top of page


Nuus


Die EFF vra vir beter ondersteuning vir swart boere in die Vrystaat
Die EFF in die Vrystaat vra dringende ondersteuning om swart boere kommersieel te ontwikkel. Die party sê dié hulp moet onder meer masjinerie, produksie-insette, veegenetika, heinings, waterstelsels, marktoegang en mentorskap insluit. Die provinsiale sekretaris, Malefane Msimanga, kritiseer ook die Departement van Landbou se hantering van die onlangse kouefront-ramp. Msimanga sê meer as duisend beeste het gevrek en dat die betrokke gebiede tot ’n ramp verklaar moet word. T

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Die vervoerdepartement ondersoek finansiële onreëlmatighede
Die Nasionale Departement van Vervoer het ‘n onafhanklike ondersoek van stapel gestuur na bewerings van finansiële onreëlmatighede met betrekking tot betalings ter waarde van R15-miljoen. Die waarnemende direkteur-generaal, Mathabatha Mokonyama, het die regsfirma Bowmans aangestel om die bewerings wat op 30 Augustus deur Sunday World gepubliseer is, te ondersoek. Die departement sê die ondersoek was reeds aan die gang en het die publiek en die fluitjieblaser, Esethu Hasane, v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Hill-Lewis doen ‘n beroep op Ramaphosa om op te tree
Die DA se federale leier, Geordin Hill Lewis, het president Cyril Ramaphosa versoek om in te gryp nadat die direkteur-generaal van Basiese Onderwys ‘n besluit van minister Siviwe Gwarube verontagsaam het. Hill Lewis sê die direkteur-generaal, Mathanzima Mweli, het die groen lig gegee vir die nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase ten spyte van Gwarube se besluit om die tender te staak. Gwarube het hierdie week aangekondig dat die tender van R1.6 miljard opgeskort sal bl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Die nuwe SOE-hoof belowe om meer geld terug te kry
Die nuut aangestelde hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), Leonard Lekgetho, sê hoogs opgeleide en bekwame ondersoekers is noodsaaklik vir sy agentskap se sukses. Lekgetho neem in die posisie waar sedert die vertrek van sy voorganger, Andy Mothibi, wat tot die nasionale direkteur van Openbare Vervolging bevorder is. Lekgetho sê ‘n groter begroting kan sy organisasie help om meer geld wat deur korrupsie gesteel is, terug te kry. Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Yskaste en wasmasjiene is dalk onverkoopbaar weens SA se nuwe energiereëls
Suid-Afrika stel strenger energie-doeltreffendheidstandaarde vir huishoudelike toestelle in, insluitend yskaste, oonde en wasmasjiene. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het verlede Vrydag ‘n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer wat die nuwe vereistes uiteensit. Toestelle wat nie aan die standaarde voldoen nie, kan uiteindelik van die rak verwyder word. Groot vervaardigers, insluitend Defy en Hisense, ondersteun duideliker etikette, maar waarsku dat

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Manamela sê ambagsloopbane moet saam met universiteitsgrade waardeer word
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê ambagsmanne se loopbane moet saam met universiteitsgrade waardeer word, en voer aan dat geskoolde werkers noodsaaklik is vir Suid-Afrika se ontwikkeling. Die minister het by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ambagsmanne-toekennings in Gauteng gepraat. Manamela sê ambagslui help om infrastruktuur te bou en in stand te hou en industrialisering te ondersteun. Hy vra vir beter toegeruste tegniese en beroepsopleidingskolle

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Kerkbywoning styg, maar daar is minder nuwe bekeerlinge
‘n Nuwe Lifeway Research-studie bevind dat terwyl kerkbywoning by baie Protestantse kerke styg, minder bywoners nuwe bekeerlinge of voorheen kerklose mense is. Die opname is onder meer as eenduisend pastore gedoen. Die gemiddelde pastoor het ‘n toename van 16 % sedert 2023 gerapporteer, terwyl 30 % sê bywoning het ‘n plato bereik en 16 % ‘n afname rapporteer. Die gemiddelde gemeente het egter 11 verbintenisse aan Christus per 100 erediensbywoners in 2025 aangeteken, af vanaf

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Twaalf is vas rakende die moord van ‘n Vrystaatse veewagter
Altesaam 12 mense is in hegtenis geneem vir die moord op 'n veewagter ná 'n voorval van veediefstal naby Fouriesburg in die Vrystaat. Die polisie sê die veewagter is na bewering deur woedende lede van die gemeenskap toegetakel, nadat hy van veediefstal beskuldig is. Die woordvoerder sê die oorledene het verskeie kneusplekke aan sy bolyf en beserings aan sy oë opgedoen. SABC-nuus berig die polisie in Fouriesburg het 10 buitelanders en twee Suid-Afrikaners in hegtenis geneem in

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Die SABC is gelas om om verskoning te vra oor ‘n onderhoud met March and March
Die SABC is gelas om in die openbaar om verskoning te vra vir die uitsending van ‘n onderhoud met die March and March-leier, Jacinta Ngobese-Zuma. Sy het feitelike bewerings tydens die onderhoud gemaak wat nie deur enige bewyse wat die program aan luisteraars voorgelê het, gestaaf is nie. Die Uitsaaiklagtekommissie het ‘n klagte oor ‘n Junie-onderhoud met Ngobese-Zuma gehandhaaf, wat ongegronde bewerings oor immigrante gemaak het. Die kommissaris het beslis dat die SABC nie h

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


BKS: Die OBP se waarnemende uitvoerende hoof is geskors oor entstofpryse
Die waarnemende uitvoerende hoof van Onderstepoort Biological Products, Jacob Modumo, is op voorsorgskorsing geplaas na bewerings van ernstige wangedrag oor die prysbepaling van entstowwe teen bek-en-klouseer. Landbouminister Willie Aucamp sê die skorsing volg op ’n dringende vergadering met die raad Vrydag. Modumo het vyf dae gekry om op die bewerings te reageer. Aucamp beklemtoon dat Modumo nie aan enige oortreding skuldig bevind is nie. Volgens GroundUp sal die ondersoek v

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Kerkleiers vergader om eenheid te bevorder
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het die adjunkpresident Shipokosa Paulus Mashatile verteenwoordig by die Kerkleiersbyeenkoms in Eenheid by die Universiteit van Pretoria. Die byeenkoms bring pastore en kerkleiers van verskillende denominasies bymekaar om eenheid, gebed, leierskap en sosiale samehorigheid te bevorder. Pule sou praat oor gemeenskapsontwikkeling, leierskap en samewerking met geloofsgemeenskappe. Die byeenkoms sal ook kerkleiers toelaat om v

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Wydverspreide buie en donderbuie word in die Vrystaat verwag
Erge donderstorms sal na verwagting dele van die Vrystaat tref. Die weervoorspeller Muneiwa Singo sê wydverspreide buie en donderbuie word vir SOndag verwag, met 'n oranje vlak ses-waarskuwing vir die grootste deel van die provinsie en 'n geel vlak vier-waarskuwing vir die verre weste en gebiede langs die Lesotho-grens. SABC-nuus berig Singo het bygevoeg dat geïsoleerde tot verspreide buie vir Maandag verwag word, wat vanaf Dinsdag sal opklaar. Temperature sal koud tot koel b

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


'n Man is vas in Fichardtpark vir dwelmbesit
‘n Man is in Fichardtpark in Bloemfontein in hegtenis geneem vir beweerde besit van dwelms. Die Vrystaatse polisie sê lede van die honde-eenheid het gereageer op inligting oor dwelms by ‘n woonstel. Hulle het na bewering 41 pakkies metkatinoon, tien pakkies kristalmetamfetamien en ses mandrax-tablette gekonfiskeer. Die dwelms het ‘n geraamde straatwaarde van byna R20 000. Die polisie het ook R2 500 rand kontant gekonfiskeer. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die...

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Die ANC oorweeg die Verkiesingshof oor die OVK-kandidaatlyste
Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, het ‘n reeds afgewysde bewering van foute in die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se stelsel herhaal. Ramaphosa sê die party bly oop om sy reg uit te oefen om die Verkiesingshof te nader oor sy kandidaatlysregistrasie-probleem. Hy het gepraat tydens ‘n veldtoggeleentheid in Ekurhuleni in Gauteng. Die party het die OVK se sperdatum gemis om raadslidkandidate in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Vrystaat in te dien. Die ANC blameer teg

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Die Artikel 98-uitspraak se hersiening sal vinniger gelewer word
Die Wes-Kaapse regter-president Nolwazi Mabindla-Boqwana het onderneem om die lewering van die uitspraak oor die hersiening van die verslag van die onafhanklike Artikel 89-paneel te bespoedig, gegewe die belangrikheid van die aansoek. SABC-nuus berig die hooggeregshof in Kaapstad het uitspraak voorbehou oor die aansoek deur president Cyril Ramaphosa om die verslag tersyde te stel. Regsverteenwoordigers van die President en respondente in die saak het drie dae lank betoë vir e

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


RUGBY: Gure weer kan die Bokke en All Blacks se kragmeting bemoeilik
Donderstorms, swaar reën en weerlig kan Saterdag se beslissende Springbok-All Blacks- kragmeting by die FNB-stadion bemoeilik. Erge weer sal na verwagting oor Johannesburg beweeg omtrent dieselfde tyd as wat die Rugby’s Greatest Rivalry-kragmeting begin. Airlink het vroeër vandeesweek aangekondig dat hulle ook die voorwedstryd-verbyvlug gekanselleer het weens die verwagte weerstoestande. Die wedstryd begin kort ná 17:00, wat duisende toeskouers en albei spanne by die stadion

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


'n Nuwe wêreldkaart sal Afrika se ware grootte weerspieël
Die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering het ten gunste van ’n nuwe wêreldkaart gestem wat Afrika se ware grootte meer akkuraat weerspieël. Die BBC berig die Correct the Map-resolusie is deur die Afrika-unie gesteun. Dit is ook deur 164 lande ondersteun. Die Verenigde State was die enigste land wat daarteen gestem het, terwyl ses lande buite stemming gebly het. Die besluit is nie bindend nie, maar kan daartoe lei dat instellings wêreldwyd hul kaarte verander. Die tradisio

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


SA is suksesvol sonder beurtkrag deur die winter
Suid-Afrika het die 2026-winterperiode suksesvol voltooi sonder beurtkrag. Eskom sê dat hulle die elektrisiteitsaanvraag dwarsdeur die seisoen nagekom het, insluitend gedurende bewolkte weer wat sonkragopwekking verminder het. Die land het nou 476 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag gegaan sedert Mei 2025. Eskom skryf die stabiliteit toe aan verbeterde betroubaarheid van die aanlegte, gedissiplineerde instandhouding en minder onderbrekings. Die nutsmaatskappy sê die sterker

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


'n Tien-jarige is TLU SA se eerste jeugboer van die jaar
Die tien-jarige Jurgens Koen van Rustenburg in Noordwes is aangewys as TLU SA se eerste Jeugboer van die Jaar. Jurgens het reeds sy eie kunsmisonderneming, Jurgens Kunsmis Koen, en is as jong entrepreneur vir sy landbouprojek vereer. Hy het die toekenning tydens TLU SA se jaarlikse kongresdinee in Pretoria ontvang. Hy verduidelik wat hy uit die boerdery leer. LUISTER HIER: Jurgens Koen. FOTO: Maroela Media

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Die speaker verwerp die versoek dat Gana verwyder word
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die MK-party se oproep om die voorsitter van die Artikel 89-afsettingskomitee, Makashule Gana, te verwyder verwerp. Die party het Didiza gevra om Gana se verkiesing te hersien en tersyde te stel, en gesê die komitee se geloofwaardigheid is in die gedrang gebring nadat dit advokaat Thandazani Madonsela as sy bewysleier onttrek het. Die parlement sê Gana is verkies deur ‘n oop, billike en deursigtige proses. Dit het b

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Werkers sukkel om te oorleef weens die hoë brandstofpryse
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) sê werkers sukkel om te oorleef weens die hoë brandstofpryse. Die vakbond sê brandstofpryse het gestyg bo die huidige inflasiekoerse. Brandstofpryse sal na verwagting verder styg weens die voortdurende oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en Iran. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers staar ook hoë elektrisiteitspryse in die gesig. LUISTER HIER: Phakamile Hlubi-Majola. FOTO: Autoforum

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Peet Viljoen se saak bly op die rol
Die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria het Vrydag Peet Viljoen se aansoek dat die saak van die rol verwyder word, van die hand gewys. Landdros Nica Setshogoe het in haar uitspraak oor dié aansoek gesê daar is geen gronde om die saak nou van die rol te verwyder nie. Netwerk24 berig dit is nadat die dossier reeds aan die verdediging blootgelê is en terwyl die hof nog besig is om voorlopige kwessies in aanloop tot die verhoor af te handel. Die staat se advokaat Wille

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 5


Slegte weer kan kragtoevoer in dele van die Vrystaat ontwrig
Eskom waarsku dat erge donderstorms Vrydag en Saterdag tot kragonderbrekings in dele van die Vrystaat kan lei. Volgens ‘n mediaverklaring het slegte weer reeds kragtoevoer in verskeie dele van die provinsie geraak, met talle kraglyne wat beskadig is. Die Melkspruit-Rouxville-kraglyn is vroeg vanoggend weens ernstige skade aan ’n houtpaalstruktuur afgeskakel. Dit het daartoe gelei dat Rouxville, Smithfield en Zastron sonder krag is. ’n Hersteltyd is nog nie bekend nie. Hobhous

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


’n Verdagte is in hegtenis ná kabels in Botshabelo beskadig is
’n Verdagte is in Botshabelo in hegtenis geneem in verband met diefstal en die beskadiging van koperkabels. Volgens inligting wat deur Bloemfontein se kragverskaffer, Centlec, gedeel is, is die verdagte betrap terwyl hy glo ’n Air-Dac-koperkabel by ’n huis gesny het. Sowat 30m koperkabel, ter waarde van meer as R16 000, is glo beskadig. Centlec sê ondersoek word verder ingestel om vas te stel of die verdagte met nog ’n soortgelyke voorval in die gebied verbind kan word. Die k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4
bottom of page

