top of page

LUISTER REGSTREEKS
Die Groot R Ontbyt
06:00 – 09:00
Armando en Jana


Nuus


Skoonmaakwerk by twee reservoirs kan wateronderbrekings in Bloemfontein veroorsaak
Inwoners van verskeie Bloemfonteinse woonbuurte kan in die komende dae onderbrekings in watertoevoer of lae waterdruk ervaar weens beplande skoonmaak- en instandhoudingswerk by twee reservoirs. Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, vind die eerste werk Woensdag by die Dan Pienaar-reservoir plaas. Dit kan Dan Pienaar en Bayswater raak. Die tweede fase is vir volgende Dinsdag by die Pentagon-reservoir beplan. Gebiede wat geraak kan word, sluit

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Suid-Afrikaners word gewaarsku teen dobbelary en finansiële bedrog
JustMoney het Suid-Afrikaners gewaarsku oor die toename in dobbelaktiwiteite en finansiële bedrog. Die maatskappy se 2026-opname oor geld en persoonlike finansies het bevind dat 54% van die respondente gereeld dobbel of aan die lotto deelneem. Intussen sê 47% dat hulle al slagoffers van bedrog was, meestal deur plasings op sosiale media. JustMoney se Pieter Wasserfal doen ’n beroep op die publiek om stappe te doen om hul geld te beskerm en hul finansiële selfvertroue te verst

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Die parlement erken kommer oor die impak van hernubare-energieprojekte
Die Portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie in die parlement het kommer erken oor die uitwerking van hernubare-energieontwikkelings op gemeenskappe. Dit volg terwyl die mynboubelangegroep Macua voorberei om Woensdag ’n ondersoekverslag by die Sonvanger-sonkragaanleg in die Vrystaat bekend te stel. Die saak handel oor ’n sonkragprojek wat ontwikkel is om hernubare elektrisiteit aan Glencore-Merafe Venture se ferrochroombedrywighede te voorsien. Macua bevraagteken watte

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Trump wil vergader met die Russiese en Chinese presidente
Die president van die VSA, Donald Trump, sê hy sal dalk volgende week met die Russiese president, Wladimir Poetin, en die Chinese president, Xi Jinping, vergader. Die leiers sal bespreek hoe om die oorlog in Iran te beëindig. Die oorlog het tot 'n aansienlike styging in wêreldwye olie- en energiepryse gelei. Dit het op sy beurt die lewenskoste en inflasievlakke in baie lande laat styg. Die vergadering tussen die drie leiers sal in China plaasvind. President Donald Trump. FOTO

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Die Madlanga-kommissie sal in die komende weke van Senzo Mchunu hoor
Die Madlanga-kommissie het bevestig dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, geskeduleer is om in die komende weke onder dagvaarding te getuig. Die kommissie sal na verwagting ook verdere getuienis van KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, en die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, aanhoor. Mkhwanazi se bewerings van korrupsie en politieke inmenging in die strafregstelsel het tot die instelling van die kommissie gelei. Die kommissie herinner

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Gemeenskapslede span saam om ‘n Husky in Pellissier te vind
Deur Ilde Roos 'n Husky genaamd Nooi het Sondag 'n Bloemfonteinse buurt in rep en roer gehad nadat sy spoorloos verdwyn het. Net ná 18:00 het 'n inwoner van Pellissier op 'n WhatsApp-groep van dié buurt laat weet daar is drie honde wat naby hul huis in die straat rondloop. 'n Ander lid het laat weet dat as die honde gevang kan word, hulle in sy erf veilig gehou kan word. Intussen het nog 'n inwoner laat weet sy sal ook kom help nadat die honde in die nabygeleë veld in gehardl

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


#Verkiesing2026: Ramaphosa sê hy gaan nie bedank nie
President Cyril Ramaphosa het bespiegelinge dat hy moontlik ná die ANC se swak vertoning in die plaaslikeregeringsverkiesing kan bedank van die hand gewys. Hy het berigte oor sy politieke toekoms as absurd beskryf, maar erken dat die regerende party se steun by die stembus steeds afneem. The Citizen berig nadat die verkiesingsuitslae Sondag ’n somber prentjie vir die ANC geskets het, gerugte die rondte gedoen het dat Ramaphosa en ander senior leiers moontlik onder druk kan ko

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Binnelandse Sake gaan voort met die nuwe aanlyn registrasiestelsel vir asielsoekers
Die Departement van Binnelandse Sake gaan voort met die nuwe aanlyn registrasiestelsel vir asielsoekers. Die stelsel sal na verwagting Dinsdag in werking tree. Dit sal biometriese inligting vereis om die identiteit van aansoekers te verifieer, vorige eise na te gaan en die verwerking van aansoeke te versterk. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê die regering se benadering tot immigrasiebestuur sluit meer immigrasiebeamptes en verbeterde sekuriteit by die land

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Ramaphosa moedig politieke partye aan om saam te werk
President Cyril Ramaphosa sê die werk om die mense te dien moet nou begin. Hy het in 'n mediaverklaring nadat die plaaslikeregeringsverkiesing se uitslae bekend gemaak is, gesê in munisipaliteite waar geen politieke party ’n volstrekte meerderheid behaal het nie, die verkose verteenwoordigers gemeenskaplike grond sal moet vind. Hy sê dit is nie ’n swakheid van demokrasie nie, maar 'n weerspieëling van die keuses wat die mense gemaak het. Die kiesers het hul verteenwoordigers

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


YouVersion stel ‘n gratis Bybeltoepassing vir tieners bekend
Die gewilde Bybeltoepassing YouVersion het ʼn gratis toepassing bekendgestel wat tieners help om daagliks die Bybel te lees. Die toepassing, Bible Loop, is saam met die jeugbediening OneHope ontwikkel en is wêreldwyd in vier tale beskikbaar, insluitend Engels. The Christian Post berig YouVersion se stigter, Bobby Gruenewald, sê dit is verlede jaar in Indië getoets en is reeds meer as een miljoen keer geïnstalleer. Dit bied ʼn geheuespeletjie vir Bybelverse en ʼn daaglikse inskry

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


‘n Man spring uit ‘n bewegende vragmotor om die polisie te ontduik
'n Man het uit 'n bewegende vragmotor gespring en weggehardloop om van die polisie te ontsnap. Dit kom nadat die vragmotor langs die N1 afgetrek is om vir dagga en dwelms deursoek te word. Volgens polisiewoordvoerder konstabel Kelello Patsa is die vragmotor oor etlike weke gemonitor aangesien dit glo gebruik om dagga en dwelms van Kaapstad na Johannesburg te vervoer. Die vragmotor is Saterdag opgemerk en naby Parys in die Vrystaat afgetrek. Die polisie het die rede vir die st

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


#Verkiesing2026: Die OVK verklaar 2026 se verkiesing vry en regverdig
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het die plaaslike regeringsverkiesing van 2026 vry en regverdig verklaar. Die OVK-voorsitter, Mosotho Moepya, het die aankondiging Sondagaand by die Nasionale Verkiesingsuitslae-operasiesentrum in Midrand gemaak. Volgens die kommissie het sowat 14,9 miljoen Suid-Afrikaners in die verkiesing gestem. Die ANC het sy posisie as Suid-Afrika se grootste party behou. Moepya sê die samestelling van al 213 munisipale rade is nou afgehandel e

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


#Verkiesing2026: ‘n Bfn wyk se stemme is aangepas ná ‘n hertelling
Die plaaslike verkiesing se uitslae vir Wyk 19 in Bloemfontein Saterdag aangepas nadat die stembriewe van die stempunt by die Ehrlichpark-brandweerstasie oorgetel is. Volgens die aanpassing het die DA wyk 19 by die ANC gewen. Dit kom nadat die DA en onder meer die VF Plus beswaar oor die stempunt se uitslag aangeteken het. Netwerk24 berig die DA-LPW en die party se burgemeesterskandidaat in die metro, Werner Pretorius, sê hulle het die wyk aanvanklik met twee stemme aan die A

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Twee treine bots in Egipte
Minstens sewe mense is dood en meer as 100 beseer in ’n treinbotsing naby Egipte se hoofstad, Kaïro. Die spoorwegowerheid sê twee treine wat suid van Giza en Kaïro af gereis het, het gebots. Verskeie treinwaens het ontspoor en teen ’n wal afgerol. Nooddienste het ’n grootskaalse reddingsoperasie van stapel gestuur om beseerde passasiers by te staan. President Abdel Fattah al-Sisi het ’n ondersoek na die botsing gelas en sê enigiemand wat nalatig bevind word, moet aanspreeklik

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


#Verkiesing2026: Die OVK maak Sondagaand die uitslae bekend
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) maak Sondagaand die finale uitslae van die 2026-plaaslike regeringsverkiesing bekend. Volgens eNCA vind die aankondiging om 18:00 by die Nasionale Uitslae-operasiesentrum in Midrand plaas. President Cyril Ramaphosa sal die geleentheid toespreek, wat ook deur verteenwoordigers van politieke partye bygewoon sal word. Die aankondiging sal die verkiesingsuitslagproses amptelik afsluit. Die finale uitkoms in munisipaliteite waar geen enk

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


’n Man is in Oranjesig met vermoedelik dwelms in sy besit aangekeer
’n Man is in hegtenis geneem nadat hy met ’n swart sakkie poeier gevind is. Volgens die Vrystaatse polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earle, het lede van die Bloemfonteinse Vliegende Eenheid die man Saterdagaand tydens ’n patrollie in Monumentweg in Oranjesig opgemerk. Die polisie het hom deursoek en die poeier in sy besit gevind. Die dwelmopsporingseenheid van die Bloemfonteinse hondeafdeling is ontbied, waarna ’n dwelmhond positief op die stof gereageer het. Die poeier word

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


#Verkiesing2026: Uitslae kan ná partybesware verander
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), Mosotho Moepya, sê die aantal setels wat in die voorlopige uitslae van die 2026-plaaslike regeringsverkiesing weerspieël word, kan verander nadat besware by die OVK ingedien is. Teen Saterdagmiddag het die kommissie 197 besware ontvang, waarvan 54 van die hand gewys is, agt is teruggetrek en twee is gehandhaaf. Die res word steeds oorweeg. Moepya sê die OVK sal enige beswaar handhaaf wat die finale uitslae wesenl

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Vier mans is vas ná beweerde boendoe-geregtigheid in Bloemspruit
Vier mans is in hegtenis geneem nadat ’n man tydens ’n beweerde geval van boendoe-geregtigheid in Bloemspruit oorlede is. Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane het die voorval Vrydagmiddag op ’n perseel in Voorspoedweg plaasgevind. Die oorledene is glo saam met ander mense deur die huurders van die perseel aangerand nadat hulle van diefstal beskuldig is. Die man is op die toneel dood verklaar, terwyl ander mense beserings opgedoen het. Die verdagtes sal n

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Die VSA oorweeg glo om miljoene aan AfriForum toe te ken vir ’n ondersoek
Die Trump-administrasie oorweeg ’n moontlike toekenning van byna R16,3 miljoen aan die Suid-Afrikaanse burgerregteorganisasie AfriForum om beweerde diskriminasie en geweld teen Afrikaners en ander minderhede te ondersoek. Volgens SABC News, wat ’n ondersoek deur ProPublica aanhaal, sou die geld uit die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake se menseregtebegroting kom. AfriForum het aangedui dat geen befondsing nog finaal toegeken is nie. Die Amerikaanse ministerie het oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


SA se kersie-oes sal na verwagting kleiner wees
Suid-Afrika se kersie-oes sal na verwagting hierdie seisoen aansienlik kleiner wees weens ongunstige weerstoestande gedurende die blomtydperk. Cherry Time, naby Ceres in die Wes-Kaap, sê sy boorde het 26 dae vroeër as verlede jaar geblom. Dit het geleenthede geskep om internasionale markte vroeër te bereik. Uitdagende weerstoestande het egter bestuiwing en vrugontwikkeling beïnvloed. Tru-Cape Fruit verwag dat kersievolumes in die Ceres-omgewing met meer as 50% sal daal vergel

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Sapa wil hê die regering moet ’n hoenderinvoerooreenkoms met die VSA skrap
Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) doen ’n beroep op die regering om ’n ooreenkoms met die Verenigde State van Amerika (VSA) te skrap wat belastingvrye hoenderinvoere na Suid-Afrika toelaat. Die ooreenkoms volg op die VSA se aankondiging dat Suid-Afrika uit die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) uitgesluit sal word. Sapa dreig met regstappe indien Suid-Afrika nie die ooreenkoms skrap nie. Die ooreenkoms laat die VSA toe om 74 000 ton hoender na Suid-Afrik

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Vermeende transitorowers is noodlottig gewond
Twee vermeende transitorowers is noodlottig gewond in ’n skietgeveg met die polisie op die N12 naby Westonaria, wes van Johannesburg. Die voorval het gevolg op ’n intelligensiegedrewe operasie wat verband hou met ’n transitorooftog wat in Virginia in die Vrystaat plaasgevind het. Die polisie sê die verdagtes het na bewering tydens die rooftog met ’n voertuig teen ’n Izi Cash-voertuig gebots en dit met ’n ploftoestel opgeblaas. Polisiebeamptes het ’n Toyota Rumion voorgekeer w

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


‘n Tiener is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem
Die polisie het ’n 18-jarige in hegtenis geneem ná ’n skietvoorval in die Krugerwildtuin. Wildbewaarders het die polisie ontbied en hulle van die skietvoorval in die Vhembe-distrik ingelig. Die verdagte is met ’n skietwond aan sy been gevind. Die polisie het ook ’n buffelkarkas in die omgewing ontdek. ’n Polisiewoordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, sê die man is beseer tydens ’n skietgeveg tussen wilddiewe en wildbewaarders in die park. Ter illustrasie. FOTO: Grok

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 days ago


Bloemfonteinse skole oorheers die Vrystaatse o.19-krieketspan
Tien van die 13 spelers wat vir die Vrystaat se o.19-krieketspan gekies is, kom van twee Bloemfonteinse skole. Volgens inligting wat deur SuperSport Schools Cricket gedeel is, het Grey College en St Andrew’s School elk vyf spelers tot die span bygedra. Rocklands Hub het twee spelers gelewer, terwyl Hoërskool Witteberg een speler in die span het. Onder die plaaslike spelers is Grey College se kolwer Christian Kind, wat vir die derde agtereenvolgende jaar in die span is, en sy

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
bottom of page


