top of page


Alle Plasings


Verdagtes wat glo Vrystaatse polisielede aanval is in hegtenis
Vier verdagtes wat glo drie polisielede in Harrismith aangeval het, is in hegtenis geneem. Volgens die Vrystaatse polisie was die drie polisielede nie aan diens nie en was hulle vroeg Sondagoggend buite ’n taverne toe hulle glo deur ’n groep van vyf mense aangeval is. Een van die polisielede het gesien hoe twee van sy kollegas aangeval word en het ingegryp. Hy is ook tydens die voorval aangerand en beseer. Al drie die polisielede is vir mediese behandeling in plaaslike hospit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


Die soektog na ’n bekende volstruisboer duur voort
Die soektog na die bekende volstruisboer Saag Jonker van Oudtshoorn duur voort nadat hy Sondag met sy bakkie deur vloedwater meegesleur is. Volgens Maroela Media is die 85-jarige Jonker deur die water meegesleur toe hy ’n laagwaterbrug oor die Olifantsrivier, sowat drie kilometer buite Oudtshoorn, oorgesteek het. Sy familie het bevestig dat die rivier ná swaar reën in die opvangsgebied suid van Beaufort-Wes in volle vloed is. ’n Omvattende soektog is kort ná die voorval van s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 29


Die Civil Society SA soek bewyse agter voorgestelde wapenwetgewing
Die burgerregtegroep Civil Society South Africa (CSSA) het twee aansoeke ingedien om toegang te verkry tot die volledige bewysstukke en beleidsrekord agter die Wysigingswetsontwerp op Vuurwapenbeheer. Die aansoeke ingevolge die Bevordering van Toegang tot Inligting-wet is by die Presidensie en die inligtingsbeampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ingedien. CSSA sê die aansoeke is gemik op rekords wat handel oor die wetsontwerp se moontlike gevolge vir openbare veiligheid

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Die VSA en Iran voer afsonderlike gesprekke met bemiddelaars
Amptenare van die Verenigde State van Amerika (VSA) en Iran het afsonderlike gesprekke met bemiddelaars gevoer in die jongste poging om die oorlog in Iran te beëindig. Reuters berig dat verdere gesprekke na verwagting sal fokus op ’n gewysigde voorstel wat Iran ingedien het om die konflik te beëindig. Iran sê hy het ’n oplossing voorgelê om die oorlog te beëindig. Ter illustrasie. FOTO: Flags Online

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Die wêreld se oudste bekende vredesverdrag is op ‘n kleitablet gevind
Argeoloë in Türkiye het ‘n kleitablet ontdek wat ‘n deel bevat van die wêreld se oudste bekende vredesverdrag. Hulle het dit verlede jaar by die antieke Hetitiese terrein van Hattusa gevind. Die tablet bevat artikels 12 tot 20 van die Vrede van Kadesj, waartoe ooreengekom is nadat die leërs van die Egiptiese farao Ramses II en die Hetitiese koning Muwatallis II omstreeks 1300 v.C. in ‘n dooiepunt geëindig het. Die verdrag het vrede, territoriale integriteit, nie-aggressie, ui

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Kganyago vra vir sterker beskermingsmaatreëls teen kuberbedreigings
Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê daar is ‘n dringende behoefte vir Afrikalande om robuuste beskermingsmaatreëls in te stel. Sy oproep volg te midde van kommer dat ‘n groot kuberaanval die volgende wêreldwye finansiële krisis kan ontketen. Kganyago waarsku dat so ‘n aanval ernstige ekonomiese ontwrigting en skokke vir voorsieningskettings kan veroorsaak indien dit nie hokgeslaan word nie. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Moneyweb

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Verdediging staar bewerings oor onreëlmatige kontrakte in die gesig
Die Verenignig van Staatsamptenare (VSA) sê bewerings van onreëlmatige kontrakte by die Departement van Verdediging en Militêre Veterane lê tekortkominge in die departement se verkrygingsprosesse bloot. Die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek bewerings van onreëlmatige kontrakte ter waarde van R2 miljard. Die vakbond se Claude Naiker sê hulle veroordeel die beweerde misbruik van openbare fondse. LUISTER HIER: Claude Naiker. FOTO: PSA

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Die groot VS opgaardamme is op optimale vlakke
Groot wateropgaardamme in die Vrystaat is op optimale vlakke op pad na die lente en somer, danksy onlangse reënval in die streek. Volgens die jongste verslag van die Departement van Water en Sanitasie is die provinsie se waterbronne in ’n besonder sterk posisie ná ’n uitstekende winter en die vorige reënseisoen. Nova News berig die Welbedachtdam, wat deur die Caledonrivier gevoed word en die Mangaung-metro van water voorsien, het egter ondanks volgehoue reënval aansienlik ged

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


SpaceX se Starship-vuurpyl wentel om die Aarde
SpaceX se Starship-vuurpyl het vir die eerste keer ‘n wentelbaan om die Aarde bereik nadat dit vanuit Texas gelanseer is. Die ruimtetuig beoog om ses wentelbane tydens ‘n vlug van 10 uur te voltooi voordat dit in die Stille Oseaan, wes van Chili, neerkom. Hierdie vlug is Starship se 14de toets, terwyl SpaceX werk aan toekomstige bemande sendings na die Maan en Mars. Die lansering van SpaceX se Starship-vuurpyl. FOTO: Fox Business

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Washington se wit kruise word dalk in SA ook uitgestal
Planne word gemaak om die Witkruisprojek-uitstalling in Washington in die VSA nou ook na Pretoria voor die Uniegebou te bring. Die uitvoerende direkteur van Lex Libertas, Ernst Roets, sê duisende mense het die afgelope twee dae die uitstalling besoek, en hy bestempel dit as 'n buitengewoon aangrypende ervaring. Verteenwoordigers van die Withuis, die Amerikaanse departement van buitelandse sake en ander regeringsdepartemente was volgens die organisasie ook teenwoordig. Die bes

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


OGGEND SPORT: Davis maak ‘n emosionele terugkeer vir die Cheetahs, Ackerman is vir die eerste keer gekies en, Zverev beklink ‘n rekord-sesde Laver-beker
Ons skop af met rugby-nuus: Die veelsydige Cheetahs-voorspeler, Aidon Davis, maak Dinsdag in Tbilisi sy terugkeer teen Iberians nadat hy weens twee kankerdiagnoses die afgelope twee jaar nie vir die span gespeel het nie. Davis, wat Hodgkin-B-sel-limfoom en later nie-Hodgkin-limfoom gehad het en bestraling en chemoterapie ondergaan het, sê hy is dankbaar teenoor God dat hy weer kan speel. Daniel Maartens skuif na binnesenter vir die Cheetahs, met Ethan Wentzel en Erich Visser

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 29


Die media word geprys vir sy rol in SA se geskiedenis
Die minister van kommunikasie en digitale tegnologieë, Solly Malatsi, het die media geprys vir die kritieke rol wat dit deur die loop van Suid-Afrika se geskiedenis gespeel het. Volgens Malatsi het die media gehelp om gruweldade en korrupsie uit die apartheidsera aan die lig te bring, terwyl dit ook diegene in magsposisies tot verantwoording geroep het. Hy voeg by dat die media landsburgers ingelig hou sodat hulle besluite oor hul lewens kan neem. Malatsi sê die media speel o

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


OpenAI laat vaar planne vir 'n nuwe KI-model
OpenAI het planne om sy nuwe kunsmatige intelligensie (KI)-model, GPT 6.1 Astra, bekend te stel weens veiligheidskwessies laat vaar. Die maatskappy sê die model het nie voldoen aan sy standaarde vir die nakoming van die bestek en magtiging, en vir hoe dit sy optrede aan gebruikers kommunikeer nie. Die model spesialiseer in komplekse redenasie en is ontwerp om die internet te gebruik, toepassings te bedryf en take outonoom uit te voer. OpenAI sê hy handhaaf uiters hoë veilighe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


BKS: Nog gevalle is in Fauresmith bevestig
’n Nuwe geval van bek-en-klouseer is in die Fauresmith-omgewing bevestig, wat die Vrystaat se totale getal gevalle op 799 te staan bring. Netwerk24 berig volgens die Vrystaatse Departement van Landbou is 644 van dié gevalle reeds afgehandel, terwyl 155 steeds aktief en onderworpe aan kwarantynmaatreëls is. Volgens die departement is dit ’n wetlike verpligting om vermoedelike BKS-gevalle dieselfde dag nog aan te meld sodat die diere geïsoleer en beheermaatreëls ingestel kan wo

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Lamola vra dat rassisme en historiese ongeregtighede aangespreek word
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, doen ‘n beroep op aksie om rassisme en historiese ongeregtighede aan te spreek. Lamola het ‘n Verenigde Nasies-geleentheid toegespreek ter viering van die 25ste herdenking van die Wêreldkonferensie teen Rassisme, Rassediskriminasie, Xenofobie en Verwante Onverdraagsaamheid. Hy het kontemporêre rassisme as ‘n volgehoue wêreldwye uitdaging uitgelig en ‘n formele verskoning vir historiese ongeregtighede

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


Honderde Grand Vitara-voertuie word herroep
Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het ’n veiligheidsherroeping van 543 Suzuki Grand Vitara-voertuie aangekondig. Die voertuie is vanaf Mei verlede jaar deur Suzuki-handelaars regoor die land verkoop. Volgens die vervaardiger kan die lae-brandstofwaarskuwingslig nie aangaan namate die brandstofvlak daal nie. Dit kan veroorsaak dat bestuurders nie besef dat die voertuig se brandstof opraak nie, wat kan lei tot die enjin wat gaan staan en die voertuig wat nie weer aanskak

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29


MIDDAG SPORT: Die Cheetahs mik op nog ’n oorwinning in Tbilisi, Bavuma en Miller help die Proteas en, Agassi vra vir ‘n behoorlike buiteseisoen
Ons begin met rugby-nuus: Die Toyota Cheetahs pak Dinsdag die Iberians van Spanje in die tweede wedstryd van hul Tbilisi-beker-veldtog in die Toyota Challenge. Die wedstryd begin om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd in Tbilisi. Die Cheetahs sal met heelwat selfvertroue die wedstryd aanpak nadat hulle Donderdag hul eerste wedstryd in Georgia met 38-26 teen die Lusitanos van Portugal gewen het. Die spanne was rustyd 21-21 gelykop voordat die Cheetahs in die tweede helfte beheer oorgene

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 28


Aucamp moedig Suid-Afrikaners aan om troeteldiere teen hondsdolheid te laat inent
Die minister van landbou, Willie Aucamp, spoor Suid-Afrikaners aan om hul honde en katte teen hondsdolheid in te ent terwyl die land Wêreldhondsdolheidsdag vier. Aucamp sê hondsdolheid kan voorkom word en doen ‘n beroep op troeteldiereienaars om hul deel te doen om die dodelike siekte uit te roei. Die 2026-veldtog, met die tema sterker saam, beklemtoon samewerking tussen gemeenskappe, troeteldiereienaars en gesondheidswerkers. Die Departement van Landbou sê enigiemand wat aan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


Miljoene is nodig om SA diplomatieke eiendomme op te knap
Suid-Afrika se diplomatieke eiendomme in die buiteland kan meer as R830-miljoen se opknappings benodig. Volgens inligting wat die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking in ’n parlementêre antwoord bekend gemaak het, is dié bedrag gebaseer op toestandsverslae wat oor drie jaar opgestel is. Die DA doen intussen ’n beroep op die herprioritisering van die departement se begroting, met groter fokus op die instandhouding van ambassades. Die party sê Suid-Afrikaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


Simelane vra vir ’n geïntegreerde benadering tot regeringsdienslewering
Die minister van menslike nedersettings, Thembi Simelane, het ’n beroep gedoen op ’n meer geïntegreerde benadering tot regeringsbeplanning en dienslewering. Die minister het by die konferensie van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Openbare Administrasie en Bestuur in Durban gesê nedersettings moet volgens mense se behoeftes ontwikkel word, eerder as volgens regeringsdepartemente wat in afsondering funksioneer. Behuising moet ook gekoppel word aan water, sanitasie, vervoer, s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


Saftu doen ’n beroep op ’n nasionale veldtog teen onwettige vuurwapens
Die vakbondfederasie Saftu het ’n beroep gedoen op ’n nasionale veldtog om onwettige vuurwapens en aanvalsgewere uit gemeenskappe te verwyder. Dit volg op twee massaskietvoorvalle wat ten minste 27 mense in Gauteng en die Wes-Kaap se lewens geëis het. Saftu sê owerhede moet onwettige vuurwapens opspoor, hul voorsieningskettings ondersoek en kriminele sindikate teiken. Dit het ook gevra vir oudits van staatswapenarsenale, sterker grensbeheer, vuurwapenopsporing en ’n amnestie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


’n Vierjarige Vrystatertjie is oorlede nadat hy glo toegang tot alkohol kry
’n Vierjarige seuntjie van Rouxville is oorlede nadat hy glo toegang tot alkohol gekry het. Volgens die Vrystaatse polisie het die seuntjie se ma Saterdag haar huis in Rosemary Uitkoms verlaat om te gaan kuier. Sy het die kind in die sorg van ’n ander minderjarige kind gelaat. Sy het glo Sondagoggend onder die invloed van alkohol teruggekeer en aan die slaap geraak. Daar word vermoed dat die vierjarige tydens dié tyd toegang tot alkohol gekry het. Nooddienste is na die toneel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


Opod arresteer ‘n vrou vir die indiening van ‘n vals verkragtingsaak
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) het ’n 18-jarige vrou van Kuruman in hegtenis geneem omdat sy na bewering ’n vals verkragtingsaak teen ’n polisiekonstabel aanhangig gemaak het. Die konstabel, wat aan Kimberley se Voertuigondersoekeenheid verbonde is, is Sondag in hegtenis geneem, maar die verkragtingsaanklag is teruggetrek. Die vrou het later aan ondersoekers gesê sy het ’n vals verklaring afgelê oor ’n dispuut oor ’n betaling van R400 ná konsensuele seks

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28


’n Gesamentlike ondersoek na geslagsgeweld in SA begin
’n Gesamentlike nasionale ondersoek na Suid-Afrika se hantering van geslagsgeweld en vrouemoord begin Maandag. Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir die Regte van Kulturele, Godsdienstige en Taalkundige Gemeenskappe hou die ondersoek, wat tot Vrydag duur. Volgens die kommissies sal daar onder meer gekyk word na hoe gevalle aangemeld word, ondersteuning aan slagoffers en die hantering van ondersoeke en verhore. Dit sal

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 28
bottom of page


