top of page


Alle Plasings


'n Vrystaatse regter is al agt jaar met betaalde siekverlof
'n Vrystaatse regter is al agt jaar met betaalde siekverlof, terwyl hy steeds sy salaris en ander voordele ontvang. The Sowetan berig 'n Regterlike Gedragstribunaal ondersoek of regter Lepona Lekale steeds medies geskik is om op die regbank te dien. Lekale, wat sedert 2018 met siekverlof is, het volgens die berig ernstige komplikasies weens diabetes ontwikkel, insluitend die amputasie van 'n been en verlies van sy sig. Hy het egter nie vir mediese aftrede aansoek gedoen nie o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


‘n Eksperimentele prosedure bring nuwe hoop vir verlamdes
Nuwe tegnologie bied hoop aan mense wat met verlamming leef. 'n Man in die Verenigde State wat van die bors af ondertoe verlam is, het beduidende gebruik van sy arms en hande herwin nadat hy 'n eksperimentele prosedure ondergaan het. Keith Thomas het sy nek in 'n duikongeluk in 2020 gebreek en het breinimplantate ontvang wat sy brein met senuwees in sy arms en hande verbind. Ná 35 weke se rehabilitasie het sy armkrag merkbaar verbeter en kan hy weer verskeie alledaagse take v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Slim-ID's en paspoorte kan binnekort by jou deur afgelewer word
Suid-Afrikaners sal binnekort hul Slim-ID-kaarte en paspoorte by hul huise kan laat aflewer. Minister van Binnelandse Sake Leon Schreiber sê dit vorm deel van die departement se digitale transformasieprogram. Hy sê toegang tot Slim-ID-dienste het reeds aansienlik uitgebrei, met nog 327 banktakke wat die afgelope vier en 'n half maande by die diens aangesluit het. Volgens Schreiber is die doel om Binnelandse Sake se dienste makliker toeganklik te maak, veral vir mense wat in l

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Saftu waarsku teen hoër rentekoerse
Die vakbondfederasie Saftu vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank om rentekoerse onveranderd te laat. Die organisasie sê hoër rentekoerse sal huishoudings en ondernemings verder onder finansiële druk plaas sonder om die werklike oorsake van inflasie aan te spreek. Volgens Saftu word inflasie hoofsaaklik deur stygende brandstof- en vervoerkoste aangejaag. Die federasie sê Suid-Afrika se grootste uitdagings is werkloosheid, swak ekonomiese groei en dalende nywerheidsaktiwiteit, ee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Die Kwagga-Grey-rugbywedstryd vind weens kostes nie plaas nie
Stygende vervoerkoste begin nou ook 'n merkbare invloed op skolesport hê. Hoërskool Outeniqua het aangekondig dat vanjaar se rugbywedstryde teen Bloemfontein se Grey College nie sal plaasvind nie. Dit weens die hoë koste van vervoer, wat volgens die skool deur die konflik in die Midde-Ooste verder aangejaag is. Outeniqua sê die besluit is nie ligtelik geneem nie en dat die skool Grey graag volgende jaar weer wil besoek. Die aankondiging het egter gemengde reaksie op sosiale m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Omstrede vullistariewe in die Mangaung-metro word in die hof betwis
Omstrede vaste vullisverwyderingstariewe bly in werking in die Mangaung-metro, ondanks 'n hofuitspraak waarin 'n soortgelyke tariefstelsel in Kaapstad onwettig verklaar is. Maroela Media berig die Suid-Afrikaanse Vereniging van Eiendomseienaars, oftewel Sapoa, het die Mangaung-metro hof toe geneem omdat die organisasie meen die koppeling van vaste vullistariewe aan eiendomswaardes is onwettig. Die saak is vir 17 September op die hofrol geplaas. Die Mangaung-metro het aangedui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Lykskouings gaan ondanks probleme voort
Lykskouings gaan steeds voort ondanks probleme by die staatslykshuis in Bloemfontein. Die Vrystaatse Departement van Gesondheid sê lykskouings is sedert verlede week tydelik na die Botshabelo-lykshuis verskuif nadat die disseksie-afdeling gesluit moes word. Twaalf nadoodse ondersoeke is intussen afgehandel om ontwrigting vir families en die regstelsel tot die minimum te beperk. Die departement sê 'n gesteelde elektriese kabel is intussen van buite Bloemfontein aangekoop en he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 23


Drie ongelukke in Bfn ruk verkeer tot 'n stilstand
Drie ongelukke het Donderdagoggend kort ná mekaar in Parfittrylaan en by die Benaderylaan-brug plaasgevind en ‘n groot oponthoud in Bloemfontein se besige oggendverkeer veroorsaak. Nova News berig geen ernstige beserings is aangemeld nie. VR Med se Pieter du Preez sê drie voertuie is by 'n ongeluk in Parfittrylaan by 'n verkeerslig betrokke, met 'n bakkie wat op sy sy te lande gekom het. Een pasiënt is na die Nasionaal-hospitaal geneem vir behandeling. In die tweede ongeluk h

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


’n Repokoersverhoging sal druk op staatsamptenare plaas
'n Verhoging in die repokoers sal druk plaas op staatsamptenare wat reeds finansieel sukkel. Dit is volgens die Staatsamptenarevereniging. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal Donderdag sy jongste besluit oor die repokoers aankondig. Ekonome verwag dat die bank ’n verhoging in die repokoers sal aankondig. Die verwagting volg op die toename in inflasie verlede maand. Die vakbond se Claude Naiker sê die land se ekonomie het ’n gebalanseerde benadering nodig wat stabiliteit bevor

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Ramaphosa se swaer wil nie president wees nie
President Cyril Ramaphosa se swaer het spekulasie dat hy hom eendag dalk vir die land se presidentskap beskikbaar sal stel, van die hand gewys. Daar is al verskeie kere in die Suid-Afrikaanse media berig dat die mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe 'n moontlike opvolger vir Ramaphosa kan wees. Maroela Media berig Motsepe het egter gesê Suid-Afrika het hom nie nodig in die politiek nie, aangesien daar heelwat baie bekwame en goeie leiers in die land is. Motsepe, wat ook die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Venezuela se gevange president het 'n hofdatum vir sy dwelmhandelsaak
Venezuela se gevange president, Nicolás Maduro, en sy vrou, Cilia Flores, het 'n verhoordatum gekry vir aanklagte dat hulle hul leiersposisies in die olieryke Suid-Amerikaanse land misbruik het om die versending van kokaïen te fasiliteer. Die aanklagte sluit onder meer sameswering om narco-terrorisme te pleeg, asook die besit van masjiengewere en ander vernietigende wapens in. Sky News berig die verhoordatum is op 1 Junie 2027 vasgestel en die skedule vir voorverhoor-aansoeke

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Bfn polisie vang 'n voortvlugtige ná 'n dekade se soek
'n Tien jaar lange vlug van die gereg het Dinsdagaand tot 'n einde gekom toe 'n voortvlugtige in hegtenis geneem is wat vir 'n misdaad gesoek is wat byna twee dekades gelede gepleeg is. Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê Patrick Machuto was sedert 2015 op die vlug nadat hy versuim het om in die hof te verskyn in verband met 'n moord- en roofsaak wat in 2007 in die Kopanong-gebied naby Bloemfontein aangemeld is. Rosestaad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die V

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Koedoemis kan gebruik word om wildbevolkings te tel
Koedoemis kan nou gebruik word om wildbevolkings te tel. Dit is volgens navorsing van PhD-student Ruan Jacobs van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement Genetika. Netwerk24 berig die studie bewys dat DNS, wat uit koedoemis onttrek word, gebruik kan word om wildbevolkings se getalle akkuraat te skat – sonder dat die diere gevang of selfs gesien hoef te word. Volgens Jacobs se studieleier, Paul Grobler, bied die tegniek veel meer as net ’n koptelling. Hy sê 'n di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Die afsettingskomitee verleng die sperdatum vir benoemings van bewysleiers
Die afsettingskomitee het die sperdatum vir politieke partye verleng om kandidate vir aanstelling as bewysleier te nomineer. Partye het nou tot Vrydag om bykomende nominasies in te dien. Die voorsitter van die komitee, Makashule Gana, sê lede sal die kandidate by hul vergadering volgende week oorweeg voordat hulle ’n aanstelling aan die parlement aanbeveel. Gana sê die komitee het ook die sperdatum vir partye verleng om konsensus te bereik oor die ondersoek se verwysingsraamw

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


OGGEND SPORT: Erasmus verdeel die Springbok-groep, Walaza storm na ‘n nuwe persoonlike beste en Pretoria is gereed vir 'n historiese Premier Padel-geleentheid
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het ‘n groep van 43 spelers aangewys om voor te berei vir die toets teen Argentinië en die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen Nieu-Seeland, terwyl hy ook vyf spelers vrystel om hul konsessies teen die All Blacks te verteenwoordig. Tien ervare Springbokke nisluitend Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Handré Pollard en Sacha Feinberg-Mngomezulu, keer terug na beserings, met Ruben van Heerden op bystand. Erasmus sê die ve

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 23


Watertekorte word in dele van Bfn verwag
Dele van Bloemfontein kan Donderdag lae waterdruk of tydelike onderbrekings in watervoorsiening ervaar. Dit is weens Centlec se beplande kragonderbreking by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg. Volgens 'n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit kan dié onderbreking Donderdag vanaf 07:00 tot 18:00 plaasvind. Indien dit nie gebeur nie, kan die onderbreking op 30 Julie plaasvind. Die gebiede wat geraak kan word, is: Bayswater; Naval Hill; Dan Pienaar; Maselspoort;

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Nehawu kritiseer VS gesondheidsfasiliteite
Die vakbond Nehawu beskuldig die Vrystaatse Departement van Gesondheid daarvan dat hulle gesondheidsfasiliteite laat agteruitgaan, en verwys na herhaalde sluitings wat verband hou met nie-nakoming van beroepsgesondheid en -veiligheid. Die vakbond sê die provinsiale lykshuis; Masilo-kliniek; PAX-kliniek; Meloding-kliniek; die Lejweleputswa-distrikskantoor en dele van die Mediese Depot is almal geraak deur probleme, insluitend water- en elektrisiteitsonderbrekings, swak ventila

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


'n Polisielid se skerp optrede lei tot 'n kollega se skuldigbevinding
Die oplettendheid van 'n Welkomse polisiebeampte het daartoe gelei dat 'n voormalige werknemer van die Suid-Afrikaanse Polisiediens skuldig bevind is aan korrupsie en die aanvaarding van onbehoorlike voordeel. Pitso Miya, wat as administratiewe klerk by die Welkom-polisiestasie gewerk het, het hom valslik as 'n aangewese drankbeheerbeampte voorgedoen en aan 'n slagoffer belowe dat hy teen betaling 'n dranklisensie vir hom sou reël. Toe die lisensie nooit uitgereik is nie, het

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


'n Tradisionele geneesheer is skuldig aan verkragting
'n Jong vrou van die Vrystaat is deur haar oom, wat 'n tradisionele geneesheer is, verkrag. Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring is Bafana Maboya tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis. Die 19-jarige vrou van Katlehong het haar oom in Qwaqwa besoek, wat haar gevra het om saam met hom te gaan om tradisionele medisyne vir 'n kliënt te gaan haal. Met hul aankoms by die spreekkamer het die beskuldigde die slagoffer beveel om haar klere uit te trek

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


Apartheidsera-moordenaars se vonnisoplegging is uitgestel
Die vonnisoplegging van twee voormalige polisiesersante uit die apartheidsera wat skuldig bevind is aan die voorbedagte moord op die studente-aktivis Caiphus Nyoka is uitgestel. Die vonnisoplegging van Hercules Engelbrecht en Pieter Stander, beide in hul sestigs, sou hierdie week in die Gauteng-hooggeregshof begin. Nyoka is in 1987 verskeie kere by sy huis geskiet. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Tshegofatso Makhudu, sê Engelbrecht het deur sy regsverteenw

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 23


MIDDAG SPORT: Van der Berg is gereed vir die Statebondspele, Evenepoel wen weer en Warner erken hy het dronk bestuur
Ons begin met netbal-nuus: Elmeré van der Berg is vol vertroue vir die Statebondspele in Glasgow nadat sy ‘n uitstekende eerste seisoen vir die Adelaide Thunderbirds beleef en hulle gehelp het om die Australiese Superligatitel te wen. Die Protea-doel was die liga se voorste doelskieter met 810 doele uit 892 pogings en sê haar spel en fisieke krag het die afgelope maande merkbaar verbeter. Van der Berg het ná ‘n besige paar weke in Australië by die Protea-kamp aangesluit en sê

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 22


'n Man laat vaar sy borgtog-aansoek ná gesinsmoorde
'n Man wat daarvan beskuldig word dat hy sy gesin in die Verenigde Koninkryk vermoor het, het sy borgtog-aansoek in Suid-Afrika laat vaar. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag staan Ndodana Tshuma tereg op 'n aanklag van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in Suid-Afrika. Die 46-jarige is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat Britse owerhede die Suid-Afrikaanse polisie gevra het om hom op te spoor. Hy het die Verenigde Koninkryk verlaat twee dae voordat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Sello More se dissiplinêre proses begin
Dissiplinêre stappe teen die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, is tydens 'n spesiale raadsvergadering goedgekeur. Bloemnuus-Express berig die DA se versoek om 'n dissiplinêre proses te begin is aanvaar en 'n onafhanklike ondersoeker moet nou binne sewe dae aangestel word. Die ondersoek sal fokus op 18 bewerings wat onder meer verband hou met bevindings van die ouditeur-generaal, beweerde swak finansiële bestuur en die versuim om aan wetlike en raadsverpligtinge t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22


Nog vier OBK-direkteure bedank
Nog vier nie-uitvoerende direkteure van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het bedank, wat die bestuurskrisis by die instelling verder verdiep. Eyewitness News berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, het 'n vergadering vir 27 Julie belê waar die moontlike ontbinding van die direksie oorweeg sal word. Die jongste bedankings volg nadat nog twee raadslede vroeër uitgetree het, wat die totaal op ses in net meer as 'n week te staan bring. Die OBK is die grootste b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 22
bottom of page

