top of page


Alle Plasings


Die brandstofbedryf waarsku teen paniekaankope
Die Brandstofbedryfvereniging van Suid-Afrika (Fiasa) sê veranderinge in verbruikersgedrag – soos om brandstof op te gaar – kan die land se voorsieningsketting onder druk plaas. Maroela Media berig dit kom te midde van vrese oor moontlike tekorte weens die voortgesette konflik in die Midde-Ooste. Volgens Fiasa se uitvoerende direkteur moet die situasie gesamentlik benader word en dat Suid-Afrikaners by hul gewone aankooppatrone moet hou. Die direkteur voeg by die stelsel is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Gebruikte broodsakkies word in kleurvolle neklinte omskep
Meer as ‘n duisend gebruikte broodsakkies is in kleurvolle netkline, of te wel lanyards, omskep by die PRCA Afrika-konferensie in Johannesburg, wat Globale Herwinningsdag gevier het. Die inisiatief deur Re.Bag.Re .Use het die skoonmaak, sny en hekel van plastiekafval in funksionele items behels. Organiseerders sê die lanyards het volhoubare innovasie uitgelig terwyl dit inkomstegeleenthede vir vroue wat by produksie betrokke is, ondersteun. Afgevaardigdes is ook aangemoedig o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Die VF Plus sê vulstasies word glo teen brandstoftekorte gewaarsku
Die Vryheidsfront Plus sê ondanks die versekering deur die departement van minerale- en petroleumhulpbronne dat daar voldoende brandstof in die land beskikbaar is, het dié party skrywes van brandstofverskaffers onder oë gehad waarin vulstasies teen tekorte gewaarsku word. SABC-nuus berig kommer oor brandstoftekorte bestaan weens die konflik in die Midde-Ooste. Die VF Plus parlementslid, Wynand Boshoff, sê 'n moontlike verklaring hiervoor is dat voorraad teruggehou word tot aa

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


'n Bulpadda in Brakpan kry 'n beter blyplek
‘n Reuse-bulpadda genaamd Ferdie is veilig gered nadat hy in ‘n huis in Brakpan gevind is. Die DBV het op ‘n oproep van ‘n verskrikte inwoner gereageer en die padda sonder voorval verwyder. Ferdie is na die tak geneem vir ‘n gesondheidsondersoek voordat hy in ‘n geskikte vleilandhabitat vrygelaat is. Die DBV sê die redding beklemtoon hul toewyding aan alle diere en merk op dat selfs die kleinste diertjies sorg en beskerming verdien. Ter illustrasie. FOTO: Potawatomi Zoo

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Hoër elektrisiteitspryse kan die ekonomie negatief beïnvloed
Ekonome sê die styging in elektrisiteitspryse kan die land se ekonomie negatief beïnvloed. Sommige meen die prysverhoging kan die werkloosheidsyfer vererger, en konome voeg by die verhoging kan ’n negatiewe impak op klein besighede hê. Rosestad-nuus het vroeër berig die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ’n verhoging van 8,76% vir elektrisiteitspryse goedgekeur. Die verhogings is vanaf volgende maand van krag. Munisipale kliënte sal ’n 9% styging in elektrisitei

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


'n UV-dosent noem glo studente ape
'n Dosent aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) het na bewering na ’n groep eerstejaarstudente as ape verwys. Netwerk24 berig die voorval het, volgens die UV, in ’n Inleiding tot Besigheidsfunksies-klas plaasgevind. ’n Student het die dosent gevra om harder te praat omdat die ander studente glo geraas gemaak het, waarop die dosent glo geantwoord het: “Probeer jy om vir ’n groep ape klas te gee.” Die voorsitter van die UV se studenteraad, Ogorogile Moleme, het sê na dié v

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Parlementêre komitees waarsku oor langdurige ontplooiing van weermag om misdaad te bekamp
Die voorsitters van die parlement se onderskeie sekuriteitsklusterkomitees waarsku teen die langdurige ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag om binnelandse misdaad te bekamp. Hulle erken die korttermyn-impak maar sê dat volhoubare veiligheid vereis dat sosio-ekonomiese probleme aangespreek word. Die opmerkings volg meer as ’n maand nadat President Cyril Ramaphosa soldate ontplooi het om polisiëring te ondersteun. Die voorsitter van die Polisieportefeuljekomite

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Werk word steeds gemaak van die verlenging van bestuurderslisensiekaarte se geldigheid
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê daar word steeds gewerk aan die verlenging van bestuurderslisensiekaarte se geldigheid na agt jaar. Die minister sê dat konsepwysigings binnekort vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees. AfriForum het kommer uitgespreek op grond van die departement se prestasieplan wat publikasie vroeg in 2026 aandui. ʼn Woordvoerder van AfriForum, Louis Boshoff, waarsku dat vertragings bevoegde bestuurders raak wie se lisensies verval. LUISTER

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Val Kilmer verskyn postuum in 'n aksiefliek
Val Kilmer, die Top Gun - ster wat in 2025 aan longontsteking oorlede is, gaan later vanjaar in 'n aksie-avontuurfliek verskyn – te danke aan kunsmatige intelligensie (KI). Sky News berig Kilmer is reeds vyf jaar gelede vir die rol van 'n Katolieke priester in As Deep As The Grave gekies, maar kon weens siekte nie op die stel werk nie. Die filmmakers, First Line Films, sê hulle werk nou saam met Kilmer se boedel en sy dogter, Mercedes. Abigail Lawrie van Tin Star en Tom Felto

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


BKS: Rondloperbeeste wek kommer in die VS
Die DA in die Vrystaat het kommer uitgespreek oor rondlopende beeste in Ladybrand te midde van ‘n bek-en-klouseer-uitbreking. Die party sê bevestigde gevalle in Ladybrand en Clocolan bedreig boere en die plaaslike ekonomie. Die DA se Erica Moir sê die party het die Mantsopa Plaaslike Munisipaliteit gevra om dringend op te tree om biosekuriteitsrisiko’s, padveiligheidsgevare en swak afdwinging van veeverordeninge aan te spreek. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


'n Taai situasie ontvou op 'n Amerikaanse hoofweg
'n Gedeelte van 'n hoofweg in Kalifornië in die VSA is vir amper nege uur gesluit terwyl werkers stroop van die pad af moes skoonmaak. UPI berig die California Highway Patrol sê 'n vragmotor het omgeslaan en honderde liters stroop op die pad gemors het. Skoonmaakdienste het 'n absorberende materiaal probeer om die stroop te lig, maar dit was te taai. Daarna is water gebruik om die pad af te spuit. Werkers moes stroop van die pad verwyder. FOTO: UPI

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Kommer word uitgespreek oorkinders se veiligheid
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het kommer uitgespreek oor die veiligheid van leerders in Tumahole, Parys. Die organisasie vra dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit dringend ’n brug bou. Volgens die organisasie word kinders van die Mandela-uitbreiding daagliks aan gevaar blootgestel, veral tydens swaar reën wanneer hulle deur stormwater moet beweeg skool toe en terug huis toe sonder ’n veilige oorgang. AfriForum eis antwoorde oor die gebrek aan infrastruktuur en swa

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Mashatile erken Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging skiet tekort
Die Adjunkpresident, Paul Mashatile, sê die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE) het vordering gemaak, maar bly beperk weens swak nakoming en dalende deelname. Mashatile het op mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering gereageer. Hy sê terwyl miljarde rande in swartbesit-ondernemings belê is, het verslagdoening die afgelope paar jaar skerp gedaal, wat transformasie vertraag. Mashatile sê egter dat die regering strenger afdwinging beplan om hierdie saak aan te spr

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


OGGEND SPORT: Die SA Beker word warmer, Samboya verdien haar sewes-oproep en SA-span steek Steyn City aan die brand
Ons skop af met rugby-nuus: Die SA Beker betree hierdie naweek sy derde ronde met die puntelys wat vorm begin aanneem ná ‘n reeks verrassende vroeë uitslae. Suzuki Griekwas, Sanlam Boland Kavaliers en die Airlink Pumas lei die voortou op maksimum punte, met die Eagles, Toyota Cheetahs, Griffons en Valke wat almal steeds stewig in die stryd is. Die Cheetahs staar ‘n moeilike toets in die gesig teen die onoorwonne Pumas, terwyl Boland daarna streef om hul momentum teen die Valk

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 20


Misa waarsku teen 'n gevaarlike tendens onder die jeug
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) waarsku teen ‘n gevaarlike tendens onder leerders in Gauteng, waar die inhoud van brandblussers ingeasem word. Misa sê die praktyk hou ernstige gesondheidsrisiko’s in, insluitend ernstige siekte en moontlike dood. Ouers word aangespoor om met kinders oor die gevare te praat. Die vakbond steun oproepe van die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste en die Departement van Basiese Onderwys vir verhoogde bewustheid en dringende

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Ramaphosa hou vol dat werkskepping die regering se topprioriteit is
President Cyril Ramaphosa sê werkskepping bly die regering se topprioriteit. Hy het Donderdag ‘n verwelkomings-hooftoespraak by die “News24 op die Rekord”-beraad gelewer. Hy het opgemerk dat werkloosheid diep gewortel is in historiese ongelykheid, veral uit die apartheidsera, en gekoördineerde langtermynoplossings vereis. Ramaphosa sê inisiatiewe soos Operasie Vulindlela en die Presidensiële Werkstimulus het reeds miljoene geleenthede geskep. LUISTER HIER: President Cyril Ram

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


'n Oscar-wenner skik buite die hof oor seksuele aanranding
Die Amerikaanse akteur Kevin Spacey het ingestem tot ‘n buite-geregtelike skikking met drie mans wat hom gedagvaar het nadat hulle hom van seksuele aanranding beskuldig het. Die siviele sake sou later vanjaar in die hooggeregshof verhoor word, maar daardie verrigtinge is nou gevries ná die skikking. Die mans beweer dat Spacey hulle tussen 2000 en 2013 aangerand het. Die 66-jarige Oscar-wenner ontken alle bewerings van oortreding. Hy is ook afsonderlik van nege seksuele oortre

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Boere in die Vrystaat word gewaarsku
Boere in die Vrystaat word gewaarsku oor ’n toename in diefstal op plase. In onlangse maande het polisie verskeie klagtes ontvang oor die diefstal van waardevolle items soos trekkerbatterye, radio’s, sensors en skermmonitors uit landboutoerusting. Volgens polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, ondersoek die Reitz-polisie die voorvalle. Boere word aangeraai om waaksaam te bly en nie trekkers sonder behoorlike sekuriteit of toesig in lande te laat nie. Polisie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


PAC veroordeel vandalisme by Robert Sobukwe se graf
Die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) het ’n strafsaak geopen ná die graf van sy stigterspresident, Robert Sobukwe, glo geskend is. Die graf is in Robert Sobukwe-dorp, voorheen Graaff-Reinet, in die Oos-Kaap. SABC News berig PAC se sekretaris-generaal, Apa Pooe, sê die party beskou die voorval nie net as vandalisme nie, maar as ’n doelbewuste politieke provokasie. Hy sê hulle is ook in gesprek met verskeie rolspelers, insluitend groepe wat teen die hernoeming van die d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


SA se ekonomiese groei is afhanklik van dringende infrastruktuurhervormings
Suid-Afrika se ekonomiese groei bly afhanklik van dringende infrastruktuurhervormings. Volgens die Buro vir Ekonomiese Navorsing toon ’n navorsingsnota dat hoë werkloosheid die behoefte aan hervorming al dringender maak. Werkloosheid staan tans op meer as 32% volgens die eng definisie, en bo 42% volgens die uitgebreide definisie. Die verslag doen ’n beroep op die regering van nasionale eenheid om veral energie-, water- en logistieke infrastruktuur te verbeter. Daar word ook g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


MMM-nuus: Wateronderbreking | Samesprekings met Sanral | Opleiding oor slangveiligheid
Bloemfonteiners moet voorberei vir ’n beplande wateronderbrekings Bloemfonteiners word aangeraai om voor te berei vir ’n beplande wateronderbreking dié naweek. Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) sal watertoevoer tydelik onderbreek word om noodsaaklike werk aan die waterinfrastruktuur te doen. Die onderbreking sal onder meer Westdene, Naval Hill, Arboretum en omliggende gebiede raak. Die metro sê die werk vorm deel van instandhouding en opgrade

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


Die tersiêre onderwyskrisis vra vir breër oplossings
Kenners waarsku dat Suid-Afrika se groeiende vraag na tersiêre onderwys nie opgelos kan word deur alleenlik universiteite uit te brei nie. Doktor Denyse Webbtock het tydens ‘n Universiteite Suid-Afrika-dialoog beklemtoon dat beperkte befondsing, infrastruktuur en personeelkapasiteit grootskaalse uitbreiding moeilik maak terwyl gehalte-onderwys gehandhaaf word. Sy sê die versterking van Tegniese en Beroepsopleidingskolleges (Tvet) is die sleutel tot die verbetering van toegang

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


Kaapstad se watervlakke daal verder
Die Stad Kaapstad sê hul damvlakke het verder gedaal en staan nou op net meer as 50%. Volgens die stad het verhoogde waterverbruik en verlede week se hittegolf tot die afname bygedra. Mense word aangemoedig om water spaarsamig te gebruik en dit tot noodsaaklike behoeftes te beperk. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, voeg by mense in die Kaap gebruik tans te veel water per dag. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19


Jeugdiges is gevonnis ná brandstigting by ‘n skool
Drie jeugdiges is tot 12 maande aanhouding in ’n jeugsorgsentrum gevonnis ná hul skuldigbevinding aan brandstigting. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag het die beskuldigdes skuldig gepleit op die aanklagte. Die voorval het verlede Februarie plaasgevind toe die groep by ’n laerskool in Mpumalanga ingebreek het met die doel om rekenaars te steel. Toe hulle nie toegang tot die toerusting kon kry nie, het hulle die administrasiekantoor aan die brand gesteek. Die brand het vin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 19
bottom of page

