top of page


Alle Plasings


’n Historiese Vrystaat-kerk is tydens ’n inbraak beskadig
Die historiese Anglikaanse kerk in Parys is tydens ’n inbraak erg beskadig. Die kerk is in 1915 gebou met blou graniet wat afkomstig is van ’n vlugtelingkamp wat tydens die Anglo-Boereoorlog by die destydse Feesgronde buite Parys gevestig was. Volgens die Parys Gazette is ‘n televisie, krane en koperware gesteel terwyl elektriese drade uit die mure geruk is. Die kerkorrel is ook beskadig Koperdiefstal is volgens die Gazette al ’n geruime tyd ’n probleem in Parys, met krane en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


Vrystaatse leerders word by Eskom se wetenskapskompetisie vereer
Twee Vrystaatse leerders is by vanjaar se Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes se Internasionale Wetenskapskou vereer. Volgens Eskom het Helené Fourie van Trio Hoërskool in Kroonstad ’n voorlopige merietebeurs ontvang. Sy is een van ses jong wetenskaplikes landwyd wat vir dié beurse gekies is, wat akademiese prestasie, innovasie en uitnemendheid erken. Die beurs is onderhewig aan die bevestiging van haar Graad 12-uitslae en Eskom se toelatingsvereistes. Charlotte Gibbens van Ho

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 2


‘n Nuwe Formule 1-renbaan word vir SA beplan
Voormalige mynmagnaat Neal Froneman beplan om Formule 1 terug te bring na Suid-Afrika, met ’n voorgestelde motorsport- en eiendomsontwikkeling van R6,7 miljard teen 2031 in Swartland in die Wes-Kaap. Froneman sê die projek word nie bloot deur sy persoonlike belangstelling in motorsport gedryf nie, ondanks sy geskiedenis as renjaer. Business Tech berig hy sê hy het aan tydrenne, sedanmotors en Formula GTI deelgeneem, maar die voorgestelde renbaan is hoofsaaklik ’n sakeprojek.

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Die regering sal regsopsies teen staatsentiteite ondersoek
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê die regering sal sy regsopsies ondersoek teen staatsentiteite wat versuim om maatskappye wat deur owerhede uitgewys is, op ’n swartlys te plaas. Die Spesiale Ondersoekeenheid het honderde maatskappye uitgewys weens bewerings van oortredings in voorsieningskettingprosesse. Godongwana sê sommige staatsentiteite het herhaaldelik versuim om die proses om dié maatskappye op ’n swartlys te plaas, te begin of daaraan deel te neem. Eno

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


‘n VS munisipaliteit kry ‘n nuwe burgemeester kort voor die verkiesing
’n Nuwe burgemeester is vir die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat verkies, net meer as ’n maand voor die munisipale verkiesing. Netwerk24 berig die ANC se Mamokete Lekaota is verkies, nadat die vorige burgemeester, Dimakatso Elizabeth Modise, onlangs verwyder is. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder Lekaota is tweede op die ANC se proporsionele kandidatelys in die munisipaliteit vir die munisipale verkiesing in November. LUISTER HIER: TRANSKRIPSIE: Die woord

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Mediese fondse se ledebydraes verhoog bo die aanbevole koers
Mediese fondse het toenames in ledebydraes aangekondig wat bo die aanbevole koers is. Die Raad op Mediese Skemas het aanbeveel dat die verhogings tot 3,8 % beperk word. Sommige mediese fondse het egter verhogings van tot 8,9 % vir 2027 aangekondig. Mediese fondse met die hoogste verhogings sluit Momentum Health en Discovery Health Medical Scheme in. Ter illustrasie. FOTO: My Newsdesk

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Sibiya se beweerde tiener-verkragtingslagoffers is veilig
Die tieners wat na bewering seksueel deur die geskorsde adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, aangerand is, is veilig. Dit is volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ná onthullings Donderdag in die Randburg-landdroshof dat een van Sibiya se goeie vriende na bewering kort ná sy inhegtenisneming verlede week beplan het om met getuies in te meng. EWN berig Sibiya word daarvan beskuldig dat hy ’n 16-jarige minderjarige seksueel voorberei en ’n 18-jarige vrou

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Jehovah se Getuies word geloof vir die verandering van hul standpunt oor bloedoortappings
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Jehovah se Getuies geloof vir die verandering van hul jarelange standpunt oor bloedoortappings. Lede kan nou self besluit of hulle geskenkte rooibloedselle, witbloedselle, plasma en bloedplaatjies wil aanvaar. Die godsdiensgroep verbied egter steeds bloedoortappings met volbloed. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit is nie ’n groot bekommernis vir die gesondheidstelsel nie. Hy sê hospitale ontmoedig reeds de

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Franse skole is gesluit te midde van skoliere-protesoptrede
Meer as 400 skole in Frankryk is Vrydag gesluit met klasse wat aanlyn aangebied sal word, terwyl wydverspreide protesoptrede deur skoliere na verwagting sal voortduur. Daar was Donderdag meer as 2 000 inhegtenisnemings nadat skoliere talle skole se ingange versper het. Minstens twee skole is in Nantes en LeHavre aan die brand gesteek, sowel as 'n brandweervoertuig in Marseilles. SABC-nuus berig die leerlinge is ontevrede oor oorvol klaskamers, 'n tekort aan onderwysers en ver

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Chery gee sy nuwe bakkie 'n Afrikaanse naam
Chery Suid-Afrika se eerste een-ton-bakkie wat vroeg volgende jaar in Suid-Afrika bekend gestel word, sal 'n Afrikaanse naam hê. Die Chinese motorvervaardiger het bevestig dat sy antwoord op die Toyota Hilux en Ford Ranger op die plaaslike mark die Grootman genoem sal word. Dit volg nadat die publiek genooi is om name voor te stel, met meer as 20 000 inskrywings wat ontvang is. IOL berig Chery sê Grootman is ’n bekende Suid-Afrikaanse uitdrukking van respek. Dit beskryf ieman

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


OGGEND SPORT: Die Flexbrands Knights pak die Titans, die Proteas speel in die openingswedstryd van die Wêreldbeker en, Portugal skitter sonder Ronaldo
Ons begin met krieket: Die Flexbrands Knights soek Vrydagaand in Bloemfontein hul eerste oorwinning in die Pro20-beker wanneer hulle die Momentum Multiply Titans op die Mangaung Oval pak. Die wedstryd begin om 18:00. Die Flexbrands Knights het hul eerste twee wedstryde verloor, teen die Cobras en Boland, en is tans onderaan Poel A sonder ’n punt. Die Titans is bo-aan die poel met twee oorwinnings uit twee wedstryde en nege punte. Volgens Cricket World is George van Heerden ta

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 2


Vodacom en MTN betwis Okasa se strenger regulasies
Vodacom en MTN het strenger regulasies deur die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) betwis wat daarop gemik is om te verhoed dat verbruikers ongebruikte mobiele data verloor. Die reguleerder het aangedui dat die veranderinge volg op klagtes oor data wat verval voordat die volle waarde daarvan benut is, beperkende voorwaardes vir die oordrag van ongebruikte data na 'n volgende tydperk, en onverwagte koste vir data buite die bundel. Verskeie parlementsled

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Groen ID-boeke word eersdaags nie meer vervaardig nie
Die vervaardiging van die groen Suid-Afrikaanse ID-boekie sal op 31 Maart 2027 gestaak word. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Donderdag gesê die voortgesette gebruik van die groen ID-boek is onversoenbaar met die werking van ’n moderne samelewing. The Citizen berig die minister het die groen ID-boek beskryf as een van die dokumente op die vasteland wat die meeste aan bedrog onderwerp word, en gesê dit is ’n magneet vir identiteitsdiefstal en onwettige im

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


Die MK-party is bekommerd oor swak bywoning van ad hoc-komiteevergaderings
Die MK-party het kommer uitgespreek oor die swak bywoning van vergaderings van die parlement se ad hoc-komitee. Donderdagaand se vergadering het met sewe lede begin. Die komitee ondersoek bewerings wat deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak is. Die komitee het besprekings oor sy konsepverslag en aanbevelings gevoer. Die MK-party sê die swak bywoning kan die publiek in die steek laat, veral omdat die komitee besig is om sy ve

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


'Ramaphosa se herstelplan vir GBV sal die reaksie versterk'
Die Suid-Afrikaanse regering sê die vierpunt-herstelplan wat deur president Cyril Ramaphosa aangekondig is om die nasionale reaksie op geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord te versterk, versterk sy verbintenis om geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord dringend te konfronteer. Die plan fokus op die verbetering van polisiëring, ondersoeke, forensiese verwerking, vervolging en gemeenskapsveiligheid. Dit sluit 'n nasionale saakherwinningsoperasie in wat gemik is op onopgeloste m

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 2


MIDDAG SPORT: De Zorzi se besering oorskadu die Proteas se voorbereiding, die Lions behou vir Smith en, Ronaldo verlaat Portugal se kamp
Ons begin met krieket: Die moontlikheid dat Tony de Zorzi se dyspierbesering hom uit die eerste toets teen Australië kan hou, is ’n groter bekommernis vir die Proteas as hul nederlaag in die derde eendagwedstryd in Potchefstroom. Australië het met 45 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode gewen nadat hulle 322-9 aangeteken het, terwyl Suid-Afrika op 145-4 was toe reën die spel ná 28 beurte beëindig het. Mitchell Marsh en Alex Carey het met belangrike bydraes die Aust

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 1


Kragonderbrekings word vir dele van Bloemfontein beplan
Beplande kragonderbrekings raak volgende week verskeie dele van Bloemfontein. Volgens Centlec sal die kragtoevoer op Donderdag 8 Oktober van agtuur soggens tot vyfuur die middag onderbreek word. Gebiede wat geraak word, sluit Pellissier, dele van Fichardtpark, Langenhovenpark, Universitas, Spitskop, Groenvallei, Bainsvlei, Mooirivier, Arcadia, Waterbron, Oranje, Sophieshoogte, Kenilworth en Tempe in. Indien die werk nie op 8 Oktober plaasvind nie, sal die onderbreking op Dond

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Die regering werk aan ’n meer bekostigbare en doeltreffende vervoerstelsel
Die regering werk daaraan om Suid-Afrika se vervoerstelsel meer bekostigbaar, veilig en doeltreffend te maak. Vervoerminister Barbara Creecy het by die bekendstelling van Oktober as Vervoermaand gesê 35 van die 40 prioriteitslyne vir passasierspoorvervoer is die afgelope twee jaar herstel, met passasiersritte wat na verwagting in die 2025/26-boekjaar tot 101-miljoen sal toeneem. Sy het ook hervormings aan openbare vervoerbefondsing, die spoorwegstelsel en hawens uiteengesit.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Verskeie produkte is tydens inspeksies in Bloemfontein gekonfiskeer
Daar is op verskeie namaakprodukte, onwettige produkte en produkte wat nie aan wetlike vereistes voldoen nie, by ondernemings in Bloemfontein beslag gelê. Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is tien inspeksies vandeesweek saam met die Departement van Landbou en ander wetstoepassingsagentskappe uitgevoer. Daar is onder meer op heuning, verbruiksgoedere en geskeduleerde medikasie beslag gelê. Verbruikersbeskermingsbeamptes het ook ’n strafsaak geopen inge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Google hou voorlopig sy nuwe KI-model van die publiek terug
Google hou voorlopig sy nuwe KI-model, Gemini 4 Argon, van die algemene publiek terug. eNCA berig die model word aanvanklik net aan ’n gekeurde groep kuberveiligheidskenners beskikbaar gestel om moontlike misbruik deur kuberkrakers te beperk. Volgens Google kan die model onder meer komplekse sagteware- en finansiële take hanteer en is besonder vaardig met kuberveiligheid. Vroeë toetsers het dit glo gebruik om ’n ernstige sekuriteitsfout in sagteware wat wêreldwyd deur hospit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Sibiya staar ’n bykomende aanklag in die gesig
Aanklaers het nog ’n aanklag teen die geskorte adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Shadrack Sibiya, gevoeg. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag hou die nuwe aanklag verband met die nalatige hantering van ’n vuurwapen. Sibiya het Donderdag in die Randburg-landdroshof in Gauteng verskyn om voort te gaan met sy borgaansoek. Hy staan reeds tereg op aanklagte van verkragting, seksuele voorbereiding van ’n minderjarige, die bevordering van die seksuele voorbe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Die Mangaung-metro kry 19 nuwe brandweerbeamptes
Mangaung-metro se Brand- en Reddingsdienste het 19 nuwe brandweerbeamptes verwelkom. Die nuwe beamptes het Woensdag tydens ’n seremonie amptelik aangesluit en begin Donderdag met hul pligte. Volgens die munisipaliteit is dit die eerste nuwe groep brandbestryders sedert 2024. Sommige van die nuwe werknemers het reeds ondervinding, terwyl ander verdere opleiding by ’n brand- en reddingskollege sal ontvang. Die aanstellings sal na verwagting die metro se brand- en reddingsvermoë

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Groen ID-boekies se produksie eindig in 2027
Die minister van Binnelandse Sake, doktor Leon Schreiber, het aangekondig dat die produksie van groen ID-boekies op 31 Maart 2027 beëindig word namate Suid-Afrikaners na slim-ID-kaarte oorskakel. Die minister het vandag die departement se Quantum Leap-projek bekendgestel, terwyl die regering pogings versnel om binnelandse sake-dienste te moderniseer en te digitaliseer. Hy sê die masjiene wat die groen ID-boekies vervaardig, sal uit diens gestel word. Genaturaliseerde burgers

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


SA se brandstofvoorsiening is nie in gevaar nie
Die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, sê daar is tans geen bedreiging vir Suid-Afrika se brandstofvoorsiening nie. Hy het aan die parlement gesê die land het genoeg ru-oliereserwes vir 30 dae, terwyl Sasol oor voldoende steenkoolreserwes beskik om brandstofproduksie te ondersteun. Mantashe sê die grootste kommer is die moontlike impak van die konflik in die Midde-Ooste op brandstofpryse, eerder as die beskikbaarheid van brandstof. Gwede Mantashe. F

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1
bottom of page


