top of page


Nuus


'n Voormalige Bfn makelaar se verhoor word 'n jaar later weer uitgestel
Amper presies 'n jaar nadat ’n voormalige finansiële makelaar van Bloemfontein se bedrogverhoor uitgestel is, is dit Dinsdag weer na Maart volgende jaar uitgestel. Netwerk24 berig Jaco Cloete se bedrogverhoor sou Dinsdag voor streeklanddros Colin Nekosie in die stad hervat word, maar is uitgestel nadat een van sy regsverteenwoordigers vroeër ’n operasie ondergaan het. Rosestad-nuus het presies 'n jaar gelede berig dat die verhoor tot hierdie jaar uitgestel sou word omdat Cloe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Die aanklagte teen Fannie Masemola gaan teruggetrek word
Die aanklagte teen die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, gaan teruggetrek word. Volgens 'n verklaring van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het die nasionale direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), Andy Mothibi, dié opdrag formeel gegee ná ’n hersiening van die aanklagte wat teen hom ingestel is. Die klagte het te make met die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Ná afloop van die hersieningsproses is die NDOV tevrede dat daar geen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Eskom toets groen ammoniak saam met steenkool om emissies te verminder
Eskom ondersoek of groen ammoniak saam met steenkool vir elektrisiteitsopwekking gebruik kan word. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het by die 2026 Afrika Groen Waterstofberaad in Kaapstad gesê die navorsing kan help bepaal of die gesamentlike verbranding van ammoniak en steenkool die steenkoolverbruik en uitlaatgasse by geskikte kragstasies kan verminder. Hy het daarop gewys dat die tegnologie nog getoets moet word. Ramokgopa sê die werk by E

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Die vrouemoorde in Kempton Park is as 'n nasionale krisis verklaar
President Cyril Ramaphosa het die moorde in Kempton Park 'n nasionale krisis verklaar. Dit is volgens die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia. Hy sê beamptes gaan Kempton Park onder streng bewaking plaas nadat die liggaam van nog ’n vrou ontdek is. Dit bring die getal vroueliggame wat in die gebied gevind is op agt te staan. SABC News berig Cachalia sê benewens die instelling van 'n multidissiplinêre span gaan sigbaarheid deur Operasie Shanela in Kempton Park en

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


’n Sewende vrou se dood word by die Ekurhuleni-ondersoek ingesluit
Die dood van ’n sewende vrou word nou by die polisie se ondersoek na die sterftes van ses ander vroue in Ekurhuleni ingesluit. Volgens eNCA is haar liggaam reeds op 7 September in ’n rivier by Clayville naby die Mall of Tembisa gevind. Intussen sal die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, en die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, met ondersoekbeamptes vergader. Die vergadering sal fokus op die vordering van die ondersoek,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Sa verkry ‘n lening van 16-miljard om metrodienste op te gradeer
Suid-Afrika het ’n lening van $1 miljard van die Nuwe Ontwikkelingsbank verkry om infrastruktuur op te gradeer en munisipale dienste in metropolitaanse gebiede te verbeter. Die Nasionale Tesourie sê die lening sal hervormings in water en sanitasie, elektrisiteit en energie, en vaste afvalbestuur ondersteun. Die 16-jaar lening sluit ’n driejaar grasietydperk in, met befondsing gekoppel aan onafhanklik geverifieerde prestasieteikens wat deur metrorade goedgekeur is. Die Tesouri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


AfriForum sê plaasaanvalle toon ’n patroon van buitensporige geweld
AfriForum sê ’n studie van 47 gewelddadige plaasaanvalle oor sewe jaar toon ’n herhalende patroon van buitensporige geweld teen slagoffers. Volgens die burgerregteorganisasie se nuwe verslag, More than robbery, is die aanvalle tussen 2019 en 2025 bestudeer. AfriForum sê sy navorsing toon dat slagoffers in die bestudeerde aanvalle onder meer gemartel, verbrand, gesteek en verwurg is. Die organisasie kom tot die gevolgtrekking dat die geweld in dié aanvalle volgens hom as marte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Groen ID-boekies word binne twee jaar uitgefaseer
Suid-Afrikaners wat steeds die ou groen ID-boekie met ’n strepieskode gebruik, is gewaarsku om dit binne die volgende twee jaar deur ’n slim-ID-kaart te vervang. Die adjunk-direkteur-generaal van Binnelandse Sake, Thulani Mavuso, sê die departement werk reeds daaraan om hierdie kwesbare dokument uit te faseer, hoewel die finale sperdatum deur die minister aangekondig sal word. Mavuso sê ongeveer 34-miljoen slim-ID-kaarte is sedert die bekendstelling daarvan uitgereik, insluit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Probleme by Universitas ontwrig lewensveranderende operasies vir VS kinders
Kinders wat van regoor die Vrystaat vir lewensveranderende operasies na Bloemfontein gekom het, moes dié week wag nadat operasieteaters by Universitas-Akademiese Hospitaal gesluit is. Volgens Bloemnuus Express het 18 kinders van onder meer Sasolburg, Virginia en Qwaqwa reeds Sondag in Bloemfontein aangekom vir die Smile-stigting se operasieweek. Die teaters is verlede week tydelik gesluit nadat koper- en vakuumpype glo deur diefstal en vandalisme beskadig is. Vier van die ope

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


‘n Russiese hommeltuig tref vulstasie in Kijif
’n Russiese hommeltuig het Dinsdag ’n vulstasie in die Oekraïense hoofstad, Kijif, getref en een persoon beseer. Daar was glo ook ’n aanval op pakhuisfasiliteite in ’n ander deel van die stad. Die aanvalle volg ’n dag nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê het dat Oekraïne en Rusland ooreengekom het om nie mekaar se energie-infrastruktuur te teiken nie. Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, sê Kijif is bereid om ’n Amerikaanse voorstel vir ’n wapenstilsta

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Japan se bevolking van honderdjariges oorskry 100 000
Die aantal honderdjariges in Japan het vir die eerste keer die 100 000-kerf oorskry, en vir die 56ste agtereenvolgende jaar ’n rekordhoogtepunt bereik. Volgens Japan se Ministerie van Gesondheid en Welsyn is daar op 1 September meer as 107 600 mense van 100 jaar of ouer in die land aangeteken. Ongeveer 88% van Japan se honderdjariges is vroue, wat op ’n totaal van 94 298 te staan kom. Die oudste persoon in Japan is Kishimoto Fuyo, wat in Desember verlede jaar 114 jaar oud g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


SA en Lesotho werk saam om duisende wapens te vernietig
Suid-Afrikaanse en Lesotho-wetstoepassingsowerhede het 1 787 onwettige vuurwapens vernietig wat tydens misdaadbekampingsoperasies in Lesotho beslag gelê is. Die vuurwapens is veilig na Suid-Afrika vervoer vir vernietiging as deel van ’n gesamentlike inisiatief van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Lesotho Berede Polisiediens. Die vernietiging is deur die waarnemende nasionale kommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, en Lesotho se polisiehoof, kommissaris Boroth

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Gwarube sê swakpunt vereis optrede
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê ernstige swakpunte in die departement se verkrygingsprosesse vereis aksie. Gwarube het terugvoer gegee oor die vordering met die strategiese heroriëntering van Suid-Afrika se basiese onderwysstelsel onder die Sterk Fondamente, Sterk Toekoms-strategie. Sy bevestig verslae wat nie-nakoming van verpligte verskaffersdokumente gevind het, onduidelike prosedures en potensiële finansiële wangedragrisiko’s wat die departement en p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


‘n Sesde vrou se liggaam is in Ekurhuleni gevind
Die liggaam van ’n sesde vrou is in Ekurhuleni gevind, sowat 45km van Kempton Park waar vier ander vroue se liggame die afgelope maande ontdek is. Volgens eNCA is die jongste liggaam in Kwa-Thema gevind, terwyl ’n ander vrou se liggaam onlangs in Olifantsfontein, sowat 25km van Kempton Park, ontdek is. Rosestad-nuus het vroeër berig dat die polisie hul teenwoordigheid in Kempton Park gaan verhoog. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


SA se ekonomie bly kwesbaar
Business Leadership South Africa (BLSA) sê Suid-Afrika se ekonomie bly kwesbaar, ondanks verbeterde sentiment en vordering met hervormings. Volgens die uitvoerende hoof, Busi Mavuso, het die ekonomie in die tweede kwartaal met 0.2% gekrimp, terwyl werkloosheid tot 33.6% gestyg het. Sy voeg die afname in handels-, vervaardigings- en mynbouaktiwiteit beklemtoon die werk wat nog gedoen moet word om volhoubare groei te bereik. Belegging is ook ’n groot bron van kommer, met bruto

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 15


Solidariteit vat Amazon hof toe oor die uitsluiting van wit ondernemings
Solidariteit het Amazon Web Services by die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (O.E.S.O.) in Washington verkla oor die uitsluiting van ondernemings met enige wit eienaarskap uit ’n ontwikkelingsprogram vir Suid-Afrikaanse kleinsakeondernemings. Solidariteit sê die vereiste dat ondernemings 100% swart besit moet wees, oortree O.E.S.O.-riglyne oor verantwoordelike sakegedrag en gaan verder as wat enige Suid-Afrikaanse wet vereis. Amazon sê hy het Suid-Afrika

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Pemmy Majodina vra om verskoning vir haar gevloek
Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het om verskoning gevra omdat sy verlede week tydens ’n gemeenskapsvergadering in die Kouga Plaaslike Munisipaliteit in die Oos-Kaap teenoor lede van die publiek gevloek het. Majodina sê sy het gereageer nadat sy tydens haar besoek op 9 September aan vloektaal blootgestel is. Sy het die besoek afgelê om die opgegradeerde Loerie-rioolpompstasie bekend te stel. Sy sê sy aanvaar volle verantwoordelikheid vir haar optrede en he

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Polisie verhoog hul teenwoordigheid in Kempton Park
Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê die polisie sal hul teenwoordigheid in Kempton Park, Gauteng, verhoog. Mosikili het die media toegespreek ná die ontdekking van die liggame van vyf vroue in die gebied die afgelope maande. Twee van die vroue is nog nie geïdentifiseer nie. Sy sê die polisie het kragte met die Ekurhuleni-metropolisie saamgespan om sigbaarheid te verhoog en hul operasionele reaksie te versterk. LUISTER HIER: Luitena

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


‘n Geskil vertraag Cosatu se nasionale kongres
’n Geskil oor geloofsbriewe het Maandag die begin van Cosatu se verkiesingskongres vertraag. Die Cosatu-geaffilieerde mynwerkersvakbond NUM het duidelikheid geëis oor die status van die vakbondfederasie se eerste adjunkpresident, Mike Shingange. Dit volg nadat berig is dat sy vakbond, Nehawu, hom die naweek geskors het. Die kongres sal na verwagting Donderdag eindig. Ter illustrasie. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Milde reën word in Bfn verwag
Minstens 100 mm reën sal na verwagting die res van die week in Bloemfontein val. Donderdag word 36 mm verwag, Vrydag 24 mm en Saterdag 40 mm. Netwerk24 berig Vrystaters moet hulle gereed maak vir ontwrigtende reënval wat dié week oor die provinsie beweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag ’n waarskuwing oor sterk winde en ontwrigtende reënval vir die res van die week uitgereik. ’n Afsnylaagdrukstelsel het Sondag van die Wes-Kaap inbeweeg en die Vrystaat Maandag bereik

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


AfriForum betwis ‘n vereiste vir watergebruikslisensies
Die burgerregte-organisasie AfriForum betwis ‘n vereiste op die Departement van Water en Sanitasie se aanlyn stelsel dat aansoekers vir watergebruikslisensies bewys moet lewer dat hul voorgestelde gebruik vorige rasse- en geslagsdiskriminasie sal aanspreek. Die organisasie sê die Nasionale Waterwet vereis dat verskeie faktore in ag geneem moet word wanneer aansoeke beoordeel word, eerder as om regstelling ‘n verpligte eerste hindernis te maak. AfriForum het die minister van W

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Die Bok-bestuurspan pronk kaalkop – en niemand weet hoekom nie
Springbok-afrigter Rassie Erasmus en sy hele bestuurspan het hul koppe kaal geskeer ná ’n geheimsinnige weddenskap. Sosiale media het Sondag ontplof toe Erasmus ’n foto saam met die skrumafrigter Daan Human geplaas het met hul pasgeskeerde koppe, met 'n kriptiese byskrif. Nova News berig drie uur later is nog 'n foto onthul van die hele bestuurspan met kaalkoppe, insluitend die mediabestuurder, Zeena Isaacs. Die kopskeerdery het gekom in die onmiddellike nadraai van Suid-Afri

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Trump se goedkeuringsyfer verbeter
Die goedkeuringsyfer vir die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, het verbeter. Volgens die Reuters/Ipsos-peiling keur 35 % van Amerikaners Trump se optrede as hul president goed. Dit is ’n toename vanaf 33 %. Verlede maand se syfer was die laagste in Trump se politieke loopbaan. Die jongste peiling toon dat 63 % van Amerikaners Trump se aanbod verwerp om kiesers $5 000 te betaal indien hulle in vanjaar se tussenverkiesing vir die Republikeinse Party s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


'n Bfn vrou is agter tralies vir die moord op 'n familielid
'n Bloemfonteinse vrou is tot 22 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis nadat sy ’n familielid, wat ’n polisiebeampte is, tydens ’n familietwis doodgesteek het. Netwerk24 berig die hof het gehoor hoe die slagoffer, Violet Khomotsoane, 'n woordewisseling tussen die beskuldigde, Nonqithi Gumanda, en 'n ander familielid probeer oplos het. Toe haar poging onsuksesvol was, het sy van die rusie weggestap. Gumanda het Khomotsoane egter na buite gevolg en haar in die bors gesteek.

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15
bottom of page

