top of page

Alle Plasings


SWEM: Tiener-swemmer maak geskiedenis in Valsbaai
Paul Roos Gimnasium se graad 10-leerder, Meinhardt Esterhuizen, het ’n merkwaardige prestasie gelewer deur tussen 33 en 35 kilometer deur Valsbaai te swem, van Miller se Punt tot Rooiels, in nege uur en 52 minute. Volgens kenners is hy die jongste man nóg om dié oopwater-uitdaging suksesvol te voltooi. Die swem op Versoeningsdag was ten bate van Prochorus, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat jongmense in sy gemeenskap ondersteun en inspireer. Esterhuizen het gesê dat geloof

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


KRIEKET: Nieu-Seelandse kriekethoof tree opsy te midde van T20-geskil
Die uitvoerende hoof van Nieu-Seelandse Krieket, Scott Weenink, het bedank ná net meer as twee jaar na ‘n langdurige dispuut met spelers en lidverenigings oor die toekoms van T20-krieket in die land. Die meningsverskil het gefokus op ‘n voorgestelde franchise-gebaseerde T20-kompetisie, voorlopig NZ20 genoem, wat die Super Smash sou vervang en oorsese beleggings sou soek. Daar is geglo dat Weenink ‘n ander pad sou verkies, insluitend die moontlikheid dat ‘n Nieu-Seelandse span

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


Die ANC sê AfriForum probeer SA se soewereiniteit ondermyn
Die ANC het AfriForum veroordeel vir wat dit ‘n doelbewuste veldtog noem wat daarop gemik is om Suid-Afrika se soewereiniteit te ondermyn. Dit kom nadat owerhede onlangs sewe Keniaanse burgers in hegtenis geneem het wat onwettig by ‘n vlugtelingsentrum in Johannesburg gewerk het. Volgens die ANC het AfriForum die saak verdraai in ‘n valse narratief van rassevervolging. Die party beskuldig die organisasie daarvan dat hulle doelbewus probeer om rassehisterie aan te hits en die

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 19, 2025


Strandgangers moet op die uitkyk te wees vir ‘n springgety
Strandgangers is gewaarsku om versigtig te wees tydens hierdie naweek se nuwemaan-springgety. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sê die springgety sal Saterdag ‘n hoogtepunt bereik. Dit sal die getytoestande oor die naweek aansienlik beïnvloed. Die nuwemaan-springgety is ‘n natuurlike verskynsel wat voorkom wanneer die son, maan en die Aarde tydens die nuwemaanfase in lyn is. Die NSRI se Andrew Ingram sê strandgangers moet kusaktiwiteite verantwoordelik geniet. Ter ill

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 19, 2025


'n Pretoriase meisieskool kan steeds nie 'n rassisme-verslag sien nie
Die beheerliggaam van Pretoria High School for Girls kon weer nie daarin slaag om die veelbesproke verslag oor beweerde rassisme by dié skool onder oë te kry nie. Maroela Media berig die aansoek om verlof tot appèl is in ʼn elektroniese uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria weer geweier. Die hof het destyds bevind dit was nie gepas vir die beheerliggaam om die verslag deur middel van ʼn hofaansoek te bekom nie, en ʼn aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


Cachalia ontken bewerings van nog ‘n arrestasie in die Deokaran-saak
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het bewerings van nog ‘n arrestasie in verband met die moord op die fluitjieblaser Babita Deokaran ontken. Die ses mans wat aan die moord skuldig bevind is, beweer dat hulle opdrag gegee is deur ‘n persoon wat uiteindelik Deokaran vermoor het. Cachalia het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n vraag in die parlement onthul dat die Valke nie bewus is van ander verdagtes in die saak nie. Deokaran is in 2021 vermoor nadat sy korru

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


'n SA animasie-musiekblyspel oor Dawid is op die silwer doek
Die nuwe Suid-Afrikaans vervaardigde animasiemusiekblyspel David word Vrydag in fliekteaters vrygestel. Die film, wat in Kaapstad vervaardig is, handel oor die Bybelse verhaal van die jong skaapwagter wat vorentoe tree om die reus Goliat te trotseer. Dit is ‘n opvolg op die vyfdelige minireeks Young David . Die Grammy-genomineerde Phil Wickham lei die rolverdeling as die volwasse David. Die skepper van die fliek, Phil Cunningham, ‘n Zimbabwiër wat nou in Kaapstad woon, sê Da

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


Nog Eptsein-foto’s is uitgereik
Demokrate in die Amerikaanse huis van verteenwoordigers het nóg 68 foto’s uit die boedel van die veroordeelde seksmisdadiger, wyle Jeffrey Epstein, bekend gemaak. Die Amerikaanse departement van justisie is wetlik verplig om Vrydag ongeklassifiseerde lêers uit sy ondersoek na Epstein bekend te maak. Netwerk24 berig die jongste stel foto’s, wat sonder enige konteks uitgereik is, blyk nie enige onwettige optrede deur enige van die mense op die foto’s uit te beeld nie. Een skerm

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


'n Onbekende oorledene is naby Harrismith gevind
Die liggaam van ‘n onbekende persoon is op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat gevind. Die oorledene is onherkenbaar aangesien daar vermoed word dat die slagoffer verskeie kere getref is. Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek. Enige persoon of familie wat moontlik 'n naasbestaande verloor het, kan die Harrismith-speurdiens kontak. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


Vleispryse styg oor die Kerstyd
As jy dié Kersfees die immergewilde skaapboud in die oond wil sit, ʼn tjoppie op die vuur wil gooi of ʼn lekker stuk biefstuk wil braai, moet jy maar regmaak om jou sak behoorlik te skud. Maroela Media berig luidens die jongste data van Statistieke Suid-Afrika het vleispryse die hoogste vlak in byna agt jaar bereik. Volgens senior landbou-ekonoom by FNB, Paul Makube, is die hoofoorsaak vir hierdie krisis die uitbreking van bek-en-klouseer wat vanjaar deur die land versprei het.

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


Fop-polisiebeamptes in Bfn word swaar gevonnis
Vier mense is swaar in die Bloemfonteinse streekshof gevonnis oor hul betrokkenheid by ‘n gesofistikeerde afpersingsindikaat in Mangaung. Die misdadigers het hulle in twee aparte insidente as wetstoepassers voorgegee. ‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in beide gevalle het die verdagtes ‘n verlore foon-taktiek gebruik. ‘n Medepligtige sou 'n slagoffer se huis besoek en ‘n selfoon agterlaat met ‘n versoek om dit te laai. Kort daarna het verdagtes, wat hulle a

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


Amerika beskuldig die regering van intimidasie
Die Amerikaanse regering het in ʼn verklaring die Suid-Afrikaanse regering van teistering en intimidasie beskuldig. Dit volg ná ʼn klopjag wat uitgevoer is teen personeellede wat met Afrikaner-vlugtelinge werk. Die VSA waarsku dat daar ernstige gevolge vir Suid-Afrika gaan wees as die Suid-Afrikaanse regering nie teen diegene wat die klopjag uitgevoer het, optree nie. Die Suid-Afrikaanse regering ontken ten sterkste dat Amerikaanse personeellede of enige voornemende vlugtelinge

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 19, 2025


RUGBY: Sharks herroep Hendrikse vir Bulls-derby
Hollywoodbets Sharks-afrigter, JP Pietersen, het slegs een verandering aangebring vir die naweek se Vodacom VRK-kragmeting teen die Vodacom Bulls - en het Jordan Hendrikse as losskakel herroep. Hendrikse vervang veteraan George Whitehead terwyl Hakeem Kunene as heelagter instaan vir die beseerde Aphelele Fassi. Die Sharks gaan die Durban-botsing tegemoet met die kaptein, Andre Esterhuizen, wat in sy 100ste verskyning speel. Albei kante beskou die ontmoeting as ‘n moet-wen,

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


RUGBY: Hansen kry hoofafrigterrol van Swart Varings
Whitney Hansen is aangestel as hoofafrigter van Nieu-Seeland se Swart Varings, wat haar die span se 13de afrigter sedert 1991 maak en slegs die tweede vrou wat die rol beklee. Hansen, wat Allan Bunting vervang, sê sy hoop haar aanstelling sal vroue en meisies wat by rugby regoor Nieu-Seeland betrokke is, inspireer. Sy het die Swart Varings bygestaan tot hul 2021 Rugbywêreldbeker-triomf en Canterbury tot twee Farah Palmer-bekertitels gelei. Die voormalige Canterbury-speler n

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


GEMENGDE GEVEGSKUNS: Mediese dekking merk ‘n mylpaaljaar
EFC-president, Cairo Howarth, sê die bekendstelling van volledig gedekte mediese sorg vir alle gekontrakteerde vegters was een van die federasie se grootste prestasies. Hy het aan SABC Sport gesê die organisasie het ook groei gesien deur meer geleenthede, ‘n spesiale Kaapstad-uitstalling, toenemende borgbelangstelling en ‘n toenemende aantal EFC-atlete wat na die UFC en ander internasionale promosies vorder. Wat die toekoms betref, is Howarth vol vertroue dat die Knox Legacy

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 19, 2025


Die ANC sê AfriForum probeer om SA se soewereiniteit te ondermyn
Die ANC het AfriForum veroordeel vir wat dit ‘n doelbewuste veldtog noem wat daarop gemik is om Suid-Afrika se soewereiniteit te ondermyn. Dit kom nadat owerhede onlangs sewe Keniaanse burgers in hegtenis geneem het wat onwettig by ‘n vlugtelingsentrum in Johannesburg gewerk het. Volgens die ANC het AfriForum die saak verdraai in ‘n valse narratief van rassevervolging. Die party beskuldig die organisasie daarvan dat hulle doelbewus probeer om rassehisterie aan te hits en die

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 19, 2025


Meer reën word op Kersdag verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku lede van die publiek om meer reën op Kersdag en die begin van die nuwe jaar te verwag. Dit verduidelik dat die land oorgaan na ‘n swak La Niña-verskynsel, wat beteken dat nat toestande na verwagting tot en met middel tot laat somer sal voortduur. Weervoorspeller Jacqueline Modika het Donderdag aan die media gesê dat die verwagte reënval positief vir waterbronne en landbou kan wees. Sy sê dit verhoog ook die risiko van gelokaliseerde oorst

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 18, 2025


Die Krugerwildtuin stel hekkwotas in om oorbevolking te voorkom
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) het dagbesoekers wat beplan om die Krugerwildtuin gedurende die feestyd te besoek, in kennis gestel dat hekkwotas in plek sal wees om oorbevolking op die paaie en fasiliteite te voorkom. SANParke sê sodra die daaglikse kwotas bereik is, sal slegs voorafbespreekte besoekers toegang kry. Toustaan sal dan van toepassing wees, en toegang sal afhang van die aantal besoekers wat die park verlaat. Om toegang te verseker, word besoeker

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 18, 2025


Die berugte Griekwastad-moordernaar kry parool
Die man wat nuusopskrifte gehaal het toe hy jare gelede drie lede van ‘n gesin buite Griekwastad vermoor het, is parool toegestaan. Maroela Media berig die man, wie nie genoem mag word nie want hy was‘n tiener toe hy die misdade gepleeg het, het hierdie week vir‘n tweede keer voor die paroolraad in Upington verskyn. Die Steenkamp-egpaar, Deon en Christel, is op Goeie Vrydag in 2012 op hul plaas in die Noord-Kaap vermoor, met hul dogter, die 14-jarige Marthella, wat verkrag

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 18, 2025


Motoriste ignoreer waarskuwingstekens
Die N3 Tolkonsessie sê talle motoriste wat vanjaar vir die feestyd na KwaZulu-Natal reis, oortree die spoedgrens en ignoreer waarskuwingstekens by ongelukstonele - selfs in nat weerstoetstande. SABC-nuus berig die Tolkonsessie sê dit maak dit baie gevaarlik vir personeel en paramedici om hulle werk by ongelukstonele te doen. Baie motoriste probeer deur die verkeer vleg waar daar opeenhopings is. Hoë verkeersvolumes word weer van Vrydag tot Dinsdag verwag. N3-ongeluk, argief

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 18, 2025


Tafelberg het vanjaar reeds een miljoen besoekers ontvang
Tafelberg het vanjaar reeds een miljoen besoekers ontvang. Kaapstad se Tafelberg-lugkabelbaan het die week ook sy 33-miljoenste besoeker - sedert bedrywighede begin het - verwelkom. Dit was ’n plaaslike toeris van Limpopo. Die maatskappy se Colette van Aswegen sê tekens van groeiende toerisme was reeds in September sigbaar, met meer aankomste by lughawens, meer direkte vlugte na Kaapstad en die begin van die vaartseisoen. Ter illustrasie. FOTO: Mohammed Irfan/Unsplash

Saamgestel deur Jana Roos
Dec 18, 2025


KRIEKET: Lyon draai sy pad verby McGrath in Adelaide-mylpaal
Die draaibouler, Nathan Lyon, het sy 564ste Toetspaaltjie geneem tydens die derde toets teen Engeland in Adelaide, en skuif verby sy mede-Australiër Glenn McGrath na die sesde plek op die lys van alle tye. Lyon het nou Engeland se Stuart Broad en Indië se Anil Kumble in sy visier, met Muttiah Muralitharan, Shane Warne en Jimmy Anderson steeds voor hom op die algehele puntelys. Lyon spog met sy beste syfers van 8-50, en sê hy geniet die beste vorm van sy loopbaan met geen onmi

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 18, 2025


TENNIS: Swiatek mik na Grand Slam-prestasie in 2026
Iga Swiatek begin volgende maand haar 2026 Australiese Ope-veldtog in Melbourne met die jaag na ‘n loopbaan-Grand Slam. Die Australiese Ope is die enigste groot titel wat ontbreek in haar indrukwekkende versameling en het nog nooit die eindstryd in Melbourne gehaal na twee halfeindstryd-nederlae nie. Die wêreldnommer twee het reeds ses Grand Slam-enkelspeltitels gewen, insluitend vier Franse Ope, die 2022 Amerikaanse Ope en Wimbledon in 2025. Slegs tien vroue in die tennisges

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 18, 2025


SOKKER: FIFA bevestig rekord Wêreldbeker-uitbetaling
Prysgeld vir volgende jaar se Wêreldbeker sal met 50 persent styg, met FIFA wat ‘n rekord finansiële bydrae van $727-miljoen vir die toernooi goedgekeur het. FIFA-president, Gianni Infantino, het gesê die 2026 Wêreldbeker sal baanbrekerswerk doen in terme van sy finansiële impak, aangesien die raad ook nuwe feesstyl-onder-15-jeugtoernooie bevestig het, wat begin met ‘n seunsbyeenkoms in 2026 en ‘n meisieskompetisie in 2027. Die FIFA-raad het verder aangekondig dat die 2028...

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 18, 2025
bottom of page

