys, Louise Loots, was een van die motoriste wat langs die pad gestrand was. Volgens haar is die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


BKS: Gevalle in die Vrystaat styg steeds
Daar is nou 91 bevestigde bek-en-klouseer gevalle in die Vrystaat. Dit volgens ‘n verklaring deur die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling. Vrystaatkroon berig die nuwe gevalle is in die Viljoensdroon-Vredevort distrik, Parys, Marquard, Clocolan asook Deneysville en Sasolburg. Intussen het Sparta Beef in ‘n verklaring bevestig dat die toetsuitslae wat by ‘n beesvoerkraalfasiliteit in Marquard geneem is, positief getoets het. Verder het monsters wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 17, 2025


Honderde polisiebeamptes is weens korrupsie vervolg
Altesaam 313 polisiebeamptes is die afgelope 3 boekjare strafregtelik weens korrupsie aangekla. Netwerk24 berig dit is volgens die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, in antwoord op ‘n partementêre vraag. Uit die 313 is 32 by die polisie se nasionale hoofkantoor aangekla en 39 in die Vrystaat. Cachalia sê korrupsie word ingevolgende die polisie se tugregulasies as ernstige wangedrag beskou. Hy voeg by die tugregulasies word van begin tot einde deur die polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025


‘n Vrystater is die nasionale beesboer van die jaar
Vrystaat-boer, Paul van Niekerk van Boshoek Bosvelders buite Memel, is as die nasionale beesboer van die jaar aangewys. Landbouweekblad berig dit het alles met 30 landwye benoemings vir beesboer van die jaar begin. Uit die benoemings is drie finaliste gekies is. Van Niekerk is die vyfde geslag wat op Boshoek boer en sy dogter, Liana, is sy regterhand by die beeste. Volgens FNB Landbou se inligting- en bemarkingshoof, Dawie Mareé, verteenwoordig die titel die hart en siel va

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Vermeende rowers loop hul teen die langarm van die gereg vas
Vermeende gewapende rowers het hul teen die lang arm van die Vrystaatse gereg vasgeloop. Dit ná ‘n hoëspoed jaagtog op die R59. Parys Gazette berig die drie het glo tydens ‘n gewapende roof ‘n kar en items ter waarde van ongeveer R145 000 in Koppies gesteel. Met behulp van ‘n hommeltuig is een van die vermeende rowers naby die gesteelde voertuig aangekeer. Die ander twee is kort daarna in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op die gesteelde voertuig, gesteelde e

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


Daar is geen spoor van die rondlopor leeu by Bethlehem nie
Daar is geen spoor van die leeu wat sedert vroeg verlede week in die Bethlehem-omgewing los rond geloop het nie. Volgens die Vrystaatse Dihlabeng-munisipaliteit se woordvoerder het sy eienaars hom waarskynlik opgespoor en stil-stil teruggeneem. Netwerk24 berig verder dat daar nog nie weer vee gevang of geëet is nie, ook is spore nog nie weer opgemerk nie. Terwyl daar ondersoek word wie se leeu dit was het die Lionsrock toevlugsoord, van die dierewelsynsgroep Four Paws, bevest

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 14, 2025


'n Ontbinde liggaam is in die Vrystaat gevind
Die ontbinde liggaam van 'n halfnaakte vrou is naby Welkom in die Vrystaat gevind. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n saak van moord en moontlik verkragting word ondersoek. Die polisie is op 8 November na 'n veld naby Sandania ontbied, waar die vrou se liggaam gevind is. Die vrou is vermoedelik in haar laat 20s, met 'n tattoeërmerk op haar linkerbors. Die motief vir die beweerde moord is onbekend, en die ondersoek duur voort. Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025
bottom of page

