top of page


Nuus


Ds. De la Harpe neem afskeid
Ds. De la Harpe le Roux het ná 18 jaar as deel van sy bediening by Torings van Hoop in Bloemfontein afskeid geneem. Volgens die NG Kerk Vrystaat was sy bediening sterk daarop gerig om mense wat kwesbaar en dikwels vergete is, met waardigheid te bedien. Torings van Hoop het onder sy leiding onder meer ’n sopkombuis en verskeie programme vir mense in nood ontwikkel. Le Roux het tydens sy afskeid gesê Torings van Hoop moet groter as een persoon wees en dat hy trots is op wat God

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Bewerings teen Sello More kan nie gestaaf word nie
Die onafhanklike ondersoek na bewerings teen Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, het bevind dat geen van die bewerings wat ondersoek is, gestaaf kon word nie. Luidens ’n mediaverklaring het die stadsraad die ondersoekverslag en aanbevelings vroeër die maand aanvaar. Die onafhanklike ondersoeker is in Julie aangestel om die bewerings teen More te ondersoek en vas te stel of daar gronde vir dissiplinêre optrede was. Agt van die 18 aangeleenthede wat ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Suid-Afrika het nog nie besluit oor vlugteling-sentrums nie
Suid-Afrika het nog nie besluit om vlugteling-sentrums te stig nie. Volgens die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, word daar van mense wat wettiglik in die land is, verwag om in gemeenskappe te integreer. Kubayi het tydens ’n media-inligtingsessie gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan ook nie spesiale beskerming aan spesifieke groepe bied nie. Sy sê die polisie se mandaat is om alle burgers te beskerm. LUISTER HIER: Ter illustra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Groenewald skors senior amptenare
Vier senior amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste is geskors. Volgens minister Pieter Groenewald volg die skorsings op ernstige bewerings van bedrog wat verband hou met ’n steenkoolvoorsieningstender. ’n Strafsaak is intussen by die Valke geregistreer en word ondersoek. ’n Forensiese ondersoek sal ook gedoen word om die volle omvang van enige ongerymdhede vas te stel en te bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Groenewald sê die bekamping van korrupsie en bed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


‘n Verdagte is betrap terwyl hy glo met dokumente peuter om sy ‘zama-zama-broers’ te help
’n Man is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy glo met verskeie vervalste en veranderde dokumente betrap is. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het lede van die Parkweg-misdaadvoorkomingseenheid hom by ’n internetkafee in die Ou Mark-kompleks aangetref waar hy glo besig was om besonderhede op ’n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument te verander. Die polisie het daarna verskeie identiteitsdokumente, paspoorte, geboorte- en doodsertifikate en ande

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


UV-navorsers sê die Jagersfontein-ramp bied belangrike lesse
Vier jaar ná die ineenstorting van die Jagersfontein-myn se stortingsdam sê navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat die ramp was nie bloot ’n tegniese mislukking nie. Volgens ’n aanlyn artikel wys nuwe navorsing ook op probleme met bestuur, kommunikasie en aanspreeklikheid. Die dam het op 11 September 2022 ineengestort en tussen vyf- en ses miljoen kubieke meter mynafval vrygestel. Twee mense is oorlede, een persoon is nooit gevind nie, sowat 200 huise is beskadig en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


‘n Konsultasieproses is begin oor die sluiting van die vrugtefabriek in Tulbagh
Die Premier-groep het bevestig dat hulle 'n Artikel 189-konsultasieproses met werknemers en verteenwoordigers begin het oor die voorgestelde sluiting van hul fabriek in Tulbagh. SABC-nuus berig Premier sê die besluit is geneem weens die strukturele en ekonomiese druk in die bedryf vir ingemaakte vrugte, insluitend 'n daling in die vraag wêreldwyd, veranderende uitvoertoestande, stygende insetkoste en verhoogde mededinging. Sowat 90 % van die Tulbagh-aanleg se produksie van in

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


4 November is as ‘n openbare vakansiedag verklaar
President Cyril Ramaphosa het 4 November, Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesingsdag, amptelik tot ’n openbare vakansiedag verklaar. Die verklaring was te wagte, gegewe die historiese presedent dat alle verkiesingsdae tot openbare vakansiedae verklaar word, maar die publikasie in die Staatskoerant het die wetgewende proses afgehandel. Business Tech berig daar was aanvanklik kommer dat die verkiesing die matriekeksamenperiode kon ontwrig omdat baie skole as stemlokale ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


SA kan nou kersies na China uitvoer
Die minister van Landbou, Wille Aucamp, het ’n protokol onderteken wat die Chinese mark vir die eerste keer vir Suid-Afrikaanse kersies oopmaak. Die ooreenkoms is Dinsdag in Beijing onderteken tydens die negende Ministeriële Vergadering van Sanitêre en Fitosanitêre Sake. China is die wêreld se grootste kersie-invoerder en het verlede jaar sowat 586 900 ton ter waarde van $3,3 miljard ingevoer. Die nuwe mark sal na verwagting belegging in kersieproduksie ’n hupstoot gee en sow

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Duisende gedienste Kroonstad-erwe is gereed vir oorhandiging
Meer as 4 000 erwe in Kroonstad is volledig gediens en gereed om aan inwoners oorhandig te word. Dit is nadat die provinsiale regering vroeër vanjaar kommer oor die deursigtigheid van die proses probeer besweer het. Netwerk24 berig die Vrystaatse regering het onder leiding van premier MaQueen Letsoha-Mathae en LUR Saki Mokoena met inwoners van Maokeng in Kroonstad vergader. Mokoena het aangekondig dat die toekenningsproses vasgestelde kriteria, geskiktheid en billikheid gegro

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die DA sê SA het meer gewaagde ekonomiese hervormings nodig
Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, sê Suid-Afrika het dringend vinniger en meer gewaagde ekonomiese hervormings nodig namate die ekonomie gekrimp het. Dit kom nadat Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP) met 0,2 % in die tweede kwartaal van die jaar gedaal het. Hill-Lewis sê president Cyril Ramaphosa moet die Regering van Nasionale Eenheid gebruik om hervormings deur te voer wat nodig is om die ekonomie te laat groei en werk te skep. Hy voeg by die regering moet

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die ANC sê hy sal die Verkiesingshof se beslissing oor die OVK aanvaar
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party sal die Verkiesingshof se beslissing oor sy uitdaging teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) aanvaar. Mbalula het Dinsdag die media ingelig oor die ANC se besluit om die OVK in die hof uit te daag oor sy kandidaat lyste vir die komende plaaslike regeringsverkiesings. Hy het beklemtoon dat die ANC nie die OVK aanval nie. Mbalula sê die party verskil bloot van die kommissie oor ’n regspu

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die interministeriële migrasie-komitee lig SA in oor sy werk
Die interministeriële komitee oor migrasie sal na verwagting Dinsdag die media toespreek om Suid-Afrikaners op hoogte te bring van sy werk. Die komitee is geskep ná landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. President Cyril Ramaphosa het verlede maand tydens 'n SAOG-beraad 'n beroep gedoen dat lande in die streek die kwessies moet takel wat tot migrasie lei. Hy sê mense behoort nie na ander lande te trek omdat hulle veiligheid bedreig word of weens 'n gebrek a

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Sandra Prinsloo kry ‘n eredoktorsgraad
Die ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise Sandra Prinsloo sal in Potchefstroom ’n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit ontvang. Prinsloo het in meer as 120 teater-, rolprent- en televisieproduksies verskyn gedurende ’n loopbaan wat oor meer as vyf dekades strek. ’n Bepalende oomblik in haar loopbaan was in 1985 toe sy teenoor John Kani in Miss Julie gespeel het en rasse-taboes van die apartheidsera uitgedaag het. Prinsloo het in 2014 die Orde van Ikhamanga in Silwer ontva

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die PSA vra vir stabiliteit by Onderstepoort Biologiese Produkte
Die Staatsamptenarevereniging (PSA) versoek die minister van Landbou, Willie Aucamp, en die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP)-raad om stabiliteit en goeie bestuur by die staatsbeheerde diere-entstofproduksiemaatskappy te verseker. Die vakbond sê dat hulle kennis geneem het van die besluit om die waarnemende hoof- uitvoerende beampte van die OBP, Jacob Modumoh, op voorsorgskorsing te plaas. Rosestad-nuus het vroeër berig oor sy skorsing vir bewerings van ernstige wangedr

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Universitas en Pelonomi sukkel glo met warm water
Pasiënte by Universitas- en Pelonomi-hospitale in Bloemfontein het glo nie altyd toegang tot warm water nie weens probleme met die instandhouding van stoomketels. Dit volgens die DA se Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, David Masoeu, ná ’n antwoord van die Departement van Gesondheid op ’n skriftelike vraag in die provinsiale wetgewer. Die departement het glo bevestig dat stoomketels by sommige hospitale, waaronder Universitas en Pelonomi, nie ná die verpligte 36-maande-insta

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die Ad hoc-komitee gaan voort met sy konsepverslag
Die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, gaan voort met beraadslaging oor sy konsepverslag. Die komitee se sperdatum om sy verslag voor die Nasionale Vergadering in te dien is hierdie Vrydag. Dit is gestig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek. Lede het verskeie sake tydens hul jongste vergadering bespreek, insluitend Misdaadintelligensie en die Politieke M

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Ysland ontbied die Amerikaanse ambassadeur ná ‘n Trump-plasing
Ysland het die Amerikaanse ambassadeur, Billy Long, ontbied ná ’n plasing deur president Donald Trump op sy Truth Social-platform. Volgens Reuters het Trump ’n kaart gedeel waarop Ysland, Groenland, Kanada, Mexiko en verskeie ander lande onder die Amerikaanse vlag gewys word. Die hele landmassa is as die Verenigde State van Amerika aangedui, sonder enige verduideliking. Ysland se ministerie van buitelandse sake het die plasing as heeltemal onvanpas beskryf. Die voorval kom en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


AfriForum sal Eskom se aansoek vir ’n elektrisiteitstariefverhoging teenstaan
AfriForum sê hy sal Eskom se aansoek om ’n gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van sowat agt-komma-agt persent vir 2027/28 teenstaan en formele kommentaar by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) indien. Die organisasie sê die verhoging is ongeregverdig terwyl Eskom onlangs ’n wins van R30.35 miljard bekend gemaak het, ondanks erkenning dat miljarde rand aan onreëlmatige dieselbetalings bestee is. AfriForum se bestuurder vir Plaaslikeregeringsake, Morn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Motordiefstal neem toe
Die polisie het ’n waarskuwing aan motoreienaars gereig, nadat motors ter waarde van meer as R4 miljoen binne drie dae in Kimberley, in die Noord Kaap, gesteel is. ’n Toyota Land Cruiser is Woensdag by ‘n winkelsentrum gesteel, gevolg deur ’n Ford Ranger Wildtrak en Ford Raptor Vrydag. Die polisie vermoed seinblokkeringstoestelle kan gebruik word om te verhoed dat voertuie sluit. Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Molefi Shemane, het motoriste aangespoor om hul deure fisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Toegang tot inligting is steeds ’n struikelblok vir vroue in mynbou
’n Gebrek aan toegang tot inligting bly een van die grootste struikelblokke vir vroue se deelname aan Suid-Afrika se mynbou- en petroleumsektore. Dit is volgens die adjunkminister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Phumzile Mgcina, wat die Vroue in Mynbou- en Petroleumkonferensie in Durban aangebied het. Sy sê inligting is nie altyd maklik toeganklik of verstaanbaar nie, en bereik ook nie altyd die mense wat dit die nodigste het nie. Mgcina sê dit verg doelbewuste en volgeh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Bloemfonteinse skole dring deur na die nasionale skynhof-eindronde
Twee Bloemfonteinse skole het deurgedring na die nasionale eindronde van die Skynhof-kompetisie, wat later vandeesmaand in Gauteng plaasvind. Volgens die Vrystaatse Onderwysdepartement is Brebner Hoërskool en Grey College onder vier skole wat die provinsie by die nasionale kompetisie gaan verteenwoordig. Die kompetisie gee aan leerders die geleentheid om meer oor die Grondwet en die werking van die reg te leer, en om hul regsargumente voor ’n paneel beoordelaars te stel. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Kanonne gaan op Erfenisdag oor Suid-Afrika dreun
Die kanon by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein sal ook as deel van ‘n landwye kanonkettingskoot op Erfenisdag, 24 September, afgaan. Volgens Maroela Media gaan 31 kanonne op vasgestelde tye by historiese terreine reg oor Suid-Afrika afgevuur word. Die Suid-Afrikaanse Kanonniersvereniging reël die gebeurtenis om die Hollandse kanonoproepstelsel van die 17de eeu te herdenk. Die stelsel is destyds gebruik om boodskappe en waarskuwings oor groot afstande te kommunikeer. Die kanon

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die ANC daag die OVK in die Verkiesingshof uit
Die ANC het dokumente by die Verkiesingshof ingedien teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK. Die party betwis die kommissie se besluit om nie sy kandidate vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing te registreer nie. Die ANC het versuim om sommige kandidate in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, en die Oos-Kaap te registreer. Die party sê hy was nie in staat om hulle te registreer nie weens tegniese probleme met die OVK se stelsel. Rosestad-nuus het vroeër ber

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8
bottom of page

