top of page


Alle Plasings


Tydige en betroubare inligting is nodig in ’n digitale wêreld
Mense benodig tydige, betroubare inligting in ’n digitale wêreld wat oorloop van waninligting en disinformasie. Dit is volgens die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, terwyl die wêreld Internasionale Reg om te Weet-dag vier. Die dag bevorder die beginsel dat mense die reg het om toegang tot inligting te verkry wat deur regerings en openbare instellings gehou word. Toegang tot inligting kan mense help om te verstaan hoe besluite geneem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


‘n Twaalfde vroulike slagoffer is gevind
Die liggaam van nóg ’n vrou is Maandagoggend in Thembisa aan die Oos-Rand in Gauteng gevind. Die 23-jarige is die 12de liggaam van ’n vrou wat sedert Julie aan die Oos-Rand gevind is. Netwerk24 berig volgens polisiewoordvoerder brig. Brenda Muridili was die vrou glo op pad werk toe toe sy geskiet is. Die vrou is geïdentifiseer, maar haar familie moet nog van haar dood in kennis gestel word. Muridili beklemtoon dat voorlopige ondersoeke daarop dui dat daar nog geen verband vas

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


‘n Dertienjarige is vas vir onwettige vuurwapenbesit
'n Jong seun van 13 jaar oud is in hegtenis geneem vir die beweerde onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in Thabong in Welkom in die Vrystaat. Volgens 'n verklaring het polisielede gereageer op 'n leidraad van 'n man wat vermoedelik 'n vuurwapen onwettiglik besit. Hy het oor 'n heining gespring en probeer vlug, maar hy is in ’n nabygeleë oop veld aangekeer. Dit is toe vasgestel dat die verdagte ’n minderjarige is. Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


‘n VS dorp is een van die land se top vyf om in te woon
Clarens in die Vrystaat is aangewys as een van die beste klein dorpies in Suid-Afrika om in te woon. Die dorp het vyfde geëindig in Daily Maverick se Small Towns of the Year 2025, met ’n algehele telling van 87,8%. Business Tech berig die dorpe is beoordeel volgens netheid, munisipale prestasie, gemeenskapsgees, veiligheid, natuurlike omgewing, gesinsvriendelikheid en konnektiwiteit. Die publikasie het ook die sogenaamde “M-faktor” in ag geneem, wat dit beskryf as die unieke

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Iran sê hy is gereed vir oorlog teen die VSA
Iran sê hy is gereed om voort te gaan met sy oorlog teen die Verenigde State van Amerika. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ook Iran se jongste voorstel om die konflik te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen, van die hand gewys. Iran sê hy sal voortgaan met die oorlog, selfs al lei dit tot ’n oorlog wat die einde van die wêreld kan beteken. Die oorlog het in Februarie vanjaar begin toe die VSA en Israel vir Iran aangeval het. FOTO: Flags Online

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Ramaphosa is bekommerd oor die land se hoë misdaadvlakke
President Cyril Ramaphosa het ernstige kommer uitgespreek oor die land se hoë misdaadvlakke. Hy het geslagsgebaseerde geweld en geweldsmisdaad as die grootste bekommernisse uitgewys. Ramaphosa sê die polisie werk daaraan om die moorde op vroue en skietvoorvalle in gemeenskappe op te los. Die president sê Suid-Afrika moet die grondoorsake van misdaad aanpak. LUISTER HIER: President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Die geskorste nasionale polisiekommissaris word dalk in sy pos herstel
President Cyril Ramaphosa sê die regering oorweeg om die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy pos te herstel. Hy het aan SABC News gesê die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit is genoteer en die saak word steeds oorweeg. Die NVG het vroeër vandeesmaand die aanklagte teen Masemola laat vaar, wat die moontlikheid van sy terugkeer na sy pos oopgelaat het. Masemola is aanvanklik deur die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie (Idac) aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Beswaar word gemaak teen die wit kruise in die VSA
Afrikaners vir Suid-Afrika (AvSA) het beswaar gemaak teen Lex Libertas wat 3 000 wit kruise in Washington, D.C. geplant het. Maroela Media berig Lex Libertas, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte en beskerming van minderheidsgemeenskappe, se dokumentêre rolprent Crossed Out: Confronting Persecution in South Africa is ook die afgelope week by die Withuis vertoon. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder AvSA sê hy veroordeel plaasmoorde en geweld teen boerderygemee

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


'n Gr. 11-leerder val glo 'n VS onderwyseres aan
'n Graad 11-leerder van Welkom in die Vrystaat word daarvan verdink dat hy 'n onderwyseres verskeie kere met 'n skerp voorwerp aan die kop en hande gesteek het. ENCA berig die leerder het na bewering in die onderwyseres se huis weggekruip. Die onderwyseres, wat al 38 jaar by Teto Sekondêre Skool werk, ontvang mediese behandeling. Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Mamiki Maboya, sê ’n aanval op ’n onderwyser is ’n aanval op die hele onderwysstelsel en die toekoms van kinders. S

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


OGGEND SPORT: Erasmus en Esterhuizen aanvaar skuld vir die Springbokke se nederlaag, die Springbok-vroue herstel met ‘n historiese oorwinning en, die Pro20-beker lewer drie opwindende wedstryde op
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus en kaptein Andre Esterhuizen, het volle verantwoordelikheid aanvaar nadat die Bokke met 42-38 teen Australië by die Optus-stadion in Perth verloor het. Erasmus sê tegniese probleme met die stadionhorlosie het nie die uitslag beïnvloed nie, maar erken dat sy span nie goed genoeg gespeel het om die sterker span op die aand te klop nie. Esterhuizen sê die Springbokke moes nooit met 25 punte agtergeraak het nie, h

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 28


Die UV kry sy eie veeartsenykunde-skool
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan 'n Skool vir Veeartsenykunde loods, wat 'n BVSc-graad van ses jaar, ’n Veterinêre Akademiese Hospitaal en kliniese opleidingsfasiliteite insluit. My City Bloemfontein berig die UV se adjunk-visekanselier, Anthea Rhoda, beskryf die skool as ’n strategiese reaksie op nasionale behoeftes wat verband hou met dieregesondheid, landbou, voedselsekerheid, volhoubaarheid en ekonomiese ontwikkeling. Die kurrikulum word ontwerp om studente van

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Die gesondheidsminister vra vir ’n ondersoek ná ’n nuusberig
Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het gevra vir ’n ondersoek na bewerings wat verband hou met advertensiekontrakte vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV). Daar word versoek dat die Spesiale Ondersoekeenheid, die Ouditeur-generaal en die Openbare Beskermer ondersoek instel na die bewerings, wat in ’n News24-artikel gemaak is. Die artikel beweer dat kontrakte vir NGV-bemarking en gesondheidskommunikasie tot ’n gesamentlike R182 miljoen opgeskiet het. News24

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


BKS: Namibië staak die slagting van gespletehoefdiere
Namibië het alle slagting van gespletehoefdiere landwyd opgeskort en vleisuitvoere is nou ook in die gedrang. Dit kom nadat bek-en-klouseer (BKS) ook in dié land uitgebreek het. Maroela Media berig die uitbreking is die eerste in Namibië se kommersiële veesone in 60 jaar. Meatco, die staatsbeheerde vleisverwerker, het intussen die status van beesvleissendings wat reeds uitgevoer of onderweg is, begin ondersoek. Die maatskappy sê dit is in hierdie stadium nog te vroeg om te sê

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Ekurhuleni: 'n Elfde vrou se liggaam is ontdek
Die polisie in Gauteng ondersoek die ontdekking van die liggaam van ’n elfde vrou in Ekurhuleni. Die vrou se liggaam is Sondag omstreeks middagete halfnaak in ’n veld naby Rhokanaweg gevind. ’n Voertuig van ’n sekuriteitsmaatskappy wat in die gebied gepatrolleer het, het op die liggaam afgekom en die polisie in kennis gestel. Die polisie het nie bevestig of die saak met ander moorde in en om die stad verband hou nie. Al die nodige rolspelers is gemobiliseer, insluitend die ta

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 28


Skole kry nuwe leesboeke én robotika-materiaal vir die Grondslagfase
Die Departement van Basiese Onderwys het die 2026 Grondslagfase Nasionale Katalogus vir Graad 1 tot 3 van goedkeuring na implementering geskuif, met aankope wat reeds aan die gang is voor die 2027-skooljaar. Die katalogus sal 40 leesboeke per klas, ’n kernleesboek vir elke leerder en ’n versameling van stories verskaf. Dit stel ook hulpbronne vir klanke en handskrif bekend, terwyl leesvaardighede versterk word deur maatstawwe vir mondelinge vlotheid in al 11 amptelike tale. D

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


17 Mense is dood in 'n massa-skietery by 'n Gautengse taverne
Minstens 17 mense is dood en 15 ander gewond ná ’n massa-skietery by ’n taverne in Wedela, in Gauteng se Wes-Rand. Volgens Eyewitness News het ’n groep gewapende mans Saterdagaand op mense buite die taverne losgebrand voordat hulle die perseel binnegegaan en verder op klante geskiet het. Die aanvallers was glo met AK-47-aanvalsgewere en pistole gewapen. Die polisie sê agt verdagtes word gesoek. Sommige klante is glo deursoek en hul selfone is gesteel voordat die aanvallers in

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Minister Kubayi sê Suid-Afrika verskerp die stryd teen georganiseerde misdaad
Die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, het by die 15de Verenigde Nasies se Misdaadkongres in Abu Dhabi sterker optrede teen georganiseerde misdaad en verbeterde toegang tot geregtigheid belowe. Kubayi sê Suid-Afrika versterk intelligensie-geleide polisiëring, tegnologie en internasionale samewerking om kubermisdaad, onwettige mynbou, handel en georganiseerde bedrog aan te pak. Sy het ook belowe om die strafregstelsel te verbeter deur sleutelbelanghebbendes te verbind de

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou dood aangetref is
Die DA eis dringende optrede nadat ’n tiende vrou binne twee maande dood in Ekurhuleni, Gauteng, aangetref is. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Ekurhuleni, Khathutshelo Rasilingwane, sê die party wil hê die polisiebestuur moet verantwoording doen vir mislukkings in polisiëring. Die DA het ook ’n parlementêre debat oor geweldsmisdaad in Ekurhuleni vir Dinsdag gereël. Rasilingwane dring aan op verhoogde sigbare polisiëring, nouer samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polis

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Die Bainsvlei-gemeenskap is ontsteld nadat 'n inbraakverdagte vrygelaat is
Die Bainsvlei-gemeenskap van Bloemfontein is ontsteld nadat ’n man wat met twee onlangse inbrake verbind word, kort ná sy inhegtenisneming weer vrygelaat is. Volgens Netwerk24 is die man Maandag aangekeer nadat hy na bewering met gesteelde goedere deur erwe gevlug het. Twee skootrekenaars en ’n vermoedelik gesteelde vuurwapen is glo in sy besit gevind. Hy word onder meer verbind met ’n inbraak op ’n kleinhoewe in Vergezochtlaan, waar ’n selfoon, koplig en kos gesteel is terwy

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


'n Man kry tien jaar tronkstraf ná poging om 'n Bloemfontein-tiener te verkrag
’n 40-jarige man van Lesotho is in die Bloemfonteinse streekhof tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan poging tot verkragting van ’n 16-jarige meisie. Volgens Netwerk24 is Baisil Steyn ook tot ’n verdere twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir die oortreding van die Immigrasiewet. Die saak spruit uit ’n voorval op 28 April 2024 toe Steyn die tiener agternagesit en haar met ’n mes gedreig het. Sy het in ’n nabygeleë huis skuiling probeer soek, maar Ste

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Die NVG moet nog besluit oor Ntshavheni se beweerde korrupsiesaak
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) moet nog besluit of die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, vervolg sal word in verband met ’n beweerde korrupsiesaak van twee-komma-vyf miljoen rand wat uit 2009 dateer. Die voltooide dossier is in Junie aan die direkteur van Openbare Vervolging voorgelê en word steeds oorweeg. Die saak spruit voort uit die beweerde uitbreiding van ’n finansiële dienstekontrak tydens Ntshavheni se ampstermyn as munisipale bestuurder van die

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Roodt waarsku dat die EFF se voorgestelde toelae die staatskas kan knak
Die ekonoom Dawie Roodt sê ’n voorstel om maatskaplike toelaes tot minstens R4000 per maand te verhoog, sal onbekostigbaar vir Suid-Afrika wees. Die leier van die EFF se leier, Julius Malema, het gevra dat Suid-Afrika se maatskaplike toelaes verhoog word tot minstens R4400 per maand as deel van ’n voorgestelde basiese inkomstetoelae. Roodt sê die land se belastingbasis is te klein om die koste van so ’n stelsel te dra. Hy skat dat dit sowat R36,1-miljard per maand, of R433-mi

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


OVK waarsku politieke partye teen intimidasie van joernaliste
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het politieke partye gewaarsku om nie joernaliste aan te val of op sosiale media te teister tydens hul veldtogte vir die plaaslike verkiesing op 4 November nie. Partye wat in die Wes-Kaap aan die verkiesing deelneem, het ’n gedragskode onderteken waarvolgens hulle moet help om disinformasie te bekamp. Die OVK se ondervoorsitter, Janet Love, sê joernaliste moet toegelaat word om hul werk sonder intimidasie te doen, selfs wanneer part

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 27


Geel vlak 2-waarskuwing vir dele van die Vrystaat
Dele van die Vrystaat is onder die gebiede waarvoor die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms en swaar neerslae uitgereik het. Die waarskuwing geld tot Sondag en sluit ook dele van die Wes-Kaap, Noord-Kaap en Noordwes in. Volgens die Weerdiens kan die storms gepaardgaan met sterk winde, gereelde weerlig en swaar reën, wat plaaslik tot ontwrigting kan lei. In die Vrystaat kan die nat toestande onder meer probleme op paaie, swak sig en moo

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 26
bottom of page


