top of page


Alle Plasings


Vyf is vas ná ‘n gewapende roof en dwelmvonds in Bloemfontein
Vyf verdagtes is in twee afsonderlike polisie-optredes in Bloemfontein in hegtenis geneem ná 'n gewapende roof en 'n dwelmvonds. Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid het vier mans te voet agternagesit en langs die M10 vasgetrek nadat twee slagoffers glo met 'n vuurwapen beroof is. 'n Ongelisensieerde 9 mm-pistool en ammunisie is ook beslag gelê. Verdere inligting het die polisie na 'n vermeende dwelmhuis in F

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Petrolprys kan verder daal
Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende maand nog verligting by die brandstofpompe kry, met petrolpryse wat tans oorverhalings van tussen 79 en 83 sent per liter toon. Dieselgebruikers staar egter waarskynlike prysstygings in die gesig, met onderverhalings van tussen 22 en 45 sent per liter. Stygende wêreldwye oliepryse, wat deur hernieude spanning tussen die Verenigde State en Iran en ontwrigtings rondom die Straat van Hormuz aangevuur word, plaas druk op dieselpryse. Die amp

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Publiek-private vennootskappe kan die weermag help moderniseer
Publiek-private vennootskappe kan help om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te moderniseer en jare se onderbefondsing aan te spreek. Dit volgens die adjunkminister van verdediging en militêre veterane, Bantu Holomisa, by Dinsdag se Verdedigingsbedryf Lekgotla. Holomisa sê dié vennootskappe kan help om militêre behuising, gesondheidsfasiliteite, logistieke infrastruktuur en toerusting te ontwikkel, terwyl verdedigingsbates onder staatsbesit bly. Hy voeg by die weermag kan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Spanning tussen die VSA en Iran vertroebel ekonomiese vooruitsigte
Hernieude spanning tussen die Verenigde State van Amerika (VSA) en Iran kan Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte beïnvloed. Sanlam Investments-ekonoom Patrick Buthelezi waarsku dat die herlewing van die konflik wêreldwye voorsieningskettings ontwrig en die onlangse daling in internasionale oliepryse omgekeer het. Hy sê dit kom terwyl die Suid-Afrikaanse Reserwebank voorberei om later die week sy volgende rentekoersbesluit aan te kondig. Volgens Buthelezi kan Suid-Afrika se

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Mchunu verdien steeds sy volle salaris ná 'n jaar se skorsing
'n Jaar nadat president Cyril Ramaphosa hom op spesiale verlof geplaas het, verdien die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, steeds sy volle ministersalaris. eNCA berig Mchunu het die afgelope jaar sowat R2,69 miljoen verdien, ondanks die feit dat hy geen ministeriële pligte verrig het nie. Ramaphosa het hom in Julie verlede jaar op spesiale verlof geplaas nadat bewerings gemaak is dat hy by strafregtelike ondersoeke ingegryp en korrupte sindikate bevoordeel het. Fer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Afstandwerk bereik ’n rekordhoogtepunt in SA
Afstandwerk in Suid-Afrika het sy hoogste vlak ooit bereik gedurende die eerste helfte van hierdie jaar. Volgens Pnet se jongste Werkmarkverslag het afstandwerk met 28% toegeneem in vergelyking met die eerste ses maande van verlede jaar. Die Inligtingstegnologiesektor bly die grootste bron van afstandwerkgeleenthede, veral in sagteware-ontwikkeling. Pnet sê finansies, besigheid en bestuur, administrasie, bemarking, en ontwerp en media sien ook groei in afstandwerkgeleenthede.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Die Idac-hoof onttrek haarself van Misdaadintelligensie-sake
Advokaat Andrea Johnson, die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac), het haarself onttrek van die eenheid se sake rakende senior Misdaadintelligensie-beamptes. Dit het vandag aan die lig gekom by die Madlanga-kommissie van ondersoek, waar Johnson tans getuienis lewer. Sy het verlede maand gevra om verwyder te word van sake rakende Misdaadintelligensie-hoof, luitenant-generaal Dumisani Khumalo, weens ’n botsing van belange. Khumalo en ander beamptes is aangekl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Bewerings van seksuele teistering word deur CUT aangespreek
Bewerings van seksuele teistering wat op sosiale media versprei word, sal volgens die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (CUT) deur die universiteit se gevestigde prosesse hanteer word. CUT meld in 'n mediaverklaring dat die universiteit 'n nulverdraagsaamheidsbenadering teen seksuele teistering en geslagsgebaseerde geweld volg. Die universiteit voeg by dat alle bewerings ernstig opgeneem word. Ondersoeke word volgens die universiteit op 'n billike, onafhanklike en vertroul

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Die Mangaung-metro ruim onwettige stortingsterreine op
'n Grootskaalse skoonmaakprojek van onwettige stortingsterreine in Bloemfontein is deur die Mangaung-metro se direktoraat vir vaste afvalbestuur aangepak. Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê spanne het hope rommel verwyder en oop ruimtes herstel om die gebiede weer skoon en veilig te maak. Volgens die metro veroorsaak onwettige storting omgewingskade, hou dit gesondheidsrisiko's in en plaas dit verdere druk op munisipale hulpbronne. Inwoners word aangemoedig om nie rommel on

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 21


Geen meer verkiesings vir Nicaragua
Die president van Nicaragua, Daniel Ortega, het aangekondig dat die Sentraal-Amerikaanse land nie weer verkiesings sal hou nie. Ortega is sedert 2007 aan bewind in Nicaragua. Hy het die land ook tussen 1979 en 1990 gelei. Sy aankondiging skakel die moontlikheid van enige verkiesingsuitdaging aan sy bewind uit. Ortega sê hy sal nie toelaat dat opposisiepartye wat steun van Amerika ontvang, Nicaragua regeer nie. Daniel Ortega. FOTO: CNN

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


'n ANC-lid sê Mangaung se onderburgemeester word beskerm
’n Dekades-lange Vrystaatse ANC-lid beskuldig die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) daarvan dat hy die onderburgemeester van die Mangaung-metro beskerm. Thabang Motloung van Botshabelo sê die provinsiale leiers is in dieselfde faksie as die onderburgemeester, Lulama Titi-Odili, en daarom stilswyend oor haar man, Lyndon Odili, se inhegtenisneming in verband met die verberging van onwettige immigrante. Motloung het aan Netwerk24 gesê sou dit iemand uit ’n ander faksie was,

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Trump kondig ‘n invoertarief van 50 % op Kanadese produkte aan
Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n invoertarief van 50 % op ‘n wye reeks Kanadese produkte aangekondig. Die nuwe tariewe tree oor 30 dae in werking. Die Withuis sê die stap volg op wat hy beskryf as Kanada se ongelyke behandeling van Amerikaanse motors, suiwelprodukte en alkohol. Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy regering sal handelsgesprekke met Washington verskerp. Belangrike uitvoerprodukte soos energie, kritieke minerale en vis word van die tarie

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


AfriForum is reg vir baklei oor Graaff-Reinet se naam
Die burgerregteorganisasie AfriForum maak gereed om die naamsverandering van Graaff-Reinet na Robert Sobukwe-dorp in die hof teen te staan. Dit kom nadat die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, en die Suid-Afrikaanse Geografiese Nameraad aangedui het dat hulle Afriforum se aansoek, wat reeds in Mei vanjaar by die hooggeregshof in Pretoria ingedien is, gaan teenstaan. Die hofgeding volg op McKenzie se staatskoerant-aankondiging in Februarie van die naamsveran

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Die aantal geregistreerde kiesers het toegeneem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê meer as 27 miljoen Suid-Afrikaners het so ver geregistreer om te stem. Die OVK sal volgende maand nog ’n kieserregistrasienaweek hou. Dit het lede van die publiek aangemoedig om te registreer om te stem en hul registrasiestatus te verifieer. Suid-Afrikaners sal op 4 November vanjaar in die plaaslike regeringsverkiesing stem. Kiesers sal slegs kan stem vir raadslidkandidate in die wyke waarin hulle woon. Ter illustrasie. FOTO: SA

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


J-Bay gons oor 'n eg Suid-Afrikaanse huweliksaansoek
Elke man wil sy meisie op 'n unieke manier vra om te trou – maar 'n man van Jeffreysbaai het die land laat swymel en lag met sy groot vraag. Die man, net bekend as Denton, het sy meisie na Nina's Real Food geneem, maar dit was nie net die verloofring wat mense aan die praat gehad het nie. Saam met die huweliksaansoek het hy met sjokoladesous op die bord geskryf: "Sal jy by my mediese fonds aansluit?" Good Things Guy berig Nina’s Real Food het die besondere oomblik op sosiale

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


SA kry nog 'n lening van die Wêreldbank
Die Suid-Afrikaanse regering het ’n lening van byna R25 miljard van die Wêreldbank verkry. Die fondse sal gebruik word om die land se infrastruktuur te moderniseer en werksgeleenthede te skep. Dit is die vierde lening in ’n reeks losstaande ontwikkelingsbeleidslenings vir die regering sedert 2022. Die lenings is daarop gemik om infrastruktuurknelpunte te help verlig en die land se ekonomie te laat groei. FOTO: Daily Maverick

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Twee is vas in Willows vir onwettige dagga-besit
Twee verdagtes is in Willows in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle in besit gevind is van dagga en dagga-byprodukte met 'n geskatte straatwaarde van R77 400. Volgens polisiewoordvoerder luitenant-kolonel Thabo Covane is 'n groep jong mans as deel van stop-en-deursoek-optrede van Operasie Shanela II deursoek, waarna gerolde dagga-sigarette en plastieksakkies met dagga in hul besit gevind is. Die mans het inligting verskaf oor 'n adres waar dagga glo verkoop word. Op d

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


OGGEND SPORT: Die Junior Bok-dokter red ‘n passasier, Van Voorst lei die SA o.19-vroue na ‘n reeksvoordeel en Fox maak geskiedenis by die Britse Ope
Ons skop af met rugby-nuus: Die Junior Springbok-span se dokter, Clement Plaatjies, het ’n vrou te hulp gesnel nadat sy tydens die span se vlug van Johannesburg na Kaapstad inmekaargesak het, wat die vliegtuig gedwing het om na O.R. Tambo-lughawe terug te keer. Hoofafrigter, Kevin Foote, sê Plaatjies het die vrou gereanimeer nadat hy geen polsslag kon opspoor nie, waarna suurstof toegedien is en die vlug teruggedraai het terwyl hulle reeds bo Bloemfontein was. Nooddienste het

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 21


Parlement vra 'n regsmening, al het munisipaliteite hul geld gekry
Hoewel 42 van die 69 gesanksioneerde munisipaliteite hul Julie-toekenning van die billike-aandeeltoelae gedeeltelik of ten volle teruggekry het, het die parlement se regspan 'n regsmening ingewin oor die Nasionale Tesourie se aanvanklike besluit. Dit vorm deel van 'n proses om vas te stel of die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sy bevoegdhede oorskry het deur die fondse terug te hou. Godongwana het die betalings opgeskort en gesê die geld sou eers uitbetaal word wann

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


Die VK wys sy nuwe eerste minister aan
Andy Burnham is nou die Verenigde Koninkryk se eerste minister nadat hy koning Charles III by Buckingham-paleis ontmoet het. Hy het Maandag amptelik die leisels by Keir Starmer oorgeneem. Starmer het Maandagoggend Downingstraat verlaat en in sy afskeidstoespraak volgehou dat Brittanje tydens sy twee jaar in die amp 'n beter plek geword het. Nova News berig die 56-jarige Burnham is die sesde eerste minister wat Downingstraat in die afgelope tien jaar betree. Hy erf egter 'n la

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


'n Ondersoek is gelas na staatsbeheerde residensiële eiendomme
Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na meer as 6 200 staatsbeheerde residensiële eiendomme wat deur regeringsamptenare beset word. Hy het die departement gevra om te bepaal of die eiendomme steeds benodig word en om ‘n strategie te ontwikkel om dié wat nie meer benodig word nie, te verkoop. Die hersiening sal ook ondersoek of amptenare vir die akkommodasie kwalifiseer, of markverwante huur gehef word en of wetlike vereist

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 21


MIDDAG SPORT: Erasmus is tevrede, Engeland beklink die reeks met ‘n rekordvertoning en Vingegaard se Tour eindig ná ‘n dramatiese dag
Ons skop af met rugby-nuus: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het sy span geprys ná hul oorwinning van 43-0 oor Wallis in hul Nasieskampioenskap-oorwinning in Durban. Hy sê ‘n verbeterde verdedigingsvertoning, sterk vaste fasette en ‘n wedstryd sonder beserings het nog ‘n stap vorentoe vir die Springbokke gemerk. Erasmus het bevestig dat ‘n groep van 26 spelers oor twee weke na Argentinië sal reis, terwyl ‘n kleiner groep in Suid-Afrika agterbly om voor te berei vir die...

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 20


Bultfontein-polisiebeamptes se moordverhoor is uitgestel
Nege polisiebeamptes van Bultfontein sal eers in Oktober weer in die rondgaande Hooggeregshof in Welkom op aanklagte van moord verskyn. Nuusflits berig die voorverhoor is Maandag tot 5 Oktober uitgestel. Die beamptes staan tereg ná 'n voorval in Phahameng in September verlede jaar waarin drie familielede en 'n polisiekonstabel oorlede is. Volgens die ondersoek het lede van die Openbare Orde Polisiëringseenheid na 'n klagte van huishoudelike geweld gereageer. Drie familielede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20


Daar is verwarring oor 'n Misdaadintelligensie-beampte se lasbrief
Daar is verwarring oor die lasbrief vir die inhegtenisneming van 'n senior Misdaadintelligensie-beampte. eNCA berig kolonel Ismail Dawood het hom vandag by die Hillbrow-polisiestasie aangemeld om hom aan die polisie oor te gee, maar is aangesê om, weens onsekerheid oor die lasbrief, Dinsdag terug te keer. Sy regsverteenwoordigers sê die saak hou verband met beweerde afpersing, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie oor 'n beweerde skuldgeskil van R3,5 mil

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 20
bottom of page

