top of page


Alle Plasings


Die regering wil duisende staatsgeboue verkoop
Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê die regering beplan om meer as 1 600 staatsgeboue te verkoop. Volgens SABC News vorm dit deel van pogings om koste te besnoei en staatsbates beter te benut. Macpherson sê die staat besit tans sowat 88 000 geboue en bestee jaarliks miljarde rand aan huur en die sekuriteit van ongebruikte eiendomme. Hy meen die verkoop van sekere eiendomme kan help om fondse na infrastruktuurontwikkeling en werkskepping te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Hospice Bfn vereer ‘n matrone wat steeds op 85 omgee
‘Verpleegkundiges tree nooit regtig af nie — hulle bly help so lank as wat hulle kan.’ Só sê die medestigter en bestuur van Hospice Bloemfontein, Hanneke Lubbe aan Rosestad-nuus oor matrone Linette Peltzer, wat onlangs haar 85ste verjaardag gevier het. Peltzer was deel van die eerste groep vrywilligers toe Hospice in 2017 begin het en het talle pasiënte en families ondersteun. Hoewel sy nie meer voltyds werk nie, loer sy steeds gereeld in vir ’n koppie koffie en om met die s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


‘Die Vrystaat se begroting skiet tekort’
Volgens die Demokratiese Alliansie (DA) skiet die provinsie se begroting van R47,9 miljard tekort om die Vrystaat se ekonomiese en diensleweringsuitdagings aan te spreek. Volgens die party is die begrotingsverhoging van sowat 2,5% laer as inflasie, wat beteken dat besteding in werklike terme afneem. Die DA voer aan dat die grootste deel van die begroting steeds na maatskaplike dienste gaan, terwyl sektore soos ekonomiese o ntwikkeling en bestuur minder befondsing ontvang. Hul

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


SA is nie immuun teen konflikverwante kuberrisiko’s nie
Suid-Afrika is nie immuun teen konflikverwante kuberrisiko’s nie, ten spyte daarvan dat die land nie direk betrokke is by konflik in die Midde-Ooste nie. Die waarskuwing kom van die regsfirma Webber Wentzel, wat sê verskeie sektore plaaslik kwesbaar bly vir kuberaanvalle. Dit sluit onder meer die finansiële dienste-sektor, hawens, energie-infrastruktuur en telekommunikasienetwerke in. Volgens die firma kan Suid-Afrika ook indirek geraak word weens sy afhanklikheid van interna

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Nuwe dieregesondheidtegnici kan biosekuriteit versterk
Die graduering van 38 dieregesondheidtegnici sal na verwagting help om veeartsenykundige dienste en Suid-Afrika se biosekuriteit te versterk. Die nuwe tegnici het aan die Tsolo Landbou- en Landelike Ontwikkelingsinstituut (Tardi) in die Oos-Kaap gegradueer. Dit kom terwyl die land verhoogde bedreigings in die gesig staar, insluitend die bek-en-klouseer. Die instituut se hoof, dokter Nandipha Ndudane, sê hierdie dreigemente stel diere, mense en ekonomieë in gevaar, veral in la

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 18


Punch die apie het 'n nuwe spesiale maatjie
Punch, die wees-apie van die Ichikawa-dieretuin in Japan, maak nou maatjies. Punch is by geboorte deur sy ma en ander makaak-ape verwerp, en het internasionaal aanhangers gekry toe sy storie gedeel is. Hy was van 'n oerang-oetang-speelding afhanklik om te leer hoe om vas te klou – 'n vaardigheid wat noodsaaklik is vir makaak-apies se oorlewing. Plasings op sosiale media het ook gewys hoe Punch deur ander ape weggejaag word, en hy dan alleen na sy speelding terugkeer. CNN beri

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Vier is vas nadat 'n VS sakevrou beroof is
Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat 'n sakevrou en haar gesin by hul huis in Petrus Steyn beroof is. Haar man het in die nag gaan ondersoek instel nadat hulle iets gehoor het, en het toe inbrekers gewaar. Die kinders is na 'n ander kamer geneem om weg te kruip. Volgens 'n polisieverklaring het die inbrekers, wat met vuurwapens gewapen was, die man op die vloer met toue agter sy rug vasgebind en geld geëis. Hulle het die man ontvoer en in die egpaar se voertuig ontsnap.

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Steenhuisen sê skole moet kinders leer plaaslike gewasse verbou
Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê skole moet programme bekendstel wat leerders weer met die grond sal verbind. Parlementslede het Dinsdag die belangrikheid van voedselsekerheid in die Nasionale Vergadering gedebatteer. Steenhuisen het aan die huis gesê dat dit belangrik is vir Suid-Afrika om inheemse gewasse vir landbouproduksie te bevorder. LUISTER HIER: John Steenhuisen. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


'n VS munisipaliteit is gereed om 'n 'koning' te verwyder
Die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in die Vrystaat is gereed om die Rooimiere te ontplooi om ’n sogenaamde koning en sy volgelinge uit die Platberg-natuurreservaat in die Harrismith-distrik te verwyder, indien die hof in sy guns beslis. Netwerk24 berig dit is volgens die munisipale bestuurder, Mzwakhe Mofokeng. Volgens Mofokeng sal uitspraak in die hooggeregshofaansoek in Bloemfontein teen onder andere “koning” Letsitsa Moloi van die Bakholokoe-stam na verwagting binnekort g

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Verwarring oor sonkrag-registrasiereëls neem toe
Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) waarsku dat verwarring oor sonkrag-registrasiereëls toeneem namate Eskom se sperdatum van 31 Maart nader. Outa sê hulle glo die lae registrasievlakke is nie te wyte aan weerstand nie, maar aan onduidelike en teenstrydige vereistes van Eskom en sommige munisipaliteite. Die organisasie voer aan dat parallelle voldoeningsprosesse bestaande wetlike standaarde dupliseer, huishoudings dwing om twee keer te voldoen en koste onnodig verho

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


'n Landelike hospitaal maak geskiedenis met 'n saamgestelde tweeling
'n Mediese span in 'n landelike hospitaal net buite Polokwane in Limpopo het geskiedenis gemaak toe hulle saamgevoegde tweelingseuntjies geskei het. IOL berig die tweeling, wat einde Januarie gebore is, was aan hul middellywe saamgevoeg, en het verskeie organe gedeel. Die leier van die mediese span, Nyaweleni Tshifularo, sê die operasie van sewe uur was hoogs kompleks, en voeg by die seuntjies sterk tans goed aan. President Cyril Ramaphosa het in 'n telefoniese gesprek aan di

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


OGGEND SPORT: Die Springbokke kies 'n ongetoetste duo, SA Rugby het SuperSport planne en twee onttrek aan Miami Ope
Ons skop af met rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het die ongetoetste duo, Carlü Sadie en JJ van der Mescht, in ‘n 21-man-groep vir die eerste virtuele belyningskamp ingesluit, saam met 16 Rugbywêreldbeker-wenners. Sadie, gebaseer by Bordeaux Begles, en Van der Mescht van Northampton Saints, word vergesel deur terugkerende internasionale spelers, Herschel Jantjies en Lukhanyo Am. Erasmus het die belangrikheid van belyningskampe beklemtoon om te verseker dat alle spel

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 18


'n Botshabelo-man is gevind jare nadat hy gemoor het
'n Man van Botshabelo was vir vyf jaar soek vir die moord op sy meisie. Morena Samson Moleko het in 2021 die polisie gebel het om die misdaad te bely voordat hy verdwyn het. Hy het selfs sy naam voorsien, asook waar die oorledene was. Die polisie sê in 'n verklaring Moleko is uiteindelik verlede jaar in ‘n informele nedersetting in Gauteng opgespoor en in hegtenis geneem. Moleko is Dinsdag in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir di

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


'Die ANC gebruik buitelandse diens as 'n aftreeplan'
Die ANC het nog altyd Suid-Afrika se buitelandse diens as ʼn aftreeplan gebruik, deur afgetrede ANC-politici as ambassadeurs aante stel. Dit is volgens die DA se woordvoerder oor internasionale betrekkinge en samewerking, Ryan Smith, nadat hy bevestiging gekry het dat die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) stil-stil ʼn nuwe ambassadeur in China aangestel het. 'n Nuwe saakgelastigde is ook in die VSA aangewys. Maroela Media berig Smith sê om die aa

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Nsfas verwerp aantygings van 'n uitermatige studente-uitbetaling
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) het bewerings wat op sosiale media sirkuleer, verwerp dat ‘n student meer as R630 000 van die skema ontvang het. Nsfas sê die inligting is vals en misleidend. Die skema sê voorlopige verifikasie dui daarop dat die beeld wat aanlyn sirkuleer, gemanipuleer is en blykbaar deur KI gegenereer. Dit stem nie ooreen met enige wettige Nsfas-transaksie nie. Nsfas herbevestig dat die student waarskynlik die inhoud vir sosiale media

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Midde-Ooste: Iran se veiligheidshoof is dood
Iran se veiligheidshoof, Ali Larijani, is in ‘n Israeliese aanval dood. Reuters berig dat sy dood een van die mees opvallende sterftes sedert die begin van die oorlog tussen die Verenigde State en Israel met Iran is. Larijani is beskou as ‘n belangrike magsmakelaar en noue bondgenoot van die oorlede opperleier Ali Khamenei, sowel as sy opvolger, Mojtaba Khamenei. Amptenare sê Iran se nuwe leierskap het de-eskalasievoorstelle wat deur tussengangers gelewer is, verwerp, wat dui

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Studente rol moue hul moue op
Studente het hand bygesit om 20 slaggate in Groenewoudstraat in Bloemfontein te herstel. Die straat is ’n belangrike roete vir inwoners van die Amelia Dameskoshuis en Veritas Manskoshuis. Volgens ’n mediaverklaring het AfriForum Jeug se Kovsies-tak kragte saamgesnoer met die burgerregteorganisasie se Bloemfontein-tak, en is die projek deur die konstruksiemaatskappy Raubex ondersteun, wat materiaal en hulpbronne verskaf het. Die primarius van Veritas Manskoshuis Heinard Stroeb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Verdagtes se borgtog vir eiendomsbedrog is geweier
Die Bloemfontein-landdroshof het borgtog aan vyf verdagtes wat met ‘n eiendomsbedrogsindikaat verbind word, geweier. Die Valke het die groep in hegtenis geneem na ‘n reeks klagtes rakende bedrieglike eiendomsadvertensies vir huise wat nooit te koop was nie. Slagoffers het na bewering meer as eenmiljoen rand verloor nadat hulle vir die eiendomme betaal het en nooit die huise of hul geld terug ontvang het nie. Die verdagtes bly in aanhouding en sal na verwagting Woensdag vir ‘n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Slaggate dwing Bloemfonteiners om self paaie te herstel
Weens die swak toestand van paaie in Langenhovenpark en Spitskop word inwoners en gemeenskapsorganisasies glo genoodskaak om self slaggate herstel. Volgens ’n mediaverklaring van die Demokratiese Alliansie (DA) is dié ingrypings nie volhoubaar nie en kan dit nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid vervang nie. Die party sê talle strate is ernstig beskadig, wat ’n veiligheidsrisiko vir motoriste en voetgangers inhou en inwoners finansieel raak. Hulle het die Mangaung Met

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Die Vrystaat se begroting van miljarde rande is ter tafel gelê
Die Vrystaatse LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, Ketso Makume, het die provinsie se begroting in Bloemfontein ter tafel gelê. Volgens Weekly Business beloop die begroting R47,9 miljard vir die 2026/27-boekjaar — ’n toename van 1,6% vergeleke met die vorige jaar. Makume sê regeringsbesteding is noodsaaklik vir plaaslike ekonomiese groei, werkskepping, die vermindering van armoede en die skep van 'n provinsie wat bevoeg is om selfs in globale markte mee te

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


‘n Vrou in Wilgehof is glo met ‘n vuurwapen gedreig
AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het vinnig opgetree ná ’n noodoproep oor ’n vrou wat vermoedelik met ’n vuurwapen op ’n perseel in Bidwellstraat, Wilgehof, gedreig is. Volgens ‘n mediaverklaring is die reaksie-eenheid en die polisie onmiddelik na die toneel ontbied. Dit het aanvanklik geblyk dat die verdagte nie meer in besit van die vuurwapen is nie, maar inligting van ander inwoners het egter aangedui dat die wapen moontlik op die perseel versteek is. Die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


MIDDAG SPORT: Die Proteas verloor, SA maak geskiedenis in New York en Chelsea word met miljoene beboet
Ons begin met nuus uit die wêreld van krieket... Nieu-Seeland h et Suid-Africa met 68 lopies geklop in Dinsdag se T20 wedstryd. Die Proteas het op 107 te staan gekom, nadat die Swart Pette 175/7 bereik het. Voor Dinsdag se kragmeting het Suid-Afrika 'n voorsprong van 1-0 in die reeks gehad, na 'n oorwinning met sewe paaltjies in die eerste wedstryd in Mount Maunganu. Hier het hulle die gashere vir slegs 91 lopies uitgehaal. In atletiek-nuus… In ‘n wêreld-eerste het ‘n Sui

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 17


Nuwe ontwikkelings wink rondom die Bram Fischer Lughawe
’n Memorandum van verstandhouding is deur die Mangaung Metro Munisipaliteit en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika onderteken om ontwikkeling rondom die Bram Fischer Internasionale Lughawe te bevorder. Die stad se bestuurder, Sello More, sê in ‘n plasing op sosiale media die vennootskap kan die lughawe-ontwikkelingsgebied as ’n katalitiese projek vir langtermynbelegging posisioneer. Dit sluit moontlike ontwikkeling van behuising, ’n winkelsentrum en ander geriewe in. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


‘Beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet’
Die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, verseker Suid-Afrikaners dat beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet. Die versekering kom te midde van kommer oor die ernstige bek-en-klouseer-uitbraak regoor die land. In ’n video op die sosiale mediaplatform X sê Sihlobo dat die siekte nie die vleis- of suiwelgehalte beïnvloed nie. Hy voeg by Suid-Afrika het ook baie streng veiligheidsprotokolle wat voedsel betref. LUISTER HIER: Ter illustras

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17
bottom of page

