top of page



Alle Plasings


Ramaphosa sê Masemola se herinstelling was ’n uitgemaakte saak
President Cyril Ramaphosa sê generaal Fannie Masemola se herinstelling as die nasionale polisiekommissaris was ’n uitgemaakte saak nadat aanklagte teen hom teruggetrek was. Ramaphosa het Masemola geprys omdat hy die prosesse gerespekteer het terwyl hy met verlof was. Hy het ook luitenant-generaal Puleng Dimpane bedank vir haar werk as waarnemende kommissaris. Ramaphosa sê die bevindings van die Madlanga-kommissie sal help om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te versterk en te

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17


Die OVK sê hy is nooit deur die ANC geïntimideer in die uitvoer van sy pligte nie
Die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK), Mosotho Moepya, sê die kommissie is nooit deur die ANC geïntimideer terwyl hy sy pligte uitgevoer het nie. Hy het Vrydag tydens 'n mediakonferensie in Pretoria gepraat na aanleiding van die uitspraak van die Konstitusionele Hof. Moepya sê kommissarisse het 'n eed afgelê om hul pligte sonder vrees, guns of vooroordeel uit te voer. Hy het bygevoeg dat die OVK die hof se uitspraak aanvaar en steeds d

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17


Die Lions se Hyron Andrews is skielik in Frankryk dood
Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler Hyron Andrews van die Lions is Vrydag dood in ’n hotel in Frankryk aangetref. Die 31-jarige slot was saam met sy span op toer, op die vooraand van hul Champions Cup-wedstryd teen La Rochelle. RTL Today berig volgens ’n bron na aan die ondersoek is Andrews in die stort aangetref, wat van binne gesluit was, nadat hy glo 'n hartstilstand gehad het. Die oorsaak van sy dood word ondersoek, en ’n lykskouing sal gedoen word. Andrews het voorheen vir d

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 17


MIDDAG SPORT: Rabada kan ‘n hupstoot vir die Proteas wees, die Bulls gee vir Giliomee ‘n eerste begin en, Roos is terug vir die Europese uitdaging
Ons slaan af met krieket: Die Proteas kan Sondag se tweede toets teen Australië in Gqeberha met ’n sterker snelboul-aanval aanpak, met Kagiso Rabada wat moontlik sy terugkeer maak. Volgens Reuters het Rabada die eerste toets weens ’n dyspierbesering misgeloop, maar hy is nou in aanmerking vir die tweede kragmeting by St George’s Park. Australië se hulpafrigter, Matthew Wade, sê Rabada se mededingende ingesteldheid en vermoë om druk op kolwers te plaas, kan ’n groot uitdaging

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 16


Die Parlement vra vir verbeterde prestasie van die elektrisiteitsdepartement
Die parlement se Portefeuljekomitee oor Elektrisiteit en Energie versoek dringende optrede om departementele prestasie en verantwoordbaarheid te verbeter. Dit nadat die departement slegs 60.5% van sy teikens bereik het, ten spyte daarvan dat dit 96% van sy begroting in 2025/26 bestee het. Die voorsitter van die komitee, Zama Khanyase, sê openbare besteding moet meetbare resultate lewer. Die komitee wil hê dat belangrike energieplanne gefinaliseer en kritieke vakatures gevul w

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


Die Madlanga-kommissie sê Carrim se arrestasie behoort ’n sterk boodskap aan te stuur
Die Madlanga-kommissie van ondersoek sê hulle vertrou dat Suliman Carrim se inhegtenisneming 'n sterk boodskap sal stuur aan getuies wat die ondersoek nie ernstig opneem nie. Carrim is Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy herhaaldelik versuim het om voor die kommissie te verskyn en gevraagde dokumente te verskaf. Die kommissie het op 19 Augustus strafregtelike klagte teen hom ingedien nadat hy versuim het om 'n geskeduleerde verhoor op

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


’n Selfverklaarde pastoor wat van verkragting en moord beskuldig word, doen nie om borgtog aansoek nie
’n Selfverklaarde pastoor wat van verkragting en moord beskuldig word, het Vrydag in die Atteridgeville-landdroshof in Gauteng besluit om nie om borgtog aansoek te doen nie. Caiphus Mkhawane het saam met sy twee vroue, Tsako Angel Makhubela en Amanda Manono Mnguni, in die hof verskyn. Hy en Mnguni het regshulp bekom, en die saak sal na verwagting volgende Vrydag voortgaan. Die drie word daarvan beskuldig dat hulle saamgesweer het om ’n 43-jarige vrou te vermoor sodat hulle di

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


Die HAT vier Internasionale Woordeboekdag
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, oftewel die HAT, vier Internasionale Woordeboekdag deur sy deure op sy digitalte platform van Donderdag tot Sondag vir die publiek oop te maak. Die dag word jaarliks op 16 Oktober gevier en vestig die aandag op die belangrikheid van woordeboeke om taal te bewaar, te ontwikkel en nuwe woorde te ontdek. Die HAT is ’n belangrike naslaanbron vir Afrikaanssprekendes wat die betekenis, spelling en gebruik van Afrikaanse woorde wil naslaan

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


’n Bloemfonteinse apteker ontvang dubbele nasionale erkenning
’n Bloemfonteinse apteker het dubbele nasionale erkenning ontvang vir haar bydrae tot pasiëntsorg en die veilige gebruik van medisyne. Volgens ’n mediaverklaring is dr. Martlie Mocke-Richter deur die Suid-Afrikaanse Aptekersraad as die algehele wenner van die National Pioneer Pharmacy Professional Award aangewys. Sy het ook die toekenning in die kategorie Public Sector Institutional Pharmacist ontvang. Die toekennings is tydens ’n gala-aand by die Durbanse Internasionale Konf

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


Meer as 97% van DNA-profiele word nie betyds afgehandel nie
Meer as 97% van DNA-profiele word nie binne die voorgeskrewe 30 dae afgehandel nie. Volgens Eyewitness News is die syfers vir die 2025/26-boekjaar aan die Parlement voorgelê. Voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, sê meer as 230 000 profiele is laat afgehandel. Byna 166 000 DNA-verwysingsmonsters wag ook nog op administratiewe verwerking by die polisie se hoofkantoor. Cameron voeg by dié monsters help speurders om verdagtes te identifisee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


Regshulp SA aktiveer planne te midde van dreigende staking
Regshulp Suid-Afrika het noodmaatreëls ingestel om dienste aan die publiek voort te sit, terwyl werknemers voorberei om Maandag ’n staking te hervat. Die prokureursvakbond Salawu sê die staking volg nadat onvoldoende vordering gemaak is met werknemers se eise. Regshulp Suid-Afrika sê begrotingsdruk het sy vermoë beperk om sekere maatreëls wat werknemers raak, in werking te stel. Die organisasie sê hy respekteer werknemers se reg om te staak en bly verbind tot gesprekvoering,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


’n Bedrieglike Kersfees-stokvel laat ’n man in die tronk beland
’n Man is tot tien jaar direkte gevangenisstraf gevonnis nadat hy mense in Bloemfontein en Botshabelo met ’n bedrieglike Kersfees-stokvel bedrieg het. Volgens die Valke is die 31-jarige Lebohang Mokatedi Donderdag in die Bloemfonteinse Streekhof gevonnis nadat hy aan verskeie aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery skuldig bevind is. Mokatedi het in 2024 mense gelok met beloftes van kruideniersware, alkohol, huishoudelike items en bestanddele vir smulgoed tydens die fee

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 16


Die SAUK bly daartoe verbind om deeglike verkiesingsdekking te verskaf
Die SAUK sê hy bly daartoe verbind om deeglike dekking te verskaf oor die komende plaaslikeregeringsverkiesing. SABC-nuus berig die openbare uitsaaier sê hy gaan hulpbronne ontplooi volgens sy huidige finansiële beperkings. Die SAUK sê met net drie weke voor die verkiesing op 4 November, wag hy steeds op 'n antwoord van die Nasionale Tesourie oor sy versoek om bykomende befondsing om die verkiesing behoorlik te dek. Die SAUK se uitvoerende hoof, Nomsa Chabeli, het Donderdag a

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Masemola se skorsing is opgehef
President Cyril Ramaphosa het die voorsorgskorsing van die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, opgehef. Masemola is in April geskors nadat hy in die Pretoria-landdroshof verskyn het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Die aanklagte is verlede maand teruggetrek. Dit hou verband met ’n omstrede kontrak vir polisiewerknemers se gesondheidsdienste wat aan Medicare24 toegeken is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magweny

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


VS kinders verloor binne drie dae albei hul ouers
Enkele dae nadat drie kinders van Parys se pa gesterf het, is hul ma in ’n motorongeluk oorlede. Netwerk24 berig Liezel Fouché en Jassie Jansen van Vuuren is Dinsdagmiddag in ’n motorfietsongeluk op die Fochville-pad dood toe hul motorfiets teen ’n woonwa gebots het. Hulle is op die toneel dood verklaar. Liezel se gewese man en die pa van haar oudste drie kinders, Paul Fouché, is op Vrydag 9 Oktober aan ’n hartaanval oorlede. Liezel se beste vriendin, Jo-Ann Beckman, sê die k

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Die VSA moedig meer SA'ners aan om om vlugtelingstatus aansoek te doen
Die Verenigde State van Amerika oorweeg 'n reklameveldtog om meer wit Suid-Afrikaners aan te moedig om om vlugtelingstatus aansoek te doen. Die Amerikaanse president, Donald Trump, glo dat wit Suid-Afrikaners vervolg word. Dit is ten spyte van ontkennings deur die Suid-Afrikaanse regering. The Guardian berig dat die aantal wit Suid-Afrikaners wat om vlugtelingstatus in die VSA aansoek gedoen het, onder verwagting is. Die reklameveldtog sal fokusgroepe in verskeie dorpe in Sui

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


’n Pa is vas ná die moord op sy dogters
‘n Pa is in hegtenis geneem nadat hy na bewering twee van sy dogters vermoor het. Die Ekurhuleni Metropolitaanse Polisiedepartement het Donderdag die arrestasie uitgevoer nadat die polisie inligting opgevolg het oor ’n verdagte wat na bewering slaappille by sy gesin se kos gevoeg het. Die twee meisies, onderskeidelik een en 11 jaar oud, is Dinsdag op die toneel dood verklaar. ’n Nooddienswoordvoerder, Millicent Kekana, sê die man se vrou en nog ’n dogter het die voorval oorle

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Bosa sê Tesourie moet verbruikers teen hoër brandstofpryse beskerm
Die leier van Build One SA (Bosa), Mmusi Maimane, sê die Nasionale Tesourie moet alles in die stryd werp om sukkelende verbruikers teen die jongste brandstofprysverhoging te beskerm. SABC-nuus berig Maimane het 'n nuuskonferensie in die Parlement gehou op die vooraand van die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring wat volgende week gelewer word. Petrol het verlede week tot nagenoeg R30 per liter gestyg en diesel tot meer as R30 per liter. Maimane sê Bosa verwag dat die mini

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Die saak teen ‘n tiener van Malmesbury is uitgestel
Die Malmesbury-landdroshof in die Wes-Kaap het die saak teen 'n 16-jarige verdagte tot volgende Donderdag uitgestel. Die tiener staan tereg op aanklagte wat verband hou met 'n ekstremistiese aanlyn netwerk vir die uitbuiting van kinders. Hy is in Augustus in hegtenis geneem tydens 'n gesamentlike ondersoek deur wetstoepassingsagentskappe van Suid-Afrika en die Verenigde State van Amerika. 'n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê die staat sal

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Die verkope van luukse Bybels in Amerika neem toe
Die verkope van luukse Bybels neem in die Verenigde State toe, met sommige uitgawes van hoë gehalte wat vir soveel as R6 640 verkoop word. Hierdie premium-Bybels beskik dikwels oor leerbande en gedetailleerde illustrasies, en kleinhandelaars meld 'n toenemende vraag sedert die COVID-19-pandemie aan. Sky Cline, stigter van EvangelicalBible.com en Schuyler Bible Publishers, sê verkope bly groei en wys op 'n hernude belangstelling in fisiese Bybels. Daar word ook berig dat Bybel

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


OGGEND SPORT: Die Cheetahs maak gereed, Breetzke kry ‘n oproep na die toetsgroep en, die SA legendes storm onoorwonne na die halfeindronde
Ons begin met rugby: Die Toyota Cheetahs begin Sondag hul 2026/27-veldtog in die EPCR Challenge Cup met ’n wegwedstryd teen die Franse klub Aviron Bayonnais in Bayonne. Die Vrystaters sal op ’n moeilike toets in Frankryk voorbereid moet wees wanneer hulle teen die Top 14-span op Stade Jean Dauger uitdraf. Volgens die Cheetahs se amptelike webwerf is ’n toerspan aangekondig vir die eerste wedstryd van die veldtog. Die Cheetahs se Europese veldtog volg nadat hulle hul Toyota Ch

Saamgestel deur Jana Roos
Oct 16


Die gemeenskap staan saam om ‘n verdagte in Lhp vas te trek
Bloemfontein se veiligheidsgemeenskap het Donderdagaand saam gespan om 'n gewapende verdagte vas te keer. Volgens 'n plasing van AfriForum Bloemfontein op sosiale media het die SAPD dringend bystand versoek tydens die agtervolging van gewapende verdagtes in die omgewing van die R64 en Van Blerkstraat in Langenhovenpark. Reaksie-eenhede, buurtwaglede en 'n hommeltuigspan geaktiveer, en 'n gesamentlike soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. Een verdagte is voorgekeer,

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Grey-seuns bou hul eie werksbanke by die nuwe Agri-gebou
Grey Kollege Sekondêr het Donderdag hul nuwe Grey Agri- gebou amptelik geopen. Onder andere sal die vak Landboutegnologie hier aangebied word, wat masjinerie, tegniese stelsels, konstruksie, besproeiing en praktiese ingenieursvaardighede insluit. Die landboutegnologie-onderwyser, Christoff Vosloo, sê sy eerste mikpunt is om al die toerusting wat hulle reeds ontvang het, in die werkswinkel te kry, en dit gereed te kry vir die praktiese werk. Vosloo sê aan Rosestad-nuus die hui

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16


Die Onderwysminister veroordeel ’n vals nuusberig oor ‘n uitgelekte matriekvraestel
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het ’n vals nuusberig veroordeel waarin beweer word dat die Engels Vraestel Drie vir matriek uitgelek het. Volgens die departement is die berig met behulp van kunsmatige intelligensie geskep. Die departement bevestig dat geen vraestelle landwyd uitgelek het nie en dat geen ander ongerymdhede aangemeld is nie. Die departement se Terence Khala sê die integriteit van vanjaar se finale matriekeksamens is nie in die gedrang nie. H

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16
bottom of page

