top of page



Oorbevolking by ‘n Vrystaatse natuurreservaat bedreig diere se welstand
Die oorbevolking van wildspesies by die Vrystaatse Wolhuterskop-natuurreservaat buite Bethlehem bedreig nie net die welstand van die diere nie, maar ook die biodiversiteit. VrystaatKroon berig volgens die huidige wildtelling, wat deur SANParke gedoen is, oorskry die reservaat se wildbevolking die ekologiese dravermoë met 150%. Die ekologiese balans is in gevaar, en daarom is ‘n aanbeveling gemaak dat 1 200 blesbokke en 40 elande verwyder moet word. Die Dihlabeng-munisipalite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 13, 2025


Die Vrystaat se oudste huis kry nuwe lewe
Die oudste huis in die Vrystaat word tans gerestoureer deur die familie van die Franse sendeling wat dié huis in 1832 gebou het. Jean Pierre Pellissier, ’n sendeling van Parys in Frankryk, het dié huis in Bethulie in 1832 gebou. Die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein is ook na die familie genoem. Vanaf 1972 is die huis as dorpsmuseum gebruik, maar toe die Vrystaatse regering in 2015 dit nie meer in stand kon hou nie, is dit aan die Pellissier-familie terugverkoop. Netwerk24

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 12, 2025


Daar was toe regtig ‘n tornado in Harrismith
Die span van Highland Farms naby Harrismith in die Oos-Vrystaat was besig om mielies op die plaas Maedersdeel te plant toe 'n tornado begin woed het. African Farming berig Ruben van Niekerk, wat saam met sy pa Jacques boer, het die tornado op video vasgevang en vinnig daarna vertrek. Intussen het die video wydverspreide aandag regoor die land getrek - met baie wat skepties was en dit KI-gegeneer genoem het. The South African berig die gebeurtenis is egter sedertdien as eg b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 11, 2025


‘n Ongeluk eis die lewe van drie kinders
‘n Ongeluk op die R76 naby Viljoenskroon het die lewe van drie kinders geëis. Parys Gazette berig volgens die voorsitter van die Road Incident Management System en die Vrystaatse Nood Mediese Dienste, Sipho Towa, het die ongeluk Saterdagaand plaasgevind. Die bestuurder van ‘n 7-sitplek voertuig wat van ‘n kerkdiens in Kroonstad onderweg terug na Sasolburg was, het glo beheer oor die voertuig verloor. Naas die drie kinders wat in die ongeluk oorlede is, het nog twee kinders k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 10, 2025


‘n Bejaarde Vrystater se vermeende aanranders is weer Desember in die hof
Die hofdatum vir die beweerde aanranding van ‘n brose 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is vasgestel. Volgens Vista sal die verhoor op 8 Desember in die Welkom-streekhof begin. Die hof het vandag gehoor dat die ondersoeke afgehandel is, en dat die staat gereed is om voort te gaan. Aanklagte teen die beskuldigdes sluit poging tot moord, marteling, mishandeling, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ontvoering in. Die 64-jarige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Vrystaatse gastehuise sukkel steeds met water
Terwyl die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, die toerisme-seisoen by Gariepdam geopen het, sit talle ondernemings en gastehuise hier sonder water. NovaNews berig dié dorp, reg langs die grootste dam in Suid-Afrika, voer al maande lank ‘n stryd teen waterbeperkings. Die Menseregtekommissie het reeds in sy November 2024-verslag gesê die Kopanong-munisipaliteit minag inwoners se regte tot toegang tot skoon water. Met die bekends

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


Vrystaters word teen ‘n rondloper leeu gewaarsku
Verskeie aanvalle op vee naby die Rietfontein en Astral-plase dui daarop dat daar dalk n rondloper leeu of leeus in die omgewing is. Die Vrystaatse plaaslike munisipaliteit, Dihlabeng, sê in ‘n kennisgewing hulle werk nou saam met die plaaslike owerhede en kundiges in wildlewe om die stituasie aan te spreek. Intussen doen hulle ‘n beroep om die plaasgemeenskap naby hierdie gebiede om versigtig te wees en binnenshuis te bly. Hulle voeg by meer inligting sal deurgegee word soo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025


Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom. ’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant. Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging. Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedepone

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Huldeblyke stroom steeds in vir ‘n geliefde Vrystaatse boervrou
Die 74-jarige boervrou, Tharina Terblance, se dood het nie net haar familie nie, maar ook talle in die landbougemeenskap geruk. Huldeblyke stroom steeds in vir die vrou wat haar naam met harde werk, geloof en durf in die Vrystaatse grond ingeploeg het. Maroela Media berig Terblance is verlede week oorlede nadat sy vroeër begin siek voel het. Volgens haar familie het sy toe ʼn hartklepoperasie ondergaan, maar dit was nie suksesvol nie. ʼn Boerdery wat in 1987 op 1 200 ha begi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025


Mense spring in om ‘n Vrystater en sy hond te help
Mense in het ingespring en gehelp nadat 'n Vrystater se hond deur ‘n motor getref is. Volgens Good Things Guy het die man by verskeie skuilings om hulp gevra maar niemand kon help behalwe die Virginia DBV. Sonder huiwering het die man 15km met Option in sy arms na hulle toe gestap. Die DBV kon Option nie sonder dringende veeartsenykundige sorg help nie, en dis toe dat hulle die gemeenskap aanlyn om hulp gevra het. Binne ure na die pleidooi het emmers vol hoop ingestroom. Op

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 31, 2025


BKS: Boere soek antwoorde
Suid-Afrikaanse boere vra bedryfsliggame om rekenskap te gee van fondse wat bedoel is om die verspreiding van bek-en-klouseer te bekamp. Hulle sê, volgens SABC News , hulle betaal al jare lank vir voorkomingspogings, maar daar is min deursigtigheid oor hoe die fondse gebruik word. Daar is tans 274 onopgeloste uitbrake waarvan 56 in die Vrystaat is. Beperkte enstofbeskikbaarheid vererger ook die situasie. Volgens prokureur, Ann-Suhet Marx, betaal boere tans statutêre heffings,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Die hoeveelheid tienerswangerskappe in die Vrystaat is skokkend
Die Departement van Basiese Onderwys bly diep bekommerd oor die duisende skoolgaande leerlinge wat swanger word. Netwerk24 berig die minster van onderwys, Siviwe Gwarube, het onthul dat daar van April verlede jaar tot Maart vanjaar net oor die 2 800 kinders swanger geraak het. Die kinders was almal tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar. Intussen berig Newskoop die DA in die Vrystaat beweer die provinsiale departement versuim om aan die kinderwet te voldoen. Die wet vereis d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


‘n Vrystaatse munispaliteit versuim om salarisse betyds te betaal
'n Vrystaatse munisipaliteit het weereens sy werkers woedend gemaak deur nie salarisse betyds te betaal nie. Sunday World berig die Mafube-plaaslike munisipaliteit, geleë in die Fezile Dabi-distrik, het personeel in 'n memorandum ingelig dat die lone negatief beïnvloed sal word nadat die koffers opgedroog het. Die memorandum noem verder dat die bestuur erken die situasie kan ongerief veroorsaak. Dit het ook werknemers verseker dat alle pogings aangewend word om die finansiël

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


Mans wat selfoontorings in vier provinsies stroop sit nou in die tronk
Mans wat selfoontorings in minstens vier provinsies, insluitend die Vrystaat, gestroop het, is tronk toe gestuur. Netwerk24 berig die drie is elk gister tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, inbraak en diefstal. Hulle is in Junie 2019 aangekeer nadat die Valke ‘n georganiseerde-misdaadsindikaat blootgelê het. Die sindikaat het battery by selfoontorings in nie net die Vrystaat nie maar ook in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die We

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 29, 2025


‘n Nuwe kontrakteur vir die Vrystaat se ‘swakste pad’ word glo gou aangewys
Daar is onderneem om die week met verenigings oor die stand van sake met die R708-padbouprojek tussen Clocolan en Marquard te vergader. Netwerk24 berig volgens die bestuurslid van die Clocolan-boerevereniging, Chris Bender, is geen reëlings glo egter nog getref nie. Die pad word as die swakste pad in die Vrystaat beskou, én die departement se brouwerk met die bou en tenderproses het die gemeenskap warm onder die kraag. Luidens berigte het die Vrystaatse Departement van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Bek-en-klouseer is op ‘kritieke punt’ in Vrystaat
Vrystaat Landbou sê hulle is uiters bekommerd oor die toename in die uitbreking van bek-en-klouseer in verskeie streke in die provinsie. Dit ná die jongste syfers 56 bevestigde gevalle in nege gebiede toon. Die organisasie bestempel dit as ʼn kritieke punt. Maroela Media berig die organisasie se adjunkpresident, Friedl von Maltitz, sê die departement se versuim om bewegingsbeperkings en kwarantynsones doeltreffend af te dwing het die siekte teen ʼn kommerwekkende tempo laat ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 28, 2025


Uitbreidings by die Welkom-lughawe is glo onwettig
Alle voorgestelde planne, opknappings en uitbreidings van die Welkom-lughawe in die Vrystaat is glo onwettig, sonder formele goedkeuring van die land se lugvaart- en vervoerowerhede. Tog blyk dit of die omstrede Welkom-vraglughaweprojek van miljarde rande buite die behoorlike regulatoriese raamwerk voortgaan. News24 berig verder toesig oor lughaweveiligheid en lisensiëring berus by die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (SACAA) en die Departement van Vervoer. SACAA-kommu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 26, 2025


‘n Voormalige gesondheids-werknemer word vir bedrog vervolg
'n Voormalige werknemer van die Departement van Gesondheid wat glo haar matriek senior sertifikaat vervals het, het in die Sasolburg-landdroshof verskyn. Volgens NovaNews het die 49-jarige Manini Monco-Mahlaku glo ‘n ander persoon se senior sertifikaat vervals en dit as haar eie ingedien, waarna sy as ‘n basiese ambulansassistent aangestel is. Die bedrog het in 2022 aan die lig gekom. Teen die tyd het die departement reeds 'n verlies van meer as R2,2 miljoen gely. Ten spyte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 25, 2025


Herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad begin momentum kry
Ná volgehoue druk van die VF Plus het die herstelwerk aan die R76 tussen Steynsrus en Kroonstad in die Vrystaat momentum begin kry. Maroela Media berig ná maande se monitering is daar sigbare verbeterings aan die pad van 48 km wat vir jare ’n bron van frustrasie vir inwoners en boere was. Die herstelprojek het reeds in 2019 begin en sou oorspronklik in 2022 voltooi gewees het. Die werk het egter vir byna twee jaar tot stilstand gekom nadat die Vrystaatse Departement van...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Vrystaat-boere stort hul harte uit oor veediefstal
Vrystaat-boere het hul harte voor die parlement se gekose komitee oor veiligheid en justisie uitgestort oor die toename in veediefstal en misdaad aan die Lesotho-grens. Netwerk24 berig verteenwoordigers van Agri-SA, Vrystaat Landbou en die polisie was onder andere teenwoordig om terugvoer te lewer. Een van die boere het begin huil toe hy vertel hoe sy vee gesteel is. Hy waarsku dat Suid-Afrika uiters kwesbaar vir bedreigings bly solank grensbeheer met Lesotho nie versterk ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025


Bewerings van nepotisme word in die Vrystaat ondersoek
Die Departement van Arbeid het 'n ondersoek na bewerings van begunstiging en nepotisme rakende onlangse aanstellings van kliëntediensbeamptes in die Vrystaat ingestel. SABC News berig dit volg na bewerings van inwoners van Zastron en Petrusburg dat aanstellingsprosesse gebrekkig was en bevraagteken waarom slegs mense van buite die provinsie gekwalifiseer het vir poste wat graad 12 as 'n hoogste kwalifikasie vereis. Gevolglik het die waarnemende direkteur-generaal, Jacky Moli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 23, 2025


‘n Verkragter daag nie op vir sy bedrogsaak nie
'n Prokureur van Welkom wat drie lewenslange vonnisse uitdien vir seksuele oortredings teen minderjariges, het nie in die Welkom-landdroshof vir sy borgtogaansoek op bedrogklagte van R15 miljoen verskyn nie. Vistanews berig Jan Maritz is nie van die Grootvlei-gevangenis in Bloemfontein na Welkom vervoer vir sy geskeduleerde borgtogverhoor nie. Die aansoek is uitgestel tot volgende week. Maritz is vroeêr die maand in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal, geldwas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 22, 2025


Swendelaars bedrieg Vrystaters
Die Vrystaatse Polisie waarsku mense oor 'n bedrogspul wat tans die rondte doen waarin niksvermoedende slagoffers uit groot bedrae geld bedrieg word. Luidens ‘n mediaverklaring het 'n senior amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake in Kroonstad onlangs ontdek dat haar selfoonnommer gekaap is, en deur onbekende verdagtes gebruik word om mense te mislei om geld te betaal in ruil vir beloofde werksgeleenthede of regeringskontrakte. Tot dusver is die polisie bewus gemaa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025


Daar is ‘n nuwe, ‘sagter’ wapen vir vroeë borskankeropsporing
Met die kollig op Borskankermaand, is daar in die Oos-Vrystaatse dorp Bethlehem ʼn handtoestel wat primêre gesondheidswerkers in staat stel om knoppe in die bors vroegtydig op te spoor. Maroela Media berig die toets duur skaars tien minute, veroorsaak geen pyn nie, gebruik nie bestraling nie, en die verslag is onmiddellik beskikbaar. Sover is Bethlehem Clicks in die Sechaba Mall een van net drie Clicks-winkels in die land waar vroue teen ʼn bekostigbare tarief nou hul borste k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 21, 2025
bottom of page

