top of page


Nuus


Herron is van mening dat die betekenis van Erfenisdag gekaap is
Volgens die Good-party het kommersiële en kulturele belange van die sogenaamde middelklas-braai-brigade die betekenis van Erfenisdag gekaap. Die party voeg by baie Suid-Afrikaners kan nie die dag om ‘n braai vier nie weens die hoë lewenskoste. Good se sekretaris-generaal, Brett Herron, is van mening dat dit onvanpas is om Erfenisdag tot ’n braaidag te reduseer. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Parlementêre komitees hou kwessies by Kusile dop
Parlementêre komitees hou Eskom se vordering met omgewingskwessies by die Kusile-kragstasie dop. Volgens Eyewitness News volg dit op ’n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl waarin bevind is dat Eskom nie aan sekere omgewingsmagtigings en voorwaardes van sy watergebruikslisensie voldoen het nie. Eskom sê hy het reeds 25 van 41 regstellende stappe voltooi, maar die parlement sê meer werk is nodig om onder meer waterbesoedeling en grondwaterbesoedeling aan te spreek. Die komi

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Skote klap tydens ’n kontant-in-transito-roof in die Vrystaat
Verskeie geboue is beskadig nadat daar skote afgevuur is tydens ’n kontant-in-transito-roof in Sasolburg. Volgens die Vrystaat Valke het sekuriteitswagte vroeër die week hul gewone kontantinsamelings by winkels gedoen toe een van die wagte deur ’n verdagte met ’n vuurwapen gekonfronteer is. ’n Sak met ’n onbekende bedrag geld is gebuit. Sowat vyf verdagtes het daarna in ’n blou Nissan Tiida gevlug. Hulle het dié voertuig in Vaalpark gelos en ’n minibus gekaap. Die verdagtes h

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Uitdagings vertraag Suid-Afrika se oorgang na skoner energie
Die regering sê ’n afname in internasionale toelaes en die hoë koste van lenings vertraag Suid-Afrika se oorgang na skoner energie. Volgens die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, David Maynier, het die land ’n kredietwaarborg van $550-miljoen, oftewel sowat R9 miljard, verkry om private belegging in elektrisiteitsoordrag te lok. Hy het ’n beroep gedoen op meer internasionale finansiering om die oorgang na skoner energie uit te brei en die werkers en gemeenskappe w

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


VSA-sanksies ontwrig Iranse vlugte
Iraanse lugdienste is verbied om na verskeie buurlande te vlieg na aanleiding van nuwe sanksies van die VSA. Vlugte na die Verenigde Arabiese Emirate, Oman, Azerbeidjan en die Irakse hoofstad, Bagdad, is na bewering opgeskort. Die VSA het aangekondig dat hulle sanksies sal instel teen globale maatskappye wat sake doen met Iranse lugdienste. Iran sê dat die afdwinging van ‘n VSA opgelegde lugblokkade tot moontlike eskalasie kan lei. Reuters berig dat ’n senior Iranse amptenaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Pole vermoed dat die brand by ‘n Starlink-stasie sabotasie was
Owerhede vermoed dat ‘n brand by ‘n Starlink-satellietkommunikasiestasie in Sentraal-Pole moontlik sabotasie was. Die brand het internettoegang vir verskeie instellings, insluitend die Oekraïense weermag, ontwrig, maar die verbinding is intussen herstel. Poolse amptenare beweer dat die voorval deel kan wees van hibriede oorlogvoering. Pole se adjunkpremier beweer sekere tekens dui daarop dat die voorval ooreenstem met Rusland se nuwe aanvalsleerstelling. Ter illustrasie. FOTO

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


Verskeie voertuie word weens sagtewareverwante veiligheidskwessies herroep
Sekere Toyota-, Lexus- en Jeep-voertuie word landwyd herroep weens sagtewareverwante veiligheidskwessies. Volgens die Nasionale Verbruikerskommissie sluit dit oor die 2 200 Toyota Land Cruiser Prado- en 255 Jeep Grand Cherokee-voertuie in wat tussen 2023 en verlede jaar landwyd verkoop is. Die NVK se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê dit sluit ook 41 Lexus GX- en UX-voertuie in wat van 2024 tot verlede jaar beskikbaar was. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: DailyMaverick

Saamgestel deur Nadia Pieters
3 days ago


‘n Vrystaatse prokureur se R15-miljoen-bedrogsaak is uitgestel
Die bedrogsaak teen ’n Welkom-prokureur, wat reeds drie lewenslange vonnisse en 61 jaar tronkstraf vir seksuele misdrywe teen minderjariges uitdien, is tot volgende jaar uitgestel. Volgens NovaNews het Jan Gysbert Maritz vroeër die week in die Welkom Handelsmisdaadhof verskyn. Die saak kon egter nie voortgaan nie nadat die aanklaer siek aangemeld het en ’n gebarste pyp ’n gedeelte van die hofgebou oorstroom het. Maritz is aangekla van bedrog, diefstal, geldwassery en oortredi

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Die Mangaung-metro stel ’n nuwe stelsel vir behoeftige huishoudings bekend
Die Mangaung Metro Munisipaliteit stel volgende week ’n nuwe elektroniese stelsel vir die bestuur van dienste aan behoeftige huishoudings bekend. Volgens ’n kennisgewing van die munisipaliteit is die stelsel daarop gemik om die bestuur van die munisipaliteit se register van behoeftige huishoudings doeltreffender te maak. Die stelsel sal help om huishoudings wat vir ondersteuning kwalifiseer, korrek te identifiseer en te verseker dat voordele aan begunstigdes toegeken word wat

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Bloem-leerders help om Hospitaalpark groener te maak
Leerders van Sand du Plessis Laerskool het ter viering van Nasionale Boomplantweek gehelp om bome in Menierepark te plant. Volgens inligting wat deur die Hospitaalpark Woonbuurt Assosiasie gedeel is, het die leerders ook meer geleer oor die belangrike rol wat bome in die gemeenskap en omgewing speel. Dit sluit onder meer die verskaffing van skadu en suurstof en die skep van ’n groener en gesonder leefomgewing in. Die assosiasie sê elke boom wat geplant word, is ’n belegging i

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 days ago


Bosa waarsku dat rentekoersverhoging die bekostigbaarheidskrisis sal vererger
Bosa sê die jongste rentekoersverhoging sal verdere druk plaas op huishoudings wat reeds met stygende lewenskoste sukkel. Bosa waarsku dat die besluit terugbetalingskoste vir huishoudings, huiseienaars en kleinsakeondernemings sal verhoog. Die party sê monetêre beleid alleen kan nie Suid-Afrika se onderliggende ekonomiese uitdagings die hoof bied nie. Hy sê die regering moet toestande skep vir volhoubare ekonomiese groei, groter werksgeleenthede en verbeterde verdienste. Rose

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


'n VSA-regter hef die verbod op media by die Withuis op
‘n Amerikaanse regter het die Withuis tydelik gelas om mediatoegang te herstel vir drie nuusorganisasies wat president Donald Trump uit die gebou verban het. CNN, MSNBC en Politico moet hul toegang vir 14 dae herwin kragtens die tydelike bevel wat deur ‘n hof in die Distrik van Columbia uitgereik is. Rosestad-nuus het vroeër berig die drie nuusorganisasies is verban nadat Trump hulle daarvan beskuldig het dat hulle vals inligting publiseer en ‘n bedreiging vir nasionale veili

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Politieke partye kry 36 uur om vals inligting reg te stel
Die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) sê politieke partye het 36 uur om enige vals inligting voor die verkiesing in die openbaar terug te trek en reg te stel. Die waarskuwing oor die oortreding van die Gedragskode oor Waninligting is Woensdag gemaak tydens die ondertekening van die Verkiesingsgedragskode deur politieke partye. Hiervolgens moet partye inligting verifieer voordat hulle dit versprei. Indien dit vals blyk te wees, moet hulle dit terugtrek en regstel. Eye

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


U2 vier 50 jaar met 'n nuwe album en 'n nuwe muntstuk
U2 het die titel van hul nuwe album bekendgemaak. Die Ierse rockgroep se 15de ateljeealbum heet Carnaval de Luz en is hul eerste album sedert Songs of Experience in 2017. Bono het die titel Woensdag op ’n podsending bevestig, enkele dae voordat die groep sy 50ste bestaansjaar herdenk. Bono, The Edge, Adam Clayton en Larry Mullen het op 25 September 1976 in Dublin bymekaargekom. Die mylpaal word dié naweek gevier met U250, ’n aanhangersgeleentheid in Dublin. Die herdenking wor

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


ProNutro word van SA rakke verwyder
Ná meer as ses dekades word 'n Suid-Afrikaanse stapelvoedsel, ProNutro, gestaak. PepsiCo sê in 'n verklaring die besluit volg ná die bekendstelling van sy nuwe generasie ProNutro vroeër vanjaar. SABC News berig volgens die groep het verbruikers kommer uitgespreek oor die nuwe produk se smaak, tekstuur en hoe maklik dit meng. PepsiCo het Pioneer Foods Group, wat ProNutro besit het, in 2020 oorgeneem. Die maatskappy sê hy het verskeie maniere ondersoek om die oorspronklike prod

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


Die VF Plus se naam pronk bo-aan die stembrief
Die VF Plus se naam sal heel bo-aan die proporsionele stembrief op 4 November verskyn. Die party het Woensdag die loottrekking vir die boonste posisie op die stembrief tydens die Verkiesingskommissie (OVK) se seremonie vir die ondertekening van die nasionale gedragskode by die Gallagher-konvensiesentrum in Midrand gewen. Dié trekking word in aanloop tot verkiesings gedoen om te verseker dat die posisie waarvolgens politieke partye op die stembrief verskyn billik en lukraak be

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Dolly Parton se bestuurder beskuldig haar neef van dreigemente
Dolly Parton se bestuursmaatskappy het haar neef, Bryan Seaver, van dreigemente en intimidasie beskuldig in ‘n regsgeskil oor die oorlede sangeres se boedel en sakebelange. She’s Alive, bestuur deur Parton se langdurige bestuurder Danny Nozell, versoek ‘n tydelike beperkingsbevel teen Seaver. Die maatskappy beweer hy het gedreig om skade aan Parton se handelsmerk te berokken tensy hy betaal word. Seaver het ontken dat hy dreigemente gemaak het en sê dat private boodskappe uit

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Saccawu eis 'n ondersoek ná 'n dood in 'n rolmeulmasjien
Die vakbond Saccawu dring aan op ’n ondersoek na die dood van ’n werker, Victor Polori, by LFC Milling in Wesselsbron in die Vrystaat. Die vakbond sê Polori het in ’n rolmeulmasjien beland en later aan sy beserings beswyk. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het ’n verbodsbevel teen die maatskappy uitgereik. Saccawu eis dat die masjinerie, veiligheidsmaatreëls en werksomstandighede wat met die voorval verband hou, ondersoek word. Die vakbond sê ook dat werkers wat die

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Die SARB verhoog rentekoerse
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het rentekoerse met 25 basispunte verhoog, wat die repokoers tot 7,25 % en die prima uitleenkoers tot 10,75 % te staan bring. Die goewerneur van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê stygende brandstofpryse dryf hoër inflasieverwagtinge aan, met die verwagting dat hoofinflasie later vanjaar en vroeg volgende jaar vyf persent sal oorskry. Die ekonomie het met 0,2 % in die tweede kwartaal gekrimp, maar die Reserwebank verwag dat groei gedurende d

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


’n KI-Bybel-navorsingshulpmiddel help Christene om dieper in die Skrif te delf
’n Nuwe KI-gebaseerde Bybelnavorsingshulpmiddel genaamd Berean help Christene om dieper te gaan as bloot die lees van die Skrif deur die konteks, geskiedenis en verskillende vertalings daarvan te verken. Die platform stel gebruikers in staat om vrae oor die Bybel te vra, gedeeltes en kruisverwysings te bestudeer, en Hebreeuse en Griekse woorde na te vors. Dit bied ook hulpbronne oor Bybelse en kerkgeskiedenis, geografie, profesie, manuskripte en 20 Christelike tradisies. Bere

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


'Vreedsame verkiesings begin met veldtogte, nie op verkiesingsdag nie'
Die DA se Federale Voorsitter, Solly Msimanga, sê vreedsame verkiesings begin met veldtogte, nie op verkiesingsdag nie. Msimanga het tydens die seremonie vir die ondertekening van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se gedragskode en stembrieftrekking in Pretoria Woensdag die party se verbintenis tot vreedsame veldtogte en die Verkiesingskode belowe. Hy sê politieke partye moet kieserintimidasie, vals nuus en inmenging vermy, terwyl kiesers toegelaat word om mededingende id

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Geelklip word ‘n rekord-brekende dormer-ram ryker
'n Deel van Geelklip in die Bloemfontein-omgewing het 'n uitsonderlike dormer-ram ryker geword. Die ram, genaamd Tokkelos, is van 2 Steyns Boerdery in Venterstad vir ’n ongelooflike R520 000 verkoop. Hierdie transaksie het geskiedenis op die Hatari Platinum-veiling in Bloemfontein gemaak, en 'n nuwe rasrekord is op die plaas Content in Bainsvlei opgestel. Netwerk24 berig Suzé Steyl van Trinity Dormer Stud, wat deel van Geelklip in die Bloemfontein-omgewing vorm en wat die ram

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


BKS: TLU SA verwelkom toegang tot die intellektuele eiendom vir entstof
TLU SA verwelkom die aankondiging dat kwalifiserende private maatskappye onder lisensiëringsooreenkomste toegang tot die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom vir bek-en-klouseer-entstof kan kry. Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê die doel is om produksiebeperkings te oorkom en meer entstof beskikbaar te stel. TLU SA sê die entstof is volgens veeartse en akademici tans geskik vir Suid-Afrikaanse virusstamme en kan na verwagting immuniteit van tot ’n jaar bie

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago


Die jaarlikse verbruikersprys-inflasie het in Aug gestyg
Die jaarlikse verbruikersprys-inflasie het in Augustus tot 4,4 % gestyg, in vergelyking met 4,3 % in Julie. Statistieke Suid-Afrika sê pryse het op ’n maand-tot-maand-grondslag onveranderd gebly. Behuising en nutsdienste het die grootste bydrae tot jaarlikse inflasie gelewer. Dit het met 5,2 % gestyg en 1,3 persentasiepunte bygedra. Vervoerkoste het met 8,8 % toegeneem en 1,2 persentasiepunte bygedra, terwyl versekering en finansiële dienste met 5,7 % gestyg het en 0,6 van ’n

Saamgestel deur Ilde Roos
5 days ago
bottom of page

