top of page


Alle Plasings


Australië verwag dat sterftes sy geboortesyfer sal oorskry
Australië verwag dat sy sterftesyfer in 2060 vir die eerste keer die geboortesyfer sal oorskry. Die land waarsku dat hierdie demografiese verandering verreikende gevolge vir sy ekonomie sal inhou. Australië worstel met ’n verouderende bevolking, ’n afname in geboortes en besnoeiings op immigrasie. Die land verwag dat sy bevolkingsgroei oor die volgende vier dekades tot nul-komma-nege persent per jaar sal afneem. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


BLSA verwelkom die Wysigingswet op die Staatsdiens
Business Leadership South Africa (BLSA) het die inwerkingtreding van die Wet op die Staatsdienskommissie, die Wysigingswet op die Staatsdiens en die Wysigingswet op Openbare Administrasiebestuur verwelkom. Die organisasie sê die ondertekening van hierdie wette behels ’n algehele hersiening van die reëls wat die land se staatsdiens reguleer. BLSA voeg by die wette sal politieke begunstiging by aanstellings uitskakel en botsings van belange voorkom. Ter illustrasie. FOTO: Unspl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Bloem-skole swem goud los
Die swemmers van Eunice Hoërskool en Grey Kollege het voluit gegaan by die 2026 Waterkloof Uitnodigingsgala, met die gekombineerde A-span wat die algehele eerste plek behaal het. Volgens Eunice het die gekombineerde B-span vyfde geëindig, terwyl die twee spanne saam 32 eerste plekke, 19 tweede plekke en 11 derde plekke behaal het. Altesaam 39 swemmers van die twee Bloemfonteinse skole het aan die gala deelgeneem, saam met spanne van Waterkloof, Potchefstroom Gimnasium en Hoër

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


McKenzie het nog nie sy finale verslag voorgelê nie
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het nog nie ’n finale verslag oor die byna R31-miljoen wat aan die 2026-Wêreldbekerprogram bestee is, voorgelê nie. Daar is verwag dat die departement die verslag verlede maand aan die parlement sou voorlê. Klagtes is reeds by die Openbare Beskermer teen McKenzie ingedien oor die besteding en vrae oor wie by die reis gebaat het. Die DA se Leah Potgieter sê McKenzie moet die finale verslag verskaf, insluitend die volle

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


SANRAL ondersoek ‘n kontrakteur ná dreigemente teen vroue
In ’n tyd waarin geweld teen vroue en vrouemoorde weer sterk in die openbare gesprek is, het SANRAL ’n kontrakteur se optrede by ’n Johannesburgse restaurant veroordeel. Volgens SANRAL sirkuleer ’n video op sosiale media waarin die kontrakteur dreig om vroue dood te maak. Op versoek van die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, ondersoek SANRAL nou ook of die maatskappy wettig aangestel is en of hy sy kontraktuele verpligtinge nakom. SANRAL bevestig dat die maatskappy twee ko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


‘n Man is by OR Tambo met heroïen ter waarde van meer as R2 miljoen vasgetrek
’n 52-jarige man is by die O.R. Tambo-lughawe vasgetrek nadat die polisie op heroïen ter waarde van meer as R2 miljoen afgekom het. Die polisie en die Grensbestuursowerheid het die verdagte voorgekeer net nadat sy vlug vanaf Accra in Ghana geland het. Toe beamptes sy bagasie deursoek, het hulle op koeëlagtige voorwerpe en blokke vol heroïen afgekom. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die man sal later vandeesweek in die Kempton Park-landdroshof verskyn op aanklagte van dwe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


OGGEND SPORT: Die Proteas se veldtog vir die Afrika-Beker begin, Gerald Coetzee keer terug ná amper 3 jaar, en Die Williams-span mik om sy moeilike seisoen om te keer
In netbal: Die Africa Netball Cup het Saterdag in Nairobi begin, met Suid-Afrika onder die spanne wat om kontinentale eer meeding. Die toernooi dien ook as kwalifisering vir die 2027 Netbal-Wêreldbeker in Sydney. SuperSport berig Suid-Afrika en Uganda het reeds hul plekke by die Wêreldbeker bespreek, terwyl die ander kwalifiserende lande in Nairobi om die oorblywende twee plekke meeding. Die Proteas se eerste wedstryd is teen Tanzanië, terwyl Suid-Afrika se mansspan teen Eswa

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 21


Vermiste persone moet onmiddellik aangemeld word
Mense word aangemoedig om vermiste persone onmiddellik by die polisie aan te meld. Volgens die Minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, hoef mense nie 24 uur te wag voordat ’n persoon as vermis aangemeld kan word nie. Inteendeel, stel vroeë aanmelding die polisie in staat om sonder versuim met ondersoeke en soektogte te begin. Gesinne moet ’n onlangse foto, ’n beskrywing van die vermiste persoon en besonderhede oor waar die persoon laas gesien

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Die nuwe Grondslagfase-katalogus kan geïmplementeer word
Die nuwe Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase is goedgekeur en kan nou met onmiddellike effek geïmplementeer word. Die Departement van Basiese Onderwys sê in ’n mediaverklaring die besluit is deur die Raad van Onderwysministers onderskryf ná ’n omvattende hersieningsproses. Dié proses het ’n amptelike oudit, ’n onafhanklike ondersoek en verskeie regsmenings ingesluit. Volgens die departement se verklaring is daar bevind dat geen bedrog of begunstiging plaasgevind het nie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


BKS: Nog twee gevalle is in die Vrystaat aangemeld
Die Vrystaat het twee nuwe klinies bevestigde gevalle van bek-en-klouseer aangemeld. Volgens SABC News is die gevalle in die Bultfontein- en Welkom-staatsveeartsenygebiede aangeteken. Dit bring die provinsie se totale aantal bevestigde gevalle op 798 te staan. Departement van Landbou-woordvoerder, Moliehi Moeng, sê 634 gevalle is reeds afgehandel, terwyl 164 steeds aktief is en onder kwarantyn bly. Meer as ’n miljoen beeste in die Vrystaat is reeds ingeënt as deel van die nas

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Drie mense word oor die Gauteng-vrouemoorde ondervra
Drie persone van belang word deur die polisie ondervra in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni. Minstens nege vroue se liggame is die afgelope twee maande in verskeie dele van die metro gevind. Die polisie ondersoek of die sake met mekaar verband hou. Waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê ondersoeke het nog nie bevestig dat ’n reeksmoordenaar vir die moorde verantwoordelik is nie. Hy sê daar is aanduidings van verskillende werkswyses en motiewe, maar n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Eskom-woonstelle naby Kusile staan leeg en onvoltooid
Eskom het bykans ’n miljard rand bestee aan ’n behuisingsontwikkeling naby die Kusile-kragsentrale in Mpumalanga wat nooit voltooi is nie, en 366 woonstelle is gevolglik verlate. Die Ogies-behuisingsprojek was bedoel om huisvesting te bied aan vakmanne, bouers en tegniese kontrakteurs wat aan die konstruksie van die kragsentrale gewerk het. Eskom sê egter die projek is nooit voltooi nie weens ernstige wanbestuur en swak prestasie deur kontrakteurs. Gesprekke is nou aan die ga

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


Die DA verwelkom Lamola se verwerping van rasgebaseerde beleid
Die DA sê hy verwelkom die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, se verwerping van Amerikaanse rasgebaseerde beleid. Lamola het die Amerikaanse vlugtelingprogram as Apartheid 2.0 beskryf terwyl hy Saterdag die Congressional Black Caucus Foundation in Washington toegespreek het. Die DA sê minister Lamola moet nou dieselfde beginsel in Suid-Afrika toepas deur die ANC se rasgebaseerde wette en beleid teen te staan. Die DA se Ryan Smith sê Lamola behoort in die

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Aero Defence 2026 stel SA se verdedigingsbedryf ten toon
Die 13de Africa Aerospace and Defence-uitstalling is die naweek aan die gang by Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria. Honderde militêre afgevaardigdes en lede van die publiek besigtig die nuutste lugvaart- en verdedigingstegnologie. Daniel du Plessis van Milkor het die geleentheid as fenomenaal beskryf en gesê dit het Suid-Afrika se verdedigingsbedryf op die wêreldverhoog ten toon gestel en geleenthede by internasionale maatskappye geskep. Die uitstalling duur Sondag voort, en

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Sommige MK Party-lede dreig om nie te stem nie
Sommige ontevrede MK Party-lede dreig om nie in die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te stem nie, tensy daar opgetree word oor beweerde ongerymdhede op die party se kandidaatlys. Die lede het Saterdag tydens ’n gebedsbyeenkoms wat deur die party se leier, Jacob Zuma, in Durban toegespreek is, betoog. Zuma het hulle beveel om die byeenkoms te verlaat en hul protes as swak gedrag beskryf. Die party se sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, sê die party spreek klagtes

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Ed Sheeran se ondersteuningslys val uitmekaar
Die Britse popsanger Ed Sheeran het nou al die kunstenaars verloor wat as ondersteuningsoptredes vir sy komende konserte sou optree. Dit nadat die rapper Macklemore uit die reeks verwyder is weens sy pro-Palestynse uitsprake. Finneas, Aaron Rowe, Beoga en Lukas Graham het almal aan die konserte onttrek uit protes teen Macklemore se verwydering. Die twis het ontstaan nadat Macklemore, wie se regte naam Ben Haggerty is, vroeër vandeesmaand saam met Sheeran se Loop-toer in New J

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Idac waarsku die publiek teen ‘n bedrieër wat hofinligting probeer bekom
Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) het die publiek gewaarsku teen ‘n bedrieër wat die naam en foto van die waarnemende ondersoekdirekteur, Ntuthuzelo Vanara, gebruik om kritieke inligting oor ‘n saak wat voor die hof dien, te probeer bekom. Idac sê die telefoonnommer wat gebruik word, behoort nie aan Vanara nie. Die saak is deur wetstoepassingsbeamptes onder sy aandag gebring en sal vir ondersoek na die polisie verwys word. Idac het ‘n beroep op die publiek gedoen

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Kuba is in totale duisternis gedompel
Kuba se departement van energie sê die eiland is vir die sewende keer vanjaar in totale duisternis gedompel te midde van 'n energiekrisis wat deur 'n Amerikaanse brandstofblokkade vererger word. SABC-nuus berig Kuba se verouderde elektrisiteitsnetwerk is onder geweldige druk weens brandstoftekorte, infrastruktuur wat agteruitgaan en Amerikaanse sanksies. Die Verenigde Nasies het die Amerikaanse brandstofblokkade veroordeel en sê Kuba kan 'n stille Gaza word soos wat die kri

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Swaar reënbuie word nog verwag
Dele van Suid-Afrika kan swaar reën, hewige donderstorms en moontlike oorstromings verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê reënbuie en donderbuie in verskeie gebiede kan tot Maandag voortduur. Die Vrystaat en Noord-Kaap kan skadelike winde, hael en gelokaliseerde oorstromings ervaar. KwaZulu-Natal en dele van die Oos-Kaap sal ook nat weer ervaar. Motoriste word aangemoedig om versigtig te wees op nat paaie, veral waar swaar reën die sigbaarheid beperk of oorstromings veroo

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


MOTORSPORT: Die Kyalami-renbaan sal sy eerste internasionale 24-uur-uithouren aanbied
Suid-Afrika se Kyalami-renbaan sal sy eerste internasionale 24-uur-uithouren ooit aanbied. Die Michelin 24 Hour Dubai, wat oorspronklik by die Dubai Autodrome gehou sou word, is na die Kyalami-renbaan verskuif weens veiligheidskwessies in die Midde-Ooste. SABC-sport berig Die uithouren sal van 8 tot 10 Januarie in Midrand gehou word. Die Nederlandse organiseerders van die geleentheid, Creventic, het ook buitensporige verskepingskoste en onsekerheid oor vervoerbeplanning as 'n

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 20


Mangaung se afvalwaterbehandeling het verbeter
Mangaung is die enigste metro waarvan afvalwaterbehandeling volgens die 2025 Groendruppelverslag tussen 2021 en 2024 verbeter het. Dit is egter steeds laag op 43%. Maroela Media berig daar word nie genoeg voorkomende instandhouding gedoen nie en die metro se behandelingskapasiteit is beperk. Nie een van die 13 behandelingsaanlegte funksioneer behoorlik nie, skroefpompe ontbreek en uitvloeisel beland in die Maselspoortdam, wat ’n bron van drinkwater is. Alles wat in ’n toilet

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 19


Cosatu eis versekering oor mediese dekking vir afgetrede soldate
Cosatu het ‘n beroep op die regering gedoen om afgetrede militêre personeel te verseker dat hul mediese dekking steeds gewaarborg is. Die fonds het na bewering verlede jaar ‘n tekort van R166 miljoen gehad en benodig maandeliks sowat R40 miljoen. Cosatu se Matthew Parks sê ongeveer 21 000 afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en hul afhanklikes kan hierdeur geraak word. Rosestad-nuus het vroeër berig afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 19


’n Nuwe Little Foot- studie wys hoe ons voorouers beweeg het
Nuwe navorsing oor die 3,67 miljoen jaar oue Little Foot-skelet uit Suid-Afrika se Sterkfonteingrotte dui op ’n groot verandering in die manier waarop menslike voorouers deur hul omgewing beweeg het. Die studie het bevind dat Australopithecus gereelde boomklim met loop op twee bene gekombineer het, terwyl fossiele van vroeë Homo-spesies, wat sowat 1,8 miljoen jaar oud is, ’n sterker verskuiwing na ’n lewe op die grond toon. Navorsers sê die verandering hou moontlik verband me

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 19


'n Regsadviseur bevestig gebreke in die Grondslagfase-katalogusproses
Onafhanklike regsadvies het regsgebreke in die proses bevestig wat gebruik is om die Grondslagfase Nasionale Katalogus vir Graad 1 tot 3 te ontwikkel. Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die regsadvies deur die Staatsprokureur ingewin. Die advies het bevind dat die vereistes vir afwyking van normale mededingende deelname aan die bodproses nie nagekom is nie. Dit het ook bevind dat ‘n vroeëre Tesourie-goedkeuring nie die nuwe proses onder veranderde verkrygi

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 19
bottom of page


