top of page


Alle Plasings


Dienslewering moet van planne na aksie beweeg
Die Mangaung Metro Munisipaliteit glo dienslewering moet van planne na aksie beweeg, en het met sy Ward2Ward-veldtog in Wyk 19 in Willows voortgegaan. Volgens inligting wat deur die munisipaliteit gedeel is, het munisipale spanne en ander rolspelers saamgewerk om praktiese diensleweringskwessies in die wyk aan te spreek. Dit het onder meer die sny van gras, die skoonmaak van oop ruimtes en stormwaterinlate, die optel van rommel en die identifisering van waterlekkasies ingeslu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


AfriForum gaan hof toe oor die Mangaung-metro se nuwe vullis- en riooltariewe
AfriForum het ’n hersieningsaansoek by die Bloemfonteinse Hooggeregshof teen Mangaung Metro se nuwe vullisverwyderings- en riooltariewe ingedien. AfriForum is van mening dat die wyse waarop die nuwe tariewe bereken en gehef word, ongrondwetlik is en dat dit nie aan die toepaslike wetlike vereistes voldoen nie. Die nuwe tariewe behels ’n vullisverwyderingstarief wat bereken word op die grootte van ’n erf, en ’n riooltarief wat op die waarde van ’n eiendom bereken word. AfriFor

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Bloemfonteiners moet seker maak hul bouplanne is wettig goedgekeur
Eiendomseienaars, kopers en ontwikkelaars in die Mangaung-metro moet seker maak dat hul eiendomme se gebruik en bouplanne wettig goedgekeur is. Volgens inligting wat deur DA Wyk 23-raadslid Tjaart van der Walt gedeel is, kan eiendomme wat vir ’n ongemagtigde doel gebruik word, onder die munisipaliteit se “Non-Permitted Use”-tarief val. Hierdie boete-tarief vir die nuwe boekjaar is sowat 6.5 keer hoër as die gewone residensiële tarief. En dit is nog bó-en-behalwe die stappe wa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Misa veroordeel die vrylating van Mudzinganyama nadat hy vroue gedreig het
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) het kritiek uitgespreek oor die vrylating van die sakeman Lawrence Mudzinganyama op ’n waarskuwing. Hy het homself aan die polisie oorgegee nadat ’n video versprei is waarin gesien kan word hoe hy vroue intimideer. In die video dreig hy om die vroue dood te maak. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi Majola, sê Mudzinganyama se vrylating op waarskuwing bevestig dat vroue nie ernstig opgeneem word wanneer hulle mishandeling aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Leerders moet sterker digitale vaardighede aanleer
Suid-Afrikaanse leerders moet sterker digitale vaardighede aanleer om hulle vir ’n toenemend digitale wêreld voor te berei. Die direkteur-generaal van Basiese Onderwys, Mathanzima Mweli, sê digitale gereedheid gaan oor meer as net toegang tot tegnologie. Dit sluit ook probleemoplossing, kritiese denke en die verantwoordelike gebruik van kunsmatige intelligensie in. Hy sê Suid-Afrika het reeds beleide en skoolvakke wat digitale vaardighede ondersteun, maar die doeltreffende im

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Die OVK moedig mense aan om aansoek te doen vir spesiale stemme
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) herinner mense om aansoek te doen vir spesiale stemme indien hulle nie op 4 November na stemlokale kan gaan nie. Die OVK het Maandag aansoeke vir spesiale stemme oopgestel, en dit sluit op 12 Oktober. Spesiale stemme is bedoel vir mense wat weens fisieke toestande nie by stemlokale kan uitkom nie, asook vir diegene wat in noodsaaklike dienste en die media werk. Die kommissie sê aansoeke vir spesiale stemme kan op sy webwerf en by

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Die registrasiesperdatum vir sonkragstelsels kom al hoe nader
Suid-Afrikaners met netwerkgekoppelde sonkragstelsels op die dak het tot 30 September om hul installasies by Eskom of hul munisipaliteit te registreer. Energiekenners waarsku dat die misloop van die sperdatum kan lei tot registrasieverwante koste van tot R10 000 in stedelike gebiede en R36 000 vir sommige landelike verbindings. Eskom het hierdie fooie tot die sperdatum kwytgeskeld en vereis nie meer ‘n ingenieur se goedkeuring nie, maar aanvaar ‘n Sertifikaat van Nakoming van

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Daar is effense verligting vir die Rand
Die rand het van sy verliese herstel nadat hy aanvanklik verswak het teenoor die dollar ná verlede week se rentekoersverhoging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad. Die geldeenheid het kortstondig tot swakker as R16.40 teenoor die dollar gedaal, maar het sedertdien versterk tot ongeveer R16.20. Investec sê markte het hul verwagtinge vir nog ‘n Amerikaanse rentekoersverhoging in Oktober verlaag, wat verligting vir die rand bring. Stygende oliepryse, wat met die konflik in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


Bloemfontein neem afskeid van sersant Semenyane
Die Vrystaatse polisie neem hierdie week afskeid van sersant Lucas Tshediso Semenyane, wat op 12 September in ’n noodlottige ongeluk op die N8 naby Sannaspos oorlede is. Semenyane was besig om op ’n klagte te reageer toe ’n aankomende voertuig teen die polisiekonvooi gebots het. Hy is op die toneel dood verklaar. ’n Tweede polisiebeampte is in die ongeluk beseer, maar is sedertdien uit die hospitaal ontslaan. ’n Saak van strafbare manslag is geregistreer en die omstandighede

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 22


SKOLE-RUGBY: Die gewilde FSPSR Onder-12 Interprovinsiale Sewes-rugbytoernooi beloof aksie en opwinding
Die gewilde FSPSR Onder-12 Interprovinsiale Sewes-rugbytoernooi skop vanoggend om 9-uur by Sentraal Hoërskool af, met spanne van regoor die land wat mekaar die stryd gaan aansê. Jong spelers sal oor twee dae teen mekaar sal meeding. Die toernooi gee spelers die kans om hul provinsies te verteenwoordig en hul vaardighede in die vinnige sewes-formaat ten toon te stel. O12 A Vrystaat-kaptein Frederik van Eeden sê dit beloof baie aksie en opwinding op te lewer wanneer die beste s

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


RUGBY: Du Toit kry die Stormers se fiksheid op koers
Die Stormers het Steph du Toit as hul nuwe hoof van atletiese prestasie aangestel, met die voormalige Westelike Provinsie-fiksheidskenner wat volgens kaptein, Ruhan Nel, reeds ’n groot indruk tydens die voorseisoen gemaak het. Nel beskryf Du Toit as ’n ongelooflike karakter en mens, en vertel hoe hy en ander spelers in 2017 sonder beserings deur die sewesreeks gekom het nadat Du Toit hulle fiksheidsvlak bestuur het. Die Stormers het intussen na Ierland gereis vir Vrydagaand s

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


KRIEKET: Bedingham se twee honderdtalle lei WP na hul eerste seisoen-sege
David Bedingham se honderdtalle in albei kolfbeurte het die Kaapenaars na hul eerste oorwinning van die seisoen gelei toe WP die Dolphins met 44 lopies op Nuweland geklop het. Bedingham het 129 in die eerste beurt en 114 in die tweede aangeteken, terwyl Jiveshan Pillay en Joshua van Heerden ook met die kolf bygedra het voordat WP die Dolphins op 212 uitgeboul het. Kyle Simmonds het vier paaltjies geneem, met Tshepo Moreki en Raeeq Daniels elk twee, nadat die Dolphins se eerst

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Talle is in die Vrystaat in hegtenis geneem
Die Vrystaatse polisie en ander wetstoepassingsagentskappe het meer as 1 000 mense tydens Operasie Shanela Twee in hegtenis geneem. Die intensiewe operasie, wat oor ’n week gestrek het, het meer as 6 000 hoësigbaarheidspatrollies, 231 voertuigkontrolepunte, 19 padblokkades en meer as 1 300 stop-en-deursoek-operasies ingesluit. Volgens die polisie is byna 41 800 mense, 14 000 voertuie en oor die 680 persele deursoek. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was 38 mense vir ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 21


SANParke sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin sluit weens ’n beplande optog
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin tydelik sluit weens ’n beplande optog deur werklose jongmense van die Nkomazi-gebied. Die organiseerders sê die protesaksie sal kwessies aanroer wat werklose jongmense in die gebied raak. Die hek sal vanaf agtuur die oggend gesluit wees en weer oopmaak sodra die betogers vertrek het en dit veilig is om bedrywighede te hervat. Besoekers, personeel en verskaffers word aangeraai om al

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


KRIEKET: Engeland en Australië behaal skoonlopies van 3-0
Engeland het na die bopunt van die T20-wêreldranglys teruggekeer nadat hulle ‘n 3-0 oorwinning van agt paaltjies in die reeks teen Sri Lanka op Old Trafford beklink het, hulle het die teiken van 125 lopies in minder as 10 boulbeurte bereik. Sonny Baker, Jofra Archer en Will Jacks het elk twee paaltjies geneem, terwyl Jos Buttler ‘n onoorwonne 62 lopies aangeteken en ‘n vennootskap van 85 lopies met kaptein Harry Brook gedeel het. Australië het ook ‘n 3-0 oorwinning in die int

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


RUGBY: VRK-spanne word vroeër aangekondig
Die Verenigde Rugby Kampioenskap sal ‘n nuwe gekoördineerde span-aankondigingstyd toets, met al 16 klubs wat hul wedstryddaggroepe op Donderdagmiddae van ‘n wedstrydweek moet aankondig. Vrydag se wedstryde sal grootliks die bestaande skedule volg, terwyl spanne wat op Saterdae en Sondae speel, oor die algemeen ongeveer 48 uur voor die afskop aangekondig sal word in plaas van 24 uur. Die verandering volg op terugvoer van media- en uitsaaivennote wat vroeër spannuus soek, wat h

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


RUGBY: Springbokvroue boet vir swak dissipline
Die Springbokvroue het met 50-19 teen Wallis by Cardiff Arms Park verloor, met swak dissipline en uitvoering wat grootliks bygedra het tot ‘n teleurstellende eerste helfte in hul openingswedstryd van die WXV-wêreldreeks. Lindelwa Gwala en Danelle Lochner het albei in die eerste helfte geel kaarte gekry, en Lochner se kaart is later na rooi opgradeer en Lochner moet vandag voor ‘n dissiplinêre komitee verskyn. Mede-afrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê Wallis het gespeel soos v

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


President Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid vir geslagsgebaseerde geweld aanvaar
President Cyril Ramaphosa sê die regering moet verantwoordelikheid aanvaar om vroue teen geslagsgebaseerde geweld te beskerm. Die president het vandag sy eerste openbare verskyning gemaak by ’n fondsinsamelingsgeleentheid van die ANC in Woodmead, nadat hy verlede week siekverlof geneem het. Hy sê vroue verdien om veilig te voel in hul huise en op straat, en die regering moet optree wanneer dit nie die geval is nie. Ramaphosa sê die regering sal nie verskonings aanvoer vir die

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Die negende Ekurhuleni-moord is moontlik weens 'n liefdesdriehoek
Die ondersoek na die moord op die negende vrou wie se liggaam in Ekurhuleni gevind is, het ’n nuwe wending geneem, met ’n moontlike liefdesdriehoek wat nou deel van die ondersoek vorm. Netwerk24 berig die polisie ondersoek die moontlikheid dat die vrou se dood met ’n liefdesdriehoek verband hou en dus moontlik nie direk met die ander vrouemoorde aan die Oos-Rand verbind is nie. Die polisie het intussen een man en twee vroue oor die naweek in verband met die Dawn Park-saak in

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Geen wateronderbrekings word verwag tydens die Roderick-reservoir se skoonmaak nie
Mangaung-inwoners in Estoire, Tienie Visser en omliggende gebiede word gevra om Dinsdag water spaarsamig te gebruik terwyl die Roderick-reservoir skoongemaak word. Die Mangaung-metro sê die reservoir sal op 22 September ’n 24-uur-skoonmaakproses ondergaan. Volgens die metro word geen wateronderbrekings tydens die proses verwag nie. Inwoners word egter aangemoedig om hul waterverbruik sover moontlik te beperk terwyl die werk voortduur. Die munisipaliteit het inwoners om versko

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


'n SA joernalis word vermoedelik in Djiboeti aangehou
Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy, wat as vermis in Djiboeti aangemeld is, word vermoedelik deur die land se owerhede aangehou. Volgens die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste, die ICIJ, is Reddy moontlik in hegtenis geneem omdat hy nie die nodige media-akkreditasie bekom het nie. Die plaaslike joernalis Mohamed Willo Ismael, ook bekend as Kooki Mahmoud, word glo saam met hom aangehou. Reddy het Donderdag in Djiboeti aangekom vir ’n..

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Padagentskap moet kontrak van omstrede sakeman se maatskappy ondersoek
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gelas om ondersoek in te stel na ’n maatskappy wat met die sakeman Lawrence Mudzinganyama verbind word. ’n Video waarin gesien kan word hoe Mudzinganyama vroue by ’n restaurant in Sandton dreig, het onlangs op sosiale media versprei en openbare kommer ontlok. Creecy wil hê die padagentskap se raad moet ondersoek instel na die omstandighede rondom die aanstelling van Moriel Infrastructure

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


TUT maak geskiedenis met sonkragmotor in uithourit
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie, oftewel TUT, het die naweek geskiedenis gemaak deur die 2026 Sasol Solar Challenge met sy sonkragmotor, SunChaser 4, te wen. Netwerk24 berig die span het die meer as 2 300 kilometer lange roete van Sasolburg tot in die Wes-Kaap suksesvol voltooi en die Challenger-klas gewen, en ook die enigste span wat die 2000 km-kerf bereik het. Die uithourit het oor agt dae gestrek en deelnemers se ingenieursvernuf, energie-bestuur en die betroubaar

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Suikerboere eis groter steun vir hulle plaaslike produk
Suid-Afrikaanse suikerrietboere het kleinhandelaars en voedselvervaardigers skerp gekritiseer oor die gebruik van ingevoerde suiker terwyl ondernemings steeds beweer dat hulle plaaslike produkte ondersteun. Voglens Maroela Media sê SA Canegrowers “plaaslik” behoort te beteken dat suiker in Suid-Afrika verbou én vervaardig is, en nie bloot dat ingevoerde suiker plaaslik verpak of versprei word nie. Die organisasie doen ’n beroep op ondernemings om hul verbintenisse ingevolge d

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21
bottom of page


