top of page


Nuus


AfriForum gaan hof toe oor die Mangaung-metro se nuwe vullis- en riooltariewe
AfriForum het ’n hersieningsaansoek by die Bloemfonteinse Hooggeregshof teen Mangaung Metro se nuwe vullisverwyderings- en riooltariewe ingedien. AfriForum is van mening dat die wyse waarop die nuwe tariewe bereken en gehef word, ongrondwetlik is en dat dit nie aan die toepaslike wetlike vereistes voldoen nie. Die nuwe tariewe behels ’n vullisverwyderingstarief wat bereken word op die grootte van ’n erf, en ’n riooltarief wat op die waarde van ’n eiendom bereken word. AfriFor

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Bloemfonteiners moet seker maak hul bouplanne is wettig goedgekeur
Eiendomseienaars, kopers en ontwikkelaars in die Mangaung-metro moet seker maak dat hul eiendomme se gebruik en bouplanne wettig goedgekeur is. Volgens inligting wat deur DA Wyk 23-raadslid Tjaart van der Walt gedeel is, kan eiendomme wat vir ’n ongemagtigde doel gebruik word, onder die munisipaliteit se “Non-Permitted Use”-tarief val. Hierdie boete-tarief vir die nuwe boekjaar is sowat 6.5 keer hoër as die gewone residensiële tarief. En dit is nog bó-en-behalwe die stappe wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Misa veroordeel die vrylating van Mudzinganyama nadat hy vroue gedreig het
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) het kritiek uitgespreek oor die vrylating van die sakeman Lawrence Mudzinganyama op ’n waarskuwing. Hy het homself aan die polisie oorgegee nadat ’n video versprei is waarin gesien kan word hoe hy vroue intimideer. In die video dreig hy om die vroue dood te maak. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi Majola, sê Mudzinganyama se vrylating op waarskuwing bevestig dat vroue nie ernstig opgeneem word wanneer hulle mishandeling aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago


Leerders moet sterker digitale vaardighede aanleer
Suid-Afrikaanse leerders moet sterker digitale vaardighede aanleer om hulle vir ’n toenemend digitale wêreld voor te berei. Die direkteur-generaal van Basiese Onderwys, Mathanzima Mweli, sê digitale gereedheid gaan oor meer as net toegang tot tegnologie. Dit sluit ook probleemoplossing, kritiese denke en die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in. Hy sê Suid-Afrika het reeds beleide en skoolvakke wat digitale vaardighede ondersteun, maar die doeltreffende im

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


Die registrasiesperdatum vir sonkragstelsels kom al hoe nader
Suid-Afrikaners met netwerkgekoppelde sonkragstelsels op die dak het tot 30 September om hul installasies by Eskom of hul munisipaliteit te registreer. Energiekenners waarsku dat die misloop van die sperdatum kan lei tot registrasieverwante koste van tot R10 000 in stedelike gebiede en R36 000 vir sommige landelike verbindings. Eskom het hierdie fooie tot die sperdatum kwytgeskeld en vereis nie meer ‘n ingenieur se goedkeuring nie, maar aanvaar ‘n Sertifikaat van Nakoming van

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


Daar is effense verligting vir die Rand
Die rand het van sy verliese herstel nadat hy aanvanklik verswak het teenoor die dollar ná verlede week se rentekoersverhoging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad. Die geldeenheid het kortstondig tot swakker as R16.40 teenoor die dollar gedaal, maar het sedertdien versterk tot ongeveer R16.20. Investec sê markte het hul verwagtinge vir nog ‘n Amerikaanse rentekoersverhoging in Oktober verlaag, wat verligting vir die rand bring. Stygende oliepryse, wat met die konflik in

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


Bloemfontein neem afskeid van sersant Semenyane
Die Vrystaatse polisie neem hierdie week afskeid van sersant Lucas Tshediso Semenyane, wat op 12 September in ’n noodlottige ongeluk op die N8 naby Sannaspos oorlede is. Semenyane was besig om op ’n klagte te reageer toe ’n aankomende voertuig teen die polisiekonvooi gebots het. Hy is op die toneel dood verklaar. ’n Tweede polisiebeampte is in die ongeluk beseer, maar is sedertdien uit die hospitaal ontslaan. ’n Saak van strafbare manslag is geregistreer en die omstandighede

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 days ago


Talle is in die Vrystaat in hegtenis geneem
Die Vrystaatse polisie en ander wetstoepassingsagentskappe het meer as 1 000 mense tydens Operasie Shanela Twee in hegtenis geneem. Die intensiewe operasie, wat oor ’n week gestrek het, het meer as 6 000 hoësigbaarheidspatrollies, 231 voertuigkontrolepunte, 19 padblokkades en meer as 1 300 stop-en-deursoek-operasies ingesluit. Volgens die polisie is byna 41 800 mense, 14 000 voertuie en oor die 680 persele deursoek. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was 38 mense vir ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


SANParke sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin sluit weens ’n beplande optog
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin tydelik sluit weens ’n beplande optog deur werklose jongmense van die Nkomazi-gebied. Die organiseerders sê die protesaksie sal kwessies aanroer wat werklose jongmense in die gebied raak. Die hek sal vanaf agtuur die oggend gesluit wees en weer oopmaak sodra die betogers vertrek het en dit veilig is om bedrywighede te hervat. Besoekers, personeel en verskaffers word aangeraai om al

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


President Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid vir geslagsgebaseerde geweld aanvaar
President Cyril Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid aanvaar om vroue teen geslagsgebaseerde geweld te beskerm. Die president het vandag sy eerste openbare verskyning gemaak by ’n fondsinsamelingsgeleentheid van die ANC in Woodmead, nadat hy verlede week siekverlof geneem het. Hy sê vroue verdien om veilig te voel in hul huise en op straat, en die regering moet optree wanneer dit nie die geval is nie. Ramaphosa sê die regering sal nie verskonings aanvoer vir die

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Die negende Ekurhuleni-moord is moontlik weens 'n liefdesdriehoek
Die ondersoek na die moord op die negende vrou wie se liggaam in Ekurhuleni gevind is, het ’n nuwe wending geneem, met ’n moontlike liefdesdriehoek wat nou deel van die ondersoek vorm. Netwerk24 berig die polisie ondersoek die moontlikheid dat die vrou se dood met ’n liefdesdriehoek verband hou en dus moontlik nie direk met die ander vrouemoorde aan die Oos-Rand verbind is nie. Die polisie het intussen een man en twee vroue oor die naweek in verband met die Dawn Park-saak in

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Geen wateronderbrekings word verwag tydens die Roderick-reservoir se skoonmaak nie
Mangaung-inwoners in Estoire, Tienie Visser en omliggende gebiede word gevra om Dinsdag water spaarsamig te gebruik terwyl die Roderick-reservoir skoongemaak word. Die Mangaung-metro sê die reservoir sal op 22 September ’n 24-uur-skoonmaakproses ondergaan. Volgens die metro word geen wateronderbrekings tydens die proses verwag nie. Inwoners word egter aangemoedig om hul waterverbruik sover moontlik te beperk terwyl die werk voortduur. Die munisipaliteit het inwoners om versko

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


'n SA joernalis word vermoedelik in Djiboeti aangehou
Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy, wat as vermis in Djiboeti aangemeld is, word vermoedelik deur die land se owerhede aangehou. Volgens die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste, die ICIJ, is Reddy moontlik in hegtenis geneem omdat hy nie die nodige media-akkreditasie bekom het nie. Die plaaslike joernalis Mohamed Willo Ismael, ook bekend as Kooki Mahmoud, word glo saam met hom aangehou. Reddy het Donderdag in Djiboeti aangekom vir ’n..

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Padagentskap moet kontrak van omstrede sakeman se maatskappy ondersoek
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gelas om ondersoek in te stel na ’n maatskappy wat met die sakeman Lawrence Mudzinganyama verbind word. ’n Video waarin gesien kan word hoe Mudzinganyama vroue by ’n restaurant in Sandton dreig, het onlangs op sosiale media versprei en openbare kommer ontlok. Creecy wil hê die padagentskap se raad moet ondersoek instel na die omstandighede rondom die aanstelling van Moriel Infrastructure

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


TUT maak geskiedenis met sonkragmotor in uithourit
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie, oftewel TUT, het die naweek geskiedenis gemaak deur die 2026 Sasol Solar Challenge met sy sonkragmotor, SunChaser 4, te wen. Netwerk24 berig die span het die meer as 2 300 kilometer lange roete van Sasolburg tot in die Wes-Kaap suksesvol voltooi en die Challenger-klas gewen, en ook die enigste span wat die 2000 km-kerf bereik het. Die uithourit het oor agt dae gestrek en deelnemers se ingenieursvernuf, energie-bestuur en die betroubaar

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Suikerboere eis groter steun vir hulle plaaslike produk
Suid-Afrikaanse suikerrietboere het kleinhandelaars en voedselvervaardigers skerp gekritiseer oor die gebruik van ingevoerde suiker terwyl ondernemings steeds beweer dat hulle plaaslike produkte ondersteun. Voglens Maroela Media sê SA Canegrowers “plaaslik” behoort te beteken dat suiker in Suid-Afrika verbou én vervaardig is, en nie bloot dat ingevoerde suiker plaaslik verpak of versprei word nie. Die organisasie doen ’n beroep op ondernemings om hul verbintenisse ingevolge d

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Australië verwag dat sterftes sy geboortesyfer sal oorskry
Australië verwag dat sy sterftesyfer in 2060 vir die eerste keer die geboortesyfer sal oorskry. Die land waarsku dat hierdie demografiese verandering verreikende gevolge vir sy ekonomie sal inhou. Australië worstel met ’n verouderende bevolking, ’n afname in geboortes en besnoeiings op immigrasie. Die land verwag dat sy bevolkingsgroei oor die volgende vier dekades tot nul-komma-nege persent per jaar sal afneem. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


BLSA verwelkom die Wysigingswet op die Staatsdiens
Business Leadership South Africa (BLSA) het die inwerkingtreding van die Wet op die Staatsdienskommissie, die Wysigingswet op die Staatsdiens en die Wysigingswet op Openbare Administrasiebestuur verwelkom. Die organisasie sê die ondertekening van hierdie wette behels ’n algehele hersiening van die reëls wat die land se staatsdiens reguleer. BLSA voeg by die wette sal politieke begunstiging by aanstellings uitskakel en botsings van belange voorkom. Ter illustrasie. FOTO: Unspl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Bloem-skole swem goud los
Die swemmers van Eunice Hoërskool en Grey Kollege het voluit gegaan by die 2026 Waterkloof Uitnodigingsgala, met die gekombineerde A-span wat die algehele eerste plek behaal het. Volgens Eunice het die gekombineerde B-span vyfde geëindig, terwyl die twee spanne saam 32 eerste plekke, 19 tweede plekke en 11 derde plekke behaal het. Altesaam 39 swemmers van die twee Bloemfonteinse skole het aan die gala deelgeneem, saam met spanne van Waterkloof, Potchefstroom Gimnasium en Hoër

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


McKenzie het nog nie sy finale verslag voorgelê nie
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het nog nie ’n finale verslag oor die byna R31-miljoen wat aan die 2026-Wêreldbekerprogram bestee is, voorgelê nie. Daar is verwag dat die departement die verslag verlede maand aan die parlement sou voorlê. Klagtes is reeds by die Openbare Beskermer teen McKenzie ingedien oor die besteding en vrae oor wie by die reis gebaat het. Die DA se Leah Potgieter sê McKenzie moet die finale verslag verskaf, insluitend die volle

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


SANRAL ondersoek ‘n kontrakteur ná dreigemente teen vroue
In ’n tyd waarin geweld teen vroue en vrouemoorde weer sterk in die openbare gesprek is, het SANRAL ’n kontrakteur se optrede by ’n Johannesburgse restaurant veroordeel. Volgens SANRAL sirkuleer ’n video op sosiale media waarin die kontrakteur dreig om vroue dood te maak. Op versoek van die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, ondersoek SANRAL nou ook of die maatskappy wettig aangestel is en of hy sy kontraktuele verpligtinge nakom. SANRAL bevestig dat die maatskappy twee ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


‘n Man is by OR Tambo met heroïen ter waarde van meer as R2 miljoen vasgetrek
’n 52-jarige man is by die O.R. Tambo-lughawe vasgetrek nadat die polisie op heroïen ter waarde van meer as R2 miljoen afgekom het. Die polisie en die Grensbestuursowerheid het die verdagte voorgekeer net nadat sy vlug vanaf Accra in Ghana geland het. Toe beamptes sy bagasie deursoek, het hulle op koeëlagtige voorwerpe en blokke vol heroïen afgekom. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die man sal later vandeesweek in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van dwe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Vermiste persone moet onmiddellik aangemeld word
Mense word aangemoedig om vermiste persone onmiddellik by die polisie aan te meld. Volgens die Minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, hoef mense nie 24 uur te wag voordat ’n persoon as vermis aangemeld kan word nie. Inteendeel, stel vroeë aanmelding die polisie in staat om sonder versuim met ondersoeke en soektogte te begin. Gesinne moet ’n onlangse foto, ’n beskrywing van die vermiste persoon en besonderhede oor waar die persoon laas gesien

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Die nuwe Grondslagfase-katalogus kan geïmplementeer word
Die nuwe Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase is goedgekeur en kan nou met onmiddellike effek geïmplementeer word. Die Departement van Basiese Onderwys sê in ’n mediaverklaring die besluit is deur die Raad van Onderwysministers onderskryf ná ’n omvattende hersieningsproses. Dié proses het ’n amptelike oudit, ’n onafhanklike ondersoek en verskeie regsmenings ingesluit. Volgens die departement se verklaring is daar bevind dat geen bedrog of begunstiging plaasgevind het nie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21
bottom of page

