top of page


Alle Plasings


Macpherson se hofaksie wek kritiek
ActionSA het skerp kritiek uitgespreek op die besluit van die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, om regstappe teen die parlement in te stel. Maroela Media berig Macpherson wil 'n bevinding van die parlement se gesamentlike komitee oor etiek en lede se belange betwis nadat die komitee bevind het dat hy die etiese gedragskode oortree het. Die komitee het verlede maand bevind dat Macpherson diskriminerende opmerkings teenoor ActionSA-ondersteuners ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


Amptenare wat die Lourierpark-grondtoewysingsproses wil kaap sal nie geduld word
Munisipale amptenare wat glo probeer om die Lourierpark-grondtoewysingsproses vir persoonlike gewin te kaap, sal nie geduld word nie. Die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, sê hoewel munisipale werknemers, soos alle inwoners, toegang tot behuisingsgeleenthede verdien, moet hulle die behoorlike prosesse volg wat vir hulle beskikbaar is. Hy voeg in ‘n mediaverklaring by hy het die prosesse rondom die toewysing van erwe in Lourierpark laat nagaan en is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


Vakbonde verwerp bewerings van konsultasies met die Poskantoor
Die vakbond Depacu en die poswerkersvakbond Sapwu het bewerings verwerp dat werkers en vakbonde geraadpleeg is oor sleutel eise wat aan die minister van kommunikasie, Solly Malatjie, voorgelê is. Dit kom nadat die Poskantoor se sakereddingspraktisyns beweer het dat hulle voortgegaan het om verteenwoordigers van werkers oor eise te betrek. Die vakbonde sê egter dat geen besprekings plaasgevind het oor lone óf die kwessies wat tydens ’n werkersoptog geopper is nie, ondanks belo

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 23


Die Vrystaatse polisie berei voor vir ‘n nasionale optog
Polisie in die Vrystaat sê hulle is gereed om wet en orde te handhaaf tydens die beplande nasionale optog op 30 Junie. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Thabang Lesia, sê veiligheidsmagte, intelligensiestrukture en private sekuriteitsmaatskappye het planne gekoördineer om kritieke infrastruktuur te beskerm en openbare veiligheid te verseker. Die polisie het potensiële brandpunte geïdentifiseer en hulpbronne dienooreenkomstig ontplooi. Lesia sê vreedsame p

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 23


Twee kinders is tydens ‘n hittegolf dood in ‘n motor gevind
Twee jong kinders is in Frankryk oorlede nadat hulle tydens 'n erge hittegolf in 'n motor gevind is. IOL berig die kinders, onderskeidelik twee en vier jaar oud, is gister in die gesin se kar aangetref. Nooddienste het die kinders in hartstilstand gevind nadat hulle na die toneel ontbied is. Plaaslike owerhede vermoed die hittegolf het waarskynlik tot die sterftes bygedra. Die kinders se ma is ook op die toneel behandel. Die hittegolf veroorsaak reeds groot ontwrigting in del

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


Miljarde is glo deur die pensioenfonds verloor
Die Staatsamptenarevereniging het kommer uitgespreek oor berigte dat die Staatsamptenarepensioenfonds sowat R18 miljard verloor het. Volgens die vereniging is die geld na bewering in 23 maatskappye belê. Die Openbare Beleggingskorporasie het glo die beleggings namens die fonds gemaak. Die vakbond waarsku dat die bewerings, indien dit waar is, op 'n ernstige mislukking van bestuur en fidusiêre verantwoordelikheid kan dui. Hulle voeg by die verliese wek kommer omdat dit staatsa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


'n SA roman is nou 'n Netflix-treffer
Die Suid-Afrikaanse skrywer Sue Nyathi se selfgepubliseerde roman, The Polygamist, het ‘n wêreldwye treffer geword nadat dit in ‘n Netflix-telenovella verwerk is. Dertien jaar nadat die boek die eerste keer vrygestel is, het die reeks van 22 episodes op 12 Junie gedebuteer en tot die derde plek op Netflix se wêreldwye kyklys geklim. Die drama ondersoek hedendaagse poligamie en die impak daarvan op vroue. Nyathi sê die storie is geïnspireer deur haar waarnemings van mans wat v

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


‘n Beampte word oor sy dansery oor die kole gehaal
Die polisie gaan departementele stappe neem teen 'n beampte nadat video's van hom waar hy in uniform sing en dans, op sosiale media versprei is. The Citizen berig die video's wys die beampte met alkohol in die hand terwyl hy dans. Volgens die polisie is die gedrag in stryd met die organisasie se beleid en gedragskode. Die beampte, wat in Mpumalanga gestasioneer is, is reeds geïdentifiseer. Polisiewoordvoerder kolonel Mavela Masondo sê lede mag nie video's of ander inhoud in u

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


Senior Britse parlementslede steek hand op vir die pos van eerste minister
Minstens twee senior parlementslede van die Britse Arbeidersparty oorweeg dit om deel van die leierskapswedloop te word. Dit is om te verhoed dat parlementslid Andy Burnham die eerste minister word sonder dat hy ooit formeel teenstand gekry het. SABC-nuus berig die voormalige minister van Verdediging, Al Carns, oorweeg dit om sy hand op te steek, terwyl die huidige eerste minister, Keir Starmer se stafhoof, Darren Jones, die moontlikheid om te staan, nie uitgesluit het nie. P

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Malema vat 'n radio-man weer hof toe oor laster
Julius Malema het opnuut die hooggeregshof in Pretoria genader vir ’n bevel wat ’n radio-omroeper in die tronk kan laat beland omdat hy glo aanhou om lasterlike uitlatings teenoor die EFF-leier te maak. Maroela Media berig ’n omroeper van Vuma FM, Ngizwe Mchunu, is reeds vroeër deur dieselfde hof gelas om om verskoning te vra vir vorige uitlatings wat hy oor Malema gemaak het. Malema sê Mchunu het tydens 'n onderhoud met die SAUK erken hy het net om verskoning geva om dat die

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Meer as 'n duisend verdagtes is vas tydens Operasie Shanela
Die polisie het 1 115 verdagtes in hegtenis geneem tydens die jongste Operasie Shanela in die Vrystaat, wat geweldsmisdaad, dwelms, onwettige vuurwapens en gesoekte verdagtes geteiken het. Arrestasies is gemaak in verband met moord, poging tot moord, aanranding, en vir dwelmverwante oortredings. Die polisie het ook meer as 300 gesoekte verdagtes en 138 ongedokumenteerde buitelandse burgers in hegtenis geneem. Talle motoriste is in hegtenis geneem vir dronkbestuur, terwyl drie

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Bosa veroordeel 'n derde politikus-moord op een dag
Bosa sê die land moet nie geweld normaliseer nie. Die party het die moord op sy wykskandidaat in Gugulethu in Kaapstad veroordeel. Volgens Bosa is Leon Ngcikwe Saterdagaand doodgeskiet. Rosestad-nuus het vroeër berig van twee ander politici wat ook Saterdag in die land vermoor is: Die DA se wykskandidaat Sinovuyo Dyokwe, wat Saterdag vanaf ’n kiesersregistrasiepunt op pad huis toe was toe sy vermoor is, en raadslid Sicelo Mleve, wat in sy kantoor in Gqeberha in die Oos-Kaap '

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Die R50-kragheffing geld nie vir almal
Geregistreerde lae-inkomste huishoudings in die Mangaung Metro Munisipaliteit hoef nie die nuwe R50-basiese heffing vir voorafbetaalde elektrisiteit te betaal nie. Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, sê in ‘n mediaverklaring die heffing geld slegs vir huishoudelike voorafbetaalde verbruikers wat nie op die metro se register vir behoeftige huishoudings verskyn nie. Volgens die kragverskaffer sal huishoudings wat op die register is, steeds hul gewone Gratis Basiese Elektri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 23


Gana stuit Ramaphosa se afsetkomitee-aansoek
President Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlementêre afsettingskomitee se werk te stuit word teengestaan. Die voorsitter van die parlementêre afsettingskomitee oor die artikel 89-ondersoek, Makashule Gana, het ’n beëdigde verklaring tot dien effekte ingedien. Maroela Media berig die saak sal op 15 en 16 Julie in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word. Die parlement se kommunikasiedienste het in ’n kort verklaring gesê die komitee sal voortgaan met sy werk,

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Agt jong Suid-Afrikaners pryk op 'n gesogte Forbes-lys
Nie minder nie as agt jong Suid-Afrikaanse baanbrekers is op Forbes Africa se 30 Under 30- klas van 2026 aangewys. Dit maak Suid-Afrika die land met die meeste verteenwoordigers op dié lys. Good Things Guy berig die Forbes Africa 30 Under 30- lys vereer entrepreneurs, kreatiewes, sportlui en veranderingsagente onder 30 wat ’n beduidende impak in hul onderskeie velde maak. In die sportkategorie is die Protea-ster Marco Jansen, die middelafstandsensasie Prudence Sekgodiso en Or

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


'n VS munisipale finansiële hoof se omstrede aanstelling is onwettig verklaar
Die omstrede aanstelling van die finansiële hoof van die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat is onwettig verklaar. Netwerk24 berig Amos Makoae is in Oktober 2023 in dié pos by die munisipaliteit aangestel nadat hy in Januarie 2022 weens finansiële wanbestuur deur die Mafube-munisipaliteit afgedank is. Luidens die uitspraak in die hooggeregshof in Gauteng het Makoae in sy tyd by Mafube onder andere transaksies buite die munisipaliteit se finansiële stelsels toegelaat en

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


'n Ondersoek word gevra nadat 'n OVK-amptenaar glo in besit van verskeie ID’s gesien is
Die parlement se Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake vra ’n dringende ondersoek ná ’n voorval waarby ’n amptenaar van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) betrokke is. Dit volg op ’n video wat op sosiale media versprei word wat na bewering ’n OVK-amptenaar in besit van verskeie ID’s by ’n kiesersregistrasiepunt wys. Die komitee waarsku dat sulke voorvalle die geloofwaardigheid van die verkiesingsproses kan ondermyn. Dit hou vol dat die OVK die saak moet ondersoek e

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Die weermag is op bystand vir die beplande 30 Junie optogte
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is op bystand geplaas voor die landwye betogings teen onwettige immigrasie wat vir 30 Junie beplan word. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê meer as R500 miljoen is beskikbaar gestel om wetstoepassingsoperasies te versterk en onrus te voorkom. Die polisie verhoog sy paraatheid in Gauteng, KwaZulu-Natal, die Wes-Kaap en die Oos-Kaap, terwyl owerhede saam met provinsiale en munisipale leiers, private veiligheidsmaatskap

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


Die Britse eerste minister bedank ná net twee jaar
Die Britse eerste minister, Keir Starmer, het sy bedanking aangekondig nadat hy minder as twee jaar in die amp was. Sy wyd verwagte aankondiging kom ’n dag voor die tiende herdenking van die Brexit-referendum, wat die Verenigde Koninkryk se uittrede uit die Europese Unie aan die gang gesit het. The Citizen berig Starmer sê elke besluit wat hy geneem het, was daarop gemik om die land wat hy liefhet eerste te stel, en daarom sal hy as leier van die Arbeidersparty bedank. Starme

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


OGGEND SPORT: De Klerk en Koch sluit by die Barbarians aan, SA se O.19 Vroue is aangewys vir ‘n historiese Pakistan-toer en Messi maak nóg Wêreldbeker-geskiedenis
Ons skop af met rugby-nuus: Faf de Klerk en Vincent Koch het by die Barbarians aangesluit nadat hulle uit Suid-Afrika se Nasieskampioenskap-groep gelaat is. Albei spelers is gereed om by die uitnodigingspan in Londen aan te sluit voor hul botsing teen Wallis op Twickenham hierdie Saterdag. Intussen het die Junior Springbokke veranderinge aan hul Onder-20 Wêreldkampioenskap-groep aangebring, nadat Riley Norton en Vusi Moyo na die senior Springbok-groep opgeroep is, met plaasve

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 23


Die VS LUR pak gesondheidsorguitdagings
Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het met die Xhariep-distriksgesondheidsraad vergader om gesondheidsorguitdagings en dienslewering te bespreek. Die raad het kommer uitgespreek oor vandalisme, personeeltekorte en die behoud van noodmediese personeel. Ten spyte hiervan het die distrik ‘n pasiënttevredenheidskoers van 82 % bereik en ernstige diarreegevalle met meer as 80 % verminder. Mahlatsi spoor ouers aan om hul kinders in te ent en sê die departement vul

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


‘n Man sit lank vir die moord op sy meisie in die VS
‘n Lesotho-burger is tot 25 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die moord op sy meisie in Hennenman in die Vrystaat in 2023. Die Vrystaat-hooggeregshof in Welkom het Katleho Molibeli gevonnis nadat hy hom skuldig bevind het aan die noodlottige steek van die vrou by haar huis. Hy het ‘n bykomende 12 maande tronkstraf ontvang omdat hy onwettig in Suid-Afrika was. Molibeli het ná die moord na Lesotho gevlug, maar is na ‘n ondersoek opgespoor, in hegtenis geneem en aan Suid

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 23


MIDDAG SPORT: KSA vereer ‘n uitstaande seisoen, Clark trotseer die druk om die US Open te wen en Swêde sê les op
In krieket-nuus: Krieket Suid-Afrika sal sy jaarlikse Pathway- en Professionele Toekennings op 16 Julie by die Sandton-konferensiesentrum aanbied onder die tema Crowning Glory. Die geleentheid sal prestasies erken van die seisoen wat van Mei 2025 tot einde April 2026 strek, wat groot prestasies op die wêreldverhoog insluit. Die Proteas-manspan het in 2025 ‘n historiese IKR-wêreldtoetskampioenskap-oorwinning by Lord’s behaal, terwyl die Proteas-vroue ‘n derde agtereenvolgende

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 22


Vrees hou mense stil oor korrupsie
Sowat 61% van Suid-Afrikaanse huishoudings sê hulle is persoonlik deur korrupsie geraak. eNCA berig die jongste verslag van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing toon dat baie mense steeds korrupsie as een van die maniere beskou om sukses te behaal. Navorser dr. Steven Gordon sê die algemene opvatting dat Suid-Afrikaners nie korrupsie verdra nie, stem nie altyd met die werklikheid ooreen nie. Volgens hom is baie mense ook huiwerig om korrupsie by die owerhede aan te mel

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22
bottom of page


