top of page

Alle Plasings


‘n Ondersoek na Shein en Temu is van stapel gestuur
'n Ondersoek na die Chinese e-handelsreuse Shein en Temu is deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) van stapel gestuur. In reaksie op vrae van TechCentral het dié kommissie se hoof klagtes en ondersoeke, Prudence Moilwa, gesê die ondersoek is aangespoor deur aanlyn klagtes, en hou verband hou met onder andere bemarking, kwaliteit van produkte, etikettering en openbaarmakingsvoorwaardes. Die twee maatskappye is van die ondersoek in kennis gestel, en albei het onderneem

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


MOTORSPORT: Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein ontvang sy Junior-Protea kleure
’n Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein, Ethan Style, het onlangs sy Junior-Protea kleure verwerf ná sterk vertonings in nasionale kompetisies. Hy neem deel op ’n 50 cc KTM-motorfiets en het deur die seisoen volhoubare uitslae gelewer wat aan die vereistes vir nasionale erkenning voldoen. Die toekenning wys dat jong talent in Suid-Afrika se veldmotorfietsry floreer, en dat daar hopelik nog meer jongmanne soos Ethan is om in die toekoms naam te maak. Volgens Netwerk24 is

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


RUGBY: Die Sharks het Eben Etzebeth en ander gederegistreer
Die Sharks het verskeie sleutelspelers gederegistreer voor die komende Investec Champions Cup, insluitend die veteraan-slot Eben Etzebeth. Rosestad Sport het vroeër berig Etzebeth is vir 12 weke geskors nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff. SuperSport berig stut Ox Nche, losvoorspeler Manu Tshituka, losskakel Siya Masuku is ook gederegistreer. Netwerk24 berig intussen is Springbok afrigter,

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


KRIEKET: spanning bly hoog in die 2025-Ashes-reeks
Die spanning bly hoog in die 2025-Ashes-reeks nadat beide Engeland en Australië vandag weer vir ’n boeiende hoofstuk in hul eeue oue wedywering gesorg het. Die wedstryd het vroeg momentum geswaai toe die boulers voordeel uit die oggendtoestande getrek het, maar die middag se spel het heeltemal oopgebars met ’n reeks aggressiewe lopies en taktiese aanpassings van beide kapteins. Ashes. FOTO: SuperSport

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


‘n BFN-verpleegster word ‘n jaar se salaris toegeken
'n Verpleegster is 'n jaar se salaris toegeken nadat sy onregverdig uit haar pos by die MUCPP Gemeenskapsgesondheidsentrum in Bloemfontein afgedank is. Daar is beweer dat sy glo MIV-medikasie gesteel het. Volgens Insider Chronicle was daar ook beweer dat die vermeende diefstal die doeltreffendheid en adminsitrasie in die gedrang gebring het, wat moontlik medikasie van pasiënte wat daarop geregtig is, ontneem het. Die saak is in die Arbeidshof in Kaapstad hersien, en dit het

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Bewerings van korrupsie in die onderwysdepartement word ondersoek
Bewerings van korrupsie binne die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding word deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek. Volgens minister Buti Manamela ondersoek die eenheid ten minste 10 projekte wat vaardigheidsontwikkelingsverskaffers, Tvet-kolleges en koöperasies betrek. Die ondersoek gaan oor onreëlmatige uitgawes, bedrieglike kontrakte en wanbestuur van staatsfondse. Manamela sê van die geld word reeds verhaal. Buti Manamela. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Daar is 'n kritieke tekort aan ambulanse in die Vrystaat
Daar is ʼn kroniese, kritieke tekort aan ambulanse en nooddiensbeamptes in die Vrystaat. Dit is volgens ʼn onlangse verslag van die provinsiale Departement van Gesondheid. Die provinsie benodig 291 ambulanse en 2 328 beamptes vir optimale werking, maar daar is tans slegs 149 ambulanse en 1 523 personeel. Dit is ondanks ’n departementele begroting van meer as R14,6 miljard. Die DA se David Masoeu sê dat met die feestyd wat naderkom en verwagte swaar verkeer, is dit noodsaaklik o

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


RUGBY: Etzebeth kry swaar skorsing
Eben Etzebeth het Donderdag uitgevind dat hy vir 12 weke geskors is nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff. Sy aanvanklike skorsing van 18 weke is danksy sy skoon rekord tot 12 weke verminder. Die skorsing beteken dat die 34-jarige ’n hele paar Sharks-wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap en Kampioenebeker sal mis en eers weer in Maart 2026 kan speel. Eben Etzebeth. FOTO: BBC

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


Die DA onthul 'n reklamebord teen korrupsie
Die DA in Gauteng het ’n reklamebord in die suide van Johannesburg onthul as deel van hul veldtog om strafregtelike klagte te lê teen die persone wat betrokke is by die R2,3 miljard wat by die Tembisa-hospitaal gesteel is. Die DA sê die bewyse wat reeds gebruik is om op Hangwani Maumela se bates te beslag te lê, is genoeg dat hy in hegtenis geneem behoort te word. Die DA se Jack Bloom sê die party meen ook dat geregtigheid vir die fluitjieblaser Babita Deokaran vereis dat die

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


KRIEKET: Die Proteas Vroue is opgewonde vir hul T20I-reeks
Kaptein Laura Wolvaardt sê die Proteas Vroue is opgewonde om hul T20I-reeks teen Ierland later Vrydag op Nuweland af te skop. Die reeks van drie wedstryde sal die spanne ook na Paarl en Benoni neem terwyl voorbereidings vir die IKR Vroue se T20 Wêreldbeker-toernooi toeneem. Wolvaardt is tevrede met die span se vordering nadat hulle drie agtereenvolgende Wêreldbeker-eindstryde gehaal het, maar het die belangrikheid beklemtoon om uiteindelik daardie laaste drumpel te oorkom ter

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


FORMULE 1: Norris se titelstryd steek spanstrategie aan die brand
Die laaste F1-wedren van die seisoen word Sondag in Abu Dhabi beslis, met drie renjaers wat steeds ’n kans het om die uiteindelike louere te wen. Lando Norris het ’n nuttige voorsprong van 12 en 16 punte op Max Verstappen en Oscar Piastri. Spekulasie doen die rondte dat Norris moontlik voorkeurbehandeling by McLaren kan kry, iets wat George Russell as onregverdig bestempel en sê hy sal nie ’n titel wil wen omdat ’n spanmaat moes padgee nie. Norris, wat al by vorige wedrenne u

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


Bester en Magudumana is weer in die hof
Thabo Bester en sy mede-beskuldigde, Nandipha Magudumana, verskyn Vrydag weer in die Hooggeregshof in Bloemfontein vir ’n verdere voorverhoor in hul saak oor Bester se 2022-tronkontsnapping. Albei het steeds hangende regskwessies, insluitend Magudumana se appèl by die Konstitusionele Hof. Bester betwis die toestande van sy aanhouding, terwyl Magudumana die wettigheid van haar inhegtenisneming in Tanzanië bevraagteken. ’n Verhoordatum kan eers vasgestel word wanneer hierdie aa

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Rig jou oë na die sterrehemel vir geestesgesondheid
In 'n baanbrekersprojek ondersoek die Universiteit Stellenbosch (US) hoe sterrekyk nie net stres kan verminder nie, maar ook gemoedstoestand verbeter en sosiale bande versterk. Novus Media berig die projek, getiteld "Astronomie vir Geestesgesondheid", is die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die span toets verskeie gestruktureerde sterrekyksessies – van gemeenskapsbyeenkomste tot oornag-wegbreke – as moontlike hulpmiddel. Die voorlopige bevindings is positief: Binne 24 uur

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die VSA se tariewe begin nou in SA se betalingsbalans wys
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê die nuwe Amerikaanse tariewe begin nou in Suid-Afrika se betalingsbalans wys, met voertuig- en vervoertoerustinguitvoere wat in die derde kwartaal ’n knou gekry het. ’n Skerp styging in platinumgroepmetaal-uitvoere na die VSA het egter die impak versag. Die lopende rekeningtekort het tot R57 miljard verklein, hoofsaaklik weens laer dividendbetalings aan buitelandse beleggers. Dit is 0,7% van die land se BBP. Ter illustrasie. FOTO: Wix

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Glen-kinders: 'n Verdagte wag steeds vir psigiatriese waarneming
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die driejarige Katleho Joy Leeuw van Glen buite Bloemfontein verkrag en vermoor het, bly langer in aanhouding terwyl hy wag vir ’n plek in die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks. Netwerk24 berig Kholisiwe Jonas moet psigiatriese waarneming van 30 dae ondergaan. Hy is tans in die Grootvlei-gevangenis. Hy kan nie verhoor word voordat hierdie waarneming nie voltooi is nie. Daar is vroeër berig dat Katleho se liggaam op 26 Oktober in ’n bos

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die ANC beskuldig Trump van aggressie
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree. Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is. LUISTER: Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is b

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Die Inkomstediens kan trusts penaliseer
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ʼn konsepkennisgewing uitgereik wat vaste administratiewe boetes voorstel vir trusts wat versuim om belastingopgawes in te dien. Die konsep bepaal dat trusts, wat nie opgawes vir die 2023-belastingjaar en verder indien nie, gepenaliseer kan word as hulle die sperdatum met 21 werksdae na ʼn finale versoek mis. Tax Consulting SA sê die stap toon dat die inkomstediens voorberei om strenger voldoeningsmaatreëls te aktiveer wat lank reeds deur d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 5, 2025


Bye zoem in die metro se parke
Die Manguang Metro Munisipaliteit het berigte van verhoogde byaktiwiteit in plaaslike parke en ontspanningsgebiede ontvang. In 'n kennisgewing waarsku die munisipaliteit dat bye aggressief kan raak as hulle versteur word. Hulle doen 'n beroep op mense om nie die bye self te nader, uit te lok of te probeer verwyder nie. Vir mense se veiligheid kan die metro se opgeleide byhanteringspan vir enige hulp gekontak word. Die munisipaliteit voeg by, danksy die span se vinnige reaksie

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Ramaphosa spreek mans in BFN toe
President Cyril Ramaphosa is Donderdag, 4 Desember, in Bloemfontein om die hooftoespraak by die Vrystaatse Provinsiale Mans Indaba te lewer. Luidens ‘n mediaverklaring van die Presidensie vind die Indaba by die Limo Green-park plaas. Die vlagskip geleentheid van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog, is daarop gemik om mans en seuns as aktiewe vennote in die stryd teen Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord te mobiliseer. Die geleentheid bring

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Meta verwyder tieners se Facebook en Instagram-rekeninge
‘n Week voordat Australië se amptelike tiener sosiale media verbod begin het die tegnologiereus, Meta, begin om kinders onder 16 jaar van sy platforms te verwyder. Dit sluit Instagram, Facebook en Threads in. BBC berig na raming sal 150 000 Facebook-gebruikers en 350 000 Instagram-rekeninge geraak word. Maatskappye kan boetes van tot 25-miljoen pond in die gesig staar as hulle nie redelike stappe doen om te keer dat kinders onder 16 rekeninge het nie. Volgens Meta sal nakom

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


GIMNASTIEK: SA vier ’n silver plek internasionaal
Suid-Afrika vier ’n silver plek in internasionale gimnastiek met Jana van Staden wat ’n silwermedalje ingepalm het by die Vera Čáslavská Grand Prix in Brno, Czech Republic. Na ure van intense mededinging, het Van Staden ’n netjiese vloerroetine afgelê en gekwalifiseer vir die vloer-eindrondte. Volgens Good Things Guy het Van Staden die silwer medalje op die laaste dag van die kompetisie in die vloer-afdeling ontvang, wat ʼn trotse oomblik vir die nasionale span is. Jana van St

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: SA spanne maak gereed vir Europese openingswedstryde
Suid-Afrika se Kampioenebeker-hoopvolles staan voor strawwe wegtoetse wanneer die DHL Stormers na Bayonne reis, die Vodacom Bulls, die verdedigende kampioene, Bordeaux Bègles, in Pretoria ontvang en die Hollywoodbets Sharks na Toulouse reis. Die Stormers dra sterk Vodacom VRK-momentum na Vrydag se ontmoeting in Frankryk, terwyl Bordeaux Bègles by Loftus aankom om die Bulls te trotseer. Die Leeus en Toyota Cheetahs begin hul EPCR-Challenge Cup-veldtogte teen Benetton en Exet

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: Hennie van Zyl is oorlede
Hennie van Zyl, voormalige vleuel van die Springbokke, is op 1 Desember 2025 oorlede in die ouderdom van 89. Gebore op 31 Januarie 1936, het Van Zyl sy internasionale debuut op 5 Junie 1960 op 24 jarige ouderdom gemaak. Hy het in totaal 10 toetse vir Suid-Afrika gespeel tussen 1960 en 1961. Sy spoed, krag en toewyding het hom ʼn gerespekteerde figuur in Suid-Afrikaanse rugby gemaak en tot sy dood was hy een van die oudste oorlewende Springbokke. Hennie van Zyl. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


‘n Bloem-ouma punt weer tone
Na sy laas as ‘n jong meisie ballet gedoen het, het ‘n ouma van Bloemfontein weer haar tone op die verhoog gepunt. Bloemnuus berig die 66-jarige Lizzie Castelyn sê sy het na Covid erg depressief geraak. ‘n Familielid het toe voorgestel dat sy iets doen wat haar vreugde verskaf, en dit is toe dat sy aan haar jonger dae as ballerina gedink het. Sy het vroeër vanjaar ingeskryf vir volwasse dansklasse en sê dit was vasbyt en lang ure. Die afgelope naweek was vir Castelyn ‘n hoog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025
bottom of page

