top of page


Nuus


Australië tree strenger op teen mense wat hul visums oorskry
Australië gaan strenger optree teen mense wat hul visums oorskry. Internasionale studente gaan ook verbied word om hul gesinne saam te bring, en die verblyfduur van rugsakreisigers sal beperk word. Dit vorm deel van ’n reeks veranderinge om migrasie te verminder. ABC News berig Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke, sê die veranderinge sal die integriteit van die migrasieprogram herstel en die federale regering meer beheer gee oor die vraaggedrewe komponente

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


'n Boer is aan mensehandel en verkragting skuldig bevind
'n Boer is ná ’n verhoor van meer as 18 maande aan onder meer mensehandel en verkragting skuldig bevind. Maroela Media berig Louis Lategan van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdag in die hooggeregshof in Makhanda skuldig bevind op ses aanklagte van mensehandel, vyf aanklagte van verkragting, verskeie aanklagte van aanranding asook twee aanklagte van onwettige besit van ammunisie. Rosestad-nuus het vroeër berig Lategan het glo met Facebook-advertensies en later 'n agentskap s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Nog ‘n slagoffer is in Ekurhuleni ontdek
Die polisie het Donderdagoggend die liggaam van nog ’n vrou in Dawn Park in Ekurhuleni ontdek. Die vrou se liggaam is halfnaak en in ’n laken toegedraai langs die pad gevind. eNCA berig ondersoekbeamptes probeer vasstel wat haar identiteit is en wat die omstandighede rondom haar dood was. Die ontdekking volg ná die sterftes van agt ander vroue wie se liggame die afgelope twee maande op verskeie plekke in Ekurhuleni gevind is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het ’n multidissi

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Amber-Lee Hughes verskyn op TikTok vanuit die tronk
Video’s, selfies en oënskynlike stemboodskappe van die veroordeelde moordenaar Amber-Lee Hughes het op TikTok beland terwyl sy in ʼn Johannesburgse tronk aangehou word. Maroela Media berig die departement van korrektiewe dienste (DKD) het 'n onwettige selfoon tydens 'n klopjag gevind. Volgens die DKD het ʼn selmaat in dieselfde eenheid as Hughes eienaarskap van die foon erken. In die video’s van TikTok-gebruiker Just Advocacy word beweer dat Hughes ongehinderde toegang tot ʼn se

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die Madlanga-kommissie is reeds een jaar aan die gang
Dit is Donderdag een jaar sedert die Madlanga-kommissie van ondersoek begin het om openbare getuienis oor beweerde korrupsie in Suid-Afrika se strafregstelsel aan te hoor. Die kommissie het oor 174 dae van verhore getuienis van 110 getuies, insluitend 36 beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, aangehoor. Die verhore het meer as 26 000 bladsye mondelinge getuienistranskripsies opgelewer. Die kommissie sê dat hulle sedert hul eerste verhoor ’n jaar gelede aansienlike vor

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


VS vroueboere sê hul groei word steeds belemmer
Vroueboere in die Vrystaat sê beperkte toegang tot grond, finansiering en markte, asook veediefstal, belemmer steeds hul groei. Die kwessies is geopper tydens die provinsie se eerste Vroue-in-Landbou-Imbizo in Botshabelo. SABC News berig een vroueboer, Mponeng Lentoro, sê landbouvoorligtingsdienste en ekonome word dringend benodig om boere te help om ingeligte besluite oor gewasse, grondtoestande, weerpatrone en markte te neem. Nog 'n vroueboer, Agnes Mokhele, wat vee, groent

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die Glen-vrou wat glo haar kleinneef vermoor het, verskyn in die hof
Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy haar vyfjarige kleinneef in Glen by Bloemfontein vermoor het, het Woensdag vir die eerste keer in die hooggeregshof hier verskyn. Netwerk24 berig Vuyiswa Joyce Leeuw bly in aanhouding saam met haar baba, wat nou sowat ses maande oud is. Haar verhoor sal in Februarie 2027 begin. Leeuw word daarvan beskuldig dat sy Onkarabetse Leeuw in November 2025 vermoor het. Sy lyk is naby sy huis in Glen gevind, nie ver van waar die lyk van Leeuw

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Ramaphosa is met siekverlof
Die Presidensie het aangekondig dat president Cyril Ramaphosa tans weens swak gesondheid van openbare verpligtinge afgeboek is. Ramaphosa het Maandag van die Brics-beraad in Indië teruggekeer. Die Presidensie sê sy mediese span het hom aangeraai om te rus en te herstel. Ramaphosa het die betrokke ministers gevra om hom by geskeduleerde openbare verpligtinge te verteenwoordig. President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Voorstelle word gesteun dat Kanada die EU se eerste geassosieerde lid word
Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, het voorstelle gesteun dat Kanada die Europese Unie (EU) se eerste geassosieerde lid word. Sy het aan die Europese parlement gesê dat sy die deur wil oopmaak vir nouer samewerking met Kanada in sleutelsektore. Die BBC berig dat die Kanadese eerste minister, Mark Carney, gevra het vir ‘n unieke alliansie met die EU namate spanning met die Verenigde State toeneem. Handelsamesprekings tussen Kanada en die Verenigde

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Lamola verdedig SA se wette te midde van Amerikaanse visumbeperkings
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het eensydige visumbeperkings wat deur die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, aangekondig is, verwerp. Lamola sê Suid-Afrika het ‘n soewereine reg om die onregte van sy verlede deur middel van wette en demokratiese instellings aan te spreek. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê die voortdurende samesprekings tussen Suid-Afrika en die VSA behoort te streef na ‘n blywen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


Die ANC sal nie op stembriewe in Mangaung verskyn nie
Die ANC se naam sal nie op die proporsionele stembrief vir die Mangaung-metro in die munisipale verkiesing verskyn nie. Dit kom nadat die party nie betyds sy proporsionele kandidatelys by die Verkiesingskommissie (OVK) ingedien het nie. Netwerk24 berig dit beteken die party gaan al die stemme kwyt wees wat sy ondersteuners op dié stembrief sou uitbring. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die party se lot sal dus deur die steun vir sy wykskandidate bepaal word. LUIS

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 17


SA staar dreigende gaskrisis in die gesig
Suid-Afrika kan binne die volgende twee jaar ’n ernstige gasvoorsieningskrisis in die gesig staar, wat nywerhede kan bedreig wat sowat 8% van die ekonomie bydra en 75 000 werksgeleenthede ondersteun. Sakeleiers waarsku dat Sasol se gasvelde in Mosambiek moontlik ná 2028 nie meer in die nywerheidsvraag kan voorsien nie. Hulle sê onsekerheid oor toekomstige gasvoorrade en pryse vertraag reeds beleggings. Planne vir ’n terminaal vir die invoer van vloeibare aardgas in Mosambiek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


AfriForum steun voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies
AfriForum het kommentaar gelewer op voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeersregulasies, waarvolgens sekere bestuurderslisensies voortaan tien jaar geldig sal wees. Die organisasie steun die wysigings en meen dit moet sonder verdere uitstel deurgevoer word. Die voorgestelde veranderinge sal nuwe lisensiekaarte vir kodes A1, A, B en EB vir tien jaar geldig maak, terwyl C1-, C-, EC1- en EC-lisensies steeds vyf jaar geldig sal wees. ‘n Woordvoerder van AfriForum, Loui

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n Gedenkdiens vir wyle sersant Mahlomola Kareli word in Bloemfontein gehou
Die Vrystaatse polisie hou Donderdag, 17 September, ’n gedenkdiens vir provinsiale polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Peter Kareli, wat ná ’n siekbed op 9 September oorlede is. Die gedenkdiens begin om twaalfuur by Bobbiespark in Hospitaalpark, Bloemfontein. Sy begrafnisdiens vind Saterdag om agtuur die oggend by Kananelo Hoërskool in Phomolong, Kroonstad, plaas. Kareli was nie net vir Rosestad-nuus ’n bekende stem aan die ander kant van die foon nie, maar ook ’n belangri

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Die Bayswater-polisie soek verdagtes in ‘n poging tot moord saak
Die Bayswater-polisie in Bloemfontein is op soek na twee mans wat met ’n beweerde roof en poging tot moord verbind word. Volgens die polisie was twee vroue te voet op pad huis toe vanaf ’n winkelsentrum toe ’n man hulle genader en werk aangebied het. Hy het na bewering hul selfone geneem en beweer dat hy dit nodig gehad het om sekuriteitstoegangskodes te bekom. Die vroue het agterdogtig geraak toe hy na ’n blou Toyota Corolla gestap het. Die polisie sê die voertuig het toe vi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Amerika beplan verdere optrede teen Suid-Afrika
Die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, waarsku dat Amerika verdere optrede teen Suid-Afrika beplan. Dit volg op die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake se aankondiging van nuwe visumbeperkings vir sekere Suid-Afrikaanse burgers. Die beperkings geld vir individue wat volgens die VSA verantwoordelik is vir die bevordering van rassegebaseerde diskriminasie of die aanstigting van geweld teen minderheidsgroepe. Bozell sê die tyd vir eindelose dialoog h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Die ANC verloor sy appèl
Die ANC het sy appèl teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika, oftewel die OVK, verloor nadat die party nie sy kandidaatlyste vir die komende verkiesing teen die sperdatum ingedien het nie. Volgens Eyewitness News het die Verkiesingshof in Bloemfontein die ANC se aansoek van die hand gewys. Die ANC het aangevoer dat die besonderhede van 181 kandidate wel op die OVK se aanlynstelsel vasgelê is, maar dat die finale indiening nie voor die sperdatum afgehandel k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n R400 000-beloning word vir inligting oor die Ekurhuleni-moorde aangebied
Die polisie bied ’n beloning van R400 000 aan vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes in verband met die moorde op vroue in Ekurhuleni. Volgens SABC News is die beloning tydens ’n mediakonferensie aangekondig oor maatreëls om die verantwoordelikes vir die sterftes op te spoor. Die polisie bevestig ook dat nog ‘n vrou se liggaam in die gebied gevind is. Dit bring die aantal vroue wie se liggame binne minder as twee maande in die Ekurhuleni-munisipale g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


Sapu dring aan op Masemola se onmiddellike herstelling
Die polisievakbond Sapu het ’n beroep gedoen op die onmiddellike herinstelling van die geskorste nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, in sy pos. Dit volg nadat die nasionale direkteur van openbare vervolgings, advokaat Andy Mothibi, opdrag gegee het dat die aanklagte teen Masemola teruggetrek word. Masemola is aangekla van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die aanklagte hou verband met ’n tender van R228-miljoen wat toegeken is aan die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 16


‘n Bfn hof hoor die ANC se aansoek teen die OVK aan
Die Verkiesingshof in Bloemfontein sal na verwagting Woensdag die ANC se aansoek teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aanhoor. Nova News berig die uitdaging is weens ’n kandidaatlys-dispuut wat die uitslag van die 4 November-verkiesing in die Mangaung-metro kan beïnvloed. Die dispuut volg nadat die ANC versuim het om teen die sperdatum sy kandidaatname in te dien. Die party het tegniese probleme op die OVK se webwerf daarvoor blameer. Die OVK se woordvoerder in di

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Dezzi doen vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek
Dezzi Liebenberg, vrou van die vermeende diamantbedreeër Louis Liebenberg, gaan Woensdag opnuut 'n aansoek om borgtog bring. Dit sal haar tweede poging wees om vir borgtog aansoek te doen. Netwerk24 berig die verdediging het aangedui sy gaan haar aansoek op 'n nuwe stel feite bring. Dezzi het die eerste keer in November 2024 aansoek gedoen nadat sy en Louis in Oktober 2024 in Benoni in hegtenis geneem is. Die voormalige eiendomsagent van Bloemfontein se aansoek het misluk aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Sassa bevestig die datums vir Oktober se uitbetalings
Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het bevestig dat maatskaplike toelaes vir Oktober 2026 oor drie dae in die eerste week van die maand uitbetaal sal word. Eyewitness News berig toelaes vir ouer persone sal vanaf Vrydag 2 Oktober uitbetaal word, gevolg deur ongeskiktheidstoelaes op Maandag 5 Oktober en kindertoelaes op Dinsdag 6 Oktober. Begunstigdes word daaraan herinner om nie op die eerste dag te haas om hul geld te gaan haal nie, aangesien di

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


Sasol teken ‘n ooreenkoms om brandstof vir vlugte na Antarktika te verskaf
Sasol het ‘n ooreenkoms onderteken om medeverwerkte volhoubare lugvaartbrandstof aan die luukse toerismemaatskappy White Desert te verskaf vir sy vlugte na Antarktika. Sasol vervaardig die brandstof uit kook- en groente-olies by sy Natref-aanleg. White Desert bedryf een vlug per week van Kaapstad na Antarktika tydens sy seisoen wat van November tot Februarie strek. Die eerste Airbus A340-600-vlug wat van Sasol se volhoubare lugvaartbrandstof gebruik maak, word vir November be

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16


'n VS man sit lewenslank vir vrouemoord
’n Man van die Vrystaat is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vriendin, Nicolene van Rooi. Die polisie sê Jan Mafa het Van Rooi in Februarie 2024 by ’n huis in Grassland One aangerand. Sy is met veelvuldigte kneusplekke gevind en op die toneel dood verklaar. Volgens die polisie het Mafa ook Van Rooi se 12-jarige dogter, wat die aanval gesien het, aangerand. Mafa is deur gemeenskapslede vasgetrek en later in die Hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 16
bottom of page

