top of page


Alle Plasings


Banke kan dalk belastingterugbetalings tydelik vries
Voorgestelde wysigings aan Suid-Afrika se belastingwette kan banke 'n formele rol gee om vermeende belastingbedrog te help opspoor. Ingevolge die konsepwetgewing sal banke verdagte belastingterugbetalings by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet aanmeld en die fondse vir tot twee werksdae mag terughou terwyl dit ondersoek word. Die voorgestelde veranderinge vorm deel van die 2026-konsepwysigingswetsontwerp op belastingadministrasiewette. Die Inkomstediens sê die maatreëls is

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


'n Suid-Afrikaanse dokter maak mediese geskiedenis
'n Suid-Afrikaanse dokter het mediese geskiedenis gemaak deur 'n baanbrekende operasie op 'n ongebore baba met 'n ernstige geboortedefek te lei. Volgens Eyewitness News het dokter Michael Belfort, wat tans as hoof van Verloskunde en Ginekologie by die Texas Kinderhospitaal in Amerika werk, die prosedure uitgevoer op 'n baba uit die Verenigde Koninkryk wat met gastroschisis gediagnoseer is. Die toestand veroorsaak dat 'n baba se ingewande buite die liggaam ontwikkel. Belfort s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


Die Ossewabrandwag-argief is nou digitaal
Die digitalisering van die Ossewabrandwag-argief is voltooi. Volgens die Noordwes-Universiteit en die Erfenisstigting bevat die argief meer as 404 000 bladsye historiese dokumente. Die digitale argief is aan die Erfenisstigting geskenk, terwyl die oorspronklike rekords in die sorg van die universiteit sal bly. Die organisasies sê die projek sal toegang vir navorsers verbeter en help om Suid-Afrika se dokumentêre erfenis vir toekomstige geslagte te bewaar. Lede van die Ossewa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


'n Voormalige Nsfas-raadslid is in warm water oor skootrekenaars
'n Saak van diefstal is teen 'n voormalige raadslid van die Nasionale Studentefinansiële Hulpskema, of NSFAS, geopen. Dit nadat tien skootrekenaars wat vir skole in die Oos-Kaap bestem was, glo nie afgelewer is nie. Volgens 'n mediaverklaring was 30 skootrekenaars vir ses hoërskole bestem, maar die voormalige raadslid het glo tien daarvan gehou. Die skootrekenaars was bedoel vir skole met beperkte hulpbronne. Die instelling beskryf die voorval as skokkend en sê kinders uit ar

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


Afrika verenig teen beroertes
Om pogings te versterk om beroertes regoor Afrika te voorkom, te behandel en te rehabiliteer, word die Wêreldberoerteberaad Afrika in Johannesburg aangebied. Volgens die Departement van Gesondheid bring die beraad Donderdag en Vrydag beleidmakers, klinici, navorsers en internasionale kundiges bymekaar. Dit volg nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie beroerte as 'n wêreldwye gesondheidsprioriteit erken het. Die minister van Gesondheid, dokter Aaron Motsoaledi, sal na verwagtin

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


Die parlement is bekommerd oor toestande by die Grootvlei-gevangenis
Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het ernstige kommer uitgespreek oor gesondheidsorg, voedselveiligheid en personeeltekorte by die Grootvlei Maksimum Korrektiewe Sentrum in die Mangaung-metro. Volgens 'n mediaverklaring volg dit ná 'n oorsigbesoek aan die fasiliteit, wat op 1 Julie deur die Departement van Korrektiewe Dienste oorgeneem is. Die komitee sê gevangenes het gekla oor medikasie wat nie beskikbaar was nie, verkeerde medikasie wat glo uitger

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


Bloemfontein se Oorlogsmuseum kry weer 'n skoon oudit
Die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het vir die vierde agtereenvolgende jaar 'n skoon oudit ontvang. Volgens Bloemnuus Express het die Ouditeur-generaal dié prestasie as 'n voorbeeld van goeie bestuur en aanspreeklikheid beskryf. Die museum het ook die afgelope 16 jaar geen vrugtelose, vermorsende of onreëlmatige besteding aangeteken nie. Daarbenewens is al sy prestasieteikens die afgelope agt jaar bereik. Die museum, wat onder die Departement van Sport, Kuns en Kultuur val, br

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


'n Busbestuurder is aangekla na die Smithfield-busongeluk
'n Saak van roekelose en nalatige bestuur is teen 'n 52-jarige busbestuurder geopen ná 'n busongeluk naby Smithfield in die Vrystaat. Volgens die polisie het die bestuurder vermoedelik verdwaal, op die R701 beland en beheer oor die bus verloor. Die bus was van Johannesburg na die Oos-Kaap onderweg toe dit omgeslaan het. Daar was 67 passasiers aan boord waarvan 38 mense, onder wie 21 mans, 16 vroue en een kind, ernstig beseer is en vir behandeling na hospitale geneem. Die poli

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 6


Die meerderheid van Gr. 4-leerders kan nie met begrip lees nie
'n Totaal van agt uit elke tien Graad 4-leerders kan nie in enige van die land se 11 amptelike tale met begrip lees nie. Dit is volgens die jongste Progress in International Reading Literacy Study. Nova News berig die studie plaas Suid-Afrika laaste onder die 57 lande en streke wat beoordeel is. Die World Literacy Foundation sê volgens UNESCO se model vir die koste van ongeletterdheid verloor Suid-Afrika jaarliks ongeveer R83,82 miljard weens laer produktiwiteit, verlore verd

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Insette word gevra oor die verhoging van minimum loon
Belanghebbendes word genooi om insette te lewer oor aanpassings aan die nasionale minimumloon vir 2027. Die Nasionale Minimumloonkommissie vra jaarliks insette, wat in 'n aanbevelingsverslag saamgevat word. Dit is onwettig vir werkgewers om werknemers minder as die laagste verpligte vergoeding vir elke gewone uur gewerk te betaal. Business Tech berig hoewel die verhoging vir 2027 nog bepaal moet word, het die kommissie in die verlede deurgaans aanpassings aanbeveel wat hoër a

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Phala Phala: Uitspraak word in November gelewer
Uitspraak in die Phala Phala-plaasdiefstalsaak sal op 2 November in die Modimolle-streekhof in Limpopo gelewer word. Die verdediging en die staat het hul slotbetoë in die saak afgehandel. SABC News berig die beskuldigdes, Imanuwela David en die Joseph-sibbe, Froliana en Ndilinasho, staan tereg vir die diefstal van $580 000 van president Cyril Ramaphosa se plaas naby Bela-Bela in Februarie 2020. Froliana, 'n voormalige huiswerker op die plaas, word daarvan verdink dat sy die a

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


‘Vrae is nog onbeantwoord oor Zuma se besoek aan Indië’
Die DA sê talle vrae is nog onbeantwoord oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië. Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, het die media ingelig oor die rol van die Hoë Kommissariaat, maar die DA sê die inligting lei tot verdere vrae. SABC-nuus berig die party se woordvoerder oor internasionale betrekkinge, Ryan Smith, sê daar is steeds nie duidelikheid oor Zuma se besoek nie. Dit sluit in wie van die Presidensie, die departement van intern

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Cosatu versoek nog ‘n brandstofheffingverligting
Cosatu het die regering versoek om die brandstofheffingverligting weer in te stel om werkers en die ekonomie teen die dieselprysverhoging te beskerm. Volgens die Departement van Minerale en Petroleumbronne het dieselpryse hierdie maand met R1,23 en R1,38 per liter gestyg. Cosatu sê dit is ’n pynlike slag vir miljoene sukkelende werkers. Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê die samelewing en die ekonomie kan nie die stygings in dieselpryse hanteer nie. LUIST

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Die Arbeidsdepartement veroordeel vals inligting oor ‘n VS skrootwerf-inspeksie
Die Departement van Indiensneming en Arbeid veroordeel die verspreiding van vals en misleidende inligting oor die blitsinspeksie wat by Salvage Scrapyard in Parys in die Vrystaat uitgevoer is ten sterkste. Dit kom nadat inspekteurs vir Beroepsgesondheid en -Veiligheid (BGV) 'n werkplekinspeksie uitgevoer het. Die werkgewer is met 'n verbodskennisgewing bedien weens die nie-nakoming van verskeie arbeidswette. 'n Opvolginspeksie is later by die skrootwerf uitgevoer, waartydens

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Die SAOU verwelkom verifiëring teen die Kinderbeskermingsregister
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) verwelkom die hofbevel dat alle opvoedkundige personeel wat met leerders in aanraking kom, teen die Kinderbeskermingsregister geverifieer moet word. Maroela Media berig dié proses moet teen 31 Maart 2027 afgehandel wees. Volgens die SAOU wys bewerings van seksuele wangedrag deur opvoeders die omvang van die probleem. Die unie waarsku egter dat die sukses van die verifiëringsproses ook afhang van die vermoë van ander staatsinstellings

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


OGGEND SPORT: Janse van Rensburg lei die Bok-vroue, Pakistan is gelyk met die Windies en ‘n hardloopreeks hou momentum aan
Ons skop af met rugby: Libbie Janse van Rensburg sal die Springbok-vroue vir die eerste keer as kaptein lei wanneer hulle Saterdag teen Fijiana XV te staan kom. Die span ondergaan ingrypende veranderinge vergeleke met hul vorige toets teen die VSA, met slegs drie spelers wat hul plek in die beginspan behou, insluitend die toetsdebutant, Shiniqwa Lamprecht, en verskeie ervare spelers wat na die beginspan terugkeer. Assistent-afrigter, Laurian Johannes-Haupt, sê dat die groep

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 6


Ramaphosa wil die Onteieningswet-saak van die hand laat wys
President Cyril Ramaphosa het die Wes-Kaapse Hooggeregshof versoek om die uitdaging teen die Onteieningswet van die hand te wys. Die DA, AfriForum en die Vaderland Stigting betwis dié wet. Ramaphosa se regsverteenwoordigers het die hof meegedeel dat die Onteieningswet nie grondwetlik inbreuk maak op eiendomsregte nie. Die wet bepaal dat daar, in uitsonderlike omstandighede, geen vergoeding vir onteiende eiendom betaal hoef te word nie. Ramaphosa se regsverteenwoordigers sê di

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Ramaphosa sê die aanklagkomiteevoorsitter sal hom nie kan beskerm nie
President Cyril Ramaphosa sê die voorsitter van die Artikel 89-aanklagkomitee oor die Phala Phala-aangeleentheid sal hom nie kan beskerm nie. Ramaphosa sê Makashule Gana kan nie beheer wat lede van die aanklagkomitee in ’n openbare sitting sê nie, en ook nie wat die media en die publiek daaroor herhaal nie. Netwerk24 berig Ramaphosa sê ongeag hoe nougeset die verrigtinge van die openbare sittings bestuur word, bly dit strafgerig en gaan dit met diepe vernedering gepaard. Hy w

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


‘n Liggaam is in ‘n sloot rioolwater ontdek
Die liggaam van 'n onbekende man is in 'n sloot rioolwater aangetref. Inwoners van Bronville in die Vrystaat het die liggaam aan polisie uitgewys, waarna die Welkom-duikeenheid die liggaam verwyder het. Volgens 'n polisieverklaring is beamptes na 'n toneel op die R730 naby die Brand 5-myngebied in Welkom ontbied. Die oorledene was geklee in 'n swart denimbroek, 'n blou, swart en wit gestreepte bostuk en blou tekkies. Hy word geskat om in sy middel-40's te wees. Die oorledene

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


‘n Bejaarde VS egpaar is glo ontvoer
'n Bejaarde egpaar is glo by hul huis beroof en ontvoer. Na bewering het drie verdagtes die 73-jarige man en sy 67-jarige vrou aangerand, huishoudelike toestelle gesteel en die paartjie in hul voertuig gedwing voordat hulle hulle na Botshabelo in die Vrystaat gery het. Die slagoffers is na bewering in ‘n plakkershut aangehou terwyl die verdagtes geld van hul bankrekeninge met hul selfone oorgeplaas het. Hulle is twee dae later na hul huis in Bophelong in Kopanong terugbesorg

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Senzo Mchunu word beskuldig van inmenging by ‘n Idac-ondersoek
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, is daarvan beskuldig dat hy ingemeng het in ‘n ondersoek van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie (Idac). Die Idac-aanklaer, Drushantha Ramsamy, het Woensdag aan die Madlanga-kommissie gesê dat Mchunu ‘n besondere belangstelling getoon het in ‘n ondersoek na die aankoop van twee vurkhysers ter waarde van meer as R700 000 met behulp van geheime fondse van misdaadintelligensie. Sy sê die geskorste Idac-hoofondersoeker, Dylan

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


Iran dreig om sy bure in die Golf aan te val
Iran het gedreig om kritieke energie-infrastruktuur van sy bure in die Golf aan te val indien die Verenigde State van Amerika dit weer sou aanval. Reuters berig dat dié dreigement aan Saoedi-Arabië, Türkiye en Katar gerig is. Iran het Golflande aangeval sedert die VSA en Israel die oorlog in Februarie begin het. Dit sê dat dit Amerikaanse bates in hierdie lande tieken. Saoedi-Arabië het die VSA versoek om ’n diplomatieke skikking vir die konflik met Iran na te streef. Ter ill

Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 6


MIDDAG SPORT: Die Springbokke onthul ‘n spesiale toer-trui, die Bokke neem Argentinië ernstig op en die Williams-susters herenig
Ons begin met rugby-nuus: Nike en SA Rugby het ‘n unieke Springbok-trui onthul vir die Castle Double Malt Rugby’s Greatest Rivalry-toer, wat die span se ingesteldheid onder Rassie Erasmus in die aanloop tot die reeks van vier toetse teen die All Blacks vier. Die Bokke sal die trui op 22 Augustus by Ellis Park vir die eerste keer dra, wat ‘n einde bring aan ‘n wag van 30 jaar vir ‘n volledige toetsreeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die ontwerp bevat die woorde van Nkosi

Saamgestel deur Jana Roos
Aug 5


Pakistan beperk internasionale mediaberiggewing
Pakistanse owerhede het nuwe beperkings op internasionale mediaberiggewing ingestel. Die beperkings vereis dat joernaliste wat vir buitelandse media werk, insluitend Pakistanse burgers, toestemming moet kry voordat hulle buite Islamabad, Karachi en Lahore berig. Die stap beteken dat beriggewing oor die grootste deel van die land van goedkeuring van die owerhede sal afhang. Pakistan is tans 153ste uit 180 lande op die Wêreldpersvryheidsindeks. Die BBC berig dat die politieke k

Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 5
bottom of page

