top of page


Alle Plasings


‘n Vrou in Wilgehof is glo met ‘n vuurwapen gedreig
AfriForum911 se reaksie-eenheid in Bloemfontein het vinnig opgetree ná ’n noodoproep oor ’n vrou wat vermoedelik met ’n vuurwapen op ’n perseel in Bidwellstraat, Wilgehof, gedreig is. Volgens ‘n mediaverklaring is die reaksie-eenheid en die polisie onmiddelik na die toneel ontbied. Dit het aanvanklik geblyk dat die verdagte nie meer in besit van die vuurwapen is nie, maar inligting van ander inwoners het egter aangedui dat die wapen moontlik op die perseel versteek is. Die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


MIDDAG SPORT: Die Proteas verloor, SA maak geskiedenis in New York en Chelsea word met miljoene beboet
Ons begin met nuus uit die wêreld van krieket... Nieu-Seeland h et Suid-Africa met 68 lopies geklop in Dinsdag se T20 wedstryd. Die Proteas het op 107 te staan gekom, nadat die Swart Pette 175/7 bereik het. Voor Dinsdag se kragmeting het Suid-Afrika 'n voorsprong van 1-0 in die reeks gehad, na 'n oorwinning met sewe paaltjies in die eerste wedstryd in Mount Maunganu. Hier het hulle die gashere vir slegs 91 lopies uitgehaal. In atletiek-nuus… In ‘n wêreld-eerste het ‘n Sui

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 17


Nuwe ontwikkelings wink rondom die Bram Fischer Lughawe
’n Memorandum van verstandhouding is deur die Mangaung Metro Munisipaliteit en die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika onderteken om ontwikkeling rondom die Bram Fischer Internasionale Lughawe te bevorder. Die stad se bestuurder, Sello More, sê in ‘n plasing op sosiale media die vennootskap kan die lughawe-ontwikkelingsgebied as ’n katalitiese projek vir langtermynbelegging posisioneer. Dit sluit moontlike ontwikkeling van behuising, ’n winkelsentrum en ander geriewe in. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


‘Beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet’
Die hoofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, verseker Suid-Afrikaners dat beesvleis en suiwelprodukte veilig is om te eet. Die versekering kom te midde van kommer oor die ernstige bek-en-klouseer-uitbraak regoor die land. In ’n video op die sosiale mediaplatform X sê Sihlobo dat die siekte nie die vleis- of suiwelgehalte beïnvloed nie. Hy voeg by Suid-Afrika het ook baie streng veiligheidsprotokolle wat voedsel betref. LUISTER HIER: Ter illustras

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Die parlement sê vir Bester nee
Die parlement se ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, het die versoek van die veroordeelde verkragter en reeksmoordenaar Thabo Bester afgekeur om voor die komitee te verskyn. Bester het in ’n brief aangevoer dat hy glo belangrike inligting het wat die komitee se werk kan help. Die versoek is tydens ’n vergadering bespreek waar lede verdeeld was. Volgens die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, is die versoek uiteindelik van die hand gewys. Hy sê Bester moet die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 17


Jeugdiges is vas nadat hulle 'n jong seun kaal uittrek en verfilm
Drie jong verdagtes is in hegtenis geneem nadat 'n video na vore gekom het waar hulle 'n 13-jarige seun by 'n rivier by Bohlokong naby Bethlehem in die Vrystaat kaal uitgetrek het. Die insident het in Oktober 2023 gebeur, maar is nie tot 13 Maart 2026 gerapporteer nie, toe gemeenskapslede die kind se ma daarvan in kennis gestel het toe die video op sosiale media begin sirkuleer het. 'n Polisiewoordvoerder, adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring die jong seun

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Boerboeltelers baklei vir die afsny van sterte
Die praktyk om boerboele se sterte te verwyder kom nie op mishandeling, foltering of verminking neer nie, en laat ook nie 'n hond woedend, prikkel of verskrik nie. So sê 'n boerboelteler en die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging, Ziyaad Issa. Netwerk24 berig Issa vra in die hooggeregshof in Bloemfontein om die praktyk van die verwydering van boerboele se sterte wettig te verklaar, mits dit volgens ’n eenvormige standaard uitgevoer word. Hy bring

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


SOKKER: Die Wolves veg terug om Brentford gelykop te hou
Wolves het ’n indrukwekkende terugvegpoging gelewer toe hulle van twee doele agter gekom het om ’n 2-2 gelykopuitslag teen Brentford in die Premierliga te verseker. Brentford het vroeg beheer geneem met doele van Michael Kayode en Igor Thiago, maar Adam Armstrong het net voor rustyd vir Wolves terugkom in die wedstryd. Die Nigeriese doelskieter, Tolu Arokodare het byna die wenner aangeteken toe hy kort na Armstrong se doel die dwarslat getref het, maar het uiteindelik die gel

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 17


Midde-Ooste: Die Amerikaanse ambassade in Bagdad is aangeval
Owerhede in Bagdad het vroeg Dinsdagoggend bevestig dat die Amerikaanse ambassade met vuurpyle en ten minste vyf hommeltuie aangeval is. Irakse veiligheidsbronne beskryf dit as die mees intense aanval sedert die uitbreek van die Amerika-Israel-konflik met Iran. Volgens Reuters het drie hommeltuie die ambassade genader, en die lugverdedigingstelsel het daarin geslaag om twee suksesvol af te skiet. Die derde hommeltuig het na bewering binne die kompleks getref, wat vuur en rook

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Door of Hope red hul 300ste baba
Die Door of Hope-organisasie het sy 300ste baba deur middel van hul "babareddingsboks" gered. Die organisasie bied al vir die afgelope 26 jaar 'n veilige plek waar ma's, wat weens armoede, vrees of skande nie hul pasgebore babas wil hê nie, die babas kan neem in plaas daarvan om hulle in 'n gevaarlike agterstraat of asblik te los. Good Things Guy berig 'n pastoor, Cheryl Allen, het amper 30 jaar gelede die konsep bekend gestel van 'n plek waar ma's babas anoniem kan los. Door

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


RUGBY: Boland oorweldig die Griffons, ten spyte van ‘n kaartgevulde SA Beker-botsing
Die Boland Kavaliers het hul pad na ‘n 56-23 oorwinning oor die Griffons in Ronde Twee van die SA Beker by Boland-stadion gebaan, ten spyte van ‘n wedstryd wat deur swak dissipline gekenmerk is. Die gashere het agt drieë teenoor twee aangeteken en met rustyd met 21-16 voorgeloop nadat hulle van ‘n vroeë 10-punt-agterstand herstel het. Linkervleuel, Xavier Mitchell, het die kollig gesteel met vier drieë, en effektief saam met skrumskakel Louis Schreuder gekombineer terwyl Bola

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 17


Vroue word by die UV-gradeplegtigheid vereer
Vier eredoktorsgrade en ‘n raadsmedalje is aan vroue by hierdie jaar se April-gradeplegtigheidseremonies van die Universiteit van die Vrystaat (UV) oorhandig. Nova News berig die eredoktorsgrade word toegeken aan die skywer Ingrid Winterbach; die skrywer en uitgewer Zukiswa Wanner; Relebohile Moletsane, wat ‘n eredoktorsgraad in onderwys ontvang; en Sheila Sisulu, ‘n gerespekteerde diplomaat en advokaat. Die internasionaal bekronde tjellis en hoof van die Odeion String Quarte

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


ATLETIEK: ASA stel hul span bekend vir die Wêreld Binnenshuise Kampioenskap
Atletiek Suid-Afrika het ‘n agt-lede groep gekies wat jeug en ervaring kombineer vir die Wêreld Atletiek Binnenshuise Kampioenskap in Kujawy Pomorze van 20-22 Maart. Die span bevat die opkomende 19-jarige naelloper, Karabo Letebele, saam met die middelafstand hardloper, Luan Munnik, en hekkiesatlete, Franco le Roux en Mondray Barnard. In die velditems word die ervare verspringer, Luvo Manyonga, vergesel deur die opkomende talent, Temoso Masikane, terwyl Aiden Smith in die m

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 17


O’Sullivan se saak word na die Valke verwys
Die Parlement se strafsaak teen die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan is na die Valke verwys. Die Parlement van Suid-Afrika het verlede week klagte ingedien nadat O’Sullivan uit ‘n ad hoc-komitee gestap het. Hy staan tereg aanklagte van minagting van die Parlement en vir die beweerde dreigement van die stafhoof van die polisieminister, Cedric Nkabinde. Parlementêre regsadviseur Andile Tetyana sê die verwysing beteken dat die beweerde oortredings as nasionale prioriteitsm

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


'n Bfn sakeman wag steeds op sy goudstawe
’n Sakeman van Bloemfontein sukkel al sedert Mei verlede jaar om sy 100 goudstafies ter waarde van meer as R25 miljoen van die polisie af terug te kry. Netwerk24 berig Daniel Schubert sê hoewel die aanklag van onwettige handel in goudstof teen hom teruggetrek is en die polisie sy BMW M8-motor en selfoon aan hom terugbesorg het, sukkel hy steeds om sy goud uit die polisie te kry. Die Valke het hom en ’n vennoot verlede jaar in Gauteng aangekeer toe hy sy wettige goudstafies wo

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Eskom se prysverhoging is g’n gekkedag-grap
Eskom-kliënte sal vanaf 1 April dieper in hul sakke moet grou, aangesien elektrisiteitstariewe na verwagting sal styg. Die kragverskaffer het bevestig dat kliënte wat direk deur Eskom voorsien word, ‘n prysverhoging van 8,76% kan verwag. Munisipaliteite sal na verwagting ‘n gemiddelde verhoging van 9% vanaf Julie implementeer. Nersa het die tariefaanpassing goedgekeur as deel van Eskom se inkomsteplan vir die 2026/27-boekjaar. Ter illustrasie. FOTO: Grok

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Die DA bevraagteken deursigtigheid oor die R26-padprojek
Die Demokratiese Alliansie het kommer uitgespreek oor die gebrek aan deursigtigheid rondom ’n R26-padonderhoudsprojek tussen Clocolan en Marquard. Volgens ‘n mediaverklaring van die DA is inwoners, boere en ondernemings al lank bekommerd oor die swak toestand van die pad. Die party sê sommige raadslede en verteenwoordigers van plaaslike boerderygroepe is glo nie na ’n projekinligtingsessie genooi wat vroeër vandeesmaand gehou is nie. Volgens die Departement van Gemeenskap, Pa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


‘n Vrystaatse vrou moet duisende rande ná ‘n bedrogsaak terugbetaal
’n Vrystaatse vrou is in die landdroshof in Kroonstad aan 75 aanklagte van bedrog skuldig bevind. Volgens die polisie het Jacolene Hendricks kliënte van die Hansie Muller Besigheidstrust glo opdrag gegee om betalings vir goedere in haar persoonlike bankrekening te deponeer. Die ondersoek het ook bevind dat pryse glo verhoog is en dat ’n deel van die geld na die besigheid oorgeplaas is, terwyl die res behou is. Die klaer het na raming R800 000 se verlies gely. Die hof het besl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


‘n Bloemfontein-inbreker is wéér gevonnis
’n Man is in die Streekhof in Bloemfontein tot agt jaar direkte tronkstraf vir huisbraak en diefstal by die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings gevonnis. Volgens The Citizen het Dino Kekana in 2023 by die kantoor ingebreek en onder meer skootrekenaars, geheuestokkies en kontant gesteel. Die waarde van gesteelde items en skade is op sowat R100 000 beraam. Forensiese bewyse, insluitend DNA en vingerafdrukke, het hom later met die misdaad verbind. Ondersoekers sê

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


Steenhuisen ontken beskuldigings van pligsversuim
Die minister van landbou, John Steenhuisen, ontken beskuldigings van pligsversuim in die stryd teen bek-en-klouseer. ActionSA beweer Steenhuisen het versuim om virusmonsters aan die Pirbright Institute voor te lê sedert hy minister geword het. Die party het in die parlement gevra watter impak dié vertraging op die beperking van die uitbreking van die virus kon hê. Steenhuisen sê egter die deel of nie-deel van monsters vertraag nie die verkryging van entstowwe teen die siekte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


Die VSA ondersoek handel met Suid-Afrika
Die Verenigde State van Amerika (VSA) het ’n ondersoek na Suid-Afrika en 59 ander lande van stapel gestuur om te bepaal of hulle aan onbillike handel deelneem. Van die ander lande wat deur die Amerikaanse Handelsverteenwoordiger ondersoek word, sluit China, Israel en Rusland in. Die ondersoek is daarop gemik om uit te vind of hierdie lande voldoende stappe doen om die invoer van goedere wat met behulp van dwangarbeid vervaardig word, te verbied. Dit sal ook ondersoek of die o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


Vrystaat Landbou waarsku teen dieselprysmanipulasie
Vrystaat Landbou sê hy sal geen poging duld om produsente deur opportunistiese prysmanipulasie of voorraadbeperkings uit te buit nie. Die organisasie se president, Francois Wilken, sê in ‘n aanlyn artikel hulle is bewus van berigte dat sekere grootmaatbrandstofverskaffers diesel van boere weerhou te midde van markonsekerheid. Die waarskuwing volg te midde van internasionale kommer oor brandstofmarkte ná die eskalerende konflik tussen die VSA en Iran. Volgens Vrystaat Landbou

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


SOKKER: Iran se deelname aan die FIFA Wêreldbeker bly onseker
Iran se deelname aan die komende 2026 FIFA Wêreldbeker bly onseker na kommentaar van die land se minister van sport. Die toernooi sal tussen 11 Junie en 19 Julie deur die Verenigde State, Mexiko en Kanada aangebied word. EWN berig Iran se minister van sport het gesê die nasionale span moet nie deelneem nie, en die VSA gekritiseer vir die moord op Iran se opperleier, Ali Khamenei. In kommentaar wat op Iranse staatstelevisie uitgesaai is, het Ahmad Donyamali gesê dat, aangesie

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 16


Hysbakprobleme knou diens by Bloemfonteinse hospitale
Verouderende infrastruktuur by verskeie hospitale in die Vrystaat knou glo die lewering van gesondheidsdienste. Volgens Sunday World sluit dit onder meer Pelonomi Tersiêre Hospitaal en Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in, asook verskeie ander hospitale in die provinsie. Hysbakke by sommige van dié fasiliteite is glo in sekere gevalle al jare buite werking, wat die beweging van pasiënte bemoeilik. Personeel moet na bewering soms pasiënte tussen afdelings dra.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16
bottom of page

