top of page


Alle Plasings


'Nie-belyning moenie met neutraliteit verwar word nie'
Suid-Afrika sê sy beleid van nie-belyning moenie met neutraliteit verwar word nie. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het gereageer op onlangse opmerkings van die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell. SABC News berig die regering sê Suid-Afrika sal hom nie in geopolitieke mededinging laat intrek of onder druk laat plaas om kant te kies nie. Die land beklemtoon dat sy buitelandse beleid onafhanklik is en gefokus bly op dialoog,

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Nersa se voorsitter bedank
Die nasionale energiereguleerder, Nersa, se voorsitter, Thembani Bukula, het bedank. Maroela Media berig Bukula, wie se pos deeltyds was aangesien hy ook as uitvoerende hoof van die energiehandelaar PowerX gedien het, gaan op sy gesondheid fokus. Sy laaste dag was reeds op 15 Junie. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Nersa se ondervoorsitter, Ria Govender, sal volgens Nersa-wet as voorsitter dien totdat die pos permanent gevul word. Rosestad-

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Neem jou hond saam werk toe
Hondeliefhebbers regoor die wêreld vier Vrydag 26 Junie Neem Jou Hond Werk Toe-dag. Die plaaslike dierewelsynsorganisasie Four Paws Suid-Afrika moedig ‘n welstand-eerste benadering tot die dag aan. Die organisasie sê nie elke hond is geskik vir ‘n besige kantooromgewing nie en dring daarop aan dat eienaars hul troeteldiere se gemak prioritiseer. Aanbevelings sluit in om slegs goed gesosialiseerde honde te neem, stil ruimtes, vars water en gereelde pouses te bied, terwyl hulle

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Discovery lê 'n mosie voor oor gender-diverse mense se gesondheidsorg
Die grootste mediese skema in die land gaan 'n mosie aan sy lede voorlê om sy gesondheidsorgbenadering vir transgender- en genderdiverse mense te hersien. Dit is sover bekend die eerste mediese fonds wat ’n besluit van dié aard aan sy lede voorlê. Netwerk24 berig Discovery Health gaan Donderdag sy lede vra om die mosie te ondersteun. Volgens Discovery is transgender- en genderdiverse Suid-Afrikaners lede van die skema en moet, soos ander lede, toegang hê tot toepaslike gesond

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Die VF Plus waarsku teen toenemende spanning met die VSA
Die VF Plus sê Suid-Afrika staar ernstige gevolge in die gesig nadat hulle die voorwaardes wat deur die VSA gestel is om bilaterale betrekkinge te normaliseer, geïgnoreer het. Dit volg op die onlangse onttrekking van ongeveer R8 miljard in Pepfar-befondsing vir gesondheidshulp aan Suid-Afrika. Volgens die VF Plus is die besluit ’n direkte gevolg van die regering se weiering om op te tree op sleutel-geïdentifiseerde probleemareas. Dit sluit in sterker optrede teen plaasaanvall

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Phala Phala: Die afsettingskomitee se tydlyn hang van ’n bewyse-leier af
Die parlement se afsettingskomitee sê sy tydlyn hang af van die aanstelling van ’n bewyse-leier in die ondersoek oor president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-saak. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, sê die komitee kan nie verhore skeduleer voordat die pos gevul is nie. Die komitee gaan voort met voorbereidings ondanks regsuitdagings deur president Cyril Ramaphoas om die proses vir eers te stop. Makashule Gana. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


'n Minister vra dat adolessente swangerskappe aangespreek word
Die adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Steve Letsike, sê Suid-Afrika het ’n nuwe vennootskapsmodel nodig om adolessente swangerskap aan te pak. Aan die einde van ’n privaatsektor-konsultasie oor adolessente swangerskap in Johannesburg het sy gesê dat die regering, sakeondernemings, die burgerlike samelewing en jongmense saam moet werk om oplossings te skep. Letsike het beklemtoon dat die land programme het wat die probleem

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Toy Story kry 'n Suid-Afrikaanse stem by
Die Suid-Afrikaanse Grammy-bekroonde kunstenaar Tyla het ‘n kinderdroom verwesenlik deur haar stemoptrede-debuut in Disney en Pixar se Toy Story 5 te maak. Sy vertolk die stem van ‘n nuwe karakter, Inflatable Flamingo, in die sub-Sahara Afrika-weergawe van die film. Tyla sê die rol is veral betekenisvol aangesien gehore regoor Afrika ‘n Afrika-stem in die ikoniese rolprentreeks sal hoor. Die sangeres het ook belangstelling in toekomstige toneelspelgeleenthede uitgespreek, ter

Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 25


Dringende inspeksies is vir passasiersvliegtuie gelas
Dringende inspeksies is vir 'n aantal Airbus A380-passasiersvliegtuie gelas nadat krake in dele van die vlerkstruktuur ontdek is. SABC News berig die Europese Unie se Lugvaartveiligheidsagentskap het opdrag gegee dat 16 vliegtuie ondersoek moet word. Vyf van die vliegtuie moet voor hul volgende vlug geïnspekteer word, terwyl die res binne die volgende 25 vlugsiklusse nagegaan moet word. Airbus sê die maatskappy ondersteun die inspeksies en sal saam met die lugvaartowerheid be

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Die nuwe rookwet beweeg ‘n stap nader
Die voorgestelde nuwe wet op tabak- en elektroniese sigaretprodukte is 'n stap nader aan implementering. Volgens BusinessTech het die parlement se portefeuljekomitee oor gesondheid ten gunste van die wetsontwerp gestem om na die volgende fase van die wetgewingsproses te beweeg. Die wetsontwerp stel onder meer strenger reëls vir rook en damp in openbare binnenshuise ruimtes, eenvoudiger verpakking met gesondheidswaarskuwings en 'n verbod op die uitstal en bevordering van tabak

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Tillie en Mathilda gee stem aan vroue wat selde gehoor word
Die bekroonde musiekteaterproduksie Tillie/Mathilda is vanjaar op die verhoog by die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein te sien. Die produksie het ook onlangs die Kanna-toekenning vir beste debuutwerk in musiek by die KKNK ontvang. Die produksie, met Amanda Strydom en Je-ani Swiegelaar, vertel die verhaal van twee vroue uit verskillende wêrelde wie se lewens op 'n aangrypende manier verweef raak. Volgens die Vrystaat Kunstefees staan temas soos hoop, oorlewing, menswaardighe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Welsynstoelaes is nie genoeg om vroue uit armoede te lig nie
Die Kommissie vir Geslagsgelykheid sê die enigste direkte ondersteuning wat beskikbaar is vir vroue om armoede aan te spreek, is toegang tot maatskaplike welsynstoelaes. Die kommissie het die parlement se Portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid oor die saak ingelig. Dit waarsku dat welsynstoelaes nie lei tot verhoogde ekonomiese deelname of finansiële onafhanklikheid vir vroue nie. Volgens die komissie se uitvoerende hoof, Dennis Matotoka, kan die toelaes afhanklikheid

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Noodoefening kan verkeer by Kroonstad raak
As deel van pogings om noodgereedheid, samewerking tussen nooddienste en openbare veiligheid te verbeter, word 'n noodreaksie-oefening Donderdag op die N1 noord by die R34-afrit naby die Shell Ultra City in Kroonstad gehou. Motoriste kan tydelike verkeersontwrigting verwag en sal deur verkeersbeamptes via die R34 herlei word voordat hulle weer by die N1 kan aansluit. Die oefening is 'n gesamentlike inisiatief van Sasol, DP World, die Road Incident Management System, die Moqha

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Aardbewings ruk Japan en Venezuela
'n Sterk aardbewing van 7,2 het Donderdagoggend die noorde van Japan getref. Volgens die Japanse Meteorologiese Agentskap het die aardbewing die kus van Iwate-prefektuur op 'n diepte van sowat 44 kilometer getref. Die agentskap sê daar is geen tsoenami-risiko nie, maar inwoners moet waaksaam bly weens die moontlikheid van grondstortings en ineenstortende geboue. Volgens die Japanse eerste minister is noodmaatreëls reeds in werking gestel. Intussen probeer reddingswerkers in V

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


AfriForum betwis bewerings oor grondbesitstatistieke
Volgens die burgerregte-organisasie, AfriForum, is bewerings dat wit Suid-Afrikaners 72% van die grond besit, misleidend en word nie deur akkurate data ondersteun nie. Die organisasie het die opmerkings gemaak by ‘n eiendomsregtekonferensie in Pretoria, waar hulle bevindinge oor grondbesit en grondhervormingsdebatte aangebied het. Sprekers by die konferensie het ook kommer uitgespreek oor die regering se benaderings tot grondhervorming en ‘n beroep gedoen op ‘n meer bewysgeba

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Dwelms van meer as R100 000 is in Navalsig gekonfiskeer
Dwelms met 'n beraamde straatwaarde van R109 000 is tydens twee polisieklopjagte in Navalsig in Bloemfontein gekonfiskeer. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Sersant Mahlomola Kareli, sê twee mans is in hegtenis geneem nadat lede van die Provinsiale Anti-Bende-eenheid op twee huise toegeslaan het. By die eerste woning is 'n 43-jarige man glo betrap terwyl hy met dwelms handel dryf. Kokaïen, mandrax, Crystal Meth en Rock met 'n beraamde straatwaarde van R74 000 is daar gekonfisk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


OGGEND SPORT: Bafana maak Wêreldbeker geskiedenis, die Proteas is gewaarsku teen selfvoldaanheid en ontsteltenisse skud Wimbledon-voorbereidings
Ons begin met sokker-nuus: Suid-Afrika het Suid-Korea met 1-0 geklop om vir die eerste keer in die land se geskiedenis die uitklopfase van die Wêreldbeker-toernooi te haal. Dit volg ná 'n teleurstellende openingsnederlaag teen die gasheerland, Mexiko. Volgens ESPN het Suid-Afrika die wedstryd oorheers, met Thapelo Maseko wat die wendoel aangeteken het, terwyl Rele Mafekong 'n uitstaande vertoning vir afrigter Hugo Broos se span gelewer het. Broos het sy geskiedkundige Bafana

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 25


'n Woedende skare keer beamptes vas
Twee polisiebeamptes en 'n moordverdagte moes uit 'n woedende skare in Ndwedwe in KwaZulu-Natal gered word nadat inwoners hulle vasgekeer en geëis het dat die verdagte aan hulle oorhandig word. eNCA berig die voorval het gevolg nadat die polisie die man ná 'n twee uur lange soektog in verband met die moord op 'n 22-jarige man in hegtenis geneem het. Volgens die private veiligheidsmaatskappy Reaction Unit South Africa het die skare die uitgang met betonblokke en staaldromme ve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Vandalisme en diefstal veroorsaak groot skade
Vandalisme en diefstal het groot skade by ‘n Centlec-substasie in Bloemfontein veroorsaak. Volgens ‘n mediaverklaring van Bloemfontein se kragverskaffer het tegniese spanne die toneel besoek nadat 'n onderbreking by Bloemanda and Hillsideview aangemeld is. By hul aankoms is tekens van onwettige toegang en vandalisme aangetref. Bewyse op die toneel sluit onder meer afgesnyde geleiers, verbrande stroomstawe en gesteelde aardingsmateriaal in. Volgens Centlec is die skade aansien

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


More kyk self na die vordering by Lourierpark
Die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, het die Lourierpark-ontwikkeling besoek om die jongste vordering en uitdagings op die terrein te ondersoek. In 'n video op sosiale media sê More hy het met amptenare van Menslike Nedersettings en projekbestuurders vergader oor die ontwikkeling van die gebied. Volgens hom was water- en sanitasiedienste van die belangrikste kwessies wat bespreek is. More sê die metro werk daaraan om basiese dienste aan inwoners t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Digte mis veroorsaak ontwrigting in Bloem
Verskeie vlugte van en na Bloemfontein is vertraag nadat digte mis swak sigbaarheid by die Bram Fischer Internasionale Lughawe veroorsaak het. Netwerk24 berig opstygings moes Woensdag tydelik uitgestel word totdat toestande verbeter het. Lughawepersoneel sê die vertragings was van korte duur en bedrywighede het later normaal voortgegaan. Volgens hulle het die ontwrigting geen groot invloed op die res van die dag se vlugrooster gehad nie. Teen laatoggend het die mis begin opkl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


Daar is bekommerd oor buitelandse akademici by universiteite
Die Portefeuljekomitee vir Hoër Onderwys en Opleiding sê sommige van Suid-Afrika se openbare universiteite maak te veel staat op buitelandse akademici. Die komitee het bevind dat sommige instellings steeds ’n onevenredig hoë aantal buitelandse akademici op senior vlakke in diens neem. Dít, ondanks beduidende regeringsbelegging in die ontwikkeling van plaaslike akademiese talent oor die afgelope dekades. Die komitee sê die aantal buitelandse nasionale professore oorskry die ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 25


MIDDAG SPORT: Die Springbok-vroue mik na ‘n hoër ranglys, uitslae skud die Wimbledon-voorbereidingstoernooie en Engeland en Ghana behaal ’n doellose gelykoptelling
In rugby-nuus: Die Springbok-vroue is vasbeslote om voort te bou op hul styging na die wêreld se top tien en selfs hoër op die ranglys in 2026 te stoot, volgens haker, Micke Gunter. Gunter sê die span het teruggekeer na die kamp in Stellenbosch met hoë intensiteit en ‘n duidelike fokus om die span na ‘n ander vlak te neem nadat hulle die Rugbywêreldbeker-kwarteindronde gehaal het. In tennis-nuus: Die topgekeurde Jasmine Paolini het in die openingsronde op Eastbourne ‘n verr

Saamgestel deur Jana Roos
Jun 24


Frankryk bevestig hul eerste Ebola-geval
Frankryk het sy eerste geval van Ebola bevestig. Volgens BBC het ‘n dokter teruggekeer van ‘n humanitêre sending in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) en is onmiddellik in ‘n gespesialiseerde fasiliteit opgeneem. Die Franse Ministerie van Gesondheid het bevestig dat die dokter in ‘n stabiele toestand is. Dit is ook die eerste Ebola-geval wat in Europa bevestig is sedert die DRK verlede maand ‘n Ebola-uitbraak aangekondig het. Kenners glo egter dat die virus al we

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jun 24
bottom of page


