top of page


Alle Plasings


'n Beroep op waaksaamheid word gedoen soos a-pokke toeneem
Die Departement van Gesondheid het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waaksaam te wees te midde van ’n toename in gevalle van a-pokke. Daar is 18 bevestigde laboratoriumgevalle en een waarskynlike geval teen Donderdag aangemeld. Vyftien gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld, drie in Gauteng en een in KwaZulu-Natal. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit vereis onmiddellike en volgehoue samewerking van die publiek om verdere verspreiding van die virus te voo

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Die NV is besorg oor die verlengings vir die ad-hoc-komitee
Die Nasionale Vergadering het sy kommer uitgespreek oor herhaalde versoeke om die termyn van die ad-hoc-komitee wat bewerings van samespanning tussen politici, die polisie en misdadigers ondersoek, te verleng. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het aan die komitee sy sesde verlenging tot aan die einde van volgende maand toegestaan. Die vergadering se adjunkspeaker, Annelie Lotriet, sê die komitee kan nie vir ewig voortgaan nie. Thoko Didiza. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


SA se eerste nasionale padelkampioenskap vind in Kaapstad plaas
Suid-Afrika se eerste nasionale padelkampioenskap vind in Oktober in Kaapstad plaas. Die Growthpoint SA Nasionale Padelkampioenskap sal die land se topspelers by Padel 365 se klubs in Century City en Richmond Park byeenbring, met ouderdomsgroepafdelings van 9 tot 11 Oktober en die Ope-afdeling van 16 tot 18 Oktober. Die toernooi bied prysgeld van R125 000 rand aan. Streekskwalifiseringsbyeenkomste word vanaf volgende jaar beplan om ‘n roete na die nasionale eindronde te skep.

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Koning Charles waarsku oor die eksistensiële gevare van KI
Koning Charles van Engeland het bestuurders van kunsmatige intelligensie (KI) gewaarsku oor die eksistensiële gevare wat die tegnologie in die verkeerde hande inhou. Hy het die opmerkings gemaak tydens ‘n spitsberaad in Skotland wat bygewoon is deur Brittanje se KI-minister, die Pous se adviseur en verteenwoordigers van OpenAI, Nvidia en Anthropic. Die koning het rolspelers aangespoor om te verseker dat KI die mensdom en die natuurlike wêreld dien. Koning Charles. FOTO: Holly

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


MIDDAG SPORT: Die Springbokvroue pas hul agterlyn aan teen Wallis, Whitehead blink uit terwyl Cobras 'n gelykop-uitslag afdwing, en Tatjana Smith keer terug
*** In rugby: Die Springbokvroue het een verandering aan hul voorspelersgroep en verskeie aanpassings aan die agterlyn aangebring vir Vrydag se openingswedstryd in die WXV-wêreldreeks teen Wallis by Cardiff Arms Park, met Logan Welman wat die nommer-agt-trui sal dra en Aseza Hele wat na die plaasvervangersbank skuif. Felicia Jacobs en Maria Tshiremba keer terug na die beginspan, terwyl Maceala Samboya op buitesenter behou word langs Aphiwe Ngwevu. Babalwa Latsha sal as kaptei

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Sewe is vas ná koperkabels in Bloemfontein teruggevind is
Vinnige optrede deur die polisie het gelei tot die inhegtenisneming van sewe mans, nadat 44,5kg se koperkabels, ter waarde van sowat R60 000, in Bloemfontein teruggevind is. Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, het die polisie inligting opgevolg oor ’n voertuig wat kabels na ’n skrootwerf vervoer. Die voertuig is in die Ramkraal-omgewing opgespoor waar die verdagtes aangetref is. Daar is ook beslag gelê op R10 400 in kontant en kwitan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Verwagtinge van rentekoersverhoging neem toe
Verwagtinge dat rentekoerse in Suid-Afrika volgende week verhoog sal word, het toegeneem ná die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy sleutelkoers met 25 basispunte te verhoog. Ekonome was verdeeld oor die vraag of die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse tydens sy vergadering in September sou verhoog of onveranderd sou laat. Die hoofekonoom van Investec, Annabel Bishop, sê die stap deur die Amerikaanse Federale Reserweraad versterk die argument vir ’n verhogin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Geen maatreëls word tans beplan om verligting aan motoriste te bied nie
Suid-Afrikaners moet nie onmiddellike regeringsingryping verwag om stygende brandstofpryse te stuit nie. Volgens die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, word daar tans geen maatreëls beplan om verligting aan motoriste te bied nie. Daaglikse prysdata dui op ‘n moontlike petrolprys van meer as R29.50 per liter in Oktober. Mantashe sê die styging word hoofsaaklik gedryf deur wêreldwye oliepryse en geopolitieke spanning, wat buite Suid-Afrika se beheer i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Afgetrede soldate vat die Verdedigingsdepartement hof toe
Afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, oftewel die SANW, vat die Verdedigingsdepartement hof toe nadat berig is dat duisende militêre afgetredenes en hul gesinne hul mediese dekking vanaf 1 November kan verloor. Volgens SABC News het die Regular Force Medical Continuation Fund gesê hy sal na verwagting ophou om eise te betaal omdat die fonds nie meer finansieel volhoubaar is nie. Afgetredenes, gestremde veterane, weduwees en weeskinders kan deur die besluit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Solidariteit behaal ‘n oorwinning teen rassewetgewing
Die Konstitusionele Hof het beslis dat die proses waardeur die Wet op Openbare Verkryging ingestel is, onregmatig was. Die uitspraak raak onder meer rassevereistes in staatsverkryging, wat volgens die vakbond Solidariteit nie tot onmiddellike uitsluiting van tenderprosesse behoort te lei nie. Die organisasie het die saak in Mei voor die hof gebring en aangevoer dat staatsaankope nie volgens rasvereistes mag geskied nie. Solidariteit sê die uitspraak het implikasies vir die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die ATKV vereer Willie Koorts vir ’n leeftyd se stories oor sterre en planete
Willie Koorts is deur die ATKV vereer vir sy jarelange bydrae tot die bevordering van sterrekunde, sy liefde vir Afrikaans en sy betrokkenheid by die organisasie. Luidens ’n aanlyn artikel het Koorts ’n ATKV-Oorkonde ontvang tydens ’n funksie buite Wellington. Koorts is al byna drie dekades betrokke by bustoere na Sutherland, waar hy mense van sterrekunde, die Karoo en sy geskiedenis vertel het. Hy was ook betrokke by sterrewagwerk en teleskoopinstrumentasie, onder meer by di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Openbare kommentaar word oor die nuwe waterraamwerk gevra
Die Departement van Water en Sanitasie het ’n openbare konsultasieproses van 60 dae oor ’n nuwe water- en sanitasieraamwerk begin. Die konsepraamwerk is daarop gemik om water- en sanitasiedienste regoor Suid-Afrika te verbeter, en volg op die kabinet se goedkeuring van die konsepraamwerk, wat die bestaande raamwerk van 2003 bywerk. Dit fokus onder meer op verslegtende infrastruktuur, watergehalte, finansiële volhoubaarheid en klimaatsverandering. Munisipaliteite, gemeenskappe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Probleme binne die strafregstelsel kan aanspreeklikheid bemoeilik
Probleme binne die strafregstelsel kan dit moeilik maak om doeltreffende uitkomste en verantwoordbaarheid te bereik, selfs waar die regbank goed funksioneer. Dit is volgens die Wêreldbank se Senior Finansiële Sektor Spesialis, Laura Pop, wat voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het. Die kommissie ondersoek bewerings van kriminele infiltrasie in Suid-Afrika se wetstoepassingsagentskappe. Pop het aan die kommissie gesê probleme in dele van die strafregstelsel kan di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die menseregtekommissie moet nou paaie in die Vrystaat ondersoek
’n Klag is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die swak toestand van verskeie landelike paaie in die Vrystaat. Die klag sluit die R709 tussen Winburg en Excelsior, die R720 tussen Koppies en Edenville, en drie paaie buite Bothaville in. Daar word aangevoer dat swak padtoestande toegang tot gesondheidsorg, nooddienste, werk en onderwys belemmer. Daar word ook beweer dat ambulanse sekere gebiede nie kan bereik nie en dat ’n plaaswerker vroeër vandeesmaand oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Vrystaatse sakemanne is in hegtenis vir bedrog
Drie Vrystaatse sake-eienaars is in hegtenis geneem in verband met beweerde Covid-19-bedrog. Luidens ’n mediaverklaring van die Valke het die drie in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het vier afsonderlike ondersoeke na die Spesiale Ondersoekeenheid, oftewel die SOE, verwys nadat daar vermoed is dat eise namens niebestaande werknemers ingedien is. Die drie het glo eise van onderskeidelik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die poskantoor kry ‘n ongekwalifiseerde ouditmening
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het vir die eerste keer in ses jaar 'n ongekwalifiseerde ouditmening behaal. Drie ander entiteite van die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het ook skoon oudit-uitkomste vir die 2025-'26-boekjaar behaal. Hulle is Sentech, die Film- en Publikasieraad, en die Nasionale Elektroniese Media-instituut van Suid-Afrika. Die departement sê in 'n verklaring op die regering se webtuiste hy verwelkom die uitkomste as ’n bemoedigende aandu

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Australië tree strenger op teen mense wat hul visums oorskry
Australië gaan strenger optree teen mense wat hul visums oorskry. Internasionale studente gaan ook verbied word om hul gesinne saam te bring, en die verblyfduur van rugsakreisigers sal beperk word. Dit vorm deel van ’n reeks veranderinge om migrasie te verminder. ABC News berig Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke, sê die veranderinge sal die integriteit van die migrasieprogram herstel en die federale regering meer beheer gee oor die vraaggedrewe komponente

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


'n Boer is aan mensehandel en verkragting skuldig bevind
'n Boer is ná ’n verhoor van meer as 18 maande aan onder meer mensehandel en verkragting skuldig bevind. Maroela Media berig Louis Lategan van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdag in die hooggeregshof in Makhanda skuldig bevind op ses aanklagte van mensehandel, vyf aanklagte van verkragting, verskeie aanklagte van aanranding asook twee aanklagte van onwettige besit van ammunisie. Rosestad-nuus het vroeër berig Lategan het glo met Facebook-advertensies en later 'n agentskap s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Nog ‘n slagoffer is in Ekurhuleni ontdek
Die polisie het Donderdagoggend die liggaam van nog ’n vrou in Dawn Park in Ekurhuleni ontdek. Die vrou se liggaam is halfnaak en in ’n laken toegedraai langs die pad gevind. eNCA berig ondersoekbeamptes probeer vasstel wat haar identiteit is en wat die omstandighede rondom haar dood was. Die ontdekking volg ná die sterftes van agt ander vroue wie se liggame die afgelope twee maande op verskeie plekke in Ekurhuleni gevind is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n multidissi

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Amber-Lee Hughes verskyn op TikTok vanuit die tronk
Video’s, selfies en oënskynlike stemboodskappe van die veroordeelde moordenaar Amber-Lee Hughes het op TikTok beland terwyl sy in ʼn Johannesburgse tronk aangehou word. Maroela Media berig die departement van korrektiewe dienste (DKD) het 'n onwettige selfoon tydens 'n klopjag gevind. Volgens die DKD het ʼn selmaat in dieselfde eenheid as Hughes eienaarskap van die foon erken. In die video’s van TikTok-gebruiker Just Advocacy word beweer dat Hughes ongehinderde toegang tot ʼn se

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die Madlanga-kommissie is reeds een jaar aan die gang
Dit is Donderdag een jaar sedert die Madlanga-kommissie van ondersoek begin het om openbare getuienis oor beweerde korrupsie in Suid-Afrika se strafregstelsel aan te hoor. Die kommissie het oor 174 dae van verhore getuienis van 110 getuies, insluitend 36 beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, aangehoor. Die verhore het meer as 26 000 bladsye mondelinge getuienistranskripsies opgelewer. Die kommissie sê dat hulle sedert hul eerste verhoor ’n jaar gelede aansienlike vor

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


VS vroueboere sê hul groei word steeds belemmer
Vroueboere in die Vrystaat sê beperkte toegang tot grond, finansiering en markte, asook veediefstal, belemmer steeds hul groei. Die kwessies is geopper tydens die provinsie se eerste Vroue-in-Landbou-Imbizo in Botshabelo. SABC News berig een vroueboer, Mponeng Lentoro, sê landbouvoorligtingsdienste en ekonome word dringend benodig om boere te help om ingeligte besluite oor gewasse, grondtoestande, weerpatrone en markte te neem. Nog 'n vroueboer, Agnes Mokhele, wat vee, groent

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die Glen-vrou wat glo haar kleinneef vermoor het, verskyn in die hof
Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyfjarige kleinneef in Glen by Bloemfontein vermoor het, het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof hier verskyn. Netwerk24 berig Vuyiswa Joyce Leeuw bly in aanhouding saam met haar baba, wat nou sowat ses maande oud is. Haar verhoor sal in Februarie 2027 begin. Leeuw word daarvan beskuldig dat sy Onkarabetse Leeuw in November 2025 vermoor het. Sy lyk is naby sy huis in Glen gevind, nie ver van waar die lyk van Leeuw

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


OGGEND SPORT: Tony Brown verruil die Bokke vir die All Blacks, Messi kry ‘n uitnodiging vir sy afskeidswedstryd, En Die 2027-Formule Een-kalender word bekendgestel
*** In rugby: Tony Brown gaan die Springbokke se afrigtingsboks vir dié span se grootste teenstanders verruil, nadat hy Suid-Afrika gehelp het om ’n 3–1-oorwinning in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks te behaal. Ruck.co.uk berig New Zealand Rugby het in Junie aangekondig dat Brown vanaf 2028 vir twee jaar as assistentafrigter by die All Blacks sal aansluit. Hy sal sy bestaande kontrak met die Springbokke voltooi, wat tot aan die einde van die 2027-Rugbywêreldbeker strek. Die

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17
bottom of page


