top of page



Alle Plasings


‘n Verkragter se appèlaansoek teen sy 'buitensporige vonnis' misluk
’n Vrystaatse man wat sy biologiese dogter verkrag het, se appèlaansoek teen sy lewenslange tronkstraf is in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hand gewys. Die man het hom tot die hof gewend om te appelleer teen die "skokkend, swaar en onvanpaste" vonnis. Netwerk24 berig hierteenoor het die staat aangevoer dat die appellant die klaer se biologiese pa is en dat daar van hom verwag is om haar versorger en beskermer te wees, nie die persoon wat haar sou verkrag nie. Die s

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Mediese hulpskemas ondervind toenemende druk soos lede afgradeer
Mediese hulpskemas in Suid-Afrika ondervind toenemende druk namate lede afgradeer na goedkoper planne of oorskakel na meer bekostigbare opsies. Medshield se hoofbeampte, Kevin Aron, sê stygende lewenskoste maak omvattende mediese dekking toenemend onbekostigbaar, veral vir jonger mense. Hy sê gesonder, jonger lede is noodsaaklik omdat hulle help om die hoër eise van ouer lede te balanseer. Namate meer lede na laervlakplanne oorskakel, staar skemas hoër koste en bydraeverhogin

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Die weermagvakbond het vrae oor soldate se skenkings aan Kubane
Die weermagvakbond, Sanwu, vra vir ʼn onmiddellike en onafhanklike ondersoek na bewerings dat Suid-Afrikaanse weermaglede in Kuba skenkings aan behoeftige Kubane moes doen. Daar word beweer dat weermaglede sogenaamde vrywillige skenkings van tot R15 000 uit hul toelae aan die Kubane moes skenk. Die vakbond sê in ʼn verklaring die bewerings regverdig ʼn raad van ondersoek om vas te stel wie die skenkings gemagtig het. Die vakbond wil ook weet waarheen die geld is, wie beheer daar

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Miljoene is glo aan geskorste werknemers van die Padongelukfonds betaal
ActionSA sê meer as R29 miljoen is betaal aan 16 geskorste werknemers van die Padongelukfonds wat tans nie werk nie. Die party sê ’n parlementêre antwoord toon dat sommige werknemers sedert 2024 geskors is, met drie wat vir meer as ’n jaar geskors is. ActionSA se Alan Beesley sê die betalings beloop gemiddeld R1,8 miljoen per werknemer. Hy kritiseer die fonds vir die vermorsing van openbare geld terwyl ongeveer 37 000 gefinaliseerde ongelukseise steeds onbetaald is. LUISTER H

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


SA'ners sukkel met die hoë lewenskoste
Suid-Afrikaners ondervind toenemende druk weens die hoë lewenskoste. Volgens die jongste Mededingingskommissie se Koste-van-Lewensonderhoud-verslag het watertariewe en elektrisiteitspryse vanjaar aansienlik gestyg. Petrolpryse het ook gestyg, hoofsaaklik as gevolg van die voortslepende oorlog tussen die Verenigde State van Amerika en Iran. Die stygings in brandstof- en vervoerpryse het gelei tot ’n styging in die pryse van basiese goedere en dienste. Die styging in lewenskost

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


OGGEND SPORT: SA-krieket wen die driereeks-titel met gemak, die Griekwas en die Pumas bespreek ‘n plek in die eindstryd en, Lawrence deel die Ballesteros rekord
Ons slaan af met krieket-nuus: Suid-Afrika het die T20 internasionale-driereekstitel gewen met ‘n oortuigende oorwinning van 48 lopies teen Zimbabwe in Windhoek, deur 205-5 aan te teken voordat hulle die gasheerspan vir 157 lopies uitgeboul het. Jordan Hermann het die Proteas se kolfwerk gelei met sy eerste T20 internasionale-vyftigtal van 53 lopies van 29 balle, terwyl Duan Jansen, Eathan Bosch en Bjorn Fortuin die paaltjies onder mekaar gedeel het toe Zimbabwe tot 83-8 teru

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 7


Mapisa-Nqakula staar ‘n uitspraak in die gesig oor haar aansoek om ontslag
Die Gauteng-hooggeregshof sal na verwagting Maandag uitspraak lewer oor die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se aansoek om ontslag. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy R4,5 miljoen in omkoopgeld gevra het, met meer as R2 miljoen wat na bewering as kontant van ’n diensverskaffer ontvang is. Haar regspan voer aan dat die staat nie voldoende getuienis voorgelê het om te regverdig dat sy weens korrupsie verhoor word nie. Die woor

Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 7


Hlabisa verwelkom die aanvaarding van ‘n etiese leierskapskode deur munisipaliteite
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, verwelkom die aanvaarding van ’n etiese leierskapskode deur 100 munisipaliteite. Volgens Hlabisa is die Kode vir Etiese Leierskap in Plaaslike Regering daarop gemik om goed bestuurde, doeltreffende en effektiewe munisipaliteite te verseker. Die kode is van toepassing op politieke figure, raadslede, tradisionele leiers en administratiewe personeel. Hlabisa se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


’n Man steek glo sy oom oor kos dood
’n 42-jarige man is oorlede nadat hy glo tydens ’n argument oor kos deur sy 21-jarige neef doodgesteek is. Volgens Vrystaatse apolisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, het die voorval in Monyakeng by Wesselsbron plaasgevind, waar die polisie tydens patrollies oor die steekvoorval ingelig is. Die polisie het met hul aankoms die slagoffer met steekwonde aan die bors op die grond gevind. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar. Die argument tussen die oom en sy neef

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Kerke moet mense vertel wat die regering vir hulle doen
Kerke moet volgens die Vrystaatse premier MaQueen Letsoha-Mathae mense inlig oor die dienste en hulp wat die regering bied, veral aan mense wat dit die nodigste het. Luidens ‘n plasing op die Vrystaat Regering se sosiale media voorsien die regering onder meer gratis skooluniforms aan kinders wie se ouers dit nie kan bekostig nie, terwyl leerders ook by skole gevoed word. Letsoha-Mathae reken kerke moet help om dié boodskap aan gemeenskappe oor te dra, sodat mense weet watter

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


‘n Vrou is ná tien dae lewend onder puin gevind
’n 60-jarige vrou is tien dae ná verwoestende vloede in Nepal lewend onder die puin van haar huis gevind. Volgens India Today het reddingswerkers ’n flou stem onder die puin gehoor en haar die naweek gered. Haar familie het intussen reeds met tradisionele rouseremonies begin, omdat hulle geglo het sy is oorlede. Haar redding bring nuwe hoop dat ander mense wat steeds vermis word, moontlik ook lewend gevind kan word. Meer as 1 300 mense is volgens Reuters in die ramp oorlede,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Nuwe Bela-regulasies moet skole bemagtig eerder as beheer
Die Solidariteit Onderwysernetwerk sê nuwe Bela-regulasies moet skole bemagtig eerder as beheer. Die netwerk het kommentaar gelewer op konsepregulasies oor bykomende vergoeding, beheerliggaamverkiesings en onderwyserontwikkeling. ‘n Woordvoerder, Johan Botha, sê skole se bestuurspanne, onderwysers en beheerliggame weet wat prakties werk en dat regulasies hul outonomie moet versterk. Solidariteit steun elektroniese beheerliggaamverkiesings, maar waarsku teen buitensporige depa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Sadtu vra dat minister Gwarube gestraf word
Die onderwysersvakbond Sadtu doen ’n beroep op president Cyril Ramaphosa om die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, te straf. Gwarube het besluit om die nuwe handboekkatalogus vir die Grondslagfase opgeskort te hou nadat ’n onafhanklike ondersoek bevind het dat daar areas van nie-nakoming en swakhede in bestuur was. Volgens Sadtu kom haar besluit ondanks bevindings van ondersoeke dat daar geen bewyse van onregmatigheid in die verkrygingsproses is nie. Die vakbond b

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


AfriForum reageer oor sy betrokkenheid in Orania
AfriForum het gereageer op News24 se berigte oor sy betrokkenheid by tradisionele en kulturele gemeenskappe, insluitend Orania. Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê hulle het samewerkingsooreenkomste met verskeie gemeenskappe en het landbou- en ander projekte ondersteun, insluitend in Orania. Hy sê R42 miljoen is oor ses jaar aan Orania-projekte toegeken, wat 2.5% van AfriForum se inkomste verteenwoordig, terwyl meer as R1.1 miljard na projekte elders gegaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Twee vroue is oorlede ná ‘n botsing waarin Tommy Dell ernstig beseer is
Twee vroue is oorlede en die bekende Suid-Afrikaanse country-sanger Tommy Dell het ernstige beserings opgedoen ná ’n botsing op die R40 naby Mbombela in Mpumalanga. Volgens Maroela Media is Mara van der Bergh en haar assistent, Samantha Fuller, op die toneel dood verklaar. Dell is met ernstige beserings na ’n hospitaal in Mbombela geneem. Die presiese omstandighede van die botsing is nog nie bekend nie. Van der Bergh was betrokke by die reël van konserte en was vroeër die per

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Vyf mense is oorlede nadat ‘n Amazon-vliegtuig van ‘n aanloopbaan afjaag
Vyf mense is oorlede en vyf ander beseer nadat ’n Amazon Air-vragvliegtuig by die Miami Internasionale Lughawe in die VSA van die aanloopbaan af is. Volgens die BBC het die Boeing 767-300 ná landing teen bykans 209km per uur oor die einde van die aanloopbaan gejaag en verskeie voertuie getref. Die vliegtuig het daarna aan die brand geslaan en uiteindelik vorentoe, op sy neus, tot stilstand gekom. Die ongeluk het ’n groot noodreaksie tot gevolg gehad, met sowat 200 brandbestry

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Ramaphosa belowe die volle mag van die reg teen polisiemoordenaars
President Cyril Ramaphosa sê diegene wat polisiebeamptes aanval, val die integriteit van die staat en die oppergesag van die reg aan. Ramaphosa het hulde gebring aan 12 polisielede wat die afgelope boekjaar tydens die uitvoering van hul pligte oorlede is. Hul name sal by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se Gedenkmuur by die Uniegebou gevoeg word. Ramaphosa sê diegene wat polisielede vermoor, moet weet dat hulle die volle mag van die reg in die gesig sal staar. Hy waarsku dat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Die EFF vra vir beter ondersteuning vir swart boere in die Vrystaat
Die EFF in die Vrystaat vra dringende ondersteuning om swart boere kommersieel te ontwikkel. Die party sê dié hulp moet onder meer masjinerie, produksie-insette, veegenetika, heinings, waterstelsels, marktoegang en mentorskap insluit. Die provinsiale sekretaris, Malefane Msimanga, kritiseer ook die Departement van Landbou se hantering van die onlangse kouefront-ramp. Msimanga sê meer as duisend beeste het gevrek en dat die betrokke gebiede tot ’n ramp verklaar moet word. T

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Die vervoerdepartement ondersoek finansiële onreëlmatighede
Die Nasionale Departement van Vervoer het ‘n onafhanklike ondersoek van stapel gestuur na bewerings van finansiële onreëlmatighede met betrekking tot betalings ter waarde van R15-miljoen. Die waarnemende direkteur-generaal, Mathabatha Mokonyama, het die regsfirma Bowmans aangestel om die bewerings wat op 30 Augustus deur Sunday World gepubliseer is, te ondersoek. Die departement sê die ondersoek was reeds aan die gang en het die publiek en die fluitjieblaser, Esethu Hasane, v

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Hill-Lewis doen ‘n beroep op Ramaphosa om op te tree
Die DA se federale leier, Geordin Hill Lewis, het president Cyril Ramaphosa versoek om in te gryp nadat die direkteur-generaal van Basiese Onderwys ‘n besluit van minister Siviwe Gwarube verontagsaam het. Hill Lewis sê die direkteur-generaal, Mathanzima Mweli, het die groen lig gegee vir die nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase ten spyte van Gwarube se besluit om die tender te staak. Gwarube het hierdie week aangekondig dat die tender van R1.6 miljard opgeskort sal bl

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Die nuwe SOE-hoof belowe om meer geld terug te kry
Die nuut aangestelde hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE), Leonard Lekgetho, sê hoogs opgeleide en bekwame ondersoekers is noodsaaklik vir sy agentskap se sukses. Lekgetho neem in die posisie waar sedert die vertrek van sy voorganger, Andy Mothibi, wat tot die nasionale direkteur van Openbare Vervolging bevorder is. Lekgetho sê ‘n groter begroting kan sy organisasie help om meer geld wat deur korrupsie gesteel is, terug te kry. Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 7


Yskaste en wasmasjiene is dalk onverkoopbaar weens SA se nuwe energiereëls
Suid-Afrika stel strenger energie-doeltreffendheidstandaarde vir huishoudelike toestelle in, insluitend yskaste, oonde en wasmasjiene. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het verlede Vrydag ‘n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer wat die nuwe vereistes uiteensit. Toestelle wat nie aan die standaarde voldoen nie, kan uiteindelik van die rak verwyder word. Groot vervaardigers, insluitend Defy en Hisense, ondersteun duideliker etikette, maar waarsku dat

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Manamela sê ambagsloopbane moet saam met universiteitsgrade waardeer word
Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê ambagsmanne se loopbane moet saam met universiteitsgrade waardeer word, en voer aan dat geskoolde werkers noodsaaklik is vir Suid-Afrika se ontwikkeling. Die minister het by die Suid-Afrikaanse Nasionale Ambagsmanne-toekennings in Gauteng gepraat. Manamela sê ambagslui help om infrastruktuur te bou en in stand te hou en industrialisering te ondersteun. Hy vra vir beter toegeruste tegniese en beroepsopleidingskolle

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6


Kerkbywoning styg, maar daar is minder nuwe bekeerlinge
‘n Nuwe Lifeway Research-studie bevind dat terwyl kerkbywoning by baie Protestantse kerke styg, minder bywoners nuwe bekeerlinge of voorheen kerklose mense is. Die opname is onder meer as eenduisend pastore gedoen. Die gemiddelde pastoor het ‘n toename van 16 % sedert 2023 gerapporteer, terwyl 30 % sê bywoning het ‘n plato bereik en 16 % ‘n afname rapporteer. Die gemiddelde gemeente het egter 11 verbintenisse aan Christus per 100 erediensbywoners in 2025 aangeteken, af vanaf

Saamgestel deur Jana Roos
Sep 6
bottom of page

