top of page



Alle Plasings


Solidariteit bied nood-ondersteuning aan voormalige G4S-werknemers
Die burgerregte-organisasie Solidariteit werk saam met Solidariteit Helpende Hand om noodondersteuning te bied aan voormaglige G4S-werknemers wat steeds geen gereelde salaris en ononderbroke diensvoordele van óf G4S óf die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) ontvang nie. Hierdie ondersteuning is egter slegs noodverligting en vervang geensins die verpligtinge wat volgens Solidariteit uit die arbeidshof se bevel voortvloei nie. Solidariteit het die DKD aangemaan om uitvoe

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 9


Die Vrystaatse polisiewoordvoerder is oorlede
Die Vrystaatse woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens, sersant Mahlomola Peter Kareli, is Woensdagoggend oorlede. Volgens 'n polisieverklaring is Kareli weens swak gesondheid oorlede. Volgens die SAPD was hy ’n bekende en vertroude stem van die organisasie en het as ’n belangrike skakel tussen die polisie, die media en die gemeenskappe van die Vrystaat gedien. Hy het die polisie vir meer as 18 jaar gedien. Deur sy jare van diens het Kareli ’n belangrike bydrae gele

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 9


Die afsettingskomitee gaan regsuitdagings teenstaan
Die parlement se afsettingskomitee sal twee regsuitdagings teen sy besluit teenstaan om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as bewysleier te herroep. Negentien lede het ten gunste van die teenkanting van die aansoeke wat deur die EFF en die African Legal Professionals Association ingedien is, gestem. Die EFF wil hê dat die Wes-Kaap-hooggeregshof die komitee se besluit onwettig verklaar en tersyde stel. President Cyril Ramaphosa het voorheen kommer uitgespreek

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 9


Die besering van ’n afgetrede polisiehond word ondersoek
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Puleng Dimpane, het ’n senior beampte aangestel om die besering en dood van ’n polisiehond te ondersoek. Die hond, genaamd Sky, is beseer by een van die polisiediens se opleidings- en veeartsenykundige fasiliteite. Sy was nie meer ’n operasionele polisiehond nie, en was by die fasiliteit gehuisves terwyl reëlings getref is vir haar plasing met ’n nuwe eienaar. Die ondersoek sal haar akkommodasie, toesig, sorg en

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 9


Die DA sê Sello More is nie van finansiële wangedrag-bewerings vrygestel nie
Volgens die DA is die Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, nie van alle bewerings van finansiële wangedrag vrygestel nie. DA-raadslid Tjaart van der Walt sê slegs agt van die oorspronklike 18 bewerings is deur die onafhanklike ondersoeker oorweeg. Verskeie bewerings oor finansiële wangedrag het buite die ondersoek se mandaat geval en is gevolglik nie ondersoek nie. Die verslag wat aan raadslede voorgelê is, is volgens die DA ongeteken en slegs vier bl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Iran val Amerikaanse bates aan
Iran het sy aanvalle teen Amerikaanse bates in die Golfstreek voortgesit. Iran het missielaanvalle teen ’n Amerikaanse militêre basis in Jordanië geloods en 10 skepe aangeval. Die jongste ontwikkeling volg nadat die Amerikaanse weermag Iranse olietenkskepe vernietig het. Die eskalasie in die konflik het gelei tot ’n beduidende styging in globale oliepryse. Intussen het Cosatu die voortdurende oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en Iran blameer vir Suid-Afrika se eko

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Die AFT veroordeel dreigemente teen regspraktisyns
Advocates for Transformation (AFT) veroordeel ’n toename in dreigemente en intimidasie teen regspraktisyns en hul families. Die organisasie sê die veldtog teiken hul nasionale voorsitter, Myron Dewrance, en die Madlanga-kommissie van ondersoekkommissaris Sandile Khumalo. Volgens die AFT het die veldtog nou geëskaleer tot eksplisiete dreigemente van seksuele geweld teen vroue. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die dreigemente moontlik voortspruit uit ’n dissiplinêre proses

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Bakkies se rempedaal kan probleme veroorsaak
Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping aangekondig wat 2 586 Isuzu RG19-bakkies raak. Die bakkies is landwyd tussen 11 Mei en 3 Julie vanjaar verkoop, en sluit enkel-, dubbel- en verlengde kajuite in. Volgens Isuzu kan ‘n los rempedaal-draaipen veroorsaak dat die pedaal sywaarts beweeg, wat dit moeiliker maak om volledig te rem en moontlik die remprestasie verminder. Die Nasionale Verbruikerskommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê eienaars moet

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


OGGEND SPORT: Conrad verwag dat Namibië in die eendagreeks sal terugslaan, Rennie sê die All Blacks moet beter in skrums wees en, Rybakina mik op die wêreldnommer 1-posisie
Ons slaan af met krieket-nuus: Proteas-afrigter, Shukri Conrad, verwag dat Namibië sterk sal reageer wanneer die spanne mekaar in ‘n eendagreeks van drie wedstryde in Windhoek die stryd aansê. Conrad glo Namibië sal vasbeslote wees om te beïndruk terwyl hulle voortbou op hul poging om vir die Wêreldbeker in 2027 te kwalifiseer, terwyl Proteas-spelers ook sal meeding om vir toekomstige keuring oorweeg te word. Conrad hoop ook dat Kagiso Rabada betyds van sy dyspierbesering sal

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 9


’n Bloem-leerder palm drie nasionale kultuurtoekennings in
’n Graad ses-leerder van Grey Kollege Primêre Skool in Bloemfontein is as ’n drievoudige nasionale wenner aangewys. Liewan Claassens het dié uitsonderlike prestasie tydens die Con Spirito Eisteddfod se Nasionale Forté-finaal behaal. Dié nasionale ronde is slegs toeganklik vir deelnemers wat ’n minimum van 90% in die eerste rondes behaal. Claassens is as nasionale Forte-itemwenner aangewys vir sy Afrikaanse poësie, Afrikaanse opstel en ongedramatiseerde prosavoordrag. Vir sy k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Ds. De la Harpe neem afskeid
Ds. De la Harpe le Roux het ná 18 jaar as deel van sy bediening by Torings van Hoop in Bloemfontein afskeid geneem. Volgens die NG Kerk Vrystaat was sy bediening sterk daarop gerig om mense wat kwesbaar en dikwels vergete is, met waardigheid te bedien. Torings van Hoop het onder sy leiding onder meer ’n sopkombuis en verskeie programme vir mense in nood ontwikkel. Le Roux het tydens sy afskeid gesê Torings van Hoop moet groter as een persoon wees en dat hy trots is op wat God

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Bewerings teen Sello More kan nie gestaaf word nie
Die onafhanklike ondersoek na bewerings teen Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, het bevind dat geen van die bewerings wat ondersoek is, gestaaf kon word nie. Luidens ’n mediaverklaring het die stadsraad die ondersoekverslag en aanbevelings vroeër die maand aanvaar. Die onafhanklike ondersoeker is in Julie aangestel om die bewerings teen More te ondersoek en vas te stel of daar gronde vir dissiplinêre optrede was. Agt van die 18 aangeleenthede wat ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Suid-Afrika het nog nie besluit oor vlugteling-sentrums nie
Suid-Afrika het nog nie besluit om vlugteling-sentrums te stig nie. Volgens die voorsitter van die Interministeriële Komitee oor Migrasie, Mmamoloko Kubayi, word daar van mense wat wettiglik in die land is, verwag om in gemeenskappe te integreer. Kubayi het tydens ’n media-inligtingsessie gesê die Suid-Afrikaanse Polisiediens kan ook nie spesiale beskerming aan spesifieke groepe bied nie. Sy sê die polisie se mandaat is om alle burgers te beskerm. LUISTER HIER: Ter illustra

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


Groenewald skors senior amptenare
Vier senior amptenare van die Departement van Korrektiewe Dienste is geskors. Volgens minister Pieter Groenewald volg die skorsings op ernstige bewerings van bedrog wat verband hou met ’n steenkoolvoorsieningstender. ’n Strafsaak is intussen by die Valke geregistreer en word ondersoek. ’n Forensiese ondersoek sal ook gedoen word om die volle omvang van enige ongerymdhede vas te stel en te bepaal wie daarvoor verantwoordelik is. Groenewald sê die bekamping van korrupsie en bed

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


‘n Verdagte is betrap terwyl hy glo met dokumente peuter om sy ‘zama-zama-broers’ te help
’n Man is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hy glo met verskeie vervalste en veranderde dokumente betrap is. Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, het lede van die Parkweg-misdaadvoorkomingseenheid hom by ’n internetkafee in die Ou Mark-kompleks aangetref waar hy glo besig was om besonderhede op ’n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument te verander. Die polisie het daarna verskeie identiteitsdokumente, paspoorte, geboorte- en doodsertifikate en ande

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


UV-navorsers sê die Jagersfontein-ramp bied belangrike lesse
Vier jaar ná die ineenstorting van die Jagersfontein-myn se stortingsdam sê navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat die ramp was nie bloot ’n tegniese mislukking nie. Volgens ’n aanlyn artikel wys nuwe navorsing ook op probleme met bestuur, kommunikasie en aanspreeklikheid. Die dam het op 11 September 2022 ineengestort en tussen vyf- en ses miljoen kubieke meter mynafval vrygestel. Twee mense is oorlede, een persoon is nooit gevind nie, sowat 200 huise is beskadig en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 9


NETBAL: Kovsie Sport kondig sy nuwe hoof-netbalafrigter aan
Kovsie Sport het Dinsdag die nuwe hoof-netbalafrigter vir die Universiteit van die Vrystaat aangewys. Die oud-Protea netbalspeler Karla Pretorius, wat nog vanjaar aan die Statebondspele deelgeneem het, gaan aan die einde van die seisoen by Burta de Kock oorneem. De Kock, wat ná vanjaar se Varsity beker aftree het Kovsies netbal sedert 2002 afgerig. Pretorius, ‘n oud-Kovsie wat 125 toetse vir die Proteas gespeel het, sê sy volg in die voetspore van ‘n legende. LUISTER HIER: K

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


‘n Konsultasieproses is begin oor die sluiting van die vrugtefabriek in Tulbagh
Die Premier-groep het bevestig dat hulle 'n Artikel 189-konsultasieproses met werknemers en verteenwoordigers begin het oor die voorgestelde sluiting van hul fabriek in Tulbagh. SABC-nuus berig Premier sê die besluit is geneem weens die strukturele en ekonomiese druk in die bedryf vir ingemaakte vrugte, insluitend 'n daling in die vraag wêreldwyd, veranderende uitvoertoestande, stygende insetkoste en verhoogde mededinging. Sowat 90 % van die Tulbagh-aanleg se produksie van in

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


4 November is as ‘n openbare vakansiedag verklaar
President Cyril Ramaphosa het 4 November, Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesingsdag, amptelik tot ’n openbare vakansiedag verklaar. Die verklaring was te wagte, gegewe die historiese presedent dat alle verkiesingsdae tot openbare vakansiedae verklaar word, maar die publikasie in die Staatskoerant het die wetgewende proses afgehandel. Business Tech berig daar was aanvanklik kommer dat die verkiesing die matriekeksamenperiode kon ontwrig omdat baie skole as stemlokale ge

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


MIDDAG SPORT: Die Protea-vroue is gereed vir ‘n historiese reeks, Zungu eis dat Bafana se bonusse uitbetaal word en, Kane en Mbappe bepleit hul saak vir die Ballon d’Or
Ons begin met krieket-nuus: ’n Jong Protea-vrouespan sal geskiedenis maak wanneer hulle na Bulawayo reis vir die eerste T20-internasionale reeks ooit tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, met vyf wedstryde wat geskeduleer is vir 11 tot 19 September by die Queen’s Sports Club. Laura Wolvaardt sal die nuut-saamgestelde span lei, met Annerie Dercksen, Karabo Meso en Kayla Reyneke as die enigste ander spelers wat by die onlangse 2026 T20-wêreldbeker betrokke was, terwyl vier jong spele

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 8


SA kan nou kersies na China uitvoer
Die minister van Landbou, Wille Aucamp, het ’n protokol onderteken wat die Chinese mark vir die eerste keer vir Suid-Afrikaanse kersies oopmaak. Die ooreenkoms is Dinsdag in Beijing onderteken tydens die negende Ministeriële Vergadering van Sanitêre en Fitosanitêre Sake. China is die wêreld se grootste kersie-invoerder en het verlede jaar sowat 586 900 ton ter waarde van $3,3 miljard ingevoer. Die nuwe mark sal na verwagting belegging in kersieproduksie ’n hupstoot gee en sow

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Duisende gedienste Kroonstad-erwe is gereed vir oorhandiging
Meer as 4 000 erwe in Kroonstad is volledig gediens en gereed om aan inwoners oorhandig te word. Dit is nadat die provinsiale regering vroeër vanjaar kommer oor die deursigtigheid van die proses probeer besweer het. Netwerk24 berig die Vrystaatse regering het onder leiding van premier MaQueen Letsoha-Mathae en LUR Saki Mokoena met inwoners van Maokeng in Kroonstad vergader. Mokoena het aangekondig dat die toekenningsproses vasgestelde kriteria, geskiktheid en billikheid gegro

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die DA sê SA het meer gewaagde ekonomiese hervormings nodig
Die leier van die DA, Geordin Hill-Lewis, sê Suid-Afrika het dringend vinniger en meer gewaagde ekonomiese hervormings nodig namate die ekonomie gekrimp het. Dit kom nadat Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk (BBP) met 0,2 % in die tweede kwartaal van die jaar gedaal het. Hill-Lewis sê president Cyril Ramaphosa moet die Regering van Nasionale Eenheid gebruik om hervormings deur te voer wat nodig is om die ekonomie te laat groei en werk te skep. Hy voeg by die regering moet

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die ANC sê hy sal die Verkiesingshof se beslissing oor die OVK aanvaar
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die party sal die Verkiesingshof se beslissing oor sy uitdaging teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) aanvaar. Mbalula het Dinsdag die media ingelig oor die ANC se besluit om die OVK in die hof uit te daag oor sy kandidaat lyste vir die komende plaaslike regeringsverkiesings. Hy het beklemtoon dat die ANC nie die OVK aanval nie. Mbalula sê die party verskil bloot van die kommissie oor ’n regspu

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8
bottom of page

