top of page


Alle Plasings


Ramaphosa is met siekverlof
Die Presidensie het aangekondig dat president Cyril Ramaphosa tans weens swak gesondheid van openbare verpligtinge afgeboek is. Ramaphosa het Maandag van die Brics-beraad in Indië teruggekeer. Die Presidensie sê sy mediese span het hom aangeraai om te rus en te herstel. Ramaphosa het die betrokke ministers gevra om hom by geskeduleerde openbare verpligtinge te verteenwoordig. President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Voorstelle word gesteun dat Kanada die EU se eerste geassosieerde lid word
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorstelle gesteun dat Kanada die Europese Unie (EU) se eerste geassosieerde lid word. Sy het aan die Europese parlement gesê dat sy die deur wil oopmaak vir nouer samewerking met Kanada in sleutelsektore. Die BBC berig dat die Kanadese eerste minister, Mark Carney, gevra het vir ‘n unieke alliansie met die EU namate spanning met die Verenigde State toeneem. Handelsamesprekings tussen Kanada en die Verenigde

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Lamola verdedig SA se wette te midde van Amerikaanse visumbeperkings
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het eensydige visumbeperkings wat deur die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, aangekondig is, verwerp. Lamola sê Suid-Afrika het ‘n soewereine reg om die onregte van sy verlede deur middel van wette en demokratiese instellings aan te spreek. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die voortdurende samesprekings tussen Suid-Afrika en die VSA behoort te streef na ‘n blywen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die ANC sal nie op stembriewe in Mangaung verskyn nie
Die ANC se naam sal nie op die proporsionele stembrief vir die Mangaung-metro in die munisipale verkiesing verskyn nie. Dit kom nadat die party nie betyds sy proporsionele kandidatelys by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien het nie. Netwerk24 berig dit beteken die party gaan al die stemme kwyt wees wat sy ondersteuners op dié stembrief sou uitbring. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die party se lot sal dus deur die steun vir sy wykskandidate bepaal word. LUIS

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


MIDDAG SPORT: Die Springbokke arriveer in Australië, Wolvaardt en Dercksen skitter en, Manchester United se tienerster wil glo vertrek
Ons begin met rugby-nuus: Die Springbokke het in Australië aangekom nadat hulle vanuit die VSA gereis het na hul reeks-oorwinning oor die All Blacks in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks. Hul begin nou met voorbereidings vir hul toetswedstryd teen die Wallabies in Perth. Sondag se wedstryd by die Optus-stadion sal nog ‘n belangrike stap wees op pad na die Rugbywêreldbeker van 2027, wat in Australië aangebied sal word. Afrigter Rassie Erasmus verwag ‘n vasberade Wallabies-span

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 16


SA staar dreigende gaskrisis in die gesig
Suid-Afrika kan binne die volgende twee jaar ’n ernstige gasvoorsieningskrisis in die gesig staar, wat nywerhede kan bedreig wat sowat 8% van die ekonomie bydra en 75 000 werksgeleenthede ondersteun. Sakeleiers waarsku dat Sasol se gasvelde in Mosambiek moontlik ná 2028 nie meer in die nywerheidsvraag kan voorsien nie. Hulle sê onsekerheid oor toekomstige gasvoorrade en pryse vertraag reeds beleggings. Planne vir ’n terminaal vir die invoer van vloeibare aardgas in Mosambiek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


AfriForum steun voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies
AfriForum het kommentaar gelewer op voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies, waarvolgens sekere bestuurderslisensies voortaan tien jaar geldig sal wees. Die organisasie steun die wysigings en meen dit moet sonder verdere uitstel deurgevoer word. Die voorgestelde veranderinge sal nuwe lisensiekaarte vir kodes A1, A, B en EB vir tien jaar geldig maak, terwyl C1-, C-, EC1- en EC-lisensies steeds vyf jaar geldig sal wees. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Loui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n Gedenkdiens vir wyle sersant Mahlomola Kareli word in Bloemfontein gehou
Die Vrystaatse polisie hou Donderdag, 17 September, ’n gedenkdiens vir provinsiale polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Peter Kareli, wat ná ’n siekbed op 9 September oorlede is. Die gedenkdiens begin om twaalfuur by Bobbiespark in Hospitaalpark, Bloemfontein. Sy begrafnisdiens vind Saterdag om agtuur die oggend by Kananelo Hoërskool in Phomolong, Kroonstad, plaas. Kareli was nie net vir Rosestad-nuus ’n bekende stem aan die ander kant van die foon nie, maar ook ’n belangri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Die Bayswater-polisie soek verdagtes in ‘n poging tot moord saak
Die Bayswater-polisie in Bloemfontein is op soek na twee mans wat met ’n beweerde roof en poging tot moord verbind word. Volgens die polisie was twee vroue te voet op pad huis toe vanaf ’n winkelsentrum toe ’n man hulle genader en werk aangebied het. Hy het na bewering hul selfone geneem en beweer dat hy dit nodig gehad het om sekuriteitstoegangskodes te bekom. Die vroue het agterdogtig geraak toe hy na ’n blou Toyota Corolla gestap het. Die polisie sê die voertuig het toe vi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Amerika beplan verdere optrede teen Suid-Afrika
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, waarsku dat Amerika verdere optrede teen Suid-Afrika beplan. Dit volg op die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake se aankondiging van nuwe visumbeperkings vir sekere Suid-Afrikaanse burgers. Die beperkings geld vir individue wat volgens die VSA verantwoordelik is vir die bevordering van rassegebaseerde diskriminasie of die aanstigting van geweld teen minderheidsgroepe. Bozell sê die tyd vir eindelose dialoog h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Die ANC verloor sy appèl
Die ANC het sy appèl teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, oftewel die OVK, verloor nadat die party nie sy kandidaatlyste vir die komende verkiesing teen die sperdatum ingedien het nie. Volgens Eyewitness News het die Verkiesingshof in Bloemfontein die ANC se aansoek van die hand gewys. Die ANC het aangevoer dat die besonderhede van 181 kandidate wel op die OVK se aanlynstelsel vasgelê is, maar dat die finale indiening nie voor die sperdatum afgehandel k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n R400 000-beloning word vir inligting oor die Ekurhuleni-moorde aangebied
Die polisie bied ’n beloning van R400 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni. Volgens SABC News is die beloning tydens ’n mediakonferensie aangekondig oor maatreëls om die verantwoordelikes vir die sterftes op te spoor. Die polisie bevestig ook dat nog ‘n vrou se liggaam in die gebied gevind is. Dit bring die aantal vroue wie se liggame binne minder as twee maande in die Ekurhuleni-munisipale g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Sapu dring aan op Masemola se onmiddellike herstelling
Die polisievakbond Sapu het ’n beroep gedoen op die onmiddellike herinstelling van die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy pos. Dit volg nadat die nasionale direkteur van openbare vervolgings, advokaat Andy Mothibi, opdrag gegee het dat die aanklagte teen Masemola teruggetrek word. Masemola is aangekla van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die aanklagte hou verband met ’n tender van R228-miljoen wat toegeken is aan die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n Bfn hof hoor die ANC se aansoek teen die OVK aan
Die Verkiesingshof in Bloemfontein sal na verwagting Woensdag die ANC se aansoek teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhoor. Nova News berig die uitdaging is weens ’n kandidaatlys-dispuut wat die uitslag van die 4 November-verkiesing in die Mangaung-metro kan beïnvloed. Die dispuut volg nadat die ANC versuim het om teen die sperdatum sy kandidaatname in te dien. Die party het tegniese probleme op die OVK se webwerf daarvoor blameer. Die OVK se woordvoerder in di

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Dezzi doen vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek
Dezzi Liebenberg, vrou van die vermeende diamantbedreeër Louis Liebenberg, gaan Woensdag opnuut 'n aansoek om borgtog bring. Dit sal haar tweede poging wees om vir borgtog aansoek te doen. Netwerk24 berig die verdediging het aangedui sy gaan haar aansoek op 'n nuwe stel feite bring. Dezzi het die eerste keer in November 2024 aansoek gedoen nadat sy en Louis in Oktober 2024 in Benoni in hegtenis geneem is. Die voormalige eiendomsagent van Bloemfontein se aansoek het misluk aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Sassa bevestig die datums vir Oktober se uitbetalings
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het bevestig dat maatskaplike toelaes vir Oktober 2026 oor drie dae in die eerste week van die maand uitbetaal sal word. Eyewitness News berig toelaes vir ouer persone sal vanaf Vrydag 2 Oktober uitbetaal word, gevolg deur ongeskiktheidstoelaes op Maandag 5 Oktober en kindertoelaes op Dinsdag 6 Oktober. Begunstigdes word daaraan herinner om nie op die eerste dag te haas om hul geld te gaan haal nie, aangesien di

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Sasol teken ‘n ooreenkoms om brandstof vir vlugte na Antarktika te verskaf
Sasol het ‘n ooreenkoms onderteken om medeverwerkte volhoubare lugvaartbrandstof aan die luukse toerismemaatskappy White Desert te verskaf vir sy vlugte na Antarktika. Sasol vervaardig die brandstof uit kook- en groente-olies by sy Natref-aanleg. White Desert bedryf een vlug per week van Kaapstad na Antarktika tydens sy seisoen wat van November tot Februarie strek. Die eerste Airbus A340-600-vlug wat van Sasol se volhoubare lugvaartbrandstof gebruik maak, word vir November be

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


'n VS man sit lewenslank vir vrouemoord
’n Man van die Vrystaat is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin, Nicolene van Rooi. Die polisie sê Jan Mafa het Van Rooi in Februarie 2024 by ’n huis in Grassland One aangerand. Sy is met veelvuldigte kneusplekke gevind en op die toneel dood verklaar. Volgens die polisie het Mafa ook Van Rooi se 12-jarige dogter, wat die aanval gesien het, aangerand. Mafa is deur gemeenskapslede vasgetrek en later in die Hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


'n Voormalige Bfn makelaar se verhoor word 'n jaar later weer uitgestel
Amper presies 'n jaar nadat ’n voormalige finansiële makelaar van Bloemfontein se bedrogverhoor uitgestel is, is dit Dinsdag weer na Maart volgende jaar uitgestel. Netwerk24 berig Jaco Cloete se bedrogverhoor sou Dinsdag voor streeklanddros Colin Nekosie in die stad hervat word, maar is uitgestel nadat een van sy regsverteenwoordigers vroeër ’n operasie ondergaan het. Rosestad-nuus het presies 'n jaar gelede berig dat die verhoor tot hierdie jaar uitgestel sou word omdat Cloe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


OGGEND SPORT: Die Wallabies verwag ’n volgende vlak teen die Bokke, Sabalenka is beboet ná haar uitbarsting en, die Protea Warriors mik daarop om hul titel te verdedig
In rugby-nuus: Wallabies-afrigter, Les Kiss, erken Australië sal hul fisieke spel en intensiteit aansienlik moet opskerp wanneer hulle op 27 September in Perth teen die Springbokke uitdraf. Kiss het sy groep aangekondig met die jong losskakel, Harry McLaughlin-Phillips wat die beseerde Carter Gordon vervang, terwyl Jordan Petaia ná drie jaar sy terugkeer na internasionale rugby maak. Nadat hy gesien het hoe die Springbokke en All Blacks mekaar oor vier toetse behoorlik uitged

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 16


Die aanklagte teen Fannie Masemola gaan teruggetrek word
Die aanklagte teen die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, gaan teruggetrek word. Volgens 'n verklaring van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die nasionale direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), Andy Mothibi, dié opdrag formeel gegee ná ’n hersiening van die aanklagte wat teen hom ingestel is. Die klagte het te make met die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Ná afloop van die hersieningsproses is die NDOV tevrede dat daar geen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Eskom toets groen ammoniak saam met steenkool om emissies te verminder
Eskom ondersoek of groen ammoniak saam met steenkool vir elektrisiteitsopwekking gebruik kan word. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het by die 2026 Afrika Groen Waterstofberaad in Kaapstad gesê die navorsing kan help bepaal of die gesamentlike verbranding van ammoniak en steenkool die steenkoolverbruik en uitlaatgasse by geskikte kragstasies kan verminder. Hy het daarop gewys dat die tegnologie nog getoets moet word. Ramokgopa sê die werk by E

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Die vrouemoorde in Kempton Park is as 'n nasionale krisis verklaar
President Cyril Ramaphosa het die moorde in Kempton Park 'n nasionale krisis verklaar. Dit is volgens die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia. Hy sê beamptes gaan Kempton Park onder streng bewaking plaas nadat die liggaam van nog ’n vrou ontdek is. Dit bring die getal vroueliggame wat in die gebied gevind is op agt te staan. SABC News berig Cachalia sê benewens die instelling van 'n multidissiplinêre span gaan sigbaarheid deur Operasie Shanela in Kempton Park en

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


’n Sewende vrou se dood word by die Ekurhuleni-ondersoek ingesluit
Die dood van ’n sewende vrou word nou by die polisie se ondersoek na die sterftes van ses ander vroue in Ekurhuleni ingesluit. Volgens eNCA is haar liggaam reeds op 7 September in ’n rivier by Clayville naby die Mall of Tembisa gevind. Intussen sal die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, met ondersoekbeamptes vergader. Die vergadering sal fokus op die vordering van die ondersoek,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15
bottom of page


