top of page

Alle Plasings


‘n Bloem-ouma punt weer tone
Na sy laas as ‘n jong meisie ballet gedoen het, het ‘n ouma van Bloemfontein weer haar tone op die verhoog gepunt. Bloemnuus berig die 66-jarige Lizzie Castelyn sê sy het na Covid erg depressief geraak. ‘n Familielid het toe voorgestel dat sy iets doen wat haar vreugde verskaf, en dit is toe dat sy aan haar jonger dae as ballerina gedink het. Sy het vroeër vanjaar ingeskryf vir volwasse dansklasse en sê dit was vasbyt en lang ure. Die afgelope naweek was vir Castelyn ‘n hoog

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Privaatskole sal gedwing word om te deregistreer
Nie net gaan privaatskole in Suid-Afrika wat vir BTW geregistreer is gedwing word om te deregistreer nie, hulle gaan ook vorige BTW-eise aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) moet terug betaal. Volgens BusinessTech is dit as gevolg van ‘n belastingverandering wat in die 2025-belastingwette voorgestel word. Die wette poog om foutiewe BTW-eise deur skole om te keer. Baie skole eis tans BTW terug op uitgawes en kommersiële aktiwiteite. Nuwe wysigings sal dit egter verand

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Miljoene kriminele sake bly onopgelos
Meer as 13-miljoen kriminele sake is die afgelope 10 jaar onopgelos in Suid-Afrika gesluit. Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, het dit onthul terwyl hy ‘n vraag in die parlement beantwoord het. Volgens Cachalia was 61.7% van die meer as 21-miljoen sake wat gedurende hierdie tydperk geopen is, gesluit en onopgelos. Volgens die Build One South Africa (BOSA)-party, sukkel die polisie om tred te hou met die misdaadvlakke in die land. Ter illustrasie. FOTO: Face

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 4, 2025


Mchunu sit sy Madlanga-verskyning voort
Die minister van polisie wat tans op spesiale verlof is, Senzo Mchunu, sal na verwagting Donderdag weer voor die Madlanga-kommissie verskyn. Hy het Woensdag in Pretoria getuig en sy besluit om die politieke moorde taakspan te ontbind verdedig. Mchunu het aangevoer dat die taakspan onwettig gefunksioneer het en die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree het, met sy aanvanklike ses maande-mandaat wat herhaaldelik verleng is. Hy het getuig dat die taakspan uit ander programm

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


'n Franse wapenmaatskappy en Zuma wil weer appèlleer
Die Franse wapenmaatskappy, Thales, en voormalige president Jacob Zuma gaan weer aansoek doen om verlof tot appèl. Hierdie stap is teen die Pietermaritzburgse hooggeregshof se verwerping van hul aansoek om korrupsie-aanklagte teen hulle te laat vaar. Die aanklagte hou verband met Suid-Afrika se wapenaankope in 1999. SABC News berig twee direkteure, Alain Thetard en Pierre Moynot, is intussen dood, wat inbreuk op 'n billike verhoor kan maak. In sy uitspraak in Junie het regter

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Groenewald wil buitelandse misdadigers uit SA tronke verwyder
Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê hy sal graag wil sien dat al 27 000 buitelandse gevangenes in Suid-Afrikaanse tronke na hul geboortelande terug gestuur word om die oorbevolking van gevangenisse te verlig. Hy sê egter om so 'n proses te bespoedig sal aanpassings tot sekere wette vereis, wat tyd neem. EWN berig Groenewald het Woensdag vrae in die parlement beantwoord. Hy voeg by die land moet meer korrektiewe fasiliteite bou om oorvol gevangenisse a

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


KRIEKET: Proteas maak reeks gelyk teen Indië
Aiden Markram se uitstekende honderdtal het Suid-Afrika se najaag van 359 in Indië geanker en die Proteas na ‘n oorwinning met vier paaltjies gelei met vier balle oor. Markram en die kaptein, Temba Bavuma, het ‘n belangrike 101-lopie-telling bymekaargemaak en later het Corbin Bosch waardevolle lopies bygevoeg om die eendagreeks gelyk te maak. Die spanne reis nou Saterdag na Visakhapatnam vir ‘n beslissende derde eendagwedstryd voordat hulle hul aandag vestig op ‘n T20-reeks v

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


'n Suid-Afrikaner hou 'n nuwe Guinness-rekord
'n Bekende haarkapper van Pretoria het die Guinness-wêreldrekord vir die meeste haarsnitte onder water verbreek. Ná meer as 10 maande se beplanning, duikopleiding en samewerking het André Green 31 onderwater-haarsnitte in 60 minute gedoen. Good Things Guy berig hy het in die proses ook geld vir die Abraham Kriel Bambanani-liefdadigheidsorganisasie ingesamel. Vrywilligers wat hul hare laat sny het is almal gekwalifiseerde duikers. Die vorige rekord was 27 snitte. FOTO: Good Th

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


PERDESPORT: SA se springruiters kry goud
Suid-Afrika se springruiters het goed gevaar by die 2025 SASJ FEI Steyn City Nations Cup toe die nasionale span goud op tuisbodem verower het. Die kompetisie, wat by Steyn City Estate in Johannesburg gehou is, het spanne van Suid-Afrika, Ierland, Nederland en Zimbabwe gelok, met verskeie internasionale ruiters wat meegeding het op perde wat deur Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese stalle verskaf is. Ruiters en die span se sjef d’équipe het die uitdagende baan, energieke skare-onde

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: Wilson verwelkom 'n openingswedstryd teen All Blacks
Australië se kaptein, Harry Wilson, sê hy hoop die Wallabies open hul 2027 Rugbywêreldbeker-veldtog teen Nieu-Seeland. Wilson het die uitdaging verwelkom om moontlik beide die All Blacks in die poelfase en die Springbokke in ‘n kwarteindstryd teë te kom. All Blacks-legende, Dan Carter, het gewaarsku dat Wêreldbeker-toernooie onvoorspelbaar is en dat topspanne gereed moet wees om elke span te klop wat in hul pad staan. Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


Swak finansiële bestuur beteken die Vrystaat sal tesourie-geld verbeur
Weens ‘n gebrek aan finansiële dissipline sal die Vrystaatse regering in die huidige boekjaar R32 miljoen aan die nasionale tesourie verbeur. VF PLus-lid van die provinsiale wetgewer, Armand Cloete, sê solank die ANC in beheer van die Vrystaatse beursie bly, sal druk op die Vrystaatse begroting toeneem en geld wat vir skole, paaie en dienste bedoel was, sal verbeur word en uiteindelik in ander provinsies aangewend word. Bloemnuus berig met ‘n salarisrekening van R29 miljard,

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


TLU SA sê boere ervaar die regering as afwesig
TLU SA het in 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa gesê dat boere ʼn afwesige regering ervaar wanneer dit by hulle veiligheid en ondersteuning kom. Dit, terwyl die ongeveer 35 000 kommersiële boere seker meer as 90% van die voedsel van Suid-Afrika produseer, wat as seker die grootste strategiese bate van die land beskou kan word. Luidens Maroela Media is die organisasie ernstig bekommerd oor die land se bestuur, veiligheid en die posisie van landbouprodusente. Hy waarsku

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Dieresiektes in die Vrystaat moet geprioritiseer word
Die Vrystaatse departement van landbou, landelike ontwikkeling en omgewingsake moet die stryd teen die uitbrekings en verspreiding van dieresiektes in die provinsie prioritiseer. Die DA sê bek-en-klouseer het verwoestende gevolge vir boerderybedrywighede en plaaslike ekonomieë. Boere in die Vrystaat is bekommerd oor die nuwe uitbrekings van die siekte ‘n paar weke gelede as gevolg van die vervoer van vee uit ander provinsies. Die DA se Roy Jankielsohn sê die departement het d

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


'n Multidissiplinêre padblokkade is in die Vrystaat gehou
Die Vrystaatse polisie het ‘n multidissiplinêre padblokkade langs die R26- en R70-roetes in die Ficksburg-gebied uitgevoer. As deel van die deurlopende Veiliger Feesseisoen-operasies, is die padblokkade gehou met die doel om misdaadvoorkomingspogings te versterk en die wet af te dwing. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is ondersteun deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, die Grensbestuursowerheid en Provinsiale Verkeersbeamptes. Die operasie het gefokus op die bekamping v

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 4, 2025


Stadige ekonomiese groei bekommer vir Cosatu
Cosatu is bekommerd oor die land se stadige ekonomiese groei. Die jongste Bruto Binnelandse Produk (BBP)-data toon groei van 0.5% vir die derde kwartaal van die jaar. Dit is die vierde toename in ekonomiese groei vir vier agtereenvolgende kwartale. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê egter dat dit te stadig is om ‘n betekenisvolle impak op werkskepping te hê. LUISTER HIER: Matthew Parks. FOTO: EWN

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


SA en Mosambiek moet vrede in Afrika bevorder
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika en Mosambiek moet deur middel van dialoog, bemiddeling en vredesbewaring voortgaan om vrede op die vasteland te bevorder. Hy het Woensdag die openingsrede by die Suid-Afrika-Mosambiek Bi-Nasionale Kommissie in Maputo gelewer. Volgens Ramaphosa beroof burgerlike onrus, konflik en oorlog hele generasies van vrede, stabiliteit en ontwikkeling. Hy voeg by pogings moet verdubbel word om hierdie uitdagings aan te pak en respek vir internasi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Kritiek laat die ANC dink
Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê volgehoue kritiek op die land se rasgebaseerde wette laat sommiges binne die ANC daaroor dink. Die wetgewing oor Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging het onlangs onder toenemende kritiek van sakeleiers, belangegroepe en politieke partye deurgeloop. Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, het sedertdien aangekondig dat die regering beplan om die wetgewing te hersien. Daar word verwag dat sy departement die eerste fase van die he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


'Die nulgegradeerde voedselprodukte-lys moet uitgebrei word'
Die FairPlay Movement vra dat die lys van BTW-nulgegradeerde voedselprodukte uitgebrei word om sommige hoenderprodukte in te sluit. Volgens die belangegroep is hoender die gewildste bron van proteïen. FairPlay glo deur sekere hoenderprodukte nulgegradeerd te maak, dit die regering sal help om wanvoeding aan te pak. Dit sê wanvoeding het ‘n besonder negatiewe impak op kinders en tieners wat deur ontwikkeling gaan. Die Navorsingsraad vir Geesteswetenskappe skat dat ten minste 2

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


RUGBY: Etzebeth dalk vir ses maande buite aksie
Eben Etzebeth sal moontlik eers Sondag weet wat die uiteinde van sy rooi kaart gaan wees nadat die tugkomitee, wat Dinsdag se verhoor tot net voor middernag gevoer het, nie ‘n gepaste straf kon finaliseer nie. Volgens Wêreldrugby kan die straf vir ‘n opsetlike oogkontak-oortreding wissel van 12 tot minstens 24 weke, al kan Etzebeth se skoon rekord in meer as 140 toetse moontlik in sy guns tel ondanks ‘n vorige twee-weke skorsing in 2012. Daar is wel deur ‘n rugbykenner aanged

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


FORMULE 1: Verstappen kry 'n nuwe spanmaat
Red Bull Racing het aangekondig dat Isack Hadjar, Max Verstappen se nuwe spanmaat vir die 2026-seisoen sal wees. Die 21-jarige het ’n belowende debuutjaar by die Racing Bulls gehad, met tien top-10-plasings en sy eerste Formule 1-podium - ’n derde plek by die Nederlandse Grand Prix. Hy vervang Yuki Tsunoda wat as toets- en reserwe-bestuurder sal voortgaan. Spanbaas Laurent Mekies sê Hadjar het sy spoed en volwassenheid getoon en glo dié jong talent saam met Verstappen 'n groo

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


KRIEKET: Proteas besluit om eerste te boul
Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul in die tweede eendagwedstryd teen Indië in Raipur. Met terugkeer van kaptein Temba Bavuma en snelbouler Lungi Ngidi in die begin-elf, hoop Suid-Afrika op ’n sterk vertoning en ʼn reeks-gelykmaker ná hul verlies in die openingswedstryd. Die span het veranderinge in die aanloop tot die wedstryd gemaak: onder andere is Quinton de Kock opgegradeer om saam met Aiden Markram die openingskolf te hanteer. Temba Bavuma. FOTO:

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman te gebruik
Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman se betrokkenheidswerkswinkels te gebruik om hul diensleweringsbekommernisse uit te spreek, en te help om 'n meer responsiewe en mensgesentreerde munisipaliteit te bou. Hierdie werkswinkels is luidens ‘n plasing op sosiale media na die aanstelling en aankondiging van die Mangaung Metro Munisipaliteit se ombudsman, Charlie Naidoo, begin. Die eerste werkswinkel is Dinsdag by die Indaba-ouditorium in die Bram Fischer-gebou gehou.

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Vuurwapens is by ‘n Vrystaatse munisipale gebou gesteel
Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag vir sake-inbraak van stapel gestuur na vuurwapens glo by die Moqhaka Parke munisipaliteitsgebou in Kroonstad Sentraal gesteel is. ‘n Werknemer van die munisipaliteit het glo die misdaad ontdek toe hy by die werk opgedaag het. Hy het eers opgemerk dat die alarmbeheerkas beskadig was en die deur na die Wapenkamer/Amnestiekamer met geweld oopgemaak is. Binne die Wapenkamer is ontdek dat twee staalkluise oopgeforseer is. Polisiewoordvoer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Groenewald sê die tronk se ooreenkoms met G4S moet natuurlik verstryk
Die minister van korrektiewe dienste, Pieter Groenewald, sê die ooreenkoms vir die private bestuur van die Mangaung-gevangenis moet natuurlik verval. Netwerk24 berig Groenewald het Dinsdag aan die parlementêre portefeuljekomitee oor korrektiewe dienste gesê die beste opsie vir die departement, asook belastingbetalers, is dat die kontrak met die maatskappy G4S natuurlik verval. Die departement van korrektiewe dienste het aanvanklik sowat twee jaar gelede besluit om dit te kans

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025
bottom of page

