top of page


Nuus


Bloemfonteiners word oor erge donderstorms gewaarsku
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir storms wat gepaard kan gaan met sterk, skadelike winde, swaar reën en weerlig. Die Mangaung Metro Munisipaliteit moedig Bloemfonteiners aan om op die uitkyk te wees vir plaaslike oorstromings in laagliggende gebiede en op paaie. Die storms kan ook bome ontwortel, paaie en infrastruktuur beskadig, en selfs tot plaaslike brande weens weerlig lei. Bloemfonteiners word aangeraai om waaksaam te bly en die n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


Bendes infiltreer glo gevangenisprogramme om ontsnappings te beplan
Bendes wat as die Groot Vyf en die Lugmag bekendstaan, opereer volgens die kommissaris van Korrektiewe Dienste, Makgothi Thobakgale, in Suid-Afrikaanse gevangenisse. Thobakgale het voor die Madlanga-kommissie gesê die Groot Vyf is hoofsaaklik in Limpopo, Noordwes en Mpumalanga werksaam. Dit terwyl die Lugmag rehabilitasieprogramme en gevangeniskomitees infiltreer om inligting in te samel en ontsnappings te beplan. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 18


‘n VS slagpale ondersoek bloederige water
'n Slagpale in Parys in die Vrystaat het 'n deeglike ondersoek van stapel gestuur nadat die Ngwathe-munisipaliteit vingers gewys het oor afvalwater met ’n bloederige kleur. Netwerk24 berig die woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, Steve Naale, sê hy het ’n tweede nakomingskennisgewing aan die Luken Abattoir uitgereik oor afvalwater met ’n bloederige kleur wat in ’n park in Parys vloei. Naale beweer Luken Abattoir behandel nie die afvalwater wat van die slagpale se vloe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Taxi’s wil teen hoë bedryfskoste staak
Die Nasionale Taxi-alliansie (NTA) dreig om teen hoë bedryfskoste te staak. Hierdie koste sluit brandstofpryse en paaiemente op hul voertuie in. Die organisasie het kritiek teen die regering uitgespreek omdat hy versuim het om die taxibedryf betekenisvolle verligting van die hoë koste te bied. Die NTA sê daar moet ’n subsidie wees wat die bedryf in staat sal stel om met ander vervoermiddels mee te ding. Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


GBV: Geen borgtog kan meer by polisiestasies aan verdagtes toegestaan word nie
Die bevoegdheid van die polisie en aanklaers om in gevalle van geslagsgebaseerde geweld borgtog by polisiestasies toe te staan is verwyder. Dit is volgens die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga. Sy sê in 'n toespraak wat op die regering se webtuiste geplaas is dat dié bevoegdheid deur belangrike wysigings aan die Strafproseswet verwyder is, en dit verseker dat slegs howe dié besluit kan neem ná ’n deeglike verhoor. Sy voeg by 'n histories

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Wetsontwerpe wag al jare om aangeneem te word
Die proses om wetgewing in Suid-Afrika aan te neem, het tot ’n slakkepas vertraag, met ’n aantal belangrike wetsontwerpe wat jare ná hul aanvanklike indiening steeds op goedkeuring deur die parlement wag. Business Tech berig sowat 24 wetsontwerpe is sedert die hervatting van die Nasionale Vergadering in Februarie ingedien, en slegs drie, wat almal wat met staatsbesteding verband hou, is aanvaar. Daarmee saam is nog agt wat in vorige jare ingedien is volgens die wetgewer se re

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Emily Hobhouse se begrafnis word ‘n eeu later herdenk
Honderde Bloemfonteiners sal op Saterdag 31 Oktober die begrafnisstoet van die humanitêre en vredesaktivis Emily Hobhouse herskep – presies ’n eeu ná haar geskiedkundige begrafnis in die stad. My City Bloemfontein berig die Emily100-herdenking sal deelnemers in tydperk-kostuums insluit, met leerders van Eunice High School en die C&N Hoër Meisieskool Oranje wat sal deelneem, net soos die skole in 1926 gedoen het. 'n Totaal van 200 meisies in wit sal ’n deel van die optog lei,

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Onsekerheid heers oor die impak van die nuwe VSA-visumbeperkings op SA parlementslede
Onsekerheid heers oor wat die impak van die nuwe Amerikaanse visumbeperkings sal wees, en hoe dit Suid-Afrika se parlementslede wat ook in die regering dien, sal raak. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, en haar adjunk, Annelie Lotriet, sê hulle kan maar net wag en sien hoe ver die beperkings sal strek om regeringsministers en hul families te teiken oor die land se transformasiewette. Lotriet sê hulle het nie veel inligting oor die implikasies van die nuw

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Vier is vas in Qwaqwa vir onwettige vuurwapenbesit
Vier mans is in Qwaqwa in hegtenis geneem nadat hulle drie 9mm-pistole en 49 rondtes ammunisie in hul voertuig gevind het. Die polisie sê die verdagtes is Woensdagaand by ‘n vulstasie voorgekeer nadat beamptes inligting ontvang het oor verdagte voertuie wat verband hou met ‘n reeks sakerooftogte. ‘n Verdere deursoeking by ‘n eiendom in Botshabela Village het R5-geweerammunisie en vyf verdere pistoolrondtes ontdek. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van die onwettige b

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Gauteng verwerp bewerings van geen optrede ná die 9de Ekurhuleni-slagoffer ontdek is
Die Gautengse provinsiale regering het bewerings verwerp dat die owerhede versuim om op te tree ná die ontdekking van ‘n negende vrou se liggaam in Ekurhuleni. Die regering het die DA daarvan beskuldig dat hulle die moorde vir politieke veldtogdoeleindes gebruik, en sê dat die polisie patrollies, sigbaarheid en ondersoekhulpbronne verhoog het. Die premier, Panyaza Lesufi, sê kritiek word verwelkom, maar dit moet op feite gegrond wees. Die provinsiale regering se woordvoerder,

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


'n Beroep op waaksaamheid word gedoen soos a-pokke toeneem
Die Departement van Gesondheid het ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waaksaam te wees te midde van ’n toename in gevalle van a-pokke. Daar is 18 bevestigde laboratoriumgevalle en een waarskynlike geval teen Donderdag aangemeld. Vyftien gevalle is in die Wes-Kaap aangemeld, drie in Gauteng en een in KwaZulu-Natal. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê dit vereis onmiddellike en volgehoue samewerking van die publiek om verdere verspreiding van die virus te voo

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Die NV is besorg oor die verlengings vir die ad-hoc-komitee
Die Nasionale Vergadering het sy kommer uitgespreek oor herhaalde versoeke om die termyn van die ad-hoc-komitee wat bewerings van samespanning tussen politici, die polisie en misdadigers ondersoek, te verleng. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het aan die komitee sy sesde verlenging tot aan die einde van volgende maand toegestaan. Die vergadering se adjunkspeaker, Annelie Lotriet, sê die komitee kan nie vir ewig voortgaan nie. Thoko Didiza. FOTO: Polity

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Koning Charles waarsku oor die eksistensiële gevare van KI
Koning Charles van Engeland het bestuurders van kunsmatige intelligensie (KI) gewaarsku oor die eksistensiële gevare wat die tegnologie in die verkeerde hande inhou. Hy het die opmerkings gemaak tydens ‘n spitsberaad in Skotland wat bygewoon is deur Brittanje se KI-minister, die Pous se adviseur en verteenwoordigers van OpenAI, Nvidia en Anthropic. Die koning het rolspelers aangespoor om te verseker dat KI die mensdom en die natuurlike wêreld dien. Koning Charles. FOTO: Holly

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 18


Sewe is vas ná koperkabels in Bloemfontein teruggevind is
Vinnige optrede deur die polisie het gelei tot die inhegtenisneming van sewe mans, nadat 44,5kg se koperkabels, ter waarde van sowat R60 000, in Bloemfontein teruggevind is. Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, het die polisie inligting opgevolg oor ’n voertuig wat kabels na ’n skrootwerf vervoer. Die voertuig is in die Ramkraal-omgewing opgespoor waar die verdagtes aangetref is. Daar is ook beslag gelê op R10 400 in kontant en kwitan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Verwagtinge van rentekoersverhoging neem toe
Verwagtinge dat rentekoerse in Suid-Afrika volgende week verhoog sal word, het toegeneem ná die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy sleutelkoers met 25 basispunte te verhoog. Ekonome was verdeeld oor die vraag of die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse tydens sy vergadering in September sou verhoog of onveranderd sou laat. Die hoofekonoom van Investec, Annabel Bishop, sê die stap deur die Amerikaanse Federale Reserweraad versterk die argument vir ’n verhogin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Geen maatreëls word tans beplan om verligting aan motoriste te bied nie
Suid-Afrikaners moet nie onmiddellike regeringsingryping verwag om stygende brandstofpryse te stuit nie. Volgens die minister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, word daar tans geen maatreëls beplan om verligting aan motoriste te bied nie. Daaglikse prysdata dui op ‘n moontlike petrolprys van meer as R29.50 per liter in Oktober. Mantashe sê die styging word hoofsaaklik gedryf deur wêreldwye oliepryse en geopolitieke spanning, wat buite Suid-Afrika se beheer i

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Afgetrede soldate vat die Verdedigingsdepartement hof toe
Afgetrede lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, oftewel die SANW, vat die Verdedigingsdepartement hof toe nadat berig is dat duisende militêre afgetredenes en hul gesinne hul mediese dekking vanaf 1 November kan verloor. Volgens SABC News het die Regular Force Medical Continuation Fund gesê hy sal na verwagting ophou om eise te betaal omdat die fonds nie meer finansieel volhoubaar is nie. Afgetredenes, gestremde veterane, weduwees en weeskinders kan deur die besluit

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Solidariteit behaal ‘n oorwinning teen rassewetgewing
Die Konstitusionele Hof het beslis dat die proses waardeur die Wet op Openbare Verkryging ingestel is, onregmatig was. Die uitspraak raak onder meer rassevereistes in staatsverkryging, wat volgens die vakbond Solidariteit nie tot onmiddellike uitsluiting van tenderprosesse behoort te lei nie. Die organisasie het die saak in Mei voor die hof gebring en aangevoer dat staatsaankope nie volgens rasvereistes mag geskied nie. Solidariteit sê die uitspraak het implikasies vir die re

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die ATKV vereer Willie Koorts vir ’n leeftyd se stories oor sterre en planete
Willie Koorts is deur die ATKV vereer vir sy jarelange bydrae tot die bevordering van sterrekunde, sy liefde vir Afrikaans en sy betrokkenheid by die organisasie. Luidens ’n aanlyn artikel het Koorts ’n ATKV-Oorkonde ontvang tydens ’n funksie buite Wellington. Koorts is al byna drie dekades betrokke by bustoere na Sutherland, waar hy mense van sterrekunde, die Karoo en sy geskiedenis vertel het. Hy was ook betrokke by sterrewagwerk en teleskoopinstrumentasie, onder meer by di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Openbare kommentaar word oor die nuwe waterraamwerk gevra
Die Departement van Water en Sanitasie het ’n openbare konsultasieproses van 60 dae oor ’n nuwe water- en sanitasieraamwerk begin. Die konsepraamwerk is daarop gemik om water- en sanitasiedienste regoor Suid-Afrika te verbeter, en volg op die kabinet se goedkeuring van die konsepraamwerk, wat die bestaande raamwerk van 2003 bywerk. Dit fokus onder meer op verslegtende infrastruktuur, watergehalte, finansiële volhoubaarheid en klimaatsverandering. Munisipaliteite, gemeenskappe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Probleme binne die strafregstelsel kan aanspreeklikheid bemoeilik
Probleme binne die strafregstelsel kan dit moeilik maak om doeltreffende uitkomste en verantwoordbaarheid te bereik, selfs waar die regbank goed funksioneer. Dit is volgens die Wêreldbank se Senior Finansiële Sektor Spesialis, Laura Pop, wat voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig het. Die kommissie ondersoek bewerings van kriminele infiltrasie in Suid-Afrika se wetstoepassingsagentskappe. Pop het aan die kommissie gesê probleme in dele van die strafregstelsel kan di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die menseregtekommissie moet nou paaie in die Vrystaat ondersoek
’n Klag is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die swak toestand van verskeie landelike paaie in die Vrystaat. Die klag sluit die R709 tussen Winburg en Excelsior, die R720 tussen Koppies en Edenville, en drie paaie buite Bothaville in. Daar word aangevoer dat swak padtoestande toegang tot gesondheidsorg, nooddienste, werk en onderwys belemmer. Daar word ook beweer dat ambulanse sekere gebiede nie kan bereik nie en dat ’n plaaswerker vroeër vandeesmaand oo

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Vrystaatse sakemanne is in hegtenis vir bedrog
Drie Vrystaatse sake-eienaars is in hegtenis geneem in verband met beweerde Covid-19-bedrog. Luidens ’n mediaverklaring van die Valke het die drie in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery. Die Departement van Indiensneming en Arbeid het vier afsonderlike ondersoeke na die Spesiale Ondersoekeenheid, oftewel die SOE, verwys nadat daar vermoed is dat eise namens niebestaande werknemers ingedien is. Die drie het glo eise van onderskeidelik

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 17


Die poskantoor kry ‘n ongekwalifiseerde ouditmening
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het vir die eerste keer in ses jaar 'n ongekwalifiseerde ouditmening behaal. Drie ander entiteite van die Departement van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë het ook skoon oudit-uitkomste vir die 2025-'26-boekjaar behaal. Hulle is Sentech, die Film- en Publikasieraad, en die Nasionale Elektroniese Media-instituut van Suid-Afrika. Die departement sê in 'n verklaring op die regering se webtuiste hy verwelkom die uitkomste as ’n bemoedigende aandu

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17
bottom of page

