top of page


Alle Plasings


Ramaphosa verleng die Madlanga-sperdatum
President Cyril Ramaphosa het die sperdatum vir die Madlanga-ondersoekkommissie se finale verslag tot 25 Januarie volgende jaar verleng. Die verlenging sal die kommissie in staat stel om bykomende getuienis te verwerk, insluitend getuienis van kundiges wat aanbevelings gemaak het wat met sy opdrag verband hou. Die kommissie ondersoek misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel. Ramaphosa het waardering uitgespreek vir die kommissie se werk en vir...

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 19


Didiza is optimisties dat Amerikaanse visumbeperkings opgelos sal word
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê sy is optimisties dat die Amerikaanse visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse leiers binnekort opgelos sal word. A het die beperkings vandeesweek aangekondig en verwys na beleide wat verband hou met grondbeslagleggings, rassediskriminasie en die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe. Didiza het die parlementêre galeryvereniging toegespreek en beklemtoon dat die gesprekke tussen die twee lande voortduur. Sy

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 19


Ingryping deur die Werkloosheidsversekeringsfonds help die Poskantoor
Die Departement van Indiensneming en Arbeid verwelkom die vordering wat die Suid-Afrikaanse Poskantoor gemaak het om uit sakeredding te beweeg. Die Werkloosheidsversekeringsfonds het meer as R381-miljoen deur die Tydelike Werkgewer/Werknemerverligtingskema oor ses maande verskaf, wat die lone van 5 956 werknemers ondersteun het. Die departement sê die ingryping het gehelp om die Poskantoor se las met salarisse te verlig en poste te behou terwyl sy ommekeerplan geïmplementeer

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 19


Trump verbied vir onder meer CNN in die Withuis
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het die nuusdienste CNN, MS Now en Politico in die Withuis verbied in wat bestempel word as sy poging om onafhanlike media in te perk. SABC-nuus berig Trump sê die dienste word verbied omdat hulle volgens hom vals nuus versprei. Ontleders verwag egter dat die stap teenstand sal ontlok omdat dit waarskynlik strydig is met die Amerikaanse grondwet se waarborg van vryheid van spraak en mediavryheid. Trump het gesê nuusdienste mag nie toeg

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 19


Die SAPD waarsku teen vals beelde van verdagtes in die Ekurhuleni-moorde
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens waarsku die publiek teen die verspreiding van foto’s van mense wat na bewering verbind word met die moorde op minstens nege vroue in Ekurhuleni. Die polisiediens sê dat hulle geen saamgestelde beeld, gesoekte plakkaat of foto van verdagtes in verband met die sake uitgereik het nie. Dit beklemtoon dat die deel van ongeverifieerde inligting daartoe kan lei dat onskuldige mense verkeerdelik geïdentifiseer, geteister of geteiken word. ‘n Polisie-w

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 19


'n Verdagte sterf ná ‘n val van ‘n gebou in Bloemfontein
‘n Drie-en-dertigjarige man is dood nadat hy van die tweede verdieping van ‘n gebou in Douglasstraat in Bloemfontein se middestad geval het. Die polisie sê lede van die Bloemfontein honde-eenheid het die bron van dwelms ondersoek wat in die besit van ‘n gearresteerde verdagte gevind is toe ‘n ander man die Kenlin-hof binnegehardloop het. Beamptes het hom die trappe op gevolg, waar hy ‘n eenheid binnegegaan en die veiligheidsdeur gesluit het. Die polisie sê hulle het later ‘n

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 19


Mense moet gereed maak vir ‘n droër somer
Suid-Afrika kan ‘n warmer en droër somer in die gesig staar namate El Niño-toestande versterk. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ondernormale reënval is die mees waarskynlike uitkoms oor die grootste deel van die land van Oktober tot Desember, tesame met bonormale temperature. Die weerdiens sê die sterkte en streeksgevolge van El Niño bly onseker, maar hittegolwe kan meer dikwels voorkom en in intensiteit toeneem. Die publiek en weergevoelige bedrywe word aangemoedig om maande

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Nuwe riglyne word vir kleinhandelaar voorgestel
Kleinhandelaars kan binnekort duideliker riglyne kry oor hoe pryse vertoon, produkte gemerk en verkoopsbewyse uitgereik moet word. Die Nasionale Verbruikerskommissie het konsep-riglyne gepubliseer wat vir 45 dae vir openbare kommentaar beskikbaar is. Die riglyne volg op inspeksies tussen Julie 2024 en Maart vanjaar, waartydens wydverspreide nie-nakoming, veral by spaza-winkels en kleinhandelaars, gevind is. Die kommissie sê baie verskaffers het versuim om pryse te vertoon, be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


SA moet behuisingsagterstand vinniger aanpak
’n Behuisingsagterstand wat na raming sowat 2.6 miljoen huishoudings raak, moet volgens die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, dringend aangespreek word. Simelane het dié standpunt gestel by ’n beraad in Boksburg, ter viering van die National Housing Finance Corporation, oftewel die NHFC, se 30ste bestaansjaar. Sy sê hierdie korporasie het reeds behuisingsfinansiering ter waarde van meer as R13 miljard gefasiliteer. Die minister het bygevoeg dat die NHFC oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Die hof vonnis ’n skaapdief tot 15 jaar tronkstraf
’n Man is tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die diefstal van merinoskape op ’n plaas naby Soutpan. Volgens die polisie is 21 skape ter waarde van sowat R42 000 op 24 April 2024 gesteel. Plaaslike polisie het die verdagte dieselfde dag in hegtenis geneem. Sewentien van die skape, ter waarde van sowat R34 000, is later op ’n ander plaas in die Soutpan-gebied teruggevind. Ompi Gert Thaele is tydens die hofverrigtinge op borgtog vrygelaat, maa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Outa vra dat parlementêre toesig tot aanspreeklikheid lei
Outa doen ’n beroep op die Parlement om toesig te versterk deur seker te maak dat aanbevelings tot konkrete optrede lei. Volgens die organisasie se jongste Parlementêre Toesigverslag was daar in die tweede jaar van die Sewende Parlement meer komitee-aktiwiteite, toesigbesoeke en openbare deelname. Outa waarsku egter dat herhalende bestuursprobleme, probleme met verkryging en swak finansiële beheer wys dat dit nie genoeg is om probleme bloot te identifiseer nie. Die organisasi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


’n Vals boodskap oor ’n liggaam in Hospitaalpark doen die rondte
’n WhatsApp-boodskap wat beweer dat ’n vrou se liggaam in ’n oop veld in Hospitaalpark, Bloemfontein, gevind is, is vals. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, is geen voorval van dié aard by die polisie aangemeld of aangeteken nie. Die boodskap beweer ook dat die voorval moontlik verband hou met die sake van vroue wat in Kempton Park en ander dele van Ekurhuleni dood gevind is. Die polisie sê daar is ook geen grond vir so ’n verband nie. Earle doen ’

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Bloemfonteiners word oor erge donderstorms gewaarsku
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir storms wat gepaard kan gaan met sterk, skadelike winde, swaar reën en weerlig. Die Mangaung Metro Munisipaliteit moedig Bloemfonteiners aan om op die uitkyk te wees vir plaaslike oorstromings in laagliggende gebiede en op paaie. Die storms kan ook bome ontwortel, paaie en infrastruktuur beskadig, en selfs tot plaaslike brande weens weerlig lei. Bloemfonteiners word aangeraai om waaksaam te bly en die n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Bendes infiltreer glo gevangenisprogramme om ontsnappings te beplan
Bendes wat as die Groot Vyf en die Lugmag bekendstaan, opereer volgens die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, in Suid-Afrikaanse gevangenisse. Thobakgale het voor die Madlanga-kommissie gesê die Groot Vyf is hoofsaaklik in Limpopo, Noordwes en Mpumalanga werksaam. Dit terwyl die Lugmag rehabilitasieprogramme en gevangeniskomitees infiltreer om inligting in te samel en ontsnappings te beplan. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


‘n VS slagpale ondersoek bloederige water
'n Slagpale in Parys in die Vrystaat het 'n deeglike ondersoek van stapel gestuur nadat die Ngwathe-munisipaliteit vingers gewys het oor afvalwater met ’n bloederige kleur. Netwerk24 berig die woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, Steve Naale, sê hy het ’n tweede nakomingskennisgewing aan die Luken Abattoir uitgereik oor afvalwater met ’n bloederige kleur wat in ’n park in Parys vloei. Naale beweer Luken Abattoir behandel nie die afvalwater wat van die slagpale se vloe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Taxi’s wil teen hoë bedryfskoste staak
Die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) dreig om teen hoë bedryfskoste te staak. Hierdie koste sluit brandstofpryse en paaiemente op hul voertuie in. Die organisasie het kritiek teen die regering uitgespreek omdat hy versuim het om die taxibedryf betekenisvolle verligting van die hoë koste te bied. Die NTA sê daar moet ’n subsidie wees wat die bedryf in staat sal stel om met ander vervoermiddels mee te ding. Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


GBV: Geen borgtog kan meer by polisiestasies aan verdagtes toegestaan word nie
Die bevoegdheid van die polisie en aanklaers om in gevalle van geslagsgebaseerde geweld borgtog by polisiestasies toe te staan is verwyder. Dit is volgens die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga. Sy sê in 'n toespraak wat op die regering se webtuiste geplaas is dat dié bevoegdheid deur belangrike wysigings aan die Strafproseswet verwyder is, en dit verseker dat slegs howe dié besluit kan neem ná ’n deeglike verhoor. Sy voeg by 'n histories

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Wetsontwerpe wag al jare om aangeneem te word
Die proses om wetgewing in Suid-Afrika aan te neem, het tot ’n slakkepas vertraag, met ’n aantal belangrike wetsontwerpe wat jare ná hul aanvanklike indiening steeds op goedkeuring deur die parlement wag. Business Tech berig sowat 24 wetsontwerpe is sedert die hervatting van die Nasionale Vergadering in Februarie ingedien, en slegs drie, wat almal wat met staatsbesteding verband hou, is aanvaar. Daarmee saam is nog agt wat in vorige jare ingedien is volgens die wetgewer se re

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Emily Hobhouse se begrafnis word ‘n eeu later herdenk
Honderde Bloemfonteiners sal op Saterdag 31 Oktober die begrafnisstoet van die humanitêre en vredesaktivis Emily Hobhouse herskep – presies ’n eeu ná haar geskiedkundige begrafnis in die stad. My City Bloemfontein berig die Emily100-herdenking sal deelnemers in tydperk-kostuums insluit, met leerders van Eunice High School en die C&N Hoër Meisieskool Oranje wat sal deelneem, net soos die skole in 1926 gedoen het. 'n Totaal van 200 meisies in wit sal ’n deel van die optog lei,

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Onsekerheid heers oor die impak van die nuwe VSA-visumbeperkings op SA parlementslede
Onsekerheid heers oor wat die impak van die nuwe Amerikaanse visumbeperkings sal wees, en hoe dit Suid-Afrika se parlementslede wat ook in die regering dien, sal raak. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, en haar adjunk, Annelie Lotriet, sê hulle kan maar net wag en sien hoe ver die beperkings sal strek om regeringsministers en hul families te teiken oor die land se transformasiewette. Lotriet sê hulle het nie veel inligting oor die implikasies van die nuw

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Die VS vier Wêreldpasiëntveiligheidsdag
Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het Donderdag Wêreldpasiëntveiligheidsdag onder die tema "Veilige Sorg vir Nie-Oordraagbare Siektes" gevier. Die departement sê mense wat met toestande soos diabetes, hipertensie en kanker leef, benodig dikwels langtermynversorging, wat veiligheidsrisiko’s skep van diagnose tot behandeling en selfsorg. Die LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, sê die provinsie versterk pasiëntveiligheid deur primêre gesondheidsorg, veiliger diagnose,

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Vier is vas in Qwaqwa vir onwettige vuurwapenbesit
Vier mans is in Qwaqwa in hegtenis geneem nadat hulle drie 9mm-pistole en 49 rondtes ammunisie in hul voertuig gevind het. Die polisie sê die verdagtes is Woensdagaand by ‘n vulstasie voorgekeer nadat beamptes inligting ontvang het oor verdagte voertuie wat verband hou met ‘n reeks sakerooftogte. ‘n Verdere deursoeking by ‘n eiendom in Botshabela Village het R5-geweerammunisie en vyf verdere pistoolrondtes ontdek. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van die onwettige b

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


OGGEND SPORT: Smit se vertoning besorg SA ’n gemaklike oorwinning, Die Stormers stel hul 56-man-groep vir die nuwe seisoen bekend, en Djokovic keer terug na Beijing
*** In krieket: Miané Smit het met beheer en kalmte gekolf om haar eerste T20I-honderdtal aan te teken en Suid-Afrika se vrouespan Donderdagmiddag by Queens Sports Club in Bulawayo in Zimbabwe na ’n oortuigende oorwinning van 80 lopies oor Zimbabwe se vrouespan te lei. Suid-Afrika se kaptein, Laura Wolvaardt, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Smit het beheer oor die beurt geneem en die besoekers na 205/4 gestuur. Zimbabwe het gesukkel om enige momentum te ontwi

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Gauteng verwerp bewerings van geen optrede ná die 9de Ekurhuleni-slagoffer ontdek is
Die Gautengse provinsiale regering het bewerings verwerp dat die owerhede versuim om op te tree ná die ontdekking van ‘n negende vrou se liggaam in Ekurhuleni. Die regering het die DA daarvan beskuldig dat hulle die moorde vir politieke veldtogdoeleindes gebruik, en sê dat die polisie patrollies, sigbaarheid en ondersoekhulpbronne verhoog het. Die premier, Panyaza Lesufi, sê kritiek word verwelkom, maar dit moet op feite gegrond wees. Die provinsiale regering se woordvoerder,

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18
bottom of page


