top of page


Alle Plasings


BKS: Vrystaat Landbou mik hof toe oor entstowwe
Vrystaat Landbou, Sakeliga en Saai bring Dinsdag 'n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria, om te verhoed dat die regering die private verkryging en toediening van entstowwe teen bek-en-klouseer keer. SABC-nuus berig Vrystaat Landbou se president, Francois Wilken, sê die betrokke partye het vroeër die week aan 'n hof-voorgeskrewe bemiddellingsproses deelgeneem. Dit was egter onsuksesvol. Hy sê die hofaansoek volg op die versuim van die minister van landbou, John

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Eskom vier meer as 300 dae van stabiele kragvoorsiening
Eskom het 308 opeenvolgende dae sonder enige kragonderbrekings aangeteken. Dit sê dat sy opwekkingsvloot bestendig presteer, met die energiebeskikbaarheidsfaktor wat konstant bo 65 persent bly. As gevolg van hierdie verbeterde prestasie het dieselbesteding met byna 60 persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom sê dat sy plan om lasvermindering te beëindig, vordering maak, met meer as 200-duisend kliënte wat nie meer spitstydonderbrekings in die ge

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Suid-Afrikaners kan dalk meer toegang tot hul aftreefondse kry
Die Nasionale Tesourie van Suid-Afrika oorweeg ‘n plan om mense - onder streng voorwaardes - toegang tot hul aftreefondse te gee. Die Nasionale Tesourie se adjunk-direkteur-generaal, Chris Axelson, sê amptenare sal later vanjaar met gesprekke begin om diegene wat uiterste finansiële nood ervaar, te help. Hierdie potensiële verandering kom namate meer Suid-Afrikaners van 65 jaar en ouer sukkel om lenings terug te betaal. Meer as 140-duisend mense het reeds aansoek gedoen om ge

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Die regering 'moet die samelewing teen brandstofprysstygings beskerm'
Die vakbond Cosatu sê die regering moet dringend optree om burgerlikes teen brandstofprysstygings te beskerm. Die oorlog in Iran en die gevolglike wêreldwye olieprysstygings sal na verwagting tot hoë brandstofprysstygings lei. Daar is ook vrese dat die oorlog binnekort tot brandstoftekorte in Suid-Afrika sal lei. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die regering moet die samelewing teen die verwagte brandstofprysstygings beskerm. Ter illustrasie. FOTO: Pexe

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


‘n Komitee spreek hul kommer uit rakende die Sanitêre Waardigheidsprogram
Die Portefeuljekomitee oor Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede het kommer uitgespreek oor die implementering van die Sanitêre Waardigheidsprogram. Die komitee se kommer fokus op vertragings, ongelyke implementering en vrae rondom befondsing en doeltreffendheid in die Sanitêre Waardigheidsprogram. Die komitee het inligtingsessies van die Departement van Basiese Onderwys en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ontvang. Die komitee sê die program bly ‘n kritieke int

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Ramaphosa herbevestig sy verbintenis tot grondrestitusie
President Cyril Ramaphosa sê die Grondwet erken die reg op regstelling vir mense wat van hul grond ontneem is as gevolg van vorige rassediskriminerende praktyke. Ramaphosa het gepraat tydens die oorhandiging van titelaktes aan gemeenskappe in die Umzimkhulu-distrik in KwaZulu-Natal. Hy sê die Grondwet vereis ook dat die regering redelike stappe moet doen om billike en gelyke toegang tot grond te verseker. Ramaphosa sê een van die belangrikste maatreëls wat ingestel is, is die

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Suid-Afrika vier Menseregtedag
Suid-Afrika herdenk Saterdag Menseregtedag. Die dag word gevier om die mense te onthou wat deur die apartheidsregering in die Sharpeville-slagting van 21 Maart 1960 vermoor is. Die apartheidspolisie het 69 mense doodgeskiet wat teen die land se paswette betoog het. Dit word ook herdenk om bewustheid oor menseregte in die land te verhoog. Vanjaar vier Suid-Afrika die dag onder die tema, Handves van Regte op 30, maak Menseregte werklik. President Cyril Ramaphosa sal die hooftoe

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Vrystaatse LUR’e inspekteer die Boitumelo-hospitaal se opknapping
Die provinsiale LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, en die LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Dibolelo Mance, het ’n toesigbesoek aan die Boitumelo-streekhospitaal afgelê. Dit is om nuut opgeknapte dele van die fasiliteit te inspekteer, aangesien ’n opgradering van 131-miljoen rand teen Junie vanjaar voltooi is. Hulle is vergesel deur die Hoof van die Departement van Gesondheid, Ernest Mohlahlo; die Hospitaal se hoof uitvoerende bestuurder, Bongi Mthimkhulu, en ande

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Padsterftes is die laagste in ses jaar
In die tydperk van 1 Januarie tot 15 Maart vanjaar het die land die kleinste getal noodlottige padongelukke in ses jaar gehad. Die minister van vervoer, Barbara Creecy, sê verder dit het met elf persent gedaal. SABC-nuus berig sy het by die Spruitview-afrit op die N3-hoofweg in Gauteng gepraat waar sy vanjaar se Paasfees-padveiligheids-veldtog van stapel gestuur het. Die veldtog is deel van die regering se poging om verantwoordelike gedrag op die pad te bevorder en padongelu

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 21


Aksielegende Chuck Norris is oorlede
Die bekende aksiefliekster Chuck Norris is in die ouderdom van 86 oorlede. BBC News berig in ’n verklaring sê sy familie hy was vir die wêreld ’n simbool van krag en ’n legendariese gevegskunstenaar, maar vir hulle ’n toegewyde eggenoot, pa en oupa. Norris, wat in 1940 in Oklahoma gebore is, het eers in die Amerikaanse Lugmag gedien voordat hy bekendheid verwerf het as ’n kampioen in gevegskuns, met verskeie swartgordels op sy naam. Hy het in 1972 internasionaal deurgebreek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Die UV bring jong wetenskaplikes se stories na TV-skerms
Die Universiteit van die Vrystaat neem die stories van jong wetenskaplikes uit klaskamers en laboratoriums na televisie. Die universiteit het die nuwe reeks, IdeeMakers , by die Naval Hill-planetarium in Bloemfontein bekendgestel. Die agt-delige dokumentêre reeks volg jong deelnemers wat aan die Tritech-wetenskap- en tegnologiekompetisie deelneem, waar hulle werklike probleme ondersoek, idees toets en hul projekte ontwikkel. Volgens ‘n aanlyn artikel van die universiteit is d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Glencore waarsku oor werksverliese te midde van kragkoste-krisis
Met slegs 11 van Suid-Afrika se 66 smelters wat nog funksioneer, waarsku Glencore se plaaslike ferrochroom-eenheid dat hy uit gesprekke met die regering kan onttrek. eNCA berig dit hou verband met ’n voorgestelde afslag op elektrisiteitstariewe, wat volgens die maatskappy onaanvaarbare voorwaardes bevat. Eskom het voorgestel dat kragpryse van R1,36 tot 62 sent per kilowatt-uur verlaag word om verliesgewende smelters aan die gang te hou, maar die ooreenkoms wag nog op regulat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Metro’s bestee nie hul begrotings ten volle nie
Die Nasionale Tesourie sê baie metropolitaanse munisipaliteite bestee nie hul begrotings ten volle nie, wat dienslewering aan inwoners benadeel. Eyewitness News berig die Tesourie het nou ’n aansporingsgebaseerde toelaag ingestel, met sowat R54 miljard oor ses jaar beskikbaar. Die stelsel werk volgens prestasie, waar fondse slegs vrygestel word indien spesifieke teikens bereik word. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê ongebruikte fondse word óf aan ander m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Dringende ingryping by lewensgevaarlike Bloem-paaie word geëis
Die toestand van Bloemfontein se pad- en verkeersinfrastruktuur hou ’n ernstige gevaar vir padgebruikers en voetgangers in. Inligting wat van AfriForum ontvang is, dui daarop dat die wye voorkoms van slaggate, onwerkende verkeersligte en dowwe padmerke, saam met gebrekkige instandhouding, die stad se paaie in ’n kritieke toestand dompel. Die organisasie sê motoriste moet daagliks vir slaggate uitswaai, wat die risiko van ongelukke verhoog, terwyl swak sigbare padmerke en wanf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


‘n Tiener is in Iran tereggestel
’n Tiener is onder drie mans wat ná anti-regeringsbetogings in Iran tereggestel is. BBC berig dit is die eerste teregstellings wat direk met die onlangse betogings verbind word. Die tiener, Saleh Mohammadi – ‘n lid van Iran se nasionale stoeispan, en die ander twee mans is daarvan beskuldig dat hulle polisiebeamptes tydens die onrus doodgemaak het. Die teregstellings het Donderdag in die noorde van die land plaasgevind nadat hul doodsvonnisse bekragtig is. Die betogings, wat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Skurke melk ‘n Vrystaatse munisipaliteit
Skokkende onthullings oor beweerde korrupsie en wanbestuur het in die Vrystaat na vore gekom. Mail & Guardian berig dat die stadsbestuurder van die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, advokaat Mzwakhe Mofokeng, ’n diepgewortelde kultuur van korrupsie ontbloot het. Hy sê onder meer dat gevangenes glo steeds deur die munisipaliteit betaal is, en dat ’n paroolganger as ’n bestuurder aangestel is - sonder om sy kriminele rekord bekend te maak. Sedert Mofokeng se aanstelling 14 maa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Seta hersien die afdanking van beweerde fluitjieblasers
Die administrateur van die Dienstesektor-onderwys- en opleidingsowerheid (Seta), Lehlogonolo Masonga, sê die entiteit hersien die afdanking van drie voormalige werknemers. Die werkers, wat tussen 2017 en 2020 ontslaan is, beweer hulle is geteiken nadat hulle onreëlmatighede en wanadministrasie blootgelê het. Masonga sê hy het ná sy aanstelling in Augustus verlede jaar regsadvies ingewin en onafhanklike hersienings laat doen. Volgens hom dui die bevindinge daarop dat die werkn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Die adjunkminister vra vir strawwer optrede oor werkplekveiligheid
Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Jomo Sibiya, vra vir gevolge vir werkgewers wat beroepsgesondheid en -veiligheid ignoreer. Die departement het vandeesweek ’n tweedaagse konferensie oor dié kwessie in Boksburg aangebied. Sibiya sê dit is onaanvaarbaar dat werkers beseer word terwyl hulle hul werk doen. Hy waarsku dat die versuim om gesondheids- en veiligheidswette na te kom, die waardigheid van werkers ondermyn. LUISTER HIER: Jomo Sibiya. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs kom teen Pumas te staan, die Proteas is verpletter en Senegal is van sy AFCON-trofee gestroop
Ons skop af met rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs ontvang Vrydag die Airlink Pumas, in wat beloof om 'n opwindende SA Beker-ontmoeting te wees. Die afskop is om 18:00. Die Cheetahs sal ook 'n merkwaardige mylpaal vier soos die vaskopstut Aranos Coetzee vir sy 150ste wedstryd in die oranje trui uitdraf. Volgens 'n mediaverklaring het die 34-jarige 'n hoeksteen van die Cheetahs geword, met hom wat beskryf word as 'n kragtige en betroubare teenwoordigheid in die voorry. Coetzee

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 20


‘n Groot hoeveelheid plofstof is in die Vrystaat gekonfiskeer
’n Groot hoeveelheid plofstof is in die Vrystaat gekonfiskeer. Die Vrystaatse Vala Umgodi-span het drie verdagtes in hegtenis geneem ná ’n ontwrigtende operasie. Volgens die polisie het lede van Gevegs- en Proaktiewe Eenhede inligting ontvang oor individue wat glo plofstof by ’n plaaslike woning besit. Die span het vinnig opgetree en die betrokke adres besoek waar drie manlike verdagtes aangetref is. Tydens ’n deursoeking van die perseel in Thabong is ’n blou plastieksak met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Malema word by ‘n beweerde tendermanipulasie geïmpliseer
Bewyse wat by die Madlanga-kommissie aangebied is, impliseer die EFF-leier, Julius Malema, met beweerde tendermanipulasie in die Tshwane-munisipaliteit. Die bewerings hou verband met ’n 2024-tender van die Tshwane Metro-polisiedepartement, waar private sekuriteitsfirmas gesoek is om kritieke infrastruktuur te bewaak. ’n Gautengse polisiesersant, Fannie Nkosi, het getuig dat die adjunkhoof van die Tshwane Metro-polisiedepartement, Umashi Dlamini, in Maart verlede jaar ’n Whats

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


Vlugturbulensie laat verskeie beseer
Verskeie mense is beseer nadat ’n vlug van Los Angeles in die Verenigde State na Sydney in Australië deur turbulensie getref is. Volgens berigte het die vliegtuig kort voor landing skielike turbulensie ervaar. Vier kajuitpersoneel is onder die beseerdes. Die Nieu-Suid-Wallis Ambulansdiens het bevestig dat drie mense met geringe beserings – waaronder rugpyn en hoofpyn – na ’n hospitaal geneem is. Kenners waarsku intussen dat turbulensie wêreldwyd al hoe meer voorkom. Hulle mee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20


KRIEKET: Die Proteas word verpletter
New Zeeland het Suid-Africa met agt paaltjies geklop in Vrydag se T20 wedstryd op Eden Park in Auckland – die derde wedstryd van hierdie reeks. Die Proteas het op 136/9 te staan gekom, met die Swart Pette wat 137/2 bereik het. Suid-Afrika het 'n aanvanklike voorsprong van 1-0 in die reeks gehad na 'n oorwinning met sewe paaltjies in die eerste wedstryd in Mount Maunganui. Maar, in Dinsdag se wedstryd het New Zeeland Suid-Africa met 68 lopies geklop. Die Proteas het op 107 te

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 20


Die Maatskaplike Noodtoelaag word hersien
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die Maatskaplike Noodtoelaag (SRD) hersien gaan word en in ’n werksoekertoelaag omskep sal word. Volgens Eyewitness News het hy die aankondiging gemaak tydens die News24 On the Record-beraad, waar hy gesê het die nuwe benadering sal werksoekers beter ondersteun. Volgens Ramaphosa is dit belangrik om die land se maatskaplike beskermingstelsel te versterk sodat alle werklose Suid-Afrikaners basiese ondersteuning kan ontvang. Hy sê

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 20
bottom of page

