top of page


Nuus


'n Vermeende skaapdief is in die VS vasgetrek
'n Man is in QwaQwa in besit van 15 skape ter waarde van ongeveer R22 000 aangetref nadat polisie gereageer het op inligting oor 'n verdagte voertuig wat na bewering vee vervoer het. Volgens polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring het die Bethlehem Misdaadintelligensie-eenheid en die Fouriesburg Veediefstaleenheid die voertuig by 'n woonadres in Bohlokong opgespoor. Tydens die deursoeking het die polisie die skape gevind. Daar is glo met die skape se identifika

Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 29


Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheid in die werkplek
Die vakbondfederasie Fedusa doen ’n beroep op verbeterde veiligheidsmaatreëls om werkers te beskerm. Die oproep volg op die dood van twee werkers by die Impala Platinum-myn en een werker by Valtera Platinum se Tumela-myn. Die federasie sê werkers moet nie werk toe gaan en hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor nie. Fedusa voeg by beroepsgesondheid en -veiligheid moet geprioritiseer word om te verseker dat alle werkers veilig huis toe terugkeer. Ter illustrasie. F

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Inheemse tale moet ‘n groter rol in howe speel
Inheemse tale moet volgens die adjunkminister van justisie, Andries Nel, 'n groter rol in Suid-Afrika se regstelsel speel. Hy het dié oproep tydens 'n openbare lesing aan die Universiteit van Mpumalanga gedoen. Nel sê inheemse tale moet nie net vir hoftolking gebruik word nie, maar ook in regsopleiding, beregting en regspraak. Hy het voorgestel dat die universiteit, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Regterlike Opleiding en die Brigitte Mabandla Justice College saamwerk om 'n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


TLU SA kritiseer JSE se besluit oor sojabone
TLU SA ondersteun Graan SA se beswaar teen die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) se besluit om die berekening van liggingsdifferensiale vir sojabone te verander. Die beurs wil die huidige veelvuldige-verwysingspuntmodel met 'n ou enkelverwysingspunt vervang. Die JSE het die besluit op 20 Julie aangekondig ná 'n toetsperiode van twee bemarkingseisoene. Graan SA meen die besluit is nie voldoende aan die hand van vyf voorafbepaalde kriteria gemotiveer nie en dat die tegniese kom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Centlec se nuwe voertuie sal dienslewering verbeter
Volgens Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, sal sy nuwe voertuigvloot help om dienslewering in die Mangaung-metro te verbeter. Die burgemeester van die Mangaung Metro Munisipaliteit, Gregory Nthatisi, het die voertuie Maandag saam met ander amptenare aan die kragverskaffer oorhandig. Luidens ‘n plasing op Centlec se sosiale media vorm die nuwe vloot deel van die nutsmaatskappy se plan om sy bedryfsvermoë te versterk sodat tegniese spanne vinniger op diensversoeke kan rea

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


AfriForum vra vir 'n ondersoek sonder politieke inmenging na Sello More
AfriForum sê die ondersoek na bewerings van finansiële wanbestuur, wanadministrasie en bestuursmislukkings teen die Mangaung-metro se stadsbestuurder, Sello More, moet vry van politieke inmenging wees. Die organisasie sê die ondersoek moet ook binne die voorgeskrewe tyd afgehandel word en die bevindinge moet openbaar gemaak word. Rosestad-nuus het vroeër berig die Mangaung-metroraad het die DA se versoek aanvaar om 'n dissiplinêre proses teen More te begin en dat 'n onafhankl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Klein Ernst is terug by die skool
Die vyfjarige Vrystatertjie Ernst Groenewald is opgewonde om terug by die skool te wees nadat hy sy regterbeen in 'n fratsongeluk verloor het. Netwerk24 berig sy ma, Liza Groenewald, sê hy het die dae afgetel totdat hy weer sy maats kon sien. Sy sê Ernst se selfvertroue en balans op sy krukke het ook baie verbeter, en die proses om vir hom 'n prostese te kry, het reeds begin. Rosestad-nuus het vroeër berig Groenewald het einde Mei sy regterbeen verloor nadat hy ernstig beseer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Twee Bloemfontein-skole neem deel aan die ATKV-Applous-finaal
Twee Bloemfontein-skole neem die naweek aan die eindronde van die 49ste ATKV-Applous-koorkompetisie in Kaapstad deel. C&N Sekondêre Meisieskool Oranje en Eunice Hoërskool is onder die kore wat in die hoërskool prestige meisies-afdeling meeding. Suid-Afrika se voorste skoolkore kom van Woensdag tot Saterdag in die Kaapstadse Stadsaal byeen. Beoordelaars het die finaliste vroeër vanjaar regoor Suid-Afrika en Namibië aangewys. Altesaam 38 kore ding in 11 kategorieë mee. Organis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


‘n Vrystaatse speurder bly agter tralies
'n Vrystaatse polisiespeurder wat van korrupsie en afpersing aangekla word, is borgtog in die Sasolburg-landdroshof geweier. Polisiewoordvoerder brigadier Thandi Mbambo sê William Mahlangu se saak is tot 31 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Hy is op 10 Julie in hegtenis geneem nadat hy na bewering geld van 'n klaer geëis het in ruil daarvoor om 'n aanrandingsaak te laat vaar. Die Vrystaatse polisie se teenkorrupsie-eenheid het die saak ondersoek en 'n lokval is opgest

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Cachalia ontken ‘n tekort aan verkragtingsbewysstelle
Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, verseker Suid-Afrikaners dat daar geen tekort aan versamelstelle vir bewyse van verkragting van volwassenes of kinders in die land is nie. Cachalia het verduidelik dat die stelle noodsaaklik is vir die insameling van forensiese bewyse om ondersoeke te versterk en oortreders te help vervolg. Hy het bygevoeg dat meer stelle tans versprei word deur middel van voortgesette verkrygingsprosesse om te verseker dat polisiefasilite

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Sanral se hoof-uitvoerende beampte ontken bewerings dat hy tenders beïnvloed het
Die hoof- uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), Reginald Demana, het bewerings wat hom verbind met die toekenning van tenders van miljarde rande, van die hand gewys. Dit sluit in eise wat ‘n kontrak ter waarde van meer as nege-miljard rand behels. Die bewerings dui op onreëlmatighede in Sanral se verkrygingsprosesse en beskuldig Demana daarvan dat hy die aanstelling van diensverskaffers beïnvloed het. Demana het egter tydens ‘n media-inl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 29


Die hof ondersoek Holomisa se brief in Mapisa-Nqakula se korrupsieverhoor
Die Pretoria-hooggeregshof het sy aandag gevestig op ‘n brief wat deur die adjunkminister van verdediging, Bantu Holomisa, geskryf is in die korrupsieverhoor van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Die verhoor het sy tweede week betree met die staatsgetuie, Nombasa Ntsondwa-Ndhlovu, wat haar getuienis voortsit. Sy beweer Mapisa-Nqakula het R4,5-miljoen in omkoopgeld gevra terwyl sy tussen 2016 en 2019 as minister van Verdediging gedi

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die ANC sê die hofproses teen die president moet toegelaat word om sy gang te gaan
Die ANC sê die parlementêre proses waarby president Cyril Ramaphosa betrokke is, moet toegelaat word om voort te gaan sonder om gehaas te word, na aanleiding van die Wes-Kaap-hooggeregshof se tussentydse bevel. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die hof het slegs die parlementêre komitee se openbare verhore onderbreek, nie gekanselleer nie. Die bevel laat die president se hofhersiening, wat vir 2 tot 4 September geskeduleer is, toe om voort te gaan. Mbalula be

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die regering stel billikeaandeel-fondse aan munisipaliteite vry
Die Nasionale Tesourie sal die billikeaandeel-fondse wat van munisipaliteite teruggehou is, vrystel. Hierdie maand het 69 munisipaliteite weens onreëlmatighede nie hul fondse ontvang nie. Die Nasionale Tesourie het die betrokke munisipaliteite versoek om fiskale dissipline af te dwing, verkwistende uitgawes aan te spreek en te voldoen aan die Munisipale Finansiële Bestuurswet. Twintig munisipaliteite het sedertdien hul fondse ontvang, terwyl nog 21 ’n gedeeltelike deel van di

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


‘n Tsoenami-waarskuwing is vir Japan uitgereik
'n Kragtige aardbewing van 7,1 op die Richterskaal het suidwes-Japan getref, waarna owerhede 'n tsoenami-waarskuwing vir kusgebiede uitgereik het. Nova News berig die Japanse Meteorologiese Agentskap het berig die aardbewing het die hoogste vlak van sewe op Japan se Shindo-skaal, wat grondskudding meet, bereik. Tsoenamigolwe van tot een meter hoog word langs die kus verwag. Die nasionale uitsaaier NHK het aangedui dat golwe van byna dié hoogte moontlik reeds op sommige plekke

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


‘n Man is gevonnis nadat hy sy twee susters as kinders verkrag en swanger gemaak het
’n Vrystaatse man (62) is skuldig bevind aan die herhaaldelike verkragting en seksuele misbruik van sy twee jonger susters toe hulle kinders was, wat ook daartoe gelei het dat albei swanger geraak het. Volgens ’n polisieverklaring het die misdade in 1993 plaasgevind toe albei slagoffers tien jaar oud was. Hulle is herhaaldelik deur hul broer, wat destyds 29 jaar oud was, seksueel misbruik. Albei susters het as gevolg van die mishandeling swanger geraak en het elkeen ’n seun g

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Nagskofwerkers word oornag in ‘n fabriek toegsluit
’n Tekstielfabriek in Tshwane is betrap waar werkers tydens nagskofte binne die gebou toegesluit is. Dit is aan die lig gebring tydens die regering se eerste gekoördineerde landwye arbeidsinspeksie. Bloemnuus Express berig die direkteur is in hegtenis geneem nadat inspeksies getoon het dat werkers 28 rand per uur betaal is in plaas van die wettige minimumloon van 30 rand 23 sent per uur. Hulle is ook gedwing om buitensporige ure sonder oortydbetaling te werk en was van ses-uu

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Tiger Brands belê miljoene in ‘n megavervaardigingsperseel
Tiger Brands het meer as 200 miljoen rand belê om sy historiese vervaardigingsaanleg in die Paarl in ’n moderne megavervaardigingsperseel te omskep, waar onder meer Mrs Ball se blatjang nou vir die eerste keer deur die maatskappy self vervaardig word. Maroela Media berig die aanleg, wat reeds in 1903 gevestig is, beskik ná die opgradering oor drie afsonderlike produksieaanlegte. Die belegging is die eerste van Tiger Brands se groter strukturele beleggings wat as deel van sy g

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Zuma ontbind die MK-party se presidensiële taakspan
Die leier van die Umkhonto we Sizwe party, Jacob Zuma, het sy party se presidensiële taakspan ontbind en dit vervang met die Strategtiese Presidensiële Span. Die taakspan het uit elf lede bestaan en die doel was om die party se provinsiale strukture te verbeter om vir die plaaslike regeringsverkiesings voor te berei. SABC-nuus berig Zuma sê in 'n verklaring dat die nuwe Strategiese Presidensiële Span die MK-party strategies sal lei en besluite namens die organisasie sal neem.

Saamgestel deur Jana Roos
Jul 28


Die regering versuim om subsidies aan eerste huiskopers te betaal
Die regering het die afgelope paar maande versuim om subsidies aan eerste huiskopers uit te betaal. Die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie sê aansoeke vir sy Eerste Huisfinansieringsubsidie sal volgende maand heropen. Die program bied 'n eenmalige subsidie van tussen R3 501 en R22 000 aan laerinkomste eerste huiskopers. Volgens die korporasie het hy gedurende die 2025/26-boekjaar subsidie-aansoeke ter waarde van R930 miljoen ontvang. Dit was dubbel die teiken vir dié

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Glo laat rou riool visse in die Rhenosterspruit vrek
Talle dooie visse is glo die afgelope ruk in die Rhenosterspruit in Roodewal buite Bloemfontein aangetref. Daar word beweer dat die spruit deur rou riool besoedel word en dat die water 'n sterk onaangename reuk afgee. 'n Video wat aan Rosestad-nuus gestuur is, wys talle dooie visse in die spruit. Daar word ook beweer dat personeel van die Mangaung Metro Munisipaliteit watermonsters by die spruit geneem het. Inwoners sê hulle oorweeg regstappe en versamel foto's en video's as

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Binnelandse Sake stel 'n R500-verwerkingsfooi voor
Die Departement van Binnelandse Sake het voorgestel dat 'n verwerkingsfooi van R500 vir Suid-Afrika se elektroniese reismagtigingstelsel ingestel word. Die minister van binnelandse Sske, Leon Schreiber, sê die fooi sal help om die digitale visumstelsel te befonds en te onderhou. Volgens hom sal die nuwe stelsel visumaansoeke binne 24 uur kan verwerk. Ingevolge die voorstel sal reisigers uit visumpligtige lande die stelsel moet gebruik, terwyl dit aanvanklik opsioneel vir visu

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Mobiele data behoort nie te verval nie
Lede van die parlement het weer bevraagteken waarom mobiele data verval. Dit volg na LP's 'n toesigbesoek aan MTN se hoofkantoor in Roodepoort afgelê het. Hulle sê daar is geen tegniese rede waarom mobiele data moet verval as verbruikers dit nie binne 'n spesifieke tydperk gebruik nie. MTN en Vodacom het die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid, Okosa, hof toe geneem oor die opgedateerde reëls van die Eindgebruiker- en Intekenaardienshandves. Die opgedateerde reëls poog onder m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28


Iran sê hulle beheer die Straat van Hormuz
Iran sê hy behou steeds beheer oor die Straat van Hormuz. Dit twee weke ná die Verenigde State van Amerika (VSA) se bomaanvalsveldtog. Die VSA het hul veldtog hierdie naweek gestaak, en dit is nie duidelik of dit sal voortduur nie. Iran sê hulle probeer nie vredesgesprekke met die VSA hervat nie. Oliepryse het intussen gedaal namate wêreldmarkte hoop dat die konflik tussen die twee nasies tot ’n einde sal kom. Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 28
bottom of page

