top of page


Alle Plasings


Opod rapporteer ’n toename in beweerde verkragtingsake teen polisiebeamptes
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sê hy het ’n toename in gevalle van beweerde verkragting waarby polisiebeamptes betrokke is, aangeteken. Volgens Opod het die aantal sulke gevalle van 95 in 2024/25 tot 116 in 2025/26 toegeneem. Van die 116 verkragtingsake het 72 na bewering betrekking gehad op polisiebeamptes wat aan diens was, terwyl 44 beamptes betrokke was wat nie aan diens was nie. Opod se woordvoerder, Lizzy Suping, sê hulle het ook meer as 20 skuldig

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Hoër Onderwys-komitee blameer die NVF vir vertragings met leerdertoelaes
Die Portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding het die Nasionale Vaardigheidsfonds (NVF) gekritiseer oor swak projekbestuur nadat sowat 800 lugvaart- en ambagsleerlinge sonder toelaes gelaat is. Die komitee se voorsitter, Tebogo Letsie, sê vertragings plaas kwesbare leerders onder druk en raak hul toegang tot kos, verblyf en vervoer. Die program het sowat R354 miljoen ontvang, maar is ontwrig nadat Phila Jordan Capital leerders sonder goedkeuring verskuif het. Die komi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 1


Elandré speel in die musiekblyspel 'Agter elke man'
Elandré gaan in 2027 die rol van Bruce Beyers vertolk in Agter elke man – die musiekblyspel, wat by AfriForum Teater debuteer. Hy volg daarmee in Steve Hofmeyr se voetspore, wat die karakter in die oorspronklike televisiereeks en rolprent vertolk het. Amanda Strydom sal Antie Stienie speel. Die produksie, onder regie van Jannes Erasmus, kombineer die bekende verhaal met nuwe musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet. Agter Elke Man - Die Musiekblyspel. FOTO: AfriForum

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Die regering gaan ’n 90-dae-plan vir plaaslike hervorming ontwikkel
Die regering sal na verwagting ’n 90-dae-plan ontwikkel om hervormings in die Hersiene Witskrif oor Plaaslike Regering te implementeer. Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het dit bekendgemaak nadat die kabinet die hersiene beleid goedgekeur het. Hlabisa sê die plan sal die onmiddellike stappe uiteensit wat deur die verskillende regeringsinstellings geneem moet word. Die departement sal ook die eerste 18 maande ná die plaaslike re

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


‘n Amerikaanse vrou oorleef twee teregstellingspogings
’n Amerikaanse vrou wat ter dood veroordeel is, is in die hospitaal nadat twee pogings om haar met dodelike inspuitings tereg te stel, misluk het. Christa Pike van Tennessee is twee dosisse van die middel pentobarbitaal toegedien, maar sy het nie gesterf nie. Die BBC berig Pike se prokureurs het tydens die teregstelling ’n dringende aansoek ingedien om dit te stop. Hulle sê Pike het haar bewussyn verloor, maar steeds ’n hartklop gehad en hoorbaar gesnork. Pike, wat nou 50 is,

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Godongwana kondig nuwe munisipale toelae-regulasies aan
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sê hy sal nuwe maatreëls aankondig om te reguleer hoe munisipaliteite voorwaardelike toelaes bestee. Godongwana het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord as deel van die ministers in die ekonomiese groep. Hy het onlangs die billike aandeel aan 69 munisipaliteite teruggehou weens kommer oor finansiële bestuur en nie-nakoming. Godongwana sê die regering verskerp regulasies en hersien sommige voorwaardelike toelaes om die misb

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Politieke partye is steeds verdeeld oor Idac se toekoms
Politieke partye in die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde polisiekorrupsie ondersoek, is steeds verdeeld oor die toekoms van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac). Die DA wil hê Idac moet ontbind en vervang word met ’n onafhanklike instelling buite die Nasionale Vervolgingsgesag, terwyl die EFF en die ANC oproepe om die direktoraat te sluit verwerp. Die EFF-leier, Julius Malema, sê die probleem is nie Idac nie, maar die individue wat daar werksaam is asook die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Die media word teen onakkurate beriggewing gewaarsku
Intussen het die ANC-LP, Khusela Diko, sommige mediahuise daarvan beskuldig dat hulle onakkuraat berig oor die werk van die parlement se ad hoc-komitee. Sy het berigte ontken wat daarop dui dat sy voorgestel het dat die geskorte minister van Polisie, Senzo Mchunu, van enige wangedrag vrygespreek moet word. Diko sê die onakkurate berigte ondermyn die komitee se werk. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


'Die Tweede Aanvullende Begrotingswetsontwerp moet dringend aanvaar word'
Cosatu sê die Tweede Aanvullende Begrotingswetsontwerp moet dringend aanvaar word. Die wetsontwerp bewillig R10 miljard aan die Sentrale Energiefonds se Gelykmakingsfonds om die publiek teen wisselings in internasionale oliepryse te beskerm. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die wetsontwerp is ’n noodsaaklike ingryping om Suid-Afrikaners te beskerm. LUISTER HIER: Matthew Parks. FOTO: News24

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


OGGEND SPORT: Australië klop vir SA in ‘n reëngeteisterde derde ODI, Die Flexbrands Knights mik na ‘n eerste Pro20-oorwinning en, die Sharks is gereed vir ‘n groot toets
Ons begin met krieket: Australië het Suid-Afrika se kans om skoonskip te maak in die eendag-reeks beëindig nadat die besoekers die derde en laaste wedstryd in Potchefstroom met 45 lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode gewen het. The Guardian berig Australië het 322 vir nege aangeteken, met Alex Carey wat 74 lopies geslaan het en Mitch Marsh 56. Suid-Afrika se jaagtog is weens reën tot 28 boulbeurte beperk, met die Proteas op 145 vir vier toe die wedstryd beëindig is

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 1


Biltong word dalk deur die wet beskerm
Die internasionale gewildheid van biltong kan Suid-Afrika en die breër Suider-Afrikaanse streek aanspoor om die produk se identiteit en erfenis wetlik te beskerm. Die voorsitter van die Wildsvleisbedryfsvereniging van Suid-Afrika, Charl de Villiers, sê biltong het reeds ’n wêreldwye produk geword, maar sy Suid-Afrikaanse oorsprong en tradisionele vervaardigingsmetodes moet beskerm word. Hy waarsku egter dat die doel nie moet wees om buitelandse produsente te keer om biltong t

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Die VSA herbevestig sy eise aan SA
Die Verenigde State van Amerika het sy eise aan Suid-Afrika herbevestig te midde van voortgesette diplomatieke spanning tussen die twee lande. Suid-Afrika het die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, formeel berispe oor wat hy as ondiplomatieke optrede beskryf het. Die Amerikaanse Ministerie van Buitelandse Sake sê Bozell het Suid-Afrikaanse amptenare ontmoet om bilaterale betrekkinge te bespreek. Die VSA dring egter daarop aan dat Suid-Afrika op pres

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Verwarring heers oor opknappingsgeld by die Glen-landboukollege
Byna R6,3 miljoen is luidens ’n vorige parlementêre antwoord aan opknappings by die Glen-landboukollege bestee, maar die Vrystaatse Departement van Landbou sê nou dié bedrag was nie spesifiek vir die opknapping van die kollege se koshuise nie. Netwerk24 het navrae gedoen nadat foto’s van die toestand van dele van Glen se infrastruktuur op sosiale media versprei is. Die departement sê hy is nie bewus daarvan dat die bedrag wat op sosiale media aangehaal word spesifiek aan kosh

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Maluti Mighty Men kom vir oulaas bymekaar
Die sewende en finale Maluti Mighty Men-konferensie gaan van 9 tot 11 Oktober by Iona Cherry Farm tussen Fouriesburg en Ficksburg plaasvind. Vanjaar se byeenkoms sal sprekers soos Jannie Moolman, Israel Taylor, Johnny Louw en Zane Meas hê, met aanbidding, prediking, gebed en samesyn deur die naweek. Maluti Mighty Men het in 2018 begin nadat ’n groep vriende gevoel het hulle is geroep om die Mighty Men-beweging in die Vrystaat voort te sit. Mighty Men-stigter Angus Buchan het

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


Die uitlewering van 'n man wat glo sy vrou en dogters in die VK vermoor het, is steeds opgeskort
Die uitlewering van Ndodana Tshuma, wat van drievoudige moord aangekla word, na die Verenigde Koninkryk is opgeskort terwyl die staat en die verdediging voortgaan om oor ‘n pleitooreenkoms te onderhandel. Aanklaers het aan die Johannesburg-landdroshof gesê dat die ooreenkoms ingevolge artikel 105 nog nie gefinaliseer is nie. Tshuma het skuldig gepleit aan oortredings wat verband hou met vuurwapens en immigrasie, insluitend die besit van ‘n ongelisensieerde pistool en ammunisi

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 1


MIDDAG SPORT: Faf De Klerk kry ‘n Springbok-herroep, Eala verkies Asiatiese Spele-goud bo die China-ope en, Man City is skuldig bevind aan finansiële oortredings
Ons begin met rugby-nuus: Springbok-skrumskakel Faf de Klerk, wat nou vir die Toyota Cheetahs in Bloemfontein speel, is terug in Rassie Erasmus se Springbokgroep. Die 34-jarige De Klerk het in Junie vanjaar ná vier seisoene in Japan na Suid-Afrika teruggekeer en ’n tweejaarkontrak met die Cheetahs onderteken. Die tweemalige Wêreldbekerwenner het hom vinnig by die Cheetahs onderskei en was onder meer man van die wedstryd in sy Curriebeker-debuut teen die Leeus. Hy het ook ’n b

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 30


Boere verwelkom die reën voor El Niño
Suid-Afrikaanse boere het onlangse reën verwelkom, aangesien El Niño dreig om hierdie somer droër toestande na die land te bring. Die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer, Wandile Sihlobo, sê die reën het die grondvog in dele van die land verbeter. Hy voeg by die toestande kan boere in staat stel om vroeër as gewoonlik te begin plant. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen warmer en droër toestande tussen volgende maand en Desember.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Tesourie word gevra om Mangaung se eiendomsbelasting te ondersoek
Die DA het ’n beroep op Nasionale Tesourie gedoen om die Mangaung-munisipaliteit se eiendomsbelastingverhogings te ondersoek. Volgens die party se ontleding van meer as 22 000 residensiële eiendomme is die verhoging vir ’n tipiese eiendom sowat 24%. Die DA beweer die munisipaliteit het die residensiële tarief effens verlaag, maar terselfdertyd eiendomswaardasies verhoog, wat volgens die party tot hoër rekeninge lei. Die party voeg by inwoners het voor die begroting aanvaar is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


‘n Gratis hondsdolheidsinentingsveldtog word in Bayswater gehou
’n Gratis hondsdolheidsinentingsveldtog word Vrydag, 2 Oktober, by Bayswater Dierekliniek in Bloemfontein gehou. Die kliniek sê vir Rosestad-nuus die veldtog word in samewerking met die plaaslike Staatsveearts aangebied om die verspreiding van hondsdolheid te help voorkom. Die veldtog vind van 08:00 tot 16:00 by die kliniek op die hoek van Kenneth Kaundastraat en Normadielaan in Bayswater plaas. Honde-, kat- en meerkateienaars in die gemeenskap kan hul diere vir inenting brin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Byna 7 000 wilde katte is in en om Bloemfontein gesteriliseer
Byna 7 000 wilde katte in en om Bloemfontein is reeds deur die nie-winsgewende organisasie Feral Cat Care gesteriliseer. Die organisasie sê aan Rosestad-nuus die groot getal is die resultaat van jare se werk om wilde katkolonies te bestuur en die groei van katbevolkings te beperk. Daar word tans veral versoeke van plase, besighede en staatsbasisse, waaronder hospitale en weermagterreine, dorpe buite Bloemfontein ontvang. Feral Cat Care help nie net met sterilisasies nie. Hull

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Die Voortrekkers vier 95 jaar
Die Voortrekkers vier Woensdag, 30 September, hul 95ste bestaansjaar met die tema: “Voortrekkers as ligdraers in die wêreld.” Die organisasie fokus op die ontwikkeling van jongmense deur onder meer praktiese vaardighede, leierskap, diensbaarheid, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid. Volgens ’n mediaverklaring sê die beweging sy uitdaging is nie net om tradisies te bewaar nie, maar om dit vir ’n nuwe generasie betekenisvol te maak. Die herdenking word ook met musiek gevier. “

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Bloemfontein se goue-lint-bome dra ‘n besonderse boodskap
Die goue linte wat in September aan bome in Bloemfontein verskyn, dra volgens Sonet Van Zyl ’n besondere boodskap oor kinders met kanker. Van Zyl, streekbestuurder vir die Vrystaat en Kalahari by CHOC Childhood Cancer Foundation SA, is al 11 jaar betrokke by die ondersteuning van kinders met kanker en hul gesinne. Sy vertel goud is die kleur wat wêreldwyd met bewusmaking oor kinderkanker verbind word. Die gebruik van die goue bome in Bloemfontein het begin nadat ’n dogtertjie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


SA se paroolstelsel het tekortkominge
Volgens die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het Suid-Afrika se paroolstelsel ernstige tekortkominge. Hierdie tekortkominge maak dit moontlik dat selfs hoërisiko-oortreders, insluitend moordenaars, op parool vrygelaat word. Die Departement van Korrektiewe Dienste implementeer verskeie hervormings om die paroolstelsel te hersien. Groenewald het aan die parlement gesê dat die hersiening die instelling van elektroniese monitering van persone op parool sal in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30


Sowat 40kg dwelms is by Krugerwildtuin se Malelane-hek
Sowat 40kg dwelms, vermoedelik dagga, is by die Malelane-hek van die Krugerwildtuin onderskep. Volgens SANParke het sekuriteitswagte die dwelms tydens ’n veiligheids- en toegangsbeheeroperasie in ’n voertuig gevind wat aan ’n konsessiehouer van die park behoort. Die saak is aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek. Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring hy werk ten volle met die polisie saam en handhaaf ’n geenverdraagsaamheidsbenadering teenoor onwettige bedrywighed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30
bottom of page


