top of page



Alle Plasings


Die interministeriële migrasie-komitee lig SA in oor sy werk
Die interministeriële komitee oor migrasie sal na verwagting Dinsdag die media toespreek om Suid-Afrikaners op hoogte te bring van sy werk. Die komitee is geskep ná landwye protesoptrede teen ongedokumenteerde buitelanders. President Cyril Ramaphosa het verlede maand tydens 'n SAOG-beraad 'n beroep gedoen dat lande in die streek die kwessies moet takel wat tot migrasie lei. Hy sê mense behoort nie na ander lande te trek omdat hulle veiligheid bedreig word of weens 'n gebrek a

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Sandra Prinsloo kry ‘n eredoktorsgraad
Die ikoniese Suid-Afrikaanse aktrise Sandra Prinsloo sal in Potchefstroom ’n eredoktorsgraad van die Noordwes-Universiteit ontvang. Prinsloo het in meer as 120 teater-, rolprent- en televisieproduksies verskyn gedurende ’n loopbaan wat oor meer as vyf dekades strek. ’n Bepalende oomblik in haar loopbaan was in 1985 toe sy teenoor John Kani in Miss Julie gespeel het en rasse-taboes van die apartheidsera uitgedaag het. Prinsloo het in 2014 die Orde van Ikhamanga in Silwer ontva

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Die PSA vra vir stabiliteit by Onderstepoort Biologiese Produkte
Die Staatsamptenarevereniging (PSA) versoek die minister van Landbou, Willie Aucamp, en die Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP)-raad om stabiliteit en goeie bestuur by die staatsbeheerde diere-entstofproduksiemaatskappy te verseker. Die vakbond sê dat hulle kennis geneem het van die besluit om die waarnemende hoof- uitvoerende beampte van die OBP, Jacob Modumoh, op voorsorgskorsing te plaas. Rosestad-nuus het vroeër berig oor sy skorsing vir bewerings van ernstige wangedr

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 8


Universitas en Pelonomi sukkel glo met warm water
Pasiënte by Universitas- en Pelonomi-hospitale in Bloemfontein het glo nie altyd toegang tot warm water nie weens probleme met die instandhouding van stoomketels. Dit volgens die DA se Vrystaatse gesondheidswoordvoerder, David Masoeu, ná ’n antwoord van die Departement van Gesondheid op ’n skriftelike vraag in die provinsiale wetgewer. Die departement het glo bevestig dat stoomketels by sommige hospitale, waaronder Universitas en Pelonomi, nie ná die verpligte 36-maande-insta

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die Ad hoc-komitee gaan voort met sy konsepverslag
Die parlement se ad hoc-komitee wat beweerde korrupsie in die strafregstelsel ondersoek, gaan voort met beraadslaging oor sy konsepverslag. Die komitee se sperdatum om sy verslag voor die Nasionale Vergadering in te dien is hierdie Vrydag. Dit is gestig om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek. Lede het verskeie sake tydens hul jongste vergadering bespreek, insluitend Misdaadintelligensie en die Politieke M

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Ysland ontbied die Amerikaanse ambassadeur ná ‘n Trump-plasing
Ysland het die Amerikaanse ambassadeur, Billy Long, ontbied ná ’n plasing deur president Donald Trump op sy Truth Social-platform. Volgens Reuters het Trump ’n kaart gedeel waarop Ysland, Groenland, Kanada, Mexiko en verskeie ander lande onder die Amerikaanse vlag gewys word. Die hele landmassa is as die Verenigde State van Amerika aangedui, sonder enige verduideliking. Ysland se ministerie van buitelandse sake het die plasing as heeltemal onvanpas beskryf. Die voorval kom en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


AfriForum sal Eskom se aansoek vir ’n elektrisiteitstariefverhoging teenstaan
AfriForum sê hy sal Eskom se aansoek om ’n gemiddelde elektrisiteitstariefverhoging van sowat agt-komma-agt persent vir 2027/28 teenstaan en formele kommentaar by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) indien. Die organisasie sê die verhoging is ongeregverdig terwyl Eskom onlangs ’n wins van R30.35 miljard bekend gemaak het, ondanks erkenning dat miljarde rand aan onreëlmatige dieselbetalings bestee is. AfriForum se bestuurder vir Plaaslikeregeringsake, Morn

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Motordiefstal neem toe
Die polisie het ’n waarskuwing aan motoreienaars gereig, nadat motors ter waarde van meer as R4 miljoen binne drie dae in Kimberley, in die Noord Kaap, gesteel is. ’n Toyota Land Cruiser is Woensdag by ‘n winkelsentrum gesteel, gevolg deur ’n Ford Ranger Wildtrak en Ford Raptor Vrydag. Die polisie vermoed seinblokkeringstoestelle kan gebruik word om te verhoed dat voertuie sluit. Polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Molefi Shemane, het motoriste aangespoor om hul deure fisi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Toegang tot inligting is steeds ’n struikelblok vir vroue in mynbou
’n Gebrek aan toegang tot inligting bly een van die grootste struikelblokke vir vroue se deelname aan Suid-Afrika se mynbou- en petroleumsektore. Dit is volgens die adjunkminister van Minerale en Petroleumhulpbronne, Phumzile Mgcina, wat die Vroue in Mynbou- en Petroleumkonferensie in Durban aangebied het. Sy sê inligting is nie altyd maklik toeganklik of verstaanbaar nie, en bereik ook nie altyd die mense wat dit die nodigste het nie. Mgcina sê dit verg doelbewuste en volgeh

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Bloemfonteinse skole dring deur na die nasionale skynhof-eindronde
Twee Bloemfonteinse skole het deurgedring na die nasionale eindronde van die Skynhof-kompetisie, wat later vandeesmaand in Gauteng plaasvind. Volgens die Vrystaatse Onderwysdepartement is Brebner Hoërskool en Grey College onder vier skole wat die provinsie by die nasionale kompetisie gaan verteenwoordig. Die kompetisie gee aan leerders die geleentheid om meer oor die Grondwet en die werking van die reg te leer, en om hul regsargumente voor ’n paneel beoordelaars te stel. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


OGGEND SPORT: Erasmus behou sy vertroue in ‘n gevestigde Springbokspan, die Proteas het ‘n sterk groep vir die eendagreeks teen Australië en, Zheng verras vir Swiatek
Ons skop af met rugby-nuus: Rassie Erasmus het slegs twee veranderinge aan die Springbokspan aangebring vir Saterdag se vierde en laaste toets in die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks in Baltimore. Damian Willemse keer terug op heelagter en Morne van den Berg word bevorder tot skrumskakel, terwyl Cobus Reinach na die bank skuif, terwyl Erasmus verder geen veranderinge aangebring het nie. Erasmus sê die span is gevestig en gereed vir ‘n vasberade All Blacks-sp

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 8


Kanonne gaan op Erfenisdag oor Suid-Afrika dreun
Die kanon by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein sal ook as deel van ‘n landwye kanonkettingskoot op Erfenisdag, 24 September, afgaan. Volgens Maroela Media gaan 31 kanonne op vasgestelde tye by historiese terreine reg oor Suid-Afrika afgevuur word. Die Suid-Afrikaanse Kanonniersvereniging reël die gebeurtenis om die Hollandse kanonoproepstelsel van die 17de eeu te herdenk. Die stelsel is destyds gebruik om boodskappe en waarskuwings oor groot afstande te kommunikeer. Die kanon

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die ANC daag die OVK in die Verkiesingshof uit
Die ANC het dokumente by die Verkiesingshof ingedien teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK. Die party betwis die kommissie se besluit om nie sy kandidate vir vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing te registreer nie. Die ANC het versuim om sommige kandidate in die Vrystaat, KwaZulu-Natal, en die Oos-Kaap te registreer. Die party sê hy was nie in staat om hulle te registreer nie weens tegniese probleme met die OVK se stelsel. Rosestad-nuus het vroeër ber

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Kiesers word aangemoedig om hul ID’s te kry voor die verkiesing
Suid-Afrikaners wat stemgeregtig is, word aangemoedig om aansoek te doen vir of hul identiteitsdokumente af te haal voor die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê ‘n geldige ID is noodsaaklik vir demokratiese deelname. Volgens die departement is Slim ID-dienste nou beskikbaar by meer as 450 deelnemende banktakke, benewens Binnelandse Sake-kantore. Mense wat ID’s verloor of beskadig het, word ook aangemoedig om dit son

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


‘n Bekwame polisiediens is die sleutel tot misdaadbestryding
Volgens President Cyril Ramaphosa is ‘n bekwame en professionele polisiediens die sleutel tot die bekamping van misdaad en die herstel van openbare vertroue. In sy weeklikse nuusbrief het Ramaphosa gesê dat die regering die polisie versterk deur Projek 11-duisend, met 5 500 nuwe konstabels wat gereed is om opleiding te begin. Dit volg op die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Nasionale Herdenkingsdag die naweek. Hy sê kriminele infiltrasie, korrupsie en politieke inmenging moet

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


’n Verdagte word in die hof verwag ná ’n gewapende rooftog
’n 40-jarige man word in die Botshabelo-landdroshof verwag ná ’n gewapende rooftog by ’n kontantwinkel in Boithuso. Volgens die polisie het vier gewapende mans die winkel Vrydag beroof terwyl ’n afleweringswa besig was om voorraad af te laai. Hulle het na bewering sigarette, twee Samsung-selfone en ’n onbekende bedrag kontant gesteel voordat hulle gevlug het. Die polisie het later inligting ontvang wat ’n verdagte met die rooftog verbind, waarna sy gehuurde kamer in J-Section

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


Die polisie soek ‘n verdagte ná diefstal by ‘n Navalsig-winkel
Die polisie soek na ’n 28-jarige man wat glo duisende rande by ’n winkel in Navalsig gesteel het. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, kaptein Loraine Earle, het die diefstal op 31 Augustus plaasgevind. Die verdagte het glo toegang tot die sleutels van die winkel se kluis gekry, waarna kontant glo gesteel is. ’n Lasbrief vir Sboniso Nkabinde se inhegtenisneming is intussen uitgereik. Mense word gewaarsku om hom nie te nader of self aan te keer nie, aangesien hy moontlik ge

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


’n Bloemfonteiner se diagnose hou hom nie terug nie
’n Bloemfonteiner wat met ADHD en Asperger-sindroom leef, het bewys dat ’n diagnose hom nie hoef terug te hou nie. Volgens inligting wat deur die Vrystaatse Sentrale Universiteit vir Tegnologie, oftewel SUT, gedeel is, het Dann Nel Theron tydens SUT se 2026-lente-gradeplegtigheid sy Diploma in Rekenaar-netwerke ontvang. Theron is as jong leerder vertel dat hy waarskynlik nooit matriek sou voltooi, universiteit toe sou gaan of sou gradueer nie. Hy het egter daardie twyfel as m

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 8


MIDDAG SPORT: Die Bokke weier om reeds ‘n reeks oorwinning op te eis, Tiafoe dring deur na die kwarteindronde van die VSA-Ope en, Antonelli skryf geskiedenis op Monza
Ons skop af met rugby: Rassie Erasmus en die Springbokke weier om hulself te laat meevoer nadat hulle Nieu-Seeland met 29-24 in ‘n stampvol FNB-stadion geklop en ‘n 2-1-voorsprong in die reeks geneem het. Die spanne het reeds saam na Baltimore gereis, waar Saterdag se toetswedstryd in die M&T Bank-stadion oor die reeks sal beslis, wat beteken dat ‘n oorwinning vir die Bokke die sal titel beklink, terwyl ‘n oorwinning vir die All Blacks tot ‘n gelykopuitslag van 2-2 sal lei. R

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 7


BKS: Entstofpryse word glo gedokter
Bewerings doen die ronde dat pryse vir entstowwe teen bek-en-klouseer gelaai word. Dit terwyl Suid-Afrikaanse boere ‘n stryd voer teen die ergste voorval van die siekte wat die land nog gehad het. Nova News berig die minister van landbou, Willie Aucamp, het ‘n vergadering met die Onderstepoort Biologiese Produkteraad (OBP) gehad om bewerings van ernstige oortredings wat verband hou met die pryse van entstowwe, te bespreek. Volgens Moneyweb het die OBP bek-en-klouseer-entstoww

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


DStv stel sy nuwe pakkette bekend
DStv betree ‘n nuwe era onder die Franse mediareus Canal+, met nuwe handelsmerke, pakkette en pryse wat op 17 September bekendgestel sal word. Die nuwe slagspreuk is Expect-plus. MultiChoice se uitvoerende hoof, Wellington Ngwepe, sê die veranderinge reageer op kliënte se aanvraag na groter waarde en eenvoudiger opsies. Die nuwe pakkette is Starter, Select, Sports, Movies and Series, en Premium. Die nuwe Sportpakket sal 115 kanale bied, terwyl Premium sy naam sal behou en 130

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Jeremy Clarkson is ‘n paar skape kwyt
Die gewilde TV-persoonlikheid Jeremy Clarkson is onlangs die slagoffer van veediefstal toe 11 skape van sy Diddly Squat Farm gesteel is. Clarkson sê aan The Sun hy is woedend nadat hy ontdek het sy skape is vermis toe hy die kudde saam met Kaleb Cooper, sy medester in die gewilde Amazon-reeks Clarkson’s Farm, gaan tel het. Maroela Media berig volgens Clarkson word die waarde van die gesteelde skape op sowat R43 000 beraam. Die skape het deel gevorm van sy sogenaamde Easy Care

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


‘n Verkragter se appèlaansoek teen sy 'buitensporige vonnis' misluk
’n Vrystaatse man wat sy biologiese dogter verkrag het, se appèlaansoek teen sy lewenslange tronkstraf is in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hand gewys. Die man het hom tot die hof gewend om te appelleer teen die "skokkend, swaar en onvanpaste" vonnis. Netwerk24 berig hierteenoor het die staat aangevoer dat die appellant die klaer se biologiese pa is en dat daar van hom verwag is om haar versorger en beskermer te wees, nie die persoon wat haar sou verkrag nie. Die s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Mediese hulpskemas ondervind toenemende druk soos lede afgradeer
Mediese hulpskemas in Suid-Afrika ondervind toenemende druk namate lede afgradeer na goedkoper planne of oorskakel na meer bekostigbare opsies. Medshield se hoofbeampte, Kevin Aron, sê stygende lewenskoste maak omvattende mediese dekking toenemend onbekostigbaar, veral vir jonger mense. Hy sê gesonder, jonger lede is noodsaaklik omdat hulle help om die hoër eise van ouer lede te balanseer. Namate meer lede na laervlakplanne oorskakel, staar skemas hoër koste en bydraeverhogin

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7
bottom of page

