top of page


Nuus


Die Film- en Publikasieraad beboet 21 film- en speletjieverspreiders
Die Film- en Publikasieraad (FPB) se Handhawingskomitee het boetes aan 21 verspreiders van films en speletjies in Suid-Afrika vir nie-nakoming opgelê. Volgens die raad wissel die boetes van R50 000 tot R750 000, afhangende van die tipe oortreding. Daar is bevind dat sommige films of speletjies onwettig in die land versprei is sonder om by die raad as verspreiders geregistreer te wees. Ander is beboet vir die verspreiding van ongeklassifiseerde volwasse films sonder die vereis

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Terwyl KI werk transformeer word werkersbeskerming gevra
Suid-Afrika moet verseker dat kunsmatige intelligensie (KI) en nuwe digitale tegnologieë nie werkers agterlaat nie. Dit volgens die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, tydens die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad (Nedlac) se jaarlikse spitsberaad in Pretoria. Hy voeg by KI kan produktiwiteit verhoog, dienste verbeter, nuwe nywerhede skep en geleenthede vir werk en entrepreneurskap oopmaak. Maar Ramokgopa waarsku dat swak bestuurde t

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Eskom betwis ‘n verslag oor dieselbesteding
Eskom het ’n Daily Investor-verslag oor sy dieselbesteding verwerp en bygevoeg dat dit die nutsmaatskappy se goedgekeurde begroting van R12.8 miljard verkeerdelik as werklike besteding aangebied het. Eskom sê dat dit eintlik R7.1 miljard aan oopsiklus-gasturbines in die 2025/26-boekjaar bestee het, af van R17.7 miljard rand die vorige jaar. Dit verteenwoordig ’n vermindering van ongeveer 60%. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê verbeterde opwekkingsprestasie het sy afha

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Macua betuig hul meegevoel ná kinders in die Vrystaat verdrink
Die mynboubelangegroep Macua het sy meegevoel betuig nadat twee kinders glo in myndamme in die Vrystaat verdrink het. Macua doen ’n beroep op ’n onmiddellike ondersoek na die omstandighede rondom die kinders se dood. Dit wil hê dat die owerhede moet vasstel wie die damme besit en of voldoende heinings, waarskuwingstekens en ander veiligheidsmaatreëls in plek was. Die nasionale sekretaris van Macua se jeugvleuel, Oratile Mogotsi, sê enigiemand wat bevind word dat hulle versuim

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Sneeu val weer op die Drakensberge
Sneeu het op die Drakensberge in die Oos-Kaap geval, terwyl ’n kouefront oor die land beweeg. Landbouweekblad berig die sneeu is in die Rhodes-distrik aangeteken en word deur die kouefront en ’n afsnylaag met hoë vogvlakke veroorsaak. Die weerstelsel kan ook elders swaar reën meebring. Dit is reeds die derde keer vanjaar dat sneeu in dié distrik voorkom. Sneeu in September is nie ongewoon nie, omdat kouefronte steeds in dié maand oor Suid-Afrika beweeg en meer vog beskikbaar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Die Polisie waarsku teen KI-foto’s met polisie-uniforms
Die polisie in die Vrystaat waarsku mense om twee keer te dink voordat hulle kunsmatige intelligensie (KI) gebruik om foto’s van hulself in ’n polisie-uniform te skep of te laat lyk asof hulle gearresteer word. Volgens ‘n mediaverklaring kan sulke KI-foto’s maklik vir regte foto’s aangesien word en ernstige gevolge hê indien dit gebruik word om mense te mislei. Dit is ’n misdaad om jouself valslik as ’n polisiebeampte voor te doen, terwyl die ongemagtigde gebruik van polisie-

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Bloedvoorrade is onder druk
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, SANBS, doen ’n beroep op geskikte bloedskenkers om bloed te skenk, aangesien nasionale bloedvoorrade afneem. Die diens moet daagliks 3 500 eenhede bloed insamel om ’n voorraad van vyf dae te handhaaf, maar huidige insamelings bly agter. Minder bloedskenkings by skole en universiteite tydens eksamentyd dra by tot die tekort. SANBS doen ’n beroep op gereelde skenkers wat weer kan skenk, mense wat nog nooit bloed geskenk het nie en voorm

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


‘n Moordverdagte verskyn in die hof ná hy uit aanhouding ontsnap
’n Verdagte wat van moord beskuldig word, sal in die Pudimoe-landdroshof in die Noordwes verskyn. Dit kom nadat die verdagte vroeër vandeesweek weer in hegtenis geneem is vir beweerde ontsnapping uit polisie-aanhouding by die Maganeng-kliniek. Hy is na die kliniek vervoer vir mediese behandeling, maar het glo kort ná sy aankoms na nabygeleë bosse gevlug. Hy staan nou voor ’n bykomende aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding. ’n Polisiewoordvoerder, kolonel Anne Magak

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Voormalige Valke-lede staar korrupsie-aanklagte in die gesig
Twee voormalige Valke-lede het in die Mthatha Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in die Oos-Kaap verskyn op korrupsie-aanklagte. Hulle het na bewering geld van ’n sake-eienaar gevra om onwettig ’n kriminele dossier te onttrek en te vernietig. Volgens die Valke is die klaer na bewering R400 000 gevra voordat die bedrag tot R50 000 verminder is. Hy het daarin geslaag om R10 000 te bekom en die saak by die Valke aangemeld. Die twee is in hegtenis geneem, maar die saak is voorlop

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 4


Steve Biko se familie vra vir ‘n opskorting van sy nadoodse ondersoek
Steve Biko se familie het dokumente by die Oos-Kaapse hooggeregshof in Gqeberha ingedien waarin ’n tussentydse opskorting van die ondersoek na Biko se dood gevra word. Dit kom nadat regter Isaac Madondo die Biko-familie se aansoek om uitstel van die hand gewys het. SABC News berig die Biko-familie, wat onlangs regsdienste bekom het, voer in hofstukke aan dat die regspan nie ’n redelike geleentheid gehad het om die dokumentêre rekord te vertaal, te ontleed en met ander dokumen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Menslike oorskot is in die puin van die St Andrewsstraat-brand gevind
Menslike oorskot is in die puin van die onlangse verwoestende brand in Bloemfontein se middestad ontdek. Die brand het in op 23 Augustus by ’n gebou in St Andrewsstraat uitgebreek, waarna brandweer- en reddingspanne na die toneel ontbied is. Nadat die gebou veilig verklaar is, is daar begin soek na moontlike slagoffers. In 'n verklaring sê polisiewoordvoerder kaptein Loraine Earle dat adjudant-offissier Swannie Swanepoel se vierjarige Belgiese herdershond, Parco, ’n area van

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Lourierpark: Die DA se aansoek is geweier
Die DA se aansoek oor ’n behuisingsontwikkelingsprojek langs Lourierpark in die suidweste van Bloemfontein is in die hooggeregshof in Bloemfontein met koste van die hand gewys. Netwerk24 berig die aansoek volg nadat die hooggeregshof bevind het die hof het nie die reg om die metroraad van die Mangaung-metro daarvan te weerhou om sy planne uit te voer nie. Die planne is goedgekeur en die DA kon nie bewys dat wetgewing of munisipale verordeninge daardeur geskend word nie. Dit k

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Die UDF vra dat die verkiesing uitgestel word
Die United Democratic Front (UDF) het ’n petisie aan president Cyril Ramaphosa en ander staatsinstellings gerig om die plaaslike regeringsverkiesing van 4 November uit te stel, met die argument dat die Kieswet ongrondwetlik is. The Citizen berig die beweging sê dit is sodat die Konstitusionele Hof tyd het om oor die Kieswet, asook die rolle en bevoegdhede van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), uitspraak te lewer. Ramaphosa se kantoor het die ontvangs van die UDF se

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Nog verdoemende inligting teen is McKenzie ingedien
Nóg verdoemende inligting is by die Openbare Beskermer ingedien om die ondersoek na die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, aan te vul. Die OB ondersoek tans of McKenzie sy amps-eed oortree het deur sy binnekring en party, die PA, te bevoordeel. Maroela Media berig die DA glo die OB het nou uiteindelik bewyse om die individue te ondersoek wat blykbaar bande met die PA het én voordeel uit belastingbetalersgeld trek. Volgens die DA se Leah Potgieter is aanvull

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Misa steun die voorgestelde nul persent bloedalkohol-limiet
Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf (Misa) het sy steun uitgespreek vir die voorgestelde wysigings aan die Nasionale Padverkeerswet. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het wysigings aan artikel 65 van die Wet voorgestel. Die wysigings sal ’n nul persent bloedalkohol-limiet vir motoriste afdwing. Die vakbond sê dit is ’n belangrike mylpaal in die land se stryd teen padongelukke. Misa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê meer as 18 000 motoriste is tussen

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Aspen onttrek hom aan die vervaardiging van ‘n MIV-spuit
Suid-Afrika se grootste farmaseutiese vervaardiger, Aspen Pharmacare, het hom aan die regering se planne vir die plaaslike vervaardiging van die MIV-voorkomingsinspuiting, lenacapavir, onttrek. Business Day berig die maatskappy sê dis weens ’n gebrek aan gewaarborgde aanvraag. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad (Sanac) sê Aspen se onttrekking is ’n terugslag, aangesien dit een van slegs ’n handjievol Suid-Afrikaanse maatskappye is wat die potensiële kapasiteit het om die

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Gure weer kelder skolesport in Bfn
Talle skolebyeenkomste in Bloemfontein wat oor die naweek sou plaasgevind het, is uitgestel omdat sterk wind en donderstorms voorspel word. Sportwedstryde by skole is Donderdag ook afgestel nadat waarskuwings oor weerlig uitgereik is. Netwerk24 berig luidens die metro se waarskuwing is daar ’n moontlikheid van skade aan infrastruktuur en in informele nedersettings. Inwoners word aangemoedig om die nodige voorsorgmaatreëls te tref, dit te vermy om oorstroomde paaie en laagligg

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


‘Die kloof tussen swart en wit is ‘n hardnekkige nalatenskap van apartheid’
President Cyril Ramaphosa sê die kloof tussen swart en wit het ‘n hardnekkige nalatenskap van apartheid gebly, ten spyte van vordering wat oor die afgelope 30 jaar gemaak is. Ramaphosa het die opmerkings gemaak tydens die eerste Nokuthula Simelane-gedenklesing by die Universiteit van Mpumalanga. Hy sê die kloof is steeds duidelik in die ekonomie, stede, gesondheidsorg en onderwys. Ramaphosa sê wette en programme, insluitend swart ekonomiese bemagtiging, het swart deelname aan

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


SA bly vir eers deel van Agoa
Amerikaanse president Donald Trump het die finansieringswetsontwerp goedgekeur wat die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa) tot 31 Desember 2028 verleng. Maroela Media berig die hoof van openbare skakeling by Solidariteit, Jaco Kleynhans, sê die verlenging bied noodsaaklike ekonomiese sekerheid aan bedrywe reg oor Afrika suid van die Sahara. Hy sê egter hulle is bekommerd oor die voortgesette debat in Washington oor Suid-Afrika se toekomstige kwalifisering vir Agoa. S

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 4


Die Padverkeersbestuurskorporasie waarsku oor besige paaie hierdie naweek
Lentefeeste en ’n groot godsdienstige byeenkoms sal na verwagting verkeersvolumes regoor Suid-Afrika hierdie naweek verhoog. Die Padverkeersbestuurskorporasie doen dus ’n beroep op motoriste om verantwoordelik op die paaie op te tree en veiligheid te prioritiseer. Dit sê meer as 5 000 busse sal na verwagting na Limpopo reis vir die jaarlikse Zion Christian Church Nuwejaarsviering. Die Padverkeersbestuurskorporasie se Simon Zwane waarsku dat dit na verwagting aansienlike druk

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3


Studies toon dat ‘n gordelroos-entstof die risiko van demensie kan verlaag
Studies dui daarop dat die Shingrix-gordelroos-entstof die risiko van demensie met ongeveer 25% kan verlaag. Die spesialis in aansteeklike siektes, dokter Jeremy Nel, sê herhaalde navorsing het laer demensiekoerse onder ingeënte mense gevind, hoewel die bewyse nog nie finaal is nie. Hy sê gordelroos kan bloedvate in die brein beskadig en die risiko van beroerte verhoog. Nel beveel aan dat die entstof tans gebruik moet word om gordelroos te voorkom, nie spesifiek demensie nie.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3


Hondsdolheid het vanjaar reeds die lewe van 15 mense geëis
Suid-Afrika het sedert die begin van die jaar 15 mense sterftes weens hondsdolheid aangeteken. Die sterftes is in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo aangemeld. Die Departement van Landbou doen intussen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul honde en katte teen hondsdolheid in te ent en vermoedelike gevalle aan te meld. Volgens die departement is 115 laboratorium-positiewe gevalle van hondsdolheid by diere tussen Januarie en Julie aangeteken. Enigiemand wat deur ’n vermoedeli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3


Eskom stel nog ’n verhoging vir elektrisiteitspryse voor
Suid-Afrikaanse elektrisiteitsgebruikers kan vanaf April volgende jaar ’n verdere verhoging van 8.8% in die gesig staar. Die Nasionale Energiereguleerder het Eskom se voorgestelde tariefaanpassings vir 2027/28 vir openbare kommentaar oopgestel. Die sluitingsdatum vir voorleggings is 2 Oktober. Die voorgestelde verhoging volg op ’n verhoging van 8.8% vir Eskom-kliënte vanjaar en ’n verhoging van byna 13% in 2025. Eskom sê vaste diensheffings vir Homepower- en Homeflex-klante s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3


Minister Aucamp verseker boere van ondersteuning
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het boere verseker dat die regering met die sektor sal saamwerk om die impak van droogte te versag. Dit aangesien El Niño-toestande na verwagting deur die 2026/27-somerseisoen sal voortduur. Aucamp sê die regering sal vroeë waarskuwingstelsels versterk en gereelde weeropdaterings verskaf, veral oor uiterste hitte. Boere word aangespoor om klimaatslim boerderymetodes te gebruik, water te bespaar en vee te bestuur volgens beskikbare weid

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 3
bottom of page

