top of page


Alle Plasings


BKS het sy eie ‘bomb squad’ nodig
'n Spesiale taakspan, soos die Springbokke se bekende "bomb squad", kan help om die bek-en-klouseer (BKS) krisis te bekamp. Landbouweekblad berig dit is volgens die minister van landbou, Willie Aucamp. Hy sê daar is min dinge wat Suid-Afrika só kan verenig soos die Bokke se "bomb squad" en voeg by dat dieselfde soort taakspan vanuit die landbousektor nodig is om die krisis aan te pak. Intussen het die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Die Drakensberg-kabelkarprojek kry nuwe momentum
Die beplande Drakensberg-kabelkarprojek het nuwe momentum gekry nadat KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Lesotho ooreengekom het om die projek verder te neem. IOL berig die drie rolspelers het onlangs vergader en hul steun vir die voortsetting van die projek bevestig. Lesotho het ook voorgestel dat 'n ski-oord aan sy kant van die grens ontwikkel word om toerisme verder te bevorder. Die KwaZulu-Natalse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling, Musa Zondi, sê daar word beoog om teen die ein

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Finansiële druk tref vroue die swaarste
Vroue in Suid-Afrika ervaar steeds meer finansiële stres as mans. 'n DebtBusters-opname het volgens Eyewitness News getoon dat vroue tussen 10% en 15% meer finansiële stres as mans ervaar. Hoewel die algehele aantal mense wat finansiële angs ervaar effens afgeneem het, tob vroue steeds meer oor hul geldsake. Die opname het ook bevind dat meer as 72% van middelinkomsteverbruikers finansiële angs ervaar. Die finansiële joernalis Maya Fisher-French sê vroue verdien dikwels minde

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Nuwe wette alleen beskerm nie fluitjieblasers nie
Nuwe wetgewing alleen is nie genoeg om fluitjieblasers te beskerm nie. Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, voeg by Suid-Afrika het ook die politieke wil nodig om bestaande en nuwe wette af te dwing. Die regering het vanjaar die Wet op Beskermde Openbaarmaking gepubliseer. Die wetsontwerp is daarop gemik om die wetlike beskerming vir mense wat korrupsie en wangedrag blootlê, te versterk. Ter illustrasie. FOTO: Daily Maverick

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Invoertariewe is op SA ingestel
Suid-Afrika is een van sowat 60 lande wat deur nuwe Amerikaanse invoertariewe geraak word. Die Trump-administrasie het nuwe tariewe van 10 en 12.5% op goedere van sy handelsvennote ingestel. Suid-Afrika is met die hoër tarief van 12.5% getref, hoewel sekere produkte, waaronder lemoene, vrugtesappe, neute, koejawels, mango's, papajas, goud en platinum, daarvan vrygestel is. Die Kantoor van die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger sê die besluit volg op maande se ondersoeke, ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Ramaphosa kry 'n gunstige hofuitspraak
President Cyril Ramaphosa het 'n hofoorwinning behaal nadat die parlement se Artikel 89-afsettingskomitee se werk voorlopig opgeskort is. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het in sy guns beslis nadat Ramaphosa die hof genader het om die afsettingsproses te staak totdat sy aansoek om 'n onafhanklike paneel se verslag te laat hersien, afgehandel is. Die verslag het bevind dat hy moontlik vrae moet beantwoord oor die diefstal van buitelandse valuta by sy Phala Phala-wildplaas in 2020

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


Verouderde tronk-infrastruktuur vergemaklik smokkelary
Verouderde tronk-infrastruktuur vergemaklik die wegsteek van dwelms en ander smokkelgoed. SABC News berig die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, het dié waarskuwing gemaak nadat 'n onlangse klopjag op 'n groot hoeveelheid smokkelgoed beslag gelê het. Dit sluit dwelms, messe, selfone, kontant en televisies in. Volgens Thobakgale maak gevangenes en selfs sommige personeel gebruik van beskadigde infrastruktuur, soos gate en beskadigde pype, om di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 24


'n Tuinwerker bid daagliks vir 'n jong Bfn vrou
Die band tussen ’n tuinwerker en ’n jong vrou van Bloemfontein met ’n seldsame rugmurgtoestand het die afgelope week mense oor die land heen se harte aangeraak. Netwerk24 berig Johannes Mohlomelo bid elke dag vir Lehandri Robberts, wat vroeër vanjaar met spinale arterioveneuse malformasie (AVM) gediagnoseer is. Sy sukkel sedertdien om te loop en verloor maklik haar balans. Mohlomolo studeer teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en preek gereeld op straat. Hy i

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Amerikaanse wetgewers vra dat KI moet kan afskakel
Amerikaanse wetgewers wil die regering die bevoegdheid gee om kunsmatige intelligensie- stelsels wat 'n bedreiging vir die publiek kan inhou, vinnig af te skakel. Dit volg nadat OpenAI onlangs erken het dat een van sy KI-modelle op 'n ongekende manier buite beheer geraak en toegang tot 'n groot databasis van rekenaarkode verkry het. Die BBC berig kongreslede Ted Lieu en Nathaniel Moran het Donderdag 'n wetsontwerp met die naam "AI Kill Switch Act" ingedien. Lieu sê dit is noo

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Mr Beast haak af met sy SA skoonheid
Die wêreld se grootste YouTuber, Jimmy "MrBeast" Donaldson, is getroud met sy jarelange meisie, die Suid-Afrikaanse skrywer en stromer Thea Booysen. Die paartjie, albei 28, het hul huwelik op sosiale media aangekondig ná ‘n intieme seremonie in die British Virgin-eilande. Donaldson het dit beskryf as die beste dag van sy lewe. Die paartjie het in 2022 in Suid-Afrika ontmoet, in Desember 2024 verloof geraak en nou amptelik getrou. Jimmy "MrBeast" Donaldson en Thea Booysen. FOT

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Adjunkministers lei landwye arbeidsinspeksies
Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Jomo Sibiya, en die adjunkminister van Binnelandse Sake, Njabulo Nzuza, sal Vrydag ’n landwye dag van hoë-impak blitsinspeksies lei. Dit vorm deel van die regering se voortgesette pogings om nie-nakoming van arbeids- en immigrasiewette vas te vat. Die multidissiplinêre inspeksies is daarop gemik om wettige indiensneming te bevorder, werkersregte te beskerm en oortredings in die werkplek aan te spreek. Die operasies sal oor alle

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Die OBK se voorsitter bedank
Die Adjunkminister van Finansies, David Masondo, het bedank as die voorsitter van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK). Dit volg te midde van voortgesette woelinge in die staatsbeheerde batebestuurder en enkele dae voor 'n vergadering van aandeelhouers waar die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, blykbaar gaan vra vir 'n stemming oor die verwydering van die nie-uitvoerende raad. SABC-nuus berig Masondo sê in 'n verklaring hy het met integritieit opgetree om staatsamp

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Muizenberg se gekleurde strandhutte word tydelik verwyder
Die gewilde gekleurde hutte op Muizenberg se strand in Kaapstad sal tydelik afgebreek word terwyl die gebied opgeknap word. Die Stad Kaapstad sê die ikoniese strandhutte sal ná voltooiing van die projek deur soortgelyke hutte vervang word wat die strandfront se historiese karakter en erfenis sal behou. Business Tech berig die die nuwe strandhutte is ontwerp om meer duursaam te wees, terwyl die historiese ontwerp en uitleg behoue bly. Die bestaande hutte moet verskuif word omd

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


'n Goedkoper weergawe van Ozempic is vir SA goedgekeur
Die Deense farmaseutiese vervaardiger Novo Nordisk gaan sy weergawe van die diabetesmedikasie Ozempic in Suid-Afrika bekend stel. Die prys sal 15% laer as die oorspronklike produk wees. Business Day berig dit sal die eerste geregistreerde alternatief vir Ozempic wees wat aan verbruikers beskikbaar gestel word. Volgens Times Live word die nuwe produk, onder die handelsnaam Extensior, op 27 Julie vrygestel. Tot dusver is slegs een generiese mededinger deur Suid-Afrika se medisy

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


OGGEND SPORT: Curriebeker-aksie kry momentum, Blommetjies bereik ‘n groot Cheetah-mylpaal en SA se Statebondspele-veldtog begin
Ons skop af met rugby-nuus: Die tweede ronde van die Carling Curriebeker-premierafdeling skop Vrydag af met ‘n kragmeting tussen die Toyota Cheetahs en Hollywoodbets Sharks XV in Bloemfontein. Die DotSure SWD Eagles gaan Vrydagaand in George as gasheerspan vir die Valke optree in die eindstryd van die eerste afdeling. Saterdag kom die Fidelity ADT Lions teen die Airlink Pumas te staan, en die Suzuki Griquas huisves die Vodacom Bulls XV. Die naweek sluit Sondag af met ‘n Wes-K

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 24


Meer as 28 SAners word daagliks met ongelisensieerde vuurwapens doodgeskiet
Meer as 28 mense in Suid-Afrika word daagliks met ongelisensieerde vuurwapens doodgeskiet. Statistieke toon dat onwettige vuurwapens in 99% van alle vuurwapenverwante moorde in Suid-Afrika gebruik word. Nova News berig die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het dié syfers in antwoord op parlementêre vrae van die VF Plus bekend gemaak. Die data wys ook op 'n kommerwekkende tendens waar polisievuurwapens wat verdwyn het, in moorde gebruik is. Die VF Plus-LP en na

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Die DA het 'n klag teen Gayton McKenzie ingedien
Die DA het 'n klag by die Openbare Beskermer teen die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, ingedien. Die party vra dat klagtes van onder meer beweerde wanadministrasie, magsmisbruik, onbehoorlike bevoordeling en 'n moontlike botsing van belange ondersoek word. Maroela Media berig die DA se woordvoerder oor sport, kuns en kultuur, Leah Potgieter, sê die klagtes sluit in 'n moontlike botsing tussen McKenzie se ampsverantwoordelikhede en sy party-politieke belan

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Die MK-party gaan klagte van meineed teen Johnson indien
Die MK-party gaan ‘n kriminele klag teen die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac), Andrea Johnson, oopmaak. Dit volg op haar getuienis voor die Madlanga-kommissie Donderdag, waar sy erken het dat sy teenstrydige getuienis gelewer het toe sy verlede jaar voor die ad hoc-komitee verskyn het wat polisiekorrupsie ondersoek. Die komitee het kennis geneem van Johnson se getuienis tydens sy eie vergadering om die komitee se konsep-voorlopige verslag te oorweeg. Di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


Die repokoers bly onveranderd
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die repokoers onveranderd op 7 % gelaat, wat die prima uitleenkoers op 10,5 % laat. Die besluit is deur vier komiteelede ondersteun, terwyl twee vir ‘n verhoging van 25 basispunte gestem het. Die Reserwebank se goewerneur, Lesetja Kganyago, sê hoewel inflasie gestyg het en risiko’s steeds bestaan, dui ander ekonomiese aanwysers daarop dat inflasionêre druk steeds onder beheer is. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 24


MIDDAG SPORT: Liebenberg en Barnard deel die voortou, die regering bied 'n helpende hand aan SA-hokkie en Pakistan dwing die beslissende wedstryd in die reeks af
Ons begin met gholf-nuus: Louis Liebenberg het ‘n telling van 69 in die tweede ronde aangeteken en hom by Charl Barnard op sewe houe onder baansyfer boaan die puntelys te neem, voor die finale ronde van die Betway Big Easy Tour-toernooi by die Krugersdorp-gholfklub. Liebenberg het sy openingsronde van 68 opgevolg met ‘n bestendige vertoning wat vier voëltjies en een oor baansyfer ingesluit het en sê hy beplan om by dieselfde benadering te hou in sy strewe na die titel. Barnar

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 23


SA verwerp 'n Internasionale Strafhof-petisie oor aanvalle teen buitelandse burgers
Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het ’n petisie wat teen Suid-Afrika by die Internasionale Strafhof ingedien is, van die hand gewys. Twee Ghanese burgers het die petisie ingedien en die hof versoek om ondersoek in te stel na wat hulle as aanvalle teen buitelandse burgers beskryf. Hulle voer aan dat die aanvalle moontlik misdade teen die mensdom kan uitmaak. Die departement sê die petisie is opportunisties en voldoen nie aan die wetlike vereistes v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Owerhede verskerp kontroles op aanlyn aankope en koerier-invoere
Die Nasionale Verbruikerskommissie en die Grensbestuursowerheid het ‘n ooreenkoms onderteken om optrede teen onveilige, nagemaakte en onwettige goedere wat Suid-Afrika deur toegangshawens binnekom, te versterk. Die vennootskap sal fokus op aanlyn aankope, koerieraflewerings en posversendings, met gesamentlike inspeksies, handhawingsoperasies en inligtingdeling wat deel vorm van die inisiatief. Die owerhede sê die ooreenkoms is daarop gemik om verbruikers beter te beskerm en b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Boere vra 'n ondersoek na Landbank se skuldinvordering
'n Formele petisie rakende die Landbank se skuldinvorderingspraktyke is by die Nasionale Raad van Provinsies ingedien. Volgens die VF Plus is die petisie namens sowat 150 kommersiële boere en boerdery-entiteite ingedien wat likwidasie en die beslaglegging op hul bates in die gesig staar. Die petisie vra vir 'n dringende gesamentlike ondersoek en aanbevelings om toesig en billike skuldinvorderingspraktyke te verbeter. Die party voer aan dat aggressiewe likwidasies, ondergewaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Die Kwaggas kom tóé Bloem toe
Kort nadat Hoërskool Outeniqua aangekondig het dat sy rugbywedstryde teen Grey College in Bloemfontein nie sou plaasvind nie, het die skool bevestig dat die wedstryde tog sal voortgaan. Al die A- en B-spanne sal die naweek van 8 Augustus in Bloemfontein teen Grey College speel. Die skool sê hy is dankbaar teenoor die borge wat dit moontlik gemaak het en het ook om verskoning gevra vir die ongerief wat die aanvanklike kansellasie veroorsaak het. Rosestad-nuus het vroeër berig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23
bottom of page

