top of page


Alle Plasings


SA kan voordeel trek uit verlaagde Amerikaanse tariefkoers
Suid-Afrika is een van die lande wat na verwagting voordeel sal trek uit nuwe handelstariewe wat deur die Amerikaanse president, Donald Trump, ingestel word. Dit volg nadat die Amerikaanse Hooggeregshof vroeër vanjaar beslis het dat sy omvattende globale tariewe onwettig was. Die Verenigde State het verlede jaar 'n tarief van 30% op Suid-Afrika ingestel. Die tariefkoers sal na verwagting nou tot 12,5% verlaag word nadat 'n ondersoek na bewerings van dwangarbeid afgehandel is.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


Druk by die pompe gaan nog 'n ruk duur
Suid-Afrikaners moet hulle gereed maak vir nog 'n paar maande se druk by die brandstofpompe. Ekonoom Dawie Roodt sê hoewel globale oliepryse onlangs gedaal het, word beduidende verligting in brandstofpryse nie op kort termyn verwag nie. Volgens Roodt sal baie lande na verwagting hul strategiese oliereserwes herbou ná die onlangse spanning in die Midde-Ooste. Dit kan die vraag na olie hoog hou en verdere druk op pryse plaas. Hy meen die langtermynvooruitsigte vir oliepryse lyk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


Bulldog-eienaars wen ‘n skade-eissaak
'n Vrou se eis van honderde duisende rand teen haar bure is deur die hooggeregshof van die hand gewys. Nova News berig die saak het gevolg nadat Louise Ann Rivett beweer het sy is ernstig beseer toe haar bure se Engelse bulldog haar omgestamp het. Rivett het aangevoer dat die hond tussen haar bene ingehardloop het en haar laat val het. Die bure het egter ontken dat die hond enige fisieke kontak met haar gemaak het en gesê sy het geval terwyl sy haar eie honde probeer optel he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


‘n Plaaslike polisiekantoor is al twee maande sonder krag
Die Boithuso-polisiekantoor in Botshabelo is al twee maande sonder elektrisiteit nadat kabeldiefstal skade aan ondergrondse infrastruktuur veroorsaak het. Sunday World berig dat die kragonderbreking polisiewerk ernstig belemmer, insluitend die indiening van klagtes, die ondertekening van beëdigde verklarings en die insameling van data. Die kwessie is deur die African Alliance of Social Democrats onder die aandag van verskeie provinsiale rolspelers gebring. Die party waarsku d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


Afrika-leiers moet verantwoordelikheid vir hul mense neem
Die Forum vir Suid-Afrika, Fosa, sê Afrika-leiers moet meer doen om toestande te skep waarin mense in hul eie lande kan floreer. Die burgerlike organisasie meen beter regering, minder korrupsie en groter ekonomiese geleenthede kan help om migrasie-uitdagings regoor die vasteland aan te spreek. Fosa voer aan dat baie mense hul tuislande verlaat omdat hulle elders beter geleenthede en sekuriteit soek. Die organisasie doen ook 'n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om immigra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


El Niño wek kommer oor voedselpryse
'n Versterkende El Niño-weerpatroon wek nuwe kommer oor voedselpryse wêreldwyd. Klimaatagentskappe en ontleders waarsku dat die verskynsel moontlik tot 'n sogenaamde super El Niño kan ontwikkel, wat tot in 2027 uiterste weerstoestande in belangrike landboustreke kan veroorsaak. Produsente van gewasse soos kakao, koffie en suiker maak reeds gereed vir moontlike droogtes, hittegolwe en swaar reën in dele van Wes-Afrika en Suidoos-Asië. Onlangse oesverliese wat met El Niño verbi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


‘n Vermeende renosterstroper is doodgeskiet
'n Vermeende renosterstroper is tydens 'n teenstropingsoperasie deur polisiebeamptes doodgeskiet. Volgens Nuusflits het die voorval op 'n plaas in die Pienaarsrivier-gebied in Limpopo plaasgevind nadat lede van 'n teenstropery-eenheid skote gehoor en ondersoek ingestel het. Polisiewoordvoerder Hlulani Mashaba sê hommeltuie is gebruik om die gebied te monitor en verdagtes op te spoor nadat drie witrenosterkarkasse ontdek is. Die polisie beweer een van die verdagtes het op beam

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


Die polisie ontdek ‘n ‘begraafplaas’ vir gestroopte voertuie
Verskeie gesteelde en gestroopte voertuie is op 'n terrein in die De Deur-gebied in Gauteng ontdek tydens 'n intelligensie-gedrewe polisie-operasie. Volgens The Citizen het die polisie op die terrein toegeslaan nadat inligting ontvang is dat gekaapte voertuie daarheen geneem word nadat waardevolle onderdele verwyder is. Beamptes het talle uitgebrande en gestroopte voertuigwrakke op die eiendom gevind, waaronder 'n Mercedes-Benz, Audi en VW Polo. Die Suid-Afrikaanse Polisiedie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 22


Kommer word uitgespreek oor Gems se plan om sy beplande bydraeverhoging te verlaag
Kommer word uitgespreek oor die Mediese Skema vir Staatsamptenare (Gems) se besluit om sy beplande bydraeverhoging vir hierdie jaar te verlaag. Gems het ingestem om sy bydraeverhoging vanaf volgende maand van 9,8 % tot 7,5 % te verminder. Dit volg op druk van Cosatu en ander vakbonde. Die Raad vir Mediese Skemas sê die verminderde verhoging kan lei tot ’n verlies van ongeveer R1,5 miljard in jaarlikse bydrae-inkomste. Dit waarsku dat dit sal lei tot ’n groter befondsingstekor

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Drie verskyn in die hof oor Ters-bedrog meer as 'n miljoen rand
Drie beskuldigdes het in die Ventersburg-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery wat verband hou met ’n beweerde COVID-19 Tydelike Werknemersverligtingskema (Ters)-bedrogspul van R,13 miljoen. Die Valke beweer dat ’n maatskappydirekteur en ’n konsultant bedrieglik ’n eis ingedien het deur 356 mense as werknemers van ’n Noordwes-maatskappy te lys. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het na bewering meer as R1 360 000 verloor. Die bes

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Die eerste ronde vredesamesprekings tussen die VSA en Iran is afgesluit
Die eerste ronde samesprekings om ’n finale ooreenkoms te bereik om die konflik tussen die Verenigde State en Iran te beëindig, is in Switserland afgesluit. Bemiddelaars van Katar en Pakistan beskryf dit as bemoedigende vordering. Die gesprekke volg op verlede week se memorandum van verstandhouding. Tegniese onderhandelinge sal na verwagting gedurende die week voortgaan. Volgens die bemiddelaars is ’n padkaart aanvaar om binne 60 dae ’n finale ooreenkoms te bereik, terwyl meg

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


'n VS man is vas vir poging tot moord op sy swanger meisie
Die polisie in Tseseng in die Vrystaat het ‘n man in hegtenis geneem vir die beweerde poging tot moord op sy swanger meisie. Owerhede sê die slagoffer is by haar huis aangeval toe die verdagte haar na bewering met ‘n glasvoorwerp aangerand het nadat hy haar van ontrouheid beskuldig het. Sy het ontsnap en die polisie het haar later beseer gevind tydens ‘n opsporingsoperasie nadat omstanders kommer uitgespreek het. Sy is hospitaal toe geneem vir behandeling. Die verdagte sal na

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Die Polisiediens is gereed vir die beplande demonstrasies
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens sê hulle is gereed vir die beplande demonstrasies aan die einde van hierdie maand. Groepe, wat March and March insluit, beplan optogte regoor die land teen onwettige buitelanders. Boodskappe wat buitelandse burgers dreig, is op sosiale media gedeel en waarsku hulle om die land voor die einde van die maand te verlaat. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOT

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Twee is dood in aparte insidente tydens die kieserregistrasienaweek
In twee afsonderlike insidente is mense dood geskiet terwyl hulle in diens van hul stede was. In die eerste insident is 'n gemeenskapsaktivis en plaaslike tussenverkiesingskandidaat in Dunoon in Kaapstad doodgeskiet nadat sy die dag daaraan bestee het om mense te help registreer om te stem. Die DA se wykskandidaat Sinovuyo Dyokwe, was Saterdag op pad huis toe vanaf ’n kiesersregistrasiepunt toe sy vermoor is. Die GOOD-party se koukus in die Stad Kaapstad het die moord ook ten

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Die regisseur van Friends is oorlede
Die legendariese regisseur van sommige van Amerika se mees geliefde sitkoms, James Burrows, is in die ouderdom van 85 jaar oorlede. Burrows, veral bekend as medeskepper van die sitkom Cheers, het meer as 'n duisend episodes van ander klassieke TV-komediereekse geregisseer, insluitend Friends, Big Bang Theory en Will and Grace. Prokureur Tom Hoberman het Burrows se dood aan CBS News bevestig. In ‘n loopbaan van meer as 50 jaar het Burrows 11 Emmy-toekennings en vyf Directors G

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Mangaung-inwoners braak gal oor Centlec se maandelikse heffing
Inwoners van die Mangaung-metro braak gal oor Centlec se goedgekeurde vaste maandelikse heffing van R50 op elektrisiteitsaankope en verhoogde bloktariewe vir energieverbruik. Netwerk24 berig kritiek sluit in dat selfs dié basiese koste buite bereik van arm huishoudings is. Die jongste elektrisiteitstariefverhogings tree op 1 Julie in werking. Die nuwe syfers is voor BTW, wat beteken dat die finale bedrag wat inwoners betaal nog hoër sal wees. Die tariefverhogings kom te midde

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


OGGEND SPORT: Die Bokke is tevrede, Kapp dryf die Proteas tot 'n oorwinning en die VSA het hul plek in die uitklopfases verseker
Ons skop af met rugby-nuus: Die Springbokke en SA ‘A’-span het oortuigende oorwinnings oor onderskeidelik die Barbarians en Zimbabwe behaal, maar afrigters, Rassie Erasmus en Mzwandile Stick, het beklemtoon dat beduidende verbetering steeds nodig is voor die Nasieskampioenskap. Intussen het Embrose Papier en Herschel Jantjies teruggekeer vir Julie se toetse teen Engeland, Skotland en Wallis, hoewel Sacha Feinberg-Mngomezulu mik na ‘n terugkeer van besering vir die All Blacks-

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 22


Die Gratis Basiese Elektrisiteitprogram word hersien
Die regering hersien tans Suid-Afrika se Gratis Basiese Elektrisiteitprogram om meer ondersteuning aan behoeftige huishoudings te bied. Volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, word die huidige toekenning van 50 kilowatt-uur gratis elektrisiteit per maand as verouderd beskou en kan dit aangepas word. My City Bloemfontein berig die regering sê baie huishoudings wat kwalifiseer, maak steeds nie gebruik van die subsidie nie weens beperkte bewusth

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


BKS: Die VS is die voorbok met inentings
Die Vrystaat het een miljoen bek-en-klouseer inentings bereik terwyl Suid-Afrika pogings opskerp om die uitbreking te beperk. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê twee miljoen Dollvet-entstowwe het by OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom. Die Landbounavorsingsraad het 20 000 dosisse gebottel en sal hierdie maand nog 20 000 voorberei. Totale inentings staan nou op ongeveer 5,5 miljoen beeste landwyd, met provinsies wat die uitrolpogings versnel. Die Vrystaat lei

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Die kiesers-registrasienaweek het grootliks vlot verloop
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê sy kiesersregistrasieveldtog hierdie afgelope naweek het vlot verloop in al nege provinsies. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, sê voorlopige syfers dui daarop dat die totale registrasie-aktiwiteit moontlik die eenmiljoenkerf oorskry het en dat baie van die eerste keer-registrasies jongmense was. Die registrasienaweek was deel van voorbereidings vir die 2026 plaaslike regeringsverkiesing. Die OVK sal Maandagmiddag die final

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Huishoudings kan dalk eendag krag sommer in die tuin opwek
‘n Britse aanvangsonderneming sê tegnologie wat bakterieë wat natuurlik in grond voorkom gebruik, kan eendag huishoudings help om elektrisiteit uit hul tuine op te wek. Die stigter en uitvoerende hoof van die maatskappy Bactery, Jakub Dziegielowski, sê die stelsel produseer ‘n deurlopende vloei van krag en vul hernubare bronne soos sonenergie aan deur selfs te werk wanneer die son nie skyn nie. Die maatskappy sê laboratoriummodelle is ses keer kragtiger as huidige prototipes,

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 22


Langer dae is op pad
Sondag is die kortste dag en langste nag van die jaar vir miljoene mense regoor die Suidelike Halfrond. Volgens berigte het die wintersonstilstand vroeg Sondagoggend plaasgevind toe die Suidpool sy verste kanteling van die son bereik het. Vir Suid-Afrika en ander lande in Suider-Afrika beteken dit die vroegste sonsondergang van die jaar en minder dagligure. Die goeie nuus is dat dae van nou af geleidelik langer sal word, met daglig wat elke dag met 'n paar sekondes toeneem na

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 21


Daar is geen rede vir paniek oor MIV-befondsing nie
Suid-Afrika het reeds 'n oorgangsplan in plek indien die Amerikaanse regering besluit om MIV/Vigs-befondsing deur Pepfar te onttrek. Volgens die Departement van Gesondheid is voorbereidings reeds aan die gang sedert verlede jaar se befondsingsvriespunt. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Pepfar ondersteun MIV-programme in 27 hoëlasdistrikte, maar dat die regering sowat 90% van die land se voorraad antiretrovirale medikasie befonds. Hy beklemtoon dat daar geen

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 21


Bedrieërs doen hul voor as gesondheidsinspekteurs
Gesondheidswerkers en gesondheidsfasiliteite word gewaarsku om op hul hoede te wees vir bedrieërs wat hulle voordoen as inspekteurs van die Kantoor vir Gesondheidstandaarde-nakoming. Volgens Eyewitness News volg die waarskuwing nadat berigte ontvang is van 'n persoon wat valslik beweer het dat 'n inspeksie geskeduleer is en dat betaling beweerde tekortkominge kon oplos. Woordvoerder Ricardo Mahlakanya beklemtoon dat wettige inspekteurs nooit kontant, belonings of persoonlike

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 21
bottom of page


