top of page


Nuus


Kiesers word aangemoedig om hul ID’s te kry voor die verkiesing
Suid-Afrikaners wat stemgeregtig is, word aangemoedig om aansoek te doen vir of hul identiteitsdokumente af te haal voor die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê ‘n geldige ID is noodsaaklik vir demokratiese deelname. Volgens die departement is Slim ID-dienste nou beskikbaar by meer as 450 deelnemende banktakke, benewens Binnelandse Sake-kantore. Mense wat ID’s verloor of beskadig het, word ook aangemoedig om dit son

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


‘n Bekwame polisiediens is die sleutel tot misdaadbestryding
Volgens President Cyril Ramaphosa is ‘n bekwame en professionele polisiediens die sleutel tot die bekamping van misdaad en die herstel van openbare vertroue. In sy weeklikse nuusbrief het Ramaphosa gesê dat die regering die polisie versterk deur Projek 11-duisend, met 5 500 nuwe konstabels wat gereed is om opleiding te begin. Dit volg op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Nasionale Herdenkingsdag die naweek. Hy sê kriminele infiltrasie, korrupsie en politieke inmenging moet

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


’n Verdagte word in die hof verwag ná ’n gewapende rooftog
’n 40-jarige man word in die Botshabelo-landdroshof verwag ná ’n gewapende rooftog by ’n kontantwinkel in Boithuso. Volgens die polisie het vier gewapende mans die winkel Vrydag beroof terwyl ’n afleweringswa besig was om voorraad af te laai. Hulle het na bewering sigarette, twee Samsung-selfone en ’n onbekende bedrag kontant gesteel voordat hulle gevlug het. Die polisie het later inligting ontvang wat ’n verdagte met die rooftog verbind, waarna sy gehuurde kamer in J-Section

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die polisie soek ‘n verdagte ná diefstal by ‘n Navalsig-winkel
Die polisie soek na ’n 28-jarige man wat glo duisende rande by ’n winkel in Navalsig gesteel het. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, het die diefstal op 31 Augustus plaasgevind. Die verdagte het glo toegang tot die sleutels van die winkel se kluis gekry, waarna kontant glo gesteel is. ’n Lasbrief vir Sboniso Nkabinde se inhegtenisneming is intussen uitgereik. Mense word gewaarsku om hom nie te nader of self aan te keer nie, aangesien hy moontlik ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


’n Bloemfonteiner se diagnose hou hom nie terug nie
’n Bloemfonteiner wat met ADHD en Asperger-sindroom leef, het bewys dat ’n diagnose hom nie hoef terug te hou nie. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie, oftewel SUT, gedeel is, het Dann Nel Theron tydens SUT se 2026-lente-gradeplegtigheid sy Diploma in Rekenaar-netwerke ontvang. Theron is as jong leerder vertel dat hy waarskynlik nooit matriek sou voltooi, universiteit toe sou gaan of sou gradueer nie. Hy het egter daardie twyfel as m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


BKS: Entstofpryse word glo gedokter
Bewerings doen die ronde dat pryse vir entstowwe teen bek-en-klouseer gelaai word. Dit terwyl Suid-Afrikaanse boere ‘n stryd voer teen die ergste voorval van die siekte wat die land nog gehad het. Nova News berig die minister van landbou, Willie Aucamp, het ‘n vergadering met die Onderstepoort Biologiese Produkteraad (OBP) gehad om bewerings van ernstige oortredings wat verband hou met die pryse van entstowwe, te bespreek. Volgens Moneyweb het die OBP bek-en-klouseer-entstoww

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


DStv stel sy nuwe pakkette bekend
DStv betree ‘n nuwe era onder die Franse mediareus Canal+, met nuwe handelsmerke, pakkette en pryse wat op 17 September bekendgestel sal word. Die nuwe slagspreuk is Expect-plus. MultiChoice se uitvoerende hoof, Wellington Ngwepe, sê die veranderinge reageer op kliënte se aanvraag na groter waarde en eenvoudiger opsies. Die nuwe pakkette is Starter, Select, Sports, Movies and Series, en Premium. Die nuwe Sportpakket sal 115 kanale bied, terwyl Premium sy naam sal behou en 130

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Jeremy Clarkson is ‘n paar skape kwyt
Die gewilde TV-persoonlikheid Jeremy Clarkson is onlangs die slagoffer van veediefstal toe 11 skape van sy Diddly Squat Farm gesteel is. Clarkson sê aan The Sun hy is woedend nadat hy ontdek het sy skape is vermis toe hy die kudde saam met Kaleb Cooper, sy medester in die gewilde Amazon-reeks Clarkson’s Farm, gaan tel het. Maroela Media berig volgens Clarkson word die waarde van die gesteelde skape op sowat R43 000 beraam. Die skape het deel gevorm van sy sogenaamde Easy Care

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


‘n Verkragter se appèlaansoek teen sy 'buitensporige vonnis' misluk
’n Vrystaatse man wat sy biologiese dogter verkrag het, se appèlaansoek teen sy lewenslange tronkstraf is in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hand gewys. Die man het hom tot die hof gewend om te appelleer teen die "skokkend, swaar en onvanpaste" vonnis. Netwerk24 berig hierteenoor het die staat aangevoer dat die appellant die klaer se biologiese pa is en dat daar van hom verwag is om haar versorger en beskermer te wees, nie die persoon wat haar sou verkrag nie. Die s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Mediese hulpskemas ondervind toenemende druk soos lede afgradeer
Mediese hulpskemas in Suid-Afrika ondervind toenemende druk namate lede afgradeer na goedkoper planne of oorskakel na meer bekostigbare opsies. Medshield se hoofbeampte, Kevin Aron, sê stygende lewenskoste maak omvattende mediese dekking toenemend onbekostigbaar, veral vir jonger mense. Hy sê gesonder, jonger lede is noodsaaklik omdat hulle help om die hoër eise van ouer lede te balanseer. Namate meer lede na laervlakplanne oorskakel, staar skemas hoër koste en bydraeverhogin

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Die weermagvakbond het vrae oor soldate se skenkings aan Kubane
Die weermagvakbond, Sanwu, vra vir ʼn onmiddellike en onafhanklike ondersoek na bewerings dat Suid-Afrikaanse weermaglede in Kuba skenkings aan behoeftige Kubane moes doen. Daar word beweer dat weermaglede sogenaamde vrywillige skenkings van tot R15 000 uit hul toelae aan die Kubane moes skenk. Die vakbond sê in ʼn verklaring die bewerings regverdig ʼn raad van ondersoek om vas te stel wie die skenkings gemagtig het. Die vakbond wil ook weet waarheen die geld is, wie beheer daar

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Miljoene is glo aan geskorste werknemers van die Padongelukfonds betaal
ActionSA sê meer as R29 miljoen is betaal aan 16 geskorste werknemers van die Padongelukfonds wat tans nie werk nie. Die party sê ’n parlementêre antwoord toon dat sommige werknemers sedert 2024 geskors is, met drie wat vir meer as ’n jaar geskors is. ActionSA se Alan Beesley sê die betalings beloop gemiddeld R1,8 miljoen per werknemer. Hy kritiseer die fonds vir die vermorsing van openbare geld terwyl ongeveer 37 000 gefinaliseerde ongelukseise steeds onbetaald is. LUISTER H

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


SA'ners sukkel met die hoë lewenskoste
Suid-Afrikaners ondervind toenemende druk weens die hoë lewenskoste. Volgens die jongste Mededingingskommissie se Koste-van-Lewensonderhoud-verslag het watertariewe en elektrisiteitspryse vanjaar aansienlik gestyg. Petrolpryse het ook gestyg, hoofsaaklik as gevolg van die voortslepende oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en Iran. Die stygings in brandstof- en vervoerpryse het gelei tot ’n styging in die pryse van basiese goedere en dienste. Die styging in lewenskost

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Mapisa-Nqakula staar ‘n uitspraak in die gesig oor haar aansoek om ontslag
Die Gauteng-hooggeregshof sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om ontslag. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy R4,5 miljoen in omkoopgeld gevra het, met meer as R2 miljoen wat na bewering as kontant van ’n diensverskaffer ontvang is. Haar regspan voer aan dat die staat nie voldoende getuienis voorgelê het om te regverdig dat sy weens korrupsie verhoor word nie. Die woor

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Hlabisa verwelkom die aanvaarding van ‘n etiese leierskapskode deur munisipaliteite
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, verwelkom die aanvaarding van ’n etiese leierskapskode deur 100 munisipaliteite. Volgens Hlabisa is die Kode vir Etiese Leierskap in Plaaslike Regering daarop gemik om goed bestuurde, doeltreffende en effektiewe munisipaliteite te verseker. Die kode is van toepassing op politieke figure, raadslede, tradisionele leiers en administratiewe personeel. Hlabisa se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


’n Man steek glo sy oom oor kos dood
’n 42-jarige man is oorlede nadat hy glo tydens ’n argument oor kos deur sy 21-jarige neef doodgesteek is. Volgens Vrystaatse apolisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die voorval in Monyakeng by Wesselsbron plaasgevind, waar die polisie tydens patrollies oor die steekvoorval ingelig is. Die polisie het met hul aankoms die slagoffer met steekwonde aan die bors op die grond gevind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar. Die argument tussen die oom en sy neef

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Kerke moet mense vertel wat die regering vir hulle doen
Kerke moet volgens die Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae mense inlig oor die dienste en hulp wat die regering bied, veral aan mense wat dit die nodigste het. Luidens ‘n plasing op die Vrystaat Regering se sosiale media voorsien die regering onder meer gratis skooluniforms aan kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie, terwyl leerders ook by skole gevoed word. Letsoha-Mathae reken kerke moet help om dié boodskap aan gemeenskappe oor te dra, sodat mense weet watter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


‘n Vrou is ná tien dae lewend onder puin gevind
’n 60-jarige vrou is tien dae ná verwoestende vloede in Nepal lewend onder die puin van haar huis gevind. Volgens India Today het reddingswerkers ’n flou stem onder die puin gehoor en haar die naweek gered. Haar familie het intussen reeds met tradisionele rouseremonies begin, omdat hulle geglo het sy is oorlede. Haar redding bring nuwe hoop dat ander mense wat steeds vermis word, moontlik ook lewend gevind kan word. Meer as 1 300 mense is volgens Reuters in die ramp oorlede,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Nuwe Bela-regulasies moet skole bemagtig eerder as beheer
Die Solidariteit Onderwysernetwerk sê nuwe Bela-regulasies moet skole bemagtig eerder as beheer. Die netwerk het kommentaar gelewer op konsepregulasies oor bykomende vergoeding, beheerliggaamverkiesings en onderwyserontwikkeling. ‘n Woordvoerder, Johan Botha, sê skole se bestuurspanne, onderwysers en beheerliggame weet wat prakties werk en dat regulasies hul outonomie moet versterk. Solidariteit steun elektroniese beheerliggaamverkiesings, maar waarsku teen buitensporige depa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Sadtu vra dat minister Gwarube gestraf word
Die onderwysersvakbond Sadtu doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, te straf. Gwarube het besluit om die nuwe handboekkatalogus vir die Grondslagfase opgeskort te hou nadat ’n onafhanklike ondersoek bevind het dat daar areas van nie-nakoming en swakhede in bestuur was. Volgens Sadtu kom haar besluit ondanks bevindings van ondersoeke dat daar geen bewyse van onregmatigheid in die verkrygingsproses is nie. Die vakbond b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


AfriForum reageer oor sy betrokkenheid in Orania
AfriForum het gereageer op News24 se berigte oor sy betrokkenheid by tradisionele en kulturele gemeenskappe, insluitend Orania. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê hulle het samewerkingsooreenkomste met verskeie gemeenskappe en het landbou- en ander projekte ondersteun, insluitend in Orania. Hy sê R42 miljoen is oor ses jaar aan Orania-projekte toegeken, wat 2.5% van AfriForum se inkomste verteenwoordig, terwyl meer as R1.1 miljard na projekte elders gegaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Twee vroue is oorlede ná ‘n botsing waarin Tommy Dell ernstig beseer is
Twee vroue is oorlede en die bekende Suid-Afrikaanse country-sanger Tommy Dell het ernstige beserings opgedoen ná ’n botsing op die R40 naby Mbombela in Mpumalanga. Volgens Maroela Media is Mara van der Bergh en haar assistent, Samantha Fuller, op die toneel dood verklaar. Dell is met ernstige beserings na ’n hospitaal in Mbombela geneem. Die presiese omstandighede van die botsing is nog nie bekend nie. Van der Bergh was betrokke by die reël van konserte en was vroeër die per

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Vyf mense is oorlede nadat ‘n Amazon-vliegtuig van ‘n aanloopbaan afjaag
Vyf mense is oorlede en vyf ander beseer nadat ’n Amazon Air-vragvliegtuig by die Miami Internasionale Lughawe in die VSA van die aanloopbaan af is. Volgens die BBC het die Boeing 767-300 ná landing teen bykans 209km per uur oor die einde van die aanloopbaan gejaag en verskeie voertuie getref. Die vliegtuig het daarna aan die brand geslaan en uiteindelik vorentoe, op sy neus, tot stilstand gekom. Die ongeluk het ’n groot noodreaksie tot gevolg gehad, met sowat 200 brandbestry

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Ramaphosa belowe die volle mag van die reg teen polisiemoordenaars
President Cyril Ramaphosa sê diegene wat polisiebeamptes aanval, val die integriteit van die staat en die oppergesag van die reg aan. Ramaphosa het hulde gebring aan 12 polisielede wat die afgelope boekjaar tydens die uitvoering van hul pligte oorlede is. Hul name sal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Gedenkmuur by die Uniegebou gevoeg word. Ramaphosa sê diegene wat polisielede vermoor, moet weet dat hulle die volle mag van die reg in die gesig sal staar. Hy waarsku dat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7
bottom of page

