top of page

Die Groot r ontbyt
Weeksdae 6:00 - 9:00
met armando en jana


Alle Plasings


‘Die Ouditeur-generaal se verslag beklemtoon ‘n diep munisipale finansiële krisis’
Slegs 15% van munisipaliteite het skoon oudits in die 2024-'25 finansiële jaar behaal. Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het die plaaslike regeringsoudituitkomste Woensdag in die parlement ter tafel gelê. Volgens die VF Plus toon die verslag ernstige finansiële wanbestuur en korrupsie in plaaslike regering. Die party se Michal Groenewald voeg by dat 123 munisipaliteite tegnies bankrot is, terwyl baie met voortdurende kontantvloeiprobleme worstel en nie diensverskaffers

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Slim-ID-dienste is nou by talle banktakke beskikbaar
Slim-ID-dienste is nou by 203 banktakke regoor Suid-Afrika beskikbaar nadat die Departement van Binnelandse Sake sy vennootskap met verskeie banke uitgebrei het. Capitec beskik oor die meeste deelnemende takke, gevolg deur Standard Bank en FNB. Volgens die departement stel die nuwe digitale model banke in staat om Slim-ID-aansoeke deur hul eie stelsels te verwerk. Die doel is om toegang tot die diens te verbeter en die proses meer doeltreffend te maak. Binnelandse Sake sê die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Bloemfontein-dieretuin se heropening is op dreef
Planne om die Bloemfontein-dieretuin weer oop te maak, bly op dreef, hoewel daar nog geen datum vir die heropening is nie. BloemNuusExpress berig die Mangaung Metro Munisipaliteit is besig met opgraderings en onderhoudswerk om aan die vereistes vir die heropening te voldoen. Volgens die metro word onveilige strukture verwyder, dierehokke vergroot en opgeknap, en word werk ook aan die terrein se heinings, besproeiingstelsel en waternetwerk gedoen. Die waarnemende algemene best

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Die Mangaung-metro versterk bande met Rusland
Die Mangaung-metro se uitvoerende burgemeester, Gregory Nthatisi, het die Russiese ambassadeur in Suid-Afrika, Roman Ambarov, en sy afvaardiging in Bloemfontein ontvang as deel van die metro se pogings om internasionale vennootskappe te versterk. Volgens Ntatisi ondersoek die metro geleenthede vir beleggings, ekonomiese groei en werkskepping. Hy meen Rusland se kundigheid in swaar nywerhede kan moontlike samewerkingsgeleenthede vir Mangaung bied. Die ambassadeur het Rusland s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


‘n Korrupte konstabel is in Bfn gevonnis
'n Voormalige polisiekonstabel is in die streekhof in Bloemfontein op twee aanklagte van korrupsie skuldig bevind. Die vonnis volg ná 'n suksesvolle lokvaloperasie deur die Vrystaatse polisie se teenkorrupsie-eenheid in Januarie 2021. Die voormalige konstabel, Sibongile Makoli, het glo R1 000 van 'n buitelandse burger geëis nadat die persoon sonder 'n geldige paspoort aangetref is. Die klaer het aanvanklik R200 betaal en ingestem om die balans later te oorhandig. Die teenkorr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Bethlehem ding mee om Dorp van die Jaar
Groot opgewondenheid heers in die Oos-Vrystaat nadat Bethlehem as die Vrystaat se finalis in Kwêla op kykNET se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys is. Vista berig die aankondiging is onlangs gemaak en plaas die dorp in die wedloop om die gesogte titel. Bethlehem se plek onder die finaliste volg op 'n merkwaardige herlewing die afgelope jaar. Plaaslike ondernemings, gemeenskapsorganisasies, die plaaslike munisipaliteit en inwoners het saamgewerk om die dorp te verfraai en v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


’n Joernalis kry sy beursie wat hy jare gelede verloor het terug
’n Engelse sportjoernalis is herenig met ’n beursie wat hy nie meer as 30 jaar gelede besef het hy verloor het nie. Die 63-jarige Mark Dexter, wat in die vroeë 1990’s oor Leeds United vir die Yorkshire Evening Post verslag gedoen het, is opgespoor nadat ’n bosskoolorganiseerder die beursie gevind het terwyl hy oorgroeide plantegroei in Rawdon skoongemaak het. Onder die inhoud was ’n Leeds United-lidmaatskapkaart van die 1992-93-seisoen. Dexter sê hy het geen herinnering aan d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Kommunikasie bly 'n uitdaging vir Bela
'n Gebrek aan kommunikasie bly een van die grootste uitdagings met die implementering van die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, beter bekend as die Bela-wet. Daar heers steeds spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente oor die toepassing van die wet. Verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys en die Federasie van Beheerliggame in Suid-Afrika, oftewel Fedsas, het die kwessie tydens Fedsas se nasionale konferensie bespreek. D

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


Gesamentlike optrede lei tot drie arrestasies in Bloemfontein
Drie vermeende inbrekers is ná 'n inbraak by 'n besigheid in die Kerkstraat-omgewing in Bloemfontein aangekeer. Volgens inligting wat deur AfriForum Bloemfontein gedeel is, het AfriForum911 se Reaksie-Eenheid saam met ITR Sekuriteit, Koppieskraal Reaksie-Eenheid en die polisie opgetree nadat die voorval aangemeld is. 'n Gesamentlike soektog is van stapel gestuur waarna die drie verdagtes aangekeer en gearresteer is. Die verdagtes is daarna aan die polisie oorhandig vir verder

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24


VS skole wag nog op geld vir leermateriaal
Meer as 600 skole in die Vrystaat het nog nie befondsing vir leer- en onderrigondersteuningsmateriaal ontvang nie, wat duisende leerders sonder noodsaaklike hulpbronne laat en opvoeders dwing om met beperkte materiaal te werk. Nova News berig die Vrystaatse Departement van Onderwys bevestig befondsing vir dié skole is teruggehou. Die fondse moet gebruik word om handboeke, skryfbehoeftes en ander noodsaaklike onderrighulpbronne aan te koop, en skuld aan diensverskaffers wat re

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Kommer heers oor die koste van die 30 Junie-optogte
Die Forum vir Suid-Afrika (Fosa) het kommer uitgespreek oor die verwagte koste van veiligheidsvoorbereidings vir komende teen-immigrasie-betogings in die land. Dit kom nadat die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, aangekondig het dat voorbereidings vir die 30 Junie-betogings die land ongeveer R600 miljoen kan kos. Fosa doen ’n beroep op ’n volledige uiteensetting van die koste, tesame met onafhanklike oudits om na te gaan hoe die fondse bestee word. Die forum se

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Die UV beveel ’n verpligte dobbelmodule aan
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aanbeveel dat ’n verpligte module oor dobbelgeletterdheid aan studente by hoëronderwysinstellings aangebied word. Dit kom te midde van die toenemende probleem van aanlyn dobbelary en weddenskappe. News24 berig 'n 30-minute-module tydens studente se registrasie word voorgestel. Die waarnemende assistentdirekteur vir studenteleierskapsontwikkeling by die UV, Nothando Hlophe, sê studente het tydens die instelling van ’n finansiële gelet

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Phala Phala: Die parlement aanvaar die gewysigde reëls
Die parlement het gewysigde reëls aangeneem wat die werk van die afsettingskomitee wat bewerings teen president Cyril Ramaphosa ondersoek, sal reguleer. Die aanneming volg op ’n onlangse uitspraak van die Konstitusionele Hof wat die parlement gelas het om die afsettingskomitee te stig. Die ondersoek hou verband met die diefstal van buitelandse valuta van die president se Phala Phala-wildplaas in 2020. Die stap baan die weg vir die komitee om met sy werk te begin, ondanks Rama

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


AfriForum vat Nersa weer hof toe oor Eskom
AfriForum is weer op pad hof toe om Nersa se herberekening oor Eskom te laat hersien en tersyde te stel. Die energiereguleerder sal moet verduidelik waarom hy in Februarie weer besluit het om Eskom ’n bykomende R54 miljard aan inkomste toe te staan, en kragtariewe te verhoog om dié geld in te vorder. Maroela Media berig dit volg nadat Nersa versuim het om die redes vir sy besluit te publiseer, soos die wet vereis. Dit moes binne 90 dae gebeur, wat volgens AfriForum op 10 Juni

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Nuwe behandeling vir slangbyte word ondersoek
Navorsers aan die Noordwes-Universiteit ondersoek of medisyne wat reeds gebruik word om ander toestande te behandel, ‘n nuwe manier kan bied om slangbyte te behandel. Die navorsing word deur Anél Petzer gelei. Die span bestudeer verbindings wat giftige ensieme in slanggif kan neutraliseer. Die benadering kan ‘n alternatief bied vir konvensionele teengif, wat duur is, verkoeling vereis en in gesondheidsorgfasiliteite toegedien moet word. Navorsers het reeds meer as 500 potensi

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Bosa eis ingryping teen hoë lewenskoste
Bosa vra vir meer regeringsingrypings om die publiek teen hoë lewenskoste te beskerm. Die party het deelgeneem aan die parlement se debat oor die Begrotingswetsontwerp. Dit het die regering geprys vir die vermindering van die brandstofheffing toe globale oliepryse gestyg het. Bosa se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, sê die regering moet meer toewyding toon om Suid-Afrikaners te help. LUISTER HIER: Nobuntu Hlazo-Webster. FOTO: BOSA

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Beplande waterpypwerk is suksesvol voltooi
Beplande werk aan 'n hoofwaterpyplyn in Bloemfontein is suksesvol voltooi. Volgens 'n verklaring van die Mangaung Metro Munisipaliteit is die grootmaatwatermeter ook geïnstalleer. Vordering met die oorblywende beplande werk is tans aan die gang, en spanne is steeds op die terrein om te verseker dat alle uitstaande werk afgehandel word. Rosestad-nuus het vroeër berig van 'n beplande wateronderbreking op 23 en 24 Junie vir instandhoudingswerk, en dat lae waterdruk of onderbreki

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


OGGEND SPORT: Die Griekwas maak gereed vir ‘n Curriebeker-verdediging, Du Plessis is reg vir sy langverwagte terugkeer en Ronaldo maak geskiedenis
Ons skop af met rugby-nuus: Die Griekwas begin hul voorbereiding vir die verdediging van hul Curriebeker-titel met ’n opwarmingswedstryd teen die Boland-Kavaliers op 7 Julie in Wellington. Die Kavaliers pak die Stormers XXIII (23) die voorafgaande naweek, terwyl stut, Eddie Davids, weer vir die Poubloues beskikbaar is nadat hy by die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskap was. Griekwas open hul veldtog op 17 Julie teen die Stormers XXIII in Kaapstad nadat hulle verlede jaar

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 24


Varkgriep is volop in Bloemfontein
Die H1N1-virus, algemeen bekend as varkgriep, is tans volop in Bloemfontein. ’n Plaaslike spesialis in interne geneeskunde, Cloete Jansen van Vuuren, sê aan Netwerk24 ongeveer 25% van mense landwyd wat tans ’n virus onder lede het en siek is, het varkgriep. Hy sê dit is hoogs aansteeklik, so dit versprei vinnig, en muteer jaarliks. Jansen van Vuuren beveel aan dat veral ouer mense die griep-inenting kry, aangesien daar 'n toename in sowel beroertes as hartaanvalle is kort ná

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


'Die land kan nie ‘n herhaling van die 2021-onrus bekostig nie'
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê Suid-Afrika kan nie ‘n herhaling van die onrus van Julie 2021 bekostig nie. Hy sê dat slegs die polisie en wetstoepassingsagentskappe die verantwoordelikheid het om die wet in ‘n grondwetlike demokrasie af te dwing. Die minister het ook gewaarsku oor opruiende verklarings op sosiale media wat verband hou met dreigemente rondom beplande aksies in die Wes-Kaap. Cachalia sê die polisie sal hulpbronne mobiliseer om openbare

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


'n Man brand dood in plakkershut
'n Man is dood aangetref nadat sy plakkershut by Nuwe Erwe in Koffiefontein in die Vrystaat gebrand het. Polisiewoordvoerder sersant Sinah Mpakane sê die polisie ’n klagte ontvang oor ’n brandende plakkershut nie ver van die crèche af nie. Die myn se brandweer het op die toneel gereageer en die brand geblus. Personeel van die noodmediese dienste die man op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand is onbekend, en ondersoeke duur voort. Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Die Agri-Tech Jeug-ekspo beklemtoon jong produsente se rol in landbou
Die Departement van Landbou bied die Agri-Tech Jeug-ekspo by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein aan. Volgens 'n plasing op sosiale media sal die ekspo die rol van jong produsente en innoveerders in die vorming van die toekoms van landbou deur tegnologie en innovasie beklemtoon. Die ekspo, wat Dinsdag en Woensdag plaasvind, bied regstreekse demonstrasies van voorpunt-landboutegnologieë, interaktiewe digitale hulpmiddels en innoverende oplossings wat daarop gemik

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


Midde-Ooste: Die VN gaan gestrande matrose ontruim
Die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Maritieme Organisasie sê hy gaan ’n grootskaalse operasie van stapel stuur om meer as 11 000 matrose wat ná die VSA-Israel-oorlog teen Iran in die Golf gestrand is te ontruim. Die VN se sekretaris-generaal, Arsenio Dominguez, sê die operasie sal saam met Iran, Oman, die VSA en ander rolspelers in die streek uitgevoer word nadat veiligheidswaarborge bekom is. Intussen het die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, ty

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24


MIDDAG SPORT: Cullen verlaat vir Leinster, Vondrousova is geskors en Mbappé vier sy hondertste verskyning
In rugby-nuus: Leinster het bevestig dat hoofafrigter, Leo Cullen, aan die einde van die 2026/27-seisoen sal bedank, wat ‘n einde bring aan ‘n merkwaardige 12-jaar lange tydperk in beheer. Die 48-jarige het gesê die tydsberekening voel reg om ‘n nuwe uitdaging aan te pak, maar het beklemtoon dat hy ten volle verbind bly tot die provinsie en sy kontrak tot Junie 2027 sal nakom. In tennis-nuus: Voormalige Wimbledon-kampioen, Marketa Vondrousova, is ‘n skorsing van vier jaar o

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 23
bottom of page

