top of page


Nuus


Die regering is bekommerd oor die talle padsterftes
Die Suid-Afrikaanse regering het sy kommer uitgespreek nadat minstens 29 mense onlangs in afsonderlike padongelukke regoor die land omgekom het. Agt mense is Sondag op die N17 naby Ermelo in Mpumalanga dood, terwyl 21 mense Maandag in ‘n botsing waarby verskeie voertuie betrokke was, op die N1 in die Wes-Kaap gesterf het. Nooddienste staan die betrokke gesinne by en ondersoek die ongelukke. Die regering se woordvoerder, William Baloyi, sê padgebruikers moet versigtig wees e

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Aandele daal soos KI-maatskappye vra dat dié tegnologie stadiger ontwikkel
Tegnologie-aandele in Asië, Europa en die Verenigde State het gedaal nadat base van kunsmatige intelligensie-maatskappye ‘n verlangsaming in die ontwikkeling van die tegnologie versoek het. Anthropic se hoof- uitvoerende beampte, Dario Amodei, sê die tempo moet verminder word om die risiko te verlaag dat iets ernstig verkeerd loop. Grok se stigter, Elon Musk, het saamgestem, terwyl OpenAI se hoof- uitvoerende beampte, Sam Altman, sê dat huidige standaarde nie sterk genoeg is

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 15


Creecy loods die nasionale raamwerk vir vragmotorstaanplekke
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sal Donderdag Suid-Afrika se Nasionale Raamwerk vir vragmotorstaanplekke lood. Die raamwerk bied ’n padkaart vir die beplanning, klassifikasie, en standaardisering van vragmotorstaanplekke regoor die land. Volgens die Departement van Vervoer sal dit provinsies, munisipaliteite, staatsbeheerde entiteite en private ontwikkelaars help om infrastruktuur in lyn te bring met vragkorridors, verkeerseise, bestuurdersdienste en padveiligheidsb

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Polisie ondersoek ‘n moontlike verband tussen vyf vroue se dood
Die polisie ondersoek of daar ’n verband is tussen die sterftes van vyf vroue wie se liggame sedert Julie in Kempton Park en omliggende gebiede gevind is. Volgens IOL sê die polisie dit is egter nog te vroeg om te sê die sterftes is die werk van ’n reeksmoordenaar. Die vyfde liggaam is Maandagoggend in Olifantsfontein gevind. Die eerste vrou is op 15 Julie naby die R21 gevind, waarna nog drie liggame op 24 Augustus, 10 en 12 September ontdek is. Die polisie sê daar is sekere

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Saftu steun verpligte leefstyloudits vir alle openbare amptenare
Die vakbondfederasie Saftu het oproepe vir verpligte en onafhanklike leefstyloudits vir senior openbare amptenare en politieke ampsdraers gesteun. Saftu sê niemand wat met openbare mag of hulpbronne toevertrou is, moet van ondersoek vrygestel word nie. Dit sê leefstyloudits moet bates, sakebelange, geskenke, reise en familiefinansiële skakels ondersoek om onverklaarbare welvaart te identifiseer. Die federasie wil ook strenger belangebotsingsreëls hê en sê dieselfde aanspreekl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Verdagtes wat glo ’n man in Bloemfontein ontvoer het, word gesoek
Die Parkweg-polisie in Bloemfontein soek na ses verdagtes wat glo ’n 23-jarige man ontvoer en beroof het. Volgens die polisie het die man in McHardylaan in Brandwag vir openbare vervoer gewag toe hy in ’n wit Toyota Quantum geklim het. Die voertuig het na Tweede Laan gery, waar twee mans hom glo met messe gedreig en sy selfoon, skoene en ’n swart sak gesteel het. Die verdagtes het hom later in Albrechtstraat in Dan Pienaar afgelaai. Die polisie doen ’n beroep op mense met inl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Meer as ‘n 1 000 verdagtes is in die Vrystaat in hegtenis geneem
Altesaam 1 142 verdagtes is regoor die Vrystaat tydens Operasie Shanela Twee in hegtenis geneem. Volgens die polisie het wetstoepassingsagentskappe meer as 3 600 hoësigbaarheidspatrollies, padblokkades en stop-en-deursoek-operasies uitgevoer. Van die verdagtes is 11 vir moord, 11 vir poging tot moord, 21 vir verkragting en seksuele misdrywe en 82 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, in hegtenis geneem. Nog 128 mense is in hegtenis geneem vir beweerde immigrasie-o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Die toestand van paaie in die Mangaung-metro wek kommer
Die toestand van paaie in die Mangaung-metro en kommer oor padinfrastruktuur is tydens ’n Technical District Development Model-sitting by die Bram Fischer-gebou bespreek. Volgens inligting wat deur die Mangaung Metro Munisipaliteit gedeel is, het stadsbestuurder Sello More ’n beroep op sterker provinsiale ondersteuning gedoen om padinfrastruktuur in die metro aan te spreek. Hy sê gemeenskappe is gefrustreerd oor die toestand van paaie, maar besef nie altyd dat sommige paaie p

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Byna ’n kwart van brande hou met litiumbatterye of sonkrag verband
Byna een uit elke vier brande waarop Fire Ops SA in Bloemfontein reageer, hou tans verband met litiumioonbatterye of sonkragstelsels. Hulle sê op sosiale media litiumioonbatterybrande verskil van gewone brande omdat ’n proses genaamd termiese weghol kan veroorsaak dat hitte van een beskadigde batterysel na ander selle versprei. Selfs nadat die vlamme geblus is, kan beskadigde selle steeds baie warm bly en weer vlam vat. Met sonkraginstallasies en batterystoorstelsels wat al h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


‘n Bloemfontein leerder se stem is binnekort op Cartoon Network te hoor
’n Bloemfonteinse leerder gaan binnekort haar stem op Cartoon Network se internasionale animasierees Regular Show laat hoor. Volgens Bloemnuus Express is Danielle Grobler van Eunice Hoërskool een van slegs vier nasionale wenners van ’n landswye kompetisie om ’n karakter in die reeks te stem. Meer as 1 000 mense het aan die kompetisie deelgeneem, met 354 amptelike inskrywings in Afrikaans, isiZulu, isiXhosa en Sesotho. Grobler het onlangs saam met die ander wenners na ’n profe

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


Ramaphosa en Poetin bespreek verskeie kwessies
President Cyril Ramaphosa het verskeie kwessies met die Russiese president, Wladimir Poetin, bespreek tydens die 18de BRICS-beraad in Indië. Die gesprekke het gefokus op handels- en beleggingsbetrekkinge tussen die lande en die voortdurende oorlog in Oekraïne. Volgens Ramaphosa het Poetin aangedui dat prosesse met verskeie partye aan die gang is om vrede te bevorder en ’n skikking te bereik. Ramaphosa voeg by Suid-Afrika wil sien dat die konflik tot ’n einde kom, en dat dit s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 14


‘n Etiek-klag is teen John Hlophe ingedien
’n Etiek-klag is teen die opposisieleier, John Hlophe, ingedien omdat hy na bewering nie al sy belange verklaar het soos deur die parlement se Etiese Gedragskode vereis word nie. Die DA sê inligting toon Hlophe is steeds ’n aktiewe direkteur van Wynvallei 41 Eiendomme en Malebo Wine Farmers, en is die geregistreerde eienaar van ’n eiendom in Pinelands in Kaapstad. Sy parlementêre belange-register vir die tydperk tot 30 Junie 2026 sê egter dat hy niks het om te verklaar nie. D

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Petrol kan tot amper R30 per liter kos
Die jongste vooruitskattings van die brandstofpryse vir Oktober wys dat die prys van petrol moontlik nuwe rekordhoogtes gaan bereik, terwyl die dieselprys na aan die rekordvlakke van Mei gaan wees. Netwerk24 berig Die Sentrale Energiefonds (SEF) se jongste ramings wys dat die petrolprys, net soos die dieselprys, by omtrent R30 per liter kan gaan draai. Volgens Newskoop staan die prys van Brent-ruolie Maandag bo $100 per vat, met min tekens dat die konflik in die Midde-Ooste t

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Die OVK sê die ANC se kandidaatlyste is vyf minute voor die spertyd opgelaai
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het aan die hof gesê die ANC het kandidaatlyste vyf minute voor die spertyd opgelaai. EWN berig die kommissie het bygevoeg dat sy rekords toon twee van die ANC se agente het twee uur voor die spertyd van Vrydagmiddag om 17:00 nog aan die indiening van kandidaatlyste vir verskeie munisipaliteite gewerk. Die ANC het hom tot die Verkiesingshof gewend nadat hy die spertyd gemis het om kandidate in ses munisipaliteite te registreer. Rose

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Geen nuwe sardientjievrektes is aangeteken nie
Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê hy het geen nuwe berigte van sardientjievrektes aan die Weskus ontvang nie. Duisende sardientjies het in Julie vanjaar in die gebied uitgespoel. Die departement sê toetse het die teenwoordigheid van die sardientjie-herpesvirus in die vis bevestig. Vis het verlede maand ook op strande in die Oos-Kaap uitgespoel. Die departement sê hy monitor steeds die situasie. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Kanada wil ’n verhouding met die EU hê
Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land wil ’n unieke vennootskap met die Europese Unie (EU) hê. Hy het egter berigte ontken dat Kanada ’n lid van die EU wil word. Carney sê Kanada en die EU deel dieselfde waardes, het dieselfde prioriteite en beskik oor aanvullende sterkpunte. Carney sal na verwagting volgende week Frankryk en Brittanje besoek. Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


'n Vermeende stroper is dood nadat hy van olifante af vlug
’n Vermeende stroper is in die Krugerwildtuin dood aangetref nadat hy van ’n trop olifante gevlug het. SANParke-woordvoerder JP Louw sê veldwagters in die Krugerwildtuin het inligting ontvang oor twee vermeende stropers wat na bewering die park onwettig deur die Pafuri-gebied binnegegaan het. The Citizen berig voorlopige inligting dui daarop dat die twee verdagtes binne die park op ’n trop olifante afgekom het en in verskillende rigtings gevlug het, waarna hulle kontak met me

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Ramaphosa is optimisties oor die Brics-vergadering
President Cyril Ramaphosa het optimisme uitgespreek oor die Brics-vergadering en sê dit bly voordelig vir Suid-Afrika om deel daarvan te wees. Die 18de Brics-beraad, wat onder Indië se voorsitterskap gehou is, is afgesluit met leiers wat die Nieu-Delhi-verklaring aanvaar het. Die verklaring sit die gedeelde prioriteite, verbintenisse en rigting vir samewerking binne Brics vorentoe uiteen. Ramaphosa sê die beraad was baie goed en voeg by dat Brics ’n positiewe uitwerking het e

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Sterk winde word in die provinsie verwag
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat sterk en skadelike winde oor die sentrale dele van die land verwag word, veral in die Vrystaat en Noordwes. Groot dele van die land kan tot Dinsdag koue, nat en winderige toestande ervaar. ‘n Afgesnyde laagdrukstelsel sal die land se westelike dele bereik voordat dit ooswaarts beweeg. Die Noord-Kaap en Wes-Kaap kan swaar reën, moontlike oorstromings, rowwe see en stormsterk winde in die gesig staar. Ander provinsies, insluitend die Oo

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Kaapstad is as 'n noodlandingsgebied vir die maansending geïdentifiseer
Kaapstad is as een van die moontlike noodlandingsgebiede vir die Artemis IV-maansending, wat vir 2028 beplan word, geïdentifiseer. Maroela Media berig 'n span van Nasa het onlangs die Netcare Christiaan Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad besoek as deel van voorbereidings. Indien die sending ná die lansering om enige rede afgelas moet word, kan die ruimtetuig in die see aan die Kaapse kus land. Die besoek was daarom deel van Nasa se gebeurlikheidsbeplanning, wat ook voorsieni

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


SA se brandstofraffineringsvermoë het gehalveer
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) sê die land het die afgelope dekade meer as die helfte van sy brandstofraffineringsvermoë verloor. Volgens die SARB het die land se raffineringvermoë gedaal van meer as 720 000 vate per dag tot ongeveer 250 000 vate per dag. Die afname was hoofsaaklik te wyte aan langtermyn- ekonomiese en regulatoriese kwessies, en nie net aan enkele gebeure nie. Meer as die helfte van die brandstof wat in Suid-Afrika gebruik word, moet nou ingevoer word

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 14


Daar is nie ’n ekstra R500 vir bejaardes met chroniese siektes nie
’n Vals boodskap oor ’n ekstra R500 per maand vir bejaardes met chroniese siektes doen die ronde. Volgens The Citizen beweer die boodskap dat mense ouer as 70 wat chroniese medikasie gebruik, vir die ekstra geld kan aansoek doen deur ’n vorm by ’n Sassa-kantoor te kry en dit deur ’n dokter of gesondheidsfasiliteit te laat invul. Sassa sê begunstigdes moet slegs op amptelike kommunikasiekanale staatmaak en versigtig wees vir mense wat persoonlike of bankbesonderhede, of geld,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


Die SA Pantsermuseum vier 30 jaar in Bloemfontein
Die Suid-Afrikaanse Pantsermuseum in Bloemfontein vier Sondag, 13 September, sy 30ste bestaansjaar. Die mylpaal val saam met die 80ste herdenking van die Suid-Afrikaanse Pantserkorps, wat van 2 tot 6 Desember gevier word. Volgens die museum bly sy fokus om die geskiedenis, tradisies en erfenis van die Pantserkorps te bewaar en vir toekomstige geslagte te beskerm. Verskeie nuwe projekte en ontwikkelings is tans aan die gang as deel van die museum se voortgesette groei. Die mus

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13


’n Bloemfonteinse aktrise verteenwoordig SA in Ghana
’n Aktrise van Bloemfontein verteenwoordig Suid-Afrika in Ghana as deel van die derde seisoen van die Africa Monologue Challenge. Volgens My City Bloemfontein neem Melane Hamman saam met kunstenaars van regoor Afrika en die diaspora aan die Pan-Afrikaanse toneel- en kultuurinisiatief in Accra deel. Hamman is vroeër vanjaar as een van die finaliste aangewys nadat meer as 2 000 inskrywings van regoor Afrika en die diaspora ontvang is. Die Africa Monologue Challenge bied aan Afr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 13
bottom of page

